D.J. Opperman DJ Opperman debuteer in 1945 met Heilige beeste.Hy gebruik konkrete beelde in sy poësie. Sy werk is kompleks en van die hoogste gehalte.

Slides:



Advertisements
Similar presentations
© KCL/PENTECH/WCED 2002 Suur spysversteuring Die suur in die maag raak soms te gekonsentreerd. Spysversteuringstablette bevat ‘n alkali (oplosbare basis),
Advertisements

Follow Him. Seek Him..
TITEL: Verwysing na Middeleeuse landkaarte wat gevare aandui.
Thumela – Elmé Barnard.
KINDERS VAN DIE WIND Koos du Plessis.
Afrikaans Eerste Addisionele Taal
Ons nooi alle gelowiges in Suid-Afrika om deel
DIE ONTKENNING (NEGATIEF) Me. J. van Zyl
ONS WAG – Antjie Krog Die Digteres:.
Vincent Oliphant Vincent Oliphant het grootgeword
Ek het ‘n huisie aan die Rand
Ons aanbid saam!. Ons aanbid saam! Die belangrikste boodskap in die Bybel: God is lief vir jou!
Kabouterliefde (Vir Simone)
Rondom My Dawie de Jager.
Kontak Theo de Jager.
Brief – Fernel Abrahams Strofe 1
KONTAK Theo de Jager.
Rosa Keet Rosa Keet is in Senekal in die Vrystaat gebore en
‘n Foto van die skryfster: Antjie Krog
Jesus - Die Bevelvoerder van die Weermag
Stad in die mis DJ Opperman Bl 162.
In Ritme Met Die Gees Om ’n Sabbatsmens Te Word.
Ek Het ‘n Huisie By Die See
Absolute oortuiging God bestaan?
ONREGVERDIGE, ONEINDIGE
CLICK TO ADVANCE SLIDES
Joh. 4:23 “Maar daar kom 'n tyd, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader deur die Gees en in waarheid sal aanbid, want die Vader wil juis.
Om te ONTVANG 1 Konings 3:2-15.
Krake 'n Baie hoë gebou was vir etlike jare in gebruik toe daar op 'n dag 'n gevaarlike kraak in die muur op die 42ste verdieping verskyn het. Die.
Phil 3:10 (NKJV) 10 that I may know Him and the power of His resurrection, and the fellowship of His sufferings, being conformed to His death,
Woorde Vincent Oliphant.
Jou geskenk aan God die Kersfees!
Die KRUIS Gebedsreis.
NP van Wyk Louw Toe jy kind was.
Job. 42:5 “Tot nou toe het ek net gehoor wat mense van U sê, maar nou het ek U self gesien”
Luk. 11: “Dié wat op die pad val, dui op mense wat die woord hoor, maar dan kom die duiwel en neem dit uit hulle harte weg sodat hulle nie tot geloof.
Sam CH Cupido Sommer net vir jou.
Matt. 7:21 “Nie elkeen wat vir My sê: ‘Here, Here,’ sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie...”
Welkom Jeremia 1:4-10.
I Kor 6:20. “julle is gekoop, en die prys is betaal
> God is heilig:. > God is heilig: Lev. 11:44,45. “Ek is die Here julle God Lev. 11:44,45 “Ek is die Here julle God. Wy julle aan my diens en wees.
Titus 2:12 “Dit voed ons op om die goddelose leefwyse en wêreldse begeerlikhede te laat vaar en met selfbeheersing, opregtheid en godsvrug in die teenswoordige.
LO Kwartaal 3 Graad 11.
Missie Krities .... waarom, daarom.....
Geskape om vir ewig te lewe !
Hoe weerloos is jy....
Hartlik welkom in die Erediens!
MAAK OOP EN ONDEK JOU GESKENK
Sessie 2: Oor die teenwoordigheid van die verhoogde Christus by ons
Teoretiese aspekte van gedigte
Learning, Life and entrepreneurial skills
CLICK TO ADVANCE SLIDES
Jak. 2:14 “Wat help dit, my broers, as iemand beweer dat hy glo, maar sy dade bevestig dit nie? Kan so 'n geloof 'n mens red?
Kol. 1:16 “Alles is deur Hom en vir Hom geskep.”
Gen. 1:26-28 “God het die mens geskep as sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die mens geskep, man en vrou het Hy hulle geskep. Toe het God hulle.
CLICK TO ADVANCE SLIDES
Matt 15:21-28 Lees asseblief saam m3.4 Nati.
Fil. 3: “Ek sê nie dat ek dit alles al het of die doel al bereik het nie, maar ek span my in om dit alles myne te maak omdat Christus Jesus my reeds.
I Pet. 1: “Nee, soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in julle hele lewenswandel heilig wees. Daar staan immers geskrywe: “Wees.
Tommy's Window Slideshow
Taalkunde.
Ek het ‘n huisie by die see
Huiskat Elisabeth Eybers. Huiskat Elisabeth Eybers.
Rom. 7: “Ek, ellendige mens
Genesis 1 - Eerste dag Toe het God gesê: “Laat daar lig wees!” En daar was lig. God het gesien die lig is goed, en Hy het die lig en donker van.
WAARHEID MATT 28: Jesus kom toe nader en sê vir hulle: “Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde. Gaan dan na al die nasies toe en maak.
Kontak Theo de Jager.
Johannes 9 Hy het gegaan en hom gewas, en toe hy terugkom, kon hy sien.
Rondom my Dawie de Jager. Rondom my Dawie de Jager.
Boekmerk Marlise Joubert. boekmerk Marlise Joubert.
Presentation transcript:

D.J. Opperman DJ Opperman debuteer in 1945 met Heilige beeste.Hy gebruik konkrete beelde in sy poësie. Sy werk is kompleks en van die hoogste gehalte. Hy word beskou as een van die beste digters wat Suid Afrika nog gehad het. Hy was ook al die ontvanger van die gesogte Hertzogprys.

Stad in die mis – D.J. Opperman 1 Met gespanne spier 2 loop ek deur die mis 3 want om my sluip ‘n dier 4 onder wit duisternis; 5 ek hoor hom knor en in oop mote 6 waggel sy pilare-pote 7 en sy kantelende rug metaal; 8 op hoeke van die strate blink 9 sy oë bloedbelope, 10 en met sy hap sluit staal op staal

Stad in die mis Spreker is bang Stad is toe onder die mis (besoedeling) en kan nie gesien word nie. Stad word hier as ‘n ongevoelige dier uitgebeeld. Die gejaagdheid in die stad bedreig die mens se geluk. Die dier (stad) oorheers die mens (spreker) 1 Met gespanne spier 2 loop ek deur die mis 3 want om my sluip ‘n dier 4 onder wit duisternis; 5 ek hoor hom knor en in oop mote 6 waggel sy pilare-pote 7 en sy kantelende rug metaal; 8 op hoeke van die strate blink 9 sy oë bloedbelope, 10 en met sy hap sluit staal op staal Ek-spreker Paradoks: duisternis dui op digte mis / besoedeling Spreker ervaar die stad met sintuie: gevoel; gehoor en sig. (sien) alliterasie Dakke in die stad Stad as staalmonster Kan dui op verkeersligte Spreker hoor die geknor en sien die pilare-pote Tande is van staal gemaak Kort versreëls dui spanning en gejaagdheid in die stad aan. Progressie: aan die einde word die mens ingesluk deur die stad.

Woordverklarings Stad in die mis City in the mist sluip sneak wit duisternis fog mote valleys knor growl waggel stagger kantelende rug tilted back bloedbelope oë bloodshot eyes hap bite staal steel spier muscle pilare pillars

Bespreking Die gedig kan in drie afdelings verdeel word. Afdeling 1(versreël 1 – 4) handel oor die voorstelling van die stad as dier wat rondsluip; in Afdeling 2 (versreël 5 – 7) hoor die spreker die geknor en hy sien hom ook op sy pilare pote in die strate. In die laaste afdeling (versreël 8 tot 10) word die stad as staalmonster verder beskryf: bloedbelope oë; kake soos ‘n meganiese skopgraaf wat sluit soos staal op staal. Daar vind dus duidelike progressie plaas. Die ondier bedreig die mens en dit sluk die mens in aan die einde.

Let daarop dat die mens “loop”, maar die dier “sluip” – ook tekenend van die ondier (die stad) wat ongemerk die mens se persoonlikheid kan verander en menslike geluk bedreig. Assonansie (“hoor”; “oop mote”) en alliterasie (“staal op staal”) kom ook voor. Titel Die enigste plek in die gedig waar van die stad gepraat word, is in die titel; dus is dit ‘n leidraad dat die gedig oor die stad handel. Die stad is toe onder die mis en kan nie duidelik gesien word nie. Tema Die stad word metafories uitgebeeld as ‘n ongevoelige dier wat in die mis rondsluip. Die klankbou ondersteun die ritme en inhoud van die gedig.

Vrae en antwoorde 1. Wat word eintlik in die gedig beskryf as jy na die titel kyk? ‘n Stad wat in die mis is. 2. Watter besoedeling is hier ter sprake? lugbesoedeling 3. Waarmee word die stad vergelyk? monster 4 Haal twee opeenvolgende woorde aan wat aandui dat die stedeling bang is. “gespanne spier” 5. Waarom is die persoon bang of gespanne? die mens voel bedreigd deur die monster, die stad.

6. Wie is die “ek”. Is dit ‘n stadmens of ‘n plaasmens 6. Wie is die “ek”? Is dit ‘n stadmens of ‘n plaasmens? ʼn plaasmens (hy voel onseker en bang in die stad; die stadsmens ken die gevare) 7. Is die “dier” regtig die stad? Gee ‘n rede vir jou antwoord. Nee, die stad word net met ʼn monster vergelyk . 8. Watter soort dier sluip in die donker rond? skelm/nagdier/donker dier 9. Haal die woorde aan wat die dier beskryf. “pilare-pote”; “kantelende rug metaal”; “oë bloedbelope”; “staal op staal” 10. Watter vier dinge doen die dier? Haal 4 aparte woorde aan. “sluip”; “knor”; “waggel”; “hap” 11. Watter geluid maak die dier? knor

12. Wat veroorsaak dat die stadsmens nie goed kan sien nie. mis 13 12. Wat veroorsaak dat die stadsmens nie goed kan sien nie? mis 13. Waarom is “wit duisternis” ‘n paradoks? duisternis kan nie wit wees nie 14. ‘n Stad is raserig en ons praat van die stad se gedreun. Watter woord verwys hierna? “knor” 15. Waarom lyk dit asof die pilare-pote beweeg? Dit lyk asof die dier waggelend aangestap kom. 16. In watter metafoor word die stad- en dierebeelde bymekaar gebring? “pilare-pote”

17. Waarmee sou die rug van die dier vergelyk kon word 17. Waarmee sou die rug van die dier vergelyk kon word? Dakke van geboue 18. Hoe word die verkeersligte/robotte beskryf? “bloedbelope” 19. Waarvan is die dier se tande gemaak? staal 20. Wat sou gebeur as die dier hap? Sou die mens insluk 21. Die hele gedig is ‘n uitgebreide metafoor waar die stad met ‘n ondier vergelyk word.

22. Wat is die tema van hierdie gedig 22. Wat is die tema van hierdie gedig? Die mens voel bedreigd deur die stad wat die mens se voortbestaan bedreig en die “menswees” wegneem van die mens. 23. Hoe word ‘n gejaagde atmosfeer geskep? Deur meestal eenlettergrepige woorde te gebruik en kort versreëls te gebruik. 24. Wat word in die gedig gebruik: eindrym of middelrym? eindrym 25. Die persoon is bewus van al die gevaar wat dreig. Hy span sy sintuie in. Verwys na die tas, gehoor en gesigsintuig. tas: metaal, staal; gehoor: knor; gesig: oë bloedlope 26. Dink jy die dier in die gedig oorheers die mens? ja – die dier sluk uiteindelik die mens in.

27. Wie is die ʺhomʺ in versreël 5 en die ʺsyʺ in versreëls 6, 7, 9 en 10? die stad 28. Pas die figuurlike betekenis in KOLOM B by die dinge in KOLOM A. Skryf net die letters neer. 28.1 D 28.2 E 28.3 F 28.4 A 28.5 B 28.6 C 29. Waarom praat die spreker van ‘n dier wat “sluip”? die mens is nie bewus van die dreigende gevaar nie. Die stad bedreig die mens sonder dat die mens daarvan bewus is. 30. Watter twee opeenvolgende woorde beskryf die digte mis? wit duisternis

31. Gee die denotiewe betekenis van die woord “duisternis”. denotiewe betekenis van die woord “duisternis”: donkerte 32. Gee die konnotiewe betekenis van die woord”duisternis”. konnotiewe betekenis van die woord “duisternis”: gevaar 33. Onderstreep die korrekte woord:”wit duisternis” is ‘n voorbeeld van antitese/woordspeling/ironie. 34. Waarna verwys die “mote”? oop areas in die stad 35. Die “oop” in versreël 5 sê vir ons dat die D strate leeg is.

36. Wat, dink jy, is die dinge wat in die stad “knor”? Verkeer 37. Gee TWEE aparte woorde wat die dier se bewegings beskryf. sluip; waggel 38. Wat is die funksie van die herhaling van die s-klank? Beklemtoon die atmosfeer in die gedig. 39. Waarna kan “sluit staal op staal” moontlik verwys? Dink en noem twee moontlikhede. Die dier (monster) se kake is van staal gemaak. Dit is baie sterk en dit hap die mens in. 40. Pas die soort rym in KOLOM B by die voorbeeld in KOLOM A 40.1 C 40.2 B 40.3 D 40.4 E 40.4 A