PSALM 148 Oorsig Gedurende die Kersseisoen bly ons ons verwonder oor die Kind Jesus. Ons verwonder ons oor inkarnasie. Ons wil hierdie godsgawe in dieselfde.

Slides:



Advertisements
Similar presentations
Psalm 148 Ander tekste 1 Samuel 2:18-20 Hanna se ander kinders
Advertisements

Ons nooi alle gelowiges in Suid-Afrika om deel
DIE ONTKENNING (NEGATIEF) Me. J. van Zyl
Om God te GENIET Filippense 4:2-9.
Vir God is jy nie “ per ongeluk nie “ !
Ons aanbid saam!. Ons aanbid saam! Die belangrikste boodskap in die Bybel: God is lief vir jou!
Ons waag in geloof Hebreërs 12:1-3.
Filippense 1:1-11 Ons liefde groei in begrip en 'n fyn aanvoeling
Psalm Prys die Here vanuit die hemele, prys Hom in die hoë hemel! 2 Prys Hom, alle engele, prys Hom, alle hemelwesens! 3 Prys Hom, son en maan,
Handelinge 1:1-11 PowerPoint agtergrond
Nagmaal Christen-word, en Christen-wees
MUNUS TRIPLEX Die oprig en herstel van die drievoudige amp
Jesus - Die Bevelvoerder van die Weermag
Joh. 13: “Ek gee julle 'n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê
Ps. 107: “Party het in die donker gesit, in diep duisternis, hulle was gevangenes, in ellende en in boeie, want hulle het hulle verset teen die bevele.
II Tim. 2:22 “Vermy die begeertes wat 'n jongmens in gevaar bring, en streef na opregtheid, geloof, liefde en vrede, saam met almal wat uit 'n rein hart.
Romeine 12:2 “Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei.
In Ritme Met Die Gees Om ’n Sabbatsmens Te Word.
Absolute oortuiging God bestaan?
PSALM 148 Oorsig Gedurende die Kersseisoen bly ons ons verwonder oor die Kind Jesus. Ons verwonder ons oor inkarnasie. Ons wil hierdie godsgawe in dieselfde.
Gen. 39:9 “Daar is niemand wat in hierdie huis meer gesag het as ek nie. Meneer het niks van my teruggehou nie, behalwe vir u, want u is sy vrou. Hoe.
ONREGVERDIGE, ONEINDIGE
WELKOM! Matteus 13.
CLICK TO ADVANCE SLIDES
CLICK TO ADVANCE SLIDES
Joh. 4:23 “Maar daar kom 'n tyd, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader deur die Gees en in waarheid sal aanbid, want die Vader wil juis.
Om te ONTVANG 1 Konings 3:2-15.
Krake 'n Baie hoë gebou was vir etlike jare in gebruik toe daar op 'n dag 'n gevaarlike kraak in die muur op die 42ste verdieping verskyn het. Die.
Phil 3:10 (NKJV) 10 that I may know Him and the power of His resurrection, and the fellowship of His sufferings, being conformed to His death,
Jou geskenk aan God die Kersfees!
Die KRUIS Gebedsreis.
GAL 2:20-21 Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in.
II Kor. 5:21 “Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek.
Tommy's Window Slideshow
Job. 42:5 “Tot nou toe het ek net gehoor wat mense van U sê, maar nou het ek U self gesien”
Luk. 11: “Dié wat op die pad val, dui op mense wat die woord hoor, maar dan kom die duiwel en neem dit uit hulle harte weg sodat hulle nie tot geloof.
Matt. 7:21 “Nie elkeen wat vir My sê: ‘Here, Here,’ sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie...”
Welkom Jeremia 1:4-10.
Johannes 6:56-71 PowerPoint agtergrond
I Kor 6:20. “julle is gekoop, en die prys is betaal
> God is heilig:. > God is heilig: Lev. 11:44,45. “Ek is die Here julle God Lev. 11:44,45 “Ek is die Here julle God. Wy julle aan my diens en wees.
Titus 2:12 “Dit voed ons op om die goddelose leefwyse en wêreldse begeerlikhede te laat vaar en met selfbeheersing, opregtheid en godsvrug in die teenswoordige.
Geskape om vir ewig te lewe !
Hoe weerloos is jy....
KAN ONS GOD VERTROU WANNEER HY SÊ, “VOLG MY”? Deur Karen J. Pearson
Verbintenis tot God se heerskappy Verbintenis tot God se dienswerk Verbintenis tot God se boodskap Verbintenis tot God se middele Verbind aan God se.
Verstaan  emosies  wil
Hartlik welkom in die Erediens!
MAAK OOP EN ONDEK JOU GESKENK
“True repentance shows itself in a thorough breaking off from sin
“Julle sal my getuies wees”
Sessie 2: Oor die teenwoordigheid van die verhoogde Christus by ons
Hartlik welkom in die Erediens
Handelinge 1:1-11 PowerPoint agtergrond
Jak. 2:14 “Wat help dit, my broers, as iemand beweer dat hy glo, maar sy dade bevestig dit nie? Kan so 'n geloof 'n mens red?
Gen. 1:26-28 “God het die mens geskep as sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die mens geskep, man en vrou het Hy hulle geskep. Toe het God hulle.
CLICK TO ADVANCE SLIDES
UNITY OF THE SPIRIT..
Fil. 3: “Ek sê nie dat ek dit alles al het of die doel al bereik het nie, maar ek span my in om dit alles myne te maak omdat Christus Jesus my reeds.
I Pet. 1: “Nee, soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in julle hele lewenswandel heilig wees. Daar staan immers geskrywe: “Wees.
Tommy's Window Slideshow
Johannes 12 Daar was ook 'n aantal Grieke onder die mense wat fees toe gekom het om te aanbid. Hulle het na Filippus, wat van Betsaida in Galilea afkomstig.
LOFOFFER 2014 Romeine 12.
Kolossense 3:1-17 ¹Aangesien julle saam met Christus uit die dood opgewek is, moet julle strewe na die dinge daarbo waar Christus is, waar Hy aan die.
Rom. 7: “Ek, ellendige mens
Genesis 1 - Eerste dag Toe het God gesê: “Laat daar lig wees!” En daar was lig. God het gesien die lig is goed, en Hy het die lig en donker van.
WAARHEID MATT 28: Jesus kom toe nader en sê vir hulle: “Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde. Gaan dan na al die nasies toe en maak.
WEERSPIEËL SY LIG WEERSPIEËL SY LIG [SKYN SAAM] [SKYN SAAM]
Johannes 9 Hy het gegaan en hom gewas, en toe hy terugkom, kon hy sien.
CLICK TO ADVANCE SLIDES
Presentation transcript:

PSALM 148 Oorsig Gedurende die Kersseisoen bly ons ons verwonder oor die Kind Jesus. Ons verwonder ons oor inkarnasie. Ons wil hierdie godsgawe in dieselfde gesindheid ontvang as Jesus se ouers en die ouers van Samuel. Ons wil dieselfde soort verwondering oor die misterie hiervan ondervind as die geleerdes in die tempel (Luk 2). Die erediens wil hierdie verwondering en die manier waarop dit bande van liefde smee, respekteer (Kol 3). Ander tekste 1 Samuel 2:18-20, 26 Hanna se ander kinders   18Maar Samuel het die Here gedien. As ’n seun het Samuel al ’n linneskouerkleed gedra. 19Sy ma het elke jaar vir hom ’n manteltjie gemaak en dit vir hom gebring wanneer sy saam met haar man gegaan het om die jaarlikse offer te bring. 20Dan het Eli vir Elkana en sy vrou geseën en gesê: “Mag die Here jou uit hierdie vrou ’n nageslag gee in die plek van die seun wat van die Here afgesmeek is.” Daarna is hulle weer huis toe. 21Die Here het Hom oor Hanna ontferm, en sy het swanger geword en nog drie seuns en twee dogters gehad. Ondertussen het die seun Samuel voor die Here grootgeword. 26Maar die seun Samuel het grootgeword en die Here en die mense was hom goedgesind. Kolossense 3:12-17 12Julle is die uitverkore volk van God wat Hy baie lief het. Daarom moet julle meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam wees. 13Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe. 14Bo dit alles moet julle mekaar liefhê. Dit is die band wat julle tot volmaakte eenheid saambind. 15En die vrede wat Christus gee, moet in julle lewens die deurslag gee. God het julle immers geroep om as lede van een liggaam in vrede met mekaar te lewe. Wees altyd dankbaar. 16Die boodskap van Christus moet in sy volle rykdom in julle bly. Leer en onderrig mekaar met alle wysheid. Met dankbaarheid in julle harte moet julle psalms, lofgesange en ander geestelike liedere tot eer van God sing. 17En wat julle ook al sê of doen, sê en doen dit alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom. Lukas 2:41-52 Die Kind Jesus by die tempel 41Jesus se ouers het elke jaar vir die paasfees Jerusalem toe gegaan. 42Toe Hy twaalf jaar oud was, het hulle weer soos gebruiklik daarheen gegaan vir die fees. 43En toe die feesdae verby was, het sy ouers die terugreis begin, maar die Kind Jesus het in Jerusalem gebly sonder dat hulle dit geweet het. 44Omdat hulle gedink het Hy is by die reisgeselskap, het hulle ’n dag lank gereis voordat hulle Hom onder die familie en bekendes begin soek het. 45Toe hulle Hom nie kry nie, het hulle omgedraai na Jerusalem toe op soek na Hom. 46Na drie dae het hulle Hom by die tempel gekry waar Hy tussen die geleerdes sit en na hulle luister en hulle uitvra. 47Almal wat Hom gehoor het, was verbaas oor sy insig en sy antwoorde. 48Toe sy ouers Hom sien, was hulle verslae, en sy moeder sê vir Hom: “Kind, waarom het jy so met ons gemaak? Kyk, jou vader en ek het met angs na jou gesoek.” 49Maar hy antwoord hulle: “Waarom het u na My gesoek? Het u nie geweet dat Ek in die huis van my Vader moet wees nie?” 50Hulle het nie begryp wat Hy daarmee bedoel het nie. 51Hy het toe saam met hulle na Nasaret toe teruggegaan, en Hy was aan hulle onderdanig. Sy moeder het al hierdie dinge in haar hart bewaar. 52En Jesus het verstandelik en liggaamlik gegroei en in guns by God en die mense toegeneem. Fokusteks: Psalm 148 Sy Naam alleen is hoog verhewe 148 Prys die Here! Prys die Here vanuit die hemele, prys Hom in die hoë hemel! 2Prys Hom, alle engele, prys Hom, alle hemelwesens! 3Prys Hom, son en maan, prys Hom, alle sterre! 4Prys Hom, hoogste hemele, en waters in die hoë hemelruim! 5Laat hulle die Naam van die Here prys, want Hy het beveel en hulle is geskep; 6Hy het hulle vir altyd hulle vaste plek gegee, vir hulle 'n orde neergelê waarbuite hulle nie kan beweeg nie. 7Prys die Here van die aarde af, seediere en al die oseane, 8weerlig en hael, sneeu en miswolke, stormwind wat sy opdrag gehoorsaam, 9berge, al die heuwels, vrugtebome, al die seders, 10wilde diere, al die vee, al wat kruip of vlieg, 11konings van die aarde, alle volke, vorste, alle regeerders van die aarde, 12jong manne en meisies, grysaards saam met seuns! 13Laat hulle die Naam van die Here want sý Naam alleen is hoog verhewe, sy majesteit strek oor die aarde en oor die hemel. 14Hy het aan sy volk mag gegee. Dit is die roem van al sy troue dienaars, die Israeliete, die volk naby wie Hy is. Prys die Here! Eksegetiese opmerkings Bybel-Media se Woord en Fees bevat volledige eksegetiese inligting oor die teks. Bestel by www.bmedia.co.za. Erediens Tema PowerPoint agtergrond Hierdie powerpoint oortree die reël van een beeld/agtergrond regdeur. Om aan te sluit by die lof van die Psalm en die lofsange tydens die preek, wors verskillende natuurbeelde gebruik. Jy sou net een van die foto’s kon kies, vir ‘n netjieser, meer stylvolle powerpoint. Sterre: NASA_JPL-Caltech_UCLA Maan: vanaf MaxPixel, CC0 lisensie Blitse: Johannes Plenio, CC0 by pixabay Kinders: vanaf MaxPixel Korhaan: Derek Keats CC-lisensie by Flickr Son: vanaf Pixabay, CC0 Wildebees en verkleurmannetjie: Charles J Sharp, CC-lisensie, vanaf wikimedia Seekat: Morten Brekkevold, CC by Flickr Liturgie Daar is in die liturgie gebruik gemaak van Bybelmedia se preekstudies sowel as van vorige bydraes by seisoenvanluister.co.za. Aanvangs lied 338 Weer dink ons saam aan daardie nag vs 1,2,3,4 Aanvangswoord Psalm 148 Seëngroet Lukas 2 Sang 367 Ere aan God vs 1 Vandag is die Sondag voor Oujaarsdag. Dalk ‘n geleentheid om terug te kyk oor die jaar wat verby is. Elke gemeente se gebruike sal waarskynlik verskil. Google maak elke jaar ‘n video van die terme waarvoor daar in daardie jaar die meeste gesoek is. Dit gee ‘n goeie oorsig oor die jaar. Vir 2018 se video sê hulle: “In a year of ups and downs, the world searched for "good" more than ever before — according to Google Trends. From the epic headlines to the everyday moments, here’s to all the good that people discovered in 2018.” Jy kan dalk hierdie video wys vir ‘n goeie oorsig oor die jaar. Hier pak hulle die jaar se “trends” meer breedvoerig uit en hier is ‘n artikel oor die dinge waarvoor mense in SA die meeste gesoek het (listriose is derde...). Gee dan geleentheid vir stilgebed en voltooi die stukkie liturgie met die onderstaande gebed of Wet Gebed Geloofsbelydenis van Nicea Loflied 502 Vol vertroue vas en veilig vs 1,3,5 (die melodie van lied 203 “Loof die Here al wat lewe” pas perfek met die woorde van 502) Epiklese Skriflesing Psalm 148 Familie-oomblik Prediking Offergawes Wegsending Lied 563 Aan U o God my dankgesange vs 2,3,4 Seën Kolossense 2 Antwoord Lied 312/313/314/315/ of F361. Laat Dit So Wees (Amen) (RUBRIEK: Kersflam – Gebed) Vonk 38 (Melodie is Lied 582 “Bly by my Heer”) Here, Ons God, As Ons Nou Huis Toe Gaan

GOD NOOI ONS UIT EN ONS KOM TOT RUS Aanvangs lied 338 Weer dink ons saam aan daardie nag vs 1,2,3,4 Aanvangswoord Psalm 148 Prys die Here vanuit die hemele, prys Hom in die hoë hemel! 2Prys Hom, alle engele, prys Hom, alle hemelwesens! 3Prys Hom, son en maan, prys Hom, alle sterre! 4Prys Hom, hoogste hemele, en waters in die hoë hemelruim!   Seëngroet Lukas 2 14“Eer aan God in die hoogste hemel, en vrede op aarde vir die mense in wie Hy ’n welbehae het!” Sang 367 Ere aan God vs 1 Vandag is die Sondag voor Oujaarsdag. Dalk ‘n geleentheid om terug te kyk oor die jaar wat verby is. Elke gemeente se gebruike sal waarskynlik verskil. Google maak elke jaar ‘n video van die terme waarvoor daar in daardie jaar die meeste gesoek is. Dit gee ‘n goeie oorsig oor die jaar. Vir 2018 se video sê hulle: “In a year of ups and downs, the world searched for "good" more than ever before — according to Google Trends. From the epic headlines to the everyday moments, here’s to all the good that people discovered in 2018.” (Hul “tag line”- “good things are worth searching for” – kan mooi aansluit by ‘n preek, veral volgende Sondag met Epifanie en die verhaal van die Sterrekykers.) Jy kan dalk hierdie video wys vir ‘n goeie oorsig oor die jaar. Hier pak hulle die jaar se “trends” meer breedvoerig uit en hier is ‘n artikel oor die dinge waarvoor mense in SA die meeste gesoek het (listriose is derde...). Gee dan geleentheid vir stilgebed en voltooi die stukkie liturgie met die onderstaande gebed of Wet Kolossense 3:12-17 12Julle is die uitverkore volk van God wat Hy baie lief het. Daarom moet julle meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam wees. 13Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe. 14Bo dit alles moet julle mekaar liefhê. Dit is die band wat julle tot volmaakte eenheid saambind. 15En die vrede wat Christus gee, moet in julle lewens die deurslag gee. God het julle immers geroep om as lede van een liggaam in vrede met mekaar te lewe. Wees altyd dankbaar. 16Die boodskap van Christus moet in sy volle rykdom in julle bly. Leer en onderrig mekaar met alle wysheid. Met dankbaarheid in julle harte moet julle psalms, lofgesange en ander geestelike liedere tot eer van God sing. 17En wat julle ook al sê of doen, sê en doen dit alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom. Gebed Nuwe jaar... nuwe genade Here, Almagtige, Oneindige, Skepper, Voleinder, ‘n jaar is vir U net ‘n oogwink, maar vir ons is dit 365 dae lank, ‘n lang pad. Here, vir ons is elke jaar volgepak met goed en kwaad. U is Here van elke uur en dag en jaar. Maar ons is gevange slawe van die vervlietende tyd. Here, en tog bring elke jaar ons nader aan U. Mense word jaar vir jaar ouer, maar U kinders word jonger. ‘n Jaar lê agter ons, vir altyd verby. Plek-plek loop die pad pylreguit deur die vlakte, ander kere met kronkelpaaie oor die steiltes, vol slaggate, pap wiele, verpaste treine, verspeelde geleenthede. Here, oor die geleenthede wat onbenut verbygegaan het, sou ek wanhopig kon raak, as dit nie was dat U vergewe nie. Here, elke dag is U genade nuut, sedert Noag se reënboog, en is U goedheid nuut, sedert Jesus Christus... Here, as U die hare van my kop getel het, het U sekerlik ook my dae getel, die minute en die sekondes daarvan alles hou U in die palm van U hand. Here, ek dank U vir gesondheid in die jaar wat verby is. Ek bid vir gesondheid in die een wat voorlê, vir genoeg kos vir elke dag. Maar veral bid ek om ‘n honger na U Woord, na U self... Dit sal weer ‘n jaar wees vol van U genade. Amen (‘n Gebed uit Ghana) (Uit Die groot gebede-boek, Lux Verbi, Bybelmedia 2003:413) Geloofsbelydenis van Nicea Ons glo in een God, die almagtige Vader, die Skepper van hemel en aarde, van alle sigbare en onsigbare dinge; en in een Here Jesus Christus, die eniggebore Seun van God, voor al die eeue uit die Vader gebore: Hy is God uit God, lig uit lig, ware God uit ware God, gebore, nie gemaak nie, een in wese met die Vader, deur wie alles tot stand gekom het. Hy het ter wille van ons, mense, en ons saligheid uit die hemel neergedaal en het deur die Heilige Gees uit die maagd Maria vlees geword; Hy het mens geword; onder Pontius Pilatus is Hy gekruisig; Hy het gely en is begrawe. Op die derde dag het Hy volgens die Skrifte opgestaan, en Hy het na die hemel opgevaar. Hy sit aan die regterhand van die Vader, en Hy sal met heerlikheid terugkom om die lewendes en die dooies te oordeel. Aan sy koningskap sal daar geen einde wees nie. Ons glo in die Heilige Gees, wat Here is en lewend maak. Hy gaan van die Vader en die Seun uit, en Hy word saam met die Vader en die Seun aanbid en verheerlik. Hy het deur die profete gespreek. Ons glo aan een, heilige, algemene en apostoliese kerk. Ons bely een doop tot vergifnis van sondes. Ons verwag die opstanding van die dooies en die lewe van die toekomstige bedeling. Amen. Loflied 502 Vol vertroue vas en veilig vs 1,3,5 (die melodie van lied 203 “Loof die Here al wat lewe” pas perfek met die woorde van 502) Liedere Flam 23 Prys Die Here (RUBRIEK: Nuwe Gemeentesang – Lof) Teks en Musiek: Rhe Janse © 1994 Brettian Productions (Opgeneem op Lentereën - Willie Joubert) (Psalm 148) Prys die Here vanuit die hemele; prys die Here alle engele; prys Hom son en maan, prys Hom alle sterre! Prys die Here en sy grote Naam! Prys die Here van die aarde af, uit die see en van die berge af. Prys Hom bome, diere, plante en riviere. Prys die Here alle volke saam; mans en vroue, prys die Heer se naam. Prys Hom konings, vorste, oud en jonk tesame. U’s my Here en ek prys U Naam; U’s verhewe, hoor my loflied aan. Heer, U majesteit strek oor aard’ en hemel; U’s my Here, en ek prys U Naam! Flam 24 As ek die hemel aanskou (Psalm 8) (Rubriek: Nuwe Gemeentesang – Verwondering) Teks en Musiek: Rhe Janse © 2005 MAR Gospel Music Publishers 1. As ek die hemel aanskou, die werke van U vingers, maan en sterre aanskou, dan voel ek so gering Heer. Wat is die mens dan dat U aan hom dink? Wat is die mens dan dat U na hom omsien? 2. U laat ons heers oor U werk, die werke van U hande, dis aan ons onderwerp, die see, die lug, die lande. Wat is die mens dan dat U na om omsien? O Heer, ons Heer, hoe wonderbaar U Naam; O Heer, ons Heer, juig, aarde, Roem sy Naam! O Heer, ons Heer, hoe wonderbaar U Naam; O Heer, ons Heer, juig aarde, Roem sy Naam! Ons roem U Naam, ons roem U Naam. GOD NOOI ONS UIT EN ONS KOM TOT RUS

GOD PRAAT MET ONS EN ONS LUISTER Epiklese Here God, Hemelvader, U in wie die volheid van lig en wysheid woon, verlig ons denke deur U Heilige Gees, en skenk ons die genade om U Woord aan te hoor, met eerbied en in nederigheid, waarsonder niemand U waarheid kan begryp nie. Ons vra dit om Christus ontwil. Amen   Johannes Calvyn, 1509-1564 in Wat Here is en lewend maak deur Dirkie Smit, 2001:29. Lux Verbi, Wellington. Skriflesing Psalm 148 Familie-oomblik Prediking

FAMILIE-OOMBLIK Familie-oomblik Die Psalm verduidelik dat alles wat geskep is die lof van God besing. ’n Kollega vertel dat daar ’n man in sy gemeente is wat saam met sy vrou met hulle seiljag reg rondom die wêreld gevaar het. Die man het altyd ’n mikroskoop op sy jag gehad. Hy vertel hoe hy eendag toe hulle baie vêr weg van land af, heeltemal afgesonderd, gevaar het, van die seewater geskep het en dit onder die mikroskoop bekyk het. Tot sy groot verbasing het hy die wonderlikste kleure en patrone en formasies gesien. So mooi dat hy net meer en meer daarna wou kyk. Na die tyd het hulle baie daaroor gedink en gewonder hoekom al hierdie wonderlike prag en skouspel so vermors lê in die diepte van die oseaan, want min mense kan dit ooit sien en waardeer. Toe besef hulle dat die Here dit vir Homself gemaak het en dat Hy dit dag na dag geniet. Al die prag en skoonheid maak Sy naam groot en sing ’n loflied tot Sy eer. Net so is alles wat mooi en goed is rondom ons, ook besig om die eer aan God te bring. Deel vir die kinders skryfgoed en papier uit en vra dat hulle ’n prentjie van iets moet teken wat hulle dink ’n loflied vir God is.   of Die teks pas goed in Kerstyd en kan gefokus word op wat met die geboorte van Jesus gebeur het. Die vreugde en geluk van die Christusfees moet voorop staan. Help die kinders verstaan hoe wonderlik dit is dat ons saam met al die diere, al die natuurverskynsels en elke deel van hierdie skepping God kan loof. Die video van Louie Giglio Mashup of Stars and Whales Singing God’s Praise kan goed werk. Die woorde waarmee Koos van der Merwe van Prophet-faam na aanleiding van Psalm 148 die Here loof vir sy liefde en ontferming, kan goed in hierdie erediens gebruik word. Kry byvoorbeeld iemand uit die gemeente wat dit kan voordra of speel dit vir die kinders en help hulle verstaan dat die liedjie ons help verstaan hoe ons op God kan reageer. asems al die asems al die wasem loof Hom… likkewane bobbejane olifante al die leeus al die spreeus en fisante kom nou kraaie papegaaie en volstruise al die vlooie in die kooie al die luise pelikane en sprinkane en marmotte al die tiere en die miere kokkerotte die miljoene skerpioene en die swane al die ape al die skape en die hane o die vele vaal kamele en die reiers al die uile al die muile en miskruiers elke bees en elke kees en al die vinkies al die bokkies en toktokkies en tinktinkies dan die wille krokkedille en die muise en die katte op die matte in die huise al die kewers al die bewers swartwitpense en heel laaste maar die meeste al die mense

BETROUBARE BEVESTIGING Preekriglyn Psalm 148 is 'n pragtige, gepaste Psalm om by die jaareinde te oordink. Psalm 148 brei die oproep tot lof uit tot die hele heelal – die hemel en die aarde, die skepsels en die skeppings. Die redes vir die lof lê in God se betroubare bevestiging van alles wat leef. BETROUBARE BEVESTIGING

LOF UIT DIE HEMEL Lof uit die hemel Dié lof word in die eerste plek gevra – vers 1-6 – van alles wat in die hemel gemaak is. Dit sluit die lewende skepsels in: engele en hemelse magte. Dit sluit ook die gepersonifieerde skeppings in: son, maan, sterre, selfs die water wat uit die hemelkoepel op die aarde reën verskaf. Die Psalmis gee drie redes waarom alles in die hemel God moet loof: God het hulle gemaak, God het hulle vir altyd gevestig, God het 'n vaste orde bepaal wat nie verby sal gaan nie (NAV: "waarbuite hulle nie kan beweeg nie").   Opsioneel Lied 199 Loof die Here uit die hemel vs 1,2,3 Lied 370 Eng’le uit die hoogste hemel vs 1,2,3,4,5 LOF UIT DIE HEMEL

LOF VANAF DIE AARDE Lof vanaf die aarde Dié lof word in die tweede plek gevra – vers 7-14 – van alles wat op die aarde gemaak is. Dit sluit die lewende skepsels in – beide die diere as die mense: seemonsters, wilde diere, vee, kruipende diere, voëls, konings, aanvoerders, regeerders, al die volke, jongmense en oumense. Dit sluit ook die gepersonifieerde skeppings in: vuur, hael, sneeu, newels (miswolke), stormwind, berge, heuwels, vrugtebome, seders, en selfs die diep waters (oseane). Die Psalmdigter gee ook drie redes waarom alles op die aarde God moet loof: God se Naam alleen is hoog verhewe, God se luisterrykheid strek oor die hele aarde en hemel, God het sy volk sterk gemaak as getuienis aan almal wat Hom getrou volg. God wys dus sy sorg in dié wat: "na aan Hom is". Die hele skepping het hulle bestaan aan God te danke. Daar is niks uitgesluit wat nie God as Skepper moet loof nie. Die hele skepping is vir hulle voortgaande bestaan van God afhanklik. Daar is niks uitgesluit wat nie God se betroubare bevestiging nodig het nie. Daarom moet die hele skepping God loof. Dit is die bepaalde bestemming van alles wat leef en beef, veral van dié wat "na aan Hom is". Halleluja! Hoe sal ons 2018 eindig en 2019 betree? Kom ons doen dit met lof op ons lippe. Ons lewe is veilig geborge in ons God. Alle vorme van bestaan is veilig geborge in God!   Opsioneel Lied 192 Grote God U skepper hand 1,2,3 Lied 196 O kon ek jubel Hemelvader 1,2,3,4

GOD STUUR ONS OM TE LEEF God stuur ons om te leef Gebed Heilige God, God van Abraham en Sara en Hagar, God van Maria en Josef, God van engele en herders, God van ons Geliefde Jesus van Nasaret: U is God van die ganse aarde. Vandag het U ons weer herinner dat almal u geliefde kinders is en alle skepsels u handewerk. Laat ons nooit ophou om deur alles wat ons sê of doen van u grenslose liefde te getuig nie. Amen.   of Gebed ahv Ps 148 Here in die hoë hemel: ons prys U saam met die engele en die hemelwesens. Saam met die son, die maan en al die sterre waaraan U ‘n vaste baan en plek gegee het wil ons U Naam prys! In die geknal van die weerlig en die knetter van die hael; in die suis van die sneeu en die newel van ‘n miswolk word U van die aarde af geprys. Alles wat leef, kruip of vlieg; wilde diere en mak vee; konings, vorste en regeerders wil U, die Here, prys. U Naam is hoog verhewe; U majesteit strek oor die hele hemel en aarde; ons roem U Naam omdat U naby is. Ons prys U, Here! Amen Offergawes Wegsending Lied 563 Aan U o God my dankgesange vs 2,3,4 Seën Kolossense 2 Mag die boodskap van Christus in sy volle rykdom in jou bly; mag jy met dankbaarheid in jou hart psalms, lofgesange en ander geestelike liedere tot eer van God sing; en mag wat jy ook al sê of doen, dit sê en doen in die Naam van die Here Jesus en mag jy God die Vader in alles dank. Antwoord Lied 312/313/314/315/ of F361. Laat Dit So Wees (Amen) (RUBRIEK: Kersflam – Gebed) Teks en musiek: Neil Büchner Kopiereg:  Flam Musiek-Uitgewers Laat dit so wees, Here, Amen. Heer, laat ons leef soos U leer Here, Amen. Vonk 38 (Melodie is Lied 582 “Bly by my Heer”) Here, Ons God, As Ons Nou Huis Toe Gaan 1. Here, ons God, as ons nou huis toe gaan, vra ons u seën, waar ons hier voor U staan. U het u goedheid weer aan ons betoon, ons saamwees in u Naam met guns bekroon. 2. Ons bid tot U, o Vader, Seun en Gees, laat ons vir ander ook tot seën wees. Maak ons getuies van u Naam, o Heer, dat ook die wêreld U sal dien en eer. 3. U wat in liefde altyd by ons bly, wees ons tog in ons lief en leed naby. Sou daar beproewing oor ons pad kom, Heer, maak ons volhardend in geloof al meer.

Volgende erediens Matteus 2:1-12   Liturgie en familie-oomblik: Wicus Wait Powerpoint: Rethie van Niekerk Preekriglyn: Danie Mouton Prosesbestuur en ekstra stof: Chris van Wyk