Hebreërs 13:1-8 en 15-16 1 As broers moet julle mekaar altyd liefhê. 2 Moenie nalaat om gasvry te wees nie, want deur gasvry te wees, het sommige mense.

Slides:



Advertisements
Similar presentations
Efesiërs 5:8-14 8Vroeër was julle die ene duisternis, maar nou in die Here is julle lig. Leef dan as mense van die lig. 9Uit die lig kom alles voort wat.
Advertisements

Hebreërs 11:1-3. Ingenooi deur God Ons raak bewus van ons diepste behoeftes, vrae en vrese en gee ons oor aan God.
Ons nooi alle gelowiges in Suid-Afrika om deel
DIE ONTKENNING (NEGATIEF) Me. J. van Zyl
Sagaria 14:8-21 Die klok wat hier gebruik word, het twee betekenisse. Die een betekenis verwys na die klokkies van die perde (vers 20) en die tweede betekenis.
Ons aanbid saam!. Ons aanbid saam! Die belangrikste boodskap in die Bybel: God is lief vir jou!
Dood vir die sonde, maar lewend vir God
Holy Discontent.
Johannes 3:1-17 PowerPoint agtergrond
Psalm 29 Die stem van die Here is magtig 29 ’n Psalm van Dawid.
Efesiërs 3: Daarom bid ek vir julle wat nie Jode is nie, ek, Paulus, ’n gevangene deur my diens aan Christus Jesus. 2 Julle het tog seker gehoor.
“Be very sure of this, people never reject the Bible because they cannot understand it. They understand it too well; they understand that it condemns their.
Nagmaal Christen-word, en Christen-wees
MUNUS TRIPLEX Die oprig en herstel van die drievoudige amp
Jesus - Die Bevelvoerder van die Weermag
Ps. 107: “Party het in die donker gesit, in diep duisternis, hulle was gevangenes, in ellende en in boeie, want hulle het hulle verset teen die bevele.
Onderwerp 12 Entrepreneursdag
II Tim. 2:22 “Vermy die begeertes wat 'n jongmens in gevaar bring, en streef na opregtheid, geloof, liefde en vrede, saam met almal wat uit 'n rein hart.
Romeine 12:2 “Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei.
In Ritme Met Die Gees Om ’n Sabbatsmens Te Word.
Absolute oortuiging God bestaan?
ROETE 13 TIMOTEUS Vat voor!.
Innerlike sterkte.
Gen. 39:9 “Daar is niemand wat in hierdie huis meer gesag het as ek nie. Meneer het niks van my teruggehou nie, behalwe vir u, want u is sy vrou. Hoe.
ONREGVERDIGE, ONEINDIGE
WELKOM! Matteus 13.
CLICK TO ADVANCE SLIDES
Do you need a miracle In your Life?.
Psalm 71.
Joh. 4:23 “Maar daar kom 'n tyd, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader deur die Gees en in waarheid sal aanbid, want die Vader wil juis.
Om te ONTVANG 1 Konings 3:2-15.
Krake 'n Baie hoë gebou was vir etlike jare in gebruik toe daar op 'n dag 'n gevaarlike kraak in die muur op die 42ste verdieping verskyn het. Die.
Phil 3:10 (NKJV) 10 that I may know Him and the power of His resurrection, and the fellowship of His sufferings, being conformed to His death,
Jou geskenk aan God die Kersfees!
Die KRUIS Gebedsreis.
GAL 2:20-21 Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in.
In 2009 was daar reeds 33, 3 miljoen mense wat met MIV lewe
II Kor. 5:21 “Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek.
Tommy's Window Slideshow
Job. 42:5 “Tot nou toe het ek net gehoor wat mense van U sê, maar nou het ek U self gesien”
Luk. 11: “Dié wat op die pad val, dui op mense wat die woord hoor, maar dan kom die duiwel en neem dit uit hulle harte weg sodat hulle nie tot geloof.
Matt. 7:21 “Nie elkeen wat vir My sê: ‘Here, Here,’ sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie...”
Welkom Jeremia 1:4-10.
I Kor 6:20. “julle is gekoop, en die prys is betaal
> God is heilig:. > God is heilig: Lev. 11:44,45. “Ek is die Here julle God Lev. 11:44,45 “Ek is die Here julle God. Wy julle aan my diens en wees.
Titus 2:12 “Dit voed ons op om die goddelose leefwyse en wêreldse begeerlikhede te laat vaar en met selfbeheersing, opregtheid en godsvrug in die teenswoordige.
Geskape om vir ewig te lewe !
Hoe weerloos is jy....
Verbintenis tot God se heerskappy Verbintenis tot God se dienswerk Verbintenis tot God se boodskap Verbintenis tot God se middele Verbind aan God se.
Verstaan  emosies  wil
This is amazing, he died of pancreatic cancer in 2008, but wrote a book ‘The last lecture” before then, one of the bestsellers in 2007.  What a legacy.
MAAK OOP EN ONDEK JOU GESKENK
“True repentance shows itself in a thorough breaking off from sin
“Julle sal my getuies wees”
Sessie 2: Oor die teenwoordigheid van die verhoogde Christus by ons
Jak. 2:14 “Wat help dit, my broers, as iemand beweer dat hy glo, maar sy dade bevestig dit nie? Kan so 'n geloof 'n mens red?
Gen. 1:26-28 “God het die mens geskep as sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die mens geskep, man en vrou het Hy hulle geskep. Toe het God hulle.
Ef. 1:4 “So het Hy, nog voordat die wêreld geskep is, ons in Christus uitverkies om heilig en onberispelik voor Hom te wees.”
Fil. 3: “Ek sê nie dat ek dit alles al het of die doel al bereik het nie, maar ek span my in om dit alles myne te maak omdat Christus Jesus my reeds.
I Pet. 1: “Nee, soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in julle hele lewenswandel heilig wees. Daar staan immers geskrywe: “Wees.
Tommy's Window Slideshow
Johannes 12 Daar was ook 'n aantal Grieke onder die mense wat fees toe gekom het om te aanbid. Hulle het na Filippus, wat van Betsaida in Galilea afkomstig.
LOFOFFER 2014 Romeine 12.
Rom. 7: “Ek, ellendige mens
Genesis 1 - Eerste dag Toe het God gesê: “Laat daar lig wees!” En daar was lig. God het gesien die lig is goed, en Hy het die lig en donker van.
WAARHEID MATT 28: Jesus kom toe nader en sê vir hulle: “Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde. Gaan dan na al die nasies toe en maak.
Hebreërs 13:1-8, PowerPoint agtergrond
WEERSPIEËL SY LIG WEERSPIEËL SY LIG [SKYN SAAM] [SKYN SAAM]
Johannes 9 Hy het gegaan en hom gewas, en toe hy terugkom, kon hy sien.
CLICK TO ADVANCE SLIDES
Presentation transcript:

Hebreërs 13:1-8 en 15-16 1 As broers moet julle mekaar altyd liefhê. 2 Moenie nalaat om gasvry te wees nie, want deur gasvry te wees, het sommige mense sonder dat hulle dit geweet het, engele as gaste gehuisves. 3 Dink aan die gevangenes asof julle self ook gevangenes is, en aan dié wat mishandel word, asof julle self ook mishandel word. 4 Die huwelik moet deur almal eerbaar gehou word. Wees in die huwelikslewe getrou aan mekaar, want ontugtiges en egbrekers sal onder die oordeel van God kom. 5 Hou julle lewe vry van geldgierigheid; wees tevrede met wat julle het. God self het gesê: Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie. 6 Daarom kan ons met vertroue sê: Die Here is my helper, ek ken geen vrees nie: wat kan 'n mens aan my doen? 7 Dink aan julle voorgangers wat die woord van God aan julle verkondig het. Let op hulle lewenswandel tot die einde toe, en volg die voorbeeld van geloof wat hulle gestel het. 8 Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid.   15 Laat ons dan onophoudelik deur Jesus aan God ’n offer van lof bring, dié lof wat aan Hom gebring word deur die lippe wat sy Naam bely. 16 Moenie nalaat om goed te doen en mededeelsaam te wees nie, want dít is die offers wat vir God aanneemlik is.

Ingenooi deur God Ons raak bewus van ons diepste behoeftes, vrae en vrese en gee ons oor aan God

Ons betree God se wêreld en gaan in God se vrede in Ingaan in God se tyd Ons betree God se wêreld en gaan in God se vrede in

Familie-oomblik Roep twee kinders uit een gesin vorentoe en gee aan die een ’n sjokolade (bv ’n Bar-One of iets). Sê vir die een dat jy die sjokolade vir hom/haar gee, maar dat jy graag wil hê hy/sy ook ’n stukkie vir die boetie/sussie moet gee. Hy/sy kan egter self besluit hoe groot die stukkie moet wees. Sê vir die hom/haar dat s/hy met ’n mes ’n merkie moet maak voordat dit gedeel word, maar bevestig net weer dat dit regtig aan die een gegee is en dat s/hy die volste reg het om te besluit hoe groot die stukkie moet wees. Terwyl die kind dan nog besig is om te besluit hoe groot die stukkie moet wees, stop jy die aktiwiteit en sê dat jy nou besluit het om eerder die sjokolade aan die ander kind te gee. Gee dan dieselfde opdrag, maar die keer kan die ander een besluit hoe groot die stuk moet wees. Laat die ander een nou ’n strepie met die mes op die sjokolade maak en kyk hoe dit verskil van die eerste merkie. In vers 1 en vers 16 word daar gepraat van gasvryheid en mededeelsaamheid. Om regtig gasvry te wees, moet ons ons eers in die skoene van die ander kan indink, soos vers 3 sê. Dan sal ons heeltemal anders dink oor hoe mededeelsaam ons sal wees.

Ons luister dieper na die Woord en ontmoet God Luister na God se Woord Ons luister dieper na die Woord en ontmoet God

Hoe moet ons leef? Hebreërs 13:1-8, 15-16 - "wees tevrede..."   Hoe moet ons, volgens die skrywer van die Hebreërbrief, teenoor ander leef? Hoofstuk 13 konkretiseer die Christelike lewenswandel waarvoor hoofstukke 1-12 gepleit het. Hoe moet ons dus leef?

1. Ons moet mekaar soos broers liefhê Vers 1 - [Liefde] Ons moet mekaar liefhê soos broers. Dit bly die hart van die evangelie dat ons mekaar soos broers moet liefhê. Nie net in die algemeen nie, maar op ’n besondere manier: soos broers. In die antieke wêreld was die verhouding tussen broers voorgehou as die ideale verhouding. Mans was nader aan hulle broers as aan hulle vrouens. ’n Broer is gesien as een siel wat in twee liggame woon.

2. Ons moet gasvry wees Vers 2 - [Koinonia of gemeenskap] Ons moet gasvry wees. In die antieke wêreld was herberge min en moreel onder verdenking. Daarom was mense afhanklik van die sorg van ander vir hulle veiligheid. Om gasvry te wees, was om te bely dat almal – selfs die vreemdeling wat op pad is – deel is van dié wat ek moet versorg. Die skrywer verwys na Abraham (Gen 18:1–5) wat, sonder dat hy dit geweet het, engele as gaste gehuisves het.

3. Ons moet aan die gevangenes en die mishandeldes dink Vers 3 - [Barmhartigheid] Ons moet aan die gevangenes en die mishandeldes dink. Die vreeslikste behandeling het gevangenes in die antieke wêreld te beurt geval. Hulle moes dikwels in myne werk, onder omstandighede wat hulle gesondheid gebreek het. Óf, indien hulle vir skuld opgesluit is, is hulle gemartel sodat hulle familie en vriende geld sou bymekaarmaak om hulle los te koop, deur hulle skuld te betaal namens hulle (vandaar die gelykenis in Matt 18 dat die ou in die tronk gegooi word en gemartel word, totdat sy skuld betaal word). Gevangenes was meestal vir kos en klere van besoekers afhanklik. In navolging van Jesus het die vroeë Christene ’n reputasie gehad dat hulle vir gevangenes omgegee het.

4. Ons moet getrou wees aan ons huweliksmaat Vers 4 - [Getrouheid] Ons moet getrou wees aan ons huweliksbeloftes. Christene moet hulle tafels (kos) deel, maar nie hulle beddens nie!

5. Ons moet te vrede wees met dit wat ons het Vers 5 - [Tevredenheid] Ons moenie geldgierig wees nie, maar tevrede wees met wat ons het. Letterlik sê die skrywer dat ons vry van ons liefde vir geld moet kom. Ons glo egter moeilik dat dit moontlik is. Niemand is immers tevrede met wat hy het nie! “Wat koop jy vir mense wat reeds alles het of dit self sou kon bekostig? Die verrassende antwoord? Niks. Jy koop eerder iets vir die armes.” Tony Campolo  

6. Ons moet op God vertrou Vers 5-6 - [Geloof] Ons moet op God vertrou. Die skrywer haal hier Deut 31:6 en Jos 1:5 aan om ons daarvan te oortuig dat God ’n mens nooit in die steek laat nie. Dit word gevolg met ’n aanhaling uit Ps 118:6, waar die digter bely: “Die Here is my helper, ek ken geen vrees nie: wat kan ’n mens aan my doen?” Ons moet glo dat God aan ons gee wat ons nodig het.  

Aktiewe broederliefde In vers 7 tot 8 (wat ’n nuwe gedagte-rigting inlei) herinner die skrywer van Hebreërs sy lesers aan hulle voorgangers (die gelowiges wat reeds dood is). Hulle is deel van die skare geloofshelde en hulle lewe van ontbering en getrouheid tot die einde toe, kan dien as voorbeeld van geloof vir die huidige geslag van gelowiges. Omdat Jesus nooit verander nie (vers 8), verander Sy verwagting ook nie van Sy navolgelinge nie. Daarom moet ons leef soos ons voorgangers.   Vers 15-16 - Die verband tussen hierdie twee verse en die voorafgaande gedeelte wat oor offers gaan (vers 10-12), word gelê deur die laaste gedeelte van vers 16 wat ook oor offers handel. Watter soort lofoffers het die Here behae in? Dit bestaan eerstens uit “die vrug van die lippe” (soos in die Grieks) wat Jesus se Naam bely. Die lippe word dus gesien as ’n boom wat vrugte van lof dra. Hierdie vrug kan alleen gedra word aan ’n boom wat in die belydenis van die Naam van God staan. ’n Lofoffer beteken immers om God te erken vir wie Hy is en om dit teenoor Hom te bely. Dit bestaan tweedens egter nie net uit lofliedere nie (vers 15), maar ook uit mededeelsaamheid en die doen van dit wat goed is. Wat beteken dat Christene aktiewe broederliefde onder mekaar moet beoefen. Hiervan het vers 1 tot 6 praktiese riglyne en voorbeelde gegee.

Luister na mekaar God maak ons ’n luisterende gemeenskap en praat ook deur ander mense met ons

Luister na ander en die tye Ons stel onsself oop om God van onverwagse kante af te hoor

Luister weer na God se Woord Ons fokus op die Gees se beweging in ons hart en gedagtes

Ons fokus op vers 15,16   Yakov Smirnoff – ’n Russiese komediant – het toe hy die VSA vir die eerste maal besoek het, nadat hy die ongelooflike klomp kits produkte gesien het wat in Amerika beskikbaar is, die volgende te sê gehad: “On my first shopping trip, I saw powdered milk – you just add water, and you get milk. Then I saw powdered orange juice – you just add water, and you get orange juice. And then I saw baby powder, and I thought to my self, ‘What a country!’ ”

Geloofsgroei is ’n lang pad Ongelukkig dink baie mense so oor Christenskap – dat mense onmiddellik verander as hulle tot bekering kom. Ons gaan kerk toe asof ons Spar of Pick ‘n Pay besoek, ons soek “Christen-poeier” daar. Voeg net water by en volgelinge van Jesus word gebore. Wat ’n kerk!   Daar bestaan nie so iets nie – geloofsgroei is ’n lang pad – daar is geen kitsoplossings nie!

The giving tree Daar is net een manier van groei! Wat is dit? Die wonderlike kinderstorie – The giving tree – van Shel Silverstein gaan ons help: Daar was ’n appelboom wat baie lief was vir ’n seuntjie. Die seuntjie het elke dag in die boom se takke en onder die boom se koelte gespeel. Die seun was lief vir die boom en die boom was gelukkig! Die seun het ouer geword en die boom was dikwels alleen. Op ’n dag het die seun vir die boom vertel dat hy geld nodig het. “Pluk my appels en verkoop dit!” was die boom se raad. Die seun het. Hy het eers na ’n lang tyd weer na die boom teruggekeer, want hy wou ’n huis hê. Toe stel die boom voor dat hy hom afkap en daarmee ’n huis bou! En die seun het! Uiteindelik toe die seun baie oud was, het hy weer daar ’n draai gemaak. Hy wou net rus en die boom se stomp was die ideale plek. Die boom was gelukkig, want hy het sy alles gegee!   Die gee van offers gaan jou help om te groei en as jy onthou dat elkeen in die familie van God ’n priester is. Daar is offers wat uit Hebreërs 13:15, 16 kom.

Gee ’n lof- en dankoffer Eerste offer: Gee ’n lof- en dankoffer Die Eerste offer kom uit Heb 13 :15 a. Gee ’n lof- en dankoffer. Daarmee vergeet ons van onsself en fokus geheel en al op ons God! Onthou ons loof God vir Wie Hy is en dank Hom vir wat Hy doen! Kan julle sien hoe GROOT en hoe GOED Hy vir ons is? Lofprysing is ’n kragtige offer – die priesters het verskeie veldslae gewen met lofprysing – dink maar aan die Jerigo-mure en die storie van Koning Josafat (2 Kron 20). Laat ons nou ’n lofoffer bring met die sing van ’n loflied (enige loflied wat in jou konteks sal pas. Flam 93 is ’n uitstekende voorbeeld).

God van krag U stem kom skeur die hemel soos weerlig in die nag God van krag U stem kom skeur die hemel soos weerlig in die nag. U woorde vernietig elke twyfel en vrees, want U lewe. U lewe! FLAM 93 God van krag is opgeneem op die nuwe Flam CD ‘Roeping: Lof’ Besoek Flam se webwerf by www.flam.co.za. God van krag U stem kom skeur die hemel soos weerlig in die nag. U woorde vernietig elke twyfel en vrees, want U lewe. U lewe!

Ek sal sing al huil die stormwinde, al dreun die vloed met mag Ek sal sing al huil die stormwinde, al dreun die vloed met mag. 'n Ewige vlam van hoop brand diep in my, want U leef! U leef! U lewe! Ek sal sing al huil die stormwinde, al dreun die vloed met mag. 'n Ewige vlam van hoop brand diep in my, want U leef! U leef! U lewe!

Meer as wat ek kan dink of kan droom, kan U waar maak in my lewe Meer as wat ek kan dink of kan droom, kan U waar maak in my lewe. U regeer oor my donkerste nag. Ek vertrou U, God van krag. my God van krag, ek vertrou, ek vertrou. U is my rots. Meer as wat ek kan dink of kan droom, kan U waar maak in my lewe. U regeer oor my donkerste nag. Ek vertrou U, God van krag. my God van krag, ek vertrou, ek vertrou. U is my rots.

Gee ’n getuienis-offer Tweede offer: Gee ’n getuienis-offer

“Christians are not those who claim to have the truth “Christians are not those who claim to have the truth. They are the ones who do the truth.” Anoniem “Christians are not those who claim to have the truth. They are the ones who do the truth.” Anoniem. Dis getuienis.

“Dam up the Detroit River, and baptize the entire plant.” Henry Ford (Verduideliking van die agtergrond). Daar is ’n verhaal wat vertel word oor die beginjare van Henry Ford en die Ford-maatskappy: ’n Werker het oor jare gereedskap en ander motoronderdele by die fabriek “geleen”. Alhoewel dit teen die maatskappy se reëls was, het almal dit gedoen. En die bestuur het nooit iets daaraan gedoen nie. Eendag het die werker tot bekering gekom. Omdat hy nog nooit deel was van ’n kerk nie, is hy toe ook gedoop. Hy was ’n gelowige wat sy doop ernstig opgeneem het. En die dag ná sy doop, het hy al die “geleende” gereedskap en onderdele na die fabriek teruggeneem en dit aan die voorman oorhandig. Hy het sy hele storie vir hom vertel en hom om vergifnis gevra. Die voorman was so oorweldig deur die man se eerlikheid, dat hy vir Henry Ford, wat op daardie tydstip oorsee was, ’n telegram met die nuus gestuur het. Henry Ford het soos volg geantwoord: “Dam up the Detroit River, and baptize the entire plant.” Omdat ons Jesus volg, behoort ons anders te lewe... dis ons sterkste getuienis.

Gee ’n barmhartigheids-offer Derde offer: Gee ’n barmhartigheids-offer Die Derde offer kom uit Heb 13:16a. Gee ’n barmhartigheidsoffer (goed doen).

“Evil is not driven out, but crowded out “Evil is not driven out, but crowded out ... through the expulsive power of something good.” M L King Martin Luther King het mos gesê: “Evil is not driven out, but crowded out ... through the expulsive power of something good.”

“Om jammer te wees vir ’n mens in nood, is nie die kenmerk van ’n Christen nie, maar om daadwerklik te help, is wel” “Om jammer te wees vir ’n mens in nood, is nie die kenmerk van ’n Christen nie, maar om daadwerklik te help, is wel!”

Wanvoeding in SA! Armoede is ’n ernstige probleem in Suid Afrika. 41% van kinders tussen 1 en 5 jaar in SA, bereik slegs 90% van hulle potensiële lengte – weens wanvoeding! Daar is gemeenskappe waar byna die helfte van die kinders minder as 80% van hulle standaard liggaamsgewig weeg, waar tot 13,5% van kinders voor hul vyfde verjaarsdag sterf. Suid Afrika produseer genoeg kos om 6000 kal. per persoon beskikbaar te maak – ons het net regtig 2500-3000 kal. nodig. Tog is daar ondervoeding, wanvoeding… Daar is broodgebrek in SA ! Die gee van lewensmiddele is nie “minder geestelik” nie! Dit openbaar Jesus as Seun van God.

“Moruti, volgende keer voor jy ’n Bybel bring, bring net eers ’n brood Prophet Prophet se lied: “Moruti, volgende keer voor jy ’n Bybel bring, bring net eers ’n brood.”

“Geen mens kan op ’n leë maag tot bekering kom nie “Geen mens kan op ’n leë maag tot bekering kom nie. Met brood in sy maag, ontdek hy die Brood wat in sy hart wil bly” Woodrow Wilson Woodrow Wilson sê: “Geen mens kan op ’n leë maag tot bekering kom nie. Met brood in sy maag, ontdek hy die Brood wat in sy hart wil bly.”

“Our lives are bread by which hungry men and women are to be fed “Our lives are bread by which hungry men and women are to be fed. We are in the world like our Master, not to be ministered unto, but to minister, and give our lives!” Robert Speer “Our lives are bread by which hungry men and women are to be fed. We are in the world like our Master, not to be ministered unto, but to minister, and give our lives!” (Robert Speer). Goed doen, kan ook terug verwys na Hebreërs 13:2; dat jy ’n gasvryheidsoffer sal gee. Dis ons taak as gelowiges om vreemdelinge tuis te laat voel.

“People are strange when you're a stranger, faces look ugly when you're alone. Women seem wicked when you're unwanted. Streets are uneven when you are down. When you're strange, faces come out of the rain, when you're strange. No one remembers your name, when you're strange, when you're strange.” The Doors, ’n “band” van die laat-60’s en vroeë 70’s, het ’n lied, “People Are Strange”, gehad. Die lied gaan oor die feit dat jy die vreemdeling is. Die woorde is:   "People are strange when you're a stranger, faces look ugly when you're alone. Women seem wicked when you're unwanted. Streets are uneven when you are down. When you're strange, faces come out of the rain, when you're strange. No one remembers your name, when you're strange, when you're strange." In die kerk is almal welkom. In die kerk moet almal welkom wees.

For those who like to ride fast, we have fast horses. For those who like to ride slow, we have slow horses. For those who are big, we have big horses. For those who are little, we have little horses. Robert Schuller vertel dat hy en sy familie op ’n keer gaan perdry het. By die perde plaas was die volgende bordjie opgesit:   For those who like to ride fast, we have fast horses. For those who like to ride slow, we have slow horses. For those who are big, we have big horses. For those who are little, we have little horses. Res op volgende skyfie

For those who have never ridden horses before, we have horses that have never been ridden” Res van aanhaling   For those who have never ridden horses before, we have horses that have never been ridden. Daar is beperkings op verwelkomings, want ek dink nie onervare ruiters wil op onervare perde klim nie! By die kerk werk dit egter anders. Enigiemand kan maar inkom. Ons sal hom of haar wil versorg.

Gee ’n offer van mede-deelsaamheid Laaste offer: Gee ’n offer van mede-deelsaamheid Die laaste offer kom uit Heb 13:16 b. Gee ’n offer van mededeelsaamheid. Letterlik staan hier: stort jou geld (en ander lewensmiddele) in die “fellowship”-fonds. Ons moet dit wat ons het, met ander deel. Want alles wat ons het, is God s’n.

“Where your pleasure is, there is your treasure; where your treasure is, there is your heart; where your heart is, there is your happiness.” Augustinus “Where your pleasure is, there is your treasure; where your treasure is, there is your heart; where your heart is, there is your happiness.” (Augustinus).

There was a man, they called him mad; The more he gave, the more he had Onbekend Jou dankoffer verraai nogal waar jou hart staan met God.   There was a man, they called him mad; The more he gave, the more he had. Kom ons gee ons dankoffers aan die Here. Die Bybel het vandag vir ons ’n paar dinge op die tafel geplaas. Maar soos iemand tereg gesê het: “Sê die Bybel nie ons moet mekaar liefhê en om dit wat ons het, met ander te deel nie. Die Bybel? O, ja, die Bybel sê baie dinge, maar niemand dink tog daaraan om dit te doen!” Harriet Stove in Uncle Tom’s cabin. Wat gaan ons doen ?

Fokus op wat God nou doen Ons fokus op wat God nou doen en waarheen God ons lewe rig

Ons besluit op ’n gepaste reaksie op wat God gegee/ gedoen/ gesê het Antwoord met ons lewe Ons besluit op ’n gepaste reaksie op wat God gegee/ gedoen/ gesê het