Die deurlopende PP-agtergrond Romeine 4:13-25 Die deurlopende PP-agtergrond (die PowerPoint Background Image) Die foto is van ’n waaghals wat ’n toertjie uitvoer. Dit het ons herinner aan hoe geloof ons vrymaak om te vlieg. Vrymaak om te kan waag en dinge te kan doen wat ons nooit voorheen gedink het moontlik is nie (omdat jou logika vir jou gesê het dit kan nie gedoen word nie). Die deurlopende PP-agtergrond
Romeine 4:13-25 God versamel ons en ons is bly! Teks Teks Wat belowe is, word deur die geloof verkry 13Dit is trouens nie omdat Abraham die wet van Moses onderhou het dat aan hom en sy nageslag die belofte gegee is dat hy die wêreld as besitting sal ontvang nie, maar omdat hy vrygespreek is deurdat hy geglo het. 14As mense deur wetsonderhouding deelgenote van die belofte sou kon word, sou die geloof sy betekenis verloor het en die belofte sy krag. 15Die wet bring juis die straf van God, want waar daar nie ’n wet is nie, is daar ook geen oortreding van die wet nie. 16Daarom het die belofte deur die geloof, en dus uit genade, tot Abraham gekom sodat dit van krag sou bly vir sy hele nageslag. En sy nageslag is nie net dié wat die wet ontvang het nie, maar ook dié wat glo, soos Abraham geglo het. Hy is immers die vader van ons almal, 17soos daar geskrywe staan: “Ek het jou die vader van baie nasies gemaak.” q Dít is hy in die oë van God in wie hy geglo het, God wat dooies lewend maak en dinge wat nie bestaan nie, tot stand bring deur sy woord. 18Toe daar geen hoop meer was nie, het Abraham nog gehoop en geglo, en so die vader van baie nasies geword volgens die belofte: “So sal jou nageslag wees.” r19Al was hy sowat honderd jaar en al het hy dus goed besef dat sy liggaam reeds gedaan was en dat Sara te oud was om kinders te hê, het sy geloof nie verswak nie. 20Hy het nie in ongeloof begin twyfel aan die belofte van God nie, maar hy is in sy geloof versterk en het aan God die eer gegee. 21Hy was ook ten volle daarvan oortuig dat God mag het om te doen wat Hy beloof het. 22Deurdat Abraham geglo het, het God hom dus vrygespreek. q Gen. 17:5 r Vgl. Gen. 15:5 23Dat hy vrygespreek is deurdat hy geglo het, is nie net ter wille van hom opgeteken nie, 24maar ook ter wille van ons wat vrygespreek sal word, óns wat in God glo wat vir Jesus, ons Here, uit die dood opgewek het. 25Hy is vanweë ons oortredings oorgelewer en Hy is opgewek sodat ons vrygespreek kan word.
God versamel ons en ons is bly! Ons fokus op God
“. Ek het die Wie van my lewe leer ken “... Ek het die Wie van my lewe leer ken. Hy was genoeg om my toe te onderhou en is genoeg om my nou nog te laat aangaan.” Wonderbaarlik het Christian Reger die vier jaar van erge gevangenisskap by die konsentrasiekamp in Dachau, naby Munich, oorleef. Hy het later as die kapelaan van die Protestantse Kapel op die gronde van Dachau gedien! (Die foto wys hoe gevangenes by Dachau arriveer en hoe gevangenis na ’n paar jaar in Dachau gelyk het – jy kan Dachau google vir meer foto’s, maar min is geskik vir ’n erediens). Reger het dit so verduidelik: “Nietzsche het gesê ’n mens kan in marteling vasbyt as hy die waarom van sy lewe ontdek het. Maar hier by Dachau het ek iets veel groter geleer. Ek het die Wie van my lewe leer ken. Hy was genoeg om my toe te onderhou en is genoeg om my nou nog te laat aangaan.”
God versamel ons en ons is bly! Familie-oomblik
Wet vs Geloof Wet vs geloof Jy benodig: 2 x identiese ronde glas bakke (slaaibakke sal werk). 1 x speelgoed mannetjie Kleefplastiek plankie Saag ’n plankie, wat net te kort is, om van die rant van die een glasbak na die rant van die ander glasbak oor te pas. Skryf op die plankie “WET”. Trek die een slaaibak baie netjies met die kleefplastiek oor – sonder enige voue. Sny ook die kante van die kleefplastiek sorgvuldig af, sodat niemand kan sien dat daar kleefplastiek oor is nie. As jy dit netjies doen, sonder dat daar eens vingermerke op is, en jy span die plastiek lekker styf, behoort jy glad nie te kan sien dat daar enige iets oor is nie. Die idee is dan dat die mannetjie van die een bak na die ander bak moet “loop”. Vertel vir die kinders ’n storie en sê iets soos, dat die mannetjie gered sal word as hy van die een bak na die ander bak kan kom. Probeer dan met die plankie ’n bruggie van die een bak na die ander bak (wat nie die plastiek oor het nie) te bou. Dit maak nie saak in watter rigting jy die plankie gaan probeer nie - dit sal altyd net-net te kort wees. Wys vir die kinders wat op die plankie geskryf staan en verduidelik vir hulle die idee van ‘altyd tekort kom’. Ons pogings is nooit goed genoeg nie - dit sal altyd tekort kom. Lees dan dat Abraham die belofte ontvang deur geloof. Laat die mannetjie dan oor die ander bak loop (met die plastiek oor) en as jy halfpad kom laat die mannetjie op die plastiek lê om die effek te kry. Verduidelik dan dat al lyk iets vir jou onmoontlik (Abraham kon nie glo dat hy ’n kind kon hê nie), dit vir God moontlik is, omdat God die onmoontlike moontlik maak.
God versamel ons en ons is bly! Loflied
God praat met ons Ons luister Luister na die Woord
Romeine 4:13-25 Om sin van die perikoop te maak, is dit belangrik om dit binne die verband van Paulus se argument tot op hede te verstaan. In 4:1-12 het Paulus geargumenteer dat alle mense deur geloof gered word en nie deur die onderhouding van die wet nie (4:5). Abraham is immers deur God vrygespreek voordat God sy wet aan Israel gegee het. Hy is daarom vrygespreek omdat hy geglo het in God (4:3). Hier is dit belangrik om te onthou dat die inhoud van Abraham se geloof nie net was dat God bestaan nie, maar dat hy spesifiek in God se beloftes [1] aan hom geglo het en daarvolgens gehandel het. Vanaf vers 14 bespreek Paulus die belofte wat Abraham ontvang het en waarin hy geglo het. Die eerste wat Paulus duidelik maak, is dat Abraham nie die belofte ontvang het omdat hy die wet onderhou het nie. Hy het dit op grond van sy geloof ontvang. Die belofte kan nie deur wetsonderhouding ontvang word nie. As dit so was, sou geloof betekenisloos wees en ’n belofte deur verdienstelikheid vervang word. In vers 15 maak Paulus dit duidelik dat die wet, anders as geloof, eerder straf as verlossing bring. Paulus argumenteer naamlik in Romeine dat die wet iets wat verkeerd is, in ’n oortreding verander. Dis bv. verkeerd om nie jou groente te eet nie. Om dit te doen na jou ma jou beveel het om dit te doen, maak dit sowel verkeerd as ’n oortreding van haar wil. Dus dubbeld so erg. Paulus sê dus nie dat alles voor die koms van die wet moreel neutraal was nie, en dat niks wat jy toe kon doen verkeerd was nie. Regverdigheid kom vir Paulus daarom nie deur die wet nie, maar deur geloof (vers 16-17). Die belangrike in die verse is dat daar vir Paulus net een manier is om God se beloftes te ontvang (deur geloof) en nie twee (wetsonderhouding of geloof) nie. Die twee staan trouens vir hom loodreg teenoor mekaar. Jy kan nie glo en vertrou dat God jou sal red en dan probeer om jouself te red nie. Deur jouself deur wetsonderhouding te probeer red, maak jy dit daarom duidelik dat jy nie werklik glo dat God jou sal vryspreek uit genade nie. Paulus maak dit verder duidelik dat daar nie een heilsweg vir Jode (wetsonderhouding) en ’n ander vir nie-Jode (geloof in Christus) is nie. Die enigste weg na God, is dié van geloof. God beoefen nie ’n soort geestelike apartheid nie. Die hemel het nie een ingang vir Jode en ’n ander een vir nie-Jode nie. Daar is slegs een manier om by God uit te kom – deur geloof in God se beloftes (waarvan Jesus die vervulling is). Daarom spel Paulus dit uit dat Abraham uit die geloof gelewe het toe hy op God se beloftes vertrou het. Selfs toe hy iemand was wat reeds klaar was en te oud om kinders te verwek, het hy geglo God kan die ontmoontlike doen (vers 19). In vers 20 maak Paulus dit terloops duidelik dat God Abraham se geloof versterk het (let op die Goddelike passief) en daarom het hy aan God die eer gegee. Verder het hy aan God se belofte vasgehou (vers 21) en daarom is hy vrygespreek (vers 22). In die slotverse maak Paulus dit duidelik dat Abraham se vryspraak nie net ter wille van homself was nie, maar ook vir alle gelowiges wat in die geloof leef dat God Jesus uit die dood opgewek het. Daarom is hy die vader van alle gelowiges (vers 16). Wat die toepassing van die gedeelte betref, is dit belangrik om net weer daarop te let dat dit hier oor die geloof in God se heilsbeloftes gaan en nie net oor geloof in God in die algemeen nie (in die sin dat God wel bestaan nie). ’n Mens kan dalk ook net vir ’n oomblik nadink oor die Abraham, die tuistelose swerwer sonder ’n enkele kind, uit wie die Joodse, Moslem en Christelike geloof duisende jare gelede ontstaan het. Wat sou hy vandag sê as hy sy nageslag gade slaan? [2] [1] Ons lees in Genesis van verskillende beloftes van God aan Abraham, naamlik dat hy ’n seun sou ontvang, ’n groot nasie sou word, Kanaän sou beërwe, geseën sou word en ’n seën vir alle volke op aarde sou wees (Gen. 12:1v.; 13:14v.; 15:1v.; 17:1v.; 18:18; 22:17–18). [2] Bronne geraadpleeg Schnelle, Udo 2002. Apostele Paul Dunn, J. D. G. 2002. Romans 1-8. Word Biblical Commentary. Jewett, R. 2006. Romans: A commentary. Hermeneia Moo, D Romans NICNT
Luister weer na die Woord God praat met ons Ons luister Luister weer na die Woord
Hoop laat jou langer leef! Baie geleerdes glo dat ouer mense eenvoudig doodgaan, omdat hulle dink dat dit hulle tyd is om dood te gaan. Hulle gee as’t ware net op! Ander, met ’n meer hoopvolle houding, leef tog langer met borrelende lewens. Daar is ’n studie gedoen by die Universiteit van New York wat juis hierdie hipotese getoets het. ’n Sielkundige het aan 15 gesonde 80-jariges in ’n New Yorkse huis vir bejaardes voorgestel dat hulle nog ’n gelukkige en lang lewe kon hê. Hy het allerhande dinge met hulle gedoen om dit te onderstreep. Dit het skynbaar gewerk, want die groep het gemiddeld 6 jaar langer gelewe as ’n ooreenstemmende kontrolegroep wat geen hoopvolle boodskappe van hom gekry het nie. Die eerste groep was ook minder siek gewees. Hulle hoopvolle houding het blykbaar die verskil gemaak.
“Hope is the thing with feathers...” Emily Dickinson het in die lig hiervan hierdie waar ding geskryf: “Hope is the thing with feathers.” Hoop laat jou vlieg wanneer daar geen grond is om op te staan nie. Paulus verduidelik dit mooi in Rom 4...
“When everything was hopeless, Abraham believed anyway, deciding to live not on the basis of what he saw he couldn't do, but on what God said he would do.” Moontlike lyne om te volg Toe daar geen hoop meer was nie, het Abraham nog steeds gehoop en geglo...(Vs 18 a) of soos die Message dit pragtig stel: “When everything was hopeless, Abraham believed anyway, deciding to live not on the basis of what he saw he couldn't do but on what God said he would do.”
Gelowiges hoop én glo Gelowiges hoop én glo Wat lê agter ons hoop én glo? Twee dinge wat ons as gelowiges van God weet.
God doen wat Hy beloof het Eerstens -vers 21: “Hy was ook ten volle daarvan oortuig dat God mag het om te doen wat Hy beloof het.” Ja, ’n belofte wat God maak, is een wat Hy verseker hou!!! Jy kry twee Griekse woorde wat vir ‘belofte’ gebruik kan word: 1. huposchesis - dit is ’n belofte met voorwaardes- “Ek belowe om dit te doen as jy belowe om dat te doen.” 2. epaggelia - ’n belofte wat uit die goedheid van iemand anders se hart onvoorwaardelik gemaak word - Dit is hierdie laasgenoemde woord wat Paulus hier vir belofte gebruik. God sal sy belofte hou - maak nie saak wat gebeur nie.
“We call Abraham “father” not because he got God's attention by living like a saint, but because God made something out of Abraham when he was a nobody.” Tweedens Dit bring ons by die tweede ding wat ons in vers 16 en 17 raaklees. Die Message in vers 17 vang dit miskien die beste vir ons vas. “We call Abraham “father” not because he got God's attention by living like a saint, but because God made something out of Abraham when he was a nobody.” Alles is genade! As jy dit snap, word hoop én glo deel van jou leefwyse!
“Genade beteken dat in die middel van ons stryd en gesukkel die skeidsregter die eindfluitjie blaas. Ons word as wenners verklaar en storte toe gestuur.” Luister na Donald McCullough: “Genade beteken dat in die middel van ons stryd en gesukkel, die skeidsregter die eindfluitjie blaas. Ons word as wenners verklaar en storte toe gestuur.”
I did my best; it wasn't much I did my best; it wasn't much ... and even though it all went wrong I'll stand before the Lord of Song With nothing on my lips but Hallelujah En, wil ’n mens byvoeg, ons kan Leonard Cohen se Halleluja onder die stort sing: I did my best; it wasn't much ... and even though it all went wrong I'll stand before the Lord of Song With nothing on my lips but Hallelujah
Genade skiet jou van jou voete af Genade beteken dat God aan ons kant is. Ons is dus wenners, ongeag hoe goed ons die spel gespeel het. Ons kan storte toe hardloop en lekker sing, want die sjampanjefeesviering wag. Ja, genade skiet jou van jou voete af dat jy nie anders kan nie as om te sê: “Genade, Here, U is darem baie spesiaal.”
Op so ’n God kan ons hoop… Hier is stories wat jy kan inweef om dan hierdie punt van hoop en glo prakties verder te onderstreep. Kies maar self watter storie vir jou die effektiefste gaan werk. In die Tweede Wêreldoorlog was 'n Hollandse predikant, Overduin, 'n gevangene in die berugte konsentrasiekamp, Dachau. Hy en ander predikante het deur hel gegaan. Hulle was uitgeteer en het die dood in die oë gestaar. In hierdie nood bid hulle vir 5 dinge: Een - dat hulle 'n nuwe bevelvoerder kry, want hulle bevelvoerder was wreed en sonder genade. Twee - dat hulle oorgeplaas word na die kaserne waar die Duitse predikante gebly het. Daar was die kos meer en die behandeling beter. Drie - dat hulle ligter werk sal verrig. Vier - dat hulle meer tyd vir slaap sal hê, want hulle word sommer in die middel van die nag wakker gemaak om iets te gaan doen. Vyf - dat hulle amptelike toestemming sal kry om pakkies van die huis af te ontvang, want pakkies en briewe het hulle nooit bereik nie. Weet jy wat het gebeur? Die volgende dag het Overduin 3 pakkies gekry, sonder dat die Duitse soldate dit weggeneem het. Dieselfde week word hulle oorgeplaas na ’n plek waar hulle ligter werk moes doen. 'n Paar dae later word hulle oorgeplaas na die Duitse predikante se kaserne waar die behandeling beter was. Boonop kon hulle daar van nege uur die aand tot vyf uur die oggend geslaap het. Binne 'n week het hulle situasie heeltemal verander. Maar die wonderlikste van wonderlike het kort daarna gevolg: die wrede bevelvoerder is na 'n ander plek verplaas… WOW! Wat ’n God!!! Op so ’n God kan jy hoop, in so ’n God kan jy glo!
Vertaal self: “Irish business consultant Charles Handy talks about the two photographs on his desk, both taken by his wife in South Africa. “The first is the head of a small black boy. He is smiling; everything about his eyes and his face radiates intelligence, enthusiasm, excitement. It is a happy face, full of promise. The second photograph is of the same boy, but this time the photographer has moved back, so that you now see him full length. You see the shanty behind him, his bare feet and the excrement in which he is standing. The two photographs may be a symbol of our challenge today, not only in South Africa. The intelligence and the promise is there if we can only release it from the chains of its surroundings.”
God herinner ons Ons is dankbaar Sakramente Rituele
Vir mense wat soos Abraham voel Plaas ’n paar bakke met vere op verskillende plekke in die kerkgebou. Gee ’n oomblik van stilte en vra dan dat mense vir hulleself (of vir iemand anders wat hulle weet dit nodig het) ’n veer gaan haal as ’n teken van die hoop wat ons weer laat waag om te vlieg. Hierdie vere is vir mense wat soos Abraham voel ‘Daar is geen kans dat ek dit kan maak nie...’, vir mense wat soos Sara lag omdat hulle sonder hoop is.
Wegsendingslied Seënbede God stuur ons uit Ons is gasvry Wegsendingslied Seënbede
FLAM-bladmusiek kan afgelaai word by www.flam.co.za Lied FLAM-bladmusiek kan afgelaai word by www.flam.co.za
F19. Heer, Hoe Lank (RUBRIEK: Kersvlam – Klag) Teks en Musiek: André Serfontein © 2005 MAR Gospel Music Publishers Heer, hoe lank gaan U vergeet? t'Voel of U nie van my weet nie. Hoor my smeek, Heer, antwoord my. Maak my van my onrus vry. Refrein: Here, hoor U wat ek sê? Sien U hoe ek ly? Luister wat u kinders vra. Here, gee weer hoop; gee weer hoop in my. Daar’s iets in my wat stadig kwyn, soos die dag in nag verdwyn. Help my op, Heer, sien my raak. Sal U my weer méns kom maak? 3. Ek kan maar net na U toe kom. Niemand anders gee meer om nie. In my nood roep ek U aan. Smekend kom ek voor u staan, want . . . 4. U is liefde, U’s getrou. Ek weet U sal my bly onthou. Ek wil van my geloof getuig. Ek wil oor U verlossing juig. Here, U hoor wat ek sê! U sien hoe ek ly! U luister wat u kinders vra. Heer, U gee weer hoop; U gee weer hoop in my.
Volgende week: Eks 20:1-17