FST309 ETIESE EN REGSASPEKTE VIR FISIO-TERAPEUTE Mr. A.P. Frewen UV frewenap@ufs.ac.za December 29, 2018 December 29, 2018
SIVIELE AANSPREEKLIKHEID HOOFSTUK 3 SIVIELE AANSPREEKLIKHEID
Wat is “aanspreeklikheid” ? Eenvoudig gestel is aanspreeklikheid bloot of ‘n persoon verantwoordelik gehou kan word vir sy/haar handelinge in siviele of kriminele verrigtinge. Ter illustrasie: As jy by jou huis val en jou been breek, kan jy slegs jouself daarvoor blameer. Jy kan nie jou huis dagvaar nie. Maar: Sou jy in ‘n winkelsentrum val as gevolg van water wat op die vloere is, kan jy moontlik die eienaars van die sentrum dagvaar vir nalatigheid. So ook kan jy aangekla word van, bv. strafbare manslag of aanranding, indien jy nalatiglik die dood of besering van ‘n pasient veroorsaak.
TIPES AANSPREEKLIKHEID Aanspreeklikheid kan in die volgende kategoriee verdeel word: Regtelike aanspreeklikheid – die persoon word deur die reg aanspreeklik gehou Strafregtelike aanspreeklikheid – bv moord of diefstal Deliktuele aanspreeklikheid – kompenseer iemand vir skade aan hom/haar veroorsaak Kontraktuele aanspreeklikheid – verantwoordelik vir kontrakbreuk, bv ‘n dienskontrak Professionele aanspreeklikheid – aanspreeklikheid deur bv. die Health Professions Council (HPCSA)
Voordat u as professionele praktisyn aanspreeklik gehou kan word vir sekere handelinge moet sekere elemente bewys word op ‘n oorwig van waarskynlikhede. “oorwig van waarskynlikhede” is ‘n tegniese konsep wat basies beteken dat indien u handelinge op ‘n skaal geplaas word, dit meer waarskynlik swaarder na een kant toe sal weeg in plaas van die ander. Die een kant is ten gunste van die persoon wat die geding instel, en die ander ten gunste van die persoon teen wie die geding ingestel is.
DIE ELEMENTE WAT BEWYS MOET WORD: Handeling Onregmatigheid Kousaliteit Skuld Skade / Nadeel Toerekeningsvatbaarheid
Elke element sal vervolgens apart bespreek word, maar hou asb in gedagte dat ELKEEN bewys moet word alvorens ‘n praktisyn aanspreeklik gehou kan word. Indien een van die elemente nie bewys kan word nie, sal die praktisyn nie aanspreeklik wees nie! Aanspreeklikheid word die beste verduidelik aan die hand van voorbeelde. Bestudeer die volgende:
VOORBEELD: Vuyo is 75-jarige man. Hy het onlangs herstel van ‘n motorongeluk waartydens hy, onder andere, sy bene gebreek het. Nadat sy gips afgekom het, besoek hy Freddy, ‘n fisioterapeut. Tydens Vuyo se eerste sessie by Freddy, verstel Freddy die bed terwyl hy Vuyo uit die rolstoel op die bed optel en veroorsaak dat Vuyo val en erge beserings opdoen. Vuyo wil ‘n eis teen Freddy instel vir sy mediese koste in hierdie verband.
Ten einde te bepaal of Freddy aanspreeklik gehou kan word vir Vuyo se skade, moet elk van die elemente van aanspreeklikheid bewys word. Vervolgens sal elk van die elemente aan die hand van genoemde voorbeeld bespreek word:
1. HANDELING Definisie: Enige vrywillige menslike optrede Dit sluit beide ‘n positiewe handeling (commissio) in, bv om verkeerde dosis medikasie aan ‘n pasient toe te dien, sowel as ‘n late op om te tree (omissio), bv die late om ‘n spesifieke toestand te diagnoseer. Indien dit van ‘n persoon verwag word om op te tree en daardie persoon versuim, is hy/sy aanspreeklik vir daardie versuim. Die versuim moet beheer word deur wil. In ons voorbeeld: Freddy het geweet Vuyo is ‘n bejaarde pasient, en moes bewus gewees het dat hy versigtig moet optree. In hierdie geval het hy egter ‘n positiewe handeling uitgevoer wat Vuyo se val veroorsaak het, naamlik: om die bed te verstel terwyl hy Vuyo probeer ophelp uit die rolstoel
2. ONREGMATIGHEID Definisie: ‘n Persoon tree onregmatig op indien hy/sy doen wat verkeerd is in die oë van die gemeenskap. (tree op teen goeie gemeenskapsedes) Hierdie optredes word gewoonlik deur wetgewing en regspraak (hofsake) bepaal en verander dikwels soos wat die samelewing verander. (bv: jare terug was owerspel onwettig en strafbaar!!) In ons voorbeeld: Die handeling van Freddy was onregmatig omrede die samelewing verwag dat gesondheidsdienswerkers met ‘n sekere mate van sorg en vaardigheid optree, en Freddy se optrede, wetende dat die pasient moontlik kan val en skade opdoen, is onregmatig.
3. KOUSALITEIT Definisie: Kousaliteit bestaan indien dit bewys kan word dat dit die fisioterapeut se handeling was wat gelei het tot die gewraakte gevolg. Hierdie element is soms baie moeilik om te bewys. Veronderstel die volgende: >>>>>
Nadat Vuyo geval het, bel Freddy ‘n ambulans Nadat Vuyo geval het, bel Freddy ‘n ambulans. Die paramedikus kom haal Vuyo en haas hom na die naaste hospitaal. Onderweg na die hospitaal steek Susan ‘n rooi verkeerslig oor en ry in die ambulans vas. Vuyo word nie behoorlik vasgegordel in die ambulans deur die drywer nie, en met die impak word hy deur die ambulans geslinger, breek sy nek en sterf op die ongelukstoneel. Wie is nou verantwoordelik vir Vuyo se dood? Freddy? Ambulansdrywer? Susan?
Ons howe het twee vrae geformuleer wat gevra moet word om sulke gevalle op te los: 1. Was die verweerder se handeling een van ‘n reeks van gebeurtenisse wat tot die gewraakte gevolg gelei het (feitelike kousaliteit) 2. Is die verweerder se handeling genoegsaam nou verbind aan die gewraakte gevolg ten einde aanspreeklikheid daar te stel (juridiese kousaliteit)
Indien beide vrae instemmend beantwoord kan word, dan is kousaliteit bewys. In ons oorspronklike voorbeeld: Freddy se handeling is een in ‘n reeks van gebeurtenisse wat tot Vuyo se beserings gelei het, asook genoegsaam naby verwant. (in die 2e voorbeeld kan Freddy nie aanspreeklik gehou word vir Vuyo se dood nie, aangesien juridiese kousaliteit nie bewys kan word nie)
4. SKULD Skuld het 2 verskyningsvorme, nl: Nalatigheid, en Opset.
NALATIGHEID OPSET Die versuim om behoorlike gebruik van verstand en oplettendheid Toerekenvatbare persoon wat die onregmatige daad wreek met die wete dat dit onregmatig Objektiewe toets – die sogenaamde redelike persoon toets. Het die persoon anders opgetree as wat die redelike persoon in dieselfde omstandighede sou opgetree het. Indien die antwoord ja is, is die persoon nalatig. By professionele gesondheidsdiens-werkers is dit nie ‘redelike persoon’ nie: die ‘redelike fisioterapeut’-toets sal hier toegepas word, aangesien ‘n mate van vaardigheid betrokke is Subjektiewe toets – wat het deur die persoon se gedagtes gegaan
Die “redelike fisioterapeut” –toets: Kyk na die volgende 3 vrae: Moes die fisio redelikerwys die moontlikheid van skade voorsien het? Moes hy/sy redelik teen die moontlikheid gewaak het? Het hy/sy versuim om stappe te neem om die skade te voorkom? In ons voorbeeld was Freddy nalatig
5. SKADE Voordat ‘n eis teen ‘n fisioterapeut toegestaan kan word, moet die pasient of klient bewys dat hy/sy skade of nadeel gely het. Indien daar geen skade bewys is nie, sal die fisioterapeut nie aanspreeklik gehou kan word nie. In ons voorbeeld: Vuyo het beserings opgedoen, en het skade in die vorm van addisionele mediese uitgawes.
6. TOEREKENINGSVATBAARHEID Definisie: ‘n Persoon is toerekeningsvatbaar indien hy/sy oor die vermoe beskik om tussen reg en verkeerd te onderskei, EN dan dienooreenkomstig daardie besef op te tree. Gewoonlik sal faktore soos geestesversteurdheid, intoksikasie, jeugdigheid of erge emosionele stres toerekeningsvatbaarheid beinvloed. In ons voorbeeld: Ons kan aanneem dat Freddy toerekenvaatbaar
SAMEVATTING: (Hoofstuk 3) Ken die verskillende tipes aanspreeklikheid Ken die 6 elemente van aanspreeklikheid Omskryf / definieer elk van die 6 elemente Feite-geval: pas al die elemente toe en bepaal of die persoon aanspreeklik gehou kan word.
HOOFSTUK 4 DIE REG OP PRIVAATHEID
BESKERMING VAN DIE REG OP PRIVAATHEID Alle pasiente se reg op privaatheid word beskerm deur: artikel 14 van die Grondwet van RSA artikel 14 of the Wet op Nasionale Gesondheid 61/2003 Gemene reg
VOORBEELDE VAN PRIVAATHEIDSKENDING: Uitvoer van ‘n fisiese ondersoek sonder toestemming van die pasient Uitvoer van ‘n meer indringende ondersoek as waarvoor toegestem is Onbehoorlike blootstelling van ‘n pasient se liggaam Verskaffing van ‘n mediese sertifikaat aan ‘n persoon anders as die pasient
PRIVAATHEID GESKEND IS VOORBEELDE WAAR PASIENTE SE REG OP PRIVAATHEID GESKEND IS IN REGSPRAAK:
Van Vuuren N.O. v Kruger and Another The patient’s doctor told the patients dentist and another doctor that the patient had AIDS. The patient sued the doctor but the court said that the information could be given out as the other two doctors were also treating the patient and therefore had an interest in the information. On appeal however the court said that the doctor should first have asked the patient if he could inform the other two medical practitioners before he took such a step. An amount of R5 000 was awarded to the deceased estate of the patient.
De May v Roberts A doctor allowed his friend, who was not a doctor, to be present at a birth. The court found that this was a violation of privacy. The woman succeeded in her claim concerning embarrassment and humiliation.
Kitson v Playfair The doctor examined a family member and found signs of a recent miscarriage. He knew that the patients husband had been overseas for some months and told his wife and family of her alleged adultery. This was a violation of her right to privacy, and the patient succeeded in her claim on the basis of breach of confidentiality.
Simonsen v Swenson The doctor informed a hotel owner that one of his guests (the doctor’s patient) had a highly infectious disease. The court found that this was a breach of the patient’s privacy, HOWEVER it was held that the protection of the public was more important than the patient’s right to privacy.
Berry v Moench A psychiatrist advised a girl to stay away from one of his patients, who was a psychopath. The court however held that the girls wellbeing was more important than the patients right to privacy
VERWERE: Moontlike verwere teen inbreukmaking op privaatheid: Toestemming Openbaarmaking in publieke belang Geprivilegeerde inligting Noodsaaklikheid om derde party wat in gevaar verkeer te beskerm Hofbevel Statutere verpligting Self-verdediging
SAMEVATTING: (Hoofstuk 4) Identifiseer gevalle van privaatheidskending Ken voorbeelde van privaatheidskending Verduidelik die belang van die gegewe hofsake Noem en bespreek die moontlike verwere teen ‘n klag van privaatheidskending