Lukas 24:1-12 PowerPoint agtergrond

Slides:



Advertisements
Similar presentations
Follow Him. Seek Him..
Advertisements

Ons nooi alle gelowiges in Suid-Afrika om deel
DIE ONTKENNING (NEGATIEF) Me. J. van Zyl
Ons aanbid saam!. Ons aanbid saam! Die belangrikste boodskap in die Bybel: God is lief vir jou!
Die Bron van innerlike sterkte
Rondom My Dawie de Jager.
Markus 16:1-8 PowerPoint agtergrond
Johannes 3:1-17 PowerPoint agtergrond
Johannes 20:1-18 PowerPoint agtergrond
“Be very sure of this, people never reject the Bible because they cannot understand it. They understand it too well; they understand that it condemns their.
Markus 5:21-43 PowerPoint agtergrond
Nagmaal Christen-word, en Christen-wees
MUNUS TRIPLEX Die oprig en herstel van die drievoudige amp
Jesus - Die Bevelvoerder van die Weermag
Joh. 13: “Ek gee julle 'n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê
Ps. 107: “Party het in die donker gesit, in diep duisternis, hulle was gevangenes, in ellende en in boeie, want hulle het hulle verset teen die bevele.
“What does this word holiness really mean
II Tim. 2:22 “Vermy die begeertes wat 'n jongmens in gevaar bring, en streef na opregtheid, geloof, liefde en vrede, saam met almal wat uit 'n rein hart.
Regverdigmaking (Justification)
Romeine 12:2 “Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei.
Absolute oortuiging God bestaan?
Innerlike sterkte.
Gen. 39:9 “Daar is niemand wat in hierdie huis meer gesag het as ek nie. Meneer het niks van my teruggehou nie, behalwe vir u, want u is sy vrou. Hoe.
ONREGVERDIGE, ONEINDIGE
WELKOM! Matteus 13.
CLICK TO ADVANCE SLIDES
Do you need a miracle In your Life?.
Joh. 4:23 “Maar daar kom 'n tyd, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader deur die Gees en in waarheid sal aanbid, want die Vader wil juis.
Krake 'n Baie hoë gebou was vir etlike jare in gebruik toe daar op 'n dag 'n gevaarlike kraak in die muur op die 42ste verdieping verskyn het. Die.
Phil 3:10 (NKJV) 10 that I may know Him and the power of His resurrection, and the fellowship of His sufferings, being conformed to His death,
Jou geskenk aan God die Kersfees!
Die KRUIS Gebedsreis.
GAL 2:20-21 Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in.
In 2009 was daar reeds 33, 3 miljoen mense wat met MIV lewe
II Kor. 5:21 “Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek.
Tommy's Window Slideshow
Job. 42:5 “Tot nou toe het ek net gehoor wat mense van U sê, maar nou het ek U self gesien”
Luk. 11: “Dié wat op die pad val, dui op mense wat die woord hoor, maar dan kom die duiwel en neem dit uit hulle harte weg sodat hulle nie tot geloof.
Matt. 7:21 “Nie elkeen wat vir My sê: ‘Here, Here,’ sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie...”
Welkom Jeremia 1:4-10.
Johannes 6:56-71 PowerPoint agtergrond
I Kor 6:20. “julle is gekoop, en die prys is betaal
> God is heilig:. > God is heilig: Lev. 11:44,45. “Ek is die Here julle God Lev. 11:44,45 “Ek is die Here julle God. Wy julle aan my diens en wees.
Titus 2:12 “Dit voed ons op om die goddelose leefwyse en wêreldse begeerlikhede te laat vaar en met selfbeheersing, opregtheid en godsvrug in die teenswoordige.
Geskape om vir ewig te lewe !
Johannes 20:1-18 PowerPoint agtergrond
Hoe weerloos is jy....
Verbintenis tot God se heerskappy Verbintenis tot God se dienswerk Verbintenis tot God se boodskap Verbintenis tot God se middele Verbind aan God se.
Verstaan  emosies  wil
MAAK OOP EN ONDEK JOU GESKENK
“True repentance shows itself in a thorough breaking off from sin
“Julle sal my getuies wees”
Markus 5:21-43 PowerPoint agtergrond
Die weg tot geregtigheid
I Tim. 5:17 “Die ouderlinge wat goeie leiding gee, behoort dubbele erkenning te kry, veral dié wat hard werk deur te preek en onderrig te gee”
Sessie 2: Oor die teenwoordigheid van die verhoogde Christus by ons
Hartlik welkom in die Erediens
Jak. 2:14 “Wat help dit, my broers, as iemand beweer dat hy glo, maar sy dade bevestig dit nie? Kan so 'n geloof 'n mens red?
Gen. 1:26-28 “God het die mens geskep as sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die mens geskep, man en vrou het Hy hulle geskep. Toe het God hulle.
CLICK TO ADVANCE SLIDES
I Pet. 1: “Nee, soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in julle hele lewenswandel heilig wees. Daar staan immers geskrywe: “Wees.
Tommy's Window Slideshow
A candle light is a protest at mignight, It is a non-conformist A candle light is a protest at mignight, It is a non-conformist. It says to.
LOFOFFER 2014 Romeine 12.
Rom. 7: “Ek, ellendige mens
Genesis 1 - Eerste dag Toe het God gesê: “Laat daar lig wees!” En daar was lig. God het gesien die lig is goed, en Hy het die lig en donker van.
WAARHEID MATT 28: Jesus kom toe nader en sê vir hulle: “Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde. Gaan dan na al die nasies toe en maak.
WEERSPIEËL SY LIG WEERSPIEËL SY LIG [SKYN SAAM] [SKYN SAAM]
Johannes 9 Hy het gegaan en hom gewas, en toe hy terugkom, kon hy sien.
Die opstanding van Jesus is vir die alledaagse bedoel.
Presentation transcript:

Lukas 24:1-12 PowerPoint agtergrond Die Sondagmôre baie vroeg… (Lukas 24:1) Sunrise, die eiendom van MoM Fotografie. Foto is geneem op 8 Maart 2015. Kopiereg word gereël deur Creative Commons en laat plasing toe. Foto is slegs geknip met Picasa III. Dit is beskikbaar by https://www.flickr.com/photos/momi215/16678927040/in/photolist-rpRRVA-4Ns8Jk-rxFNQ1-3Rw35i-oYViMg-9KDAWV-7WnTkq-q8Cdfd-4fs8fW-5SxkGa-rdEHgj-7WnTww-4QDgpN-85FpS6-kuMbBg-5FLBRu-GBds7-7tqDHx-gwauGf-iLE7vc-5B2MaN-5yeeVf-5yef3L-cHbryS-dwhRmo-4QK8fL-7KoYve-jyQSQZ-7WjB7B-zxyPn-7x3Eqn-aqi7bt-7Vhi2e-qom4Ud-7iY5Di-7Vhh5H-3RAfab-ausMzs-dVZB2H-auq7BV-4seq1x-ausTvq-oofL4-b7yusa-6ZydmN-3pBqZC-33aRDZ-dKJxFG-4tTawn-4iTqpM   Opsie 2: Fork 7 is die eiendom van SB, die foto geneem op 2 Oktober 2006. Kopiereg word gereël deur Creative Commons en laat plasing toe. https://www.flickr.com/photos/sarahbaker/258460366/in/photolist-oQFgd-u82uN-4fXCdm-ray8Ct-2mPDk-2MdCZE-a29ACW-depfqa-pJMZjr-6ia1bd-aUyYVB-p7KUuc-6rPt9L-rTCo4b-6UAgFP-57Vz82-8rP4jV-gEp4xn-ftELgM-ftEDji-fNKiYa-6fxBxp-k7dAVV-8HZ5rP-DvbN5-2k6U5H-iXG6wv-CCdN4-oQFwd-HZ8Q3-fQfNxN-Aar2xk-ANpaTt-CnvRgB-CnvRni-amgTfg-Aar2sv-oQFGr-CLpBce-oQFZS-cia5kQ-HVu2W-PY9di-mXs6r2-dSKzhs-6tcyCB-oQFCs-6jUe8G-amjMNb-9kYCaC Opsie 3: Kopiereg onbekend

Lukas 24:1-12 PowerPoint agtergrond   Opsie 2: Fork 7 is die eiendom van SB, die foto geneem op 2 Oktober 2006. Kopiereg word gereël deur Creative Commons en laat plasing toe. https://www.flickr.com/photos/sarahbaker/258460366/in/photolist-oQFgd-u82uN- 4fXCdm-ray8Ct-2mPDk-2MdCZE-a29ACW-depfqa-pJMZjr-6ia1bd-aUyYVB-p7KUuc- 6rPt9L-rTCo4b-6UAgFP-57Vz82-8rP4jV-gEp4xn-ftELgM-ftEDji-fNKiYa-6fxBxp-k7dAVV- 8HZ5rP-DvbN5-2k6U5H-iXG6wv-CCdN4-oQFwd-HZ8Q3-fQfNxN-Aar2xk-ANpaTt- CnvRgB-CnvRni-amgTfg-Aar2sv-oQFGr-CLpBce-oQFZS-cia5kQ-HVu2W-PY9di-mXs6r2- dSKzhs-6tcyCB-oQFCs-6jUe8G-amjMNb-9kYCaC

Lukas 24:1-12 PowerPoint agtergrond   Opsie 3: Kopiereg onbekend

God nooi ons uit en ons kom tot rus Toetrede Lied 420 Daar klink ’n lied, daar juig ’n stem of F168. As Ek Opstaan In Die Oggend (Hy Leef) http://flam.co.za/Soek.asp?return=True&qs=F168 Votum V: Die Here het opgestaan! G: Die Here het waarlik opgestaan! V: Dood, waar is jou angel? G: Doderyk, waar is jou oorwinning? V: Die dood is ingesluk. G: Die oorwinning is behaal! (Uit “Soos ’n Blom na die Son draai” deur Cas Wepener) Respons Lied 414 Juig verlostes, juig en sing of F237. Hy leef http://flam.co.za/Soek.asp?return=True&qs=F237 of VONKK 34 O Christus, Here Jesus http://vonkk.co.za/Soek.asp?return=True&qs=0034 Seëngroet V: Jesus leef! En ons met hom! Genade vir julle en vrede van God die Vader G: Hy sorg vir ons! V: en van die Seun G: Hy het waarlik opgestaan! V: en van die Heilige Gees G: Hy leef in ons! Amen (Uit “Gebedeboek met liturgiese voorstelle” deur Johan van der Merwe (Red) Lofsang Lied 421 Die Here Jesus lewe Lied 417 Jesus ons eer U of F466. Hoë Berge, Diepe Dale (Hy Leef / Daar Moet ’n God Wees) http://flam.co.za/Soek.asp?return=True&qs=F466 of VONKK 75 Halleluja! Die Heer Het Opgestaan! http://vonkk.co.za/Soek.asp?return=True&qs=0075 Toewyding / Herbevestiging van Doopbeloftes / Geloofsbelydenis Liturg staan by doopvont: V: Ons doop is ’n teken en seel dat God ons gered het. Deur die geboorte, dood en opstanding van Jesus Christus is die magte wat ons bind, verbreek en het God se koninkryk ons wêreld ingekom. Deur ons doop is ons burgers van God se koninkryk gemaak en vrygemaak van alles wat ons gevange hou. Kom ons vier vanoggend opnuut hierdie vryheid deur die beloftes wat by ons doop gemaak is te herbevestig. Ons gaan ons vanoggend opnuut aan God toewy deur ons geloof te bely en die doopwater aan te raak. V: Glo jy in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van die hemel en die aarde? G: Ja, ek glo. V: Weet dan dat God ons Vader met jou doop al sy beloftes aan jou toegesê en jou Syne gemaak het. Glo jy in Jesus Christus, die eniggebore Seun van God, ons Here? V: Weet dan dat Jesus Christus vir jou gesterf het en dat jy die redding wat Hy bewerk het, besit. Glo jy in die Heilige Gees? V: Weet dan dat die Heilige Gees in jou woon en vir jou die krag gee om ’n ware dissipel van Jesus te wees. Jy behoort aan die Here en niks kan hierdie waarheid ooit verander nie. G: Amen. As dit gepas is, kan gedooptes vorentoe kom en hul hande in die doopvont steek, terwyl almal sing: Lied 415 Jesus leef en ons met hom! of F336. Wie Is Ek Dat U Aan My Gedink Het (My Verlosser Leef) http://flam.co.za/Soek.asp?return=True&qs=F336   As jy wil, kan jy die video Apostoliese Geloofsbelydenis (Afrikaans) hier wys: https://www.youtube.com/watch?v=A56ZYgXR_JU

God praat met ons en ons luister Gebed Skriflesing As die predikant nie ’n vrou is nie, reël met ’n vrou om vandag se Skriflesing te doen: Vrouestem: Lukas 24:1-10 Mansstem: Lukas 24:11-12 Die Sand-kuns video kan goed werk as jy dit sonder klank tydens die Skriflesing wys: http://www.worshiphousemedia.com/mini-movies/18005/easter-part-3--jesus- resurrection Respons Lied 403 Christus het opgestaan Familie-oomblik Preek

Lukas 24:1-12 Fokusteks: Lukas 24: 1-12 Jesus het opgestaan (Matt 28:1–10; Mark 16:1–8; Joh 20:1–10) 24 Die Sondagmôre baie vroeg het die vroue na die graf toe gegaan met die reukolie wat hulle reggemaak het. 2Daar kry hulle die klip weggerol van die ingang van die graf af; 3en toe hulle ingaan, het hulle nie die liggaam van die Here Jesus gekry nie. 4Hulle het nie geweet wat om daarvan te dink nie. Meteens staan daar by hulle twee manne met blink klere aan. 5Die vroue het groot geskrik en met hulle gesig na die grond toe gebuig. Toe sê die manne vir hulle: "Waarom soek julle die Lewende by die dooies? 6Hy is nie hier nie. Hy is uit die dood opgewek. Onthou hoe Hy met julle gepraat het toe Hy nog in Galilea was 7en gesê het: Die Seun van die mens moet uitgelewer word in die hande van sondige mense, gekruisig word, en op die derde dag opstaan." 8Toe het hulle sy woorde onthou 9en van die graf af teruggegaan en al hierdie dinge vir die elf en al die ander vertel. 10Die vroue was Maria Magdalena en Johanna en Maria die ma van Jakobus. Ook die ander vroue saam met hulle het dieselfde dinge aan die apostels vertel. 11Maar vir hulle het hierdie verhaal na onsin gelyk en hulle het die vroue nie geglo nie. 12Petrus het egter opgespring en na die graf toe gehardloop. Toe hy daar vooroor buk, sien hy net die doeke. Vol verwondering oor wat gebeur het, is hy terug huis toe.

Familie-oomblik Familie-oomblik By https://www.youtube.com/watch?v=Nfnhv5h0k4M is ’n pragtige, stylvolle kindervriendelike video wat die verhaal van die opstanding vertel Carolyn Brown herinner ons daaraan dat die goeie nuus van Paasfees anders is vir kinder as vir grootmense. Vir die meeste kinders is oorwinning oor die dood nie vreeslik opwindend (of reëel) nie. Aansprake op nuwe lewe is ook moeilik vir kinders om te begryp. Wat kinders wél raak, die goeie nuus van Paasfees vir kinders, is dat God die magtigste wese in die heelal is. Die Paasfees belofte dat Jesus altyd by ons is, is ook goeie nuus vir kinders. Natuurlik kan kinders hulleself ook vind in die boodskap van vergifnis. Jy kan die kinders vandag regdeur die liturgie betrek: Gebruik video’s Laat kinders tydens die toetrede of lofsang vir die gemeente wit lelies uitdeel Laat kinders aan die einde van die diens Paaseiers uitdeel (as jy die betekenis van Paaseiers iewers verduidelik het). Koop pakke “speckled eggs”. Hulle kan ook tydens die diens paaseiers versier. Hou ’n paaseier-jag met paaseiers en Bybelverse Daar is ’n baie interessante tradisie rondom Maria Magdalena en paaseiers! Sy word dikwels uitgebeeld met ’n (rooi) eier in die hand. Dit is gebaseer op twee legendes: die een weergawe is dat sy ’n mandjie hardgekookte eiers by haar gehad het toe sy en die anders na die graf is. Toe sy besef Jesus het opgestaan, het die eiers rooi geraak. Die ander weergawe sê dat sy die opstanding mbv ’n eier aan die keiser probeer verduidelik het. Hy het haar uitgelag en gesê haar storie is net so min waar as wat die eier rooi is – en toe raak die eier rooi! Legendes ten spyt, is dit ’n goeie idee om vir die gemeente te verduidelik hoekom paaseiers deel van mense se Paasfees-viering is: Vroeë Christene het eiers rooi gekleur om hulle te herinner aan Jesus se bloed wat gevloei het. Die eiers het mettertyd ’n simbool geraak van Jesus se opstanding: Wanneer jy die eier oopbreek, is dit leeg! Net so was die graf leeg! Soet, lekker Paaseiers herinner ons aan die vreugde van lewe saam met Jesus. Gebruik ’n Paaseier – ’n lekker groot sjokolade eier kan werk, of maak regte paaseiers van hoendereiers! Breek die paaseier oop, wys vir almal dat dit leeg is, laat almal saam sê: Die graf is leeg! Jesus leef! ’n Oulike idee om die boodskap van Paasfees mbv plastiek eiers oor te dra: http://www.barefeetonthedashboard.com/2015/03/diy-resurrection-eggs-for- toddlers-and-preschool-kids/

Begrawe met ‘n vurk! Preekriglyn 'n Bejaarde dame is met 'n terminale siekte gediagnoseer. Sy het haar sake in orde begin kry, en onder andere haar dominee gevra om 'n draai te kom maak. Sy wou haar laaste wense met hom bespreek. Sy het hom vertel watter liedere sy by haar begrafnis gesing wil hê, die Skrifgedeeltes wat gelees moet word, asook die klere waarin sy begrawe wou word. Sy wou ook haar Bybel in die kis hê. Toe dit tyd word vir die dominee om te vertrek, sê sy: "Daar is 'n laaste wens. Ek wil met 'n vurk in my regterhand begrawe word." Die dominee het nie geweet wat om te sê nie. 'n Vurk? Die ou dame verduidelik. "Al die jare waarin ek etes by die kerk bygewoon het, wanneer die borde na die hoofmaal weggeneem word, sou iemand gewoonlik sê ons moet ons vurke hou. Dit het my altyd opgewonde gemaak, want dan het ek geweet iets lekkers kom, die beste deel van die hele ete. Hulle gaan nou sjokoladekoek of appelpastei bedien. Ons gaan ons vurke nodig hê." "So, wanneer mense my met 'n vurk in my hand in my kis sien lê, en vra 'Wat gaan aan, waarom 'n vurk,' moet dominee asb. vertel ek herinner hulle net: 'Hou jou vurk, die beste is aan die kom!'" Hierdie tannie het geweet hoe belangrik onthou en herinnering is. Op Paassondag word ons geleer om die woorde en gebeure rondom Jesus te onthou, sodat ons nie van die beste deel, ons toekoms met die Here, vergeet nie.

Laaste eer Laaste eer 'n Mens moet simpatie met die vroue hê wat op die eerste Sondagoggend die laaste eer aan Jesus se liggaam wou gaan betoon. Hulle het graf toe gegaan om die dooie liggaam van Jesus met reukolie te versorg. As deel van die Joodse gemeenskap het hulle geen idee gehad wat op hulle wag nie. Immers, daar sou uiteindelik 'n opstanding uit die dood plaasvind, maar eers aan die einde van die tye. So het hulle geglo. Geen wonder dat hulle verward was toe hulle sien die klip is weggerol en Hy is nie daar nie. Die vroeë oggendure van Pase is een vol verrassing, verbystering, vrees en verwarring. Die vroue het nie graf toe gegaan, terwyl hulle vir hulself sê "Wel, ons het die speserye vir ingeval Hy steeds dood is, maar laat ons hoop Hy lewe weer nie." Nee, niemand het nog ooit gedroom dat 'n mens doodgemaak is, en dan in 'n nuwe liggaamlike lewe aan die ander kant van die graf opgewek is nie, terwyl die res van die wêreld voortgaan soos vantevore nie. Wat hier gebeur maak menslik geen sin nie. Die vroue verteenwoordig in baie opsigte die lewenshouding van alle mense. Ons hou vas aan die balsem vir die dood. Soos Noordmans skryf: "Met speserye wil hulle die dood bestendig, 'n bietjie aangenamer maak. Daar is geen opstanding nie, net verset teen die dood. Maar dit is 'n verset wat tevergeefs is. Daar is geen oorwinning oor die dood nie." Maar as dit die einde sou wees sou die evangelie ook aan 'n einde kom. Thomas sou nie van sy twyfel genees word nie. Die Emmausgangers sou geen vreugde ken nie. Daar sou geen Paulus op die Damaskuspad wees nie. Sonder Pase - die belydenis van Christus se oorwinning oor die dood - is daar geen evangelie, geen Bybel, geen kerk, geen gemeenskap van gelowiges om te troos nie. Pascal skryf: "Sonder Christus kan die wêreld nie voortgaan nie. Dit sou of vernietig of in 'n soort hel ontaard."

Verras uit die hemel Verras uit die hemel In hierdie omstandighede verras God ons met 'n boodskap uit die hemel. Dis 'n boodskap uit 'n ander wêreld. Dit is nie wat hulle verwag het nie. Dit is nie wat hulle wou hoor nie, maar dit is wat hulle nodig gehad het. Hy is nie hier nie. Hy is opgewek! Die engele is self ook verbaas oor die logika van die dood. God is nie 'n God van die dood nie, maar van die lewe. Die wêreld van die dood en die wêreld van die lewe begryp mekaar nie. Hoe kan julle die lewende Jesus Christus by die dooies soek? Die dood rym nie met die lewende God nie: "Die Vader van ons Here Jesus Christus is nie die Vader van 'n gebalsemde mummie nie" (Noordmans). Twyfel en ongeloof hou vas aan die logika van mense. Geloof hoor dat God sterker as die dood is.

Herinnering ontsluit geloof Al maak dit nie sin vir die vroue nie, neem die boodskappers van die hemel die vroue terug op die pad van herinnering (6b – 8a): "Onthou hoe Hy met julle gepraat het toe Hy nog in Galilea was en gesê het: Die Seun van die mens moet uitgelewer word in die hande van sondige mense, gekruisig word, en op die derde dag opstaan." Toe het hulle sy woorde onthou.... Hierdie herinnering is meer as om net te onthou wat Jesus gesê het. Om te onthou, is om vertroos, opgebou en versterk te word. Om te onthou, is om te verander. Die boodskappers van God herinner hulle aan Jesus se woorde wat keer op keer in hulle ore weerklink het, maar nie ingesink het nie. Inteendeel, Lukas 18:34 herinner ons daaraan dat dit byna onmoontlik vir hulle was om sy woorde te onthou: "Maar van hierdie dinge het hulle niks begryp nie. Die woorde was vir hulle duister en hulle het nie verstaan waaroor Hy praat nie." Die vroue onthou. Hierdie mense wat 'n groot rol in die Lukas evangelie speel maar steeds in die samelewing as onbetroubare getuies gesien is, word die eerste getuies. Hulle kan nie stilbly nie. Dis wat gebeur wanneer die woorde van Jesus in ons harte begin weerklink. Die Woord en sakrament herinner ons gedurig aan hierdie woorde van Jesus.

Vergeet lei tot ongeloof Vergeetagtigheid lei tot ongeloof en afvalligheid (Ps 106). Herinnering lei tot geloof en aksie. Noordmans skryf: "Elke diens wat ons in Christus verrig sal iets wegneem van die werking van die angs vir die dood . . . Elke stap wat ons neem in die sin van die Paasevangelie bring ons nader aan die ontmoeting met die opgestane Heer." Met getuienis van die vroue word die eerste stap geneem in die kragtige boodskap van die kerk wat hoop bring vir elke mens. Hierdie vroue het die moed van hulle oortuiging gehad om die dwaasheid van die opstanding te gaan verkondig. Dit maak nie sin nie, maar hulle het geweet dis waar, want die woorde van Jesus het in hulle harte grond gevat. Hulle het Hom nog nie gesien nie. Hulle het nie geweet wat die toekoms inhou nie. Maar hulle het geglo en verkondig!

God herinner ons God herinner ons Tom Wright vertel dat een van sy kollegas opgemerk het dat as hy ooit 'n outobiografie sou skryf, die titel sou wees: "I Told You So." Die tragedie van die Paasboodskap is dat ons dit oor en oor hoor, maar tog nie hoor nie. Dit stop in ons oordromme. Dis asof ons hoor, maar tog nie hoor nie. Die verhaal maak duidelik dat ons slegs werklik hoor as God ons herinner aan sy woorde. Die Paasboodskap is deel van die herinnering wat gelowiges jaar na jaar (eintlik Sondag na Sondag) beleef. Ons hoor egter nie met ons ore en verstand nie. Ons hoor met ons hart. Om te onthou lei tot geloof (Rom 10:10-17). Hierdie herinnering is meer as intellektuele kennis, dit is ook kennis van die hart. Wanneer die hart gesond word keer die herinnering terug. Iemand skryf: "Geloof in die opstanding is nie redelike insig nie, maar hartlike vertroue, net soos die vergewing van sondes." Immers, "Hy is vanweë ons oortredings oorgelewer en Hy is opgewek sodat ons vrygespreek kan word" (Rom 4:25). Ons weet nie hoe die opstanding van Christus in ons gebroke wêreld hoop in die mees hopelose situasies van verwoestende twyfel en wanhoop sal bring nie. Al wat ons weet is dat God verrassend nuut begin. Ons weet dat Jesus lewe en ons met Hom. Dood, wie sou vir jou nog bewe? Wright skryf dat die evangelie van die begin af goeie nuus is omdat dit waag om ons dinge te vertel wat ons nie verwag het nie, wat ons gesukkel het om te glo, en wat ons moeilik kan verstaan. Het ons dan gedink die evangelie sou iets vanselfsprekend, alledaags wees, iets wat ons self kon uitdink?

Die kerk verkondig die evangelie Die kerk van Jesus Christus is die draer van die boodskap van hoop in 'n wêreld vol doodloopstrate. Selfs terwyl bestaan nog 'n doodsreuk het, verkondig ons die lewe. Selfs al is die dood die sagte agtergrondmusiek in almal se lewe en besef ons dat almal eenmaal sal doodgaan en elke rekening met dieselfde saldo sal sluit (Brunner), leef ons met hoop omdat Hy nie in die graf is nie. Ons dra dit na ander twyfelende dissipels en stukkende mense toe. 'n Oggendgebed in die gebedeboek van die Evangelies Lutherse Kerk sê: Mighty God of mercy, we thank you for the resurrection dawn, bringing the glory of our risen Lord who makes every morning new. Kort daarna antwoord die gemeente met die volgende woorde: Merciful God of might, renew this weary world, heal the hurts of all your children, and bring about your peace for all in Christ Jesus, the living Lord.

Die hef in die hand Die hef in die hand Die evangelie getuig dat God in Jesus Christus die hef in die hand het as dit kom by die dood. Die Lewende is die by die dooies nie. Hy is opgewek, Hy is die lewe, Hy skenk die lewe. Daarom is dit glad nie 'n slegte idee om met 'n vurk in die hand begrawe te word nie. Die beste kom nog!

God stuur ons om te leef God stuur ons om te leef Gebed Dankoffer Slotsang Lied 421 Die Here Jesus lewe of F57. Ek Sien In My Gees (Oorwinningslied) http://flam.co.za/Soek.asp?return=True&qs=F057 of VONKK 5 Vreugde! Vreugde! http://vonkk.co.za/Soek.asp?return=True&qs=0005 Seën V: Jesus Christus is die opstanding en die lewe. G: Hy is ons vrede. V: Wie in hom glo, sal in ewigheid nie sterwe nie. G: Hy is ons vrede, nou en tot in ewigheid. Amen Respons Lied 206 Halleluja! of VONKK 150 Halleluja 4 http://vonkk.co.za/Soek.asp?return=True&qs=0150

Volgende erediens: Johannes 20:19-31 Volgende erediens   Familie-oomblik en Liturgie: Rethie van Niekerk Powerpoint: Wicus Wait Preekverwerking: Danie Mouton Proses en ekstra stof: Chris van Wyk