Johannes 6:56-71 PowerPoint agtergrond

Slides:



Advertisements
Similar presentations
Ons nooi alle gelowiges in Suid-Afrika om deel
Advertisements

DIE ONTKENNING (NEGATIEF) Me. J. van Zyl
In Ritme Met Die Gees Om ’n Daaglikse Mens Te Word.
Ons aanbid saam!. Ons aanbid saam! Die belangrikste boodskap in die Bybel: God is lief vir jou!
Johannes 6: Prys die Here! Oorsig
Rondom My Dawie de Jager.
Johannes 14:8-17 en Agtergrond: “Jesus promised His followers that "The Strengthener" would be with them forever. This promise is no lullaby for.
Johannes 3:1-17 PowerPoint agtergrond
Oorsig Hierdie week se Skrifgedeeltes uit die Ou Testament en die Efesiërbrief handel almal oor Wysheid. Tóg is daar ook oorvleuelings. Jesus is in Johannes.
Nagmaal Christen-word, en Christen-wees
MUNUS TRIPLEX Die oprig en herstel van die drievoudige amp
Jesus - Die Bevelvoerder van die Weermag
Ps. 107: “Party het in die donker gesit, in diep duisternis, hulle was gevangenes, in ellende en in boeie, want hulle het hulle verset teen die bevele.
II Tim. 2:22 “Vermy die begeertes wat 'n jongmens in gevaar bring, en streef na opregtheid, geloof, liefde en vrede, saam met almal wat uit 'n rein hart.
Regverdigmaking (Justification)
Romeine 12:2 “Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei.
In Ritme Met Die Gees Om ’n Sabbatsmens Te Word.
Absolute oortuiging God bestaan?
Gen. 39:9 “Daar is niemand wat in hierdie huis meer gesag het as ek nie. Meneer het niks van my teruggehou nie, behalwe vir u, want u is sy vrou. Hoe.
ONREGVERDIGE, ONEINDIGE
Oorsig Vandeesweek se tekste kan in twee groepe verdeel word.
WELKOM! Matteus 13.
CLICK TO ADVANCE SLIDES
Do you need a miracle In your Life?.
Joh. 4:23 “Maar daar kom 'n tyd, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader deur die Gees en in waarheid sal aanbid, want die Vader wil juis.
Krake 'n Baie hoë gebou was vir etlike jare in gebruik toe daar op 'n dag 'n gevaarlike kraak in die muur op die 42ste verdieping verskyn het. Die.
Phil 3:10 (NKJV) 10 that I may know Him and the power of His resurrection, and the fellowship of His sufferings, being conformed to His death,
Jou geskenk aan God die Kersfees!
Die KRUIS Gebedsreis.
GAL 2:20-21 Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in.
In 2009 was daar reeds 33, 3 miljoen mense wat met MIV lewe
II Kor. 5:21 “Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek.
Tommy's Window Slideshow
Job. 42:5 “Tot nou toe het ek net gehoor wat mense van U sê, maar nou het ek U self gesien”
Luk. 11: “Dié wat op die pad val, dui op mense wat die woord hoor, maar dan kom die duiwel en neem dit uit hulle harte weg sodat hulle nie tot geloof.
Matt. 7:21 “Nie elkeen wat vir My sê: ‘Here, Here,’ sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie...”
Welkom Jeremia 1:4-10.
I Kor 6:20. “julle is gekoop, en die prys is betaal
> God is heilig:. > God is heilig: Lev. 11:44,45. “Ek is die Here julle God Lev. 11:44,45 “Ek is die Here julle God. Wy julle aan my diens en wees.
Titus 2:12 “Dit voed ons op om die goddelose leefwyse en wêreldse begeerlikhede te laat vaar en met selfbeheersing, opregtheid en godsvrug in die teenswoordige.
Geskape om vir ewig te lewe !
Hoe weerloos is jy....
Verbintenis tot God se heerskappy Verbintenis tot God se dienswerk Verbintenis tot God se boodskap Verbintenis tot God se middele Verbind aan God se.
Verstaan  emosies  wil
Hartlik welkom in die Erediens!
MAAK OOP EN ONDEK JOU GESKENK
“True repentance shows itself in a thorough breaking off from sin
Die weg tot geregtigheid
I Tim. 5:17 “Die ouderlinge wat goeie leiding gee, behoort dubbele erkenning te kry, veral dié wat hard werk deur te preek en onderrig te gee”
Sessie 2: Oor die teenwoordigheid van die verhoogde Christus by ons
Regverdigmaking (Justification)
Hartlik welkom in die Erediens
Learning, Life and entrepreneurial skills
Jak. 2:14 “Wat help dit, my broers, as iemand beweer dat hy glo, maar sy dade bevestig dit nie? Kan so 'n geloof 'n mens red?
Gen. 1:26-28 “God het die mens geskep as sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die mens geskep, man en vrou het Hy hulle geskep. Toe het God hulle.
Matt 15:21-28 Lees asseblief saam m3.4 Nati.
I Pet. 1: “Nee, soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in julle hele lewenswandel heilig wees. Daar staan immers geskrywe: “Wees.
Tommy's Window Slideshow
Johannes 12 Daar was ook 'n aantal Grieke onder die mense wat fees toe gekom het om te aanbid. Hulle het na Filippus, wat van Betsaida in Galilea afkomstig.
LOFOFFER 2014 Romeine 12.
Oorsig Hierdie week se Skrifgedeeltes uit die Ou Testament en die Efesiërbrief handel almal oor Wysheid. Tóg is daar ook oorvleuelings. Jesus is in Johannes.
Johannes 6: Prys die Here! Oorsig
Barmhartigheid Hoekom? Wat? Waar?.
Oorsig Vandeesweek se tekste kan in twee groepe verdeel word.
Wat soek jy? Waarna dors jy? Waarna dors die wêreld?
Rom. 7: “Ek, ellendige mens
Genesis 1 - Eerste dag Toe het God gesê: “Laat daar lig wees!” En daar was lig. God het gesien die lig is goed, en Hy het die lig en donker van.
WAARHEID MATT 28: Jesus kom toe nader en sê vir hulle: “Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde. Gaan dan na al die nasies toe en maak.
Johannes 9 Hy het gegaan en hom gewas, en toe hy terugkom, kon hy sien.
CLICK TO ADVANCE SLIDES
Presentation transcript:

Johannes 6:56-71 PowerPoint agtergrond Ons kies vir ’n neutrale en abstrakte agtergrond (“wallpaper”). Geknip met Picasa III. Bekom met Google Advanced Search- geen kopiereg. Dit is beskikbaar by https://www.google.com/search?q=abstract+wallpaper&lr=&source=lnms&tbm=isch&sa=X&ved=0ahUKEwjAlpac9eHcAhUMK8AKHbVND0sQ_AUICigB&biw=1920&bih=974#imgrc=y5YRyrZQugvXBM

God nooi ons uit en ons kom tot rus Rus Toetrede Psalm 84 Votum Liturg: Here Jesus, U het gesê: “Ek is die brood wat lewe gee.” Gemeente: Voed ons vanoggend sodat ons nooit weer honger en nooit weer dors sal kry nie. (Of Psalm 84) Seëngroet Johannes 6:35 Jesus het gesê: “Ek is die brood wat lewe gee. Wie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, sal nooit weer dors kry nie. Lofsang Lied 509 Op berge en in dale of Flam 284 Op Berge En In Dale (Oral Is My God) http://flam.kerkmusiek.co.za/product/f284/ Toewyding Voorganger: Here Jesus, U is die brood wat lewe gee. U is die Een wat ware rus en heling bring. Daarom bid ons vir … Gemeente: elkeen wat moeg en afgemat is. V: U is die Een wat ware rus en heling bring. Daarom bid ons vir … G: elkeen wat genesing vir stukkende verhoudings soek. G: elkeen wat sukkel met spanning in hulle lewe. G: elkeen vir wie geloof ’n moeilike stryd is. G: elkeen wat hulle dag ná dag met moeisame werk afsloof. G: elkeen wat heling soek vir ’n stukkende verlede. G: elkeen wat liggaamlik siek is. V: Here Jesus, U is die brood wat lewe gee. Neem, seën, breek en deel Uself aan ons uit. G: Neem, seën, breek en deel ook vir ons uit. V: Gee wat U vra en vra dan wat U wil. A: Amen. (Uit “Soos ’n Blom na die Son draai” deur Cas Wepener) Lied 490 Soos Ú wil, Heer, laat dit gebeur Johannes 6:37-40 37“Elkeen wat die Vader vir My gee, sal na My toe kom; en Ek sal hom wat na My toe kom, nooit verwerp nie. 38Ek het van die hemel af gekom nie om my wil te doen nie, maar die wil van Hom wat My gestuur het. 39En dit is die wil van Hom wat My gestuur het: dat Ek van almal wat Hy My gegee het, nie een verlore sal laat gaan nie, maar hulle almal op die laaste dag uit die dood sal laat opstaan. 40Dit is die wil van my Vader: dat elkeen wat die Seun sien en in Hom glo, die ewige lewe sal hê; en Ek sal hom op die laaste dag uit die dood laat opstaan.” Geloofsbelydenis

God praat met ons en ons luister God praat met ons en ons luister Gebed Lied 442 Gees van God wat in my woon Skriflesing Johannes 6:56-69 Familie-oomblik Preek

Johannes 6:56-71 Fokusteks: Johannes 6:56-69 53Maar Jesus sê vir hulle: "Dit verseker Ek julle: As julle nie die liggaam van die Seun van die mens eet en sy bloed drink nie, het julle nie die lewe in julle nie. 54Wie my liggaam eet en my bloed drink, het die ewige lewe, en Ek sal hom op die laaste dag uit die dood laat opstaan. 55My liggaam is die ware voedsel, en my bloed is die ware drank. 56Wie my liggaam eet en my bloed drink, bly in My en Ek in hom. 57Soos die lewende Vader My gestuur het, en Ek deur Hom lewe, so sal hy wat My eet, ook deur My lewe. 58Hierdie brood wat uit die hemel gekom het, is nie soos die manna wat julle voorouers geëet het nie. Hulle het dit geëet en tog gesterwe. Wie hierdie brood eet, sal ewig lewe." 59Dit het Jesus gesê toe Hy die mense in die sinagoge in Kapernaum geleer het. Ongeloof en geloof onder die dissipels van Jesus 60Toe hulle dit hoor, het baie van Jesus se dissipels gesê: "Wat Hy nou sê, is darem te erg. Wie kan daaraan gehoor gee?" 61Jesus het vanself geweet dat sy dissipels hieroor mor, en Hy sê vir hulle: "Skrik dit julle af? 62Wat dan nog as julle die Seun van die mens sien opvaar na waar Hy voorheen was? 63Dit is die Gees wat iemand lewend maak; die mens self kan dit nie doen nie. Wat Ek vir julle gesê het, kom van die Gees en gee lewe. 64Maar daar is party van julle wat nie in My glo nie." Jesus het immers van die begin af geweet wie dit is wat nie glo nie, en wie dit is wat Hom sou verraai. 65Verder het Hy gesê: "Daarom het Ek vir julle gesê niemand kan na My toe kom as die Vader dit nie aan hom gegee het nie." 66Hieroor het baie van sy dissipels omgedraai huis toe en nie meer saam met Hom gegaan nie. 67Toe vra Jesus vir die twaalf: "Wil julle nie ook weggaan nie?" 68Simon Petrus het Hom geantwoord: "Here, na wie toe sal ons gaan? U het die woorde wat ewige lewe gee. 69En ons glo vas en ons weet dat U die Heilige van God is." 70Jesus het daarop vir hulle gesê: "Het Ek nie self julle twaalf uitgekies nie? En een van julle is 'n duiwel!" 71Hy het Judas die seun van Simon Iskariot bedoel, want hy sou Hom verraai, hy wat een van die twaalf was.

Familie-oomblik Familie-oomblik As jy dit nie een van die vorige Sondae gedoen het nie, is dit dalk ’n goeie idee om die konsep van die “brood van die lewe” uit te pak. Verduidelik dat ons kos nodig het om lewendig te bly. Party mense sal sê dat hulle sekere aktiwiteite “broodnodig” het, soos bv. om te sing. Musiek is hulle brood. Laat mense nog goed identifiseer wat vir hulle soos brood is. Verduidelik dat Jesus sê om Jesus te ken, is “broodnodig”. Selfs as julle nie vandag Nagmaal het nie, is hierdie ’n goeie geleentheid om die Nagmaal te verduidelik. Gaan deur die verskillende dinge wat tydens die Nagmaal gebeur en verduidelik wat dit beteken. As jy dit nog nie vantevore gebruik het nie, is hierdie ’n goeie geleentheid om die “Sun Bread” storie deur Elisa Kleven te lees. Hier lees iemand dit. Dit kos R91 by takealot of R92 by loot. As jy die boek gekoop het, maar dit nie betyds gaan kry nie, kan jy solank ’n powerpoint hier aflaai. Hier kan jy sien hoe Storypath die storie verbind aan Jesus wat die brood van die lewe is.

Oorsig van Johannes 6 Preekriglyn [Nota: Die preek veronderstel dat verse 56-71 as perikoop voorgelees word.] Ons kom vandag aan die einde van ons wandeling deur Johannes 6, 'n aangrypende reis saam met Jesus waarin ons die wonder van God se nabyheid in Jesus herken, en genooi word om in geloof daaruit te lewe. Oorsig Die boodskap van Johannes 6:1–71 is dat God geloof gee wat vir altyd hou. Hoofstuk 6 is 'n digte verhaal Johannes vir ons vertel – alles het met alles te make. Die verhaallyn is as volg: Jesus doen die broodwonder wat Sy gestuurdheid en goddelikheid bevestig – 6:1-15. Jesus loop op die see wat 'n opening skep om verder met die skare oor die betekenis van die broodwonder te kan gesels – 6:16-21. Jesus verduidelik dat Hy die brood van die lewe is en dat mense op Hom moet fokus – 6:22-40. Die Jode verstaan nie Jesus se woord nie, al openbaar Jesus iets meer oor die kruis wat in die toekoms vir Hom voorlê – 6:41-59. Selfs onder Jesus se dissipels is daar mense wat nie glo nie – 6:60-71.

Brood vermeerdering Brood vermeerdering Die verhaal van die brood vermeerdering (6:1-15) word in al die evangelies vertel, wat aandui dat dit 'n belangrike perspektief op Jesus se bediening gee, soos Jesus inderdaad die volgende dag uitspel. Dit vind plaas net voor 'n Paasfees aan die oorkant van die See van Galilea, by Tiberias. Die groot gevolg wat agter Jesus aankom, is veral daar omdat hulle die wondertekens gesien het. Onthou egter wat in 2:23-25 al gesê is: Jesus "verlaat" Hom nie op mense wat in Hom glo, omdat hulle die wondertekens gesien het nie. In vers 66 sien 'n mens dat hierdie selfde volgelinge Hom verlaat omdat volgelingskap te veel van hulle vra. Jesus verlaat Hom dus nie op hulle nie, want Hy weet dat hulle 'n geloof het wat uit hulleself kom, iets wat altyd die potensiaal het om tot niet te gaan. Dit is net die geloof wat God gee, wat vir altyd hou, soos reeds in die gesprek met Nikodemus aangeroer is. Jesus voorsien hier aan die menigte kos, soos wat God dit in die woestyn gedoen het met die manna (Eks 16:4; Ps 78:24; 105:40 – vgl vers 30 vv) en die kwartels (Eks 16:13), wat sy goddelikheid bewys – die skare weet nou dat Hy die Profeet is, die Een wat na die wêreld toe moes kom (:14). Daarom word dit ook 'n wonderteken genoem. Daar bly ook 12 mandjies oor wat die oorvloed waarmee God mense seën simboliseer. Die skare se aandrang om Hom direk daar en dan met geweld koning te maak, laat Hom verder op met die berg klim, om hulle wondergeloof te laat afkoel, en moontlik die gebeure te deurdink - alleen.

Onstuimige see Onstuimige see Die dissipels keer terug na Kapernaum en beleef 'n verdere wonder dat hulle in die onstuimige see vir Jesus na hulle toe sien aangeloop kom op die water (6:16-21). Hulle vrees word deur Hom besweer en hulle kom saam aan die oorkant aan. Dié wonder word as een van die sewe gereken, hoewel die woord wonderteken nie hier voorkom nie.

Skare soek Jesus Skare soek Jesus Dit word egter duidelik deur die skare as 'n wonder ervaar – om die waarheid te sê, dit is waarskynlik presies ter wille van hulle wat die wonderteken gedoen is, sodat Jesus met hulle verder kon gesels oor die betekenis van die wonder van die broodvermeerdering, soos Hy dan inderdaad ook doen 6:22-40). Jesus wys hulle dan daarop dat hulle die gevaar loop om HOM te mis deurdat hulle fokus op die brood wat hulle honger gestil het. Hulle fokus op die wonderteken as sodanig en nie dit waarna die wonderteken verwys nie. Hulle moet eerder fokus op die Wonderdoener, Jesus, en in Hom glo, want Hy kan vir hulle ewige lewe gee, Hy is die Brood wat lewe gee. Daardeur bekom hulle die ewige lewe met die laaste dag se opstanding.

Verkeerde verstaan Verkeerde verstaan Let op hoe die Jode (op die Sabbatdag in die sinagoge in Kapernaum – vers 59) nie die verband getrek kry tussen Jesus se aardse en sy hemelse afkoms nie, soos Nikodemus vroeër (6:41-49). Jesus haal dan uit Jesaja 54:13 aan dat hulle dit net sal kan begryp as hulle dit deur God geleer word. Die Jode wys hulle weerstand teen God se lering deur konsekwent Jesus se lering mis te verstaan. Dit terwyl Jesus hier eintlik oop kaarte met hulle speel en van sy naderende dood in terme van sy liggaam en sy bloed te praat, die tekens van die nagmaal. Dit is dié wat die betekenis daarvan begryp en omhels, wat inderdaad in God is en ervaar dat God in hulle bly (dinge waaroor Jesus verder sal uitbrei in sy onderrig aan sy dissipels in hoofstukke 14-17).

Die dissipels Die dissipels Die Jode is egter nie die enigste wat moeite het met hierdie woorde van Jesus nie (6:60-71). 'n Hele paar van sy dissipels het hieroor gemor. Interessant dat Jesus reageer deur van nog dieper dinge te gesels, sy Hemelvaart en per implikasie van die uitstorting van die Heilige Gees. Die punt wat Hy maak is egter steeds, jy sal dié dinge nie verstaan as Godself dit nie vir jou duidelik maak nie. Die gevolg is dat 'n hele paar van die dissipels Hom op hierdie punt verlaat – behalwe die twaalf , waarvan Jesus geweet het dat een Hom nog sou verraai, Judas, die seun van Simon Iskariot. Geloof is inderdaad 'n geskenk wat God gee!

Dissipel kring Dissipel kring Dat die dissipels Jesus nie verstaan nie, en selfs daaraan aanstoot neem, dui aan dat hulle nie van God gebore of van Bo gebore is nie (1:13; 3:3). Sonder die werk van die Heilige Gees kan hulle nie begryp nie. Jesus belowe lewe, maar 'n groot groep dissipels, saam met die skare, kan dit nie glo nie. Hulle is onder diegene wat (nog) nie deur God onderrig is nie. Aan die einde van die hoofstuk is dit net die twaalf dissipels, die binnekring, wat nog by Jesus is. Jesus wil weet of hulle nie ook wil weggaan nie. Hierdie vraag ontlok Petrus se belydenis: Here, nie wie toe sal ons gaan? U het die woorde wat die ewige lewe gee. En ons glo vas en ons weet dat U die Heilige van God is. (68v) Die Twaalf het gehoor wat Jesus sê, en begin dit verstaan. Terwyl hulle nog nie alles verstaan nie, en sukkel en struikel wanneer die krisis van Jesus se inhegtenisneming kom, is hulle tog anders as die res wat bloot van Jesus wegdraai. Hulle is die eerste wat glo. Op grond van hulle getuienis, sê die Johannes-evangelie later, sal baie ander tot geloof kom (20:30-31).

Verraaier Verraaier Tog is daar ook 'n uitsondering in die binnekring van die Twaalf. Selfs in hierdie klein kringetjie is daar 'n verraaier. Jesus het self die twaalf uitgekies, en tog is een van hulle 'n duiwel (wat ook teenstander kan beteken). Judas het nooit verstaan nie. Nie eers die Twaalf bly op die ou end ongeskonde nie. Die feit dat Judas steeds verduur word, beteken dat hy altyd nog weer 'n kans kry. Hy is nie bestem om te misluk nie. Die geleentheid om terug te draai bly tot die einde oop.

Kontras Kontras Waar hoofstuk 6 begin met meer as vyfduisend mense teenwoordig, eindig dit prakties gesproke met 11 gelowiges! Jesus se onderrig het nie tot 'n massabekering gelei nie. Die woorde in Johannes 1 word vervul: Hy het na sy eiendom toe gekom, en tog het sy eie mense Hom nie aangeneem nie (1:11); Die lig skyn in die duisternis (1:5) ... en tog het die wêreld Hom nie erken nie (1:10) Uit onsself is ons nie in staat om die eerste tree van geloof in God te gee nie.

Heilige Gees Heilige Gees Die feit dat Petrus en die klein dissipelkring iets van Jesus sien en verstaan, en in sy woorde die ewige lewe herken, kom duidelik van God af. Dit is die Gees wat die insig gee. Vandag weet ons dat die Heilige Gees op hierdie stadium nog nie uitgestort was nie. Later leer Jesus die dissipels dat die Gees eers sou kom wanneer Hy vertrek: Wanneer die Vader in my Naam die Voorspraak, die Heilige Gees, stuur, sal Hy julle alles leer en julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het. (14:26) Tog sê Ek vir julle die waarheid: Dit is tot julle voordeel dat Ek weggaan, want as Ek nie weggaan nie, sal die Voorspraak, die Heilige Gees, nie na julle toe kom nie; maar as Ek gaan, sal Ek Hom na julle toe stuur. En wanneer Hy kom, sal Hy bewys dat die wêreld skuldig is aan sonde, en dat die reg aan my kant is, en dat die oordeel al gekom het.  Die wêreld is skuldig aan sonde, want die wêreld glo nie in My nie;  die reg is aan my kant, want Ek gaan na die Vader toe, en julle sal My nie meer sien nie;  die oordeel het al gekom, want die owerste van hierdie wêreld is klaar veroordeel.  Ek het nog baie dinge om vir julle te sê, maar julle sal dit nie nou kan begryp nie.  Wanneer Hy kom, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei. Wat Hy sal sê, sal nie van Homself kom nie: Hy sal net sê wat Hy hoor, en Hy sal die dinge wat gaan kom, aan julle verkondig. (16:7-13) In die lig van hierdie woorde kan mens verstaan dat die skare sou sukkel om ten volle te verstaan wat Jesus sê. Selfs die dissipels verstaan maar ten dele totdat Jesus uit die dood opstaan en die Heilige Gees oor hulle giet. Die belangrikste hoorders van hierdie woorde is dus moderne mense – mense wat leef nadat die Gees uitgestort is. Die Gees werk met die mense wat hierdie woorde in die bedeling van die Gees lees en hoor. Hierdie woorde, die teks van Johannes 6, is die woorde wat lewe gee, deur die werk van die Gees: Dit is die Gees wat iemand lewend maak; die mens self kan dit nie doen nie. Wat Ek vir julle gesê het, kom van die Gees en gee lewe (63).

God en ons geloof God en ons geloof Die vraag is seker vir vandag: hoe weet ek dat ek 'n geloof het wat God gegee het? 'n Baie belangrike vraag! Die antwoord lê in die paradoks van vers 35 en 65: "Wie na My toe kom … niemand kan na My toe kom as die Vader dit nie aan hom gegee het nie." Geloof lê aan die een kant in die keuse wat ek vir Jesus maak … EN aan die ander kant getuig my keuse van die geloof wat God vir my gegee het. Ek glo, omdat God geloof vir my gegee het. Albei kante van die paradoks is nodig, maar God se kant van die paradoks is die primêre oorsaak van die geloof wat ek in myself ervaar. Daarom kan ek God net dank vir geloof, en nie daarop roem nie, asof ek beter is as hierdie Jode of dissipels nie. Geloof is om vas te gryp aan God, al kan jy niks daarmee verdien en niks daarmee regkry nie … maar vertrou dat God dit kan gebruik, God dit waar kan maak. Soos 'n Petrus: "Here, na wie toe sal ons gaan? U het die woorde wat ewige lewe gee. En ons glo vas en ons weet dat U die Heilige van God is."

God stuur ons om te leef God stuur ons om te leef Gebed Dankoffer Slotsang Lied 496 Jesus, U die lewe Seën Respons Lied 509 laaste 4 reëls: Waar ons gedagtes swewe of styg, ook daar is God; omlaag en hoog verhewe ja, oral is my God! Of Flam 284 refrein

Volgende erediens: Markus 7:1-23 Volgende erediens   Liturgie en familie-oomblik: Rethie van Niekerk Powerpoint: Wicus Wait Preekriglyn: Danie Mouton Prosesbestuur en ekstra stof: Chris van Wyk