Psalm 96 PowerPoint agtergrond Agtergond 1

Slides:



Advertisements
Similar presentations
Meer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels Leierskap Strukture
Advertisements

Ons nooi alle gelowiges in Suid-Afrika om deel
Tema Oorweldigende lof en dank aan God pas by Kersfees Psalm 98.
DIE ONTKENNING (NEGATIEF) Me. J. van Zyl
Ons aanbid saam!. Ons aanbid saam! Die belangrikste boodskap in die Bybel: God is lief vir jou!
Ons waag in geloof Hebreërs 12:1-3.
MUNUS TRIPLEX Die oprig en herstel van die drievoudige amp
Joh. 13: “Ek gee julle 'n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê
Ps. 107: “Party het in die donker gesit, in diep duisternis, hulle was gevangenes, in ellende en in boeie, want hulle het hulle verset teen die bevele.
“What does this word holiness really mean
Jesaja 52:7-10 Oorsig Skrywer van die preekstudie skryf soos volg oor die tekste: "Hebreërs 1 en Johannes 1 fokus op God se Woord. God wat 'praat" deur.
II Tim. 2:22 “Vermy die begeertes wat 'n jongmens in gevaar bring, en streef na opregtheid, geloof, liefde en vrede, saam met almal wat uit 'n rein hart.
Romeine 12:2 “Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei.
Oorsig Die fokus van hierdie tyd is die viering van God se openbaring aan ons in die verskyning (geboorte) van sy Seun Jesus Christus op aarde. Dit word.
Absolute oortuiging God bestaan?
“Oh it is at a fearful expense that ministers are allowed to enter the pulpit without being preceded, accompanied, and followed by the earnest prayers.
Die nitty-gritty van volg
Gen. 39:9 “Daar is niemand wat in hierdie huis meer gesag het as ek nie. Meneer het niks van my teruggehou nie, behalwe vir u, want u is sy vrou. Hoe.
ONREGVERDIGE, ONEINDIGE
WELKOM! Matteus 13.
Jesaja 52:7-10 Oorsig Skrywer van die preekstudie skryf soos volg oor die tekste: "Hebreërs 1 en Johannes 1 fokus op God se Woord. God wat 'praat" deur.
CLICK TO ADVANCE SLIDES
CLICK TO ADVANCE SLIDES
Joh. 4:23 “Maar daar kom 'n tyd, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader deur die Gees en in waarheid sal aanbid, want die Vader wil juis.
Om te ONTVANG 1 Konings 3:2-15.
Krake 'n Baie hoë gebou was vir etlike jare in gebruik toe daar op 'n dag 'n gevaarlike kraak in die muur op die 42ste verdieping verskyn het. Die.
Phil 3:10 (NKJV) 10 that I may know Him and the power of His resurrection, and the fellowship of His sufferings, being conformed to His death,
Jou geskenk aan God die Kersfees!
Die KRUIS Gebedsreis.
GAL 2:20-21 Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in.
In 2009 was daar reeds 33, 3 miljoen mense wat met MIV lewe
Tema Oorweldigende lof en dank aan God pas by Kersfees Psalm 98.
II Kor. 5:21 “Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek.
Tommy's Window Slideshow
Job. 42:5 “Tot nou toe het ek net gehoor wat mense van U sê, maar nou het ek U self gesien”
Luk. 11: “Dié wat op die pad val, dui op mense wat die woord hoor, maar dan kom die duiwel en neem dit uit hulle harte weg sodat hulle nie tot geloof.
Matt. 7:21 “Nie elkeen wat vir My sê: ‘Here, Here,’ sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie...”
1 Kor 14:1 (Afrikaanse Ou Vertaling)
Welkom Jeremia 1:4-10.
Johannes 6:56-71 PowerPoint agtergrond
I Kor 6:20. “julle is gekoop, en die prys is betaal
> God is heilig:. > God is heilig: Lev. 11:44,45. “Ek is die Here julle God Lev. 11:44,45 “Ek is die Here julle God. Wy julle aan my diens en wees.
Titus 2:12 “Dit voed ons op om die goddelose leefwyse en wêreldse begeerlikhede te laat vaar en met selfbeheersing, opregtheid en godsvrug in die teenswoordige.
Geskape om vir ewig te lewe !
Hoe weerloos is jy....
KAN ONS GOD VERTROU WANNEER HY SÊ, “VOLG MY”? Deur Karen J. Pearson
Verbintenis tot God se heerskappy Verbintenis tot God se dienswerk Verbintenis tot God se boodskap Verbintenis tot God se middele Verbind aan God se.
MAAK OOP EN ONDEK JOU GESKENK
“True repentance shows itself in a thorough breaking off from sin
“Julle sal my getuies wees”
Die weg tot geregtigheid
I Tim. 5:17 “Die ouderlinge wat goeie leiding gee, behoort dubbele erkenning te kry, veral dié wat hard werk deur te preek en onderrig te gee”
Sessie 2: Oor die teenwoordigheid van die verhoogde Christus by ons
Hartlik welkom in die Erediens
Jak. 2:14 “Wat help dit, my broers, as iemand beweer dat hy glo, maar sy dade bevestig dit nie? Kan so 'n geloof 'n mens red?
Gen. 1:26-28 “God het die mens geskep as sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die mens geskep, man en vrou het Hy hulle geskep. Toe het God hulle.
CLICK TO ADVANCE SLIDES
Ef. 1:4 “So het Hy, nog voordat die wêreld geskep is, ons in Christus uitverkies om heilig en onberispelik voor Hom te wees.”
UNITY OF THE SPIRIT..
I Pet. 1: “Nee, soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in julle hele lewenswandel heilig wees. Daar staan immers geskrywe: “Wees.
Tommy's Window Slideshow
A candle light is a protest at mignight, It is a non-conformist A candle light is a protest at mignight, It is a non-conformist. It says to.
Johannes 12 Daar was ook 'n aantal Grieke onder die mense wat fees toe gekom het om te aanbid. Hulle het na Filippus, wat van Betsaida in Galilea afkomstig.
LOFOFFER 2014 Romeine 12.
Barmhartigheid Hoekom? Wat? Waar?.
Rom. 7: “Ek, ellendige mens
Genesis 1 - Eerste dag Toe het God gesê: “Laat daar lig wees!” En daar was lig. God het gesien die lig is goed, en Hy het die lig en donker van.
WAARHEID MATT 28: Jesus kom toe nader en sê vir hulle: “Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde. Gaan dan na al die nasies toe en maak.
WEERSPIEËL SY LIG WEERSPIEËL SY LIG [SKYN SAAM] [SKYN SAAM]
Johannes 9 Hy het gegaan en hom gewas, en toe hy terugkom, kon hy sien.
Presentation transcript:

Psalm 96 PowerPoint agtergrond Agtergond 1 Om by die tema “Laat hemel en aarde juig” aan te sluit is gekies vir foto van mense in lofprysing en aanbidding- hierdie spesifieke geleentheid was ‘n Hillsong konsert. Die titel is Hillsong Concert at Northridge Church, Plymouth Michigan, geneem op 27 Julie 2010 en beskikbaar by http://www.flickr.com/photos/chromedecay/4836350199/ (Eeindom van Bill Van Loo en geneem met ‘n Canon EOS REBEL T1i. Kopiereg (Creative Commons) laat toe: You are free to Share — to copy, distribute and transmit the work and to Remix — to adapt the work provided you attribute the work in the manner specified by the author or licensor (but not in any way that suggests that they endorse you or your use of the work). Noncommercial — You may not use this work for commercial purposes. Agtergrond 2   As alternatief kan ‘n abstrakte voorstelling van die Jesus geboorte gebruik word: Nativity, eiendom van Stephen Downes. “December 29, 2008. This nativity scene can be viewed at Notre Dame de Grace. We saw it again on our walk today.” Die foto is beskikbaar by http://www.flickr.com/photos/stephen_downes/3148803185/ Beide foto’s is ietwat aangepas met Picasa 3. Psalm 96

Agtergrond 2   As alternatief kan ‘n abstrakte voorstelling van die Jesus geboorte gebruik word: Nativity, eiendom van Stephen Downes. December 29, 2008. This nativity scene can be viewed at Notre Dame de Grace. We saw it again on our walk today.” Die foto is beskikbaar by http://www.flickr.com/photos/stephen_downes/3148803185/ Kopiereg (Creative Commons) laat toe: You are free to Share — to copy, distribute and transmit the work and to Remix — to adapt the work provided you attribute the work in the manner specified by the author or licensor (but not in any way that suggests that they endorse you or your use of the work). Noncommercial — You may not use this work for commercial purposes. Psalm 96

God nooi ons uit en ons kom tot rus Votum Liturg: Verwelkom almal en wens hulle ‘n geseënde Kersfees toe. Dan: Ons steek die Christuskers aan om ons te herinner dat die Lig vir die wêreld op daardie eerste Kersnag gebore is. Gemeente: Die volk wat in donkerte geleef het, het ‘n groot lig gesien; oor dié wat in die donker land was, het ‘n lig geskyn. Liturg: Vir ons is ‘n Seun gegee. Hy sal heers, en hy sal genoem word: Gemeente: Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors. Liturg: Sy heerskappy sal uitbrei, en hy sal vir altyd vrede en voorspoed bring. Hy sal op die troon van Dawid sit en oor sy koninkryk regeer. Hy sal dié koninkryk vestig en ins stand hou deur reg en geregtigheid, van nou af en vir altyd. Gemeente: Amen (n.a.v. Jesaja 9:5-6) Adventkers Die Christuskers word aangesteek terwyl die gemeente sing: Lied 345 Kom alle getroues of Flam 103 Kersfees is ‘n Vreugdefees (http://www.flam.co.za/Soek.asp?return=True&qs=F103) Seëngroet Genade en vrede vir julle van God, wat gekom het, weer kom en elke dag in ons lewens kom. Lofsang Lied 351 Kom, verwonder julle, mense of Vonkk 147 Ons bring aan U die lof en eer (http://www.vonkk.co.za/Soek.asp?return=True&qs=0147) of Flam 144 God is liefde (http://www.flam.co.za/Soek.asp?return=True&qs=F144) Skriflesing Titus 2:11-14 Lied 344 O die goeie tyding, o die blye tyding of Vonkk 91 Die kleine dorpie Bethlehem (http://www.vonkk.co.za/Soek.asp?return=True&qs=0091) of Flam 319 Want ‘n kind is vir ons gegee (http://www.flam.co.za/Soek.asp?return=True&qs=F319) Lukas 2:1-4 Lied 357 ‘n Kindjie is gebore Vonkk 39 Lank lank terug in Bethlehem (http://www.vonkk.co.za/Soek.asp?return=True&qs=0039) of Flam 323 Goeie Nuus (http://www.flam.co.za/Soek.asp?return=True&qs=F323) Lukas 2:8-14 Lied 364 Herders op die ope velde of Vonkk 97 Christus lank reeds verwag (http://www.vonkk.co.za/Soek.asp?return=True&qs=0097) of Flam 367 Hoor Jy Die Eng’le (Sing Halleluja) (http://www.flam.co.za/Soek.asp?return=True&qs=F367) God nooi ons uit en ons kom tot rus

God praat met ons en ons luister Gebed Liefdevolle God en Hemelvader, Immanuel, Ons dank U dat U God met ons is en dat U u Seun gestuur het om onder ons te woon en ons na die ware lewe te lei. Gee dat die hoop, die vrede, die vreugde en die liefde waarvan ons in die tyd van Advent gehoor het, ’n volle werklikheid in ons sal wees – ook nou waar ons U aanbid en dien. Deur Jesus Christus ons Here – nou en vir ewig. Amen (Uit Handleiding vir die Erediens, BybelMedia) Skriflesing Psalm 96 God praat met ons en ons luister

Familie-oomblik Familie-oomblik Vertel die storie van “J is for Jesus: The sweetest story ever told” deur Crystal Bowman. Jy kan die boek vir R69 beste by Kalahari.com: http://www.kalahari.com/books/J-Is-for-Jesus/632/28282113.aspx Dit is in rym geskryf, hier is ‘n los Afrikaanse oorvertelling daarvan:   Een dag, was die wêreld toe onder die sneeu. Al die mense het in die middel van die dorpie bymekaar gekom, want daar was iets nuuts by die lekkergoedwinkel - iets wat niemand nog ooit vantevore gesien het nie. Die lekkergoedmaker was opgewonde om sy nuwe Kersfeeslekker vir almal te wys. Hy het ‘n rooi en wit pepermentstokkie op gehou dat almal kan sien – al die kinders wou daaraan lek! “Ek het hierdie lekker gemaak”, het hy verduidelik. Ek het dit gemaak sodat dit soos ‘n letter “J” lyk. J staan vir Jesus, God se Seun wat aarde toe gekom het, en Kersfees is wanneer ons sy geboorte onthou. Maar wanneer jy die lekker omdraai, om die letter onderstebo te hou, dan lyk dit soos ‘n skaapwagter se staf. Skaapwagters was die eerste wat die Goeie Nuus gehoor het. Terwyl die skaapwagters hul skape in die nag opgepas het, was die lug ewe skielik verlig met ‘n helder hemelse lig. Engele het verskyn en begin sing: “Ere aan God in die hoogste hemel…” En daar in die dorpie waar Jesus gebore is, het die skaapwagters hom gevind, lekker warm toegewikkel in doeke in ‘n stal. Die skaapwagters se harte was vol verwondering en vreugde en hulle het gekniel langs die baba seuntjie. Ek het strepies op die lekker gesit, het die lekkergoedmaker gesê , om te onthou dat Jesus ons sonde weggewas het. Hy het aan die kruis gesterf, sy bloed het gevloei. Daarom is daar rooi strepies. Die wit van die lekker is daar om ons te herinner dat ons vergewe is, ons is so wit soos sneeu. Jesus is gebore om ons van ons sonde te verlos, om ons heilig en skoon te maak aan die binnekant. Ek wou hierdie storie met julle deel, het die lekkergoedmaker gesê, sodat Jesus ook julle verlosser kan wees. Vertel asb. hierdie storie vir almal en sê vir God dankie vir die geskenk van sy Seun! (As jy die boek bestel het, maar dit nie betyds gaan kry nie, kan jy vroegtydig ‘n vriendelike e-pos stuur aan rethievanniekerk@gmail.com) Gee vir al die kinders “Candy Canes”. Candy Cane beskikbaar by http://www.google.co.za/imgres?q=candy+cane&hl=en&client=opera&hs=PJe&sa=X&tbo=d&channel=suggest&tbm=isch&tbnid=B8N6oRB0ZMgI3M:&imgrefurl=http://uncyclopedia.wikia.com/wiki/File:Candy_canes_peppermint_single.jpg&docid=mNa2kxSFZPBfMM&imgurl=http://images2.wikia.nocookie.net/__cb20071219214018/uncyclopedia/images/c/ca/Candy_canes_peppermint_single.jpg&w=500&h=400&ei=o5S0UKyyEcWHhQfS1YA4&zoom=1&iact=hc&vpx=137&vpy=184&dur=1166&hovh=201&hovw=251&tx=152&ty=104&sig=112831511374173439842&page=1&tbnh=143&tbnw=179&start=0&ndsp=26&ved=1t:429,r:1,s:0,i:93&biw=1280&bih=659 Familie-oomblik

Psalm 96 Fokusteks: Psalm 96 Die Here kom om oor die aarde te heers 96 Sing ’n nuwe lied tot eer van die Here, sing tot eer van die Here, almal op aarde! 2Sing tot eer van die Here, prys sy Naam, verkondig elke dag sy reddingsdade! 3Vertel die nasies van sy mag, al die volke van sy magtige dade. 4Die Here is groot, al die lof kom Hom toe, ontsagwekkend is Hy bo alle gode. 5Al die gode van die volke is niks: dit is die Here wat die hemele gemaak het. 6Majesteit en luister straal van Hom uit, krag en glans vul sy heiligdom. 7Prys die Here, alle volke, prys die Here om sy eer en mag! 8Prys die Here om die eer van sy Naam! Kom na sy voorhowe toe, bring vir Hom offers! 9Buig voor die Here by sy heilige verskyning; betoon eerbied aan Hom, almal op aarde. 10Verkondig onder die nasies: “Die Here regeer; die wêreld staan vas, dit wankel nie; die Here sal die volke regverdig oordeel.” 11Die hemele moet bly wees en die aarde moet juig, die see en alles daarin moet druis, 12die veld en alles daarop moet jubel, al die bome in die bos moet hulle verheug 13voor die Here, want Hy kom, Hy kom om oor die aarde te heers. Hy sal oor die wêreld heers met regverdigheid, oor die volke met billikheid. Psalm 96

“Joy to the world...” Preekriglyn Kersdag is in die volste sin van die woord 'n dag van vreugde. God raak die wêreld aan. God bring hoop en genesing. God breek 'n toekoms vir God se wêreld oop. Isaac Watts se Kerksgesang uit 1719 (gebaseer op Psalm 98) beskryf ons vreugde: Joy to the World, the Lord is come! Let earth receive her King; Let every heart prepare Him room, and Heaven and nature sing and Heaven, and Heaven, and nature sing. Joy to the World, the Saviour reigns! Let men their songs employ; While fields and floods, rocks, hills and plains, repeat the sounding joy, repeat, the sounding joy. He rules the world with truth and grace, and makes the nations prove, the glories of His righteousness, and wonders of His love, and wonders, wonders, of His love.” “Joy to the world...”

Die volume word oopgedraai Kersdag is inderdaad ’n dag van vreugde. “Heaven and nature sing.” Psalm 96 vuur hierdie vreugde aan. Psalm 96 roep alle mense op aarde, alle volke, sy hele skepping – hemel, aarde, veld en see – op om te sing, te verkondig, te vertel, te aanbid! “Sing, sing, sing,” hoor ons in die eerste twee verse. “Prys, prys, prys, prys,” hoor ons in vers 1, 7 en 8. Die hele toon van die psalm is vreugde, blydskap en eer aan God. Dis asof die volume stadig maar seker oopgedraai word. Eers is dit die mense wat moet sing. Dan word die skepping deel van die koor. Alles moet sing! Die hele skepping is die teater van God se glorie (Calvyn). Overduin het opgemerk dat ’n erediens en die prediking soms ’n hopelose ervaring kan wees, maar as ons ’n psalm gesing het, was dit die moeite werd. Die volume word oopgedraai

Die rede vir die lofsang? Waarom sal ons lofsang? Hoekom moet ons vandag hierdie psalm sing? Wat is die redes vir hierdie lofsang? Die antwoord word in die hart van hierdie psalm aangetref: “Die Here regeer; die wêreld staan vas, dit wankel nie; die Here sal die volke regverdig oordeel . . . want Hy kom, Hy kom om oor die aarde te heers. Hy sal oor die wêreld heers met regverdigheid, oor die volke met billikheid” (10, 13). Hierdie verse benadruk twee groot gedagtes: Een: 'n Nuwe lied Wanneer ’n koning in die Ou Nabye-Ooste gekroon is, is daar dikwels ’n nuwe lied geskep (1). Miskien was hierdie psalm só ’n lied. Dit was ’n groot affêre. Ons kan doodgewoon dink aan 60 jaar gelede toe koningin Elisabeth gekroon is. Spesiale musiek is gekomponeer. Hierdie jaar was daar groot feesvierings om dit te herdenk. Alles is in herinnering geroep . Dis asof sy weer as koningin gekroon is. Ons weet nie wat die agtergrond van die psalm is nie, maar dis duidelik dat iets gebeur het wat die koningskap van die Here bevestig het. Hy word bely as die Een wat alles geskep het. Hy word bely as Een wat bo al die gode is. Die gode is niks. Hy alleen is die Skepper, maar ook die Verlosser, want dit word keer op keer gesê dat Hy reddingsdade en magtige dade verrig het (3). Anders as ander konings met ’n groot gevolg, word Hy omring met al die luister en heerlikheid. Hy is ontsagwekkend bo alle gode. Twee: Onreg reggestel Die verwagting van Israel was altyd dat die Here sou ingryp en die reg sou herstel. Op die dag van oordeel sal Hy die goddelose oordeel en die regverdige herstel. Die geskiedenis van Israel is vol onreg. Konings het hulle mag misbruik en die weerlose mense nie goed behandel nie. Die ware koning (sien Ps 72) was iemand wat reg en geregtigheid sou herstel en sou toesien dat die reg van weerlose mense gehandhaaf word. In een van die groot profesieë wat dikwels met Kersfees in verband gebring word, sê Israel: “Sy heerskappy sal uitbrei, en Hy sal vir altyd vrede en voorspoed bring. Hy sal op die troon van Dawid sit en oor sy koninkryk regeer. Hy sal dié koninkryk vestig en in stand hou deur reg en geregtigheid, van nou af en vir altyd. Daarvoor sal die onverdeelde trou van die Here die Almagtige sorg” (Jes 9:6). Die psalmdigter sê dat hierdie God nou koning is! Die rede vir die lofsang?

“Waar” gemaak in Jesus Waar gemaak in Jesus Kersfees sing ook oor hierdie groot gebeurtenisse, omdat dit in Jesus waar geword het. Twee punte is belangrik: Een: God het nie vergeet nie Die Skepperkoning het nie sy skepping vergeet nie. Die Nuwe Testament verwys telkens na Jesus as die een deur wie God alles geskep het (Joh 1:3; Kol 1:15, 16; Heb 1:2). In Jesus het God se kragtige dade en heerlikheid sigbaar geword. Johannes sê: “Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid” (Joh 1:14). God het die wêreld nie prysgegee nie. Dit staan vas en sal nie wankel nie, want in Jesus sien ons God se trou. Twee: Skepper en Verlosser is een Die Skepper en Verlosser is een. Kersfees vier die koms van God na die wêreld egter onder die teendeel. Die heerlikheid en majesteit van God kom in die vorm van ’n mens. Dis teen alle verwagting in. Jesus se koms word nie met trompetgeskal in ’n troonsaal aangekondig nie, maar aan herders deur ’n koor uit die hemel, op die oop velde van sy skepping, onder die sterrehemel (Luk 2:14). Wyse manne ontdek dit wanneer die skepping deur middel van ’n ster vir hulle die pad na die koning in die krip wys (Matt 2). “Heaven and nature sing . . .” In Jesus breek die heerskappy van God dus op ’n vreemde manier deur. Die Een deur Wie God alles gemaak het, word ’n mens. In Jesus sien ons sprankies van God se heerlikheid wanneer Hy die waardes van die hemel hier op aarde kom vestig. Sy omgang met mense getuig van regverdigheid en billikheid. Hy vestig God se koningsheerskappy deur sy gesag oor die natuur, siekte, lyding, sonde en dood. Tog is dit nie universeel sigbaar nie. Jesus is God se koningskap wat ons nou vier, maar eers later werklik in volle gestalte sal sien. “Waar” gemaak in Jesus

Sigbare heerskappy? Hoe sigbaar is God se heerskappy? Een van die grootste probleme wat ons op Kersfees met die sing van hierdie psalm het, is dat sy koningsheerskappy nie so sigbaar is nie. Daar is ander gode wat mense se gedagtes en lewe in beslag neem. Daar is ander magte wat aanspraak daarop maak dat hulle in beheer is. Daar is pyn, lyding, siekte, sonde en dood. Die stukkende skepping, stukkende verhoudings, siekte, lyding, kan hier benadruk word (sien onder “Konteks”). Baie mense vier hierdie Kersfees die eerste keer sonder ’n geliefde. Baie mense het nie die moed om bly te wees en God te prys nie. Ons vier die koms van koning Jesus met hartseer, omdat ons die gebrokenheid van die skepping sien. Ons verlossing is alreeds waar, maar ons deel nog nie ten volle in die vrug daarvan nie. Sigbare heerskappy?

Hoop is gepas Hoop is gepas Israel het hierdie psalm met hoop gesing. Ja, hulle het die dade van God in die verlede in herinnering geroep, maar die vyande het nie verdwyn nie. Die onreg was onder hulle neuse. Die volke rondom hulle het steeds ander gode aanbid. Hoe kan ons hoop hê in so ’n gebroke wêreld? Op hierdie vraag verskaf die psalm twee antwoorde: Een: Al was ek nie daar nie Daar is ’n ou “Negro Spiritual” met die titel “Were you there”? Dit vra of ons daar was toe Jesus gekruisig, gesterf en begrawe is. Dieselfde vraag kan ten opsigte van Jesus se geboorte gevra word. Was ons daar toe die Koning mens geword het? Ons pragtige lied antwoord: "Al was ek nie daar nie, ek weet dit is waar...." Ek was nie daar nie. Nee, maar tog ook, ja. Wanneer die geloofsgemeenskap op Kersdag saamkom en juig en sing, word ons deel van die gebeurtenis! Dis hier waar ons hoop lewend gehou word. Dis hier waar ons vir mekaar sê dat Jesus Koning is. Dis hier waar ons mekaar herinner dat God nie sy skepping vergeet het nie, maar kom red het. Sy magtige dade word in herinnering geroep. Dis hier waar ons ons verwonder in die heerlikheid van God wat vol genade en waarheid onder ons kom woon het. Dis hier waar ons mekaar herinner dat alles reg is, al lyk alles verkeerd. Ons vier Kersfees asof dit die eerste keer is. Hy het in ’n wêreld waar baie ander gode aanbid, sy heerskappy van reg en billikheid kom vestig. Die een wat die hemel bewoon het, het gekom. Hy het hier, tussen ons, kom woon. Dis ook hier waar ons vir mekaar sê dat alles wat ons in Jesus se geboorte vier, finaal vervul sal word wanneer die koning weer sal kom. Ons leef dus in hoop wanneer ons saamkom. Wanneer die Koning weer kom, sal ons saam met die stemme in die hemel uitroep: “Die koningskap oor die wêreld behoort aan ons Here en sy Gesalfde, en Hy sal as koning heers tot in alle ewigheid. Nou het ons God die redding gebring, nou is sy mag en koningskap hier, en die gesag van sy Gesalfde” (Op 11:15; 12:10). Saam met alle gelowiges sal ons ’n “nuwe lied” voor God se troon sing (Op 5:9; 14:3). Ons hoop word dus in stand gehou wanneer ons die lofsange saam met ander gelowiges sing en wanneer ons mekaar aanmoedig om te “leef in die verwagting van ’n nuwe hemel en 'n nuwe aarde wat God belowe het en waar die wil van God sal heers” (2 Pet 3:13). Twee: Verkondig elke dag Een van die belangrikste aksente in Psalm 96 word in vier eenvoudige woorde van hierdie psalm aangetref. Hierdie drie woorde is “verkondig elke dag” (2). Sien ook “verkondig onder die nasies” (10) en “vertel.” Die mense van die aarde moet hoor van sy koningskap. Kersfees belig die missionêre God, sê Lamparter: “Is dit nie die heilige plig van die volk van God om hierdie wonderlike God aan die oningewydes bekend te maak nie?” MacDonald vra tereg: “As ons regtig die grootheid en goedheid van die Here waardeer, sal ons nie wil hê dat ander ook sy Naam moet grootmaak nie?” Die kerk, sê Petrus, is geroep om die verlossingsdade te verkondig van Hom wat ons uit die duisternis na die lig oorgebring het (1 Pet 2:9). Ons moet dit nie net op Kersfees, Paasfees en Pinksterfees doen nie. Dit moet elke dag gebeur! Ons moet dit verkondig en oorvertel. In dieselfde asem moet ons ook sê dat die aanbiddingsgemeenskap dit met integriteit moet doen. Wanneer ons saamkom op Kersdag en verkondig dat ons Heer koning is, moet ons ook die beeld van hierdie Koning uitstraal. As ons Koning met regverdigheid en billikheid opgetree het, word die liggaam van Christus hierdie soort gemeenskap. Elkeen wat dus na die kerk luister en kyk, moet hoop kry. Hoop is gepas

Opnuut hoopvol Opnuut hoopvol Dirkie Smit skryf: “Elke Kersfees weer lê dié bondel hoop opnuut in die krip, dié stuk God-met-ons, dié stuk belofte, dié stuk nuutheid en lewe en toekoms en moontlikheid. Elke Kersfees weer is dié Kind mooi vir alle oë-wat-kan-hoop, wat-die-Onsienlike-kan-sien. Daarom troos dié blye tyding elke Kersfees weer op siekbeddens, in eensame kamers, in arm buurte, in bange harte. En elke Kersfees weer word ons genooi om daarvolgens te handel – téén alle sigbare ellende in, téén gruwelike misdaad en sinlose geweld, téén swaarkry, siekte en die dood.” Opnuut hoopvol

God stuur ons om te leef God stuur ons om te leef Gebed Ons loof u Naam, o Here, ons wil vrolik juig; met harp en lier getuig, met snare sing u ere.   U goedheid laat ons lewe. ons oggendlied wil sing, ons aandlied hulde bring. U trouheid loof ons, Here. Ons juig oor U, o Here – hoe groot is al u werk, u dade onbeperk, u denke so oneindig. (n.a.v. Vonkk 20) Amen Lofsang Lied 201 Lofsing die Heer, buig voor hom neer (Afrikaans van Watts se lied waarna in die preek verwys word.) Seën Liturg (L): Mag die God van die engele wat Christus se geboorte aangekondig het, vreugde in julle harte bring op hierdie dag en vir altyd. Gemeente (G): Amen. L: Mag die God van liefde wat sy enigste Seun vir ons gegee het, julle lewe met liefde en vrede vul. G: Amen. L: Mag Immanuel, God met ons, met julle wees in alles wat julle doen, totdat Hy julle in sy ewige koninkryk laat ingaan. V: Die almagtige God, Vader, Seun en Heilige Gees, seën julle, nou en vir ewig. (Uit Handleiding vir die Erediens, BybelMedia) Respons Lied 348 Stille nag, heilige nag! God stuur ons om te leef

Volgende erediens: Psalm 148   Familie-oomblik en Liturgie: Rethie van Niekerk Powerpoint: Wicus Wait Preek: Annes Nel (geredigeer deur Danie Mouton) Prosesbestuur: Chris van Wyk