Sagaria 2:1-13.

Slides:



Advertisements
Similar presentations
Efesiërs 5:8-14 8Vroeër was julle die ene duisternis, maar nou in die Here is julle lig. Leef dan as mense van die lig. 9Uit die lig kom alles voort wat.
Advertisements

Hebreërs 11:1-3. Ingenooi deur God Ons raak bewus van ons diepste behoeftes, vrae en vrese en gee ons oor aan God.
Ons nooi alle gelowiges in Suid-Afrika om deel
DIE ONTKENNING (NEGATIEF) Me. J. van Zyl
2 Samuel 7:1- 11 en 16 Dawid wil vir die Here ’n huis bou
Openbaring 21:1-7.
Sagaria 14:8-21 Die klok wat hier gebruik word, het twee betekenisse. Die een betekenis verwys na die klokkies van die perde (vers 20) en die tweede betekenis.
Ons aanbid saam!. Ons aanbid saam! Die belangrikste boodskap in die Bybel: God is lief vir jou!
Deuteronomium 4: ”Gaan stel ondersoek in na die verre verlede, na die dae lank voor julle tyd, van die tyd af toe God die mens op die aarde geskep.
Rondom My Dawie de Jager.
Johannes 14:8-17 en Agtergrond: “Jesus promised His followers that "The Strengthener" would be with them forever. This promise is no lullaby for.
Psalm 29 Die stem van die Here is magtig 29 ’n Psalm van Dawid.
Psalm 27 1 Die Here is my lig en my redder, vir wie sou ek bang wees? Die Here is my toevlug, vir wie sou ek vrees? 2 As misdadigers op my afstorm om my.
Psalm 85 2U was goed vir u land, Here,
Efesiërs 3: Daarom bid ek vir julle wat nie Jode is nie, ek, Paulus, ’n gevangene deur my diens aan Christus Jesus. 2 Julle het tog seker gehoor.
MUNUS TRIPLEX Die oprig en herstel van die drievoudige amp
Jesus - Die Bevelvoerder van die Weermag
Ps. 107: “Party het in die donker gesit, in diep duisternis, hulle was gevangenes, in ellende en in boeie, want hulle het hulle verset teen die bevele.
“What does this word holiness really mean
Psalm 36.
II Tim. 2:22 “Vermy die begeertes wat 'n jongmens in gevaar bring, en streef na opregtheid, geloof, liefde en vrede, saam met almal wat uit 'n rein hart.
Romeine 12:2 “Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei.
Absolute oortuiging God bestaan?
ROETE 13 TIMOTEUS Vat voor!.
Gen. 39:9 “Daar is niemand wat in hierdie huis meer gesag het as ek nie. Meneer het niks van my teruggehou nie, behalwe vir u, want u is sy vrou. Hoe.
ONREGVERDIGE, ONEINDIGE
WELKOM! Matteus 13.
CLICK TO ADVANCE SLIDES
Joh. 4:23 “Maar daar kom 'n tyd, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader deur die Gees en in waarheid sal aanbid, want die Vader wil juis.
Om te ONTVANG 1 Konings 3:2-15.
Krake 'n Baie hoë gebou was vir etlike jare in gebruik toe daar op 'n dag 'n gevaarlike kraak in die muur op die 42ste verdieping verskyn het. Die.
Jou geskenk aan God die Kersfees!
Die KRUIS Gebedsreis.
GAL 2:20-21 Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in.
II Kor. 5:21 “Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek.
Tommy's Window Slideshow
Job. 42:5 “Tot nou toe het ek net gehoor wat mense van U sê, maar nou het ek U self gesien”
Luk. 11: “Dié wat op die pad val, dui op mense wat die woord hoor, maar dan kom die duiwel en neem dit uit hulle harte weg sodat hulle nie tot geloof.
Sam CH Cupido Sommer net vir jou.
Matt. 7:21 “Nie elkeen wat vir My sê: ‘Here, Here,’ sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie...”
Welkom Jeremia 1:4-10.
I Kor 6:20. “julle is gekoop, en die prys is betaal
> God is heilig:. > God is heilig: Lev. 11:44,45. “Ek is die Here julle God Lev. 11:44,45 “Ek is die Here julle God. Wy julle aan my diens en wees.
Titus 2:12 “Dit voed ons op om die goddelose leefwyse en wêreldse begeerlikhede te laat vaar en met selfbeheersing, opregtheid en godsvrug in die teenswoordige.
Geskape om vir ewig te lewe !
Hoe weerloos is jy....
KAN ONS GOD VERTROU WANNEER HY SÊ, “VOLG MY”? Deur Karen J. Pearson
Verbintenis tot God se heerskappy Verbintenis tot God se dienswerk Verbintenis tot God se boodskap Verbintenis tot God se middele Verbind aan God se.
Verstaan  emosies  wil
Hartlik welkom in die Erediens!
This is amazing, he died of pancreatic cancer in 2008, but wrote a book ‘The last lecture” before then, one of the bestsellers in 2007.  What a legacy.
MAAK OOP EN ONDEK JOU GESKENK
“True repentance shows itself in a thorough breaking off from sin
“Julle sal my getuies wees”
Sessie 2: Oor die teenwoordigheid van die verhoogde Christus by ons
Learning, Life and entrepreneurial skills
Jak. 2:14 “Wat help dit, my broers, as iemand beweer dat hy glo, maar sy dade bevestig dit nie? Kan so 'n geloof 'n mens red?
Gen. 1:26-28 “God het die mens geskep as sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die mens geskep, man en vrou het Hy hulle geskep. Toe het God hulle.
CLICK TO ADVANCE SLIDES
UNITY OF THE SPIRIT..
I Pet. 1: “Nee, soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in julle hele lewenswandel heilig wees. Daar staan immers geskrywe: “Wees.
Tommy's Window Slideshow
Johannes 12 Daar was ook 'n aantal Grieke onder die mense wat fees toe gekom het om te aanbid. Hulle het na Filippus, wat van Betsaida in Galilea afkomstig.
LOFOFFER 2014 Romeine 12.
Rom. 7: “Ek, ellendige mens
Genesis 1 - Eerste dag Toe het God gesê: “Laat daar lig wees!” En daar was lig. God het gesien die lig is goed, en Hy het die lig en donker van.
WAARHEID MATT 28: Jesus kom toe nader en sê vir hulle: “Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde. Gaan dan na al die nasies toe en maak.
WEERSPIEËL SY LIG WEERSPIEËL SY LIG [SKYN SAAM] [SKYN SAAM]
Johannes 9 Hy het gegaan en hom gewas, en toe hy terugkom, kon hy sien.
CLICK TO ADVANCE SLIDES
Presentation transcript:

Sagaria 2:1-13

Ingenooi deur God Ons raak bewus van ons diepste behoeftes, vrae en vrese en gee ons oor aan God

Jerusalem gaan ’n stad sonder mure word, so baie mense en diere gaan daar in hom wees. Die Here sê: Ek sal ’n muur van vuur rondom die stad wees, my magtige teenwoordigheid sal binne-in hom wees.”

Juig, Sion, wees bly! Ek kom, Ek gaan binne-in jou woon, sê die Here. Daardie dag sal baie nasies hulle aan die Here verbind: hulle sal my volk wees, en Ek sal in jou woon, Sion.

Ons betree God se wêreld en gaan in God se vrede in Ingaan in God se tyd Ons betree God se wêreld en gaan in God se vrede in

Jy kan inkom, maar kan jy uitkom? Almal kan inkom, maar Sy liefde en genade hou ons in die stad van God, Jerusalem – binne Sy teenwoordigheid  Familie-oomblik Kry 10 kinders (verkieslik seuns) en gee hulle die opdrag om in ’n sirkel te staan en bymekaar in te haak. Neem ‘n 11de kind buitentoe (dalk beter as dit ‘n meisie is), sodat sy nie kan hoor wat binne gebeur nie. Sê vir die 10 hulle moet die ander kind maklik by die kring laat inkom, maar op geen manier daar laat uitkom nie. Laat die 11de kind inkom en gee aan hom/haar die opdrag om in die sirkel te gaan staan en as sy/hy binne is, weer uit te kom. Sê dan: So werk die muur van God rondom Jerusalem. Almal kan inkom, maar Sy liefde en genade hou ons in die stad van God, Jerusalem – binne Sy teenwoordigheid.

Ons luister dieper na die Woord en ontmoet God Luister na God se Woord Ons luister dieper na die Woord en ontmoet God

Die Derde Gesig: Die Man met die Maatlyn Die gesig sluit aan by die eerste wat daarvan melding gemaak het dat Jerusalem herbou gaan word. In die gesig begin die ballinge uit Babel (die noordland) terug te keer na Jerusalem (vers 6). Die vraag ontstaan egter of Jerusalem gereed sal wees vir die instroming. Daarom wil die landmeter (dalk 'n ISTJ ) in die naggesig dit met 'n maatlyn meet. Hy word egter verhoed om dit te doen omdat God self sal waarborg dat die stad die ballinge sal kan hanteer (vers 4). God se genade het nie grense nie. Dit vra ook nie om munisipale goedkeuring of menslike bouplanne nie.   Verder sal Jerusalem ’n stad sonder mure wees omdat die veiligheid daarvan in die hande van God sal wees en nie mensgemaakte fortifikasies nie. Buite om die stad sal Hy ’n muur van vuur wees (vers 5). Soos dikwels in die OT is vuur hier ’n simbool van die Here se teenwoordigheid (Eks 3, 19, Hand 2). In die stad sal God self kom woon. God gaan by ons intrek. As ek dink hoe ons skarrel as ons familie ontvang wat by ons kuier, kan ek nogal dink aan wat ons alles sal weggooi as God by ons kom intrek (vers 10).

Luister na mekaar God maak ons ’n luisterende gemeenskap en praat ook deur ander mense met ons

Berlyn se muur is ’n perfekte illustrasie wat ’n muur aan mense kan doen. Berlyn is ná die Tweede Wêreldoorlog in twee dele verdeel – Oos- en Wes-Berlyn. Op 13 Augustus 1961 is die Berlynse muur tussen dié twee dele opgerig. Families is letterlik oornag van mekaar geskei en kon vir jare nooit weer by mekaar uitkom nie. Vir meer as 28 jaar het baie mense daar gesterf óf is hulle gearresteer omdat hulle van die een deel na die ander wou gaan. Uiteindelik is hierdie muur op 9 November 1989 afgebreek en Berlyn was weer een stad. Op 3 Oktober 1990 het Wes- en Oos-Duitsland dan ook weer een geword en Berlyn, sonder die muur, is weer die hoofstad van die verenigde Duitsland.

Die storie word vertel van soldate wat hul vriend wou begrawe in ’n begraafplaas. Maar omdat hy nie lidmaat van die kerk was nie, moes hy buite die wit hout heining van die begraafplaas begrawe word. Hulle het ook so gemaak. Maar die volgende dag kon die priester nie sy oë glo nie. Oornag het hierdie vriende van die oorlede soldaat die heining verskuif, sodat hulle vriend ook nou binne in die begraafplaas begrawe gelê het!

Mure is nog altyd deel van ons lewe Mure is nog altyd deel van ons lewe. Dit is hoekom die jong man in Sagaria 2 besig is om opmetings vir ’n muur te maak. Van die eerste goed wat ons leer, is om mure te bou – kyk maar hoe lief is kinders om, wanneer hulle sandkastele bou, die kasteel met ’n muur te omring!

“Good fences make good neighbours”.” Jy leer ook om met mure te “deal”. Agter sekere mure is daar vrugte bome… Somtyds is die mure sigbaar , maar soms is dit onsigbaar - mure skep grense! Sover mag jy nie gaan - dit beskerm ons. Die Engelse gesegde lui: “Good fences make good neighbours” Mure skep ongelukkig ook skeiding tussen mense – ons dink hier aan die skeidingsmure van godsdiens, ras, klas, opvoeding... jy noem dit en ons kan dit kry. ’n Muur vertel vir ons wie is in en wie is uit - wie ons kan vertrou en wie ons nie kan vertrou nie!

“Good neighbours make good fences” Mure word om verskeie redes aangebring, maar hulle kry dan ’n lewe en storie van hulle eie! Maar soos Frost sê: “Something there is that doesn't love a wall...” God hou nie van mure nie - dit kom skerp in Sagaria na vore. God wil eerder sê om Frost se woorde te gebruik: “I’ll be your fence. I make a good fence. Good neighbours make good fences.” Mure moet nie gebou word nie; mure tussen mense moet eerder afgebreek word. Dit is wat Efes 2:14 juis kom sê, dat Christus alle mure wat daar tussen mense was, kom afbreek.

Mense is vel honger – ons het ’n behoefte aan die gemeenskap van gelowiges Daar is ’n wetenskapfiksie ‘classic’, geskryf deur Isaac Asimov, The Caves of Steel, waar alle mense op aarde bly in sulke reuse “byekorf” stede, waar stede ommuur en bedak is. Omtrent niemand gaan ooit buite nie. Wanneer die held van die storie, Lije (Elijah) Bailey, buite gaan en omring word deur oop velde, word hy hulpeloos gemaak deur “agoraphobia”- vrees vir oop ruimtes! Isaac Asimov beweer met sy boek dat ons mure bou, omdat ons bang is vir God se oneindige oop ruimte “endless open space”. Asimov het ’n opvolg geskryf, The Naked Sun, waar Bailey na ’n planeet reis met ’n klein bevolking. Almal is superryk. Elkeen het sy eie groot huis, waar hulle alleen bly, bygestaan deur eindelose robotte wat alles vir hulle doen. Hulle kommunikeer deur middel van prentjie fone, maar sien mekaar nooit in die vlees nie. Hierdie mense het ook mure tussen mekaar gebou... ‘scary’ naby aan die waarheid, dink jy nie... selfone, e-pos, ens. is alles moontlike nuwe mure om nie “vel kontak” met mekaar te hê. Mense is vel honger - God het ons so gemaak - ons het ‘n behoefte aan “community”.

...ons sal na hom toe kom en by hom woon Jesus, Joh 14:23. God is die muur vir ons. Hy is ons beskerming. Net mooi niks kan ons skei van Hom nie. Verder is Sy teenwoordigheid daar binne in die stad. Mens hoor hierdie teks eggo in Jesus se woorde in Johannes 14:23: “...ons sal na hom toe kom en by hom woon.”

Somtyds as ons in ’n pragtige plek kom, dan sê ons “Dis God se eie plek” – “God‘s own country”. Ons is God se huise. Die mooiheid en die skoonheid van die hemel skyn deur ons en in ons. Hulle vertel dat die Matterhorn in die Alpe ’n pragtige uitsig is. Maar die beste uitsig daarop kry ’n mens van Zermat, ’n klein Switserse dorpie. Die beste uitsig daarop kry ’n mens blykbaar op die trappe van die kerk! Ons gelowiges gee vir die wêreld die beste uitsig op God en van God ! (Die foto van die Matterhorn is vanaf die dorpie, Zermat in Switserland geneem – dalk selfs vanaf die kerkie se stoep!)

Luister na ander en die tye Ons stel onsself oop om God van onverwagte kante af te hoor

In Amerika is daar ’n nuwe woonbuurt – met, op die oog af, geen heinings nie! Snaaks genoeg bly die honde van daardie buurt nog steeds net binne-in hulle erf. By nadere ondersoek sal jy sien dat al die honde ’n halsband om hul nek dra. Onder die grond, onsigbaar, is daar ’n elektriese stroom en wanneer die hond oor die grenslyn beweeg, word hy geskok. Alhoewel daar dus op die oog af geen mure of heinings is nie, is daar wel onsigbare lyne wat die erwe verdeel. Is daar nie rondom ons ook sulke onsigbare grenslyne wat ons nie durf oorsteek nie? Ons bou mure óf om iets of iemand binne te beskerm óf om te verhoed dat mense van buite af kan inkom.

Luister weer na God se Woord Ons fokus op die Gees se beweging in ons hart en gedagtes

“Something there is that doesn't love a wall... He only says, 'Good fences make good neighbors'. Spring is the mischief in me, and I wonder If I could put a notion in his head: 'Why do they make good neighbors? Isn't it Where there are cows? But here there are no cows. Before I built a wall I'd ask to know What I was walling in or walling out, And to whom I was like to give offence. Something there is that doesn't love a wall, That wants it down… Robert Frost, die Amerikaanse digter, het ’n wonderlike gedig geskryf wat juis ons as mense se beheptheid met mure briljant beskryf. “Something there is that doesn't love a wall... He (verwys na Frost se buurman) only says, 'Good fences make good neighbors'. Spring is the mischief in me, and I wonder If I could put a notion in his head: 'Why do they make good neighbors? Isn't it Where there are cows? But here there are no cows. Before I built a wall I'd ask to know What I was walling in or walling out, And to whom I was like to give offence. Something there is that doesn't love a wall, That wants it down… Die Here se opdrag in Sagaria is moenie eers bou nie. Kerke is plekke sonder mure, want mure hou mense uit - veral hulle waarvan ons nie hou nie. Kerke is eerder parkies waar mense saam kan speel...

Fokus op wat God nou doen Ons fokus op wat God nou doen en waarheen God ons lewe rig

God sal Sy volk beskerm omdat hulle Sy oogappel is God sal Sy volk beskerm omdat hulle Sy oogappel is. Ek moet erken dat ek nog nooit gedink het oor wat presies ’n oogappel is nie! Blykbaar verwys dit na jou oë self! Die gedagte is dat iemand net so kosbaar vir jou is soos jou eie oë.   Vers 10 tot 13 gaan oor die volk wat reeds teruggekeer het, teenoor vers 6 tot 9 wat die volk nog in die verstrooiing teken. Let op die feit dat God se sorg nie net tot Israel beperk is nie (vers 11). Ook ander volke en nasies deel in Sy liefde en beskerming. Ander nasies word deel van die verbond wat die Here met Sy volk het. Dis belangrik om te besef dat Paulus nie beweer dat die heidene deel van God se raadsplan word deurdat Hy Sy eerste verbond opskeur en ’n nuwe een skryf nie. Hulle word gered deur die vervulling van die eerste deur Jesus, asook diegene wat uitreik na die nasies. Lees maar in Gen 12 hoedat aan Abraham gesê word dat in hom die nasies geseën sal word. Die Ou Testament voorsien dus reeds dat heiden nasies hulle tot die Here sal bekeer. Vers 13 - Die koms van die Here, wat in vers 10 aangekondig is, is hier aan die gebeur. Hy kom uit Sy heilige (hemelse – vgl. Deut. 26:15; Ps. 68:6) woning om Sy heerskappy in die nuwe Jerusalem te bevestig. Die gesig maak dit net duidelik dat God groter as ons dink. Nie net sal meer van Sy volk terugkeer nie, maar die nasies sal ook tot inkeer kom. God se genade is hier letterlik onmeetbaar.

Ons besluit op ’n gepaste reaksie op wat God gegee/ gedoen/ gesê het Antwoord met ons lewe Ons besluit op ’n gepaste reaksie op wat God gegee/ gedoen/ gesê het

Hierdie kinderlied kan lekker werk.  Flam 102 Ek Is Veilig Ek is veilig, veilig in die Here As ek bang is in gevaar weet ek God is altyd daar Ek is veilig, veilig in die Heer   Die Here is ’n rots en ’n skild vir my ’n huis en ’n skuilplek waar ek veilig kan bly Hy’s ’n muur van vuur en ’n toring wat staan en ’n engele-mag wat rondom my ’n laer opslaan Die Heer is soos ’n hen wat haar kuikens toevou soos ’n arend wat sy vlerke vir sy kleintjies oopvou Die Here is ‘n held; ’n redder is Hy As ek Sy Naam aanroep, dan beskerm Hy my As dit donker is om my weet ek God is naby my

Flam 102 Ek Is Veilig Ek is veilig, veilig in die Here Ek is veilig, veilig in die Here As ek bang is in gevaar weet ek God is altyd daar Ek is veilig, veilig in die Heer  

Die Here is ’n rots en ’n skild vir my ’n huis en ’n skuilplek waar ek veilig kan bly Hy’s ’n muur van vuur en ’n toring wat staan en ’n engele-mag wat rondom my ’n laer opslaan 

 Die Heer is soos ’n hen wat haar kuikens toevou soos ’n arend wat sy vlerke vir sy kleintjies oopvou Die Here is ’n held; ’n redder is Hy As ek Sy Naam aanroep, dan beskerm Hy my

Ek is veilig, veilig in die Here Ek is veilig, veilig in die Here As dit donker is om my weet ek God is naby my Ek is veilig, veilig in die Heer