Romeine 5:1-5 PowerPoint agtergrond In aansluiting by die tema en inhoud van die fokusteks kies ons vir ‘n abstrakte agtergrond wat 3 uitbeeld- gepas op Drie-eenheid Sondag met die Pauliniese 3-tal as preektema. Titel 1: Tertiary, eiendom van Jason A. Samfield en geneem op 6 Januarie 2012 met ‘n Olympus C4100Z,C4000Z. Dit is beskikbaar by http://www.flickr.com/photos/jason-samfield/6846049739/. Kopiereg word gereël deur Creative Commons en laat plasing en redigering toe. Titel 2: Red, green and blue, eiendom van Hans Splinter. Die foto is geneem op 26 Junie 2010 in Alfen, Suid Holland, NL, met ‘n Canon EOS 450D. Dit is beskikbaar by http://www.flickr.com/photos/archeon/4748877103/. Kopiereg word gereël deur Creative Commons en laat plasing en kommersiële gebruik toe. Motivering vir keuse van primêre kleure rooi, blou en groen: Primary colors are sets of colors that can be combined to make a useful range of colors. For human applications, three primary colors are usually used, since human color vision is trichromatic. For additive combination of colors, as in overlapping projected lights or in CRT displays, the primary colors normally used are red, green, and blue. For subtractive combination of colors, as in mixing of pigments or dyes, such as in printing, the primaries normally used are cyan, magenta, and yellow,[1] though the set of red, yellow, blue is popular among artists. (http://en.wikipedia.org/wiki/Primary_color) Romeine 5:1-5
Titel 2: Red, green and blue, eiendom van Hans Splinter Titel 2: Red, green and blue, eiendom van Hans Splinter. Die foto is geneem op 26 Junie 2010 in Alfen, Suid Holland, NL, met ‘n Canon EOS 450D. Dit is beskikbaar by http://www.flickr.com/photos/archeon/4748877103/. Kopiereg word gereël deur Creative Commons en laat plasing en kommersiële gebruik toe. Motivering vir keuse van primêre kleure rooi, blou en groen: Primary colors are sets of colors that can be combined to make a useful range of colors. For human applications, three primary colors are usually used, since human color vision is trichromatic. For additive combination of colors, as in overlapping projected lights or in CRT displays, the primary colors normally used are red, green, and blue. For subtractive combination of colors, as in mixing of pigments or dyes, such as in printing, the primaries normally used are cyan, magenta, and yellow,[1] though the set of red, yellow, blue is popular among artists. (http://en.wikipedia.org/wiki/Primary_color) Romeine 5:1-5
God nooi ons uit en ons kom tot rus Toetrede Lied 454 Vader, ons eer U Votum Liturg: Here, ons Here, hoe wonderbaar is u Naam oor die hele aarde, hoe glansryk alles wat U in die hemelruim geplaas het! Gemeente: Here, ons Here, hoe wonderbaar is u Naam oor die hele aarde! (Psalm 8:2, 10) Seëngroet Liturg: Genade en vrede van God ons Vader, Gemeente: die Heerser oor lewe en dood. L: Genade en vrede van Christus wat uit die dood opgewek is, G: Eersteling van dié van wat gesterf het. L: Genade en vrede van die Heilige Gees, G: ons Here en Lewendmaker. A: Amen. (Uit Wepener, C 2011. Soos ’n Blom na die Son Draai. Wellington, Bybelmedia.) Lofsang Lied 450 Vader, Seun, Heil’ge Gees Geloofsbelydenis van Athanasius (gebruik die verkorte weergawe vir Drie-eenheidsondag in 2010 Handleiding vir die Erediens. Wellington, BybelMedia, 348-349) Lied 453 Aan die Vader dank en ere God nooi ons uit en ons kom tot rus
God praat met ons en ons luister Gebed Bewaar ons, Vader, deur u Woord; help ons teen onreg , roof en moord . Keer dié wat selfs u eie Seun opnuut wil kruisig deur die leuen . Bewys u mag, o Jesus, Heer; toon dat U oor u kerk regeer . Beskerm die hele Christendom; bewaar ons tot u groot dag kom. O Heil'ge Gees wat by ons bly, gee dat ons lewens sin mag kry; staan by ons in elke nood; lei ons tot Lewe uit die dood. (Lied 257) Skriflesing Romeine 5:1-5 God praat met ons en ons luister
Romeine 5:1-5 Fokusteks: Romeine 5:1-5 Die vrug van die vryspraak 5 God het ons dan nou vrygespreek deurdat ons glo. Daarom is daar nou vrede tussen ons en God deur ons Here Jesus Christus. 2Deur Hom het ons in die geloof ook die vrye toegang verkry tot hierdie genade waarin ons nou vasstaan. En ons verheug ons ook in die hoop om deel te hê aan die heerlikheid van God. 3Dit is egter nie al nie. Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, 4en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop; 5en dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het. 6Toe ons nog magteloos was, het Christus immers reeds op die bestemde tyd vir goddeloses gesterwe. 7’n Mens gee tog nie sommer jou lewe prys nie, selfs nie vir ’n regverdige nie. Ja tog, vir ’n goeie mens sal iemand miskien nog die moed hê om te sterwe. 8Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was. 9Aangesien ons nou vrygespreek is op grond van sy versoeningsdood, staan dit soveel vaster dat ons deur Hom ook van die straf van God gered sal word. 10Aangesien ons, toe ons nog vyande was, deur die dood van sy Seun met God versoen is, staan dit soveel vaster dat ons, noudat ons versoen is, deur die lewe van sy Seun gered sal word. 11Maar dit is nie al nie. Ons verheug ons ook in God deur ons Here Jesus Christus, deur wie ons nou die versoening ontvang het. Romeine 5:1-5
Familie-oomblik Familie-oomblik Opsie 1 Probeer die Drie-eenheid verduidelik. VibrantFaith@Home stel voor dat jy poeier aanmaak koeldrank gebruik. Wanneer jy suiker, water en poeier saamvoeg, kry jy heerlike koeldrank. Dan is dit nie drie aparte goed nie – dis een. Tog het elke bestanddeel ’n funksie – suiker maak soet, water maak vloeibaar, die poeier gee geur en kleur. Laai die volledige verduideliking (“Trinity Koolaid”) af by http://www.vibrantfaithathome.org/index.php/library-main/listed-by-category-main/learning-about-faith/82-young-family/298-trinity-koolaid Opsie 2 Vertel die storie van The Curious Garden deur Peter Brown en verbind dit aan Rom 5:3-5 (swaarkry, volharding geloof, hoop wat nie beskaam nie). ’n Video van die boek is beskikbaar by http://vimeo.com/53757320 - laai dit af en wys die video óf kyk dit sodat jy die storie kan oorvertel. The Curious Garden vertel van ’n plek waar daar niks gegroei het nie en van ’n seun, Liam, wat ’n tuintjie begin. Die tuin begin groei, totdat die hele plek naderhand in ’n tuin verander. Deur die winter kry die tuin swaar, maar daarna begin dit weer groei. En motiveer nog mense om tuiniere te word. Die triestige dorp verander in ’n pragtige plek waar almal buite in die groen speel. Een tuintjie begin ’n heel nuwe stad. Familie-oomblik
Preekriglyn Christelike geloofsgemeenskappe reg oor die wêreld vier vandag Drie-eenheidsondag. Ons buig in verwondering voor die een, heilige God wat ons in die Woord as Vader, Seun en Heilige Gees ontmoet. Op grond van God se openbaring hou ons beide aan die eenheid van God vas, asook aan die diversiteit van verhoudinge binne hierdie een God. Ons aanbid nie drie gode nie. Ons aanbid een God. Tog is God 'n sosiale God. Binne-in God self is daar die verhoudinge van Vader, Seun en Heilige Gees. Ons God is een, heilige Goddelike Familie. Hierdie belydenis is nie op menslike spitsvondigheid gebou nie. Dit is nie 'n denkkonstruksie nie. Dit is nie 'n manier om God te verklaar of uit te lê nie. Dit is die enigste manier waarop dit vir ons moontlik is om op grond van die Woord van God oor God te praat. Die leer oor die Drie-eenheid is belangrik vir die praktiese geloofslewe van die kerk. Dit spruit uit die oortuiging dat die teenwoordigheid van Christus by sy kerk, terselfdertyd die teenwoordigheid van God self is. Die Heilige Gees wat oor ons uitgegiet is deur die Vader en die Seun is die aanwesigheid van God self in ons lewens. "Drie-eenheid" is die wyse waarop Christengelowiges die groot misterie van God die Vader, Seun en Heilige Gees, die onderlinge verhouding tussen die Drie, en die aanwesigheid en aktiwiteit van God in ons wêreld, onder woorde bring.
Drie-eenheid in die Nuwe Testament Die term “Drie-eenheid” kom nie in die Nuwe Testament voor nie, maar die vertrekpunt van die leerstuk is in die doopformule (Matt 28:19-20 “. . . doop hulle in die Naam van die Vader, die Seun en die Heilige Gees . . .”), asook in die spreke oor God as Vader, Seun en Heilige Gees wat oral in die Nuwe Testament aanwesig. Die teks uit Romeine 5:1-5 is ʼn voorbeeld van die drieledige verwysing na Vader, Seun en Heilige Gees. Drie-eenheid in die Nuwe Testament
Grammatika vir ons geloof Die leer van die "Drie-eenheid" is 'n geestelike erfenis uit die tyd van die vroeë kerk. Dit help ons om tegelyk vas te hou aan God die Vader, die Skepper van die hemel en die aarde, wat in en deur Jesus Christus na ons uitreik, ons verlos en ons versoen, en ons deur die Heilige Gees toerus met lewe en ons help om te glo, ons leë hande in geloof na God uit te steek, en gehoorsaam aan God te leef. Dat God Skepper, Verlosser en Trooster is, het geweldige implikasies vir ons geloof. God se Verlossing red ons nie van God se skepping nie, maar red ons vir God se skepping, sodat ons as nuwe mense kan lewe. Die Skepper verplant ons nie uit die skepping nie, maar genees ons, sodat ons saam met sy skepping heel kan word. Jesus stig en vestig die kerk in diens van die Vader se bedoelinge vir sy skepping. Die Gees rus ons toe, versterk ons, en stuur ons sodat ons kan deelneem aan God se vernuwingswerk in God se skepping. Wanneer ons worstel met die verskriklike lyding wat ons rondom ons sien, worstel ons nie net met die almagtige, verhewe Skepper nie. Ons sien God ook in ons ellende in daal in Jesus Christus. Ons hoor God die Seun ook ter wille van ons ly aan die kruis. Ons sien sy wonde waardeur daar vir ons genesing kom. Ons ontmoet die Gees wat ons in ons swakheid bystaan, wanneer ongeloof, vertwyfeling en lyding ons wil oorweldig, en ons laat bly hoop op God se toekoms wat vir ons weggelê is. Op grond van die Drie-eenheid, soos geopenbaar in die evangelie, kan ons nooit net in een sin oor God praat nie. Die openbaring oor God is té ryk, te groots, te omvattend. Ons het die drie-ledige grammatika van die één God as Vader, Seun en Heilige Gees nodig. Grammatika vir ons geloof
Drie-eenheid by Paulus Dit is verrassend om raak te sien hoe dikwels Vader (of "God"), Seun (of "Christus") en Heilige Gees saam funksioneer in Paulus se briewe, en hoe dit die praktiese voorskrifte oor die geloofslewe en die identiteit van die geloofsgemeenskap raak. 'n Paar voorbeelde: Uit die brief aan die Romeine: Kyk byvoorbeeld na die begin van die brief in 1:1-7. Uit 1 Korintiërs: Kyk na die begin van Paulus se onderrig oor die gawes in 12:1-6. Die paragraaf oor die vrug van die Gees in Galasiërs 5:16-25 (ook die daaropvolgende 6:1-10). Die begin van Efesiërs (1:1-14), asook die twee gebede in Efesiërs (in 1:15-23 en 3:14-21). Drie-eenheid by Paulus
Drie-eenheid in Romeine 5:1-5 Die Drie-eenheid funksioneer op 'n besondere wyse in ons teks: Die Vader – gee die vrede en die harmonie word herstel ("God het ons dan nou vrygespreek deurdat ons glo"- vers 1) Die Seun – maak die toegang tot hierdie genade oop deur sy eie dood en opstanding ("Daarom is daar nou vrede tussen ons en God deur ons Here Jesus Christus. Deur Hom het ons in die geloof ook die vrye toegang verkry tot hierdie genade waarin ons nou vasstaan." – verse 1-2) Die Heilige Gees – die Een waardeur die liefde van God ʼn pad vind na ons lewe toe (vanaf vers 2, en spesifiek vers 5: "... want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het.") Drie-eenheid in Romeine 5:1-5
Die aktiewe God Die aktiewe God Die Drie-enige God word as 'n aktiewe, handelende God in ons teks bekendgestel. God die Vader het ons vrygespreek, oftewel: God self verklaar ons regverdig voor God. (vers 1) Deur die werk van ons Here Jesus is daar nou vrede tussen ons en God. Deur Jesus het ons toegang gekry tot die genade van God. Die agtergrond hier is die verbod dat gewone mense in die tempel in die teenwoordigheid van God in die heilige en allerheiligste mag kom. Christus het die beperkte toegang tot God opgehef en maak dit vir almal moontlik om in te gaan, om te "staan" in God se heerlike teenwoordigheid. Hy doen dit uit onverdiende genade. (verse 1-2) Hierdie werk van God skep die hoop in ons dat ons deel sal hê aan die heerlikheid van God. Hoop kan hier ook as "verwagting" vertaal word. Ons verheug ons in hierdie verwagting / hoop, al leef ons nog steeds in swaarkry. Ons verheug ons egter ook in die swaarkry, want swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek op sy beurt weer verwagting / hoop. (verse 2-4) Hoopvolle verwagting in swaarkry maak alleen sin op grond van die aktiwiteit van God. Ons weet verseker dat God sy heerlikheid sal bekend maak. Ons, wat in Christus geregverdig is, sal in daardie heerlikheid van God deel. Die aktiewe, handelende God waarborg dit. Daarom laat ons ons nie breek deur swaarky en terugslae nie. Die siklus, hoop – swaarkry – volharding – beproefde, egte geloof – hoop, beskryf hoe God aktief geloof en verwagting in ons lewens skep en lewend hou. Die aktiewe God
Geloof, hoop en liefde Geloof, hoop en liefde God gee aan ons geloof en hoop. God gee ook aan ons liefde, die grootste gawe van almal. Net soos geloof en hoop, is ook die liefde 'n genadige geskenk van God. "God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het." (vers 5) Die gehoorsaamheid wat God van ons vra (geloof, hoop en liefde), word in die eerste plek alreeds deur God aan ons gegee. Daar is geen gehoorsaamheid wat God van ons vra, Wat God nie ook aan ons gee nie. Dit is die rykdom van die genade van die drie-enige God. Geloof, hoop en liefde
Belydenis in aksie Belydenis in aksie Ons belydenis oor God (dat God Drie-enig is, 'n liefdevolle Vader, 'n genadige Here Jesus Christus, en 'n bekragtigende Heilige Gees) verander ons lewe. Hierdie belydenis kry hande en voete in ons lewens hoe meer en dieper ons veranker raak in die geloof, hoop en liefde wat die Drie-enige God aan ons gee. Laat ons daarom vasstaan in die geloof, gewortel in die hoop op God, terwyl ons God se liefde kwistig uitstort op die mense rondom ons. Belydenis in aksie
God stuur ons om te leef God stuur ons om te leef Gebed Dankoffer Slotlied Lied 449 Hemelse Vader, ons bring U eer Seën God die Vader sal jou altyd liefhê, God die Seun sal jou altyd genadig wees, God die Heilige Gees sal jou altyd vertroos en jou in sy waarheid lei. (uit 2001. Gebedboek met Liturgiese Voorstelle. Wellington, Lux Verbi.BM) Respons Lied 453 Refrein (Kom ons loof hom, kom ons eer hom vir onverdiende seën) God stuur ons om te leef
Volgende erediens 1 Konings 18:21-39 Familie-oomblik en liturgie: Rethie van Niekerk Powerpoint: Wicus Wait Preekriglyn: Danie Mouton Prosesbestuur en ekstra stof: Chris van Wyk