Romeine 7:15-25 Romeine 7:15-25 15Ek begryp self nie wat ek doen nie, want wat ek wil doen, dit doen ek nie, maar wat ek haat, juis dit doen ek. 16Dat.

Slides:



Advertisements
Similar presentations
Efesiërs 5:8-14 8Vroeër was julle die ene duisternis, maar nou in die Here is julle lig. Leef dan as mense van die lig. 9Uit die lig kom alles voort wat.
Advertisements

Hebreërs 11:1-3. Ingenooi deur God Ons raak bewus van ons diepste behoeftes, vrae en vrese en gee ons oor aan God.
Follow Him. Seek Him..
Ons nooi alle gelowiges in Suid-Afrika om deel
DIE ONTKENNING (NEGATIEF) Me. J. van Zyl
Om God te GENIET Filippense 4:2-9.
Ons aanbid saam!. Ons aanbid saam! Die belangrikste boodskap in die Bybel: God is lief vir jou!
Dood vir die sonde, maar lewend vir God
Rondom My Dawie de Jager.
Holy Discontent.
Psalm 85 2U was goed vir u land, Here,
“Be very sure of this, people never reject the Bible because they cannot understand it. They understand it too well; they understand that it condemns their.
Nagmaal Christen-word, en Christen-wees
MUNUS TRIPLEX Die oprig en herstel van die drievoudige amp
Romeine 6: Moet dan nie toelaat dat die sonde nog langer oor julle heerskappy voer en julle die begeertes van julle sterflike aardse bestaan laat.
Ps. 107: “Party het in die donker gesit, in diep duisternis, hulle was gevangenes, in ellende en in boeie, want hulle het hulle verset teen die bevele.
“What does this word holiness really mean
II Tim. 2:22 “Vermy die begeertes wat 'n jongmens in gevaar bring, en streef na opregtheid, geloof, liefde en vrede, saam met almal wat uit 'n rein hart.
Romeine 12:2 “Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei.
Absolute oortuiging God bestaan?
Innerlike sterkte.
“Oh it is at a fearful expense that ministers are allowed to enter the pulpit without being preceded, accompanied, and followed by the earnest prayers.
Gen. 39:9 “Daar is niemand wat in hierdie huis meer gesag het as ek nie. Meneer het niks van my teruggehou nie, behalwe vir u, want u is sy vrou. Hoe.
ONREGVERDIGE, ONEINDIGE
WELKOM! Matteus 13.
CLICK TO ADVANCE SLIDES
Do you need a miracle In your Life?.
Joh. 4:23 “Maar daar kom 'n tyd, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader deur die Gees en in waarheid sal aanbid, want die Vader wil juis.
Krake 'n Baie hoë gebou was vir etlike jare in gebruik toe daar op 'n dag 'n gevaarlike kraak in die muur op die 42ste verdieping verskyn het. Die.
Phil 3:10 (NKJV) 10 that I may know Him and the power of His resurrection, and the fellowship of His sufferings, being conformed to His death,
Jou geskenk aan God die Kersfees!
Die KRUIS Gebedsreis.
GAL 2:20-21 Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in.
II Kor. 5:21 “Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek.
Tommy's Window Slideshow
Job. 42:5 “Tot nou toe het ek net gehoor wat mense van U sê, maar nou het ek U self gesien”
Luk. 11: “Dié wat op die pad val, dui op mense wat die woord hoor, maar dan kom die duiwel en neem dit uit hulle harte weg sodat hulle nie tot geloof.
Sam CH Cupido Sommer net vir jou.
Matt. 7:21 “Nie elkeen wat vir My sê: ‘Here, Here,’ sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie...”
Welkom Jeremia 1:4-10.
I Kor 6:20. “julle is gekoop, en die prys is betaal
> God is heilig:. > God is heilig: Lev. 11:44,45. “Ek is die Here julle God Lev. 11:44,45 “Ek is die Here julle God. Wy julle aan my diens en wees.
Titus 2:12 “Dit voed ons op om die goddelose leefwyse en wêreldse begeerlikhede te laat vaar en met selfbeheersing, opregtheid en godsvrug in die teenswoordige.
Geskape om vir ewig te lewe !
Hoe weerloos is jy....
Verbintenis tot God se heerskappy Verbintenis tot God se dienswerk Verbintenis tot God se boodskap Verbintenis tot God se middele Verbind aan God se.
Verstaan  emosies  wil
Hartlik welkom in die Erediens!
This is amazing, he died of pancreatic cancer in 2008, but wrote a book ‘The last lecture” before then, one of the bestsellers in 2007.  What a legacy.
MAAK OOP EN ONDEK JOU GESKENK
“True repentance shows itself in a thorough breaking off from sin
Die weg tot geregtigheid
I Tim. 5:17 “Die ouderlinge wat goeie leiding gee, behoort dubbele erkenning te kry, veral dié wat hard werk deur te preek en onderrig te gee”
Sessie 2: Oor die teenwoordigheid van die verhoogde Christus by ons
Learning, Life and entrepreneurial skills
Jak. 2:14 “Wat help dit, my broers, as iemand beweer dat hy glo, maar sy dade bevestig dit nie? Kan so 'n geloof 'n mens red?
Gen. 1:26-28 “God het die mens geskep as sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die mens geskep, man en vrou het Hy hulle geskep. Toe het God hulle.
CLICK TO ADVANCE SLIDES
Fil. 3: “Ek sê nie dat ek dit alles al het of die doel al bereik het nie, maar ek span my in om dit alles myne te maak omdat Christus Jesus my reeds.
I Pet. 1: “Nee, soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in julle hele lewenswandel heilig wees. Daar staan immers geskrywe: “Wees.
Tommy's Window Slideshow
Johannes 12 Daar was ook 'n aantal Grieke onder die mense wat fees toe gekom het om te aanbid. Hulle het na Filippus, wat van Betsaida in Galilea afkomstig.
LOFOFFER 2014 Romeine 12.
Taalkunde.
Rom. 7: “Ek, ellendige mens
Genesis 1 - Eerste dag Toe het God gesê: “Laat daar lig wees!” En daar was lig. God het gesien die lig is goed, en Hy het die lig en donker van.
WAARHEID MATT 28: Jesus kom toe nader en sê vir hulle: “Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde. Gaan dan na al die nasies toe en maak.
WEERSPIEËL SY LIG WEERSPIEËL SY LIG [SKYN SAAM] [SKYN SAAM]
Johannes 9 Hy het gegaan en hom gewas, en toe hy terugkom, kon hy sien.
Die opstanding van Jesus is vir die alledaagse bedoel.
Presentation transcript:

Romeine 7:15-25 Romeine 7:15-25 15Ek begryp self nie wat ek doen nie, want wat ek wil doen, dit doen ek nie, maar wat ek haat, juis dit doen ek. 16Dat ek nie wil doen wat ek doen nie, beteken dat ek toegee dat die wet goed is. 17Maar nou is dit nie meer ek wat dit doen nie, maar die sonde wat in my woon. 18Ek weet immers dat die goeie nie in my woon nie, nie in my sondige aard nie. Daar is by my wel die wil om die goeie te doen, maar ek doen dit nie. 19Die goeie wat ek wil doen, doen ek nie, maar die slegte wat ek nie wil doen nie, dit doen ek. 20En as ek nou doen wat ek nie wil doen nie, dan is dit nie meer ek wat dit doen nie, maar die sonde wat in my woon. 21So vind ek dan hierdie wet in my: ek wil die goeie doen, maar al wat ek doen, is die slegte. 22Diep in my wese vind ek vreugde in die wet van God, 23maar ek vind in my doen en late ’n ander wet, wat stryd voer teen die wet van my gees. Dit maak my ’n gevangene van die wet van die sonde wat in my doen en late aan die werk is. 24Ek, ellendige mens! Wie sal my van hierdie doods bestaan verlos? 25Aan God die dank! Hy doen dit deur Jesus Christus ons Here. So is dit dus met my gesteld: met my gees dien ek die wet van God, maar in my doen en late die wet van die sonde.  

Ingenooi deur God Ons raak bewus van ons diepste behoeftes, vrae en vrese en gee ons oor aan God

“She instructed me to be kind, because everyone you’ll ever meet, is fighting a hard battle.” Hierdie drie kort skote kan ons help om ’n bietjie lig te werp op Rom 7: In sy boek Chronicles, Volume One, vertel Bob Dylan van ’n belangrike les wat sy ouma vir hom geleer het: “She instructed me to be kind, because everyone you’ll ever meet, is fighting a hard battle.”

“Veels geluk!” “Hou aan beweeg!” By ’n gradeplegtigheid het studente hulle diplomas ontvang van die kanselier wat hulle hande geskud het en met harde stem gesê het: “Veels geluk!” En dan ’n sagter, maar ferm stem het hy vir elke gegradueerde gesê: “Hou aan beweeg!” Dis ook God se woorde aan ons “Veels geluk, maar hou aan beweeg...”

Randy Frazee skryf in sy boek Making Room for Life (2003, 82) “In golf, the swing you take over and over again becomes a part of your muscle memory — your muscle performs the swing without conscious thought. By the way we live, we teach our children to establish either a bad swing or a good swing into their muscle-memory approach to life.” Lewe jy deur die Gees of deur die sonde?

Ons betree God se wêreld en gaan in God se vrede in Ingaan in God se tyd Ons betree God se wêreld en gaan in God se vrede in

Telefoontjie Laat die kinders in ’n halfmaan sit en sê dan dat julle ‘Telefoontjie’ gaan speel. Fluister in die eerste kind se oor: “Wat ek wil doen, dit doen ek nie, maar wat ek haat, juis dit doen ek” (Rom 7:15) en vra die kinders om die frase in mekaar se oor te fluister. Hulle moet probeer om die frase net so te herhaal, maar moet sê presies wat hulle hoor. Kyk hoe hulle die frase verander na die einde van die ry. Herhaal dan die frase weer aan almal. Beklemtoon dat dit moeilik is om nie iets op te mors terwyl jy dit so aangee nie. Mense mors baie dinge op terwyl hulle saam speel, werk en gesels – selfs al probeer hulle hul bes. Wys dit uit dat Paulus baie gefrustreerd was met sy eie foute en dat hy op ’n ander plek in die brief aan die Romeine vra “Wie sal my red?” Vind uit of die kinders weet Wie hulle sal verlos/red van hulle foute en sonde. Verseker hulle dat Jesus gekom het om ons te red van die dinge wat ons opgemors het. Daarom moet ons vir Jesus vra om altyd by ons te wees as ons speel en werk en gesels.

In vers 24 sê Paulus dat die wet van die sonde wat teen die wet van die Gees stry van ons gevangenis maak. Maar dit beteken nie dat ons in ’n tronk is met vier mure rondom ons nie. Nee, die wet van God maak ons nie so vas dat ons glad nie kan beweeg nie. Inteendeel dit maak ons juis vry. Die probleem is egter dat dit wat ons nie mag doen nie, vir ons so aantreklik raak, dat dit later al is wat ons wil doen. Die “tronk” van verleiding het baie keer net een muur of een tralie deur. Dis soos ’n hond wat ’n kat wil jaag. As die hond die kat deur die traliedeur sien, wil hy met alles wat hy het deur daardie tralies kom. Hy sal blaf en krap en huil, selfs al is daar baie keer ander uitgange van die huis wat oopstaan. Maar omdat die kat juis aan daardie kant van die huis verbyloop, wil die hond net daardeur en voel hy soos ’n gevangene. Later raak honde mos heel mal en sal hulle alles doen net om deur te kom. Al wat dan nodig is, is dat die baas van die hond hom wegroep van die tralies deur byvoorbeeld vir hom kos te gee of hom te vryf en liefde te wys. Net so kom Jesus en vat ons aandag weg van die fokus op die versoeking .

Ons luister dieper na die Woord en ontmoet God Luister na God se Woord Ons luister dieper na die Woord en ontmoet God

Ons luister dieper na die Woord en ontmoet God Die gedeelte is seker van die mees betwiste gedeeltes in die Romeine brief (kyk maar na die lys wat Cranfield gee vir hoe dit gelees kan word). Die meeste uitleggers lees die gedeelte as ’n blik op Paulus se innerlike stryd teen die sonde. Ek gee egter hier Ben Witherington (in sy Paul's Narrative Thought World) se argument weer wat dit op ’n ander manier lees. Volgens hom is die gedeelte belangrik omdat dit ons verstaan van die “normale” Christelike lewe bepaal. Hy wys daarom eers daarop dat in 7:5-6 Paulus ’n kontras tref tussen hoe ons eers in die vlees was en hoe ons nou in Christus leef. Kortom, ons is van die wet en die vlees bevry (vers 23). Daarom voer Witherington aan dat Paulus nie in die daaropvolgende verse praat van iemand wat steeds onder die mag van die vlees lewe nie. Verder is dit opvallend dat Paulus van die verlede tyd in vers 7 tot 13 na die teenwoordige tyd in vers 14 tot 25 verander. Daarom is sy argument dat Paulus hier vir Adam aan die woord stel in vers 7 tot 13 en vir die wat nog in Adam is (d.w.s. ongelowiges) in vers 14 tot 25. In beide gevalle is die “ek” dus nie Paulus as verteenwoordiger van alle Christene nie. Die “ek” is eerder Paulus wat retories as ’n Christen eers soos Adam praat en dan soos die wat steeds leef asof hulle in hom is. In vers 7-13 verduidelik “Adam” dus wat met hom gebeur het toe hy aan die versoeking toegegee het en in vers 14 tot 25 praat hy oor hoe sy nageslag sy erfenis voortgesit het. Witherington vra die vraag of ons glo dat ons verlossing ons net bewus gemaak het van ons sonde (maar nie vry om dit te weerstaan nie) en of dit ons volkome vry gemaak het om nuut te lewe. Gebruik ons nie Rom 7 net om ons sondes te regverdig nie? Vir hom verteenwoordig Rom 8 en nie Rom 7 nie, die normale lewe van ’n Christen. Ons is nie perfek of sondeloos nie, maar ons kan protesteer en breek met sonde.

Luister na mekaar God maak ons ’n luisterende gemeenskap en praat ook deur ander mense met ons

The Message The Message vertaal dit so: What I don't understand about myself is that I decide one way, but then I act another, doing things I absolutely despise. So if I can't be trusted to figure out what is best for myself and then do it, it becomes obvious that God's command is necessary. But I need something more! For if I know the law but still can't keep it, and if the power of sin within me keeps sabotaging my best intentions, I obviously need help! I realize that I don't have what it takes. I can will it, but I can't do it. I decide to do good, but I don't really do it; I decide not to do bad, but then I do it anyway. My decisions, such as they are, don't result in actions. Something has gone wrong deep within me and gets the better of me every time. It happens so regularly that it's predictable. The moment I decide to do good, sin is there to trip me up. I truly delight in God's commands, but it's pretty obvious that not all of me joins in that delight. Parts of me covertly rebel, and just when I least expect it, they take charge. I've tried everything and nothing helps. I'm at the end of my rope. Is there no one who can do anything for me? Isn't that the real question? The answer, thank God, is that Jesus Christ can and does. He acted to set things right in this life of contradictions where I want to serve God with all my heart and mind, but am pulled by the influence of sin to do something totally different.

Luister na ander en die tye Ons stel onsself oop om God van onverwagse kante af te hoor

Luister weer na God se Woord Ons fokus op die Gees se beweging in ons hart en gedagtes

Daar is ’n klassieke storie wat hierdie gedeelte van Paulus volmaak vasvang. Robert Louis Stephenson se The Strange Case of Dr. Jekyll and Mr. Hyde. Dit gaan oor die gerespekteerde dr Jekyll wat ’n middel ontdek wat sy persoonlikheid verander en van hom ’n ander persoon maak. Deur sy uitvinding geskok en tog ook gefassineer, gee hy toe aan die versoeking om in die nag Mnr Hyde te word, wat allerlei misdade pleeg - selfs moord. Gedurende die dag is hy die sagmoedige dr Jekyll en in die nag is hy ’n moordenaar en ’n gewelddadige skurk. So gaan dit ’n tyd lank aan, totdat hy een oggend wakker word en tot sy ontsteltenis bemerk dat hy mnr Hyde se hand behou het. Eers was dit moeilik om Mnr Hyde se persoonlikheid aan te neem, maar gaandeweg was dit al moeiliker om weer terug te keer na die goedhartige dr Jekyll! Hy het al meer besef dat hy besig was om beheer te verloor oor sy goeie self en dat die slegter self die oorhand begin kry. Toe hy later verplig was om ’n keuse te maak, het hy besluit om eerder dr Jekyll te bly. Ongelukkig het die geneigdheid tot misdaad in hom so sterk geword dat dit by hom die oorhand gekry en hom uiteindelik vernietig het. Toe iemand vir Stevenson vra waar hy die model vir sy hoofkarakter gekry het, het hy geantwoord: “I found it in my nature.” Hy het eerstehands belewe wat Paulus bely: die goeie wat ek wil doen, doen ek nie, maar die slegte wat ek nie wil doen nie, dit doen ek.”( vs19) Ek wil die goeie doen, maar al wat ek doen is die slegte.

“Wat ook al ons is, ons is nie wat ons behoort te wees nie” Augustinus Soos Augustinus geskryf het: “Wat ook al ons is, ons is nie wat ons behoort te wees nie!”

“Man was made at the end of the week, when God was tired.” Mark Twain Of soos Mark Twain tong in die kies vertel: “Man was made at the end of the week, when God was tired.”

“Nature, Mr. Allnut, is what we are put in this world to rise above.” Hoe gemaak met die Mr/Mrs Hyde in ons lewe?   Uit die klassieke rolprent, die African Queen kom hierdie diep stuk dialoog: Charlie Allnut (Humphrey Bogart), die skeepskaptein van die African Queen, sê: “A man takes a drop [of gin] too much once in a while, it’s only human nature.” Rose Sayer (Katharine Hepburn), sy passasier, antwoord: “Nature, Mr. Allnut, is what we are put in this world to rise above.”

JMH ’n Predikant vertel dat hy ’n boek by ’n kennis geleen het. Terwyl hy dit gelees het, was sy belangstelling geprikkel deur die onderstreepte gedeeltes, met die letters JMH in die kantlyn geskryf. Hy het toe vir die kennis gevra wat dit beteken. Die onderstreepte gedeeltes was dit waarmee hy saamgestem het en JMH het gestaan vir “Ja, maar hoe?”   “Nature, Mr. Allnut, is what we are put in this world to rise above.” Ja, maar hoe? Hoe “styg ons bo ons natuur uit?” Vers 25 gee die oplossing: Aan God die dank! Hy doen dit deur Jesus Christus ons Here.

Human nature… Miskien kan hierdie aanhaling uit een van Kathleen Norris se boeke ons help: “These days, when someone commits an atrocity, we tend to sigh and say, “That's human nature.” But our attitude would seem wrong-headed to the desert monks, who understood human beings to be part of the creation that God called good, special in that they are made in the image of God. Sin is an aberration, not natural for us at all. This is why Gregory of Nyssa speaks so often of “returning to the grace of that image what was established in you from the beginning.” Gregory saw it as our lifelong task to find out what part of the divine image God has chosen to reveal in us ... We can best do this by realistically determining how God has made us - what our primary faults and temptations are, as well as our gifts - not that we might better “know ourselves,” or in modern parlance, “feel good about ourselves,” but in order that we might become instruments of divine grace for other people, and eventually return to God.”

Nuwe lewe is moontlik omdat Jesus deur Sy Gees in ons woon! Dis wonderlik om te weet dat Jesus altyd die beeld van God in jou raaksien. Die mens is eers as beeld van God geskep en daarna het mense gesondig! Daarom het Hy ons kom verlos, sodat ons weer beeld van God kan wees!

’n Musikant wat moet dink aan die meganika, is nie gereed vir ’n openbare optrede nie.” Fritz Kreisler, die beroemde violis, het dit so gestel: “Ek het nie ’n idee wat my vingers doen terwyl ek speel nie. Ek konsentreer op die musiek wat ek in my kop hoor en probeer so naby aan dit kom as wat ek kan! Ek dink glad nie aan die meganika van alles nie. Jy kan sê dat ’n musikant wat moet dink aan die meganika, nie gereed is vir ’n openbare optrede nie.”

Lewe soos Jesus geleef het! JMH ? Ek dink dit is wat Paulus besig is om te probeer sê. Die violis se vingers sal foute maak, net soos ons foute sal maak terwyl ons lewe. Maar terwyl die Gees in ons lewe, sal Hy daarna streef om ons al meer te laat lyk soos die beeld van Christus...dis die musiek wat daar in ons kop speel: “Die wat in Jesus bly, moet self ook lewe soos Jesus gelewe het. (1 Joh 2:6) JMH?(Ja, maar hoe?)

Miskien help nog ’n storie ons... In Jack London se klassieke storie, WHITE FANG, is White Fang half-hond, half-wolf. Nadat hy in die wildernis geleef het, word hy mak gemaak en leer hy om tussen mense te lewe! White Fang was egter mal oor hoenders! Op keer het hy in ’n hoenderhok gevaar en 50 henne doodgemaak. Sy baas, Weeden Scott, het met hom geraas en hom toe weer in die hoenderhok ingeneem. Hy het vir White Fang reg in die middel van die hoenderhok laat sit. Dit was ’n groot toets! Toe White Fang sy gunsteling kos sien, was sy natuurlike instink om te gaan vir ’n sappige hoendertjie! Maar hy was onmiddellik in sy spore gestop deur sy baas se stem! Hulle het vir ’n tyd lank in die hoenderhok gebly. Elke keer as White Fang na ’n hoender wou hap, het sy baas se stem hom gekeer. So het hy geleer wat sy baas wou hê en so het hy geleer om hoenders te ignoreer. Weeden Scott se pa het geredeneer dat jy nie ’n “hoender doodmaker” kan genees nie, maar Weeden het sy pa uitgedaag en so het hulle vir White Fang die hele middag in die hoenderhok toegesluit! Luister as Jack London self hierdie toneel beskryf: “Locked in the chicken yard and there deserted by the master, White Fang lay down and went to sleep. Once he got up and walked over to the trough for a drink of water. The chickens he calmly ignored. So far as he was concerned they did not exist. At four o'clock he executed a running jump, gained the roof of the chicken house, and leaped to the ground outside, whence he sauntered gravely to the house.” Toe voeg Jack London hierdie woorde: “He had learned the law.”

Wees Gees-beheers, Christus-gesentreerd en God-gefokus! Watter wet was dit? Die wet van gehoorsaamheid - hy het gemaak soos sy baas sê! In Hoofstuk 8:2 kom sê Paulus “Die wet van die Gees wat aan jou in Christus die lewe gee, het jou vrygemaak van die wet sonde en dood!” Wees Gees-beheers, Christus-gesentreerd en God-gefokus!

“… all the places where the gravy soaks in and grace shines through.” Garrison Keillor maak in sy “The Meaning of Life” hierdie belangrike punt: “To know and to serve God, of course, is why we're here, a clear truth, that, like the nose on your face, is near at hand and easily discernible but can make you dizzy if you try to focus on it hard. But a little faith will see you through. What else will do except faith in such a cynical, corrupt time? When the country goes temporarily to the dogs, cats must learn to be circumspect, walk on fences, sleep in trees, and have faith that all this woofing is not the last word. What is the last word, then? Gentleness is everywhere in daily life, a sign that faith rules through ordinary things: through cooking and small talk, through storytelling, making love, fishing, tending animals and sweet corn and flowers, through sports, music and books, raising kids - all the places where the gravy soaks in and grace shines through.”

Fokus op wat God nou doen Ons fokus op wat God nou doen en waarheen God ons lewe rig

Ons besluit op ’n gepaste reaksie op wat God gegee/ gedoen/ gesê het Antwoord met ons lewe Ons besluit op ’n gepaste reaksie op wat God gegee/ gedoen/ gesê het

Jy sou ook hierdie prent as agtergrond kon gebruik, indien jy die boodskap effens ligter wil maak.

Waar was God? Prys: R49.95 Andries Cilliers 10-Week-Bybelstudie oor hoe om as gelowige in ’n wêreld vol misdaad te (oor)leef Bestel by: 0860 26 33 42 bestel@bmedia.co.za www.bybelmedia.co.za