Romeine 12:9-21 PowerPoint agtergrond

Slides:



Advertisements
Similar presentations
Ons nooi alle gelowiges in Suid-Afrika om deel
Advertisements

DIE ONTKENNING (NEGATIEF) Me. J. van Zyl
Ons aanbid saam!. Ons aanbid saam! Die belangrikste boodskap in die Bybel: God is lief vir jou!
LITURGISE MOMENT: God versamel ons voor Hom
Vroeër hierdie maand het Facebook > 10 jaar oud geword
Die Bron van innerlike sterkte
Holy Discontent.
“Be very sure of this, people never reject the Bible because they cannot understand it. They understand it too well; they understand that it condemns their.
‘n Foto van die skryfster: Antjie Krog
Nagmaal Christen-word, en Christen-wees
MUNUS TRIPLEX Die oprig en herstel van die drievoudige amp
Romeine 12:9-21 PowerPoint agtergrond
Joh. 13: “Ek gee julle 'n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê
Ps. 107: “Party het in die donker gesit, in diep duisternis, hulle was gevangenes, in ellende en in boeie, want hulle het hulle verset teen die bevele.
“What does this word holiness really mean
II Tim. 2:22 “Vermy die begeertes wat 'n jongmens in gevaar bring, en streef na opregtheid, geloof, liefde en vrede, saam met almal wat uit 'n rein hart.
Romeine 12:2 “Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei.
Absolute oortuiging God bestaan?
ROETE 13 TIMOTEUS Vat voor!.
Innerlike sterkte.
3. Werkloosheid 23 Maart 2014 “Poverty alleviation involves the much harder task of empowering people to earn sufficient material things through their.
“Oh it is at a fearful expense that ministers are allowed to enter the pulpit without being preceded, accompanied, and followed by the earnest prayers.
kyk mamma – groot  rolf thielen NOTE:
Gen. 39:9 “Daar is niemand wat in hierdie huis meer gesag het as ek nie. Meneer het niks van my teruggehou nie, behalwe vir u, want u is sy vrou. Hoe.
ONREGVERDIGE, ONEINDIGE
WELKOM! Matteus 13.
CLICK TO ADVANCE SLIDES
Do you need a miracle In your Life?.
Joh. 4:23 “Maar daar kom 'n tyd, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader deur die Gees en in waarheid sal aanbid, want die Vader wil juis.
Om te ONTVANG 1 Konings 3:2-15.
Krake 'n Baie hoë gebou was vir etlike jare in gebruik toe daar op 'n dag 'n gevaarlike kraak in die muur op die 42ste verdieping verskyn het. Die.
Phil 3:10 (NKJV) 10 that I may know Him and the power of His resurrection, and the fellowship of His sufferings, being conformed to His death,
Jou geskenk aan God die Kersfees!
Die KRUIS Gebedsreis.
GAL 2:20-21 Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in.
II Kor. 5:21 “Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek.
Tommy's Window Slideshow
Job. 42:5 “Tot nou toe het ek net gehoor wat mense van U sê, maar nou het ek U self gesien”
Luk. 11: “Dié wat op die pad val, dui op mense wat die woord hoor, maar dan kom die duiwel en neem dit uit hulle harte weg sodat hulle nie tot geloof.
Matt. 7:21 “Nie elkeen wat vir My sê: ‘Here, Here,’ sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie...”
Welkom Jeremia 1:4-10.
Johannes 6:56-71 PowerPoint agtergrond
I Kor 6:20. “julle is gekoop, en die prys is betaal
> God is heilig:. > God is heilig: Lev. 11:44,45. “Ek is die Here julle God Lev. 11:44,45 “Ek is die Here julle God. Wy julle aan my diens en wees.
Titus 2:12 “Dit voed ons op om die goddelose leefwyse en wêreldse begeerlikhede te laat vaar en met selfbeheersing, opregtheid en godsvrug in die teenswoordige.
Geskape om vir ewig te lewe !
Verbintenis tot God se heerskappy Verbintenis tot God se dienswerk Verbintenis tot God se boodskap Verbintenis tot God se middele Verbind aan God se.
Verstaan  emosies  wil
Hartlik welkom in die Erediens!
MAAK OOP EN ONDEK JOU GESKENK
“True repentance shows itself in a thorough breaking off from sin
“Julle sal my getuies wees”
I Tim. 5:17 “Die ouderlinge wat goeie leiding gee, behoort dubbele erkenning te kry, veral dié wat hard werk deur te preek en onderrig te gee”
Sessie 2: Oor die teenwoordigheid van die verhoogde Christus by ons
Learning, Life and entrepreneurial skills
Jak. 2:14 “Wat help dit, my broers, as iemand beweer dat hy glo, maar sy dade bevestig dit nie? Kan so 'n geloof 'n mens red?
Gen. 1:26-28 “God het die mens geskep as sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die mens geskep, man en vrou het Hy hulle geskep. Toe het God hulle.
UNITY OF THE SPIRIT..
Fil. 3: “Ek sê nie dat ek dit alles al het of die doel al bereik het nie, maar ek span my in om dit alles myne te maak omdat Christus Jesus my reeds.
I Pet. 1: “Nee, soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in julle hele lewenswandel heilig wees. Daar staan immers geskrywe: “Wees.
Tommy's Window Slideshow
LOFOFFER 2014 Romeine 12.
Barmhartigheid Hoekom? Wat? Waar?.
Taalkunde.
Kolossense 3:1-17 ¹Aangesien julle saam met Christus uit die dood opgewek is, moet julle strewe na die dinge daarbo waar Christus is, waar Hy aan die.
Rom. 7: “Ek, ellendige mens
Genesis 1 - Eerste dag Toe het God gesê: “Laat daar lig wees!” En daar was lig. God het gesien die lig is goed, en Hy het die lig en donker van.
WAARHEID MATT 28: Jesus kom toe nader en sê vir hulle: “Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde. Gaan dan na al die nasies toe en maak.
Johannes 9 Hy het gegaan en hom gewas, en toe hy terugkom, kon hy sien.
Die opstanding van Jesus is vir die alledaagse bedoel.
Presentation transcript:

Romeine 12:9-21 PowerPoint agtergrond Langs die see by Kommetjie is daar ‘n plankpad (boardwalk) wat al langs die waterkant kronkel vanaf die vuurtoring terug na die Kom. Op hierdie plankpad is daar ou, geplante pale wat soos ‘n ondoeltreffende heining mense wil weerhou om die plankpad te verlaat en fynbos te beskadig. So met tyd het die vroegoggend stappers vindingryk begin om klippe bo-op die pale te pak en daaraan karakter te gee. So word hierdie staproete die ervaring van beweeg van stasie (klip) tot stasie (klip). Soos die fokusteks die een na die ander christelike deug aangee vir implementering in jou persoonlike lewe… Geen kopiereg, geknip met Picasa III.

God nooi ons uit en ons kom tot rus Toetrede Lied 525 Waar daar liefde is OF Flam 62 Ons is Hier Vir ’n Doel En Vir ’n Rede (Saam Is Ons Beter) Votum Psalm 105:1-3 Seëngroet Lofsang Flam 144 God Is Liefde http://www.flam.co.za/Soek.asp?return=True&qs=F144 Lied 334 “God is liefde” juig ons harte! Wet Matt 16:24-26 Skuldbelydenis VONKK 63 Die Heer Oor Al Wat Lewe http://www.vonkk.co.za/Soek.asp?return=True&qs=0063 Genadeverkondiging Psalm 105:4-6 (of 9)

God praat met ons en ons luister Gebed Skriflesing Romeine 12:9-21

Romeine 12:9-21 Fokusteks: Romeine 12:9-21 Riglyne vir die Christelike lewe 9Die liefde moet opreg wees. Verafsku wat sleg is en hou vas aan wat goed is. 10Betoon hartlike broederliefde teenoor mekaar; bewys eerbied teenoor mekaar en wees mekaar daarin tot voorbeeld. 11Moenie in julle toewyding verslap nie, bly altyd geesdriftig, dien die Here. 12Verbly julle in die hoop; staan vas in verdrukking; volhard in gebed. 13Help die medegelowiges in hulle nood en lê julle toe op gasvryheid. 14Seën julle vervolgers, ja, seën hulle, moet hulle nie vervloek nie. 15Wees bly saam met dié wat bly is en treur saam met dié wat treur. 16Wees eensgesind onder mekaar. Moenie hooghartig wees nie, maar skaar julle by die nederiges. Moenie eiewys wees nie. 17Moenie kwaad met kwaad vergeld nie. Wees goedgesind teenoor alle mense. 18As dit moontlik is, sover dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense. 19Moenie self wraak neem nie, geliefdes, maar laat dit oor aan die oordeel van God. Daar staan immers geskrywe: "Dit is mý reg om te straf; Ék sal vergeld," w sê die Here. 20"As jou vyand honger is, gee hom iets om te eet; as hy dors is, gee hom iets om te drink; want deur dit te doen, maak jy hom vuurrooi van skaamte." x 21Moet jou nie deur die kwaad laat oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie. w Vgl. Deut. 32:35 x Vgl. Spr. 25:21–25:22

Familie-oomblik Familie-oomblik As jy dit betyds in die hande kan kry, lees Tony Baloney deur Pam Munoz Ryan. Tony Baloney is ‘n pikkewyn - die tweede kind van vier en die enigste seun. Dis nie altyd vir hom maklik om saam met sy sussies te speel nie. Hy kan nie meer “in vrede met alle mense leef” (v18) nie en beland in die moeilikheid. Sy ouers sê hy moet mooi om verskoning vra. Tony wonder teenoor sy sagte speelding: “I am not feeling nicely in my heart. How long does it take for nicely to creep in? Maybe never, or in a little while. Just wait for it.” Dit sluit aan by die teks – Paulus praat oor hoe ons saam met mekaar leef. Ons moet dit doen, in Tony Baloney se woorde, “nicely and from our hearts”. Jy kan ook gewoon deur die lys gaan. Die lys is egter te lank en ingewikkeld vir kinders. Maak eerder vir elke kind ‘n “plakaat”- ‘n vel papier met enkel woorde of kort frases wat verwys na sommige van die goed op Paulus se lys binne-in ‘n kruis. Gaan deur die lys om die enkel woorde en kort frases te verduidelik. Erken dat dit nie altyd maklik is om volgens die woorde te leef nie. Dis moeilik omdat ons da naan ander moet dink en wat hulle wil hê en nodig het – nie net ons eie wil nie. Dis hoekom die woorde in ‘n kruis is – want wanneer ons vir ander omgee, is ons gehoorsaam aan Jesus. Laat die kinders die plakate versier terwyl jy preek.

Liefde oorwin die kwaad... Preekriglyn Waar die eerste elf hoofstukke van Romeine uitloop op 'n loflied oor die genade van God, is die laaste hoofstukke 'n kragtige beskrywing van die lewensveranderende krag wat God deur die liggaam van Christus, onder leiding van die Heilige Gees, in die wêreld bewerk. Die eerste en laaste verse van ons teksgedeelte vorm die opskrif daarvan - liefde oorwin die kwaad: Paulus skryf oor liefde wat opreg moet wees, vashou aan wat goed is en verafsku wat sleg is (9). Dan gee hy uitgebreide praktiese riglyne hoe gelowiges onder mekaar moet lewe, maar ook in die wêreld, tussen ander mense, en spesifiek ook in die aangesig van hul vyande (10-20) Hy sluit af deur ons op te roep om ons nie deur die kwaad te laat oorwin nie, maar die kwaad deur die goeie te oorwin.

Russiese vergifnis Liefde oorwin die kwaad Ongeveer 'n half miljoen Amerikaners het in die Tweede Wêreldoorlog gesterf. Dit klink baie, tot mens hoor 40 miljoen Russe het hulle lewe verloor. Dit alles is die gevolg van die Nazi's se strewe na mag, grond en oorheersing. Ontsettende verlies aan menselewens, geld en bronne was nodig om dit te oorwin. Toe die verslane en verslete Duitse krygsgevangenes deur die strate van Moskou begelei is, was daar duisende Russe wat hulle uitmekaar wou skeur oor die pyn wat hulle die Russiese mense aangedoen het. Net die Russiese polisie het hulle weerhou om dit te doen. Tog breek een Russiese vrou deur die linie en hardloop met 'n stuk brood na een van die soldate. Skielik het baie ander Russe dit ook gedoen. Hierdie daad van liefde is 'n illustrasie van die geweldige krag van die goeie wat die kwaad oorwin. Tony Campolo, wat hierdie verhaal vertel, skryf: "I think we would all be gracious if we could look at each other and not see the enemy but see that each of us, in his or her own way, is somebody's little kid, sick and dying and far away from home." Ons weet nie wat die effek op die soldate was nie, maar ons weet dat Christene só behoort op te tree. Phillips Brooks skryf in 'n preek in 1878: Laat die oënskynlike waardeloosheid van medelye jou nooit weerhou om die medelye, waarvan jou hart vol is as jy mense se lyding rondom jou sien, te betoon nie. Gaan en betoon dit sonder om jouself af te vra of dit die moeite werd is om dit te betoon. Dit is te heilig om te beoordeel of dit die moeite werd is. God, van wie dit kom, stuur dit deur jou aan sy behoeftige mense.

Emosie en passie Emosie en passie Hierdie gedeelte in Paulus se brief is vol emosie en passie. Woorde wat gebruik word, is liefde, haat, vashou aan die goeie, hartlike broederliefde, eerbied, toewyding, geesdriftig, verbly, volhard, help, gasvryheid, seën, nie vervloek nie, treur . . . ons kan aangaan. Dis asof ons hele menswees in beslag geneem word. Dis ook hoe dit behoort te wees. Die hoofstuk begin met God se genade. Net soos die Tien Gebooie met God se bevryding begin en uitloop op liefde vir God en ander, word ons herinner aan God se ontferming in Christus (1). Dit lei tot 'n lewe van totale oorgawe aan God se wil. Dit bring 'n metamorfose, 'n hervorming in ons tot stand (2). Die manier waarop die wêreld optree (2), die skemas van die wêreld maak nie meer sin nie. Ware liefde word gebore. Dis 'n liefde sonder voorwaardes en maskers. Dit kom uit die hart en sluit alle mense in – die geloofsgemeenskap en hulle buite die geloofsgemeenskap.

Begrond in God se genade Dit is dus duidelik dat liefde in hierdie gedeelte nie blote emosie is nie. Ons word nie opgeroep om 'n emosionele opwelling in onsself te bewerkstellig wat oorvloei in goeie dade teenoor ander nie. Die vuur van ons passie en emosies brand vinnig uit. Liefde teenoor die ander is 'n keuse wat God in ons moontlik maak. God bewerk die nuwe lewe in ons en stort die liefde deur sy Gees in ons harte uit (5:5) Dit is daarom belangrik om die verband met die vorige perikoop, 12:1-8, te verreken. Let op hoe Paulus daar die nuwe lewe uitspel: Ons moet anders dink oor die sondige wêreld en nie konformeer aan die manier van leef wat die media en vermaaklikheidswêreld aan ons opdis nie (12:2). Ons moet anders dink oor onsself en nie meer dink van onsself as wat ons behoort nie (12:3). Ons moet 'n kopskuif na beskeidenheid maak. Ons moet ook anders dink oor die gemeenskap van gelowiges (12:4): Ons is een al het ons verskillende funksies (12:5). Ons verskillende gawes kom immers van dieselfde God af (12:6). Ons moet die gawes met vernuwende denke aanwend: Profesie moet in lyn wees met ons geloofsbelydenis (12:6). Ons gawes moet sonder bybedoelings wees (12:8). Ons leierskap moet met toewyding wees (12:8). Ons hulp aan ander moet met blymoedigheid wees (12:8). En dan in die res van die hoofstuk, ons teks, spel Paulus 'n lang lys van kenmerke van só 'n nuwe lewe/denkwyse uit.

Nie maklik nie Nie maklik nie Ons moet erken dat dit nie altyd maklik is om uit liefde teenoor ander te reageer nie. Jean-Paul Sartre se drama (Huis Clos – geen uitgang) gaan oor die hel. Dis 'n vertrek sonder vensters en spieëls. Die drie karakters in die drama, Garcin, Inès en Estelle, het elkeen 'n rusbank. Hulle weet hulle is in die hel, maar daar is nie enige vuur of voorwerpe waarmee hulle mekaar kan martel nie. Uiteindelik ontdek hulle dat dit nie nodig is nie, want hulle martel mekaar. Hulle kan mekaar nie eens doodmaak nie, want hulle is reeds dood. Garcin sê: "Dit is die hel – die ander." Die ander maak die liefde nie maklik nie. Ons teks praat van vyande en vervolgers. Romeine herinner ons daaraan dat gelowiges dag vir dag soos slagskape behandel word (Rom 8:36). Hoe seën mens jou vervolgers? (14) Hoe betoon jy gasvryheid teenoor mense as hulle jou nie liefhet nie? (13) Hoe treur jy saam met vervolgers en spreek 'n seën oor hulle uit? (15) Hoe kan ons goedgesindheid teenoor alle mense betoon? (17) Binne die gemeente moet ons dikwels hand in eie boesem steek. Hoe betoon ons liefde vir medegelowiges uit die hart wanneer geloofsgemeenskappe soms meer klieke as egte liefdesgemeenskappe is? (13) Ons skaar ons nie by die nederiges nie, maar by ons vriende en ons eie klas. (16) Ons het 'n stryd om eensgesind te wees, want ons is soms eiewys. (16) Ons ken die stryd. Dit kan ons moedeloos maak. Baie Christene en leraars voel dat hulle uitbrand omdat hulle aanhou probeer om soos Christus op te tree, maar dit maak nie 'n verskil nie!

Die HG hou die vuur van liefde lewend Die Heilige Gees hou die vuur van liefde lewend Natuurlik moet ons onsself as offers in diens van God en ander stel. Natuurlik moet ons volhard in die goeie wat ons doen. Hoe kry ons dit reg? Paulus gee die antwoord in Romeine 12:11, 12. Die Heilige Gees hou die vuur van die liefde aan die brand. Ons geesdrif sal gedemp word as die Heilige Gees nie ons gees brandend hou nie Dis hierdie Heilige Gees wat die liefde in ons harte uitgestort het (Rom 5:5). Volhardende gebed en toewyding aan God bly die bron van ons krag in alle omstandighede. Gebed vestig ons oë op die bron van alle hoop – God self (Rom 15:5).

Wraak verbode Wraak verbode 'n Uitgebreide gedeelte van ons teks waarsku teen die vergeld van kwaad met kwaad, en die soek van wraak. Ons word geroep om – sover dit van ons afhang – in vrede met alle mense te lewe. Deur die krag van sy Gees roep Hy ons weg van wraakgedagtes. Ons weet dat God in beheer is. Ons bid daarom nie vir die vernietiging van ons vyande nie, maar soek na hulle beste belange. Calvyn het in sy kommentaar op Romeine breedvoerig oor die vyand geskryf. Hy waarsku ons op twee vlakke: "Ons moenie op so 'n wyse die goedkeuring van mense soek dat ons weier om die haat van enigiemand – wanneer dit ook al nodig is – ter wille van Christus te verduur nie." Daar is mense, sê Calvyn, wat regtig vredeliewend en aangenaam is en tog deur hulle naaste familie as gevolg van die evangelie gehaat word. Die tweede vermaning is dit: "Hoflikheid moenie verval in kompromieë, waardeur ons die boosheid van mense ter wille van vrede sal prys of duld nie . . . Want ons behoort, omdat ons vrede koester, baie dinge te verdra, oortredings te vergewe, en die volle wet op 'n goedgesinde wyse na te kom. Tog moet ons dit op so 'n manier doen dat ons bereid sal wees, wanneer dit noodsaaklik is, om moedig te stry: want dit is onmoontlik dat die soldate van Christus ewigdurende vrede met die wêreld, waarvan Satan die prins is, sal hê." Paulus se woorde: "As dit moontlik is, sover dit van julle afhang . . ." is dus die sleutel tot egte vrede. Calvyn se opmerking oor ware en valse liefde (9) sluit hierby aan: "Dit is moeilik om uit te druk hoe vernuftig byna alle mense is in die vervalsing van liefde wat hulle nie regtig het nie. Hulle mislei nie net ander mense nie, maar ook hulleself, terwyl hulle hulleself oortuig dat hulle ware liefde het vir diegene wat hulle nie net verwaarloos nie, maar in werklikheid verwerp." Ons houding teenoor ons vyande is egter nooit wraak nie. Ons gee plek vir die oordeel van God slegs wanneer ons geduldig wag vir die geleë tyd vir ons verlossing, terwyl ons in tussentyd bid dat die wat ons nou vyandiggesind is, tot inkeer sal kom en ons vriende sal word. God stuur ons na ons vyande om hulle nood te verlig. God stuur ons na ons vervolgers om hulle te seën in plaas van te vervloek. God maak ons harte oop om gasvryheid teenoor vreemdelinge te betoon. God stuur ons na hulle wat rou en hartseer is, om hulle leed met hulle te deel, in plaas daarvan om ons daaroor te verlekker.

Nader as naby Nader as naby Liefde speel ook in die gemeente 'n belangrike rol. Die bring ons nader as naby aan mekaar. Ons kan op die kerkbanke baie naby aan mekaar sit, maar dis nog nie genoeg nie. God wil dat ons mekaar moet liefhê, nie net dat ons naby mekaar op die kerkbanke sal sit nie. Dis om in alle omstandighede vir die goeie te kies. Die hele gedeelte is 'n beweging weg van die slegte, die kwaad, die boosheid, na die goeie, die liefde, na God toe! 'n Lewe as erediens voor God, is 'n lewe van liefde. Die liefde se gerigtheid is om ons rug op die kwaad te keer en ons gesig na die goeie te draai. Die liefde is die Christelike definisie van die goeie.

Liefde lei tot geloof en hoop Prof JH Bavinck vertel dat hy eenmaal die inwyding van 'n kerk bygewoon het. Op die vensters van die kerk was die volgende woorde: geloof, hoop en liefde. Ons weet dat dit die drie-eenheid van die Christelike lewe is. So lyk die styl van Geesvervulde mense. As jy aan die binnekant van die gebou gestaan het, het jy die woorde ook in hierdie volgorde gelees. As jy aan die buitekant gestaan het, het jy dit in teenoorgestelde volgorde gelees: liefde, hoop, geloof. Só, sê Bavinck, is dit in die regte lewe. Binne die kerk is die orde dat ons moet glo. Geloof lei tot hoop en dade van liefde. Buite die kerk is die orde omgekeerd. Ons moet liefde betoon. Dit lei tot hoop en geloof by mense. Mense wat nie glo nie, sal alleen na die kerk getrek word wanneer hulle die liefde van mense raaksien. Ons kan ongelowige mense nie in die kerk kry op 'n Sondag nie. Ons kan wel die 'n erediens hou waar ons ook al beweeg. Die erediens van die daaglikse lewe is niks anders as die betoning van liefde aan die wêreld nie.

Plak dit teen die yskas Plak dit teen die yskas Hierdie gedeelte spel die nuwe kwaliteit van mens-wees uit wat die lewende God in ons lewens skep op grond van die verlossing in Jesus en deur die kragtige werk van die Heilige Gees. Dit is die moeite werd om dit op die yskas vas te plak, en elke dag te lees, en daaroor na te dink. Hierdie teks verander mens se lewe. Dit verander jou gesin, jou straat, jou staat se lewe.

God stuur ons om te leef God stuur ons om te leef Gebed Dankoffer Slotsang Flam 256 Ons Is U Liggaam http://www.flam.co.za/Soek.asp?return=True&qs=F256 VONKK 146 My Gees, My Siel, My Liggaam http://www.vonkk.co.za/Soek.asp?return=True&qs=0146 Lied 530 Praat ek mense-, eng’letale Wegsending Romeine 12:11-12 Respons Lied 525 Waar daar liefde is OF Vonkk 146 Refrein OF Flam 144 fragment: nou kan ons uit God gebore uit die bron van liefde leef, uit die bron van liefde leef.

Volgende erediens: Romeine 13:8-14   Familie-oomblik en Liturgie: Rethie van Niekerk Powerpoint: Wicus Wait Preekverwerking: Danie Mouton Proses en ekstra stof: Chris van Wyk