Handelinge 3:12-19 PowerPoint agtergrond

Slides:



Advertisements
Similar presentations
Ons nooi alle gelowiges in Suid-Afrika om deel
Advertisements

DIE ONTKENNING (NEGATIEF) Me. J. van Zyl
Handelinge 3:12-19 PowerPoint agtergrond Handelinge 3:7-8
Ons aanbid saam!. Ons aanbid saam! Die belangrikste boodskap in die Bybel: God is lief vir jou!
LITURGISE MOMENT: God versamel ons voor Hom
Die Doop met die Heilige Gees
Holy Discontent.
Johannes 3:1-17 PowerPoint agtergrond
Handelinge 1:1-11 PowerPoint agtergrond
Nagmaal Christen-word, en Christen-wees
MUNUS TRIPLEX Die oprig en herstel van die drievoudige amp
Ps. 107: “Party het in die donker gesit, in diep duisternis, hulle was gevangenes, in ellende en in boeie, want hulle het hulle verset teen die bevele.
II Tim. 2:22 “Vermy die begeertes wat 'n jongmens in gevaar bring, en streef na opregtheid, geloof, liefde en vrede, saam met almal wat uit 'n rein hart.
Regverdigmaking (Justification)
Romeine 12:2 “Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei.
Absolute oortuiging God bestaan?
ROETE 13 TIMOTEUS Vat voor!.
Innerlike sterkte.
“Oh it is at a fearful expense that ministers are allowed to enter the pulpit without being preceded, accompanied, and followed by the earnest prayers.
Handelinge 3:12-19 PowerPoint agtergrond Handelinge 3:7-8
ONREGVERDIGE, ONEINDIGE
WELKOM! Matteus 13.
CLICK TO ADVANCE SLIDES
Do you need a miracle In your Life?.
Joh. 4:23 “Maar daar kom 'n tyd, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader deur die Gees en in waarheid sal aanbid, want die Vader wil juis.
Om te ONTVANG 1 Konings 3:2-15.
Krake 'n Baie hoë gebou was vir etlike jare in gebruik toe daar op 'n dag 'n gevaarlike kraak in die muur op die 42ste verdieping verskyn het. Die.
Phil 3:10 (NKJV) 10 that I may know Him and the power of His resurrection, and the fellowship of His sufferings, being conformed to His death,
Jou geskenk aan God die Kersfees!
Die KRUIS Gebedsreis.
GAL 2:20-21 Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in.
II Kor. 5:21 “Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek.
Tommy's Window Slideshow
Job. 42:5 “Tot nou toe het ek net gehoor wat mense van U sê, maar nou het ek U self gesien”
Luk. 11: “Dié wat op die pad val, dui op mense wat die woord hoor, maar dan kom die duiwel en neem dit uit hulle harte weg sodat hulle nie tot geloof.
Matt. 7:21 “Nie elkeen wat vir My sê: ‘Here, Here,’ sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie...”
Welkom Jeremia 1:4-10.
Johannes 6:56-71 PowerPoint agtergrond
I Kor 6:20. “julle is gekoop, en die prys is betaal
> God is heilig:. > God is heilig: Lev. 11:44,45. “Ek is die Here julle God Lev. 11:44,45 “Ek is die Here julle God. Wy julle aan my diens en wees.
Titus 2:12 “Dit voed ons op om die goddelose leefwyse en wêreldse begeerlikhede te laat vaar en met selfbeheersing, opregtheid en godsvrug in die teenswoordige.
Geskape om vir ewig te lewe !
Hoe weerloos is jy....
Verbintenis tot God se heerskappy Verbintenis tot God se dienswerk Verbintenis tot God se boodskap Verbintenis tot God se middele Verbind aan God se.
Hartlik welkom in die Erediens!
MAAK OOP EN ONDEK JOU GESKENK
“True repentance shows itself in a thorough breaking off from sin
“Julle sal my getuies wees”
Die weg tot geregtigheid
I Tim. 5:17 “Die ouderlinge wat goeie leiding gee, behoort dubbele erkenning te kry, veral dié wat hard werk deur te preek en onderrig te gee”
Sessie 2: Oor die teenwoordigheid van die verhoogde Christus by ons
Regverdigmaking (Justification)
Hartlik welkom in die Erediens
Handelinge 1:1-11 PowerPoint agtergrond
Learning, Life and entrepreneurial skills
Jak. 2:14 “Wat help dit, my broers, as iemand beweer dat hy glo, maar sy dade bevestig dit nie? Kan so 'n geloof 'n mens red?
UNITY OF THE SPIRIT..
Fil. 3: “Ek sê nie dat ek dit alles al het of die doel al bereik het nie, maar ek span my in om dit alles myne te maak omdat Christus Jesus my reeds.
I Pet. 1: “Nee, soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in julle hele lewenswandel heilig wees. Daar staan immers geskrywe: “Wees.
Tommy's Window Slideshow
LOFOFFER 2014 Romeine 12.
Barmhartigheid Hoekom? Wat? Waar?.
Kolossense 3:1-17 ¹Aangesien julle saam met Christus uit die dood opgewek is, moet julle strewe na die dinge daarbo waar Christus is, waar Hy aan die.
Rom. 7: “Ek, ellendige mens
Genesis 1 - Eerste dag Toe het God gesê: “Laat daar lig wees!” En daar was lig. God het gesien die lig is goed, en Hy het die lig en donker van.
WAARHEID MATT 28: Jesus kom toe nader en sê vir hulle: “Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde. Gaan dan na al die nasies toe en maak.
WEERSPIEËL SY LIG WEERSPIEËL SY LIG [SKYN SAAM] [SKYN SAAM]
Johannes 9 Hy het gegaan en hom gewas, en toe hy terugkom, kon hy sien.
Die opstanding van Jesus is vir die alledaagse bedoel.
CLICK TO ADVANCE SLIDES
Presentation transcript:

Handelinge 3:12-19 PowerPoint agtergrond Peter heals a lame beggar... Grafika bekom met Google Advanced Search, geen kopiereg. Dit is beskikbaar by https://www.google.com/search?q=lame+beggar+healed&lr=&source=lnms&tbm=isch&sa=X&ved=0ahUKEwiC16CYq53aAhVFK8AKHd0RDCsQ_AUICigB&biw=1280&bih=642&dpr=1.5#imgrc=9jZL5Hhl1TERhM: Handelinge 3:12-19

God nooi ons uit en ons kom tot rus Toetrede VONKK 120 Soos ‘n Wildsbok [dieselfde melodie as Liedboek] http://vonkk.kerkmusiek.co.za/product/vonkk-00120/ Votum Lees Handelinge 3:1-10 Of jy kan ook die kinders in die gemeente van die begin af insluit deur die votum óf met ’n video te doen of ’n video te wys terwyl jy die gedeelte lees. Hier is ’n dramatiese “live action” uitbeelding van die teks wat goed as votum kan werk. Of jy kan die eerste gedeelte van hierdie video wys terwyl jy die teks lees – oefen vooraf om die tydsberekening reg te kry. Seëngroet Net soos die verlamde man by die tempelpoort, is ons ook ingenooi in God se tempel, deur die genade en vrede van God ons Vader en die Here Jesus Christus, deur die werking van die Heilige Gees. Lofsang Net soos die man wat genees is, reageer ons op God se genade deur God te prys: VONKK 197 Kom Sing Voor Die Heer http://vonkk.kerkmusiek.co.za/product/vonkk-00197/ of Flam 234 Ek Kan Sien http://flam.kerkmusiek.co.za/product/f234/ of Lied 194 Ons bring aan U die lof en ere Wet 1 Johannes 3:1-7 Skuldbelydenis VONKK 17 Here, Sien My Bitter Lyding http://vonkk.kerkmusiek.co.za/product/vonkk-00017/ of Lied 229 Wil, Heer, in liefde U ontferm Genadeverkondiging Handelinge 3:19 en 1 Johannes 1:9 Geloofsbelydenis Flam 552 Ek weet ek’s u geliefde kind (U’t my eerste liefgehad) of Apostoliese Geloofsbelydenis God nooi ons uit en ons kom tot rus

God praat met ons en ons luister Gebed Skriflesing Handelinge 3:12-19 Jy kan die Skriflesing ook integreer met die familie-oomblik. Veral vir verhalende tekste het ons nie ekstra boodskappies nodig nie – ons kan gewoon die verhale vertel op ’n manier wat vir kinders bevatlik is. Hier is ’n uitstekende video wat die hele gedeelte, asook die daaropvolgende gebeure, uitbeeld. Of gebruik die gratis YouVersion Bible App for Kids om die gedeelte op ’n lekker interaktiewe manier te lees. Hier is ’n video daarvan. Of laat kinders die gedeelte mime terwyl iemand dit lees. Familie-oomblik Preek God praat met ons en ons luister

Handelinge 3:12-19 Fokusteks: Handelinge 3:12-19 Die genesing van die verlamde man 3 Een middag om drie-uur, die tyd van die gebed, was Petrus en Johannes op pad tempel toe. 2Net toe word daar ’n man aangedra wat van sy geboorte af lam was. Sy mense het hom elke dag by die tempelpoort wat Mooipoort genoem is, neergesit om by die tempelgangers te bedel. 3Toe hy vir Petrus en Johannes sien, net voor hulle in die tempel ingaan, het hy van hulle iets gevra. 4Petrus en Johannes kyk hom toe stip aan, en Petrus sê: "Kyk na ons." 5Toe kyk die man na hulle in die hoop dat hy iets van hulle gaan kry. 6Maar Petrus sê: "Geld het ek nie; maar wat ek het, gee ek vir jou: in die Naam van Jesus Christus van Nasaret, staan op en loop!" 7Hy vat toe die man se regterhand en help hom op, en onmiddellik het sy voete en enkels sterk geword. 8Hy het opgespring en regop gestaan, en hy kon loop. Daarna het hy saam met hulle in die tempel ingegaan terwyl hy geloop en gespring en God geprys het. 9Al die mense het gesien dat hy loop en God prys; 10maar toe hulle besef dat dit hy is wat voor die tempel by die Mooipoort gesit en bedel het, was hulle baie verbaas en verwonder oor wat daar met hom gebeur het. Petrus se toespraak in die Pilaargang van Salomo 11Die man het vir Petrus en Johannes bly volg, en die mense wat almal uiters verbaas was, het na hulle toe gestroom in die Pilaargang van Salomo, soos dit genoem is. 12Toe Petrus dit sien, het hy hulle toegespreek: "Israeliete, hoekom is julle hieroor verbaas? Wat staar julle ons so aan asof ons deur ons eie krag of vroomheid gemaak het dat hierdie man loop? 13Die God van Abraham, die God van Isak, die God van Jakob, die God van ons voorvaders, het aan Jesus, sy Dienaar, Goddelike eer gegee—aan Hom vir wie júlle uitgelewer en voor Pilatus verwerp het toe hy beslis het dat Hy vrygelaat moes word. 14Hy was heilig en opreg, maar júlle het Hom verwerp en gevra dat daar vir julle ’n moordenaar begenadig moet word. 15So het julle Hom, die Leidsman na die lewe toe, doodgemaak, maar God het Hom uit die dood opgewek, en daarvan is ons getuies. 16Deur die geloof in sy Naam het Hy die bene van hierdie man, wat julle sien en ken, sterk gemaak. Die geloof wat van Hom kom, het die man volkome herstel, hier voor julle almal. 17"Nou weet ek, broers, dat julle net soos julle leiers in onkunde gehandel het. 18Tog het God reeds vroeër by monde van al die profete aangekondig dat die Christus sou ly. So het Hy dit nou laat gebeur. 19Daarom, bekeer julle en kom tot inkeer. Dan sal God julle sondes uitwis. 20En dan sal daar tye van verkwikking van die Here af kom en sal Hy Jesus stuur, wat vooraf vir julle as die Christus aangewys is. 21Hy moet in die hemel bly totdat God alles nuut gemaak het. Dit het God reeds lank gelede deur sy heilige profete gesê. 22Moses het immers gesê: ‘Die Here julle God sal uit julle eie geledere vir julle ’n Profeet soos ek laat voortkom. Gehoorsaam Hom in alles wat Hy vir julle sal sê. 23Elkeen wat nie hierdie Profeet gehoorsaam nie, moet van die volk afgesny word.’ g24En al die profete van Samuel af en daarna, almal wat opgetree het, het ook aangekondig wat in hierdie tyd gebeur. 25Die dinge waarvan die profete gepraat het, is vir julle bedoel, en julle het deel aan die verbond wat God met julle voorvaders gesluit het. Hy het vir Abraham gesê: ‘Jou nakomeling sal vir al die volke van die aarde tot ’n seën wees.’ h26Daarom het God sy Dienaar na die wêreld toe laat kom en Hom heel eerste na julle toe gestuur om vir julle tot ’n seën te wees deur elkeen van julle van sy verkeerde paaie af terug te bring." g Vgl. Lev. 23:29 h Vgl. Gen. 22:18; Gen. 26:4 Handelinge 3:12-19

Familie-oomblik Familie-oomblik Kyk na die voorstelle onder “Skriflesing”. Hier is ’n paar lekker aktiwiteite wat kinders sou kon maak tydens die preek. Of gee vir die kinders hierdie inkleurprent om in te kleur terwyl hulle na die preek luister. Familie-oomblik

Inleiding Preekriglyn [Nota: Oorweeg om die Skriflesing by 3:1 te begin.] Waar Handelinge 2 vertel van die radikale nuwe lewe en lewenswyse binne die gemeente van die Here, vertel Handelinge 3 van die gemeente se aksie na buite. Versorging en opbou van die gelowiges na binne in is hoofstuk 2 aan die orde, die gemeente se missie na buite – "by die tempelpoort" - kry in hoofstuk 3 aandag. Ons teks is deel van 'n groter vertelling waarin die bedieningspatroon van die gemeente in Jerusalem oorvertel word. Die voortgang van die opgestane Jesus se bediening na die uitstorting van die Heilige Gees word vir ons duidelik. Een sentrale tema is: Beide opbou en uitreik geskied deur die krag van die Heilige Gees. Die gemeente wat in Christus nuut gemaak is, het 'n impak op die gemeenskap. Ons teks beskryf die eerste vrug van die Heilige Gees se werk deur die gemeente in die gemeenskap. Daar is versorging van diegene wat in nood verkeer. 'n Verlamde man word genees. Net soos die gelowiges mekaar met dienswerk onderlinge versorg het (hoofstuk 2), net so bereik hulle dienswerk die nood buite die gemeente, die nood van die omgewing. Die gemeente van Handelinge boots Jesus na. Net soos die Here mense op die hoofpaaie en die agterstrate genees het, betoon die gemeente nou genade aan mense buite die tempel se poorte. Vervolgens fokus die preek nou op die genesing van die verlamde man, en op die betekenis van Petrus se getuienis teenoor die mense wat verbaas oor die genesing was. Die genesingswonder verklap iets oor die rol van die kerk na die kruis, opstanding, hemelvaart en uitstorting van die Heilige Gees. Inleiding

Sonder hulpbronne Sonder hulpbronne Waarmee word die verlamde man buite die Mooipoort genees? Petrus sê in soveel woorde dat hy nie geld het nie. Geld is waarop die verlamde gehoop het, want hy kon nie werk vir geld nie. Die beste wat hy verwag het, was 'n paar muntstukke. Hy kry veel meer. Hy kry sy bene terug. Sy voete en enkels word sterk. Hy spring op, staan regop, en kon loop. God se wonderkrag wat deur die gemeente werk is nie van geld of hulpbronne afhanklik nie. God doen wondere sonder ons hulpbronne. Sonder hulpbronne

Met hulpbronne Met hulpbronne Die keersy is natuurlik: wat doen God wanneer ons wel geld en ander hulpbronne het? Ons moenie so maklik sê ons het nie geld nie. Wanneer ons ons geldjies bymekaar sit, kan ons ook daarmee wondere verrig. Die meeste van ons het genoeg goed in ons huise se stoorkamers en in ons motorhuise om wonderwerke te verrig. Ons kan 'n kleuterskool op die been bring, of van opvoedkundige materiaal voorsien. Ons kan verkragtingslagoffers met kos- en klerepakkies bystaan. Ons kan kinders help om behoorlik gevoed te wees, bv. totdat hulle skool toe gaan (vroeë kinderontwikkeling is krities belangrik vir 'n mens se vorming en vermoëns in jou latere lewe). Min dinge is werklik buite ons vermoë. Tydens die groot brande van 2017 in die Suid- Kaap het Christene enorme bedrae aan noodlediging geskenk. Met die droogtehulp het NG lidmate meer as driemiljoen rand geskenk. Daarmee is water in gemeenskappe verskaf wat andersins van die dors sou omkom. Groot hoeveelhede voer word deurgaans aan boere in droogtegeteisterde gebiede gestuur. Die Heilige Gees beweeg die liggaam van Christus om die wil van God te doen. In Handelinge 3 word Christene wat doen wat Christus wil, deur die krag van die Heilige Gees, bekendgestel as mense wat dienswerk in die gemeenskap doen. Met hulpbronne

Wonderwerke Wonderwerke Ons teks begin met die wonderbaarlike genesing van die verlamde man. Dit is die werk van God wat Christus wonderbaarlik uit die dood lewend gemaak het. Dit is Christus wat deur sy liggaam, in die krag van die Heilige Gees, wonderbaarlik genesend werk in die gemeenskap. Gebeur wonderwerke vandag nog? Wat kan ons verwag as ons in die kragveld van die Gees deelneem aan Christus se bediening in die wêreld? Daar is mense wat 'n sogenaamde "streepteologie" beoefen. Dit sê wonderwerke het in Bybelse tye plaasgevind, maar sedertdien is daar 'n streep getrek. Dit gebeur vandag nie meer nie. Daar is ook mense wat sê wonderwerke het nog nooit gebeur nie – nie in ons tyd of in die Bybelse tyd nie. Dit is maar die drogbeelde van onwetenskaplike mense wat in 'n tyd van onkunde en bygeloof geleef het. Aangesien wonderwerke nie wetenskaplik geverifieer kan word nie, weet ons daar is nie so iets nie. Natuurlik vind wonderwerke plaas. Dink eerstens aan Christus wat doodgemaak is, maar deur God opgewek is. Daarvoor is daar baie getuies (vers 15). Die opgestane Christus is die eerste stukkie nuwe, geneesde skepping waarheen God met God se hele skepping onderweg is. Ander wondere herinner ons voortdurend aan God se belofte van die nuutmaak van God se skepping waarin ons wat in Christus is, deel. Natuurlik vind daar steeds wonderwerke plaas. Baie gelowiges kan hiervan getuig. Mediese getuienis vertel van mense wat teen alle verwagting in gesond geword het. Daar is ook akademiese getuienis oor die misterie-volle verhouding tussen gebed en genesing. Vir diegene wat ietwat dieper wil delf: Daar is heelwat hieroor gepubliseer, bv. deur Lee Strobel (The Case for Miracles), Eric Metaxas (Miracles) en CS Lewis (Miracles). Craig Keener se Miracles: The Credibility of the New Testament Accounts is 'n boek wat elke gelowige behoort te lees. Wanneer ons die gemeenskap in Christus se Naam betree, ontmoet ons 'n God wat reeds aan die werk is, en verrassend ook deur ons werk, en wonderwerke deur ons doen. Soms is dit verlamdes wat loop. Ander keer is dit sterwendes wat hoop vind, vyande wat versoen, 'n ontwrigte familie wat vrede vind. Genesing of wonderwerke is nie 'n waarborg nie. Genesing kom soms op verrassende maniere na ons, anders as wat ons gedink het. Wonderwerke

Oorwinning Oorwinning Ons hoop op genesing, vrede en heelheid berus op die wese van God self. God skep die wêreld en hou wetmatigheid in die wêreld in stand, maar God is nie self daaraan gebonde nie. God, wat die wêreld lief het, is vry om nuwe dinge te doen. Soos God die vernietigde liggaam van Jesus Christus uit die graf en dood opgetel het, so bring God steeds lewe en genesing uit doodsheid en gebrokenheid tot stand. Wanneer Petrus die verlamde man beveel om op te staan ("Geld het ek nie; maar wat ek het, gee ek vir jou: in die Naam van Jesus Christus van Nasaret, staan op en loop!" – vers 5) weerspieël dit die vroeë kerk se geloof in God en in die opgestane Christus. Aan die kruis en deur die opstanding uit die dood het Jesus die bose magte wat breek en verskeur oorwin. Boosheid is aan die vlug. God se genesing en heling kan nou reeds gesien word. Natuurlik is God vry om van tyd tot tyd 'n teken te gee van die oorwinning oor dood en gebrokenheid. God laat ons in die hede tekens van die komende koninkryk sien. Genesing gebeur nooit omdat ons God kan beheer of voorspel nie. Nie eers deur ons mees dwingende gebede nie. God se vryheid is ook nie uitgelewer aan sogenaamde geloofsgenesers – wat dikwels maar te gretig is om die "silwer en goud" van die siekes te vat. Gebed, waaronder voorbidding en ons roep om hulp na God, erken die grootheid en vryheid van God. Dit is 'n beroep op God die Geneser, die Oorwinnaar, die Een met medelye. Maar dit beheer God nooit. Ons moet meer bid. Daar is niks wat ons nie na God kan neem nie. Dit is 'n opdrag in die Bybel. Ons moet die vrymoedigheid ontwikkel om meer van God te verwag. Voorbidding is 'n primêre manier waarop die kerk in haar versorging van gebrokenes by die wêreld betrokke is. Oorwinning

Verkondiging Verkondiging Die kerk se bediening aan die wêreld gaan in ons teksgedeelte veral gepaard met verkondiging. Die oorspronklike Griekse woord is kerugma, 'n belangrike merkteken van die kerk onder leiding van die Heilige Gees. Sodra die wonderwerk plaasgevind het, stroom verbaasde en verwonderde mense nader om te hoor wat gebeur het. Petrus, nooit op sy mond geval nie, trek weg en verduidelik: "1Die God van Abraham, die God van Isak, die God van Jakob, die God van ons voorvaders, het aan Jesus, sy Dienaar, Goddelike eer gegee ..." (13). Petrus se verkondiging fokus die aandag op Jesus, Dit is Hy, vertel hy, wat aan Pilatus oorgegee en deur die volk verwerp is. Jesus was heilig en opreg, die Leidsman na die lewe, maar Hy is doodgemaak. God het Hom egter uit die dood opgewek – daarvan is Petrus en ander getuies. Hierdie man is nou genees deur geloof in Jesus, deur "geloof wat van Hom kom" (16). Petrus vertel die verhaal van Jesus op 'n manier waarmee die Joodse gehoor kan identifiseer. Die kruis en opstanding word in die groot baan van God se handelinge met Israel geplaas: Abraham, Isak, Jacobs, voorouers, God se handelinge in die hede. Hiermee is die grondpatroon van kerugma / verkondiging in Handelinge gelê: 'n wonder gebeur, en die kerugma lê die wonder uit as 'n daad van die opgestane Jesus Christus deur die krag van die Heilige Gees. Hierdie patroon herhaal homself oor en oor. Dit beteken: Jesus is nie weg nie: Hy is steeds aktief teenwoordig deur sy Gees, en sy kerk is deel van sy werk en getuig daaroor. Verkondiging

Oproep Die getuienis en verkondiging eindig in 'n oproep tot bekering: "Daarom, bekeer julle en kom tot inkeer. Dan sal God julle sondes uitwis" (19). Hierdie woorde herinner aan Jesus se heel eerste boodskap: "Die koninkryk van God het naby gekom. Bekeer julle en glo die evangelie." (Markus 1:15). Bekering is 'n heroriëntasie van jou lewe, 'n draai deur 180 grade. Bekering is om weg te draai van ou verbintenisse, lojaliteite en sekerhede. Dit is ook 'n draai na God toe, na Jesus toe. Daar word dikwels na twee Griekse woorde verwys: metanoia as die draai weg van 'n ou lewensrigting en epistrophe as 'n draai na God toe. Die draai na God sluit ook - deur die doop – 'n draai na die geloosgemeenskap, die kerk, toe in. Dit is ook 'n draai na die naaste toe. Ons kan sê bekering sluit vier bewegings in: Bekeer Glo Word gedoop Dien Handelinge vertel van die situasie reg aan die begin van die kerk se geskiedenis. Die kerk is hier nog embrionaal. In die vestiging van die kerk het die bedieningspatroon ontwikkel dat diegene wat binne die kerk vir gelowige ouers gebore word reeds klein gedoop word. Die patroon van bekering en bewustelik leef vir die Here is dan om te ontvang wat reeds in die doop aan jou gegee is. Oproep

Dade en woorde Dade en woorde Dit is belangrik om die rol van beide dade en woorde in Handelinge raak te sien, spesifiek ook in ons teks. Ons lees van 'n genesingsdaad en van getuienis. Beide dade en woorde is belangrik. Ons kom deur 'n tyd dat mense óf dade óf woorde wil vermy. Sommige mense wil net doen en ander wil net praat. Die een klomp wil geregtigheid of genesing doen, en daarby bly. Die ander wil net evangeliseer. Dit hang ook saam met die verskillende gawes wat ons ontvang. Beide is egter noodsaaklik. Die punt waar dit bymekaar kom is in die geestelik volwasse lewe van die gemeente. Hier hoor ons – en buitestanders – van die Here en beleef ons die bediening van die Here deur liefdesdiens. In ons kerk is dade van barmhartigheid baie belangrik. Die diakonaat is vir Gereformeerde kerke vanselfsprekend belangrik. Ons hou van ons sopkombuise, en met reg. Dade van geregtigheid is net so belangrik. Geregtigheid vra dat daar lewensruimte vir almal moet wees: kos, klere, werk. Daarom is dit so bemoedigend om te hoor hoeveel gemeentes nou met vroeë kinderontwikkeling en werkskepping betrokke raak – om maar twee voorbeelde van dade van geregtigheid te noem. Dade en woorde

Reaksie Wat moet ons doen nadat ons in soveel diepte oor hierdie teks nagedink het? Dié boodskap nooi ons uit om Jesus te erken as die Christus; om jouself (opnuut of vir die eerste maal) met Hom te assosieer, dit is om jouself aan Hom te verbind. Dié boodskap nooi ons uit om Jesus te gehoorsaam en om jouself – dit wat jy dink doen en sê, in kort wie jy is – aan Hom te oriënteer. Ons moet 'n kerk wees wat mense in hulle nood raaksien. Ons het in Jesus se Naam soveel om te bied. Ons moet onsself oriënteer aan 'n Bybelse siening van die kerk. Die kerk is nie ons eiendom nie, dit is die Here s'n. Die kerk is nie ons klub, ingestel op ons behoeftes nie. Dit is God se ruimte waarin na mense uitgereik. Hulle verwelkom en mense opgebou word in geloof. Die kerk is 'n gemeenskap wat van Christus getuig en mekaar en die wêreld dien. Baie gemeentes moet hulself dus bekeer – weg van 'n tradisionele blote instandhoudingsmodel na 'n diens-getuienis model. Die Christelike ritme is dat gemeente hulself konstant moet heroriënteer aan God se bedoelinge. (Darrel Guder se The Continuous conversion of the church is 'n moet-lees vir alle kerkleiers). Ons teks leer ons om God in die wêreld te verwag. Ons kry by God nuwe oë om werklik die mense raak te sien wat God deur ons wil bereik. Geld en begrotings is nie altyd nodig om God se werk te doen nie. Op ons pad deur die lewe word ons steeds daaraan herinner dat Jesus wat gesterf het – ook deur die toedoen van mense wat stilswyend die onreg goedgekeur het en daaraan meedoen – tog opgestaan het uit die dood. Telkens wanneer ons met skrik oortuig is dat die dood en onreg en brute mag die laaste sê in hierdie lewe het, dan word ons herinner aan sy opstanding. Ons word herinner aan die vernietiging van alle magte en kragte deur die Een wat alles verduur het wat die koninkryke van hierdie wêreld Hom kon aandoen, en dit deur sy opstanding magteloos gemaak het en so al die lyding, selfs die dood, laat inval het by die finale verlossingsplan van God! Reaksie

God stuur ons om te leef God stuur ons om te leef Gebed Dankoffer Slotsang Lied 308 Neem my lewe, laat dit, Heer of Flam 545 Neem my lewe Seën Respons Lied 311 Dit wat ons hier ontvang het God stuur ons om te leef

Volgende erediens: Volgende erediens Psalm 23   Liturgie en familie-oomblik: Rethie van Niekerk Powerpoint: Wicus Wait Preekriglyn: Danie Mouton Prosesbestuur en ekstra stof: Chris van Wyk Volgende erediens: