Inkomste en Uitgawes Onderwerp 7 Wat gaan ons leer? • persoonlike inkomste • persoonlike uitgawes • tipes persoonlike inkomste • persoonlike Staat van Netto Waarde • tipes inkomste wat besighede ontvang • tipes uitgawes wat besighede het • spaargeld en beleggings in besigheid
1. Persoonlike inkomste - ’n individu se totale jaarlikse verdienste uit alle bronne. a) Tipes persoonlike inkomste - kontantvloei uit werk (salarisse, lone) - kontantvloei uit kapitaal (rente) - kontantvloei uit grond (huurgeld)
2. Persoonlike uitgawes = al die kostes wat ’n mens in jou daaglikse lewe aangaan. akkommodasie nutsdienste voedsel reiskostes klerasie mediese uitgawes premies vir huis, motor en lewensversekering vermaak rente op skuld
3. Persoonlike Staat van Netto Waarde - Jou netto waarde is jou finansiële waarde op enige gegewe tydstip. - ’n Staat van Netto Waarde is ’n staat van jou finansiële waarde op ’n spesifieke tydstip. (Balansstaat) - netto waarde = totale bates – totale laste - Uitgawes verlaag netto waarde. - Inkomste verhoog netto waarde. - Surplus = wanneer die inkomste meer is as die uitgawes. - Tekort = wanneer die uitgawes meer is as die inkomste.
a) Hoe om ‘n persoonlike Staat van Netto Waarde op te stel. Stap 1: Kry jou rekords bymekaar Stap 2: Maak ‘n lys en tel die totale waarde van jou bates (bedryfsbates en nie-bedryfsbates) bymekaar. Stap 3: Maak ‘n lys en tel die totale waarde van jou laste (bedryfslaste en langtermynlaste) bymekaar. Stap 4: Trek jou laste af van jou bates om netto waarde te bereken. Stap 5: Bepaal of jou netto waarde ‘n surplus of ‘n tekort is.
4. Inkomste, uitgawes, spaargeld en beleggings in besighede a) Tipes inkomste wat besighede ontvang Besighede ontvang inkomste uit bronne soos die volgende: • die verkoop van goedere • die verkoop van dienste • rente • huurgeld • tantième • dividende Tantième = betalings aan ‘n besigheid vir die reg om intellektuele eiendom te gebruik.
i) Dividende - Die bedrae wat besighede aan hulle aandeelhouers betaal as deel van die winste wat daardie besigheid gemaak het. - aandeelhouers: individue of besighede wat aandele in ’n besigheid gekoop het. - aandele: gedeeltes van ’n besigheid wat aandeelhouers koop om vir die besigheid kapitaal te verskaf om te begin en om te funksioneer.
b) Tipes besigheidsuitgawes - Die uitgawes wat besighede aangaan om in bedryf te bly. kapitaaluitgawes salarisse en lone die huur of koop van ’n perseel toerusting grondstowwe kantoortoerusting belasting
c) Spaargeld en beleggings in besighede Spaargeld en beleggings in besighede help om meer inkomste vir besighede te genereer as gevolg van die rente wat hulle verdien. - Spaargeld wat hulle in noodgevalle kan gebruik. - ’n Besigheid se spaargeld moet: • soveel as moontlik rente verdien sodat jou geld vir jou kan werk. • toeganklik wees wanneer jy dit nodig het.
- Rekeningtipes verskil volgens: • die grootte van jou besigheid • hoeveel geld jy eenkant wil hou as spaargeld van die besigheid • hoe vinnig jy toegang tot jou spaargeld wil kry - ‘n Besigheidspaarrekening is ‘n nuttige manier om hulle persoonlike spaargeld apart te hou van hulle besigheid se spaargeld.
i) Beleggings - behels dat iets gekoop word en om een of ander soort finansiële opbrengs op daardie voorwerp of produk te kry wanneer jy dit verkoop. ’n finansiële produk ’n fisiese voorwerp - effektetrust: ’n soort belegging waarin ’n beleggings- maatskappy of bank baie mense of besighede se klein deposito’s neem en dit saamvoeg om dit as een groot bedrag in ’n trust te belê.
- Beleggings neem gewoonlik oor tyd toe in waarde - Beleggings neem gewoonlik oor tyd toe in waarde. - Die inkomste wat besighede uit beleggings en spaargeld verdien, kom van rente.