Hoe ontsagwekkend is u werk!

Slides:



Advertisements
Similar presentations
Efesiërs 5:8-14 8Vroeër was julle die ene duisternis, maar nou in die Here is julle lig. Leef dan as mense van die lig. 9Uit die lig kom alles voort wat.
Advertisements

Hebreërs 11:1-3. Ingenooi deur God Ons raak bewus van ons diepste behoeftes, vrae en vrese en gee ons oor aan God.
Ons nooi alle gelowiges in Suid-Afrika om deel
DIE ONTKENNING (NEGATIEF) Me. J. van Zyl
2 Samuel 7:1- 11 en 16 Dawid wil vir die Here ’n huis bou
Daarom gebruik ons nie die volledige luister-siklus nie.
Ons aanbid saam!. Ons aanbid saam! Die belangrikste boodskap in die Bybel: God is lief vir jou!
Sagaria 2:1-13.
Psalm 19.
Deuteronomium 4: ”Gaan stel ondersoek in na die verre verlede, na die dae lank voor julle tyd, van die tyd af toe God die mens op die aarde geskep.
Dood vir die sonde, maar lewend vir God
Deuteronomium 18:15-20 Deut 18:15-20 ’n Profeet soos Moses
Psalm 29 Die stem van die Here is magtig 29 ’n Psalm van Dawid.
Psalm 85 2U was goed vir u land, Here,
MUNUS TRIPLEX Die oprig en herstel van die drievoudige amp
Ps. 107: “Party het in die donker gesit, in diep duisternis, hulle was gevangenes, in ellende en in boeie, want hulle het hulle verset teen die bevele.
Psalm 87.
II Tim. 2:22 “Vermy die begeertes wat 'n jongmens in gevaar bring, en streef na opregtheid, geloof, liefde en vrede, saam met almal wat uit 'n rein hart.
Efesiërs 1:15-23 Efesiërs 1:15-23 (Hemelvaart) Paulus se gebed
Romeine 12:2 “Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei.
Absolute oortuiging God bestaan?
ROETE 13 TIMOTEUS Vat voor!.
Gen. 39:9 “Daar is niemand wat in hierdie huis meer gesag het as ek nie. Meneer het niks van my teruggehou nie, behalwe vir u, want u is sy vrou. Hoe.
ONREGVERDIGE, ONEINDIGE
WELKOM! Matteus 13.
CLICK TO ADVANCE SLIDES
Do you need a miracle In your Life?.
Psalm 71.
Joh. 4:23 “Maar daar kom 'n tyd, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader deur die Gees en in waarheid sal aanbid, want die Vader wil juis.
2 Tim. 3:5 "Hulle sal nog die uiterlike skyn van die godsdiens hê, maar die krag van die godsdiens sal hulle nie ken nie. Bly weg van sulke mense af.
Om te ONTVANG 1 Konings 3:2-15.
Krake 'n Baie hoë gebou was vir etlike jare in gebruik toe daar op 'n dag 'n gevaarlike kraak in die muur op die 42ste verdieping verskyn het. Die.
Phil 3:10 (NKJV) 10 that I may know Him and the power of His resurrection, and the fellowship of His sufferings, being conformed to His death,
Jou geskenk aan God die Kersfees!
Die KRUIS Gebedsreis.
GAL 2:20-21 Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in.
Job. 42:5 “Tot nou toe het ek net gehoor wat mense van U sê, maar nou het ek U self gesien”
Luk. 11: “Dié wat op die pad val, dui op mense wat die woord hoor, maar dan kom die duiwel en neem dit uit hulle harte weg sodat hulle nie tot geloof.
Sam CH Cupido Sommer net vir jou.
Matt. 7:21 “Nie elkeen wat vir My sê: ‘Here, Here,’ sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie...”
Welkom Jeremia 1:4-10.
I Kor 6:20. “julle is gekoop, en die prys is betaal
> God is heilig:. > God is heilig: Lev. 11:44,45. “Ek is die Here julle God Lev. 11:44,45 “Ek is die Here julle God. Wy julle aan my diens en wees.
Titus 2:12 “Dit voed ons op om die goddelose leefwyse en wêreldse begeerlikhede te laat vaar en met selfbeheersing, opregtheid en godsvrug in die teenswoordige.
Geskape om vir ewig te lewe !
Hoe weerloos is jy....
KAN ONS GOD VERTROU WANNEER HY SÊ, “VOLG MY”? Deur Karen J. Pearson
Verbintenis tot God se heerskappy Verbintenis tot God se dienswerk Verbintenis tot God se boodskap Verbintenis tot God se middele Verbind aan God se.
Verstaan  emosies  wil
Hartlik welkom in die Erediens!
MAAK OOP EN ONDEK JOU GESKENK
“True repentance shows itself in a thorough breaking off from sin
“Julle sal my getuies wees”
Sessie 2: Oor die teenwoordigheid van die verhoogde Christus by ons
Learning, Life and entrepreneurial skills
CLICK TO ADVANCE SLIDES
Jak. 2:14 “Wat help dit, my broers, as iemand beweer dat hy glo, maar sy dade bevestig dit nie? Kan so 'n geloof 'n mens red?
Gen. 1:26-28 “God het die mens geskep as sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die mens geskep, man en vrou het Hy hulle geskep. Toe het God hulle.
Matt 15:21-28 Lees asseblief saam m3.4 Nati.
Fil. 3: “Ek sê nie dat ek dit alles al het of die doel al bereik het nie, maar ek span my in om dit alles myne te maak omdat Christus Jesus my reeds.
I Pet. 1: “Nee, soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in julle hele lewenswandel heilig wees. Daar staan immers geskrywe: “Wees.
Johannes 12 Daar was ook 'n aantal Grieke onder die mense wat fees toe gekom het om te aanbid. Hulle het na Filippus, wat van Betsaida in Galilea afkomstig.
LOFOFFER 2014 Romeine 12.
Taalkunde.
Rom. 7: “Ek, ellendige mens
Genesis 1 - Eerste dag Toe het God gesê: “Laat daar lig wees!” En daar was lig. God het gesien die lig is goed, en Hy het die lig en donker van.
WAARHEID MATT 28: Jesus kom toe nader en sê vir hulle: “Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde. Gaan dan na al die nasies toe en maak.
WEERSPIEËL SY LIG WEERSPIEËL SY LIG [SKYN SAAM] [SKYN SAAM]
Johannes 9 Hy het gegaan en hom gewas, en toe hy terugkom, kon hy sien.
CLICK TO ADVANCE SLIDES
Presentation transcript:

Hoe ontsagwekkend is u werk! Psalm 66 Hoe ontsagwekkend is u werk! 66 Vir die koorleier. ’n Lied. ’n Psalm. Juig tot eer van God, almal op aarde! 2Sing tot roem van sy Naam, gee Hom die eer wat Hom toekom! 3Bely voor God: Hoe ontsagwekkend is u werk! U mag is groot, u vyande kruip voor U. 4Alle mense moet voor U buig, hulle moet sing tot u eer, hulle moet sing tot eer van u Naam.     Sela 5Kom hoor wat God gedoen het, kom hoor van sy magtige dade onder die mense: 6Hy het die see in droë land verander; sy volk het droogvoets deur die rivier getrek. Toe het ons gejubel oor Hom 7wat ewig heers deur sy mag en die nasies in die oog hou. Die vyande moet hulle nie teen God verset nie!      Sela 8Prys ons God, alle volke, laat sy lof weerklink! 9Dit is Hy wat ons die lewe gee en nie toelaat dat ons struikel nie! 10U het ons beproef, o God, ons gelouter soos silwer; 11U het ons in ’n net gevang, ’n swaar las op ons gelê; 12U het ons deur mense laat vertrap, ons het deur vuur en water gegaan; maar toe het U ons uitgelei na oorvloed toe. 13Ek sal u huis betree met brandoffers en aan U die geloftes betaal 14wat ek gedoen het, wat ek afgelê het toe ek in nood was. 15Ek bring vir U vet skape as brandoffers, ramme as wierookoffers, ek offer beeste en bokke.     Sela 16Kom luister, alle dienaars van God, ek wil vertel wat Hy vir my gedoen het: 17Skaars het ek na Hom geroep, of daar was reeds ’n loflied op my lippe. 18As daar sonde in my hart was, sou die Here nie geluister het nie. 19Maar God hét geluister, Hy hét my gebed verhoor! 20Die lof kom God toe wat my gebed nie afgewys en sy trou nie van my weerhou het nie.

Ingenooi deur God Ons raak bewus van ons diepste behoeftes, vrae en vrese en gee ons oor aan God

’n Mens kan nie eintlik Psalm 66 ‘preek’ nie – jy kan net bid en sing na aanleiding daarvan! Soos met soveel Psalms, kan jy nie regtig die teksgedeelte preek nie. Jy kan maar net, aan die hand van Ps 66, bid en liedere sing.

Gebed van Mustafah, die kleremaker Die gebed van ’n bekeerde Moslem – iemand wie se lewe verander is deur God, wat net so eerlik met God praat soos Psalm 66 se skrywer!   O God, Ek is Mustafah, die kleremaker. Ek werk by die winkel van Muhammed Ali. Die hele dag lank sit ek en trek die naald en garing deur die kledingstukke. O Jesus, U is die naald en ek is die garing Ek is verbind aan U en volg vir U. Wanneer die garing probeer om weg te glip van die naald word dit ’n geknoopte deurmekaarspul. Dan moet dit gesny word om weer op die regte plek gesit te word. Vergewe my as ek dit doen, maak die deurmekaarspul in my lewe weer reg. Help my om U te volg waar ook al U my lei. Want ek is net Mustafah, die kleremaker En ek werk by die winkel van Muhammed Ali op die groot plein Amen

Ons betree God se wêreld en gaan in God se vrede in Ingaan in God se tyd Ons betree God se wêreld en gaan in God se vrede in

Die Rooies sit en chappies kou Kyk wat maak die bloues nou! Familie-oomblik: Laat die kinders ’n bietjie vertel van die atletiek-liedjies wat hulle sing. Probeer veral die woorde afskryf. As van hulle die moed het, kan hulle dit selfs sing! Al die liedjies gaan oor hoe goed hulle span is en hoe sleg die ander span is. Byvoorbeeld: Mango, Mango, Veselperske Boer pampoene Die Rooies sit en chappies kou Kyk wat maak die bloues nou!   Vra vir die kinders hoekom sing hulle sulke liedjies wat die een span ophemel en die ander span afkraak? Die doel met al die liedjies is om hulle atlete aan te moedig, sodat hulle beter as die ander span/skool kan presteer. Daar is baie keer selfs cheerleaders en pompom-meisies. Op ’n manier is die Psalms ook soms sulke aanmoedigingsliedjies vir die gelowige cheerleader, of te wel die koorleier. Ons sing ook die liedere om ons span en mekaar en onsself aan te moedig. Was dit dan nie Luther wat gesê het: “Wanneer gelowiges sing, wyk die duiwel” nie? Lees/ sing Ps 66 asof dit soos ’n atletiek-liedjie is, geskryf vir die wedloop van die gelowiges. [1] [1] Jy kan gerus jou orrelis uitdaag om met pom-poms die lied uit te voer. (Net ’n grappie!)

Ons luister dieper na die Woord en ontmoet God Luister na God se Woord Ons luister dieper na die Woord en ontmoet God

Psalm 66 Volgens die Vorm-kritiek, kan die Psalm in twee hoof gedeeltes verdeel word, te wete vers 1 tot 12 en vers 13-20. Die eerste deel bestaan uit die lof van God deur ’n groep (vgl. die "ons") en die tweede deel bestaan uit die lof van ’n individu.   Vers 1-12 Die eerste deel van die Psalm kan verder verdeel word in twee gedeeltes, naamlik vers 1-8 en 9-12. Vers 1 tot 8 is ’n beskrywende lofpsalm en vers 9 tot 12 is ’n narratiewe lof-gedeelte. In die twee gedeeltes word God se verlossingsdade in die geskiedenis gevier. Voorbeelde is die verlossing by die Rietsee (Eks 14–15) en die deurtog deur die Jordaan (Jos 3:14–17). Selfs Israel se vyande moet God se almag erken (vers 3). In vers 9 tot 12 roep die digter weer alle volke op om God te prys vir wat Hy doen. Hy gee lewe en bewaar Sy volk. God louter egter ook hulle geloof (vers 10) en laat selfs toe dat hulle deur hul vyande verower word (vers 12). Die woorde ‘deur vuur en water’ dui aan “van die een uiterste na die ander” en kan op die uittog en die woestyn-tyd sinspeel. Vers 13-20 Vers 13 tot 20 is ’n individuele lofpsalm. In die gedeelte verskuif die fokus van lof oor God se universele dade, na die danklied van ’n enkeling rondom sy ontmoeting met die lewende God deur gebed en offers in die tempel. Daar word op verskeie maniere in die gedeelte na die offer-kultus, en spesifiek na die brandoffer, verwys (vers 13 en 15). Die aantal offers dui op die erns en rykdom van die bidder. Van die gebruike in die tempel wat vermeld word, hou verband met die maak van beloftes (vers 13-15). Vanaf vers 16 tot 20 word God geloof omdat Hy die bidder se gebed verhoor het. In die gedeelte word die bidder se medegelowiges uitgenooi om te kom luister na wat die Here vir hom gedoen het (vers 16). Toepassing - Vir baie uitleggers is die koppeling van die twee dele in een Psalm, vreemd. Indien die tema van hoe ontsagwekkend die Here se werk is (vers 3a) as uitgangspunt geneem word, is dit egter duidelik dat dit nie net geïllustreer word in die volk se geskiedenis nie, maar ook in die lewe van ’n enkele gelowige. God is dus in die groot én die klein dinge. Hy is op CNN en in ons alledaagse lewens werksaam. - Verder moet ons nie die individuele aspek van ons geloof losmaak van die korporatiewe nie. Soos Tate dit stel, "First, worship is set forth as both communal and individual. The individual experience of worship properly belongs in the context of the corporate. These two forms of worship are complementary, not mutually exclusive. Personal piety is nourished in fellowship with others who share faith." [1] [1] Bronne Hossfeld, F., Zenger, E., Maloney, L. M., & Baltzer, K. 2005. Psalms 2 : A commentary on Psalms 51-100. (Hermeneia). Tate, M E 2002. Psalms 51-100. (WBC). Kraus, H 1989. Psalms 60-150.

Luister na mekaar God maak ons ’n luisterende gemeenskap en praat ook deur ander mense met ons

Luister na ander en die tye Ons stel onsself oop om God van onverwagse kante af te hoor

Luister weer na God se Woord Ons fokus op die Gees se beweging in ons hart en gedagtes

Aanbid God, omdat God God is – nie omdat jy iets daaruit kry nie! CS Lewis CS Lewis vertel in Surprised by Joy van sy bekering. Hy het heeltemal kerkloos grootgeword, sodat hy maar min van die tradisionele kennis van die Christelike godsdiens gehad het toe hy tot geloof gekom het. Hy vertel dat hy eers na omtrent ’n jaar vir die eerste keer werklik besef het dat gelowiges hemel toe gaan! Hy het vir ’n jaar lank die Here gedien, sonder dat die groot voordeel van Christenwees (soos ons gewoonlik daaroor dink) enige rol by hom gespeel het. Hy het nie God gedien oor wat God vir hom kon doen nie, maar eenvoudig omdat God God was. Al sou Christenskap beteken dat hy groot offers moes bring en geen beloning daarvoor sou kry nie, sê CS Lewis, sou hy nog steeds vir God aanbid het. Want God is God. Dit is so eenvoudig soos dit.

Die grootheid van God bring jou op jou knieë Die grootheid van God bring jou op jou knieë. Alle mense moet voor Hom buig. Want God is ’n ontsagwekkende - “awesome” God, bely Psalm 66. Psalm 66 vertel vir ons van al die groot reddingsdade van God. As ’n mens hierdie woorde bid, kan jy nie anders as om voor Hom neer te val en Hom te aanbid nie.

Psalm 66 – as die inleiding tot jou outobiografie! John Bunyan, die skrywer van een van die beroemdste Christen boeke ooit, Die Pelgrim se reis na die ewigheid, gebruik Psalm 66:16 as die inleiding tot sy outobiografie!

Maak dit ‘n verskil as jy vir iemand bid? Maar God het geluister en my gebed verhoor...(vs 19) Iemand het gevra: “Maak dit enige verskil dat iemand vir jou bid?” Toe vertel ’n priester hierdie storie:

Die storie van die padda "Eens op ’n tyd was ek ’n padda. Ek was nie regtig ’n padda nie, maar ek het gevoel soos ’n padda! Paddas voel “dooierig, neerslagtig-rig, lelik-rig, pofferig, lusteloos-rig en krommerig”! Hierdie padda-gevoelens kom wanneer ek intelligent wil lyk, maar dom voel! Eens op ’n tyd sit ek op my waterlelie-huis in ’n pragtige groot dam gevul met lewe en opwinding! Maar ek was te bang om deel te neem en het agter my brul-padda-gesig weggekruip! Toe kom daar ’n prinses verby, al was ek ’n padda, kon sy die verskil sien. Sy het geweet sy was spesiaal - sy was ’n kind van dié Koning! Sy kon met een soen mense verander van “dooierig, neerslagtig-rig, lelik-rig, pofferig, lusteloos-rig en krommerig” tot Koningskinders! Sy het na my toe gekom. Maar sal sy haarself so ver bring om iemand wat “dooierig, neerslagtig-rig, lelik-rig, pofferig, lusteloos-rig en krommerig” is, te soen? Maar sy het! Ek het onmiddellik spesiaal gevoel! Nou gaan ek orals rond om mense te soen. Dit is soveel pret om mense te sien verander van “dooierig, neerslagtig-rig, lelik-rig, pofferig, lusteloos-rig en krommerig”! Die verandering is dadelik as hulle besef hulle is nie regtig paddas nie, maar kinders van die Koning!”

Om te bid is om te gee, nie om iets te kom haal nie.

Gee jouself Dit is om soos die wyse manne met geskenke in jou hande na Hom te kom. Wat gee ons? Ons gee onsself. Want God is God! Hoe gee jy jouself? Deur nooit stil te bly oor hoe groot en goed God is nie!

Daar is ou storie van ’n nuwe Christen uit Afrika aan wie ’n Bybel gegee is. Hy was baie opgewonde oor hierdie wonderlike geskenk wat die sendeling vir hom gegee het. Daarom was die sendeling ietwat oorbluf toe hy weer in hom vasloop en sien in watter toestand sy nuwe Bybel was! Dit was stukkend met ’n klomp bladsye daaruit geskeur! Die sendeling het geskok vir hom gevra: “Ek dog jy sou baie beter na jou groot geskenk, die Bybel, gekyk het!” Die man het met ’n groot glimlag geantwoord: “Dis die beste geskenk wat ek nog ooit gekry het. Maar ek kan dit mos nie vir myself hou nie! Ek het ’n bladsy vir my pa gegee, ’n bladsy vir my ma en toe ’n bladsy vir elkeen in die dorp!”

Laat almal, paddas ingesluit, in God se liefdes-storie deel! Dis wat dit beteken om te getuig: Laat almal, paddas ingesluit, in God se liefdes-storie deel!

Fokus op wat God nou doen Ons fokus op wat God nou doen en waarheen God ons lewe rig

Ons besluit op ’n gepaste reaksie op wat God gegee/ gedoen/ gesê het Antwoord met ons lewe Ons besluit op ’n gepaste reaksie op wat God gegee/ gedoen/ gesê het

Elna Mouton e.a. Moed om mens te wees Prys: R59.95 10 Bybelstudies oor ’n ongewone gesin – Marta, Maria en Lasarus Bestel by: 0860 26 33 42 bestel@bmedia.co.za www.bybelmedia.co.za Prys: R59.95