Want alles wat tevore geskrywe is, is tot ons lering tevore geskrywe, sodat ons deur lydsaamheid en bemoediging van die Skrifte hoop kan hê. Vooraf: Toestand.

Slides:



Advertisements
Similar presentations
Follow Him. Seek Him..
Advertisements

Ons nooi alle gelowiges in Suid-Afrika om deel
DIE ONTKENNING (NEGATIEF) Me. J. van Zyl
Om God te GENIET Filippense 4:2-9.
Vir God is jy nie “ per ongeluk nie “ !
Ons aanbid saam!. Ons aanbid saam! Die belangrikste boodskap in die Bybel: God is lief vir jou!
Holy Discontent.
Nagmaal Christen-word, en Christen-wees
MUNUS TRIPLEX Die oprig en herstel van die drievoudige amp
Jesus - Die Bevelvoerder van die Weermag
Ps. 107: “Party het in die donker gesit, in diep duisternis, hulle was gevangenes, in ellende en in boeie, want hulle het hulle verset teen die bevele.
II Tim. 2:22 “Vermy die begeertes wat 'n jongmens in gevaar bring, en streef na opregtheid, geloof, liefde en vrede, saam met almal wat uit 'n rein hart.
Romeine 12:2 “Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei.
In Ritme Met Die Gees Om ’n Sabbatsmens Te Word.
Absolute oortuiging God bestaan?
ROETE 13 TIMOTEUS Vat voor!.
“Oh it is at a fearful expense that ministers are allowed to enter the pulpit without being preceded, accompanied, and followed by the earnest prayers.
Gen. 39:9 “Daar is niemand wat in hierdie huis meer gesag het as ek nie. Meneer het niks van my teruggehou nie, behalwe vir u, want u is sy vrou. Hoe.
ONREGVERDIGE, ONEINDIGE
WELKOM! Matteus 13.
CLICK TO ADVANCE SLIDES
CLICK TO ADVANCE SLIDES
Joh. 4:23 “Maar daar kom 'n tyd, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader deur die Gees en in waarheid sal aanbid, want die Vader wil juis.
2 Tim. 3:5 "Hulle sal nog die uiterlike skyn van die godsdiens hê, maar die krag van die godsdiens sal hulle nie ken nie. Bly weg van sulke mense af.
Om te ONTVANG 1 Konings 3:2-15.
Krake 'n Baie hoë gebou was vir etlike jare in gebruik toe daar op 'n dag 'n gevaarlike kraak in die muur op die 42ste verdieping verskyn het. Die.
Phil 3:10 (NKJV) 10 that I may know Him and the power of His resurrection, and the fellowship of His sufferings, being conformed to His death,
Jou geskenk aan God die Kersfees!
Die KRUIS Gebedsreis.
BELANGRIKSTE WAARHEDE Jahshua gee ons die ewige lewe Joh 3:16 Ons moet dissipels van Jahshua wees Joh 12:26 Ons moet God en mekaar liefhê Matt.
GAL 2:20-21 Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in.
II Kor. 5:21 “Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek.
Tommy's Window Slideshow
Job. 42:5 “Tot nou toe het ek net gehoor wat mense van U sê, maar nou het ek U self gesien”
Luk. 11: “Dié wat op die pad val, dui op mense wat die woord hoor, maar dan kom die duiwel en neem dit uit hulle harte weg sodat hulle nie tot geloof.
Sam CH Cupido Sommer net vir jou.
Matt. 7:21 “Nie elkeen wat vir My sê: ‘Here, Here,’ sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie...”
Welkom Jeremia 1:4-10.
Die wederkoms van Christus sal vooraf- CLICK TO ADVANCE SLIDES
I Kor 6:20. “julle is gekoop, en die prys is betaal
> God is heilig:. > God is heilig: Lev. 11:44,45. “Ek is die Here julle God Lev. 11:44,45 “Ek is die Here julle God. Wy julle aan my diens en wees.
Titus 2:12 “Dit voed ons op om die goddelose leefwyse en wêreldse begeerlikhede te laat vaar en met selfbeheersing, opregtheid en godsvrug in die teenswoordige.
Geskape om vir ewig te lewe !
Hoe weerloos is jy....
KAN ONS GOD VERTROU WANNEER HY SÊ, “VOLG MY”? Deur Karen J. Pearson
Verbintenis tot God se heerskappy Verbintenis tot God se dienswerk Verbintenis tot God se boodskap Verbintenis tot God se middele Verbind aan God se.
Verstaan  emosies  wil
CLICK TO ADVANCE SLIDES
MAAK OOP EN ONDEK JOU GESKENK
“True repentance shows itself in a thorough breaking off from sin
“Julle sal my getuies wees”
Die weg tot geregtigheid
I Tim. 5:17 “Die ouderlinge wat goeie leiding gee, behoort dubbele erkenning te kry, veral dié wat hard werk deur te preek en onderrig te gee”
Sessie 2: Oor die teenwoordigheid van die verhoogde Christus by ons
CLICK TO ADVANCE SLIDES
Jak. 2:14 “Wat help dit, my broers, as iemand beweer dat hy glo, maar sy dade bevestig dit nie? Kan so 'n geloof 'n mens red?
Gen. 1:26-28 “God het die mens geskep as sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die mens geskep, man en vrou het Hy hulle geskep. Toe het God hulle.
CLICK TO ADVANCE SLIDES
Matt 15:21-28 Lees asseblief saam m3.4 Nati.
Fil. 3: “Ek sê nie dat ek dit alles al het of die doel al bereik het nie, maar ek span my in om dit alles myne te maak omdat Christus Jesus my reeds.
I Pet. 1: “Nee, soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in julle hele lewenswandel heilig wees. Daar staan immers geskrywe: “Wees.
Tommy's Window Slideshow
Johannes 12 Daar was ook 'n aantal Grieke onder die mense wat fees toe gekom het om te aanbid. Hulle het na Filippus, wat van Betsaida in Galilea afkomstig.
LOFOFFER 2014 Romeine 12.
Rom. 7: “Ek, ellendige mens
Genesis 1 - Eerste dag Toe het God gesê: “Laat daar lig wees!” En daar was lig. God het gesien die lig is goed, en Hy het die lig en donker van.
WAARHEID MATT 28: Jesus kom toe nader en sê vir hulle: “Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde. Gaan dan na al die nasies toe en maak.
WEERSPIEËL SY LIG WEERSPIEËL SY LIG [SKYN SAAM] [SKYN SAAM]
Johannes 9 Hy het gegaan en hom gewas, en toe hy terugkom, kon hy sien.
CLICK TO ADVANCE SLIDES
Presentation transcript:

Want alles wat tevore geskrywe is, is tot ons lering tevore geskrywe, sodat ons deur lydsaamheid en bemoediging van die Skrifte hoop kan hê. Vooraf: Toestand in Israel Was bedreig deur buurvolke Maar het ’n leier gehad wat hulle na JHWH gelei het Dit het goed gegaan JHWH het hulle wonderbaarlik verlos in oorlog teen buurvolke Maar toe word die leier oud, en stel sy twee seuns aan in sy plek Een se naam: JHWH is sy God, ander: Aanbidder van JHWH Hulle stel net in hulle eie beurs belang Die reg word verdraai en die volk word afvallig van JHWH Filistyne se bedreiging neem weer toe (sien dit geestelik!) Die Filistyne rig vestings op / stasioneer garnisoene oral in die land – beheer Israel Ook in Gibea van God (Heuwel van Elohiem) (1 Sam 10:5) Hulle pas wapenbeheer toe (ystersmede) – slegs Filistyne het wapens (1 Sam 13:19-21) Israeliete raak ook ekonomies onder druk, want vir baie aktiwiteite is hulle afhanklik van die Filistynse smede (ploeg, dors, hout kap, grond voorberei, snoei, osse aanjaag, ...) Die volk roep om uitkoms, verlang na ’n leier om hulle uit te lei. Romeine 15:4

Dan: Een mens se krisis te midde van die groter krisis Kleinste stam, onbelangrike familie Darem vermoënd MAAR dan raak sy donkie-merries weg! Groot skade. Hy stuur sy seun + dienaar om te gaan soek Soek vir 3 dae – padkos en geld op. Wat is jou eie private krisis of swaarkry, te midde van die groter krisis? Dis nie die krisis se oplossing wat bepalend is nie. Dis ’n geleentheid waar God jou afsonder om met jou te kan werk. Deut 8:2 En jy moet dink aan die hele pad waarlangs Jahwe jou God jou nou veertig jaar lank in die woestyn gelei het tot jou verootmoediging en beproewing, om te weet wat in jou hart is, of jy sy gebooie sal hou of nie. (ook Abraham se offer van Isak - na ‘n reis van 3 dae.) Saul kom nou op die plek waar JHWH hom wil hê: ontmoet Samuel. Kyk hoe val dinge in plek toe Saul op die regte plek is: Die donkies gaan intussen „vanself” huis toe. Saul se dienaar het klaar (’n klein hoeveelheid) geld gereed (kwart sikkel = 2.5g silwer) JHWH het klaar ’n dag vooruit vir Samuel laat weet Saul gaan kom Daar is klaar ’n fees gereël, en Saul en sy dienaar is eregaste Samuel het klaar die boud vir ’n maaltyd uitgehou Hulle het slaapplek vir die nag Die volgende dag word Saul weer verder gestuur. Maar nie voordat die volgende 4 dinge gebeur nie:

A. Salwing Terwyl hulle by die einde van die stad afdaal, sê Samuel vir Saul: Beveel die dienaar dat hy voor ons uit verder gaan - en hy het verder gegaan - maar staan jy eers stil, dat ek jou die woord van God kan laat hoor. En Samuel het die kruik met olie geneem en dit op sy hoof uitgegiet en hom gesoen en gesê: Het Jahwe jou nie gesalf as vors oor sy erfdeel nie? 1 Samuel 9-10 9:27-10:1 Terwyl hulle by die einde van die stad afdaal, sê Samuel vir Saul: Beveel die dienaar dat hy voor ons uit verder gaan - en hy het verder gegaan - maar staan jy eers stil, dat ek jou die woord van God kan laat hoor. En Samuel het die kruik met olie geneem en dit op sy hoof uitgegiet en hom gesoen en gesê: Het Jahwe jou nie gesalf as vors oor sy erfdeel nie? Saul word gesalf – sonder getuies Salwing: belangrik tussen God en gesalfde. Jy bewys dit deur jou dade daarna. 1 Samuel 9:27 - 10:1

B. Drie tekens Die esels is gevind. Jou vader is besorg en vra: Wat kan ek vir my seun doen? En hulle sal jou twee brode gee; dit moet jy aanneem. Die Gees van Jahwe sal oor jou vaardig word, sodat jy saam met hulle sal profeteer en in ’n ander mens verander word. 1Sa 10:2 As jy vandag van my af weggaan, sal jy by die graf van Ragel, op die grens van Benjamin in Selsag, twee manne aantref wat vir jou sal sê: Die esels wat jy gaan soek het, is gevind. En kyk, jou vader het die saak van die esels laat vaar en is besorg oor julle en vra: Wat kan ek vir my seun doen? Probleem opgelos. Ondersteuningsnetwerk (?) 1Sa 10:3 Gaan jy dan vandaar verder en kom by die terpentynboom van Tabor, dan sal drie manne jou daar kry wat na God, na Bet-el opgaan: een dra drie bokkies, en een dra drie broodjies, en een dra ‘n sak wyn. 1Sa 10:4 En hulle sal jou na die welstand vra en sal jou twee brode gee; dit moet jy dan uit hulle hand aanneem. Padkos. Praktiese benodigdhede. 1Sa 10:5 Daarna sal jy kom by Gíbea van God waar die wagposte van die Filistyne is; en net soos jy daar die stad inkom, sal jy ‘n groep profete ontmoet wat van die hoogte afkom, en voor hulle uit harpe en tamboeryne en fluite en siters, terwyl hulle self profeteer. 1Sa 10:6 En die Gees van Jahwe sal oor jou vaardig word, sodat jy saam met hulle sal profeteer en in ‘n ander mens verander word. ‘n Ander mens. Geestelike benodigdhede. 1 Samuel 10:2-6

1 Samuel 10:7-8 C. Wat om te doen En as hierdie tekens vir jou uitkom, doen dan wat jou hand vind om te doen, want God is met jou. En jy moet voor my uit na Gilgal afgaan, en kyk, ek sal na jou afkom om brandoffers te offer, om dankoffers te slag; sewe dae lank moet jy wag, totdat ek by jou kom en jou bekend maak wat jy moet doen. 1 Samuel 10:7-8 En as hierdie tekens vir jou uitkom, doen dan wat jou hand vind om te doen, want God is met jou. En jy moet voor my uit na Gilgal afgaan, en kyk, ek sal na jou afkom om brandoffers te offer, om dankoffers te slag; sewe dae lank moet jy wag, totdat ek by jou kom en jou bekend maak wat jy moet doen. Wag = aktiewe wag. Nie sit en niksdoen nie. Saul (die gesalfde!!) was besig om beeste op te pas, toe die oproep kom om die stad Jabes te verlos van die Ammoniete. Die Gees word vaardig oor hom en hy tree soos ‘n leier op. 1 Sam 11:5-7 1 Samuel 10:7-8

1 Samuel 10:9 D. Kern (hart) van die storie En net toe hy sy skouer draai om van Samuel af weg te gaan, het God sy hart verander, en al hierdie tekens het op dié dag uitgekom. 1 Samuel 10:9 En net toe hy sy skouer draai om van Samuel af weg te gaan, het God sy hart verander, en al hierdie tekens het op dié dag uitgekom. Eers het sy hart verander, TOE is die tekens bevestig. Nie anders om nie! Dit is nodig dat nie net nie verstand nie, maar veel meer nog die hart verander word! Dit is met die harte wat ons glo (Luk 24:25, Rom 10:9-10) en geestelike waarhede verstaan (Mat 13:15, Joh 12:40, Act 28:27) 1 Samuel 10:9

’n Ander hart 5 Mei 2013 “Winning hearts and minds” John Adams (VSA): Amerikaanse rewolusie 1818 – rewolusie is reeds in harte gewen voor eerste skoot geskiet is. Britte: Maleisiese krisis 1948-1960 Lyndon B. Johnson (VSA): Viëtnam-oorlog 1964-1968 MAAR ek sê Mens kan met die verstand die wet onderhou (halfuur-huwelik) of met die hart (nie eens na ‘n vrou kyk in begeerte nie) Daar is ‘n nuwe, sagte, rein hart nodig wat ontvanklik is vir die Heilige Gees, En wat verander kan word na sy wil. 5 Mei 2013

Vrae Kan so ’n verandering ongedaan gemaak word? Hoekom is die regte hart nodig? Hoe bewaar ek my hart? Kan iemand self sy hart verander? Latere geskiedenis van Saul... Baie meer Skrif beskikbaar as wat aangehaal is

1 Samuel 28:5-7 Toe Saul die leër van die Filistyne sien, het hy bevrees geword, en sy hart het baie gebewe. En Saul het Jahwe geraadpleeg, maar Jahwe het hom nie geantwoord nie - nie deur drome en nie deur die Urim en nie deur die profete nie. En Saul sê aan sy dienaars: Soek julle vir my ’n vrou wat ’n dodebesweerster is, dat ek … haar raadpleeg. 1 Konings 11:4 En in die tyd van Salomo se ouderdom het sy vroue sy hart verlei agter ander gode aan... 1) Kan so ’n verandering ongedaan gemaak word? JA Saul (en ander) maak hulle hartsverandering tot niet. 1. Saul vertrou nie op Jahwe nie 2. Verleiding 3. Mense kan ook self hulle harte verhard teen Jahwe: Heb 3:7 Daarom, soos die Heilige Gees spreek: Vandag as julle sy stem hoor, Heb 3:8 verhard julle harte nie soos in die verbittering, in die dag van die versoeking in die woestyn nie,

Spreuke 4:21. bewaar [my woorde] binne-in jou hart Spreuke 4:21 ... bewaar [my woorde] binne-in jou hart. Want hulle is die lewe vir die wat hulle vind, en ’n genesing vir hulle hele liggaam. Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorspronge van die lewe. Jakobus 5:8 ... versterk julle harte, want die wederkoms van die Heer is naby. Hebreërs 3:12 Sorg ... dat daar nie miskien in een van julle ’n bose en ongelowige hart is deurdat hy van die lewende God afvallig word nie. 2) Hoekom is die regte hart nodig? Die oorspronge van die ewige lewe is uit die hart - mits die hart met die regte dinge vol is - en dit bewaak word!

Esegiël 36:25-27 Dan sal Ek skoon water op julle giet, sodat julle rein kan word; van al jul onreinhede en van al jul drekgode sal Ek julle reinig. En Ek sal julle ’n nuwe hart gee en ’n nuwe gees in jul binneste gee; en Ek sal die hart van klip [harde hart] uit julle vlees wegneem en julle ’n hart van vlees gee. En Ek sal my Gees in jul binneste [die sagte hart] gee en sal maak dat julle in my insettinge wandel en my verordeninge onderhou en doen. 2.b) Hoekom is die regte hart nodig? (VERVOLG) Progressie: Reinig van sonde Nuwe hart – sagte hart Gee Gees in daardie hart, skryf Wette op daardie hart

Jeremia 17:7-10 Geseënd is die man wat op Jahwe vertrou Jeremia 17:7-10 Geseënd is die man wat op Jahwe vertrou... Want hy sal wees soos ’n boom wat by die water geplant is en sy wortels uitskiet by die stroom en nie vrees as daar hitte kom nie, maar sy blad bly groen; en in ’n jaar van droogte is hy nie besorg nie en hou nie op om vrugte te dra nie. Bedrieglik is die hart bo alle dinge, ja, verdorwe is dit; wie kan dit ken? Ek, Jahwe, deursoek die hart, toets die niere, om aan elkeen te gee na sy weë, volgens die vrug van sy handelinge. 3) Hoe bewaar ek my hart? Vertrou Jahwe (jou hart bedrieg jou maklik om nie te vertrou, op iets anders te vertrou) Vul jou hart met sy Woord. Laat Hom toe om dit te toets en reg te stel.

Filippense 4:6-7 Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God [dus: vertrou op Jahwe]. En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne [“minds”] bewaar in Die Gesalfde Jahsua. 3.b) Hoe bewaar ek my hart? (VERVOLG) Paulus skryf naastenby dieselfde aan die Filippense

Psalm 51:12 Skep vir my ’n rein hart, o God, en gee opnuut in die binneste van my ’n vaste gees. Psalm 119:36 Neig my hart tot u getuienisse en nie tot winsbejag nie. Psa 139:23-14 Deurgrond my, o God, en ken my hart; toets my en ken my gedagtes; en kyk of daar by my ’n weg is van smart, en lei my op die ewige weg! 4) Kan iemand self sy hart verander? Dit lyk nie so nie... Maar hy kan JHWH vra om dit te verander, en oop te wees daarvoor.

Amen