Die vrug van die vryspraak

Slides:



Advertisements
Similar presentations
Efesiërs 5:8-14 8Vroeër was julle die ene duisternis, maar nou in die Here is julle lig. Leef dan as mense van die lig. 9Uit die lig kom alles voort wat.
Advertisements

Hebreërs 11:1-3. Ingenooi deur God Ons raak bewus van ons diepste behoeftes, vrae en vrese en gee ons oor aan God.
Die vrug van die vryspraak
Romeine 5:1-5 PowerPoint agtergrond
Ons nooi alle gelowiges in Suid-Afrika om deel
DIE ONTKENNING (NEGATIEF) Me. J. van Zyl
Ons aanbid saam!. Ons aanbid saam! Die belangrikste boodskap in die Bybel: God is lief vir jou!
LITURGISE MOMENT: God versamel ons voor Hom
Die Bron van innerlike sterkte
Dood vir die sonde, maar lewend vir God
Johannes 14:8-17 en Agtergrond: “Jesus promised His followers that "The Strengthener" would be with them forever. This promise is no lullaby for.
Psalm 85 2U was goed vir u land, Here,
MUNUS TRIPLEX Die oprig en herstel van die drievoudige amp
Jesus - Die Bevelvoerder van die Weermag
Romeine 6: Moet dan nie toelaat dat die sonde nog langer oor julle heerskappy voer en julle die begeertes van julle sterflike aardse bestaan laat.
Ps. 107: “Party het in die donker gesit, in diep duisternis, hulle was gevangenes, in ellende en in boeie, want hulle het hulle verset teen die bevele.
II Tim. 2:22 “Vermy die begeertes wat 'n jongmens in gevaar bring, en streef na opregtheid, geloof, liefde en vrede, saam met almal wat uit 'n rein hart.
Regverdigmaking (Justification)
Romeine 12:2 “Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei.
In Ritme Met Die Gees Om ’n Sabbatsmens Te Word.
Absolute oortuiging God bestaan?
Innerlike sterkte.
Gen. 39:9 “Daar is niemand wat in hierdie huis meer gesag het as ek nie. Meneer het niks van my teruggehou nie, behalwe vir u, want u is sy vrou. Hoe.
ONREGVERDIGE, ONEINDIGE
WELKOM! Matteus 13.
CLICK TO ADVANCE SLIDES
Do you need a miracle In your Life?.
Joh. 4:23 “Maar daar kom 'n tyd, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader deur die Gees en in waarheid sal aanbid, want die Vader wil juis.
Om te ONTVANG 1 Konings 3:2-15.
Krake 'n Baie hoë gebou was vir etlike jare in gebruik toe daar op 'n dag 'n gevaarlike kraak in die muur op die 42ste verdieping verskyn het. Die.
Phil 3:10 (NKJV) 10 that I may know Him and the power of His resurrection, and the fellowship of His sufferings, being conformed to His death,
Jou geskenk aan God die Kersfees!
Die KRUIS Gebedsreis.
GAL 2:20-21 Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in.
II Kor. 5:21 “Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek.
Tommy's Window Slideshow
Job. 42:5 “Tot nou toe het ek net gehoor wat mense van U sê, maar nou het ek U self gesien”
Luk. 11: “Dié wat op die pad val, dui op mense wat die woord hoor, maar dan kom die duiwel en neem dit uit hulle harte weg sodat hulle nie tot geloof.
Sam CH Cupido Sommer net vir jou.
Matt. 7:21 “Nie elkeen wat vir My sê: ‘Here, Here,’ sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie...”
Welkom Jeremia 1:4-10.
Johannes 6:56-71 PowerPoint agtergrond
Die wederkoms van Christus sal vooraf- CLICK TO ADVANCE SLIDES
I Kor 6:20. “julle is gekoop, en die prys is betaal
> God is heilig:. > God is heilig: Lev. 11:44,45. “Ek is die Here julle God Lev. 11:44,45 “Ek is die Here julle God. Wy julle aan my diens en wees.
Titus 2:12 “Dit voed ons op om die goddelose leefwyse en wêreldse begeerlikhede te laat vaar en met selfbeheersing, opregtheid en godsvrug in die teenswoordige.
Geskape om vir ewig te lewe !
Hoe weerloos is jy....
Verbintenis tot God se heerskappy Verbintenis tot God se dienswerk Verbintenis tot God se boodskap Verbintenis tot God se middele Verbind aan God se.
Verstaan  emosies  wil
Hartlik welkom in die Erediens!
MAAK OOP EN ONDEK JOU GESKENK
“True repentance shows itself in a thorough breaking off from sin
Die weg tot geregtigheid
I Tim. 5:17 “Die ouderlinge wat goeie leiding gee, behoort dubbele erkenning te kry, veral dié wat hard werk deur te preek en onderrig te gee”
Regverdigmaking (Justification)
Hartlik welkom in die Erediens
Jak. 2:14 “Wat help dit, my broers, as iemand beweer dat hy glo, maar sy dade bevestig dit nie? Kan so 'n geloof 'n mens red?
Gen. 1:26-28 “God het die mens geskep as sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die mens geskep, man en vrou het Hy hulle geskep. Toe het God hulle.
Fil. 3: “Ek sê nie dat ek dit alles al het of die doel al bereik het nie, maar ek span my in om dit alles myne te maak omdat Christus Jesus my reeds.
I Pet. 1: “Nee, soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in julle hele lewenswandel heilig wees. Daar staan immers geskrywe: “Wees.
Tommy's Window Slideshow
Johannes 12 Daar was ook 'n aantal Grieke onder die mense wat fees toe gekom het om te aanbid. Hulle het na Filippus, wat van Betsaida in Galilea afkomstig.
LOFOFFER 2014 Romeine 12.
Rom. 7: “Ek, ellendige mens
Genesis 1 - Eerste dag Toe het God gesê: “Laat daar lig wees!” En daar was lig. God het gesien die lig is goed, en Hy het die lig en donker van.
WAARHEID MATT 28: Jesus kom toe nader en sê vir hulle: “Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde. Gaan dan na al die nasies toe en maak.
WEERSPIEËL SY LIG WEERSPIEËL SY LIG [SKYN SAAM] [SKYN SAAM]
Johannes 9 Hy het gegaan en hom gewas, en toe hy terugkom, kon hy sien.
Rondom my Dawie de Jager. Rondom my Dawie de Jager.
Presentation transcript:

Die vrug van die vryspraak Romeine 5:1-11 Romeine 5:1-11 Die vrug van die vryspraak 5 God het ons dan nou vrygespreek deurdat ons glo. Daarom is daar nou vrede tussen ons en God deur ons Here Jesus Christus. 2Deur Hom het ons in die geloof ook die vrye toegang verkry tot hierdie genade waarin ons nou vasstaan. En ons verheug ons ook in die hoop om deel te hê aan die heerlikheid van God. 3Dit is egter nie al nie. Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, 4en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop; 5en dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het. 6Toe ons nog magteloos was, het Christus immers reeds op die bestemde tyd vir goddeloses gesterwe. 7’n Mens gee tog nie sommer jou lewe prys nie, selfs nie vir ’n regverdige nie. Ja tog, vir ’n goeie mens sal iemand miskien nog die moed hê om te sterwe. 8Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was. 9Aangesien ons nou vrygespreek is op grond van sy versoeningsdood, staan dit soveel vaster dat ons deur Hom ook van die straf van God gered sal word. 10Aangesien ons, toe ons nog vyande was, deur die dood van sy Seun met God versoen is, staan dit soveel vaster dat ons, noudat ons versoen is, deur die lewe van sy Seun gered sal word. 11Maar dit is nie al nie. Ons verheug ons ook in God deur ons Here Jesus Christus, deur wie ons nou die versoening ontvang het.

Ingenooi deur God Ons raak bewus van ons diepste behoeftes, vrae en vrese en gee ons oor aan God

Familie-oomblik Neem ’n gasstofie en sit ’n deurskynende (glas) kastrol met kookwater daarop. Verduidelik dat God in die Bybel baie keer beskryf word as ’n vuur. Laat die water goed kook en borrel, sodat almal dit kan sien. Neem dan ’n lekker groot ysblok (jy kan dit gemaak het van water met rooi kleursel in vir die effek wat dan heenwys na die bloed van Christus) en gooi dit in die water. Die water behoort dan op te hou borrel en die effek van “vrede” te gee. Lees nou vers 1. Indien die water na ’n tyd weer begin borrel, kan jy nog ysblokkies ingooi, want die vergifnis van Jesus is ook iets wat ons gereeld moet aanvaar in ons lewe.[1] [1] Soos met al ons voorstelle waarsku ons dat jy dit asb vooraf goed sal toets! Sulke eksperimente kan lelik skeefloop as jy dit nie geoefen het nie.

Ons betree God se wêreld en gaan in God se vrede in Ingaan in God se tyd Ons betree God se wêreld en gaan in God se vrede in

Ons luister dieper na die Woord en ontmoet God Luister na God se Woord Ons luister dieper na die Woord en ontmoet God

Om ’n Blye sekerheid te hê Soos met byna alle perikope van Romeine kan ’n mens in die gedeelte in verskeie gedetaileerde argumente vasval. Ek gaan daarom net probeer om Paulus se hoofgedagtes deur te gee (’n kommentaar soos Moo s’n wy 25 bladsye aan die paar verse...)    Inleiding Die perikoop begin die tweede hoofdeel van Paulus se betoog in Romeine. Waar die mens se skuldig-wees voor God en ons verlossing uit genade aan die orde was in die eerste deel (1:18–4:25), handel hoofstukke 5 tot 8 oor die gevolge van God se vryspraak vir gelowiges. Hoe moet ons as vrygespreektes met ander woorde dink, glo en handel?

1. Paulus herinner ons daaraan dat ons deur geloof geregverdig is Paulus begin deur ons daaraan te herinner dat ons deur ons geloof geregverdig is deur God Let op die NAV praat in vers 1 van “vrygespreek” in plaas van “regverdig” verklaar. Daar is ’n uitvoerige teologiese debat oor hoe om ‘dikaioo’ te interpreteer (beteken dit bv. “vryspraak” of “regverdig verklaar”). Vrygespreek kan naamlik impliseer dat jy as skuldige net vrygelaat is sonder om gevonnis te word (en dus nog ’n skuldige is), terwyl regverdig verklaar beteken dat jy deur ’n uitspraak van skuldige verander is in ’n onskuldige persoon, sodat as jy weer verhoor sou word, jy dan as werklike onskuldige sou opdaag. Regverdig verklaar het met ander woorde vir my ’n dieper betekenis as vrygespreek. God het ons nie net vrygespreek sonder om ons stand voor Hom te verander nie. Sy vryspraak het naamlik ons stand voor Hom verander – van sondaars na Sy kinders.

2. Omdat ons regverdig verklaar is, is daar nou vrede tussen ons en God Omdat ons regverdig verklaar is, is daar nou vrede tussen ons en God (vers 1) Let op hoedat daar twee keer na die rol van Jesus verwys word in vers 1 en 2. Daar is daarom ’n reuse verskil tussen om te bely dat ons geloof ons gered het en om te bely dat ons geloof in Jesus ons gered het. Geloof per se is immers kragteloos. Dit word ’n krag tot redding vanweë die Persoon op wie dit gerig is.

3. Omdat ons vrede met God het, het ons nou vrye toegang tot God se heerlikheid en Sy genade Omdat ons vrede met God het, het ons nou vrye toegang tot God se heerlikheid en Sy genade (vers 2) Ons het nou die vaste hoop om die heerlikheid, wat God vir ons bestem het, te ontvang. Let op, ons gaan dus nie net die oorspronklike heerlikheid wat die mens deur sy sonde verloor het, terug ontvang nie, maar eerder die nog groter toekomsheerlikheid wat God vir ons bestem het, ontvang.

4. Omdat ons die hoop het op die heerlikheid wat God vir ons bestem het, kan ons anders oor swaarkry dink 4. Omdat ons die hoop het op die heerlikheid wat God vir ons bestem het, kan ons anders oor swaarkry dink (vers 3-4). Met behulp van ’n ketting-betoog wys Paulus daarop dat swaarkry vir Christene eerder meer hoop gee as wat dit hoop van hulle steel! Swaarkry hou dus geen bedreiging vir ons geloof of hoop in nie. Soos glas onder druk net sterker word, sal dit ons geloof ook net versterk.

5. God gee vir ons goeie gronde vir ons hoop Vir gelowiges is God se hoop meer as ’n vae wens. Ons het gronde vir ons geloof. Die eerste grond is die feit dat God sy Heilige Gees aan ons gegee het (vers 5). Hierdeur het God reeds ’n begin gemaak met die proses waardeur ons in Sy heerlikheid sal deel. Tweedens herinner Paulus sy lesers daaraan dat Christus vir hulle gesterf het toe hulle nog goddeloses (vers 6), sondaars (vers 8) en vyande van God (vers 10) was. Vir Paulus (met ’n tipiese “soveel te meer”- redenasie) is dit glashelder dat God se genade vir ons nou soveel vaster moet wees, noudat ons met God versoen is. Sal God nie nog meer vir Sy kinders doen as wat Hy vir sondaars gedoen het nie? Paulus herhaal die belangrike gedagte twee keer (vers 9 en 10).

sekerheid in God en Jesus Christus deur wie die versoening geskied het 6. Daarom het ons ’n blye sekerheid in God en Jesus Christus deur wie die versoening geskied het 6. Daarom het ons ’n blye sekerheid in God en Jesus Christus deur wie bogenoemde versoening geskied het Die woord “verheug” (vers 2, 3, 11) word in die OAV met “roem” vertaal. Die onderliggende Griekse woord kan egter beide betekenisse dra en dui in die gedeelte waarskynlik op ’n vaste versekering waaroor ’n mens bly is. Daarom kan dit as “‘n blye sekerheid” vertaal word.

Luister na mekaar God maak ons ’n luisterende gemeenskap en praat ook deur ander mense met ons

“Alhoewel my sondes swart soos die nag is, kan ek dit waag om voor God te verskyn, omdat ek Sy Seun vertrou, wat my geregverdig het” Martin Luther “Alhoewel my sondes swart soos die nag is, kan ek dit waag om voor God te verskyn, omdat ek Sy Seun vertrou, wat my geregverdig het” (Martin Luther).

“Wat is regverdiging? Dit is die verklaarde doel van God om daardie sondaars wat glo in Jesus Christus te beskou en te behandel asof hulle nie gesondig het nie” Albert Barnes “Wat is regverdiging? Dit is die verklaarde doel van God om daardie sondaars wat glo in Jesus Christus te beskou en te behandel asof hulle nie gesondig het nie” . Albert Barnes

Luister na ander en die tye Ons stel onsself oop om God van onverwagse kante af te hoor

Luister weer na God se Woord

Die skrywer Arthur Gordon vertel van die keer toe hy ’n waardevolle lewensles geleer het. Met hulle “reis” na Paasfees het sy familie ’n tradisie rondom Lydenstyd gehad. Hulle het dit die “penning-bussie” genoem, in ooreenstemming met die arm weduwee se penning wat sy as dankoffer gegee het (Mark 12). Die kinders moes in aanloop tot Paasfees geld in hulle dankoffer-bussies gooi. Dan is dit op Paassondag oopgemaak en het hulle dit as hulle Paas-dankoffer gegee. Maar Gordon het ’n probleem gehad. Wanneer dit in die loop van die jaar finansieel beroerd met hom gegaan het, sou hy geld uit die bussie “leen”. Sy gewete het hom so ’n bietjie gepla, maar nie te veel nie, want sy voorneme was altyd om die geld vir God voor Paasfees terug te gee. Maar op die een of ander manier was hy altyd in die skuld en die bedrag wat hy uit die bussie “geleen” het, het al hoe meer geword. Die gedagte aan Paassondag was altyd vir hom ’n marteling, want dan sou almal van sy misstap bewus word. Met die sonsopkoms op Paassondag het tannie Daisy altyd die gewoonte gehad om heel eerste na hulle toe te kom, sodat sy saam met die familie na die kerkdiens kon gaan. Ná ontbyt was dit inspeksie tyd en moes elke kind sy of haar penning-bussie bring. Sy suster was, volgens Arthur, van vroeë ouderdom af reeds ’n heilige. Haar bussie het gewoonlik oorgeloop van die geld. Dit was duidelik vir almal om te sien dat daar aan haar bussie nog nooit gepeuter is nie. Arthur s’n het altyd die duidelike tekens van “gebruik” gehad. In syne het altyd ’n paar eensame muntstukke rondgeval.

… because His love will grab you and never let go of you again” “Don’t push Him too far... … because His love will grab you and never let go of you again” Sy pa het presies geweet wat met die geld gebeur het en Paassondag na Paassondag moes Arthur na sy pa se lang lesing luister. Waarom kon hy nie minder aan homself dink en meer aan ander mense nie? Sy pa was, volgens Arthur, daarop uit om sy skuldgevoelens te verhoog en hy was elke keer suksesvol met sy pogings. Op ’n dag het tannie Daisy moeg geword vir die “verhoor”, uit haar beursie ’n paar muntstukke gehaal en gesê: “Hier, Arthur, sit dit in jou penning-bussie.” Dadelik het sy suster gereageer: “Dis nie regverdig nie!” “Dis nie reg nie, Daisy,” het sy pa ook erg geprotesteer. “Die kind behoort nie vir slegte gedrag beloon te word nie.” Tannie Daisy het geglimlag en vir sy suster gesê: “Jy is reg, skat, dis nie regverdig nie. Maar God sal altyd onthou hoe getrou jy was.” Sy het na sy pa toe gedraai en gesê: “Het jy nog nooit ’n geskenk gekry wat jy glad nie verdien het nie? Ek sou dink dat Paasfees jou juis sou herinner dat God jou vrygespreek sonder dat jy dit verdien het.” Haar warm, sagte oë het na Arthur, hoof van die sondaars, gekyk en gesê: “Arthur, God is lief vir alle sondaars, grotes en kleintjies soos jy. But don't push Him too far ...” ’n Mens sou wou byvoeg ... “because His love will grab you and never let go of you again”.

“...what God has always wanted to do for us – set us right with Him, make us fit for Him – we have it all together with God... out in the wide open spaces of God 's grace ...” The Message, Rom 5 In The Message lees Romeine 5:1 só: “... what God has always wanted to do for us – set us right with Him, make us fit for Him – we have it all together with God ... out in the wide open spaces of God 's grace ...”

“Die regverdiging, die lewe deur die geloof, uit genade alleen. “As dié waarheid uit die kerk verdwyn, sluip allerhande soorte dwaling die kerk binne.” Martin Luther Nou kom ons by die waarheid waarby die kerk staan en val. Die groot woord in die kerk vir “Jy is geregverdig, vrygespreek” is “die regverdiging”, die lewe deur die geloof uit die genade alleen. Luther het gesê: “As dié waarheid uit die kerk verdwyn, sluip allerhande soorte dwaling die kerk binne.”

Dan gebeur dit wat hierdie twee manne oorgekom het, sommer maklik Dan gebeur dit wat hierdie twee manne oorgekom het, sommer maklik. Hulle het twee ure lank gesukkel om ’n yskas in die huis te kry, maar hulle kon nie een enkele tree vorder nie. Uiteindelik sê die een man: “Kom ons los dit maar. Ons sal nooit die yskas binne-in die huis kry nie.” Toe sê die tweede man: “Inkry? Ek dog ons moet dit uitkry!”

God het klaar alles gedoen om jou in die hemel te kry! As jy nie verstaan dat God jou geregverdig, vrygespreek het nie, probeer jy alles in jou vermoë om God tevrede te hou, sodat jy in die hemel kan kom. God het alles klaar gedoen om jou in die hemel te kry. So, al wat jy moet doen, is om dit te aanvaar. Jou rekord is skoon.

Jou rekord is skoon Kom ek probeer om die betekenis hiervan verder so te verduidelik: Daar was ’n man wat sy Rolls Royce op ’n boot gesit en oorgevaar het na die vasteland van Europa. Daar het hy met sy motor aan wal gegaan en heerlik rond getoer. Met die rond ryery het iets egter verkeerd gegaan met dié staatmaker motor. Hy het dadelik vir Rolls Royce in Engeland daarvan laat weet met dié boodskap: “Ek het probleme met my motor. Wat stel julle voor moet ek doen?” Wel, die Rolls Royce-mense het dadelik ’n motorwerktuigkundige oorgestuur. Die man het die motor onmiddellik reggemaak en weer teruggevlieg Engeland toe. Natuurlik het die man tydens die res van sy vakansie gewonder wat dié regmaak-sessie hom uit die sak sou jaag. Terug na sy vakansie het die man ’n brief aan Rolls Royce gestuur om uit te vind hoeveel hy hulle skuld. Hy het ’n brief van die Rolls Royce-maatskappy terug ontvang wat só gelees het:   Beste Meneer, Daar is geen rekord in enige van ons leggers dat daar ooit iets verkeerd gegaan het met ’n Rolls Royce nie. Dís wat dit beteken om geregverdig te word. Daar is geen rekords in enige hemelse leggers dat enigiets ooit met jou verkeerd gegaan het nie.

Die hofsaak Paulus se woord “vrygespreek” of “geregverdig” is eintlik ’n regsterm wat uit die destydse hofprosedure oorgeneem is. Oor elke mens moet daar ’n hofsaak van God se kant gehou word. In die hofsaak moet bevind word of die persoon skuldig of onskuldig is. Indien hy onskuldig bevind word, word hy geregverdig – sonder skuld bevind – en hy stap uit as ’n vry man. Hier is hoe die hofverrigtinge lyk: In die regterstoel sit God die Vader. In die beskuldigdebank staan ek en jy. As advokaat vir die verdediging tree Jesus op en in die getuiebank staan die Heilige Gees. Daar is geen aanklaer nie – verkeerdelik word die duiwel in hierdie rol gesien, maar in die hofsaak is daar nie plek vir leuens nie en nog minder vir die vader van leuens. Die Regter lees die klagstaat voor wat niks anders is as wat ek en jy met ons lewe aangevang het nie. Ons advokaat Jesus kom dan aan die woord: “Vader, die aangeklaagde is wel skuldig aan alles waarvoor hy/sy aangekla word. Maar Ek het in sy/haar plek gesterf en sal getuienis inroep wat sal bewys dat hy/sy glo.” Dan word die getuie na vore geroep. Die Heilige Gees. En Sy getuienis is kort en kragtig: “Ek ken die getuie baie goed en getuig dat hy/sy ’n kind van God is. Ek getuig verder dat Ek onderneem om hom/haar altyd in alles by te staan en oral saam met hom/haar te gaan.” Daarna kom die Regter, God die Vader, tot ’n vinnige besluit: “Ek spreek die aangeklaagde vry. Niks sal ooit weer My besluit kan verander nie. Jy is vry.” Hierdie hofsaak het natuurlik gevolge vir hoe jou optrede verder in die lewe sal wees. Jy is beslis nie daarop uit om jou om elke hoek en draai te regverdig nie.

“Ek is eintlik erger as dit “Ek is eintlik erger as dit. Want julle sien, ek het geleer dat dit vir my onnodig is om myself te regverdig. Iemand het dit alreeds namens my gedoen – Jesus Christus.” Daar was ’n man wat vir die Poolse ondergrondse beweging geveg het. Tydens die Tweede Wêreldoorlog is hy egter gevange geneem. Na die oorlog is hy deur die Russe aangekla dat hy saam met die Nazi's gewerk het. Dit was natuurlik ’n spul leuens. Hy is 70 nagte lank ondervra, maar nooit het hy onder die druk geswig nie. Die ondervraers het by hom aangedring om liewer skuldig te pleit en ’n ligter vonnis te kry, anders sou hy sterf. Maar die man het geweier. Hy was geen verraaier nie. By sy sitting het hy weer eens geweier om skuldig te pleit. Uiteindelik is hy vrygelaat. Baie was beïndruk met die manier waarop hy gemaklik oor sy Christenskap getuig het. Hulle het hom uitgevra oor sy “sukses”. Dít is wat hy hulle geantwoord het: Wanneer sy aanklaers hom op sy swakhede gewys het, het hy dit in eerlikheid erken. Wanneer hulle gesê het dat hy ’n lafaard was, het hy gesê hy weet dit alreeds. Wanneer hulle hom op al sy foute gewys het, het hy doodluiters vir hulle gesê: “Menere, ek is eintlik erger as dit. Want julle sien, ek het geleer dat dit vir my onnodig is om myself te regverdig. Iemand het dit alreeds namens my gedoen – Jesus Christus.”

Daarom is die geskenk wat opgesluit lê in die woorde “Jy is geregverdig” met ontsettende troos gevul. Vir die res van jou lewe is jý ’n vry mens.

Fokus op wat God nou doen Ons fokus op wat God nou doen en waarheen God ons lewe rig

Ons besluit op ’n gepaste reaksie op wat God gegee/ gedoen/ gesê het Antwoord met ons lewe Ons besluit op ’n gepaste reaksie op wat God gegee/ gedoen/ gesê het

Alle Flam-liedere is gratis aflaaibaar by www. flam. co. za Alle Flam-liedere is gratis aflaaibaar by www.flam.co.za. U mag egter net die teks van die lied projekteer of die bladmusiek kopieer indien u oor die nodige CCLI-lisensie beskik. F175 Vry Teks en Musiek: Elsche van Wyk © 2006 MAR Gospel Music Publishers Opgeneem op ‘Roeping: Lof’   Refrein: Vry ons is vry Deur Sy bloed en Sy genade is ons vry Ons is vry. Van die pyn En smart het Jesus ons bevry Heer elke dag is ’n belofte Elke oomblik net geleen Die ganse heelal bring U ere Deur U Seun is ons vergeef Verlos van sonde en die dood Aan die kruis het U gely En Here ons sê dankie Dankie Here ons is vry Heer U verlos ons deur genade U vergewe en vergeet Die kruis van Golgota bring lewe En reddingskrag is hier vir my Deur Jesus Christus is daar lewe Elke knie sal voor Hom buig U’t ons vrygemaak van sonde En die vyand is oorwin

Nuut op die rak Prys: R69.95 Die Kerkorde van die NG Kerk Bestel by: Met reglemente, kerkordelike riglyne en funksionele besluite soos vasgestel deur die Algemene Sinode in Junie 2007 Bestel by: 0860 26 33 42 bestel@bmedia.co.za www.bybelmedia.co.za Prys: R69.95