Sam CH Cupido Sommer net vir jou
Meisie ek wil so graag vir jou skryf ‘n sonder-fênsie-woorde-liefdesbriefie Praat direk met sy geliefde Hy wil ‘n eenvoudige briefie skryf om haar te laat weet hy is lief vir haar Sy moet dit maklik kan verstaan Hy wil nie deftige woorde gebruik nie Hy is eenvoudig, eerlik en opreg (Presies soos Antjie Krog se gedig Ma)
sonder ‘n H.O.L.L.A.N.D en I.T.A.L.Y. Hy wil nie op die koevert of in die briefie die tradisionele 1960’s liefdes-akronieme skryf nie – hulle het clichés geword ‘Hope Our Love Lasts And Never Dies’ ‘I Trust And Love You’ Hulle is argaïsmes – uitgediende woorde en konsepte Hierdie woorde het destyds uitgedruk hoe lief die skrywer is vir die geliefde
sintaksis en adjektiewe en minus vergelykings en metafore Hy wil nie ingewikkelde sinskonstruksies en talle beskrywende woorde gebruik nie Hy wil ook nie deftige stylfigure gebruik nie ‘minus’ = ‘sonder’ (Presies soos Antjie Krog se gedig Ma)
sommer so ‘n slap kaalvoet liefdesbriefie Weer eens moet dit ongekompliseerd en eenvoudig en opreg geskryf wees (Presies soos Antjie Krog se gedig Ma)
want jy is jy ‘n sonder-fênsie-mensie die briefie sal by haar pas, want sy is ‘n eenvoudige meisie wat nie hou van onnodige vertoon nie
klein en soos B. sê “getrain” klein (nog jonk), maar vol ervaring of ondervindinge sy is nie ‘n meisie wat haar sal verloor in die tipiese kinderagtige response op kalwerliefde nie B. = Breyten Breytenbach, een van Suid-Afrika se grootste en belangrikste (minnaars-)digters (Presies soos Breyten Breytenbach se gedig My Vrou)
Meisie ek is jammer ek kan nie briewe skryf soos groot minnaars liefdesbriewe skryf Hy vra om verskoning dat hy nie die talent het soos groot skrywers/minnaars om te kan skryf nie (!) Groot minnedigters = Antjie Krog en Breyten Breytenbach Die liefdesgedig was so belangrik vir Breytenbach (Terloops – hy het aan die begin gesê hy wil nie so skryf nie, en dat dit haar nie sou pas nie en dat sy dit nie sou wou hê nie!!!)
ek wens net ek kan jou vou soos mens normaalweg liefdesbriewe vou as hy haar soos ‘n briefie kon vou, kon hy haar altyd saam met hom ronddra dan is sy altyd saam met hom en hy sal haar teenwoordigheid altyd aanvoel (Terloops 1 – hy kry die idee van die geliefde wat jy by jou kan hou direk van Breytenbach af) (Terloops 2 – hy het aan die begin gesê hy wil nie vergelykings gebruik nie!!!)
en vir altyd in my tiekiepôket hou tiekiepôket: nog ‘n argaïsme die tiekie was ‘n muntstuk wat in 1961 laas gebruik is mansbroeke het ‘n klein sakkie onder die gordel gehad om muntstukke in te dra, wat nou baie oudmodies is hy sou haar daar gehou het ‘tiekie’ – sy is nie van waarde vir ander mense nie