Jesaja 52:7-10 Oorsig Skrywer van die preekstudie skryf soos volg oor die tekste: "Hebreërs 1 en Johannes 1 fokus op God se Woord. God wat 'praat" deur.

Slides:



Advertisements
Similar presentations
Meer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels Leierskap Strukture
Advertisements

Ons nooi alle gelowiges in Suid-Afrika om deel
Tema Oorweldigende lof en dank aan God pas by Kersfees Psalm 98.
DIE ONTKENNING (NEGATIEF) Me. J. van Zyl
In Ritme Met Die Gees Om ’n Daaglikse Mens Te Word.
Psalm 96 PowerPoint agtergrond Agtergond 1
Om God te GENIET Filippense 4:2-9.
Ons aanbid saam!. Ons aanbid saam! Die belangrikste boodskap in die Bybel: God is lief vir jou!
Ons waag in geloof Hebreërs 12:1-3.
Johannes 3:1-17 PowerPoint agtergrond
MUNUS TRIPLEX Die oprig en herstel van die drievoudige amp
Jesus - Die Bevelvoerder van die Weermag
Ps. 107: “Party het in die donker gesit, in diep duisternis, hulle was gevangenes, in ellende en in boeie, want hulle het hulle verset teen die bevele.
II Tim. 2:22 “Vermy die begeertes wat 'n jongmens in gevaar bring, en streef na opregtheid, geloof, liefde en vrede, saam met almal wat uit 'n rein hart.
Regverdigmaking (Justification)
Romeine 12:2 “Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei.
Oorsig Die fokus van hierdie tyd is die viering van God se openbaring aan ons in die verskyning (geboorte) van sy Seun Jesus Christus op aarde. Dit word.
Absolute oortuiging God bestaan?
Gen. 39:9 “Daar is niemand wat in hierdie huis meer gesag het as ek nie. Meneer het niks van my teruggehou nie, behalwe vir u, want u is sy vrou. Hoe.
ONREGVERDIGE, ONEINDIGE
WELKOM! Matteus 13.
Jesaja 52:7-10 Oorsig Skrywer van die preekstudie skryf soos volg oor die tekste: "Hebreërs 1 en Johannes 1 fokus op God se Woord. God wat 'praat" deur.
CLICK TO ADVANCE SLIDES
Joh. 4:23 “Maar daar kom 'n tyd, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader deur die Gees en in waarheid sal aanbid, want die Vader wil juis.
Om te ONTVANG 1 Konings 3:2-15.
Krake 'n Baie hoë gebou was vir etlike jare in gebruik toe daar op 'n dag 'n gevaarlike kraak in die muur op die 42ste verdieping verskyn het. Die.
Phil 3:10 (NKJV) 10 that I may know Him and the power of His resurrection, and the fellowship of His sufferings, being conformed to His death,
Jou geskenk aan God die Kersfees!
Die KRUIS Gebedsreis.
GAL 2:20-21 Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in.
In 2009 was daar reeds 33, 3 miljoen mense wat met MIV lewe
Tema Oorweldigende lof en dank aan God pas by Kersfees Psalm 98.
II Kor. 5:21 “Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek.
Tommy's Window Slideshow
Job. 42:5 “Tot nou toe het ek net gehoor wat mense van U sê, maar nou het ek U self gesien”
Luk. 11: “Dié wat op die pad val, dui op mense wat die woord hoor, maar dan kom die duiwel en neem dit uit hulle harte weg sodat hulle nie tot geloof.
Matt. 7:21 “Nie elkeen wat vir My sê: ‘Here, Here,’ sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie...”
Welkom Jeremia 1:4-10.
Johannes 6:56-71 PowerPoint agtergrond
I Kor 6:20. “julle is gekoop, en die prys is betaal
> God is heilig:. > God is heilig: Lev. 11:44,45. “Ek is die Here julle God Lev. 11:44,45 “Ek is die Here julle God. Wy julle aan my diens en wees.
Titus 2:12 “Dit voed ons op om die goddelose leefwyse en wêreldse begeerlikhede te laat vaar en met selfbeheersing, opregtheid en godsvrug in die teenswoordige.
Geskape om vir ewig te lewe !
Hoe weerloos is jy....
KAN ONS GOD VERTROU WANNEER HY SÊ, “VOLG MY”? Deur Karen J. Pearson
Verbintenis tot God se heerskappy Verbintenis tot God se dienswerk Verbintenis tot God se boodskap Verbintenis tot God se middele Verbind aan God se.
Hartlik welkom in die Erediens!
MAAK OOP EN ONDEK JOU GESKENK
“True repentance shows itself in a thorough breaking off from sin
“Julle sal my getuies wees”
Die weg tot geregtigheid
Sessie 2: Oor die teenwoordigheid van die verhoogde Christus by ons
Regverdigmaking (Justification)
Hartlik welkom in die Erediens
Jak. 2:14 “Wat help dit, my broers, as iemand beweer dat hy glo, maar sy dade bevestig dit nie? Kan so 'n geloof 'n mens red?
CLICK TO ADVANCE SLIDES
Matt 15:21-28 Lees asseblief saam m3.4 Nati.
UNITY OF THE SPIRIT..
I Pet. 1: “Nee, soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in julle hele lewenswandel heilig wees. Daar staan immers geskrywe: “Wees.
Tommy's Window Slideshow
A candle light is a protest at mignight, It is a non-conformist A candle light is a protest at mignight, It is a non-conformist. It says to.
Johannes 12 Daar was ook 'n aantal Grieke onder die mense wat fees toe gekom het om te aanbid. Hulle het na Filippus, wat van Betsaida in Galilea afkomstig.
LOFOFFER 2014 Romeine 12.
Barmhartigheid Hoekom? Wat? Waar?.
Rom. 7: “Ek, ellendige mens
Genesis 1 - Eerste dag Toe het God gesê: “Laat daar lig wees!” En daar was lig. God het gesien die lig is goed, en Hy het die lig en donker van.
WAARHEID MATT 28: Jesus kom toe nader en sê vir hulle: “Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde. Gaan dan na al die nasies toe en maak.
WEERSPIEËL SY LIG WEERSPIEËL SY LIG [SKYN SAAM] [SKYN SAAM]
Johannes 9 Hy het gegaan en hom gewas, en toe hy terugkom, kon hy sien.
CLICK TO ADVANCE SLIDES
Presentation transcript:

Jesaja 52:7-10 Oorsig Skrywer van die preekstudie skryf soos volg oor die tekste: "Hebreërs 1 en Johannes 1 fokus op God se Woord. God wat 'praat" deur sy Seun (Heb 1) en die Woord wat vlees geword het en onder ons kom woon het (Joh 1). Psalm 98 is 'n lofpsalm wat die Koning besing: die aarde, instrumente, riviere, see, berge en volke moet saam juig. Die prediker kan hier die lyn optel van doksologie/lofprysing. Jesaja 52:7-10 is ook 'n jubellied omdat Jerusalem se Koning terugkeer. Ook die volke en puinhope word opgeroep om saam te jubel.“ Ander tekste Psalm 98 Sing ’n nuwe lied tot eer van die Here   98 ’n Psalm. Sing ’n nuwe lied tot eer van die Here, want Hy het magtige dade gedoen, deur sy krag en Goddelike mag het Hy oorwin. 2Die Here het sy oorwinning bekend gemaak, aan die nasies het Hy sy reddingsdade geopenbaar. 3Aan die huis van Israel het Hy sy liefde en sy trou herbevestig; die hele wêreld het gesien dat ons God die oorwinning behaal het. 4Juig tot eer van die Here, almal op aarde, wees vrolik, juig en sing! 5Sing tot eer van die Here met begeleiding van die lier, speel op die lier en sing. 6Blaas die trompet en die ramshoring, jubel tot eer van die Here, die Koning. 7Die see en alles daarin moet druis, die aarde en alles daarop moet juig, 8die riviere moet hande klap, die berge moet saam juig 9voor die Here, want Hy kom om oor die aarde te heers; Hy sal oor die wêreld heers met regverdigheid, oor die volke met billikheid. Hebreërs 1:1-4, (5-12) Die uitnemende grootheid van die Seun van God 1 In die verlede het God baiekeer en op baie maniere met ons voorvaders gepraat deur die profete, 2maar nou, in hierdie laaste dae, het Hy met ons gepraat deur die Seun. God het Hom deur wie Hy die wêreld geskep het, ook erfgenaam van alles gemaak. 3Uit Hom straal die heerlikheid van God en Hy is die ewebeeld van die wese van God. Hy hou alle dinge deur sy magswoord in stand. Nadat Hy die reiniging van sondes bewerkstellig het, het Hy gaan sit aan die regterhand van die Majesteit in die hoë hemel. 4Hy is net so verhewe bo die engele as wat die Naam wat God Hom gegee het, voortrefliker is as hulle naam. 5Immers, aan wie van die engele het God ooit gesê: “Jy is my Seun, van vandag af is Ek jou Vader,” a en ook: “Ek sal sy Vader wees, en Hy sal my Seun wees” b 6En wanneer God die Eersgeborene in die wêreld inbring, sê Hy: “Al die engele van God moet Hom aanbid.” 7Van die engele sê Hy: “Hy maak sy engele stormwinde en sy dienaars vuurvlamme.” c 8Maar van die Seun sê Hy: “U troon, o God, staan vir ewig vas, met u koninklike septer laat U reg geskied. 9U het die reg lief en U haat die onreg. Daarom het God, u God, U onder groot vreugde tot Koning gesalf bo u tydgenote.” d 10En verder: “U, Here, het in die begin die aarde gevestig, en ook die hemel is die werk van u hande. 11Dié dinge sal vergaan, maar U bly bestaan; soos ’n kledingstuk sal alles verslyt; 12soos klere sal U dit oprol; ja, soos ’n kledingstuk sal dit vervang word. Maar U, U bly dieselfde, en u jare het geen einde nie.” e 13Van watter engel het Hy ooit gesê: “Sit aan my regterhand, totdat Ek jou vyande aan jou onderwerp het” f 14Is hulle dan nie almal geeste in diens van God, wat Hy uitstuur om dié te dien wat die saligheid gaan beërf nie? Johannes 1:1-14 Die Woord het mens geword 1 In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God. 2Hy was reeds in die begin by God. 3Alles het deur Hom tot stand gekom: ja, nie ’n enkele ding wat bestaan, het sonder Hom tot stand gekom nie. 4In Hom was daar lewe, en dié lewe was die lig vir die mense. 5Die lig skyn in die duisternis, die duisternis kon dit nie uitdoof nie. 6Daar was ’n man wat deur God gestuur is. Sy naam was Johannes. 7Hy het gekom om te getuig; hy moes getuig van die lig, sodat almal deur hom tot geloof kon kom. 8Hy was self nie die lig nie, maar hy moes van die lig getuig. 9Die ware lig wat elke mens verlig, was aan kom na die wêreld toe. 10Hy wás in die wêreld—die wêreld het deur Hom tot stand gekom—en tog het die wêreld Hom nie erken nie. 11Hy het na sy eiendom toe gekom, en tog het sy eie mense Hom nie aangeneem nie. 12Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word. 13Hulle is dit nie van nature nie, nie deur die drang van ’n mens of die besluit van ’n man nie, maar hulle is uit God gebore. 14Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid. 15Johannes getuig van Hom en roep uit: “Dit is Hy wat ek bedoel het toe ek gesê het: Hy wat ná my kom, is my vóór, want Hy was voor my reeds daar.” 16Uit sy oorvloed het ons almal genade op genade ontvang. 17God het die wet deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom. 18Niemand het God ooit gesien nie. Sy enigste Seun, self God, wat die naaste aan die Vader is, dié het Hom bekend gemaak. Fokusteks: Jesaja 52:7-10 Word wakker, word wakker, ruk jou reg, Sion. Trek mooi klere aan, Jerusalem, heilige stad! Mense wat nie besny is nie en mense wat onrein is, sal nie meer in jou kom nie. 2Skud die stof van jou af en staan op, Jerusalem, jy wat 'n gevangene is. Maak los die toue om jou nek, Sion, 3So sê die Here: Ek het julle verkoop, maar nie vir geld nie; julle sal losgekoop word, maar nie deur geld nie. 4So sê die Here my God: In die begin het my volk afgegaan na Egipte toe en daar gewoon as vreemdelinge; later het Assirië hulle verdruk. 5En wat kry Ek nou hier in Babel? vra die Here. My volk is sonder rede weggevoer, hulle leiers huil, sê die Here. My naam word gedurig belaster. 6Daardie dag sal my volk my Naam bely: dat Ek die Here is, dat dit Ek is wat sê: Hier is Ek! 7Hoe wonderlik klink op die berge die voetstappe van hom wat die goeie boodskap bring, wat vrede aankondig, wat die goeie tyding bring, wat redding aankondig, wat vir Sion sê: "Jou God is Koning!" 8Hoor, jou wagte roep hard, hulle jubel almal saam, want hulle sien dat die Here na Sion toe terugkom. 9Jubel en juig, puinhope van Jerusalem, want die Here het vir sy volk uitkoms gebring, Hy het Jerusalem verlos. 10Die Here het sy heiligheid, sy mag, geopenbaar voor die oë van al die nasies. Tot aan die uithoeke van die aarde sal hulle die redding sien wat ons God bewerk het. 11Gee pad, gee pad, kom uit uit Babel! Moenie aan iets raak wat onrein is nie. Kom uit daar! Sorg dat julle rein is, julle wat die tempelgereedskap dra. 12Julle hoef nie haastig pad te gee nie, julle hoef nie soos vlugtelinge te vertrek nie: Die Here gaan voor julle uit, die God van Israel kom agter julle aan. Eksegetiese opmerkings Bybel-Media se Woord en Fees bevat volledige eksegetiese inligting oor die teks. Bestel by www.bmedia.co.za. Meegaande preekskets is gebaseer op materiaal in Woord en Fees. Ekstra stof Jesaja 52:13-53:12 – Oor óns oortredings is Hy deurboor Ons maak baie moeilik vrede met lyding. Veral ons eie lyding of die lyding van mense na aan ons. Tog is daar iets fassinerend in die lyding van 'n besondere mens of 'n leier. En ons weet uit die geskiedenis dat daar ongelooflike krag sit in die lyding van iemand wat nie vir die opoffering van die lyding terugdeins nie, en selfs bereid is om sy of haar lewe vir 'n saak op te offer, ten spyte van die koste daarvan. Sulke verhale van vasberadenheid onder lyding het die potensiaal om mense tot groter hoogtes te inspireer as wat verhale van voorspoed en suksesse het. Dink aan verhale uit die vorige eeu: Ghandi, moeder Theresa, Mandela. Hulle het met groot persoonlike opoffering hulle aan hulle lewenstaak gewy. En baie mense is daardeur geïnspireer. En dit is nie net die groot leiers wat só 'n inspirasie is nie; ook die gewone mense wat geduldig volhard het onder groot lyding – agter die Ystergordyn tot en met die val van die Berlynse muur en nou onlangs in Egipte, Tunesië en Libië wat 'n enorme effek op die regerings gehad het, en reeds tot die val van die eerste twee gely het – dié inspireer ons. En dit is die krag van hierdie verhaal van die lydende dienaar van die Here. Tog is dit juis iets wat volgens Jesaja vir baie mense verborge sal wees, dat hulle die hand van die Here nie daarin sal raaksien nie. Baie mense sal ontsteld wees oor sy voorkoms en konings sal sprakeloos wees oor hom, omdat hulle sy rol nie sal kan kleinkry nie. Terloops, 52:13 se "voorspoedig wees" kan ook vertaal word met "wys wees" wat beter in die konteks inpas. Maar dit is juis in hierdie onaansienlike, veragte en verstote mens wat God sy krag ten toon sal stel, die transformasie van lyding, siektes, oortredings en sondes. Deur Hom sal God vrede vir ons bring en ons van ons eie pad bekeer na Sy pad toe. Wat spesifiek besonders van hierdie dienaar is, is dat hy die hoogste prys betaal – "afgesny uit die land van die lewendes ... graf gekry by goddeloses ... by sondaars in sy dood" – (53:8-10a) EN daarna nog lank sal lewe (53:10b-11). Op 'n verskuilde manier voorspel dit die opstanding uit die dood van hierdie dienaar van die Here. En God aanvaar sy skuldoffer (53:10 – vgl Lev 5:14-6:7 waar die offer selfs vir onopsetlike sondes voorgeskryf word) as 'n losprys vir baie. Let ook op dat die dienaar in stille vertroue sy lyding tegemoet stap (53:7) terwyl hy vir oortreders bid (53:12). Dit laat 'n mens onmiddellik dink aan Jes 30 waar stilwees, vertroue en gebed die gelowige respons op groot uitdagings is. Geen wonder dat die Here hierdie offer so hoog aanslaan, trouens aan Hom die ereplek gee onder die grotes en magtiges (53:12). Want die geduld in lyding dra groot vrug. Die Nuwe Testament maak daarom hierdie woorde van Jesaja op vele plekke van toepassing op Jesus, omdat die skrywers in sy lewe die vervulling van hierdie gedeelte gesien het: 53:1 in Joh 12:38; 53:4 in Matt 8:17; 53:7-8 in Hand 8:32-33; 53:9 in 1 Pet 2:22. Inderdaad, Jesus self het 'n vers hieruit op Homself van toepassing gemaak aan die kruis: bv. 53:12 in Luk 22:37. Voetnota: Verbasend baie geleerdes identifiseer steeds hier die dienaar as Israel (korporatiewe interpretasie), terwyl dit regdeur duidelik is dat dit 'n individu is wat ter wille van ander ly, en dan ook nog spesifiek ter wille van die volk van Israel (53:8).

God nooi ons uit en ons kom tot rus Die stoel sluit aan by die troonbestyging en is deur “ArtsyBee” by pixabay.com. CC0 lisensie. Of gebruik ‘n genereise Kersfees-agtergrond soos die ligte deur LenaPeterson) ook by pixabay, ook CC0 lisensie. Liturgie Daar is in die liturgie gebruik gemaak van Bybelmedia se preekstudies sowel as van vorige bydraes by seisoenvanluister.co.za.   Indien van adventskerse gebruik gemaak is, kan die volgende ritueel hier gebruik word. Aanvangsliedere 354 O Christus ons verlange vs 1,2,3,4 335 Die Heiland is gebore vs 1,2 Aanvangswoord (Uit Johannes 1) Seëngroet Lukas 2 Oproep tot lofprysing Lofprysing 345 Kom alle getroues vs 1,2,3,4 349 Kom kinders besing met ‘n vrolike stem vs 1,2,3,4 338 Weer dink ons saam aan daardie nag vs 1,2,3,4 Geloofsbelydenis met Kersfees Lied 364 Herders op die ope velde vs 1,2,3 Epiklese Skriflesing Jesaja 52:7-10 Familie-oomblik Prediking Groot dankgebed (Verkort na goeddunke) Offergawes Wegsending 348 Stille nag vs 1,2,3 Seën Antwoord Lied 312/313/314/315/ of F361. Laat Dit So Wees (Amen) (RUBRIEK: Kersflam – Gebed) of Vonk 38 (Melodie is Lied 582 “Bly by my Heer”) Here, Ons God, As Ons Nou Huis Toe Gaan

God nooi ons uit en ons kom tot rus Indien van adventskerse gebruik gemaak is, kan die volgende ritueel hier gebruik word. Leser 1: (Steek vier Adventskerse aan.) Hierdie vier kerse wat ons aansteek sê dat God se liefde tot by ons gekom het, daarom kan ons nou met vreugde lewe in God se vrede en hoop. Leser 2: (Steek die Christuskers aan.) Die Christuskers wat ons vandag aansteek, herinner ons dat God in Christus mens geword het, tot by ons gekom het, tussen ons kom woon het en nou hier by ons is, en deur die Gees ook in ons is. Immanuel, God met ons. Gemeente: God van liefde kom en skyn u lig in hierdie wêreld. Aanvangsliedere 354 O Christus ons verlange vs 1,2,3,4 335 Die Heiland is gebore vs 1,2 Aanvangswoord (Uit Johannes 1) In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God.   4In Hom was daar lewe, en dié lewe was die lig vir die mense. 9Die ware lig wat elke mens verlig, was aan kom na die wêreld toe. 11Hy het na sy eiendom toe gekom, en tog het sy eie mense Hom nie aangeneem nie. 12Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word. 14Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Seëngroet Lukas 2 14“Eer aan God in die hoogste hemel, en vrede op aarde vir die mense in wie Hy ’n welbehae het!” Oproep tot lofprysing Een: Sing ’n nuwe lied tot eer van die Here, want Hy het magtige dade gedoen, deur sy krag en Goddelike mag het Hy oorwin. Almal: Juig tot eer van die Here, almal op aarde, wees vrolik, juig en sing! Een: Die Here het sy oorwinning bekend gemaak, aan die nasies het Hy sy reddingsdade geopenbaar. Een: Aan die huis van Israel het Hy sy liefde en sy trou herbevestig; die hele wêreld het gesien dat ons God die oorwinning behaal het. Almal: Juig tot eer van die Here, almal op aarde, wees vrolik, juig en sing! Een: Sing tot eer van die Here met begeleiding van die lier, speel op die lier en sing. Een: Blaas die trompet en die ramshoring, jubel tot eer van die Here, die Koning. Een: Die see en alles daarin moet druis, die aarde en alles daarop moet juig, Een: Die riviere moet hande klap, die berge moet saam juig voor die Here, want Hy kom om oor die aarde te heers; Hy sal oor die wêreld heers met regverdigheid, oor die volke met billikheid. Lofprysing 345 Kom alle getroues vs 1,2,3,4 349 Kom kinders besing met ‘n vrolike stem vs 1,2,3,4 338 Weer dink ons saam aan daardie nag vs 1,2,3,4 Geloofsbelydenis met Kersfees Ek glo dat ‘n engel van die Here aan Josef verskyn het... “Josef seun van Dawid, moenie bang wees om met Maria te trou nie, want wat in haar verwek is, kom van die Heilige Gees. Sy sal ’n Seun in die wêreld bring, en jy moet Hom Jesus anoem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.” Die ware lig wat elke mens verlig, was aan kom na die wêreld toe. Ek glo dat Jesus gebore is toe Sirenius goewerneur was in die provinsie Sirië. Ek glo dat dit so beskik was dat Josef en Maria na Bethlehem toe moes gaan om ingeskryf te word. Terwyl hulle daar was, het die tyd gekom dat haar kind gebore moes word. Sy het haar Eerstelingseun in die wêreld gebring en Hom in doeke toegedraai en in ’n krip neergelê, omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie. Saam met die engele juig ek: Dit het alles gebeur sodat die woord wat die Here deur sy profeet gesê het, vervul sou word: “Die maagd sal swanger word en ’n Seun in die wêreld bring, en hulle sal Hom Immanuel noem.” b Die naam beteken God by ons. Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ek glo dat elkeen wat Hom aangeneem het, wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word. Lied 364 Herders op die ope velde vs 1,2,3 Liedere VONKK 68 Ere Aan God, Bring Hom Die Eer! 1. Ere aan God, bring Hom die eer! Hy buig in liefde neer. Profete se verwagting gaan heerlik in vervulling. ‘n Kind vir ons geskenk! ‘n Seun vir ons gegee! ‘n Koningskind is vir ons gegee! 2. God is met ons, Immanuel! ‘n Engel deel dit mee. Uiteindelik het Hy gekom, Verlosser van die mensdom. Kom buig nou almal neer! Kom buig voor God, die Heer! 3. Buig voor die Kindjie in die stal. Hy heers oor die heelal. Ons wonderbare Raadsman, ons Vredevors, ons Vader. Verheerlik Hom tesaam! Teks: Joy to the world – Isaac Watts 1719; Tom Gouws 1993; gewysig VONKK Werkgroep 2009 Gebruik met toestemming van die NG Kerk Uitgewers Musiek: ANTIOCH – Lowell Mason 1848, in aansluiting by GF Handel (1658-1759) © Teks: 2009 VONKK Uitgewers (admin Bybel-Media) © Musiek: openbare besit VONKK 142 Jesus, Verlosser, U Daal Tot Ons Neer 1. Jesus, Verlosser, U daal tot ons neer. Wonderbare Raadsman, U is ewig Heer! Ons kom in aanbidding, buig tot in die stof. Heer, ontvang ons loflied, aan U al die lof! Jesus, Verlosser, U daal tot ons neer. 2. Kniel voor ons Koning, laat ons voor Hom buig. Bring aan Hom die ere, laat ons harte juig! In ons donker harte, stuur Hy weer sy lig. Hy kom na die aarde, om ons op te rig! Kniel voor ons Koning, laat ons voor Hom buig. Teks: Ernst Kotzé 2010 Musiek: JUDAS MACCABEUS – GF Handel 1746; harmonisasie effens gewysig 2001 © Teks: 2011 VONKK Uitgewers (admin Bybel-Media) © Musiek: Openbare besit God praat met ons en ons luister Epiklese Kleine kind van God wat in ’n krip lê, ons loof u koms. Nou is God na ons beeld, van ons vlees en bloed. Nou is daar geen verskil meer tussen u liggaam/lyf en ons s’n nie. U wat nou in die bababedjie lê is ons Redder en ons Broer. U raak deel van ons brose menslikheid, kom deel ons behoeftes en verseker ons van u absolute heerlikheid. Halleluja! Amen. Skriflesing Jesaja 52:7-10 Familie-oomblik Prediking

Leser 1: Hierdie vier kerse wat ons aansteek sê dat God se liefde tot by ons gekom het, daarom kan ons nou met vreugde lewe in God se vrede en hoop. Leser 1: (Steek vier Adventskerse aan.) Hierdie vier kerse wat ons aansteek sê dat God se liefde tot by ons gekom het, daarom kan ons nou met vreugde lewe in God se vrede en hoop. Leser 2: (Steek die Christuskers aan.) Die Christuskers wat ons vandag aansteek, herinner ons dat God in Christus mens geword het, tot by ons gekom het, tussen ons kom woon het en nou hier by ons is, en deur die Gees ook in ons is. Immanuel, God met ons. Gemeente: God van liefde kom en skyn u lig in hierdie wêreld.

Leser 2: Die Christuskers wat ons vandag aansteek, herinner ons dat God in Christus mens geword het, tot by ons gekom het, tussen ons kom woon het en nou hier by ons is, en deur die Gees ook in ons is. Immanuel, God met ons.

God van liefde kom en skyn u lig in hierdie wêreld. Gemeente: God van liefde kom en skyn u lig in hierdie wêreld.

Aanvangsliedere 354 O Christus ons verlange vs 1,2,3,4 335 Die Heiland is gebore vs 1,2 Aanvangswoord (Uit Johannes 1) In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God.   4In Hom was daar lewe, en dié lewe was die lig vir die mense. 9Die ware lig wat elke mens verlig, was aan kom na die wêreld toe. 11Hy het na sy eiendom toe gekom, en tog het sy eie mense Hom nie aangeneem nie. 12Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word. 14Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Seëngroet Lukas 2 14“Eer aan God in die hoogste hemel, en vrede op aarde vir die mense in wie Hy ’n welbehae het!”

Juig tot eer van die Here, almal op aarde, wees vrolik, juig en sing! Voorganger: Sing ’n nuwe lied tot eer van die Here, want Hy het magtige dade gedoen, deur sy krag en Goddelike mag het Hy oorwin. Almal: Juig tot eer van die Here, almal op aarde, wees vrolik, juig en sing! Oproep tot lofprysing Een: Sing ’n nuwe lied tot eer van die Here, want Hy het magtige dade gedoen, deur sy krag en Goddelike mag het Hy oorwin. Almal: Juig tot eer van die Here, almal op aarde, wees vrolik, juig en sing!   Een: Die Here het sy oorwinning bekend gemaak, aan die nasies het Hy sy reddingsdade geopenbaar. Een: Aan die huis van Israel het Hy sy liefde en sy trou herbevestig; die hele wêreld het gesien dat ons God die oorwinning behaal het. Almal: Juig tot eer van die Here, almal op aarde, wees vrolik, juig en sing! Een: Sing tot eer van die Here met begeleiding van die lier, speel op die lier en sing. Een: Blaas die trompet en die ramshoring, jubel tot eer van die Here, die Koning. Een: Die see en alles daarin moet druis, die aarde en alles daarop moet juig, Een: Die riviere moet hande klap, die berge moet saam juig voor die Here, want Hy kom om oor die aarde te heers; Hy sal oor die wêreld heers met regverdigheid, oor die volke met billikheid.

Juig tot eer van die Here, almal op aarde, wees vrolik, juig en sing! V: Die Here het sy oorwinning bekend gemaak, aan die nasies het Hy sy reddingsdade geopenbaar. Almal: Juig tot eer van die Here, almal op aarde, wees vrolik, juig en sing!

V: Aan die huis van Israel het Hy sy liefde en sy trou herbevestig; die hele wêreld het gesien dat ons God die oorwinning behaal het. Almal: Juig tot eer van die Here, almal op aarde, wees vrolik, juig en sing!

Juig tot eer van die Here, almal op aarde, wees vrolik, juig en sing! V: Sing tot eer van die Here met begeleiding van die lier, speel op die lier en sing. Almal: Juig tot eer van die Here, almal op aarde, wees vrolik, juig en sing!

Juig tot eer van die Here, almal op aarde, wees vrolik, juig en sing! V: Blaas die trompet en die ramshoring, jubel tot eer van die Here, die Koning. Almal: Juig tot eer van die Here, almal op aarde, wees vrolik, juig en sing!

Juig tot eer van die Here, almal op aarde, wees vrolik, juig en sing! V: Die see en alles daarin moet druis, die aarde en alles daarop moet juig, Almal: Juig tot eer van die Here, almal op aarde, wees vrolik, juig en sing!

V: Die riviere moet hande klap, die berge moet saam juig voor die Here, want Hy kom om oor die aarde te heers; Hy sal oor die wêreld heers met regverdigheid, oor die volke met billikheid. Almal: Juig tot eer van die Here, almal op aarde, wees vrolik, juig en sing!

Lofprysing 345 Kom alle getroues vs 1,2,3,4 349 Kom kinders besing met ‘n vrolike stem vs 1,2,3,4 338 Weer dink ons saam aan daardie nag vs 1,2,3,4   Geloofsbelydenis met Kersfees Ek glo dat ‘n engel van die Here aan Josef verskyn het... “Josef seun van Dawid, moenie bang wees om met Maria te trou nie, want wat in haar verwek is, kom van die Heilige Gees. Sy sal ’n Seun in die wêreld bring, en jy moet Hom Jesus anoem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.” Die ware lig wat elke mens verlig, was aan kom na die wêreld toe. Ek glo dat Jesus gebore is toe Sirenius goewerneur was in die provinsie Sirië. Ek glo dat dit so beskik was dat Josef en Maria na Bethlehem toe moes gaan om ingeskryf te word. Terwyl hulle daar was, het die tyd gekom dat haar kind gebore moes word. Sy het haar Eerstelingseun in die wêreld gebring en Hom in doeke toegedraai en in ’n krip neergelê, omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie. Saam met die engele juig ek: 14“Eer aan God in die hoogste hemel, en vrede op aarde vir die mense in wie Hy ’n welbehae het!” Dit het alles gebeur sodat die woord wat die Here deur sy profeet gesê het, vervul sou word: “Die maagd sal swanger word en ’n Seun in die wêreld bring, en hulle sal Hom Immanuel noem.” b Die naam beteken God by ons. Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ek glo dat elkeen wat Hom aangeneem het, wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word. Lied 364 Herders op die ope velde vs 1,2,3 Liedere VONKK 68 Ere Aan God, Bring Hom Die Eer! 1. Ere aan God, bring Hom die eer! Hy buig in liefde neer. Profete se verwagting gaan heerlik in vervulling. ‘n Kind vir ons geskenk! ‘n Seun vir ons gegee! ‘n Koningskind is vir ons gegee! 2. God is met ons, Immanuel! ‘n Engel deel dit mee. Uiteindelik het Hy gekom, Verlosser van die mensdom. Kom buig nou almal neer! Kom buig voor God, die Heer! 3. Buig voor die Kindjie in die stal. Hy heers oor die heelal. Ons wonderbare Raadsman, ons Vredevors, ons Vader. Verheerlik Hom tesaam! Teks: Joy to the world – Isaac Watts 1719; Tom Gouws 1993; gewysig VONKK Werkgroep 2009 Gebruik met toestemming van die NG Kerk Uitgewers Musiek: ANTIOCH – Lowell Mason 1848, in aansluiting by GF Handel (1658-1759) © Teks: 2009 VONKK Uitgewers (admin Bybel-Media) © Musiek: openbare besit VONKK 142 Jesus, Verlosser, U Daal Tot Ons Neer 1. Jesus, Verlosser, U daal tot ons neer. Wonderbare Raadsman, U is ewig Heer! Ons kom in aanbidding, buig tot in die stof. Heer, ontvang ons loflied, aan U al die lof! Jesus, Verlosser, U daal tot ons neer. 2. Kniel voor ons Koning, laat ons voor Hom buig. Bring aan Hom die ere, laat ons harte juig! In ons donker harte, stuur Hy weer sy lig. Hy kom na die aarde, om ons op te rig! Kniel voor ons Koning, laat ons voor Hom buig. Teks: Ernst Kotzé 2010 Musiek: JUDAS MACCABEUS – GF Handel 1746; harmonisasie effens gewysig 2001 © Teks: 2011 VONKK Uitgewers (admin Bybel-Media) © Musiek: Openbare besit

God praat met ons en ons luister Epiklese Kleine kind van God wat in ’n krip lê, ons loof u koms. Nou is God na ons beeld, van ons vlees en bloed. Nou is daar geen verskil meer tussen u liggaam/lyf en ons s’n nie. U wat nou in die bababedjie lê is ons Redder en ons Broer. U raak deel van ons brose menslikheid, kom deel ons behoeftes en verseker ons van u absolute heerlikheid. Halleluja! Amen.   Skriflesing Jesaja 52:7-10 Familie-oomblik Prediking

Familie-oomblik Familie-oomblik 1. Gebed vir kinders Vandag, Here, wil ek hê alles moet gelukkig wees: Laat die padda spring, die hiëna lag, die dolfyne bollemakiesie slaan, en die uile dans. Vandag wil ek hê dat: die bome hulle arms waai, die blomme groot glimlag, die berge die wolke soen, en die see sing en raas van blydskap, want Jesus verjaar. Gelukkige verjaarsdag Jesus! Amen. (aangepaste vertaling van 'n gebed deur B D Prewer http://www.bruceprewer.com/DocC/C06xmasd.htm) Bring 'n verjaardagkoek kerk toe. Sing vir Jesus 'n verjaarsdagliedjie en deel koek aan die kinders uit. Baie ouers vertel vir hulle kinders met hulle verjaarsdae hoe spesiaal hulle is en hoe trots hulle as ouers op hulle is. Volgens Carolyn C Brown kan Hebreërs 1 gesien word as God se trotse ouer toespraak oor Jesus. Lees Hebreërs 1:1-4 uit 'n kindervriendelike vertaling of vertel in kindervriendelike taal wat hier alles oor Jesus gesê word. 2. Bied die voorbiddingsgebede aan as 'n lys van verjaarsdagwense vir die wêreld waarin Jesus gebore is. Byvoorbeeld: Jesus het die siekes gesond gemaak, daarom bid ons vandag vir . . . óf Jesus het selfs die mense vergewe wat hom gekruisig het, daarom bid ons vandag om vergifnis vir . . . Die voorbidding kan 'n uitgewerkte lys van verjaarsdagwense wees of mense kan genooi word om hulle eie wense te skryf of by te voeg.

Preekriglyn [Nota: Op Kersdag is die uitdaging om die "troonsbestyging" deur die liturgie te vier en te beleef, eerder as deur 'n lang preek. Predikers word genooi om dit kort te hou. Moenie huiwer om slegs enkele gesigspunte uit onderstaande preekskets te gebruik nie] Hoor hierdie pragtige woorde: Hoe lieflik is op die berge die voete van hom wat die goeie boodskap bring, wat die goeie tyding bring: Jou Koning is gebore, die verlossing is hier. Wees bly want Vrede het gekom en Goedheid is gebore. Die hele skepping sal sien en juig dat ons God regeer. Die Koning wat troos en reg laat geskied. Ook in Psalm 98 lees ons: "Die see en alles daarin moet druis, die aarde en alles daarop moet juig, die riviere moet hande klap, die berge moet saam juig voor die Here, want Hy kom om oor die aarde te heers; Hy sal oor die wêreld heers met regverdigheid, oor die volke met billikheid." Die lofsang word ook gereflekteer in die lirieke van die Kerslied: Go, tell it on the mountains, over the hills and everywhere; Go tell it on the mountains, that Jesus Christ is born.

Troonbestyging Troonsbestyging Die verse in Jesaja is een van twee troon-bestygingsliedere in Jesaja 40:5. Die ander is Jesaja 40:9-10. Die agtergrond is die Babiloniese ballingskap waar die Jode ver weggevoer is van Jerusalem en die tempel vernietig is. Binne die wêreldbeeld en verstaan van die volke van destyds het aardse politieke oorwinnings gesinspeel op watter volk se god die sterkste is. Die Jode in Babilonië het moed verloor in hulle God en begin twyfel dat Hy wel omgee. Met die oorwinning van Babilonië deur die Persiese koning Kores, het die moontlikheid ontstaan dat hulle kan teruggaan huis toe. Die verse is die profeet se "sien" dat die moontlikheid as 't ware al gerealiseer het. Hy roep die volk op om ook te "sien" dat die Here hulle God die troon bestyg, hulle sal herstel en sal regeer. Ons teks is 'n jubellied omdat Jerusalem se Koning terugkeer. Ook die volke en puinhope word opgeroep om saam te jubel. Lofsang en verder "sien" word gebore uit hoop en die wete van God se troos. Op Kersdag vier ons die feit dat God in Jesus mens geword het. Onder ons kom woon het. Ten diepste gaan dit daaroor om God in Jesus te sien. Die Koning word vlees en kom woon tussen ons. God kom opnuut na God se aarde om God se koningskap hier te vestig. Dit is die "Goeie Nuus" van Kersfees.

God se Koningskap God se koningskap Die manier hoe baie aardse konings en leiers hulle gesag uitoefen laat mens dikwels mistroostig voel. Dink maar aan Robert Mugabe en die blydskap toe hy tot 'n val gekom het. Jesaja help ons om ook die aard van die koningskap te verstaan as mens kyk na kernwoorde in vers 7 tot 10: vrede, goeie tyding, redding, uitkoms, troos. Dit is woorde van herstel, versoening, bemoediging en hoop. Hoe lyk God se mag? Dit lyk so anders as die wêreld s'n. Dit word geteken met 'n baba, krip en 'n kruis en 'n leë graf. Die Kersverhaal sal altyd die negatiewe van onderdrukkende mag, mag ter wille van self, mag geleë in geweld en krag, uitwys wanneer ons die baba in die krip sien. Ons lof en hoop is om in God se Naam te kom kniel by 'n krip, by 'n weerlose kind, by die geboorte van 'n nuwe toekoms saam met God. Jesus het self mens geword in die tyd van 'n magsbehepte Koning, Herodes. Ons vier met Kersfees nie die wêreld van Herodes nie, maar die Fees van die Kind se troonsbestyging. Ons sing "Joy to the Lord", nie lofsange aan aardse konings nie. Ons fees vandag is nie net vir onthou, nie net oor iets wat in die verlede gebeur het nie: Met ons fees vier ons vandag, ons leef vandag die Kind se Koningskap uit. Die erediens vandag draai alles om, dit vertel en verkondig die ander waarheid. Die egte goeie nuus.

Verbeeldingsfees Verbeeldingsfees Kersfees is 'n verbeeldingsfees. Nie verbeelding in die sin van iets opmaak nie, maar iets raak te sien wat reeds is. Dit verg 'n ingesteldheid en 'n keuse. Dit beteken ons kies om nie die puinhope van ons eie tyd te sien as die enigste realiteit nie. Ons kies ook om ons troos en hoop nie te vind in iets of iemand wat die mag van die wêreld reflekteer nie, maar in 'n baba. Ons sien nie net die wêreld se realiteite nie, maar veral vir God aan die werk. Terwyl ander wanhoop, word ons genooi om te reageer op die werklikheid van God se teenwoordigheid in die ellende van die wêreld. Lof is ons antwoord op wanhoop. Lof, want ons koning het die troon bestyg. Brueggemann skryf: In the festival of enthronement we call Christmas, it is the celebration of the king who has just in this moment came into power.

Kies vir goeie mag Kies vir goeie mag Ons word ook uitgenooi om anders te kyk na mag. Die mag wat ons ken is nie "goeie nuus" nie, soos ons hierbo gesê het. Die mag wat die profeet verkondig en wat ons vandag vier is egter mag ten goede. Mag ter wille van geregtigheid en herstel. Ons moet dit gedurig hoor, anders vergeet ons om anders te kies. Dan hoor en sien ons nie die voete van die boodskappers nie. Paulus verwys juis in Romeine 10:15 na hierdie voete, waar hy dit herken in die woord van predikers van die goeie nuus. Ook vandag sing ons lofliedere saam met eensames, dié wat ver is, puinhope en gebrokenes. Jesus Christus is gebore en Hy regeer. Altyd goed. Mag ons lof ook die realiteit van God se heerskappy vir baie ander herskep.

God stuur ons om te leef Groot dankgebed (Verkort na goeddunke) Mag die kind van Bethlehem ons seën. Mag die kinders van God hulle harte oopmaak. Ons gee ons harte aan die Een wat elkeen van ons, altyd liefhet. Kom ons val in by die lied van die engele. Ons voeg ons stemme by stemme van alle tye en plekke. In die stille nag van chaos juig die skepping met die Kersliedere van verwondering wat deur U, o God van verrassings, gekomponeer is: vreugde wat in die hemelruim geskitter het, die riviere wat gekrioel het met visse en skilpaaie wat deur grasvelde gekruie het. Die Woord het sagkens die stof van die aarde bymekaargemaak en die Gees het lewe daarin geblaas. Na u beeld geskape sodat ons vrede mag hê en saam met u in vreugde leef. Maar ons was deur sonde se versierings en die dood se advertensies versoek tot ’n lewe sonder U. Weer en weer het U mense gestuur om ons huis toe te roep. Miriam en Miga, Rut en Habbakkuk het vertel van u hoop vir ons. Tog het ons deur die jare bly kies vir die pad van opstand. Ten einde laaste het U gekies om uself as offer aan te bied in die Kind wat in armoede gebore is, daai kleintjie moes ons almal versterk. Saam met almal wat op daardie eerste oggend bymekaargekom het. Saam met almal wat met lied en diens feesvier sing ons Kersliedere wat u lof besing. Heilig, heilig, heilig is U, die God van almal op wie die rug al gekeer is. Die skepping sing saam met die engele u lof: Hosanna in die hoogste hemel. Geseënd is die Een wat vir ons die weg voorberei. Hosanna in die hoogste hemel! In die stilte van die nag, God van alle heiligheid het u kind tussen ons ingekruip. So klein dat niemand enige notisie sou neem nie, so arm dat niemand regtig sou omgee nie. Maar juis hulle wat deur die wêreld vergeet word, soos die skaapwagters en gestremdes, kom om te aanbid en om aan ons die goeie nuus te vertel. Diegene wat geen geld het nie, gee aan ons geskenke van hoop en liefde net soos hulle lank gelede gedoen het. Die kinders wat deur die samelewing oor die hoof gesien word, sing vir ons oor die Een wat aan ons gegee is sodat ons ons pad huis toe kan vind. oor die Een wat homself aan die dood oorgegee het sodat opstandingsliefde die mag van sonde kan oorwin en ons toegevou kan word in genade. Vanoggend vier ons sy geboorte en in die dae wat kom, volg ons Hom na Jerusalem. Ons sing liedere oor daardie geheimenis wat ons geloof noem. Christus is gebore sodat ons die lewe mag hê. Christus het gesterf sodat ons vergifnis mag ontvang. Christus het opgestaan sodat ons eendag op kan staan. Christus sal weer gebore word, om ons rondom Hom bymekaar te maak. In die stilte van hierdie heilige oomblikke, stort u Gees uit oor almal hier bymekaar en ook op die gawes van die vreugdefees. Soos wat ons hier verwelkom word, mag ons diegene wat deur die wêreld uitgesluit word hier onthou en insluit. Soos wat ons nou deur die brood gevoed word, mag ons so versterk word dat ons tasbare hoop bring aan almal wat uitgehonger is deur wanhoop. Soos wat ons nou uit die beker van genade drink, voed ons sodat ons kan oorvloei van liefde en vrede vir almal wat ons raakloop. En wanneer alle geskiedenis en tye in stilte eindig en ons saam met al ons broers en susters rondom die tafel van die Fees van die Lam saamkom, sal ons saam met die engele vir ewig u lof besing. Amen.   (Thom M Shuman http://lectionaryliturgies.blogspot.co.za/2016/12/liturgy-wcommunion-for-christmas-day-a.html) Offergawes Wegsending 348 Stille nag vs 1,2,3 Seën Leser 1: Laat ons nou uitgaan Leser 2: om saam met die engele te sing van God se heerlikheid en genade. Leser 1: Laat ons die goeie nuus gaan deel, Leser 2: die nuus dat Jesus, die Broer van die broses en verstotenes, nog steeds by ons is. Leser 1: Laat ons gaan om vrede en geregtigheid vir almal te bring Leser 2: en so in die Gees vertel van alles wat ons gesien en gehoor het. Gemeente: Amen. http://lectionaryliturgies.blogspot.co.za/2016/12/liturgy-wcommunion-for-christmas-day-a.html). Antwoord Lied 312/313/314/315/ of F361. Laat Dit So Wees (Amen) (RUBRIEK: Kersflam – Gebed) Teks en musiek: Neil Büchner Kopiereg:  Flam Musiek-Uitgewers Laat dit so wees, Here, Amen. Heer, laat ons leef soos U leer Here, Amen. of Vonk 38 (Melodie is Lied 582 “Bly by my Heer”) Here, Ons God, As Ons Nou Huis Toe Gaan 1. Here, ons God, as ons nou huis toe gaan, vra ons u seën, waar ons hier voor U staan. U het u goedheid weer aan ons betoon, ons saamwees in u Naam met guns bekroon. 2. Ons bid tot U, o Vader, Seun en Gees, laat ons vir ander ook tot seën wees. Maak ons getuies van u Naam, o Heer, dat ook die wêreld U sal dien en eer. 3. U wat in liefde altyd by ons bly, wees ons tog in ons lief en leed naby. Sou daar beproewing oor ons pad kom, Heer, maak ons volhardend in geloof al meer. Volgende erediens Lukas 2:22-40 Liturgie en familie-oomblik: Wicus Wait Powerpoint: Rethie van Niekerk Preekriglyn: Danie Mouton Prosesbestuur en ekstra stof: Chris van Wyk