Welkom by die kategese Heet almal baie hartlik welkom.

Slides:



Advertisements
Similar presentations
Follow Him. Seek Him..
Advertisements

Ons nooi alle gelowiges in Suid-Afrika om deel
DIE ONTKENNING (NEGATIEF) Me. J. van Zyl
In Ritme Met Die Gees Om ’n Daaglikse Mens Te Word.
Om God te GENIET Filippense 4:2-9.
Ons aanbid saam!. Ons aanbid saam! Die belangrikste boodskap in die Bybel: God is lief vir jou!
Filippense 1:1-11 Ons liefde groei in begrip en 'n fyn aanvoeling
Holy Discontent.
“Be very sure of this, people never reject the Bible because they cannot understand it. They understand it too well; they understand that it condemns their.
‘n Foto van die skryfster: Antjie Krog
Nagmaal Christen-word, en Christen-wees
MUNUS TRIPLEX Die oprig en herstel van die drievoudige amp
Jesus - Die Bevelvoerder van die Weermag
Ps. 107: “Party het in die donker gesit, in diep duisternis, hulle was gevangenes, in ellende en in boeie, want hulle het hulle verset teen die bevele.
II Tim. 2:22 “Vermy die begeertes wat 'n jongmens in gevaar bring, en streef na opregtheid, geloof, liefde en vrede, saam met almal wat uit 'n rein hart.
Let go and let God...? "Someone's sitting in the shade today because someone planted a tree a long time ago."  Saligmakende geloof Daaglikse geloof.
Efesiërs 1:15-23 Efesiërs 1:15-23 (Hemelvaart) Paulus se gebed
Romeine 12:2 “Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei.
BEELDE VAN EENHEID Les 6 vir 10 November 2018.
Absolute oortuiging God bestaan?
ROETE 13 TIMOTEUS Vat voor!.
Innerlike sterkte.
Gen. 39:9 “Daar is niemand wat in hierdie huis meer gesag het as ek nie. Meneer het niks van my teruggehou nie, behalwe vir u, want u is sy vrou. Hoe.
ONREGVERDIGE, ONEINDIGE
CLICK TO ADVANCE SLIDES
Do you need a miracle In your Life?.
Joh. 4:23 “Maar daar kom 'n tyd, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader deur die Gees en in waarheid sal aanbid, want die Vader wil juis.
Om te ONTVANG 1 Konings 3:2-15.
Krake 'n Baie hoë gebou was vir etlike jare in gebruik toe daar op 'n dag 'n gevaarlike kraak in die muur op die 42ste verdieping verskyn het. Die.
Jou geskenk aan God die Kersfees!
Die KRUIS Gebedsreis.
GAL 2:20-21 Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in.
II Kor. 5:21 “Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek.
Tommy's Window Slideshow
Job. 42:5 “Tot nou toe het ek net gehoor wat mense van U sê, maar nou het ek U self gesien”
Luk. 11: “Dié wat op die pad val, dui op mense wat die woord hoor, maar dan kom die duiwel en neem dit uit hulle harte weg sodat hulle nie tot geloof.
Matt. 7:21 “Nie elkeen wat vir My sê: ‘Here, Here,’ sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie...”
Welkom Jeremia 1:4-10.
I Kor 6:20. “julle is gekoop, en die prys is betaal
> God is heilig:. > God is heilig: Lev. 11:44,45. “Ek is die Here julle God Lev. 11:44,45 “Ek is die Here julle God. Wy julle aan my diens en wees.
Titus 2:12 “Dit voed ons op om die goddelose leefwyse en wêreldse begeerlikhede te laat vaar en met selfbeheersing, opregtheid en godsvrug in die teenswoordige.
LO Kwartaal 3 Graad 11.
Geskape om vir ewig te lewe !
Hoe weerloos is jy....
Verstaan  emosies  wil
Hartlik welkom in die Erediens!
MAAK OOP EN ONDEK JOU GESKENK
“True repentance shows itself in a thorough breaking off from sin
“Julle sal my getuies wees”
I Tim. 5:17 “Die ouderlinge wat goeie leiding gee, behoort dubbele erkenning te kry, veral dié wat hard werk deur te preek en onderrig te gee”
Sessie 2: Oor die teenwoordigheid van die verhoogde Christus by ons
Hartlik welkom in die Erediens
Learning, Life and entrepreneurial skills
Jak. 2:14 “Wat help dit, my broers, as iemand beweer dat hy glo, maar sy dade bevestig dit nie? Kan so 'n geloof 'n mens red?
Gen. 1:26-28 “God het die mens geskep as sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die mens geskep, man en vrou het Hy hulle geskep. Toe het God hulle.
CLICK TO ADVANCE SLIDES
UNITY OF THE SPIRIT..
Fil. 3: “Ek sê nie dat ek dit alles al het of die doel al bereik het nie, maar ek span my in om dit alles myne te maak omdat Christus Jesus my reeds.
Tommy's Window Slideshow
A candle light is a protest at mignight, It is a non-conformist A candle light is a protest at mignight, It is a non-conformist. It says to.
Johannes 12 Daar was ook 'n aantal Grieke onder die mense wat fees toe gekom het om te aanbid. Hulle het na Filippus, wat van Betsaida in Galilea afkomstig.
LOFOFFER 2014 Romeine 12.
Wat soek jy? Waarna dors jy? Waarna dors die wêreld?
Kolossense 3:1-17 ¹Aangesien julle saam met Christus uit die dood opgewek is, moet julle strewe na die dinge daarbo waar Christus is, waar Hy aan die.
Rom. 7: “Ek, ellendige mens
Genesis 1 - Eerste dag Toe het God gesê: “Laat daar lig wees!” En daar was lig. God het gesien die lig is goed, en Hy het die lig en donker van.
WAARHEID MATT 28: Jesus kom toe nader en sê vir hulle: “Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde. Gaan dan na al die nasies toe en maak.
WEERSPIEËL SY LIG WEERSPIEËL SY LIG [SKYN SAAM] [SKYN SAAM]
Johannes 9 Hy het gegaan en hom gewas, en toe hy terugkom, kon hy sien.
Die opstanding van Jesus is vir die alledaagse bedoel.
Presentation transcript:

Welkom by die kategese Heet almal baie hartlik welkom. Vandag gaan ons gesels oor hoe ons as gelowiges deur ons geloof as een saamgebind word, al kom dit voor of ons in uiteenlopende wêrelde leef.

Ons open met gebed Voordat ons verder gaan, kom ons bid saam… Open met gebed en vra vir die Here se seën en teenwoordigheid by die ontmoeting.

Wens kinders geluk wat verjaar het en die volgende week gaan verjaar. Kinders kan ook gelukgewens word met prestasies, positiewe gedrag, teenwoordigheid ens. Veels geluk!

Lydenstyd 5 Maart – 20 April Die Kerkjaarwiel: Reg bo is Kersfees. Voor Kersfees is die wagtyd voor Kersfees (Adventstyd). In die “groen tyd” na Kersfees dink ons daaraan hoe Jesus op die aarde verskyn het. Ons noem dit epifanie. Die wyser loop nou verder na die pers blokkies. Dit is lydenstyd. Ons is vandag by die tweede week van Lydenstyd. Daar is sewe Lydensweke waarvan die sewende een (die week van Goeie Vrydag) as Groot Lydensweek bekend staan.

Lydenstyd Groot lydensweek Aswoensdag Palmsondag Goeie Vrydag In die eerste Lydensweek is Aswoensdag. Daarna volg 40 dae, maar Sondae word nie saam getel nie. Elke keer wanneer dit Sondag is, dink ons daaraan dat swaarkry (lyding) nie die sterkste is nie. Lewe en “opstaan uit die dood” is die sterkste. Op Sondae is dit asof hierdie sterk lewe deur die swaarkrytyd breek. Die laaste week in Lydenstyd word die groot Lydensweek genoem. Dit begin met Palmsondag wanneer die Christene dink aan hoe mense palmtakke voor Jesus gestrooi het toe Hy op 'n jong donkie se rug in Jerusalem gery het. Die 39 ste dag is Goeie Vrydag toe Jesus gekruisig is. Die 40 ste dag word stil Saterdag genoem – toe Jesus in die graf was. Hierna is dit Opstandingstyd. In Lydenstyd gebruik ons veral pers, rooi, grys en swart kleure. Hierdie jaar is Aswoensdag op 5 Maart. Palmsondag op 14 April. Goeie Vrydag op 19 April. Stil Saterdag op 20 April. Groot lydensweek Palmsondag Goeie Vrydag Stil Saterdag

Simbool van my dank Opneem van dankoffers.

Ons kyk saam na ’n video oor diversiteit Video oor diversiteit (verskeidenheid) Die video sal outomaties begin sodra daar na hierdie skyfie beweeg word. Aktiwiteit Kyk saam na hulpmiddel 1: Diversiteit.

Hoe stel die video mense voor? PLAY Gesels saam 1. Hoe stel die video mense voor? Riglyn: Mense is uiteenlopend en verskil van mekaar; tog is ons in vele opsigte dieselfde. Ons almal is mense. Ons almal leef om ’n bestaan te maak.

Hoe verskil mense van mekaar volgens hierdie video? Riglyn: Mense verskil ten opsigte van ras, geslag, godsdiens, kultuur, vermoëns, burgerskap, sosio-ekonomiese klas en seksuele oriëntasie.

Wat dink julle van die akroniem aan die einde? Diversity: Different Individuals Valuing Each other Regardless of Skin, Ideology, Talents or Years 3. Wat dink julle van die akroniem aan die einde? Diversity: Different Individuals Valuing Each other Regardless of Skin Ideology Talents or Years. Riglyn: Laat die jongmense hulle gedagtes deel. Almal het waarde, al verskil ons van mekaar.

Verdaag na kleingroepe (klasse) Ons gaan nou verder in ons klasse gesels. Geniet die dag verder.

Galasiërs 3:26-29 PAUSE Ons het nou na die video oor verskeidenheid gekyk. Kom ons kyk wat die Bybel hieroor sê. Lees saam: Galasiërs 3:26-29 26 Deur hierdie geloof in Christus Jesus is julle nou almal kinders van God, 27 want julle almal wat deur die doop met Christus verenig is, het nou deel van Christus geword. 28 Dit maak nie saak of iemand Jood of Griek, slaaf of vry, man of vrou is nie: in Christus Jesus is julle almal één. 29 En as julle aan Christus behoort, is julle ook nakomelinge van Abraham en erfgename kragtens die belofte van God.

Wat het volgens hierdie gedeelte meegebring dat verskillende mense uit verskillende agtergronde nou almal kinders van God is? Gesels saam 1. Wat het volgens hierdie gedeelte meegebring dat verskillende mense uit verskillende agtergronde nou almal kinders van God is? Riglyn: Geloof in Jesus Christus. Die doop is die teken hiervan.

Hoe werk hierdie eenheid na jou mening? Riglyn: Paulus gebruik verskillende maniere om hierdie eenheid te beskryf. Die bekendste beeld is dié van ’n liggaam. Elke ledemaat verskil van die ander, maar in die liggaam vorm al die liggaamsdele saam ’n eenheid. Almal saam is die een liggaam in verbondenheid. Saam funksioneer hulle met ’n gesamentlike doel en fokus. Só is gelowiges almal aan Christus verbind en daarom as eenheid saamgevoeg. Hierdie nuwe band met Jesus verbind ons ook aan mekaar. Nou het almal een doel en een fokus, naamlik om in ʼn verhouding met Jesus te leef, sy wil te doen, sy hart uit te leef en God te verheerlik.

Watter motivering tot eenheid het ons in die videogreep gesien Watter motivering tot eenheid het ons in die videogreep gesien? En watter motivering vind ons in die Bybelgedeelte? Gesels saam 1. Watter motivering tot eenheid het ons in die videogreep gesien? En watter motivering vind ons in die Bybelgedeelte? Riglyn: In die video sien ons ons is deur menslikheid saamgebind. In die Bybelgedeelte sien ons ons geloof in Jesus Christus bind ons aan mekaar. Eenheid hef nie verskille op nie, maar bind dit op ’n unieke manier saam. Dit gaan oor die eenheid, nie die verskille nie.

Hoe verander ons band met Christus ons band met mense wat anders as ons is? 2. Daar is ’n spreekwoord wat sê: “Krag in diversiteit.” Ons sien egter in die Bybelgedeelte dat ons krag in ons eenheid met Christus lê, terwyl ons ons diversiteit vier. Hoe verander ons band met Christus ons band met mense wat anders as ons is? Riglyn: Ons kan begin deur nie te praat van “ons” en “hulle” nie. Dit is net “ons”. Christus se band met mense word deel van ons band met mense. Christus se gesindheid word deel van ons gesindheid. Christus se deernis, liefde en aanvaarding word deel van ons optrede.

Watter diversiteit is daar in ons gemeente Watter diversiteit is daar in ons gemeente? Hoe wil God hê moet ons hierdie diversiteit prakties binne ons eenheid in Christus vier? FAST FORWARD Gesels saam 1. Watter diversiteit is daar in ons gemeente? Hoe wil God hê moet ons hierdie diversiteit prakties binne ons eenheid in Christus vier? Riglyn: Laat die jongmense begin deur te gesels oor die diversiteit in die gemeente, soos gesinsamestelling, taal, seksuele oriëntasie en ouderdom. Dan kan hulle voorstelle maak oor hoe hierdie uiteenlopendheid gevier kan word. Skep ruimte vir elkeen se uniekheid. Probeer hard om mense wat uitgesluit voel in te trek en te ondersteun. Loods ’n gesamentlike gemeenskapsprojek. Laat mense hulle unieke potensiaal en gawes uitleef.

Ons geloof in Christus bind ons aan ander gelowiges, maar wat van mense wat nié in Christus glo nie? 2. Dink terug aan die video. Daarin het ons meer vorme van diversiteit gesien. Ons geloof in Christus bind ons aan ander gelowiges, maar wat van mense wat nié in Christus glo nie? Riglyn: As gelowiges sal ons die gesindheid van Christus (deernis, liefde en aanvaarding) ook teenoor ongelowiges uitleef.

Hoe kan ons die gesindheid van Christus prakties sigbaarder maak in die gemeenskap? Riglyn: Laat die jongmense eers saam gesels. Voeg dalk by: In ons persoonlike lewe moet ons só leef dat ons elkeen se uniekheid respekteer en waardeer. Begin met gemeenskapsprojekte wat die hele samelewing betrek. Skep ’n bediening wat mense wat deur die samelewing uitgestoot word, nader trek en betrek.

Ons sluit af EJECT Daag die jongmense uit: Soek iemand wat anders as jy is en wat jy verkieslik nie ken nie. Gaan maak kennis en vind by die persoon uit waar hy of sy grootgeword het, wat sy of haar ouers doen en wat sy of haar drome in die lewe is. Deel dan ook persoonlike inligting oor jouself met die persoon. Kom vertel volgende week van jou ervaring. Sluit af met gebed.