Narratiewe benadering tot gemeentes Albanie Desember 2003 Konsepte aangepas uit die narratiewe terapie van JF Pienaar: Die begeleiding van ‘n predikant tydens sy mid-lewe: ‘n eko-hermeneutiese perspektief 1996
Inleiding Gemeentes is lewende dokumente Invloed van gebeure en optredes gaan verder as die oomblik Alle optredes het gevolge: bedoeld en onbedoeld Verhale skep ‘n wêreld waarbinne mense lewe Verhale is oop vir latere nuwe interpretasies Gee riglyne waarmee betekenisvolle van nie-betekenisvolle momente onderskei kan word Gemeente identiteit het ‘n narratiewe struktuur
Doel Ontsyfering van die betekenis momente van die situasie Die blote vertel van die verhaal, bring nuwe insigte Gee ‘n blaaskans, gee vastigheid Help met skadeloosstelling van negatiewe momente deur singewing Ondersteuning in die hoop van ‘n deurgang na ‘n nuwe toekomsverhaal Kreatiewe en deelnemende luister verander die dooie letter van ‘n verhaal na ‘n lewende drama van hoop
Voordele Daar word aangesluit by die mees basiese bestaansmodus van mense: “Everything is held together with stories ...” (Webb-Mitchell) Verlede, hede en toekoms word holisties saamgetrek tot ‘n nuwe verstaan Sluit nou by ‘n hermeneutiese verstaan aan Help met singewing Maak dit moontlik om beide die verhaal van die gemeente en dié van God by mekaar te betrek Gee mense geleentheid om die vertolker van hulle eie verhaal te wees Geleentheid vir getuienislewering Daag uit om nuut te dink oor die gemeente se verhaal Maak konsepte prakties deur dit in verhale in te bed Help tot ‘n omvattende verstaan van gemeentes
Herstrukturering van die verlede Vertel verhaal uit ‘n ander perspektief Tegnieke Unieke uitkomste in die verlede Deur die positiewe te “onthou” word die verlede herdefinieer Gepaste herformulering (bv reframing) Nie noodwendig positief nie Vertel vanuit ‘n ander perspektief ‘n toepaslike gelykenis of Bybelse drama Dubbelverhale Met ‘n ander motief of uit die oogpunt van iemand anders te vertel Eksternalisering Objektivisering en personifiering
Rekonstruksie (verbeelding) van ‘n toekomsverhaal Beskryf die toekoms soos jy dit sien Tegnieke Paradoksale take Situasie verbeel maar die plek verander Rituele Visualisering Twee toekoms scenarios: Een met ‘n negatiewe afloop Ander met ‘n positiewe afloop In die vergelyking raak keuses duidelik
Samevattend Dis ‘n riglyn vir ‘n sinvolle diepte-gesprek oor gemeentes aan die hand van verhale Die verloop van die gesprek word deur die gespreksgenote bepaal Dit skep ‘n ruimte waarbinne die Gees kan werk om nuwe hoop in vasgevalde situasies kan skep