5. Egskeiding 6 April 2014 It is not a lack of love, but a lack of friendship that makes unhappy marriages. - Friedrich Nietzsche Lees saam: Lukas 7:18.

Slides:



Advertisements
Similar presentations
Dood • Siekte/Lyding • Werkloosheid • Misdaad • Egskeiding
Advertisements

Ons nooi alle gelowiges in Suid-Afrika om deel
DIE ONTKENNING (NEGATIEF) Me. J. van Zyl
Om God te GENIET Filippense 4:2-9.
Ons aanbid saam!. Ons aanbid saam! Die belangrikste boodskap in die Bybel: God is lief vir jou!
2. Siekte / Lyding 16 Maart 2014 “So much in a relationship changes when a partner is seriously ill, helpless yet blameless, and indefatigably needy.”
Vroeër hierdie maand het Facebook > 10 jaar oud geword
Rondom My Dawie de Jager.
Beste Skoene Ooit.
Holy Discontent.
BESIGHEIDSTUDIES – GRAAD 10
Nagmaal Christen-word, en Christen-wees
MUNUS TRIPLEX Die oprig en herstel van die drievoudige amp
Ps. 107: “Party het in die donker gesit, in diep duisternis, hulle was gevangenes, in ellende en in boeie, want hulle het hulle verset teen die bevele.
Onderwerp 12 Entrepreneursdag
II Tim. 2:22 “Vermy die begeertes wat 'n jongmens in gevaar bring, en streef na opregtheid, geloof, liefde en vrede, saam met almal wat uit 'n rein hart.
Romeine 12:2 “Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei.
Absolute oortuiging God bestaan?
ROETE 13 TIMOTEUS Vat voor!.
Innerlike sterkte.
3. Werkloosheid 23 Maart 2014 “Poverty alleviation involves the much harder task of empowering people to earn sufficient material things through their.
“Oh it is at a fearful expense that ministers are allowed to enter the pulpit without being preceded, accompanied, and followed by the earnest prayers.
kyk mamma – groot  rolf thielen NOTE:
Gen. 39:9 “Daar is niemand wat in hierdie huis meer gesag het as ek nie. Meneer het niks van my teruggehou nie, behalwe vir u, want u is sy vrou. Hoe.
ONREGVERDIGE, ONEINDIGE
CLICK TO ADVANCE SLIDES
Do you need a miracle In your Life?.
Die Internet.
Joh. 4:23 “Maar daar kom 'n tyd, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader deur die Gees en in waarheid sal aanbid, want die Vader wil juis.
Om te ONTVANG 1 Konings 3:2-15.
Krake 'n Baie hoë gebou was vir etlike jare in gebruik toe daar op 'n dag 'n gevaarlike kraak in die muur op die 42ste verdieping verskyn het. Die.
Jou geskenk aan God die Kersfees!
Die KRUIS Gebedsreis.
GAL 2:20-21 Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in.
NP van Wyk Louw Toe jy kind was.
Learning, Life and entrepreneurial skills
II Kor. 5:21 “Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek.
Tommy's Window Slideshow
1. Dood 9 Maart 2014 “Death ends a life, not a relationship” ― Mitch Albom, Tuesdays With Morrie Lees saam: Johannes 11: Beide Maria en Martha het.
Job. 42:5 “Tot nou toe het ek net gehoor wat mense van U sê, maar nou het ek U self gesien”
Luk. 11: “Dié wat op die pad val, dui op mense wat die woord hoor, maar dan kom die duiwel en neem dit uit hulle harte weg sodat hulle nie tot geloof.
Matt. 7:21 “Nie elkeen wat vir My sê: ‘Here, Here,’ sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie...”
Welkom Jeremia 1:4-10.
Johannes 6:56-71 PowerPoint agtergrond
I Kor 6:20. “julle is gekoop, en die prys is betaal
> God is heilig:. > God is heilig: Lev. 11:44,45. “Ek is die Here julle God Lev. 11:44,45 “Ek is die Here julle God. Wy julle aan my diens en wees.
Titus 2:12 “Dit voed ons op om die goddelose leefwyse en wêreldse begeerlikhede te laat vaar en met selfbeheersing, opregtheid en godsvrug in die teenswoordige.
Missie Krities .... waarom, daarom.....
Geskape om vir ewig te lewe !
Hoe weerloos is jy....
Hartlik welkom in die Erediens!
This is amazing, he died of pancreatic cancer in 2008, but wrote a book ‘The last lecture” before then, one of the bestsellers in 2007.  What a legacy.
MAAK OOP EN ONDEK JOU GESKENK
“True repentance shows itself in a thorough breaking off from sin
Sessie 2: Oor die teenwoordigheid van die verhoogde Christus by ons
Learning, Life and entrepreneurial skills
Jak. 2:14 “Wat help dit, my broers, as iemand beweer dat hy glo, maar sy dade bevestig dit nie? Kan so 'n geloof 'n mens red?
Gen. 1:26-28 “God het die mens geskep as sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die mens geskep, man en vrou het Hy hulle geskep. Toe het God hulle.
“Fear follows crime and is its punishment.” - Voltaire
Fil. 3: “Ek sê nie dat ek dit alles al het of die doel al bereik het nie, maar ek span my in om dit alles myne te maak omdat Christus Jesus my reeds.
I Pet. 1: “Nee, soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in julle hele lewenswandel heilig wees. Daar staan immers geskrywe: “Wees.
LOFOFFER 2014 Romeine 12.
Barmhartigheid Hoekom? Wat? Waar?.
Taalkunde.
Rom. 7: “Ek, ellendige mens
Narratiewe benadering tot gemeentes
Genesis 1 - Eerste dag Toe het God gesê: “Laat daar lig wees!” En daar was lig. God het gesien die lig is goed, en Hy het die lig en donker van.
WAARHEID MATT 28: Jesus kom toe nader en sê vir hulle: “Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde. Gaan dan na al die nasies toe en maak.
WEERSPIEËL SY LIG WEERSPIEËL SY LIG [SKYN SAAM] [SKYN SAAM]
Johannes 9 Hy het gegaan en hom gewas, en toe hy terugkom, kon hy sien.
Presentation transcript:

5. Egskeiding 6 April 2014 It is not a lack of love, but a lack of friendship that makes unhappy marriages. - Friedrich Nietzsche Lees saam: Lukas 7:18 - 23 Prof. Niekie Alpaslan beskryf egskeiding as “die dood van die huweliksverhouding”. Afgesien van die hantering van die gevoelens en reaksies, is daar ‘n rouproses oor al die verliese wat met egskeiding gepaardgaan. Die persoon wat skei kan moontlik die volgende ervaar: Skok en ontkenning: “Dit kan nie waar wees nie? Hoe kon hy/sy? Waarom ek?” Skuldgevoelens: “As ek maar net ...” Gevoelens van verwerping, vernedering, minderwaardigheid, eensaamheid en selfbejammering Gevoelens van mislukking, nutteloosheid, doelloosheid en depressie  Emosionele verwarring: “Ek weet nie meer wat ek voel nie. Wat is reg of verkeerd?” Gevoelens van jaloesie: Jaloers op die ander eggenoot wat nou (oënskynlik) gelukkig en sonder probleme is. Jaloers op ander gelukkige pare.

Algemene gevoelens Verliese Die multidimensionele verliese wat egskeiding meebring, nooi ook gevoelens van hartseer en depressie in. Wat verhoudinge betref, is die volgende belangrik: Die verlies van ’n huweliksmaat (’n emosionele voedingsbron, of bron van intimiteit) Die verlies aan die status van om getroud te wees en die voordele wat daarmee gepaardgaan. Die onbereikte verwagtinge en ideale. Gevolglike gevoelens van woede en opstand (aggressiewe reaksies) – veral teenoor die gewese eggenoot. Die verhouding tussen die kinders en die nie-toesighoudende ouer. Die reaksie van die kinders op hulle ouers se egskeiding. Selfbeeld Tydens ‘n egskeiding kan jou selfbeeld negatief beïnvloed word a.g.v.: Voortdurende negatiewe terugvoer/uitsprake wat jy voor, tydens en na die egskeiding van jou eks ontvang het. Die afwesigheid van enige bewondering/waardering van jou eks. Negatiewe selfgesprek na die egskeiding

Hoe kan ek ondersteuning bied? Jy het nie ‘n graad in Sielkunde nodig om ‘n goeie ondersteuner te wees nie. Jy moet net bewus wees van die nood, en bereid wees om te help. Wees beskikbaar om meer te luister, minder te praat en soms saam te huil. Hier is ‘n paar riglyne wat jou kan help om iemand wat deur ‘n egskeiding gaan te ondersteun: Moenie oordeel of kant kies nie; wees beskikbaar as jou vriend/in wil praat. Jy hoef nie noodwendig iets te doen nie – veral nie die eks saam slegsê nie Luister meer en praat minder. Huil saam. Bied praktiese hulp aan – kinders vervoer/versorg, hulp met gebreekte karre, yskaste of selfone, kruideniersware koop, kos maak Moenie sommer net advies gee nie. Skep ‘n veilige ruimte deur jou hulp aan te bied met: Vrae, besluitnemings, banksake. Beide vrouens en mans kan nuwe rolle as vreesaanjaend of onmoontlik beleef. Bied aan om saam te gaan na ‘n ondersteuningsgroep om die ys te breek. Die persoon wat deur die trauma van egskeiding geraak word: Jy hoef nie alleen deur jou pyn te worstel nie. Neem die stap om te vra vir hulp – jou vriende, kollegas, bure of familie kan ‘n bron van krag en ondersteuning wees. Soek ‘n egskeidings-begeleiding of ondersteuningsgroep. Dit is belangrik dat jy die eerste stap moet neem om hulp te vra.

Voorstelle vir ‘n suksesvolle egskeiding Leer om dinge te aanvaar soos dit is. Niks is permanent nie. In plaas van bitterheid en ‘n behoefte om die ander party te “straf”, kan jy kies om saam te werk. Fokus op die groter prentjie, jou egskeiding is net ‘n stukkie van die legkaart van die lewe. Hoewel dit voel of jou lewe nou uitmekaar val, kan dit help om te wonder oor hoe dinge oor 5 of 10 jaar gaan wees. Dit sluit ‘n visie in wat verder strek as jou onmiddellike situasie deur jou proses van leer en groei. Luister na die stilte en fokus op die innerlike stem van wysheid. Laat jouself toe om in die oomblik te wees sonder enige oordeel, sonder om te probeer om in beheer te wees of enigiets te verander – dit het ‘n diep kalmerende uitwerking op die gedagtes sowel as die liggaam. Wees vrygewig met jou genade en welwillendheid. Hierdie is waarskynlik die moeilikste om te doen, veral as jy baie seergemaak of veronreg voel. As jy dit kan regkry, sal jy vind dat jou hele innerlike lewe begin skuif en daarmee saam, jou handelinge. Voor jy jou kom kry, begin jy gunste doen vir die een vir wie jy so kwaad was. Streef na spirituele groei. As jy die dag vir jou eks kan bid, dan weet jy jy kon dit regkry om suksesvol te skei, in ‘n gees van genade, vergifnis, welwillendheid en compassion teenoor jou eks en tot voordeel van almal wat deur die egskeiding geraak word - jouself inkluis.

Vrae en Notas Begin vandag julle kleingroepgesprek weer deur eers al die karakters in die storie te lys. Met wie vereenselwig jy jouself vandag in die verhaal? Verduidelik hoekom jy so sê. Jesus vertel hierdie verhaal om te wys hoe stukkend verhoudings kan raak, hoofsaaklik deur die keuses en aksies van mense. Verhoudings kan herstel word wanneer daar vergifnis is. Vergifnis is menslik gesproke baie moeilik, maar dit is iets wat God moontlik maak. In die verhaal is die pa die een wat vergifnis ten toon stel, teenoor albei die seuns. Kan jy dink aan ’n voorbeeld van waar iemand ’n ander vergewe het wat jou verbeelding aangegryp het? Dit kan ’n nuusstorie ook wees. Vertel die verhaal oor in die groep. Vergifnis beteken nie om te vergeet nie, maar om anders te onthou. En as jy vergewe beteken dit nie dat die onreg ongedaan gemaak word nie. Jy laat dit net oor in God se hand. Die verhoudings tussen mense wat deur iets soos egskeiding geraak is, gaan anders lyk. Wat het jy gehoor in hierdie gesprek wat jou gaan help in jou eie egskeidingsverhaal of jou gaan help om iemand naby jou beter te ondersteun?