Die deurlopende PP-agtergrond

Slides:



Advertisements
Similar presentations
Follow Him. Seek Him..
Advertisements

Ons nooi alle gelowiges in Suid-Afrika om deel
DIE ONTKENNING (NEGATIEF) Me. J. van Zyl
Om God te GENIET Filippense 4:2-9.
Vir God is jy nie “ per ongeluk nie “ !
Ons aanbid saam!. Ons aanbid saam! Die belangrikste boodskap in die Bybel: God is lief vir jou!
LITURGISE MOMENT: God versamel ons voor Hom
Rondom My Dawie de Jager.
Johannes 3:1-17 PowerPoint agtergrond
‘n Foto van die skryfster: Antjie Krog
Nagmaal Christen-word, en Christen-wees
MUNUS TRIPLEX Die oprig en herstel van die drievoudige amp
Jesus - Die Bevelvoerder van die Weermag
Joh. 13: “Ek gee julle 'n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê
Ps. 107: “Party het in die donker gesit, in diep duisternis, hulle was gevangenes, in ellende en in boeie, want hulle het hulle verset teen die bevele.
II Tim. 2:22 “Vermy die begeertes wat 'n jongmens in gevaar bring, en streef na opregtheid, geloof, liefde en vrede, saam met almal wat uit 'n rein hart.
Romeine 12:2 “Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei.
Absolute oortuiging God bestaan?
Innerlike sterkte.
Die nitty-gritty van volg
Gen. 39:9 “Daar is niemand wat in hierdie huis meer gesag het as ek nie. Meneer het niks van my teruggehou nie, behalwe vir u, want u is sy vrou. Hoe.
ONREGVERDIGE, ONEINDIGE
WELKOM! Matteus 13.
CLICK TO ADVANCE SLIDES
Do you need a miracle In your Life?.
Joh. 4:23 “Maar daar kom 'n tyd, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader deur die Gees en in waarheid sal aanbid, want die Vader wil juis.
Om te ONTVANG 1 Konings 3:2-15.
Krake 'n Baie hoë gebou was vir etlike jare in gebruik toe daar op 'n dag 'n gevaarlike kraak in die muur op die 42ste verdieping verskyn het. Die.
Phil 3:10 (NKJV) 10 that I may know Him and the power of His resurrection, and the fellowship of His sufferings, being conformed to His death,
Jou geskenk aan God die Kersfees!
Die KRUIS Gebedsreis.
GAL 2:20-21 Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in.
II Kor. 5:21 “Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek.
Tommy's Window Slideshow
Job. 42:5 “Tot nou toe het ek net gehoor wat mense van U sê, maar nou het ek U self gesien”
Luk. 11: “Dié wat op die pad val, dui op mense wat die woord hoor, maar dan kom die duiwel en neem dit uit hulle harte weg sodat hulle nie tot geloof.
Sam CH Cupido Sommer net vir jou.
Matt. 7:21 “Nie elkeen wat vir My sê: ‘Here, Here,’ sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie...”
Welkom Jeremia 1:4-10.
Johannes 6:56-71 PowerPoint agtergrond
I Kor 6:20. “julle is gekoop, en die prys is betaal
> God is heilig:. > God is heilig: Lev. 11:44,45. “Ek is die Here julle God Lev. 11:44,45 “Ek is die Here julle God. Wy julle aan my diens en wees.
Titus 2:12 “Dit voed ons op om die goddelose leefwyse en wêreldse begeerlikhede te laat vaar en met selfbeheersing, opregtheid en godsvrug in die teenswoordige.
Geskape om vir ewig te lewe !
Hoe weerloos is jy....
Psalm 31 Oorsig Palmsondag is die laaste (en daarom die hoogtepunt) van die ses Sondae in Lydenstyd en ook die begin van die Groot Lydensweek. Op hierdie.
KAN ONS GOD VERTROU WANNEER HY SÊ, “VOLG MY”? Deur Karen J. Pearson
Verbintenis tot God se heerskappy Verbintenis tot God se dienswerk Verbintenis tot God se boodskap Verbintenis tot God se middele Verbind aan God se.
Psalm 31 Oorsig Palmsondag is die laaste (en daarom die hoogtepunt) van die ses Sondae in Lydenstyd en ook die begin van die Groot Lydensweek. Op hierdie.
Verstaan  emosies  wil
This is amazing, he died of pancreatic cancer in 2008, but wrote a book ‘The last lecture” before then, one of the bestsellers in 2007.  What a legacy.
MAAK OOP EN ONDEK JOU GESKENK
“True repentance shows itself in a thorough breaking off from sin
“Julle sal my getuies wees”
I Tim. 5:17 “Die ouderlinge wat goeie leiding gee, behoort dubbele erkenning te kry, veral dié wat hard werk deur te preek en onderrig te gee”
Sessie 2: Oor die teenwoordigheid van die verhoogde Christus by ons
Hartlik welkom in die Erediens
Jak. 2:14 “Wat help dit, my broers, as iemand beweer dat hy glo, maar sy dade bevestig dit nie? Kan so 'n geloof 'n mens red?
Gen. 1:26-28 “God het die mens geskep as sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die mens geskep, man en vrou het Hy hulle geskep. Toe het God hulle.
CLICK TO ADVANCE SLIDES
Matt 15:21-28 Lees asseblief saam m3.4 Nati.
Fil. 3: “Ek sê nie dat ek dit alles al het of die doel al bereik het nie, maar ek span my in om dit alles myne te maak omdat Christus Jesus my reeds.
I Pet. 1: “Nee, soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in julle hele lewenswandel heilig wees. Daar staan immers geskrywe: “Wees.
Tommy's Window Slideshow
LOFOFFER 2014 Romeine 12.
Rom. 7: “Ek, ellendige mens
WAARHEID MATT 28: Jesus kom toe nader en sê vir hulle: “Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde. Gaan dan na al die nasies toe en maak.
WEERSPIEËL SY LIG WEERSPIEËL SY LIG [SKYN SAAM] [SKYN SAAM]
Johannes 9 Hy het gegaan en hom gewas, en toe hy terugkom, kon hy sien.
CLICK TO ADVANCE SLIDES
Presentation transcript:

Die deurlopende PP-agtergrond Die deurlopende PP-agtergrond (die PowerPoint Background Image): Die beeld van horlosies wat op verskillende tye gestel is, herinner ons op Palmsondag daaraan dat God in beheer is van ons lewens en dat ons tye (goeies of slegtes) in Sy hand is. Die deurlopende PP-agtergrond

Ps 31 God versamel ons en ons is bly! Teks Ons wyk af van die fokusteks (Jes 50) omdat dit 2 jaar terug gedoen is en behandel een van die ander Lectionary tekste vir die dag - Psalm 31. Die tekste waaruit die Leesrooster se fokusteks gekies is, kom uit die Lydenstekste (“Passion”-tekste) en nie uit die Palmsondagtekste nie. Die Lectionary gee jou hierdie opsie. Ons het besluit om by die Lydenstekste (Passion-tekste) te bly.

Ps 31 Psalm 31 My tye is in u hand 31 Vir die koorleier. ’n Psalm van Dawid. 2By U, Here, skuil ek. Laat my tog nooit teleurgestel staan nie! Bevry my, want U is getrou. 3Luister na my, red my tog gou. Wees vir my ’n rots om na toe te vlug, ’n bergvesting om my te red. 4Ja, U is my rots en my bergvesting, ter wille van u Naam sal U my voorgaan en my lei. 5Bevry my uit die vangnet wat hulle vir my gestel het, want U is my toevlug. 6In u hande gee ek my lewe oor, want, Here, troue God, U het my vrygemaak. 7Ek haat mense wat waarde heg aan die nikswerd afgode; my vertroue stel ek in die Here. 8Ek wil jubel en juig oor u troue liefde: U was nie onverskillig teenoor my ellende nie; U het die bedreiging van my lewe raakgesien 9en my nie aan die mag van die vyand oorgelewer nie; U het my ’n veilige staanplek gegee. 10Wees my genadig, Here, want ek is in die nood; van verdriet het my oë swak geword, ja, alles in my. 11My lewe vergaan van kommer en my jare van swaarkry; deur my ellende word my krag geknak en teer my liggaam uit. 12Ek is die spot van al my teëstanders, veral van my bure, ’n verskrikking vir al my bekendes. Dié wat my op straat sien, vlug vir my. 13Ek is vergeet soos iemand wat lankal dood is, ek het geword soos ’n ding wat lê en vergaan. 14Ek hoor dreigemente van baie; dit dreig van alle kante af. Baie span teen my saam en smee planne om my lewe te neem. 15Maar ek vertrou op U, Here, ek sê: U is my God. 16My tye is in u hand. Red my uit die hande van my vyande en vervolgers! 17Verskyn tog tot my redding, red my deur u onfeilbare liefde. 18Here, laat my nie teleurgestel staan in my verwagting as ek U aanroep nie. Laat die goddelose teleurgestel staan in hulle verwagting, laat hulle die stilte van die doderyk ingaan. 19Bring die leuenaars tot swye, dié wat vol is van hulleself en in hoogmoed en veragting teen die regverdige praat. 20Hoe groot is u goedheid: dit is altyd daar vir dié wat U dien, U bewys dit voor die oë van die mense aan dié wat by U skuil. 21Deur u teenwoordigheid beskerm U hulle teen die sameswering van mense. U steek hulle weg vir dié wat vir hulle beskuldig. 22Aan die Here kom die lof toe, want Hy het sy trou op wonderbaarlike wyse aan my betoon toe ek beleër was. 23Ek het in my angs gedink: Dit is klaar met my, selfs U het my verwerp. Tog, U het geluister na my gesmeek toe ek na U om hulp geroep het. 24Betuig julle liefde vir Hom, julle almal wat die guns van die Here geniet. Die Here beskerm dié wat aan Hom getrou is, maar dié wat teen Hom opstandig is, straf Hy swaar. 25Wees dus sterk en hou goeie moed, julle almal wat julle vertroue in die Here stel.

God versamel ons en ons is bly! Ons fokus op God

“Dankie, Here, dat U my lewe vir my teruggegee het!” “In u hande gee ek my lewe oor ...” “Dankie, Here, dat U my lewe vir my teruggegee het!” In U hande gee ek my lewe oor, want, Here, troue God, U het my vrygemaak. (Psalm 31:6) Hierdie was een van Jesus se kruis woorde. In die Joodse tradisie word die woorde van vers 6 vir klein kindertjies as ’n aandgebed geleer: “In u hande gee ek my lewe oor ...” Wanneer hulle wakker word, is hulle geleer om te sê, “Dankie, Here, dat U my lewe vir my teruggegee het!”

God versamel ons en ons is bly! Familie-oomblik

God se advertensiebord Ps 31 leer ons dat God se advertensiebord dalk so iets sou wees. Kies een en deel dit aan die kinders uit (of maak ’n lys sodat hulle self kan kies) en laat hulle dit versier met mooi pastelle (n.a.v. die storie van die kreupel student) en laat hulle dit in hulle kamers opplak/ ophang. Vergifnis wat stom is maak reg wat krom is When your life is in a fix make God part of your mix Genade onbeskryflik groot maak reg en red uit elke nood

God versamel ons en ons is bly! Loflied

God praat met ons Ons luister Luister na die Woord

Ps 31 Ps. 31 lewer ’n getuienis oor hoe die lewe in geloof daaruit moet sien. Dit is dan ook ’n Psalm van uiterstes. Dit getuig van sowel swaarkry en opstand teen God, as verlossing en lof teenoor God. Só getuig vers 6 van ’n berustende geloof, terwyl vers 23 weer van verwerping en oorgawe getuig! Die twee gewaarwordinge dui die uiterste grense van Dawid se ervaring aan. Sy lewe van geloof fluktueer dan ook tussen smeking en danksegging. Tussen die versekerde wete “U het my vrygemaak” in vers 6 tot die “U het my verwerp” in vers 23. Dawid se Psalm maak dit egter duidelik dat ons beide emosies as kenmerkend van ’n lewende geloof moet herken. Ons is dikwels geneig om net die een - versekerde berusting - as geloof te herken, en nie ook die klaaglied van ’n verdrukte mens as geloof te herken nie. Geloof is dikwels vir ons sinoniem met vreugde, kommerloosheid, sekerheid en berusting. Saam met die ander klaag-psalms wil Ps. 31 ons leer dat geloof ten diepste beteken om God se werksaamhede in ons lewe te herken. Ja, om te weet dat in alles wat gebeur, en in elke emosie wat ons beleef, God by ons is. Geloof is om te herken dat God tussen die mees uiterste emosies van die menslike lewe (klag en lof) met ons is. Dit is nie ’n gedwonge vreugdevolle lewe wat maak asof daar geen swaarkry in die wêreld is nie. Psalm 31 word aangebied as ’n Psalm wat deur Dawid geskryf is toe die swaarkry van siekte en vervolging reeds verby was (vers 22). Dit bied dus ’n retrospektiewe blik aan oor dit wat die digter in die verlede oorgekom het. Vervolging, verwerping, siekte en spot het sy lewe tot op hede gekenmerk. Waarvan Dawid egter ook seker is, is dat te midde van die swaarkry, God by hom was. Waarom kan ons leef met die versekering dat God by ons is? Ps. 31:6 is volgens Joodse literatuur as aandgebed vir kinders geleer. Dit was die gebed wat tradisioneel deur kinders gebid is wanneer hulle reeds in hulle bed was net voor hulle slaap. Jesus, as Joodse kind het dit sekerlik ook geleer. Dit is daarom aangrypend om in Lukas 23:46 te lees dat Jesus wanneer Hy weet Hy sterf, Hy dit doen deur sy kindergebed te bid: “In u hande gee ek my Gees oor”. Dit is dan ook die sterwens woorde van Stefanus (Hand 7:59) en van Luther. Dit is belangrik om te sien dat Jesus te midde van die dieptepunt van Sy Lyding ook die uiterstes van die gelowige lewe openbaar. Op die kruis haal Jesus dan ook eers Ps. 22:2 aan deur te vra waarom God Hom verlaat het, waarna Hy Ps. 31:6 aanhaal wat spreek van vertroue. Tussen die uiterste grens merkers het God dit vir ons moontlik gemaak om in geloof te leef. In die goeie en in die slegte is dit moontlik om Hom te aanbid. Vir hierdie bedreigde mens is God ’n rots en ’n bergvesting (verse 2 tot 4). Dit is treffend om raak te lees dat die grond vir sy vertroue in die feit dat God hom sal red nie iets in homself is wat dit vir God voordelig sal maak om hom te red nie. Die grond vir sy redding, is die feit dat God ter wille van sy Naam sal optree (vers 4). Wat met Dawid gebeur, plaas die eer van God op die spel.

Luister weer na die Woord God praat met ons Ons luister Luister weer na die Woord Luister weer na die Woord

Ps 31:1-6 Weer stel ons voor dat jy die dele van die Psalm lees en daarna opmerkings maak. Jy kan self besluit of jy elke keer iets wil vertel, maar gee jou iets by elke deel. Lees Psalm 31:1-6 Psalm 31 My tye is in u hand 31 Vir die koorleier. ’n Psalm van Dawid. 2By U, Here, skuil ek. Laat my tog nooit teleurgestel staan nie! Bevry my, want U is getrou. 3Luister na my, red my tog gou. Wees vir my ’n rots om na toe te vlug, ’n bergvesting om my te red. 4Ja, U is my rots en my bergvesting, ter wille van u Naam sal U my voorgaan en my lei. 5Bevry my uit die vangnet wat hulle vir my gestel het, want U is my toevlug. 6In u hande gee ek my lewe oor, want, Here, troue God, U het my vrygemaak.

Tydens die regering van Romeinse keiser Antonius, het vervolging van die Christendom hoogty gevier. In die tyd was Polikarpus, ’n leerling van die apostel Johannes, die biskop van die kerk in Smirna gewees. Nadat 12 Christene een keer in die arena gebring is, het een Christen tog besluit om sy geloof prys te gee. Hy is vrygelaat, maar die res is deur die leeus doodgemaak. Die skare het toe geskreeu: “Polikarpus, vir die leeus!” Polikarpus is voor die Romeinse goewerneur in die arena gebring. Dié het by Polikarpus aangedring dat hy Christus moet verwerp. Maar Polikarpus het geantwoord: “Vir 86 jaar het ek Hom gedien en Hy was nog net vir my goed. Hoe kan ek my Koning wat my gered het, vervloek?” Die goewerneur het afgekondig: “Polikarpus het bely dat hy ’n Christen is.” Die onrustige skare wou nie wag vir die leeus om weer honger te word nie en het daarop aangedring dat hy op ’n brandstapel verbrand word. Sy laaste woorde was. “ … In U hande gee ek nou my lewe oor.” Polikarpus se marteldood het so ’n effek gehad op al die inwoners van Smirna en omgewing, dat dit die vervolging van Christene tot ’n einde gebring het.

Jesus se kruisdood het die wêreld vir ewig verander Jesus se kruisdood het die wêreld vir ewig en altyd verander. Goeie Vrydag wat kom, dink ons weer saam aan daardie dag.

Ps 31:7-9 Lees Psalm 31:7-9 7Ek haat mense wat waarde heg aan die nikswerd afgode; my vertroue stel ek in die Here. 8Ek wil jubel en juig oor u troue liefde: U was nie onverskillig teenoor my ellende nie; U het die bedreiging van my lewe raakgesien 9en my nie aan die mag van die vyand oorgelewer nie; U het my ’n veilige staanplek gegee.

Ons is gemaak om God te loof Lank, lank gelede was die aarde woes en leeg. God het gedink dit lyk nie goed nie. Hy het in 5 dae die aarde gemaak en gesê dit is goed. Hy neem toe Sy engele op ’n toer. Hy wys hulle die berge. Hulle reaksie was een van verbasing: “Hulle getuig van hoe groot U is!” Hy neem hulle na die groen bome en die engele sê: “Hulle is soos vingers wat na U sal wys!” Elke verdere skeppings-item bring die engele in groter verwondering. Na die God-begeleide toer verby was, roep Gabriël spontaan uit: “Here, dis absoluut volmaak!” Die engele bars in lof uit en sing tot eer van God. Na die lofsang, daal daar ’n stilte op die aarde neer. Die hand van ’n junior engeltjie gaan stadig op. Die skare engele se aandag is op hom gevestig terwyl die Here vir hom vra: “Ja?” “Jammer, Majesteit, ek dink iets skort met U aarde.” Gabriël tree dadelik op: “Vra onmiddellik vir God om verskoning.” “Nee, Gabriël, laat die engeltjie praat – vertel ons wat skort.” Hakkelrig begin die bewende engeltjie praat: “Stemme…korrt.. hhieer… wat nes ons …. in die hemel … U kan loof.” God maak toe die mens. Ons is daar om God te loof... op hierdie Palmsondag swaai ons ook palmtakke en roep uit “Hosanna”, want Jesus is nie net ons Koning op hierdie Sondag nie, maar 24/7.

Ps 31:10-13 Lees Psalm 31:10-13 10Wees my genadig, Here, want ek is in die nood; van verdriet het my oë swak geword, ja, alles in my. 11My lewe vergaan van kommer en my jare van swaarkry; deur my ellende word my krag geknak en teer my liggaam uit. 12Ek is die spot van al my teëstanders, veral van my bure, ’n verskrikking vir al my bekendes. Dié wat my op straat sien, vlug vir my. 13Ek is vergeet soos iemand wat lankal dood is, ek het geword soos ’n ding wat lê en vergaan.

Daar is hierdie wonderlike kinderrympie wat nogal iets van die lewe deurgee. Ek glo mos ons is almal ere-lede van die Humpty Dumpty klub. Humpty Dumpty sat on a wall Humpty Dumpty had a great fall All the King’s horses And all the King’s men Couldn’t put Humpty together again. Soms breek die lewe ons so dat niemand ons kan help nie… Net God kan... Daarom roep Psalm 31 uit: “Wees my genadig, Here!” Ek het nou nodig net wat U vir my kan aanbied...genade.

God se advertensiebord Ek het gelees van advertensieborde (billboards) wat aan die publiek die vaardighede van die bepaalde eienaar adverteer: By ’n Oogkundige se kantoor: “As jy nie kan sien waarvoor jy soek nie, het jy by die regte plek uitgekom.” Op ’n “taxidermist” se venster: “We really know our stuff.” Op ’n slaghuis se venster: “Let me meat your needs.” Op die kant van vullis lorrie: “We’ve got what it takes to take what you’ve got.” As God ’n bord buite Sy plek moes gehad het sou dit waarskynlik wees: “Ek kan enigiets regmaak- hoe stukkender hoe beter. Onthou, niks is vir My onmoontlik nie!” Daarom kan ek en jy altyd by God se deur gaan aanklop.

Ps 31:14-19 Lees Psalm 31:14-19 14Ek hoor dreigemente van baie; dit dreig van alle kante af. Baie span teen my saam en smee planne om my lewe te neem. 15Maar ek vertrou op U, Here, ek sê: U is my God. 16My tye is in u hand. Red my uit die hande van my vyande en vervolgers! 17Verskyn tog tot my redding, red my deur u onfeilbare liefde. 18Here, laat my nie teleurgestel staan in my verwagting as ek U aanroep nie. Laat die goddelose teleurgestel staan in hulle verwagting, laat hulle die stilte van die doderyk ingaan. 19Bring die leuenaars tot swye, dié wat vol is van hulleself en in hoogmoed en veragting teen die regverdige praat.

“All my life’s whys and whens and wheres and wherefores are in God’s hands.” Iemand het “my tye is U Hande” so vertaal “All my life’s whys and whens and wheres and wherefores are in God’s hands.”

Ons en God se tye is nie dieselfde nie Een dag het ’n man hom vasgeloop in niemand anders as God self nie! “Is U God?” het die man gevra terwyl hy sy oë toe hou vir die verblindende lig. “Ja, Ek is.” was God se antwoord. “Wel, my Here, ek wonder of U ’n paar vrae vir my sal antwoord wat my al vir ’n tyd lank pla.” “Sekerlik, my kind.” “Is dit waar, my Here, dat wat vir ons ’n miljoen jaar hier op aarde is, is vir U soos ’n oomblik?” “My kind, dis heeltemal waar.” “Is dit ook waar dat ’n miljoen rand hier op aarde vir U soos ’n sent is? “Jy is ook weer reg.” Die man het ’n oomblik nagedink: “Dan wonder ek of U nie so vriendelik sal wees om vir my ’n sent te gee nie.” “Sekerlik, my kind” antwoord God “Gee vir My ’n oomblik.” God se tyd en ons tyd is dieselfde nie! Hy is in beheer van tyd. Om dan te bely: “My tye is in U hande” sê jy eintlik dat al glip tyd vinnig verby, alles - ook ek en jy - is veilig in God se groot en sagte hande.

Ps 31:20-21 Lees Ps 31:20-21 20Hoe groot is u goedheid: dit is altyd daar vir dié wat U dien, U bewys dit voor die oë van die mense aan dié wat by U skuil. 21Deur u teenwoordigheid beskerm U hulle teen die sameswering van mense. U steek hulle weg vir dié wat vir hulle beskuldig.

Gelowiges ontsnap nie van die werklikheid nie… maar in die werklikheid van God se teenwoordigheid in ’n Gelowige ontsnap nie volgens hierdie verse van die werklikheid nie, maar binne-in die werklikheid - die werklikheid van God se teenwoordigheid (vs 21). Dis meer “real” as enigiets in die lewe.

God se pastelkleure ’n Student het vir ’n ekstra inkomste van deur tot deur inskrywings probeer werf vir ’n bekende tydskrif. Toe hy by die deur van ’n groot huis kom, besef hy dat hy nou by die rektor se huis is! Die student is by die deur ontvang deur die rektor se vrou. Sy het dadelik die student se water en ligte afgesny deur hom te vertel dat die rektor al by genoeg tydskrifte ingeskryf is - meer as wat hy tyd het om te lees. Die student het haar vertel dat hy heeltemal begrip het vir die situasie en haar bedank vir haar tyd. Toe hy wegstap, sien sy toe dat hy kreupel is en voel sleg dat sy sy aanbod van die hand gewys het. Sy roep dadelik na hom: “Ek nie geweet jy is kreupel nie!” Die student het verduidelik dis as gevolg polio wat hy as kind opgedoen het. Die vrou antwoord: “Om ’n kreupele te wees, kleur jou lewe in.” Sy sou later vertel dat sy nooit die jong student se antwoord sou vergeet nie. Hy het haar geantwoord: “Verseker, maar ek dank God dat ek die soort kleure kan kies!” Psalm 31 sê dat God se goedheid Sy kinders se lewe met pragtige pastelkleure inkleur!

Ps 31:22-23 Hierdie twee verse gaan oor hoe die Here spesifiek goed was vir die Psalmdigter op ’n persoonlike vlak, waar die vorige twee verse handel oor hoe die Here in die algemeen goed is vir Sy kinders. Lees Psalm 31:22-23 22Aan die Here kom die lof toe, want Hy het sy trou op wonderbaarlike wyse aan my betoon toe ek beleër was. 23Ek het in my angs gedink: Dit is klaar met my, selfs U het my verwerp. Tog, U het geluister na my gesmeek toe ek na U om hulp geroep het.

Bless You… Allen Rossi, ’n komediant, vertel van ’n droom wat hy gehad het. In die droom het hy by ’n “Thanksgiving” tafel gesit, gereed om die tafel, wat kreun van lekkergoed, aan te val! Hy het oorkant die tafel gekyk en besef dat hy ’n “Thanksgiving” aandete het saam met niemand minder nie as God self! ‘Fantasties!’ is al woord wat deur sy gedagtes gaan het. Toe nies God en Rossi het nie geweet wat om te sê nie! As God nies, kan jy tog nie sê “God bless” of “bless you” nie! Maar hierdie Psalm, sowel as die ander Psalms, leer jou al manier wat jy God kan “bless”( seën), is om Hom te loof. Om die Here te loof, beteken om vir al die ander mense te vertel Hy is die nommer een in jou lewe.

“… our praise will not end, because we will forever discover new aspects of God's beauty, holiness and goodness; for God is infinite, and we are and will always be finite, and so we will be “lost” in wonder, love and praise, as the hymn puts it.” Luister na hierdie woorde van Desmond Tutu: “Somebody remarked that our praise will not end, because we will forever discover new aspects of God's beauty, holiness and goodness; for God is infinite, and we are and will always be finite, and so we will be “lost” in wonder, love and praise, as the hymn puts it.”

Ps 31:24-25 Lees Psalm 31:24-25 24Betuig julle liefde vir Hom, julle almal wat die guns van die Here geniet. Die Here beskerm dié wat aan Hom getrou is, maar dié wat teen Hom opstandig is, straf Hy swaar. 25Wees dus sterk en hou goeie moed, julle almal wat julle vertroue in die Here stel.

Hoe betuig ons liefde vir God? Hoe betuig ’n mens liefde vir God? Hoe weet mense en God jy is ernstig oor Hom? Eintlik is die antwoord baie eenvoudig. Deur ander mense lief te hê.

“As U ’n God van liefde is, waarom doen U nie iets nie?” Een koue winters dag staan ’n arm dogtertjie op ’n straathoek en bedel vir kos, geld of wat ook al sy kon kry. Sy was so skraps geklee, dat haar tande op mekaar geklap het van die koue. ’n Gesig wat enige verbyganger moes aangryp. Maar die ryk jong man wat daar verbyloop, verroer nie ’n vinger om haar te help nie. Hy wend sy oë af en haas hom na sy warm, deftige huis. Toe hy egter tussen sy liefdevolle gesin sy heerlike bord kos sit en eet, flits die prentjie van die bibberende bedelaartjie voor hom verby. Dadelik word hy kwaad vir God. Hoe durf Hy sulke toestande op aarde toelaat? Hy was ’n Christelike jong man en die aand in sy stiltetyd verwoord hy weer sy woede teenoor God: “Here, die gedagte aan daardie dogtertjie pla my so. As U ’n God van liefde is – waarom doen U nie iets om haar te help nie?” Toe is dit asof hy God se stem duidelik hoor: “Maar Ek het! Ek het jóú geskep!”

“Mag ek in die gesig van elke persoon by wie ek verbygaan, die gesig van Christus herken … en liefhê.” KENT IRA GROFF “Mag ek in die gesig van elke persoon by wie ek verbygaan, die gesig van Christus herken … en liefhê.” KENT IRA GROFF Dis presies wat Johannes vir ons in sy briewe leer, luister hierna: “Geliefdes, ons moet mekaar liefhê, want liefde kom van God en elkeen wat liefhet is ’n kind van God en ken God.( 1 Joh 4:7)

Die kruis vertel ons God is Lief vir ons, Jesus het dit vir ons kom wys. Deur Homself aan die kruis te laat vasspyker, het Hy vir die wêreld gewys, So lief het God vir jou! Deur mekaar én ander lief te hê, sal die wêreld weet ons is Jesus se dissipels (Joh 13: 34, 35)

God herinner ons Ons is dankbaar Sakramente Rituele Sakramente Rituele

Wegsendingslied Seënbede God stuur ons uit Ons is gasvry Wegsendingslied Seënbede Wegsendingslied Seënbede

’n Clip kan afgelaai word by www.nous.org.za Daar is ’n clip oor ‘Palmsondag’ wat gratis afgelaai kan word, by www.nous.org.za

FLAM-bladmusiek kan afgelaai word by www.flam.co.za Lied FLAM-bladmusiek kan afgelaai word by www.flam.co.za

Volgende week: Hebr. 4 en 5 Volgende week: Hebreërs 4 en 5