NG Gemeente Vaalpark Voorbidding Dank Gebede 12 Maart 2 1 7 7 Gemeente – Algemeen -Dank GOD vir Radiokansel & al die ander radiostasies wat SY Naam groot maak -Bid vir die gemeente se werksaamhede en elkeen wat ook leiding neem in die gemeente -Bid vir die eredienste, voorsang-groepie en ons predikante NG Gemeente Vaalpark Gebedsbulletin No. 11 van 2017 Voorbidding Bid asb vir Janine Vorster– sy het ons gebede bitter nodig Bid asb vir gebroke huwelike – daar is baie egskeidings Bid asb saam vir Eskom & sy werkers – ons het dit baie nodig Bid asb vir eenheid & herlewing in ons dorp & in ons land SA Bid asb vir al die moorde & inbrake in ons omgewing & land Bid asb vir al die verslaafdes – hulle het elke gebed bitter nodig Bid asb vir Lottie Conradie–sy het MSs Bid asb vir Chanté Pieterse – sy het Leukemie kanker Bid asb vir Zack Dreyer –emosionele ondersteuning Bid asb vir Maria Steyn – bid vir volkome genesing Bid asb vir Marié Deysel – sy het kanker Bid asb vir Chenique vd Merwe – bid vir volle genesing Bid asb vir Deseré vd Walt – bid vir volle genesing Bid asb vir tannie Martie de Bruyn – sy is nie gesond nie Bid asb vir Louise van Zyl – sy het ‘n baie groot rugoperasie gehad Bid asb vir Elma Swart – kry enkel operasie Bid asb vir tannie Rita Brink – sy is siek en het gebed nodig Bid asb vir Adri Burger – sy is siek en het gebed nodig Bid asb vir Marlien Roetz – sy is siek en het gebed nodig Bid asb vir Francois Naude – hy het ‘n knieoperasie gehad Bid asb vir Brenden Smuts – hy het ernstige Netofibramatosis (hierdie is gewasse wat om die senuwese groei) Bid asb vir tannie Lena Dysel – vir GOD se nabyheid Bid asb vir Willie Basson – hy het nierversaking & is in hospitaal Bid asb vir André Ackerman – hy het ‘n beroete gehad Dank Gebede 12 12 Maart 2 1 7 7 -Dankie HERE vir U groot genade & my gesondheid -Dankie HERE vir elke nuwe dag wat U my skenk -Dankie HERE dat U, U ENIGSTE SEUN gestuur het om vir my aan die houtkruis te sterf -Dankie HERE dat ek kan sit, opstaan, loop, lag, ruik, hoor, proe , redeneer & omgee, & dankie HERE dat U altyd daar is vir my -Dankie my GOD vir elke gebed wat gebid word & vir elke gebed wat U verhoor. Dankie my GOD dat U ons hand nooit sal los nie. - Dankie vir U wondergroot genade. Amen! Deon Serfontein Tel: (016) 971-3027 Sel: 083-288-7555 God is nie ’n helse probleem om uit te sorteer nie? Die lewe is so hard dat ons almal onsself nog hier gaan doodleef. Dit is aanvaarbaar as mens darem ’n vol lewe gehad het, maar wat gemaak as misdadigers jou strepie wreed probeer trek? Of daardie groot K-siekte? Dan bevind jy jouself op geloof-verloor se vlakte. So sê die skeptici. Hoe gemaak met lyding? Moet ons in sulke tye God se se Naam probeer red wat blykbaar dan modder-bespat is? Nee, want ons is nie sy aardse regsverteenwoordigers nie. Daardie “get out of jail free” verklarings wat party mense namens Hom probeer uitdeel is onwettig! Ek bedoel daardie “toemaar, jy sal later verstaan” soort, of die goue oue: “Daar’s ’n doel met alles.” God is nie ’n raaisel om op te los nie. Of ’n hemelse probleemgeval wat ons gedurig moet verklaar nie. Beteken dit ons mag nie vrae vra wanneer lyding ons naam en adres het nie? Nee, ons mag! Maar dan moet ons minstens begryp geloof is verhouding-aangedrewe. Dit is ’n verhouding met die lewende God, nie geïsoleerde oomblikke van beskerming, of insidentele ervarings van sy nabyheid nie. God is nie ‘n oupa in die hemel wat vir ons geskenke uitdeel en dan uit ons pad moet staan totdat ons Hom weer nodig kry nie. Ook moet ons weet swaarkry en lyding is nie sulke groot geloofdiewe soos wat algemeen aanvaar word nie. Reeve Robert Brenner (The Faith and Doubt of Holocaust Survivors, 1980) het honderde mense ondervra wat die Tweede Wêreldoorlog se strafkampe oorleef het. Hy wou weet of hierdie skrikwekkende ervarings hulle geloof negatief geraak het. Bykans 50% van hierdie mense se geloof is hoegenaamd nie geskud nie. Een na die ander het hulle bely dat God nie die skuld kan kry hiervoor nie. “We owe God our lives for the few or the many years we live, and we have the duty to worship him,” merk een oorlewende op in ’n boek van Harold Kushner, “When Bad Things Happen to Good People” (1981). 11% mense het wel opgehou glo in sulke strafkampe, maar interessant genoeg het 5% mense daar tot geloof gekom. Wanneer mense reg geleer word dat geloof nie ’n hemelse versekeringspolis wat hulle vrywaar van lyding, misdaad of siekte nie, leef hulle meer sinvol. Wanneer hulle begryp hulle dra eers ’n kruis, daarna ’n kroon, dan vind hulle selfs betekenis in lyding. Dan weet hulle God se afstand is nie afhanklik van hulle goeie of slegte omstandighede nie. Lyding maak ons nie stom nie. In sulke tye stoei ons ook. Maar ons doen dit as kinders rondom God se tafel, nie as slawe in sy buitekamer nie. Ook in ons donkerste dae, wanneer die lig net deur die skrefies skyn, weet ons God kies om in in ’n verhouding met ons te leef wat nie deur lyding of die dood beëindig kan word nie. Selfs al raak die verhouding met God papierdun aan ons kant van die draad, skei nie eens ons twyfel en worstelinge ons van Hom nie. Dit is hoekom Paul Althaus, ’n Duitse teoloog wat ook deur die hel van die Tweede Wêreldoorlog is, kon skryf: “Ek weet nie aldag of ek glo nie, maar ek weet in Wie ek glo!” Of hoekom wat oudminister Pik Botha in sy gedig “Berusting” (Pik Botha en sy Tyd - Theresa Papenfus, 2011) kan skryf: “So lank ons ten spyte van die nyd; die droogte en die stof en die pyn en die wanhoop kan bly glo dat iewers agter die sterre daar ’n God is wat ons eenmaal weer deel sal maak van Sy vrede en Sy liefde dan was dit die moeite werd om te lewe en te sterwe” Geskryf deur : Stephan Joubert STRESS … ?? Gedagte vd week GROOT WAARHEID. . . Vandag sit ek AL my probleme in GOD se hande en ek gaan GLO, HOOP, BID en VERTROU dat GOD sal uitkoms gee!! ??? Onthou om te onthou . . . Datum “Topic” Plek 22 April 2017 Touch of Class Barnyard Ver 08-10 Mei 2017 Vaal Got Talent Inskrywings 12 Mei 2017 Vaal Got Talent Gala Aand 25 Aug 2017 Gemeentekonsert 15 Sep 2017 Gholf Dag Heron Banks Rig gebedsbulletin versoeke direk aan Deon Serfontein of handig by Kerkkantoor in.