L-10-T KOMAAN!.

Slides:



Advertisements
Similar presentations
Ons nooi alle gelowiges in Suid-Afrika om deel
Advertisements

DIE ONTKENNING (NEGATIEF) Me. J. van Zyl
Praktiese Christenskap
Vir God is jy nie “ per ongeluk nie “ !
Ons aanbid saam!. Ons aanbid saam! Die belangrikste boodskap in die Bybel: God is lief vir jou!
Ons waag in geloof Hebreërs 12:1-3.
Die Bron van innerlike sterkte
Holy Discontent.
“Be very sure of this, people never reject the Bible because they cannot understand it. They understand it too well; they understand that it condemns their.
Nagmaal Christen-word, en Christen-wees
MUNUS TRIPLEX Die oprig en herstel van die drievoudige amp
Jesus - Die Bevelvoerder van die Weermag
Joh. 13: “Ek gee julle 'n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê
Ps. 107: “Party het in die donker gesit, in diep duisternis, hulle was gevangenes, in ellende en in boeie, want hulle het hulle verset teen die bevele.
“What does this word holiness really mean
Onderwerp 12 Entrepreneursdag
II Tim. 2:22 “Vermy die begeertes wat 'n jongmens in gevaar bring, en streef na opregtheid, geloof, liefde en vrede, saam met almal wat uit 'n rein hart.
Romeine 12:2 “Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei.
Absolute oortuiging God bestaan?
ROETE 13 TIMOTEUS Vat voor!.
Innerlike sterkte.
kyk mamma – groot  rolf thielen NOTE:
Gen. 39:9 “Daar is niemand wat in hierdie huis meer gesag het as ek nie. Meneer het niks van my teruggehou nie, behalwe vir u, want u is sy vrou. Hoe.
ONREGVERDIGE, ONEINDIGE
WELKOM! Matteus 13.
CLICK TO ADVANCE SLIDES
Joh. 4:23 “Maar daar kom 'n tyd, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader deur die Gees en in waarheid sal aanbid, want die Vader wil juis.
2 Tim. 3:5 "Hulle sal nog die uiterlike skyn van die godsdiens hê, maar die krag van die godsdiens sal hulle nie ken nie. Bly weg van sulke mense af.
Om te ONTVANG 1 Konings 3:2-15.
Krake 'n Baie hoë gebou was vir etlike jare in gebruik toe daar op 'n dag 'n gevaarlike kraak in die muur op die 42ste verdieping verskyn het. Die.
Phil 3:10 (NKJV) 10 that I may know Him and the power of His resurrection, and the fellowship of His sufferings, being conformed to His death,
Jou geskenk aan God die Kersfees!
Die KRUIS Gebedsreis.
GAL 2:20-21 Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in.
II Kor. 5:21 “Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek.
Tommy's Window Slideshow
Job. 42:5 “Tot nou toe het ek net gehoor wat mense van U sê, maar nou het ek U self gesien”
L-10-T KOMAAN!.
Luk. 11: “Dié wat op die pad val, dui op mense wat die woord hoor, maar dan kom die duiwel en neem dit uit hulle harte weg sodat hulle nie tot geloof.
Matt. 7:21 “Nie elkeen wat vir My sê: ‘Here, Here,’ sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie...”
Welkom Jeremia 1:4-10.
I Kor 6:20. “julle is gekoop, en die prys is betaal
> God is heilig:. > God is heilig: Lev. 11:44,45. “Ek is die Here julle God Lev. 11:44,45 “Ek is die Here julle God. Wy julle aan my diens en wees.
Titus 2:12 “Dit voed ons op om die goddelose leefwyse en wêreldse begeerlikhede te laat vaar en met selfbeheersing, opregtheid en godsvrug in die teenswoordige.
Geskape om vir ewig te lewe !
Hoe weerloos is jy....
KAN ONS GOD VERTROU WANNEER HY SÊ, “VOLG MY”? Deur Karen J. Pearson
Verbintenis tot God se heerskappy Verbintenis tot God se dienswerk Verbintenis tot God se boodskap Verbintenis tot God se middele Verbind aan God se.
Verstaan  emosies  wil
MAAK OOP EN ONDEK JOU GESKENK
“True repentance shows itself in a thorough breaking off from sin
“Julle sal my getuies wees”
Die weg tot geregtigheid
Sessie 2: Oor die teenwoordigheid van die verhoogde Christus by ons
Hartlik welkom in die Erediens
Learning, Life and entrepreneurial skills
Jak. 2:14 “Wat help dit, my broers, as iemand beweer dat hy glo, maar sy dade bevestig dit nie? Kan so 'n geloof 'n mens red?
UNITY OF THE SPIRIT..
I Pet. 1: “Nee, soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in julle hele lewenswandel heilig wees. Daar staan immers geskrywe: “Wees.
Tommy's Window Slideshow
Johannes 12 Daar was ook 'n aantal Grieke onder die mense wat fees toe gekom het om te aanbid. Hulle het na Filippus, wat van Betsaida in Galilea afkomstig.
LOFOFFER 2014 Romeine 12.
Barmhartigheid Hoekom? Wat? Waar?.
I DECREE and DECLARE EK VERKLAAR..2
Kolossense 3:1-17 ¹Aangesien julle saam met Christus uit die dood opgewek is, moet julle strewe na die dinge daarbo waar Christus is, waar Hy aan die.
Rom. 7: “Ek, ellendige mens
WAARHEID MATT 28: Jesus kom toe nader en sê vir hulle: “Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde. Gaan dan na al die nasies toe en maak.
WEERSPIEËL SY LIG WEERSPIEËL SY LIG [SKYN SAAM] [SKYN SAAM]
Johannes 9 Hy het gegaan en hom gewas, en toe hy terugkom, kon hy sien.
Die opstanding van Jesus is vir die alledaagse bedoel.
Presentation transcript:

L-10-T KOMAAN!

L-10-T Lukas 10 Transformasie Inleiding L-10-T is ‘n opwindende en radikale nuwe manier vir gewone Christene (ouer as 12 en jonger as 100 jaar) om Jesus te volg – op ‘n wyse wat deur Jesus self omtrent 2 000 jaar gelede vir ons gegee is! Met L-10-T kan jy en Die Heilige Gees die Goeie Nuus vertel waar jy ookal gaan – by die skool, universiteit, werk of fliek. Almal kan L-10-T! Kwalifikasies? Jy moet jouself in jou hart verbind het om Jesus te volg met alles wat in jou is.

Waarom L-10-T? In meeste hedendaagse stedelike omgewings wil dit deesdae voorkom of die Kerk van Jesus Christus (soos uitgedruk in talle verskillende denominasies en gemeentes) feitlik geen indruk op die gemeenskap maak nie. Individueel gesien is daar talle wonderlike pogings om Jesus se opdragte na die gemeeskap uit te voer deur talle individue en groepe – maar die taak is net te groot en die Kerk werk gewoonlik nie as eenheid nie. Hoewel ongeveer 79% Suid-Afrikaners in die 2001 sensus gestateer het dat hulle aan een of ander Christen denominasie behoort, kom ongeveer 3% van hulle ooit gereeld in ‘n kerkgebou en is ongeveer 10%-20% van die kerkgangers werklik aktief as Christene in hul gemeente (m.a.w. 0.3%-O.6%, kom ons sê 1% of 450 000 mense) Dit is so dat talle Christene hul geloof uitleef sonder om ooit kerk toe te gaan en dat talle ander nie veel in die kerk doen nie, maar wel buite die kerk betrokke is om goeie dade te doen deur individueel of deur buite-kerklike organisasie te werk. Ander gelowe saam is net ongeveer 4% van die mense in Suid-Afrika. Die grootste ander groep is die wat geen godsdiens het nie, nl. 15%.

U sal saamstem dat daar drie hoofgroepe mense in Suid-Afrika is wat vir Christus bereik moet word (die oes): Die wat in naam Christene is maar nie hul geloof uitlewe nie (minstens 50% maar dalk soveel as 70%) Die wat vals gelowe aanhang (4%) Die ateïste (15%)

2 Hy het vir hulle gesê: “Die oes is groot, maar die arbeiders min 2 Hy het vir hulle gesê: “Die oes is groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here aan wie die oes behoort, om arbeiders uit te stuur vir sy oes. 3 Gaan nou! Maar onthou: Ek stuur julle soos lammers tussen wolwe in. Lukas 10: 2

Kom ons kyk na nog feite oor die werkers in die oes en die metode van werk. Binne die gemeentes werk die aktiewe lidmate gewoonlik op meer as een diens of program en kan gewoonlik niks meer doen nie. Die dienste of programme in gemeentes is gewoonlik meer as 90% na binne gemik – dit doen goeie werk, maar versorg hoofsaaklik gemeentelede.

Om met tradisionele direkte evangelisasiemetodes te werk (soos evangeliste wat veldtogte hou, sendelinge, spanne wat Jesus film wys, huis-tot-huis besoeke) het ‘n persoon die gawe van evangelisasie nodig. Navorsing onder verskillende Ken-jou-gawe tipe kursusse dui daarop dat ongeveer 4% van kerkgangers (die mense wat die kursusse bywoon) die gawe van evangelisasie het. Verder wys hedendaagse inligting oor mense wat tot bekering kom (duisende elke dag oor die hele wêreld) dat ongeveer 4% van die mense wat tot bekering kom dit doen as gevolg van direkte evangelisasiemetodes. Meeste van die ander 75-90% kom tot bekering as gevolg van ‘n verhouding of ‘n reeks verhoudinge en interaksies met gewone Christene. Verder blyk dit dat baie van die 75-90% deur omtrent 18 mikrobesluite beweeg op hul pad vanaf anti-Christen tot volle dissipel. En gewone Christene wat hulle teekom help hulle om antwoorde op hul vrae te kry.

Ef 4:11-12 11 En dit is die “gawes” wat Hy “gegee het”: apostels, profete, evangeliste, en herders en leraars. 12 Sy doel daarmee was om die gelowiges toe te rus vir hulle diens en vir die opbou van die liggaam van Christus.

Dit is duidelik dat die spesiale ampte of “gawes” die gelowiges moet toerus vir hulle diens. Wat is die diens? Wanneer moet dit gedoen word?

Kom ons kyk nou na ‘n paar van Jesus se opdragte aan ons as sy dissipels of volgelinge: Jesus het ‘n perfekte verhouding met Sy Vader God gehad. Hy het ‘n lewenstyl sonder reputasie vir Sy Vader geleef. Hy het al ons sondes op Homself geneem en vir ons gesterf. Sy voorwaarde was dat ons sy lewenswyse moet naboots!

Hy stel dit hard Lukas 14:26-28, 33 26 “As iemand na My toe kom, kan hy nie my dissipel wees nie tensy hy afstand doen van sy eie vader en moeder en vrou en kinders, en broers en susters, ja, selfs van sy eie lewe. 27 Iemand wat nie sy eie kruis dra en agter My aankom nie, kan nie my dissipel wees nie. 28 “Wie van julle wat ’n gebou wil oprig, gaan nie eers sit en die koste bereken, om te sien of hy genoeg geld het om die werk te voltooi nie?.... 33 “So kan niemand van julle my dissipel wees as hy nie bereid is om van al sy besittings afstand te doen nie.”

En Hy stel dit sag Mat 11:28-30 28 “Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. 29 Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed. 30 My juk is sag en my las is lig.”

Om Jesus te volg moet ons die ___________ bereken. koste

maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader Voor Jesus opgevaar het na Sy Vader in die hemel toe het Hy ‘n belangrike opdrag aan Sy dissipels en deur hulle aan ons gegee – genoem die Groot Opdrag: 19 Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en 20 leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. (Mat 28:19-20a)

Hoe goed voer JY die Groot Opdrag uit?

Mat 22:37-40. 37 Jesus antwoord hom: “‘Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel’ en met jou hele verstand. 38 Dit is die grootste en die eerste gebod. 39 En die tweede, wat hiermee gelyk staan, is: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’ 40 In hierdie twee gebooie is die hele wet en die profete saamgevat.”

reguleer ons verhouding Die Groot Gebooie reguleer ons verhouding met _________ en met __________ _______________. God ander mense

31 “Wanneer die Seun van die mens in majesteit kom en al die engele saam met Hom, sal Hy op sy koninklike troon gaan sit. 32 Al die volke sal voor Hom bymekaar gebring word, en Hy sal die mense van mekaar skei soos ’n wagter die skape van die bokke skei. 33 Die skape sal Hy regs en die bokke links van Hom laat staan. 34 “Dan sal die Koning vir dié aan sy regterkant sê: ‘Kom, julle wat deur my Vader geseën is! Die koninkryk is van die skepping van die wêreld af vir julle voorberei. Neem dit as erfenis in besit, 35 want Ek was honger, en julle het My iets gegee om te eet; Ek was dors, en julle het My iets gegee om te drink; Ek was ’n vreemdeling, en julle het My gehuisves; 36 Ek was sonder klere, en julle het vir My klere gegee; siek, en julle het My verpleeg; in die tronk, en julle het My besoek.’ 37 Dan sal dié wat die wil van God gedoen het, Hom vra: ‘Here, wanneer het ons U honger gesien en U gevoed, of dors en U iets gegee om te drink?

38 En wanneer het ons U ’n vreemdeling gesien en U gehuisves, of sonder klere, en vir U klere gegee? 39 Wanneer het ons U siek gesien of in die tronk en U besoek?’ 40 En die Koning sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen.’ 41 “Dan sal die Koning vir dié aan sy linkerkant sê: ‘Gaan weg van My af, julle vervloektes! Gaan na die ewige vuur wat vir die duiwel en sy engele voorberei is, 42 want Ek was honger, en julle het My niks gegee om te eet nie; Ek was dors, en julle het My niks gegee om te drink nie; 43 Ek was ’n vreemdeling, en julle het My nie gehuisves nie; sonder klere, en julle het My nie klere gegee nie; siek en in die tronk, en julle het My nie versorg nie.’ 44 Dan sal hulle ook antwoord: ‘Here, wanneer het ons U honger of dors of ’n vreemdeling of sonder klere of siek of in die tronk gesien en U nie gehelp nie?’ 45 En Hy sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van hierdie geringstes nie gedoen het nie, het julle dit aan My ook nie gedoen nie.’ 46 En hierdie mense sal die ewige straf ontvang, maar dié wat die wil van God gedoen het, die ewige lewe.”

Dorstiges Hongeres Vreemdelinge Sonder Klere Siekes Gevangenes Watter “minder bevooregtes” of “geringes” is op Jesus se hart? __________________ Dorstiges Hongeres Vreemdelinge Sonder Klere Siekes Gevangenes

“geringes” geminag is – In verse 41-46 maak Jesus dit duidelik dat waar waar sulke “geringes” geminag is – Hy dit beskou dat die minagters ___________ self geminag het. Jesus

Kom ons lees Mat 7:21 -23 21 “Nie elkeen wat vir My sê: ‘Here, Here,’ sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie, maar net hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemel is. 22 Baie sal daardie dag vir My sê: ‘Here, Here, het ons dan nie in u Naam gepreek nie, deur u Naam bose geeste uitgedryf en deur u Naam baie wonders gedoen nie?’ 23 Dan sal Ek openlik vir hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My af, julle wat die wet van God oortree.”

dat Hy jou persoonlik sal GOD wil nie noodwendig hê ons moet groot dade in Sy Naam doen nie – nee, Hy is meer bekommerd dat Hy jou persoonlik sal _____________. ken

_____________________ Een van die maklikste maniere om die HERE te ken en deur Hom geken te word is deur gereelde _____________________ met Hom deur ________________. kommunikasie gebed

Lees Joh 15:9-16a 9 “Soos die Vader My liefhet, het Ek julle ook lief. Julle moet in my liefde bly. 10 As julle my opdragte uitvoer, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die opdragte van my Vader uitvoer en in sy liefde bly. 11 “Dit sê Ek vir julle sodat my blydskap in julle kan wees en julle blydskap volkome kan wees. 12 Dit is my opdrag: Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle liefhet. 13 Niemand het groter liefde as dit nie: dat hy sy lewe vir sy vriende aflê. 14 Julle is my vriende as julle doen wat Ek julle beveel. 15 Ek noem julle nie meer ondergeskiktes nie, want ’n ondergeskikte weet nie wat sy baas doen nie. Nee, Ek noem julle vriende, omdat Ek alles wat Ek van my Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het. 16 Julle het My nie uitgekies nie, maar Ek het julle uitgekies en julle aangestel om uit te gaan en vrugte te dra, vrugte wat sal hou.”

mekaar moet liefhê soos Jesus plaas die voorwaardes van die tweede Groot Gebod op ‘n hoër vlak deur te sê dat ons mekaar moet liefhê soos _________ __________ liefhet. Hy ons

_____________________ Wat behoort jy te doen om Jesus se “vriend” genoem te word? _____________________ Ons moet doen wat Hy ons beveel

Met die kennis wat jy nou het kan jy werklik begin om God te dank vir wat Hy alles vir jou gedoen het. Hoe het Jesus bedoel dat ons as Sy volgelinge sy opdragte moet uitvoer? Hy het twaalf dissipels opgelei – gewone ouens soos ek en jy! Hy het hulle gekies om Sy boodskap tot in elke land op aarde te neem. Hy het ook twee-en-sewentig ander ouens – nog meer gewoon soos ek en jy! - (sewentig in die Ou Afrikaanse Vertaling) gestuur om sy boodskap voor Hom uit te neem. Hulle is die voorbeelde wat ons wil volg terwyl ons Jesus se opdragte uitvoer in die huidige moderne lewe!

Lukas 10: 1-9 1 Daarna het die Here twee en sewentig ander aangewys en hulle twee-twee voor Hom uit gestuur na elke dorp en plek waarheen Hy van plan was om te gaan. 2 Hy het vir hulle gesê: “Die oes is groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here aan wie die oes behoort, om arbeiders uit te stuur vir sy oes. 3 Gaan nou! Maar onthou: Ek stuur julle soos lammers tussen wolwe in. 4 “Moenie ’n beurs of ’n reissak of skoene saamdra nie, en moenie langs die pad met groetery tyd verkwis nie. 5 As julle in ’n huis kom, moet julle eerste woorde wees: ‘Vrede vir hierdie huis.’ 6 As daar iemand woon vir wie die vrede bestem is, sal die vrede op hom bly; so nie, sal dit na julle toe terugkom. 7 Moenie van een huis na die ander trek nie, maar bly in dieselfde huis, eet en drink wat hulle voorhande het, want die arbeider is geregtig op sy loon. 8 As julle in ’n dorp kom en hulle ontvang julle, eet dan wat hulle vir julle voorsit. 9 Maak die siekes daar gesond en sê vir die mense: ’Vir julle is die koninkryk van God baie naby!’

Ons het uit bogenoemde opdrag van Jesus 4 stappe gehaal om vir die gewone Christen vandag ‘n riglyn te gee om Jesus Christus na buite in jou gemeenskap te volg. Ter selfdertyd gaan jy begin om meeste van Sy opdragte uit te voer!

Die Stappe is: Vra die Here se seën of vrede waar jy gaan Samesyn (“fellowship”) Bevredig behoeftes (die nood wat mense het) Vertel van Jesus

Terugblik op Les 1: Die “oes” bly rondom ons – 50-70% “naam”- Christene; 4% wat vals gelowe aanhang; 15% ateїste. 90-95% van die gemiddelde gemeente se programme is nie op die gemeenskap buite die kerk gerig nie. 10-15% van kerkgaande gemeentelede is aktief betrokke by hul gemeente 4% van gemeentelede het die gawe vir direkte evangelisasie. 75-90% mense wat Christus as verlosser aanneem doen so vanweë vriendskaps kontak met ‘n Christen – dikwels oor ‘n lang tyd. Hierdie nuwe Christene gaan deur talle stappe in kontak met ‘n Christen om by ‘n finale besluit te kom. VRAAG: HOE KAN ONS DIE 96% GEMEENTELEDE MOBILISEER OM DIE MENSE OM ONS TE BEREIK?

Terugblik (2) op Les 1: Vir die gewone Christen is dit uiters belangrik om Christus se bevele na te kom en daardeur as Sy vriend gereken te word, naamlik: Groot Opdrag Eerste Groot Gebod Tweede Groot Gebod met die praktiese klem op die uitreik na minderbevoorregtes Om Jesus as eerste prioriteit te volg Om God te ken en deur Hom geken word VRAAG: HOE KAN EK AS GEWONE CHRISTEN BOGENOEMDE IN MY BESIGE PROGRAM INPAS?

Kom ons kyk nou na elke stap! Hoe kan ek L-10-T? Kom ons kyk nou na elke stap!

Die Here se seën of vrede bring: _________________________ STAP 1:Seën Wat is die betekenis daarvan om die Here se seën of vrede op ‘n plek af te bid Die Here se seën of vrede bring: _________________________ Sy ryke goedheid en genade in 'n persoon se lewe

L-10-T se eerste stap is om die HERE se seën of vrede te vra op elke plek waar jy van Maandag tot Saterdag gaan (en natuurlik Sondag ook!). Vra dat God se seën of vrede op die plek of organisasie sal rus, op sy bestuur, werknemers, kliënte, deelnemers, hul familie en wie ook al daar is. Dit werk ook wondere vir elke motorbestuurder in die stadsverkeer as hy/sy begin om die Here se seën te vra instede van te vloek!

Hierdie gebed word gewoonlik stil gedoen en baie keer met oop oë. As ‘n vriend by jou is kan julle hardop bid (jy kan natuurlik alleen ook hardop bid).

Hierdie gebed is ‘n uitdrukking van die Tweede Groot Gebod, want die grootste geskenk wat jy iemand kan toebid is die HERE se seën, aanraking of vrede. Om te verstaan wat God onder “seën” bedoel en belowe, kyk ons na Deut 28:1-13

Deut 28:1-13 1 “As jy goed luister na die Here jou God en jy gehoorsaam al sy gebooie wat ek jou vandag gee, en jy lewe daarvolgens, sal die Here jou God jou oor al die nasies van die aarde stel. 2 “As jy luister na die Here jou God, sal al hierdie seëninge oor jou kom en jou lewe verryk. 3 “Jy sal geseën wees in die stad, jy sal geseën wees in die oop veld. 4 “Jou nageslag sal geseën wees, en die opbrengs van jou lande en die aanteel van jou diere, jou kalweroes en jou lammeroes. 5 “Jou oesmandjie en jou knieskottel sal geseën wees. 6 “Jy sal geseën wees waar jy ook gaan. 7 “Die Here sal jou vyande wat jou aanval, vir jou laat vlug. Hulle sal uit een rigting teen jou opruk, maar in talle rigtings voor jou uit vlug.

8 “Die Here sal die seën beveel om oor jou te kom, oor jou graanskure en oor alles wat jy aanpak. Die Here jou God sal jou seën in die land wat Hy aan jou gee. 9 “As jy die gebooie van die Here jou God gehoorsaam en sy wil doen, sal Hy jou in stand hou as sy heilige volk soos Hy met ’n eed aan jou beloof het. 10 “Al die volke op die aarde sal weet dat die Naam van die Here oor jou uitgeroep is, en hulle sal bang wees vir jou. 11 Die Here sal jou oorlaai met die goeie: met ’n nageslag, met die aanteel van jou vee, met die opbrengs van jou grond in die land wat die Here met ’n eed aan jou voorvaders beloof het om aan jou te gee.

12 Die Here sal sy goeie voorraadskuur, die hemel, vir jou oopmaak om vir jou land reën te gee op die regte tyd, om alles wat jy doen, te seën. Dan sal jy aan baie nasies kan leen, maar self sal jy nie hoef te leen nie. 13 “As jy luister na die Here jou God se gebooie wat ek jou vandag gee, as jy hulle gehoorsaam en daarvolgens lewe en nie ander gode aanhang en dien en so afwyk van alles wat ek jou vandag beveel nie, sal die Here jou God jou die kop maak, nie die stert nie, en sal jy altyd bo wees, nie onder nie.

Daar is niks wonderlikers wat met ‘n persoon, organisasie, stad of land kan gebeur as die HERE se ___________ nie! Seën

1 Tim 2:1-3 1 Ek dring daarop aan dat daar in die eerste plek met smeking, voorbidding en danksegging gebid moet word vir alle mense, 2 vir dié wat regeer en vir almal wat gesag uitoefen, sodat ons ’n rustige en stil lewe kan lei in volkome toewyding aan God en in alle eerbaarheid. 3 So is dit goed en aanneemlik vir God, ons Verlosser,”

Die Here is ernstig daaroor dat ons in die __________ plek verskillende tipes ________vir alle mense moet ___________en veral vir hulle in ____________ eerste gebed bid gesagsposisies

Jer 29:7 7 Bevorder die belange van die stad waarheen Ek julle in ballingskap weggevoer het, bid tot My vir daardie stad, want sy belange is ook julle belange.”

Die HERE is ernstig daaroor dat ons tot Hom vir ___________ moet bid waar ons ons bevind – al is dit teen ons wil. Inteendeel, hy beveel ons om daarvoor te bid want die plek se __________________ is ook ons __________. plekke belange belange

Mat 5:43-48 43 “Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘Jou naaste moet jy liefhê en jou vyand moet jy haat.’ 44 Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle vyande liefhê, en julle moet bid vir dié wat vir julle vervolg, 45 sodat julle kinders kan wees van julle Vader in die hemel. Hy laat immers sy son opkom oor slegtes en goeies, en Hy laat reën oor dié wat reg doen en oor dié wat verkeerd doen. 46 As julle net dié liefhet wat vir julle liefhet, watter loon kan julle dan nog verwag? Maak die tollenaars nie ook maar net so nie? 47 En as julle net julle broers groet, wat doen julle meer as ander? Maak die heidene nie ook maar net so nie? 48 “Wees julle dan volmaak soos julle hemelse Vader volmaak is.”

Weer eens verhoog Jesus die hoogte van die hoogspringlat van die “liefde”! Deur Sy voorbeelde begin ons Sy hart en die hart van die Vader verstaan.

Jesus mik vir niks minder as volmaaktheid soos die ________________ as ons ideaal nie. Hemelse Vader

Komaan! Kom ons volg Hom!

Iets anders mag egter in ons pad staan

Mat 6:12, 14-15 12 en vergeef ons ons oortredings soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree;...... 14 “As julle ander mense hulle oortredings vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. 15 Maar as julle ander mense nie vergewe nie, sal julle Vader julle ook nie julle oortredings vergewe nie.”

_______________________ As ons die HERE se seën of vrede toebid is dit belangrik dat ons nie _______________________ teenoor iemand is nie. onvergewensgesind

Gee dit vir die HERE en raak vry! Wees vry! Om wrokke of griewe teen mense te hou is soos kettings wat jou vasbind! Gee dit vir die HERE en raak vry!

Het jy dalk enigiets teen iemand wie jy nog nie vergewe het nie Het jy dalk enigiets teen iemand wie jy nog nie vergewe het nie? Vra die HERE nou om jou te help om die persoon te vergewe en die las vir die HERE te gee.

Jy kan nou begin met L-10-T Stap 1. Jy mag dalk vind dat jy die stap meer gebruik as die ander.

STAP 2: SAMESYN

Stap 2 (Samesyn - Eng. Fellowship) is nou rêrig lekker Stap 2 (Samesyn - Eng. Fellowship) is nou rêrig lekker. Jesus verwag van ons om met die mense rondom ons vriende te maak en te kuier! Ons moet dit doen oral waar ons gaan – ons moet gewone mense wees wat gewone goed soos meeste mense doen. Vir die arme twee-en-sewentig dissipels in Jesus se tyd was hierdie ‘n verskriklike opdrag want hulle het ‘n klomp godsdienstige reëls oor kos gehad! Ons het gelukkig nie soveel kosreëls nie.

Maak seker dat daar niks in jou taal of gedrag is wat mense afsit van jou as mens of Christen nie. Wees vriendelik en normaal en gebruik die taal van die groep waar jy is. Vermy Christelike uitdrukkings wat vir nie-Christene vreemd mag klink – bv “Ek is gewas in die bloed van die Lam”

Dink ook aan ander woorde of uitdrukkings wat jy tussen mense gebruik wat hulle van Jesus sal afsit omdat jy dit gebruik. Is jou taal van so aard (al is dit op die vlak van jou portuurgroep) dat jy dit voor Jesus kan gebruik? (Terloops, Hy is daar, jy sien Hom net nie!). Is jy geneig tot onsinnige stryery (ook oor godsdienstige sake) of kwaadpratery of skinder? Maak notas van enigiets wat mag pla.

Wanneer ‘n mens kuier. of by die skool,. universiteit of werk is, is Wanneer ‘n mens kuier of by die skool, universiteit of werk is, is dit belangrik om nie kompromieë aan te gaan wat jou Christelike waardes betref nie – bv om dwelms te gebruik, seks voor jy getroud is, vloek of vuil grappe vertel, of so iets.

Kan jy dink aan enige iets wat jy dalk doen tussen jou vriende wat jy nie behoort te doen as jy sonder woorde Jesus se voorbeeld wil stel nie?

Wat nou gemaak met sulke lastige taal of ander gewoontes?

Rom 13:8 -14:23 8 Julle moet niemand iets verskuldig wees nie, behalwe om mekaar lief te hê. Wie sy medemens liefhet, voer die hele wet van God uit. 9 Al die gebooie: “Jy mag nie egbreuk pleeg nie, jy mag nie moord pleeg nie, jy mag nie steel nie, jy mag nie begeer nie,” of watter ander gebod daar ook al is, word immers in hierdie een gebod saamgevat: “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.” 10 Die liefde doen die naaste geen kwaad aan nie. Daarom is die liefde die volle uitvoering van die wet. 11 En dit alles is nodig omdat julle weet hoe laat dit al is. Die uur is reeds daar dat julle uit die slaap moet wakker word, want die tyd van ons finale verlossing is nou nader as toe ons tot die geloof gekom het. 12 Die nag is byna verby; dit is amper dag. Laat ons dan ophou met die werke van die duisternis; laat ons die wapens van die lig opneem.

13 Ons moet welvoeglik lewe soos dit in die daglig hoort 13 Ons moet welvoeglik lewe soos dit in die daglig hoort. Daar moet geen drinkery en uitspattigheid, geen ontug en onsedelikheid, geen rusie en jaloesie wees nie. 14 Nee, julle moet lewe soos volgelinge van die Here Jesus Christus en nie voortdurend daarop uit wees om julle sondige begeertes te bevredig nie. 1 Aanvaar die een wat in die geloof swak is, sonder om met hom te stry as sy opvatting van joune verskil. 2 Een glo ’n mens mag alles eet; ’n ander is swak in die geloof, en hy eet net groente. 3 Die een wat alles eet, moet die ander wat net groente eet, nie verag nie; en die een wat net groente eet, moet die ander wat alles eet, nie veroordeel nie, want God het hom aangeneem. ……

Lees 5 Vir die een is een dag belangriker as ander dae; vir ’n ander is alle dae ewe belangrik. Elkeen moet net in sy eie gemoed oortuig wees van sy opvatting. 6 Die een wat ’n bepaalde dag op ’n besondere wyse hou, doen dit tot eer van die Here. Die een wat alles eet, doen dit tot eer van die Here, want hy dank God. En die een wat nie alles eet nie, doen dit tot eer van die Here, en ook hy dank God. 7 Niemand van ons leef tog vir homself nie, en niemand sterf vir homself nie. 8 As ons lewe, leef ons tot eer van die Here; en as ons sterwe, sterf ons tot eer van die Here. Of ons dan lewe en of ons sterwe, ons behoort aan die Here. 9 Hiervoor het Christus ook gesterf en weer lewend geword: om Here te wees van die dooies en die lewendes. 10 Jy, waarom veroordeel jy dan jou broer? En jy, waarom verag jy jou broer? Ons sal tog almal voor die regterstoel van God moet verskyn,

11 want daar staan geskrywe: “So seker as Ek lewe, sê die Here, voor My sal elke knie buig, en elke tong sal bely dat Ek God is.” 12 Elkeen van ons sal dus oor homself aan God rekenskap moet gee. 13 Laat ons mekaar dan nie meer veroordeel nie. Neem julle liewer voor om niks te doen wat jou broer kan aanstoot gee of tot ’n val kan bring nie. 14 Omdat ek die Here Jesus ken, weet ek en is ek daarvan oortuig dat niks vanself onrein is nie. Maar as iemand iets as onrein beskou—vir hom is dit dan onrein. 15 As jy met wat jy eet, jou broer aanstoot gee, leef jy nie meer volgens die liefde nie. Moenie deur wat jy eet, iemand vir wie Christus gesterf het, laat verlore gaan nie.

16 Moenie dat die goeie wat julle het, ’n slegte naam kry nie 16 Moenie dat die goeie wat julle het, ’n slegte naam kry nie. 17 Die koninkryk van God is nie ’n saak van eet en drink nie, maar van gehoorsaamheid aan God, vrede en vreugde, wat die Heilige Gees ons gee. 18 Wie op hierdie manier vir Christus dien, geniet die guns van God en die agting van die mense. 19 Laat ons ons dan beywer vir die dinge wat die onderlinge vrede en opbou bevorder. 20 Moenie oor kos afbreuk doen aan die werk van God nie. Alle kos is rein, maar dit is verkeerd om deur wat jy eet, aanstoot te gee.

21 Dit is goed as ’n mens nie vleis eet of wyn drink of enigiets doen wat jou broer laat struikel nie. 22 Laat jou oortuiging hieroor ’n saak tussen jou en God wees. Gelukkig is die man wat hom nie hoef te verwyt oor wat hy hom veroorloof nie. 23 As iemand egter twyfel en tog eet, is hy klaar veroordeel omdat hy dit nie uit geloofsoortuiging doen nie. En enigiets wat ’n mens nie uit geloofsoortuiging doen nie, is sonde.

In ons Maandag tot Saterdag interaksie met mense buite ons gemeente in verskillende situasies moet ons as Christene __________ ___________ wat vir ons medemens, Christen of nie Christen _______________ sal gee en daarom hulle van die geloof sal wegdryf of weghou. niks doen aanstoot

U mag vind dat u die dinge wat mag pla in twee kategorieë kan verdeel: Dinge wat u sê of doen wat vir ander mense hoorbaar en sigbaar is. Hierdie sigbare hindernisse of sonde is eerste prioriteit om uit te skakel om Stap 2 suksesvol te doen. Ander sondes is die wat net in u gedagtes is, of wat u net doen as u alleen is of wat u doen en hoop niemand sal oit uitvind nie. Hierdie tipe sonde gaan nie L-10-T direk beïnvloed nie (behalwe as ‘n ding wat in geheimenis gedoen is aan die lig kom!), maar u moet natuurlik saam met die HERE bly werk om dit uit te skakel.

Hoe skakel ek hierdie sigbare hindernisse uit? Party is sonde en ander is bloot gewoontes wat u in sekere groep sal uitskakel uit sensitiwiteit vir wat hulle glo. Sekere sondes in hierdie kategorie (bv vloek of humeur verloor) kan hardnekkig wees. Eerstens moet u met die HERE daaroor praat; tweedens met u vertrouelinge; derdens met professionel raadgewers, indien nodig; vierdens, as u u regtig voorgeneem het om ontslae te raak daarvan: bely u swakheid en voorneme publiek en as dit gebeur teken verskoning publiek aan en vra dat die rondom u u vergewe!

Hierdie laaste aksie kan een van die sterkste getuienisse wees wat u in Stap 2 doen!

Maar moet ek nou my persoonlikheid verander? Nee, natuurlik nie. Slegte gewoontes of sonde is nie deel van u persoonlikheid nie!

Wat is die doel van Stap 2? Om vriendskap en daardeur vertroue by mense te bou as ‘n gewone mens – deur die voorbeeld wat jy stel.

Jy is nou gereed om stap 2 te doen.

STAP 3: Bevredig Behoeftes Wat verstaan jy omtrent die bevrediging van behoeftes? _______________ ________________ Om mense te help in hul nood, waar en as jy kan

In Stap 3 reageer jy op die onmiddellike behoeftes van die mense wat jy ontmoet waar jy ookal van Maandag tot Saterdag beweeg. Een van jou vriende of mense wat jy hoor praat, mag moontlik ‘n behoefte uitspreek – soos ‘n ouer of kind wat siek geword het; ‘n persoon wat nie die geld het om ‘n taxi/bus huis toe te kan bekostig nie; ‘n persoon wat sy werk verloor het; wat ‘n familielid aan die dood afgestaan het; wat geld benodig om verder te studeer; wie se troeteldier verlore geraak het; of enige ander behoefte.

As jy van so ‘n behoefte hoor, kan jy dan, op ‘n aangewese tyd, die persoon help deur fisies (bv deur geld te gee) of emosioneel (bv deur te vertroos) die persoon te ondersteun en/of vir die persoon en die situasie te bid – en daardeur Sy Groot Helpende Hand in die situasie in te bring.

 Jy kan sag of met ‘n vriend bid (almal kan dít doen!) Daar is drie vlakke van gebed in Stap 3 :  Jy kan sag of met ‘n vriend bid (almal kan dít doen!)  Jy kan die persoon vra of jy vir die behoefte vir hom/haar kan bid. Indien die antwoord positief is kan jy ‘n eenvoudige gebed vir die persoon doen, gewoonlik weg van ander mense af.  Jy kan ‘n persoon vra of daar ‘n sekere behoefte is waarvoor jy vir hulle kan bid (meeste mense het een of ander behoefte, al is dit net vir die vrede of seën van God).

Die wonderlike daarvan om vir ‘n behoefte te bid is dat meeste mense - Christen, Moslem, Hindoe, “New Ager” of ateïs – altyd ja sal sê vir gebed! As die persoon nee sou sê? Wel dan sê jy OK – draai weg en bid in elk geval saggies vir die situasie.

Onthou, L-10-T is nie ‘n kompetisie of ‘n projek met ‘n bepaalde tydsduur nie! L-10-T is ‘n nuwe lewenswyse! U moet u daarom toelaat om met hierdie nuwe lewenswyse te ekperimenteer want u het ‘n spesifieke persoonlikheid en spesifieke omgewings waar u van Maandag tot Saterdag beweeg.

U mag letterlik tien talle geleenthede daagliks hê om te L-10-T, of u mag hier sit en dink dat u nie een geleentheid sal hê nie! Begin luister na behoeftes en u sal die moontlikhede sien!

Stem u nou saam dat enigiemand ouer as 12 en jonger as 100 kan L-10-T Stem u nou saam dat enigiemand ouer as 12 en jonger as 100 kan L-10-T? (Ons praat nie van mense wat siek of fisies/emosioneel gestremd of werklik deur ouderdom verhinder word nie). Kinders jonger as 12 kan op ‘n eenvoudige wyse begin L-10-T!

Jy is nou gereed om op hierdie nuwe maar eenvoudige wyse te gaan omgee vir diegene rondom jou! Dit is ontsettend belangrik dat jy ook sensitief is vir die leiding van die Heilige Gees (deur Sy sagte stem wat jou in hierdie of daardie rigting lei) in enige situasie. Wees ook sensitief vir die gevoel van jou eie hart – die Heilige Gees mag ‘n sekere geval of tipe behoefte oor jou pad bring waaraan jy dalk meer aandag wil gee (bv mense wat MIV/VIGS het).

Jy is nou gereed om stap 3 te doen.

STAP 4: Vertel van JESUS

Die vierde stap is om enige vraag wat iemand jou oor jou geloof vra; of oor die rede vir jou omgee; of waarom jy vir mense bid; te beantwoord.

Antwoord altyd net die persoon se vraag en niks meer nie Antwoord altyd net die persoon se vraag en niks meer nie! Baie mense word deur die Heilige Gees tot ‘n positiewe besluit vir Jesus in hul lewens beweeg deur mense soos jy dop te hou. Hulle begin agterkom dat jy ‘n Christen is. As hulle jou iets vra, wil hulle gewoonlik slegs die inligting hê waarvoor hulle vra. ‘n Volgende vraag mag miskien eers oor ‘n paar weke vir jou of iemand anders gevra word!

1 Kor 3:5-7: 5 Wat is Apollos dan? Wat is Paulus? Hulle is maar net dienaars deur wie julle tot geloof gekom het, en elkeen doen die werk soos die Here dit vir hom gegee het. 6 Ek het geplant, Apollos het natgegooi, maar dit is God wat laat groei het. 7 Dit gaan dus nie om die een wat plant of die een wat natgooi nie, maar om God wat laat groei.”

Lukas 9:26 26 Elkeen wat hom vir My en my woorde skaam, vir hom sal die Seun van die mens Hom skaam wanneer Hy kom, beklee met sy heerlikheid en die heerlikheid van die Vader en van die heilige engele.

Ons moet altyd gereed wees om ons geloof in Jesus Christus in die ___________________ te bely. openbaar

Om seker te maak jy is daarop voorbereid om jou geloof of jou getuienis (hoe jy ‘n toegeweide Christen geword het) te kan vertel (indien jy gevra word), oefen dit deur dit kortliks neer te skryf of dit vir iemand te vertel.

Gebedsevangelisasie Vat Vyf is ‘n Gebedsevangelisasie -strategie wat jy mag gebruik om effektief te bid vir mense, wie die Here op jou hart lê, wie Sy seën en verlossing in hul lewens nodig het.

Vat Vyf Eerste van Vyf: Lys vyf name van mense wie u weet Christus nie ken nie of wie teruggevalle Christene is of wie God se seën in hul lewens nodig het.

Tweede van Vyf Bid vir elkeen van hierdie persone vir een minuut elke dag, vir hulle verlossing of terugkeer na God en enige ander behoefte wat hulle mag hê.

Bid vir Vyf Lewensareas Ligaam - gesondheid, beskerming, krag Werksplek - werk, inkomste, sekuriteit Emosies -vreugde, vrede, hoop, liefde Sosiaal -huwelike, familie verhoudings, vriende, bure Geestelik -verlossing, geloof, genade, barmhartigheid, geestelike groei

Spesifieke gebed rondom bekeringsvrae Wanneer U vir die redding van mense bid, kan U ook vir God vra dat deur die werking van die Heilige Gees hulle hulself die volgende vrae sal afvra: Wie kan ek vertrou? Wat is my doel in die lewe? Wanneer sal ek vry wees van my laste? Waarheen gaan ek na die dood? Waarom haat ek God?/Waarom hardloop ek weg van Hom? Hoe moet ek my probleme hanteer? Waar sal ek veilig wees?/Wie kan my beskerm?

Derde van Vyf Gee om vir jou vyf mense deur Stap 3 van L-10-T spesifiek op hulle toe te pas deur hulle te help in hul nood en hul laste te dra by elke moontlike geleentheid.

Vierde van Vyf Wees gereed om die goeie nuus van Jesus se verlossing vir hulle met hulle te deel, volgens L-10-T Stap 4.

Vyfde van Vyf Volhard in gebed vir die mense op jou lys tot hulle Christus ontmoet, of ten minste vir een jaar.

VAT VYF VYF MENSE VYF MINUTE VYF GEBEDSPUNTE VYF DINGE VYF SIELE!

Jy is gereed om al die stappe van L-10-T te doen!

DIE TERUGKOMS L-10-T EFFEK!

L-10-T verander lewens – eerstens jou eie en tweedens die van die mense met wie jy L-10-T. Dit behoort ons nie te verbaas nie! Kom ons lees wat die Lukas 10 dissipels gesê het met hul terugkeer:

17 Die twee en sewentig het vol blydskap teruggekom en gesê: “Here, selfs die bose geeste onderwerp hulle aan ons by die hoor van u Naam.” 18 Toe sê Hy vir hulle: “Ek het die Satan soos ’n weerligstraal uit die hemel sien val. 19 Kyk, Ek het aan julle die mag gegee om op slange en skerpioene te trap en om die vyand met al sy geweld te oorwin, sonder dat iets julle enige leed aandoen. (Luke 10:17-19)

Netso kom gewone mense soos ek en jy deesdae weekliks terug nadat hulle mense se lewens op die eenvoudige L-10-T wyse aangeraak het. Mense rapporteer met groot opgewondenheid hoe die HERE hulle toegelaat het om ander mense – Jood en Mohammedaan – op eenvoudige wyse met Hom in aanraking te bring.

Ons leer ook dat ons nie hoef te ___________ nie. vrees

Waneer jy begin L-10-T is dit goed om dit saam met ‘n vriend te doen (Onthou dat Jesus die Lukas 10 dissipels twee-twee uitgestuur het). Jy hoef egter nie jou L-10-T te vertraag net omdat jy nie iemand by jou het nie!

Probeer ALTYD ‘n plek of persoon kry waar jy kan kom terugrapporteer oor wat met jou week se L-10-T gebeur het! Net soos die dissipels van ouds het ons nodig om te kan vertel en om aangemoedig te word en ook andere aan te moedig. Dit kan gebeur in die Christelike vereniging in jou skool of op jou kampus of by jou werk. Andersins in die gesin, by ‘n vriend of onderwyser, in jou kleingroep, by die Sondagskool of op Sondae by jou gemeente.

Lukas 10:20 20 En tog moet julle nie bly wees net omdat die geeste hulle aan julle onderwerp nie, maar wees veral bly omdat julle name in die hemel opgeskryf is.”

Jesus waasku ons om nie ___ _________ van onsself te dink as __________ ons L-10-T gebede verhoor nie. te veel Hy

Lukas 10:21 - 22 21 By daardie selfde geleentheid het Jesus deur die Heilige Gees dit uitgejubel: “Ek prys U, Vader, Here van hemel en aarde, dat U hierdie dinge vir slim en geleerde mense verberg het en dit aan eenvoudiges bekend gemaak het. Ja, Vader, so was dit u genadige bedoeling. 22 “My Vader het alles aan My toevertrou. Niemand weet wie die Seun is nie behalwe die Vader, en wie die Vader is nie behalwe die Seun en elkeen aan wie die Seun dit wil bekend maak.”

23 Toe draai Jesus Hom na sy dissipels afsonderlik en sê vir hulle: “Hoe bevoorreg is die oë wat sien wat julle sien, 24 want Ek sê vir julle: Baie profete en konings het daarna verlang om te sien wat julle nou sien, en hulle het dit nie gesien nie; en om te hoor wat julle nou hoor, en hulle het dit nie gehoor nie.”

Onthou ook! Selfs al doen jy slegs L-10-T deur sag te bid – dan is jy besig om Jesus se opdragte uit te voer en behoort nooit enige veroordeling te voel nie!

Maar mense kan ook ophou probeer of lui raak – daarom is die plek van terugrapportering so belangrik, sodat ons mekaar kan aanspoor om aan te hou en ook te probeer om meer mense met L-10-T aan te raak.

Jesus het sy vreugde teenoor die Vader en die twaalf dissipels uitgejubel oor dit wat gebeur het terwyl die twee-en-sewentig dissipels geL-10-T het!

NETSO SAL JESUS DIT VANDAG EN ELKE DAG UITJUBEL AS JY BEGIN L-10-T!

L-10-T VEROORSAAK ‘N GEESTELIKE STRYD IN DIE HEMELE!

KOMAAN!

Jy moet GOU begin L-10-T! Ten minste binne 4 dae van hierdie opleiding – anders gaan jy nie!

Jakobus 2:14-17 14 Wat help dit, my broers, as iemand beweer dat hy glo, maar sy dade bevestig dit nie? Kan so ’n geloof ’n mens red? 15 Sê nou daar is ’n broer of ’n suster wat nie klere het nie en dag vir dag honger ly, 16 en sê nou een van julle sou vir hulle sê: “Mag dit met julle goed gaan; gaan trek julle warm aan en eet genoeg,” maar julle gee nie vir hulle wat hulle nodig het om van te lewe nie, wat help dit dan? 17 So gaan dit ook met die geloof: as dit nie tot dade oorgaan nie, is dit sonder meer dood.

MAAR!......... Noudat jy tegnies opgelei en skriftuurlik en prakties weet hoe om te L-10-T, kan jy aan enigiets dink waarom jy nie sal begin of aanhou L-10-T nie?

Gebruik die meegaande tabel om jou eerste 21 dae (die periode om ‘n gewoonte te vorm) se L-10-T te monitor – wat jy meet sal jy doen!

21 dae vorm ‘n gewoonte: 21 maande verander ‘n lewenswyse (30KD)

Voel jy dat jy nou beter in staat is om Jesus se opdragte uit te voer? Terugblik op Les 1: Voel jy dat jy nou beter in staat is om Jesus se opdragte uit te voer? Groot Opdrag: Eerste Groot Gebod: Tweede Groot Gebod: Minderbevoorregtes: Jesus volg: ‘n Vriend van Jesus wees: God ken en deur Hom geken word: Jou geloof te bou: Vir ander te bid:

L-10-T DIE DRIE-ENIGE GOD JOU VRIENDE JOU WERKPLEK JOU BINNEKAMER JOU KOOPPLEK L-10-T JOU GESIN JOU SPEELPLEK JOU GEMEENTE JOU FAMILIE

L-10-T is die basis L-10-T BYBELSE BEGINSELS E I ENAAR BESIGHEIDSLEIER WERKNEMER SENIOR PERSOON X X X X STUDENT L-10-T

DIE VERLORENES EN BEHOEFTIGES L-10-T PREDIKANTE/PASTORE WERKPLEK-BEDIENINGE BESIGHEIDSLEIERS DIE KERK IN DIE WERKPLEK/MARKPLEK SEËN KUIER HELP EN BID VERTEL VOORBIDDERS DIE VERLORENES EN BEHOEFTIGES

Waarvoor is jy toegerus? 1) Is jy ‘n Christen wat net elke dag in jou werkplek probeer oorleef? 2) Is jy ‘n Christen wat Bybelse beginsels vir die werkplek ken en self probeer toepas? 3) Of werk jy in jou werksomgewing onder die leiding en krag van die Heilige Gees? 4) Of is jy ‘n Christen wat sy werkomgewing transformeer vir Christus? Klassifikasie: Ed Silvoso, Anointed for Business

Voorbeelde As werknemer: Jou pos as ‘n roeping Werk soos vir Christus Uitmuntendheid Eties Werklike beloning van God Biddend – werk in/met Sy Teenwoordigheid

As Besigheidsleier/Eienaar Werknemer Plus: Die Christen as leier: ‘n Dienskneg ‘n Voorbeeld Aan wie behoort jou besigheid werklik? Wat is dan jou taak? Skoei jou besigheidsbeleid daarop

Waar eindig dit? L-10-T is die begin … die einde is God se unieke roeping op ELKEEN se lewe! En eendag díe woorde: Mooi so goeie en getroue dienskneg! Oor weinig was jy getrou – oor veel sal Ek jou aanstel.

Om nie net hoop te gee nie, maar … Hoop te DOEN!!!

Jy is gereed om te begin L-10-T!

Jerigo Mure Internasionale Gebedsnetwerk Witwatersrand  011 827 8037  011 824 1985  083 279 5889 (Lenthia)  082 650 5684 (Willem)  lenthia@jwipn.com  wjoubert@icon.co.za Version 1.6