Tema Oorweldigende lof en dank aan God pas by Kersfees Psalm 98.

Slides:



Advertisements
Similar presentations
Follow Him. Seek Him..
Advertisements

Meer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels Leierskap Strukture
Ons nooi alle gelowiges in Suid-Afrika om deel
DIE ONTKENNING (NEGATIEF) Me. J. van Zyl
Psalm 96 PowerPoint agtergrond Agtergond 1
Om God te GENIET Filippense 4:2-9.
Daarom gebruik ons nie die volledige luister-siklus nie.
Ons aanbid saam!. Ons aanbid saam! Die belangrikste boodskap in die Bybel: God is lief vir jou!
Ons waag in geloof Hebreërs 12:1-3.
Johannes 3:1-17 PowerPoint agtergrond
Psalm 97 Oorsig Ons vier Kersfees oor die misterie dat die Heilige God die hemel skeur en in Jesus Christus mens word en onder ons kom woon. Dit is nie.
Nagmaal Christen-word, en Christen-wees
MUNUS TRIPLEX Die oprig en herstel van die drievoudige amp
Jesus - Die Bevelvoerder van die Weermag
Joh. 13: “Ek gee julle 'n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê
Ps. 107: “Party het in die donker gesit, in diep duisternis, hulle was gevangenes, in ellende en in boeie, want hulle het hulle verset teen die bevele.
Psalm 97 Oorsig Ons vier Kersfees oor die misterie dat die Heilige God die hemel skeur en in Jesus Christus mens word en onder ons kom woon. Dit is nie.
Jesaja 52:7-10 Oorsig Skrywer van die preekstudie skryf soos volg oor die tekste: "Hebreërs 1 en Johannes 1 fokus op God se Woord. God wat 'praat" deur.
II Tim. 2:22 “Vermy die begeertes wat 'n jongmens in gevaar bring, en streef na opregtheid, geloof, liefde en vrede, saam met almal wat uit 'n rein hart.
Romeine 12:2 “Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei.
Absolute oortuiging God bestaan?
Innerlike sterkte.
Gen. 39:9 “Daar is niemand wat in hierdie huis meer gesag het as ek nie. Meneer het niks van my teruggehou nie, behalwe vir u, want u is sy vrou. Hoe.
ONREGVERDIGE, ONEINDIGE
WELKOM! Matteus 13.
Jesaja 52:7-10 Oorsig Skrywer van die preekstudie skryf soos volg oor die tekste: "Hebreërs 1 en Johannes 1 fokus op God se Woord. God wat 'praat" deur.
CLICK TO ADVANCE SLIDES
Do you need a miracle In your Life?.
Joh. 4:23 “Maar daar kom 'n tyd, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader deur die Gees en in waarheid sal aanbid, want die Vader wil juis.
Om te ONTVANG 1 Konings 3:2-15.
Krake 'n Baie hoë gebou was vir etlike jare in gebruik toe daar op 'n dag 'n gevaarlike kraak in die muur op die 42ste verdieping verskyn het. Die.
Phil 3:10 (NKJV) 10 that I may know Him and the power of His resurrection, and the fellowship of His sufferings, being conformed to His death,
Jou geskenk aan God die Kersfees!
Die KRUIS Gebedsreis.
GAL 2:20-21 Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in.
In 2009 was daar reeds 33, 3 miljoen mense wat met MIV lewe
Tema Oorweldigende lof en dank aan God pas by Kersfees Psalm 98.
II Kor. 5:21 “Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek.
Tommy's Window Slideshow
Job. 42:5 “Tot nou toe het ek net gehoor wat mense van U sê, maar nou het ek U self gesien”
Luk. 11: “Dié wat op die pad val, dui op mense wat die woord hoor, maar dan kom die duiwel en neem dit uit hulle harte weg sodat hulle nie tot geloof.
Matt. 7:21 “Nie elkeen wat vir My sê: ‘Here, Here,’ sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie...”
Die wederkoms van Christus sal vooraf- CLICK TO ADVANCE SLIDES
I Kor 6:20. “julle is gekoop, en die prys is betaal
> God is heilig:. > God is heilig: Lev. 11:44,45. “Ek is die Here julle God Lev. 11:44,45 “Ek is die Here julle God. Wy julle aan my diens en wees.
Titus 2:12 “Dit voed ons op om die goddelose leefwyse en wêreldse begeerlikhede te laat vaar en met selfbeheersing, opregtheid en godsvrug in die teenswoordige.
Geskape om vir ewig te lewe !
Hoe weerloos is jy....
KAN ONS GOD VERTROU WANNEER HY SÊ, “VOLG MY”? Deur Karen J. Pearson
Verstaan  emosies  wil
Hartlik welkom in die Erediens!
MAAK OOP EN ONDEK JOU GESKENK
“True repentance shows itself in a thorough breaking off from sin
“Julle sal my getuies wees”
Sessie 2: Oor die teenwoordigheid van die verhoogde Christus by ons
Hartlik welkom in die Erediens
Jak. 2:14 “Wat help dit, my broers, as iemand beweer dat hy glo, maar sy dade bevestig dit nie? Kan so 'n geloof 'n mens red?
Gen. 1:26-28 “God het die mens geskep as sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die mens geskep, man en vrou het Hy hulle geskep. Toe het God hulle.
CLICK TO ADVANCE SLIDES
Tommy's Window Slideshow
A candle light is a protest at mignight, It is a non-conformist A candle light is a protest at mignight, It is a non-conformist. It says to.
Johannes 12 Daar was ook 'n aantal Grieke onder die mense wat fees toe gekom het om te aanbid. Hulle het na Filippus, wat van Betsaida in Galilea afkomstig.
LOFOFFER 2014 Romeine 12.
Rom. 7: “Ek, ellendige mens
Genesis 1 - Eerste dag Toe het God gesê: “Laat daar lig wees!” En daar was lig. God het gesien die lig is goed, en Hy het die lig en donker van.
WAARHEID MATT 28: Jesus kom toe nader en sê vir hulle: “Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde. Gaan dan na al die nasies toe en maak.
WEERSPIEËL SY LIG WEERSPIEËL SY LIG [SKYN SAAM] [SKYN SAAM]
Johannes 9 Hy het gegaan en hom gewas, en toe hy terugkom, kon hy sien.
Die opstanding van Jesus is vir die alledaagse bedoel.
CLICK TO ADVANCE SLIDES
Presentation transcript:

Tema Oorweldigende lof en dank aan God pas by Kersfees Psalm 98

God nooi ons uit en ons kom tot rus Wys die video van Jesus se geboorte/die engele en herders uit “Son of Man” – laai dit met jou gratis FLV-converter program af van http://youtu.be/qleuz5Q0aGE Verwelkoming Groet almal en wens hulle ‘n geseënde Kersfees toe. Vra vir die kinders wat hulle vir Kersfees gekry het. (Kanse is goed sommige van hulle het dit saamgebring – hulle kan dit sommer vir die gemeente kom wys!) Adventkerse/Votum Reël vooraf met 5 mense om die adventkerse aan te steek – mense van verskillende ouderdomme en geslag. As die mense vrymoedig is, sou elkeen iets kon sê terwyl hulle die kers aansteek. Ons vier vandag Kersfees: die fees van Christus se geboorte, toe God se Seun mens geword het en onder ons kom woon het. Terwyl ons hierdie kerse aansteek, • Dank ons God vir die hoop wat ons van Hom ontvang, (die eerste kers word aangesteek – die persoon wat dit aansteek, kan kort getuig oor wat hulle hoop gee), • vir die vrede wat Hy skenk, (die tweede kers word aangesteek – die persoon wat dit aansteek, kan kort getuig oor wat hulle vrede gee), • vir die vreugde wat Hy in ons harte uitstort, (die derde – pink - kers word aangesteek – die persoon wat dit aansteek, kan kort getuig oor wat hulle vreugde gee), • en vir die liefde waarmee Hy ons verlos (die vierde kers word aangesteek – die persoon wat dit aansteek, kan kort getuig oor hoe hulle God se liefde beleef), Ons steek die groot wit kers aan om ons te herinner dat die Lig vir die wêreld gebore is. Gemeente: Die volk wat in donkerte geleef het, het ’n groot lig gesien; oor dié wat in die donker land was, het ’n lig geskyn. [OF laat die laaste persoon getuig wat Christus se teenwoordigheid vir hulle beteken] Voorganger: Vir ons is ’n Seun gegee. Hy sal heers, en hy sal genoem word: Gemeente: Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors. Immanuel, God is met ons. • (Steek die Christuskers aan.)   Lied 345 Kom alle getroues (sonder aankondiging) Seëngroet Lofsang (Maak ‘n keuse uit die verskillende Engele-liedere) Voorganger (Ps 98: 1 & 4): Sing ’n nuwe lied tot eer van die Here, want Hy het magtige dade gedoen, deur sy krag en Goddelike mag het Hy oorwin. 4Juig tot eer van die Here, almal op aarde, wees vrolik, juig en sing! Lied 364 Herders op die ope velde Lied 365 Hoor die blye eng’lelied Lied 366 Die vreugdelied wat engele sing Lied 368 Wyl herders by hul kudde wag Lied 370 Eng’le uit die hoogste hemel Vonkk 67 Ere aan God, bring Hom die eer God nooi ons uit en ons kom tot rus

God praat met ons en ons luister Gebed Skriflesing Gebruik verskillende persone (weereens mense wat die diversiteit van jul gemeente reflekteer) om die teks in wisselspraak te lees): Leser 1: Sing ’n nuwe lied tot eer van die Here, Leser 2: want Hy het magtige dade gedoen,  Leser 3: deur sy krag en Goddelike mag het Hy oorwin. 2Die Here het sy oorwinning bekend gemaak, Leser 4: aan die nasies het Hy sy reddingsdade geopenbaar. 3Aan die huis van Israel het Hy sy liefde en sy trou herbevestig; Leser 2: die hele wêreld het gesien dat ons God die oorwinning behaal het. Leser 1: 4Juig tot eer van die Here, almal op aarde, wees vrolik, juig en sing! Leser 3: 5Sing tot eer van die Here met begeleiding van die lier, speel op die lier en sing. 6Blaas die trompet en die ramshoring, jubel tot eer van die Here, die Koning. Leser 4: 7Die see en alles daarin moet druis, die aarde en alles daarop moet juig, 8die riviere moet hande klap, die berge moet saam juig 9voor die Here, Leser 1: want Hy kom om oor die aarde te heers; Hy sal oor die wêreld heers met regverdigheid, oor die volke met billikheid.   Lied 367 Ere aan God (sonder aankondiging) of Vonkk 65 of 128 (beide Ere aan God) God praat met ons en ons luister

Familie-oomblik Familie-oomblik Betrek die kinders (en uitgebreide families) in die liturgie met die aansteek van die kerse en die Skriflesing. Die inleiding van die preek dien ook as familie-oomblik. Familie-oomblik

Powerpoint-agtergrond Die keuse vir die deurlopende agtergrond val saam met verwysings na die oorweldigende lof en dank vanuit die natuur. As alternatief kan die shofar-agtergrond gebruik word. Die see wat druis is ‘n foto wat per e-pos gesirkuleer is na aanleiding van buitengewone seetoestande in Port Elizabeth op 24 Oktober vanjaar. Bron onbekend. Die foto van die berg (Rabie-berg) is geneem op 3 Desember 2011 in die Nuy vallei (Wicus Wait, Panasonic DMC-FZ8). Die shofar (ramshoring) is geneem deur Fonzie's cousin (nie regte naam) op 8 Januarie 2008 met ‘n Canon EOS 40D en is beskikbaar by http://www.flickr.com/photos/89927155@N00/2200239904/   Kopiereg bepaal: You are free: to Share — to copy, distribute and transmit the work to Remix — to adapt the work Under the following conditions: Attribution — You must attribute the work in the manner specified by the author or licensor (but not in any way that suggests that they endorse you or your use of the work). Noncommercial — You may not use this work for commercial purposes. Geknip en verander mbv Picasa 3. Powerpoint-agtergrond

Psalm 98

Psalm 98

Psalm 98 Fokusteks: Psalm 98 Sing ’n nuwe lied tot eer van die Here 98 ’n Psalm. Sing ’n nuwe lied tot eer van die Here, want Hy het magtige dade gedoen, deur sy krag en Goddelike mag het Hy oorwin. 2Die Here het sy oorwinning bekend gemaak, aan die nasies het Hy sy reddingsdade geopenbaar. 3Aan die huis van Israel het Hy sy liefde en sy trou herbevestig; die hele wêreld het gesien dat ons God die oorwinning behaal het. 4Juig tot eer van die Here, almal op aarde, wees vrolik, juig en sing! 5Sing tot eer van die Here met begeleiding van die lier, speel op die lier en sing. 6Blaas die trompet en die ramshoring, jubel tot eer van die Here, die Koning. 7Die see en alles daarin moet druis, die aarde en alles daarop moet juig, 8die riviere moet hande klap, die berge moet saam juig 9voor die Here, want Hy kom om oor die aarde te heers; Hy sal oor die wêreld heers met regverdigheid, oor die volke met billikheid. Psalm 98

Kersboom op Willie se Baai Tema: Oorweldigende lof en dank aan God pas by Kersfees Preekriglyn Die dag waarop die engeltjie die eerste keer in tweeduisend jaar gesing het, was só 'n dag. Daar kom mos dae waarop die lof aan God, die danksegging en die eerbewyse aan God vir God se wonderlike gawes, gelowiges meesleur. Dae waarop mens nie anders kan as om God te prys en verheerlik nie. Op hierdie dae hoor en sien jy hoe alles wat leef en beef, ja die hele skepping, God eer. Terug by die dag waarop die engeltjie die eerste keer in tweeduisend jaar gesing het. Kersboom op Willie se Baai Daar was eendag twee dogtertjies wat elke jaar met hul ouers by Willie se Baai vakansie gaan hou het. Hulle name was Anna en Susanna. Op 'n dag speel die twee op die hoogste duin. 'n Fraai seuntjie kom nader en vra of hy mag saamspeel. Natuurlik laat die dogtertjies hom saamspeel. Hulle het hom nog nooit gesien nie en vra wie hy is en waar hy vandaan kom. Die seuntjie sê hy is 'n engeltjie. Die dogtertjies lag en sê hy bedoel sekerlik hy is figuurlik gesproke 'n engeltjie. Nee, sê die seuntjie en lig sy hempie op om sy goue vlerkies te wys. Wat maak hy op Willie se Baai? Wel, hy het eeue gelede saam met 'n groot koor hier aangeland. Hy was een van die beste seun-soprane, voeg hy ewe onbeskeie by. Nou hoekom het hy nie saam met die engelekoor teruggegaan nie, wil die dogtertjies weet. Die seuntjie vertel hy het die aarde liefgekry en van die mense begin hou. Ja, hy verlang soms terug, maar hulle moenie bekommerd wees nie want dis nie sover na sy blyplek as wat mense dink nie. As die mense net kon weet hoe naby dit alles is. Anna wil weet of hy dan verlof gekry het om op die aarde te bly. Ja, solank hy net nie sing nie. Dit is streng verbode. Sodra hy sing, moet hy dadelik terug. Dis baie swaar om nie te sing nie, want hy doen dit graag. Susanna het dadelik 'n plan. Hulle hou die volgende aand 'n Kersboom in die saaltjie by Willie se Baai. Daar sal 'n kinderkoortjie liedere sing. Die engeltjie moet kom saamsing. Sy stem sal meng met die stemme van ander, en sy hemelse mense sal nie eers weet hy sing nie. Die engeleseuntjie twyfel eers, maar die dogtertjies praat hom om. Hy het in elk geval baie lus vir sing, en veral Kersliedere. Die volgende aand staan hy tussen die kinders by die Kersboom op Willie se Baai. Hulle sing die mooiste Kersliedere. Meteens styg 'n goue kinderstem bo al die ander uit in 'n onbekende lied, so mooi soos nog nooit op aarde gehoor is nie (behalwe een keer). Die kinderkoor raak stom van verbasing en almal sien dit is die vreemde seuntjie wat alleen sing. Anna fluister vir Susanna die seuntjie sal nou moet teruggaan. Maar die engeltjie sing voort, vir die eerste keer in tweeduisend jaar. Skielik word oor Willie se Baai die geruis gehoor van 'n magtige koor wat niemand kan sien nie. Hulle val in by die pragtige stem van die engeltjie en hulle sing 'n lofsang asof die hemel oopgegaan het. Hulle sing: Eer aan God in die hoogste hemele! Die stemme sterf weg en stilte kom oor die strand. Die engeltjie is nie meer tussen die kinders nie. Later gesels Anna en Susanna met hul ouers. Die engeltjie moes natuurlik weg omdat hy gesing het. Maar hoekom het die koor ook ingeval? Het die dissipline daarbo in duie gestort toe hulle die seuntjie se pragtige sang hoor? Seker so iets. Maar onthou wat die seuntjie gesê het: dis nie so ver soos dit vir mense lyk nie. As die mense maar net kon weet hoe naby dit alles is. En soms - baie selde - val die dun skerms weg en alles gaan oop. Net vir 'n kort rukkie. (Oorvertel uit 'n verhaal deur PJ Cillié) Kersboom op Willie se Baai

'n Lied oor God se reddingsdade Daar kom dae waarop oorweldigende lof oor die goedheid van God mense meesleur, dae waarop die dun skans tussen hemel en aarde wegval. Die dag waarop die engeltjie die eerste keer in tweeduisend jaar gesing het, was só 'n dag. Die dag waarvan Psalm 98 sing, is ook só 'n dag. Ons weet nie presies waarvoor die oproep van Psalm 98 weerklink het nie. Dit was egter ’n geweldige geleentheid. God het God self op ’n wonderbaarlike en opspraakwekkende manier openbaar. Israel het opnuut besef hoe groot en getrou God regtig is. Die volk het besef God vergeet nie sy beloftes nie. Israel het geweet God is groter as enigiets op aarde. 'n Lied oor God se reddingsdade

Al juigend… Almal juig saam Opvallend genoeg juig die hele aarde saam omdat God sy verlossing aan alle mense bekendgemaak het. Naas die huis van Israel (3) het al die nasies gesien wat God doen (2, 4) en juig almal op aarde daaroor. Almal word opgeroep om God jubelend te prys met lier, trompet en ramshoring. Die skepping juig saam Die jubeling tot eer van God is so omvattend dat die hele skepping opgeroep word om saam tot eer van God te juig. Vir moderne, wetenskaplike mense het die natuurlike wêreld stil geraak. Ons hoor nie meer die lofdruising van die see, die handeklap van die rivier en die juiging van die berge nie. Geloofsoë kan egter die skepping sien juig, geloofsore kan die onhoorbare stem van die ganse skepping hoor. Dis inderdaad waar: die hele skepping juig saam oor die groot dade van God. Al juigend…

God heers God heers met regverdigheid Aan die begin van Psalm 98 word die lof aan God verbind aan die groot dade van God. Aan die einde word die motief vir die lof verbreed. Die Here kom om oor die hele wêreld te heers met regverdigheid, oor die volke met billikheid. Hier is sprake van 'n belofte wat in die toekoms waar sal word. Die Here is op pad om regverdig te heers. Hiervoor word God geloof. Die toekoms behoort aan Hom. God heers

'n Stygende lyn van lof 'n Stygende lyn van lof Let op hoe die digter se oproep tot lof ’n stygende lyn vertoon in die psalm. Eers word net van sing gepraat, dan is juig en jubel ter sprake. Daarna word snaarinstrumente bygebring en ook die kragtiger klanke van die blaasinstrumente. Dan as hoogtepunt word die skepping as magtige koor ingespan om die lof van die koning, Jahwe te besing. Ook die deelnemers wat die lof moet bring, vertoon ’n al groter wordende sirkel: Eers word net die Godsvolk opgeroep, dan alle lande en uiteindelik word die totale skepping tot lof opgeroep. Die psalm deurbreek die netjiese grense wat ons so maklik trek tussen gelowiges en ongelowiges en selfs tussen mens en skepping – juis omdat God se lof veel meer vra as net onsself en dit wat ons in ons nietigheid kan vermag. Die lof aan God is veel groter. Dis werklik kosmies van aard! Al die aktiwiteite in die groot skepping is nie stil en betekenisloos nie – alles is deel van die lof aan God. 'n Stygende lyn van lof

Kersfees Vir ons is Kersfees seker een van die grootste feeste wat ons as Christene vier. Christus, die Seun van God, die Messias, die Verlosser is gebore. God self kom by ons bly! God raak die wêreld aan. En dan die verhaal van die onbegryplik groot gebeure met die kruis en die dood en die opstanding van ons Verlosser. Ons sing en juig daaroor. Dit het alles in die verlede gebeur! Die hele wêreld weet daarvan! Kersfees is egter ook veel meer. Net soos die nagmaal is dit ook ’n vooruitgryp na die tweede koms van Christus, die wederkoms, die werklike volmaakte oorwinning. Met Kersfees juig ons ook oor die toekoms. In die feesviering moet ons egter onthou: Die wêreld bestaan nie ter wille van die kerk nie! Die kerk bestaan ter wille van die wêreld! Die kerk getuig van God se trou en sleur só die wêreld mee in lofprysing en eerbetoon. Ons mag nooit die wêreld uit die oog verloor in ons feesvieringe nie. Ons feesvieringe moet ’n uitnodiging aan die wêreld wees, ’n oproep om saam fees te vier. Die nasies en die skepping word opgeroep – ook hulle het hulle plek voor God. Hoor in dié psalm die uitnodiging aan die wêreld – al die mense en alles in die skepping – om te deel in die lof. As ons feesvier voor God verteenwoordig ons die wêreld. Ons lof moet so wees dat die wêreld daarin die uitnodiging hoor om saam te kom sing! Die nasies moet onthou word in ons lof en aanbidding. Want dit help niks nie as ons vervul is met liefde, maar ons ignoreer ons medemense en die natuur rondom ons. Die geheim van die groter fees lê by God. Hy alleen is God. Die nasies moet dit raaksien en erken. Dit is tydens die lof en aanbidding dat hulle die kennis en geloof sal opdoen. (Die paragrawe wat hier as ''n Stygende lyn van lof' en 'Kersfees' aangebied word, oorgeneem uit Preekstudies 2011-12 bl 32) Kersfees

Onthou Willie se Baai Onthou van Willie se Baai Die dag waarop die engeltjie die eerste keer in tweeduisend jaar gesing het, was só 'n regte Psalm 98 dag. Mag Kersfees vanjaar vir jou en jou mense ook so 'n regte Psalm 98-dag wees. Mag ons lof die nasies en die skepping meesleur in eerbetoon aan God! Onthou Willie se Baai

God stuur ons om te leef Gebed Dankoffer Jy kan die Son of Man uittreksel hier wys – laai dit af by xxx. Of laat die gemeente sing – die lied is bekend genoeg dat hulle behoor te kan sing en kollekte in die bordjie gooi!: Lied 344 O die goeie tyding, o die blye tyding of Vonkk 39 Lank, lank terug in Betlehem Slotsang Lied 348 (natuurlik) Stille Nag Seën Musikale respons: Lied 348:2 se refrein: “Juig, die Redder is daar! Juig, die Redder is daar!” of die Lied 358:3 se refrein: “Christus kom, Christus kom – gee aan God die eer. Skenk ons ‘n helder Somerkersfees in hierdie land, o Heer.” God stuur ons om te leef

Volgende erediens: Matteus 2:1-12