Natuurwetenskappe Biblioteek Anriëtte Pretorius

Slides:



Advertisements
Similar presentations
Ontwikkel deur Info-Edu. Academix is waarskynlik die oplossing waarna u al vir 'n geruime tyd soek!! Voel u kind ook baie dae só ?
Advertisements

Natural Sciences Library Anriëtte Pretorius. An abridged version of “Quoting sources”, the guide to the Harvard bibliographic style, adapted for the NWU:Potchefstroom.
© KCL/PENTECH/WCED 2002 Suur spysversteuring Die suur in die maag raak soms te gekonsentreerd. Spysversteuringstablette bevat ‘n alkali (oplosbare basis),
Hersiening Graad 7 Junie 2012.
Afrikaans Eerste Addisionele Taal
Ons nooi alle gelowiges in Suid-Afrika om deel
DIE ONTKENNING (NEGATIEF) Me. J. van Zyl
Inkomste en Uitgawes Onderwerp 7
Ons aanbid saam!. Ons aanbid saam! Die belangrikste boodskap in die Bybel: God is lief vir jou!
Rondom My Dawie de Jager.
Kontak Theo de Jager.
Verskillende Tipes Inligtingsbronne
Brief – Fernel Abrahams Strofe 1
Beste Skoene Ooit.
VRAAG EN ANTWOORD- METODE
The Ultimate Celebrity of ALL times
PROGRESSIE & PROMOSIE Dr Willie Stolk.
“Be very sure of this, people never reject the Bible because they cannot understand it. They understand it too well; they understand that it condemns their.
‘n Foto van die skryfster: Antjie Krog
Nagmaal Christen-word, en Christen-wees
Ps. 107: “Party het in die donker gesit, in diep duisternis, hulle was gevangenes, in ellende en in boeie, want hulle het hulle verset teen die bevele.
Die MP3 Speler.
Onderwerp 12 Entrepreneursdag
(Elektroniese katalogus) (Electronic catalogue)
Absolute oortuiging God bestaan?
ROETE 13 TIMOTEUS Vat voor!.
Gen. 39:9 “Daar is niemand wat in hierdie huis meer gesag het as ek nie. Meneer het niks van my teruggehou nie, behalwe vir u, want u is sy vrou. Hoe.
Waaroor gaan kerkeenheid?
ONREGVERDIGE, ONEINDIGE
LO Kwartaal 2 Graad 10.
CLICK TO ADVANCE SLIDES
Die Internet.
Akademiese Steundienste Academic Support Services
Joh. 4:23 “Maar daar kom 'n tyd, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader deur die Gees en in waarheid sal aanbid, want die Vader wil juis.
Krake 'n Baie hoë gebou was vir etlike jare in gebruik toe daar op 'n dag 'n gevaarlike kraak in die muur op die 42ste verdieping verskyn het. Die.
Jou geskenk aan God die Kersfees!
Verskillende Tipes Inligtingsbronne
NP van Wyk Louw Toe jy kind was.
Learning, Life and entrepreneurial skills
Job. 42:5 “Tot nou toe het ek net gehoor wat mense van U sê, maar nou het ek U self gesien”
Luk. 11: “Dié wat op die pad val, dui op mense wat die woord hoor, maar dan kom die duiwel en neem dit uit hulle harte weg sodat hulle nie tot geloof.
Sam CH Cupido Sommer net vir jou.
1 Kor 14:1 (Afrikaanse Ou Vertaling)
VRAAG EN ANTWOORD- METODE
Welkom Jeremia 1:4-10.
Die wederkoms van Christus sal vooraf- CLICK TO ADVANCE SLIDES
I Kor 6:20. “julle is gekoop, en die prys is betaal
> God is heilig:. > God is heilig: Lev. 11:44,45. “Ek is die Here julle God Lev. 11:44,45 “Ek is die Here julle God. Wy julle aan my diens en wees.
LO Kwartaal 3 Graad 11.
Geskape om vir ewig te lewe !
Hartlik welkom in die Erediens!
I Tim. 5:17 “Die ouderlinge wat goeie leiding gee, behoort dubbele erkenning te kry, veral dié wat hard werk deur te preek en onderrig te gee”
Sessie 2: Oor die teenwoordigheid van die verhoogde Christus by ons
Learning, Life and entrepreneurial skills
Jak. 2:14 “Wat help dit, my broers, as iemand beweer dat hy glo, maar sy dade bevestig dit nie? Kan so 'n geloof 'n mens red?
Gen. 1:26-28 “God het die mens geskep as sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die mens geskep, man en vrou het Hy hulle geskep. Toe het God hulle.
CLICK TO ADVANCE SLIDES
sept 2017 september september september september september 2017
Fil. 3: “Ek sê nie dat ek dit alles al het of die doel al bereik het nie, maar ek span my in om dit alles myne te maak omdat Christus Jesus my reeds.
LOFOFFER 2014 Romeine 12.
Financial documents at work Finansiële dokumente by die werk
Barmhartigheid Hoekom? Wat? Waar?.
Taalkunde.
VRAAG EN ANTWOORD- METODE
Rom. 7: “Ek, ellendige mens
WAARHEID MATT 28: Jesus kom toe nader en sê vir hulle: “Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde. Gaan dan na al die nasies toe en maak.
WEERSPIEËL SY LIG WEERSPIEËL SY LIG [SKYN SAAM] [SKYN SAAM]
Johannes 9 Hy het gegaan en hom gewas, en toe hy terugkom, kon hy sien.
Rondom my Dawie de Jager. Rondom my Dawie de Jager.
CLICK TO ADVANCE SLIDES
Presentation transcript:

Natuurwetenskappe Biblioteek Anriëtte Pretorius Verkorte Harvard (NWU) Bibliografiese styl Natuurwetenskappe Biblioteek Anriëtte Pretorius

‘n Verkorte weergawe van die gids tot die Harvard bibliografiese styl, aangepas vir NWU:Potchefstroomkampus. (Van der Walt, 2006.) Raadpleeg asb die volledige verwysingsgids vir baie meer wenke en voorbeelde oor oa konferensie voordragte; ensiklopedieë; woordeboeke; staatspublikasies; wette; patente; koerantberigte, ens. VAN DER WALT, E. 2006. Verwysings. Potchefstroom: NWU-Potchefstroom. 79 p. http://www.nwu.ac.za/library/documents/verwysings_a.pdf

INHOUD Algemene wenke Wenke vir tikwerk Doel van verwysings & die bronnelys Watter styl? Boeke Boeke – Publikasiedatum, Titel, Uitgawe Boeke – Plek van publikasie Boeke – Uitgewer, Paginering Hoofstuk in versamelwerk Proefskrifte & Verhandelinge Sekondêre bronne Tydskrifartikels Staatspublikasies - Departemente Staatspublikasies - Wette Elektroniese inligtingsbronne Elektroniese bibliografiese databasisse: opsommings van tydskrifartikels Elektroniese volteksdatabasisse: tydskrifartikels Elektroniese volteksdatabasisse: e-boeke Elektroniese volteksdatabasisse: staatspublikasies Internet dokumente Elektroniese tydskrifte op die Internet Elektroniese boeke op die Internet

Algemene wenke: Taalmedium by verwysings: die taal van die bron word gebruik in die bronnelys en nie die taal van die geskrif (referaat of tesis) nie. Indien ‘n publikasie in albei landstale beskikbaar is, word die taal van die bron gebruik. Uitsonderings kan gemaak word by vreemde tale. Daar word voorgestel dat die studieleier in sulke gevalle leiding gee. Jou teksverwysings moet ondersteun word deur ‘n bibliografie of bronnelys aan die einde van die werkstuk waarin jy volledige bibliografiese besonderhede verskaf met betrekking tot die werke waarna jy verwys. ‘n Waarskuwing oor verwysings na bronne en plagiaat word in die “MLA style manual” (Gibaldi, 1999:151) gegee: Scholarly authors generously acknowledge their debts to predecessors by carefully giving credit to each source. Whenever you draw on another’s work, you must specify what you borrowed – whether facts, opinions, or quotations – and where you borrowed it from. Using another person’s ideas or expressions in your writing without acknowledging the source constitutes plagiarism. Jou bronnelys bestaan uit een alfabetiese lys (alfabeties gerangskik volgens die vanne van die outeurs) van al die boeke, tydskrifte, koerantberigte en ander materiaal wat jy gebruik het. Moenie die verwysings nommer nie. Rangskik bronne deur dieselfde outeur soos volg: a.Chronologies (van oud na nuut) b. Eers werke deur een outeur c. Dan werke waarby ‘n mede-outeur betrokke is, JONES, S. 1989. Handbook for parents. New York: Wiley. 213 p. JONES, S. 1990. Adolescence. New York: Wiley. 305 p. JONES, S. & SMITH, J. 1995. The teenager. New York: McGraw-Hill. 92 p. JONES, S., FAURE, M. & SMITH, J. 1993. Drug abuse and teenagers. London: Wiley. 52 p. Wanneer jy gebruik maak van meer as een publikasie deur dieselfde outeur wat in dieselfde jaar uitgegee is, kan jy hulle onderskei deur ‘n a, b of c na die datum in die teks van jou referaat in te voeg, bv.: Teks: Volgens Smith (1996b:46) is die inligting op die Internet ... In bronnelys moet jy die verwysings ook as a en b of c merk: SMITH, H. 1996a. Evaluation of information on the Internet. Journal for computer science, 2(4):14-18, Apr. SMITH, H. 1996b. Introduction to the Internet. Cape Town: Tafelberg. 215 p.

Wenke vir tikwerk Gebruik hoofletters vir die outeur se van en voorletters om dit sigbaarder te maak. Dit bevorder vir die leser die maklike beweging tussen die teks en die bronnelys. • Laat minstens een reël oop tussen verwysings – dit verbeter ook die leesbaarheid. Moenie die bronnelys aan die regterkant blok nie - dit rek die teks dikwels op ‘n lompe wyse. Let op die spasies in die volgende voorbeeld – laat twee spasies tussen “elemente” soos die outeur, jaar, titel ens. Spasies word deur 'n sterretjie aangedui ( * = een spasie)   Boek: Teks: Jones*(1998:12)*het aangeteken ... Bronnelys: JONES,*S.J.,*SMITH,*L.*&*GREEN,*D.**1998.**Psychology:*an *introduction.**2nd*ed.**London:*Wiley.**209*p. Tydskrif in bronnelys: RABBI,*J.**1995.**Drinking*among*college*students.**Journal*of* alcohol*and*drug*education,*40(3):52-64,*Oct.

Doel van verwysings en die bronnelys Hoekom moet jy erkenning gee aan bronne wat jy vir ‘n referaat gebruik? Wat is die doel of funksie van verwysings in wetenskaplike geskrifte? 1. Dit verleen erkenning aan die oorspronklike skrywer van wie standpunte of feite oorgeneem is. 2. Die skrywer lewer bewys waar hy sy inligting vandaan kry – of hy die gesaghebbendste outoriteite oor sy onderwerp geraadpleeg het. 3. Die verwysings na bronne staaf die volledigheid van die ondersoek. 4. Verwysings na goeie bronne verleen gesag aan die skrywer se standpunte. 5. Verwysings verstrek bewyse aan die leser van die herkoms van die skrywer se gedagtes/bewerings. 6. ‘n Bronnelys verskaf inligting aan die leser om op sy beurt die bronne te raadpleeg as hy wil verifieer of die bronne korrek aangehaal/geïnterpreteer is. 7. Die bronnelys dien as addisionele bronnelys oor die onderwerp – indien die leser meer bronne oor die onderwerp wil raadpleeg. Dit is dus duidelik dat die inligting in die bronnelys volledig genoeg moet wees om elke bron weer te kan opspoor.

Watter styl? In wetenskaplike geskrifte sal die leser ‘n wye verskeidenheid van bibliografiese style vind. Die styl wat in hierdie gids gebruik word, is die sogenaamde Harvard-metode.   Die Harvard-styl Die Harvard-styl bestaan uit ‘n kort verwysing in die teks, wat aangevul word deur ‘n volledige verwysing in die bronnelys of bibliografie. TEKSVERWYSINGS Erken in die teks van jou referaat elke outeur van wie jy inligting bekom het. Hierdie is slegs ‘n KORT vermelding wat lei na 'n volledige verwysing in die bronnelys. Die formaat: SLEGS die outeur se VAN, datum (JAAR) sowel as die pagina (waarop die inligting verskyn) moet in die teks verskaf word.  Voorbeeld: Hierdie beskouing word verwerp deur Roberts (1972:10) omdat ... OF,. die verwysing kan ook aan die einde van ‘n sin gegee word. Let op die interpunksie. Mans tussen 20 en 29 toon ‘n sterk neiging tot selfmoord (Kreitman, 1977:118). BRONNELYS Formaat: OUTEUR. Publikasiejaar. Titel en subtitel. Uitgawe. Plek van uitgawe: Uitgewer. Paginering. FERNER, J.D. 1995. Successful time management: a self-teaching guide. 2nd ed. New York: Wiley. 270 p.

BOEKE Een outeur Twee outeurs Drie of meer outeurs ’n Tipiese voorbeeld van ‘n bronnelys verwysing na ‘n boek: FERNER, J.D. 1995. Successful time management: a self-teaching guide. 2nd ed. New York: Wiley. 270 p. Een outeur Teks: "It was anciently believed that a baby born with teeth already formed would 'bite the world' and was made for villainy." (Smith, 1977:70.) OF (let op die verskil in interpunksie) ‘n Ou bygeloof was dat wanneer ‘n baba met tande gebore is dit ‘n skurk sou word (Smith, 1977:70). Bronnelys: SMITH, L. 1977. Crime and punishment. London: Batsford. 97 p.   Twee outeurs Teks: Gardner en Shelton (1967:40) verwys na die probleem van kommunikasie met verlamde pasiënte wat ook aan spraakverlies ly ... OF Alle prosedures moet aan die pasiënt verduidelik word (Gardner & Shelton, 1967:74). Bronnelys: GARDNER, E.K. & SHELTON, B. 1967. The intensive therapy unit and the nurse. London: Faber and Faber. 162 p. Let op die verskil tussen die twee voorbeelde in die TEKS: die & teken word binne die hakies gebruik, maar in die volsin word die woord en gebruik. Drie of meer outeurs Wanneer daar drie of meer outeurs of redakteurs is van wie die bydraes nie onderskei kan word nie, word die afkorting et al. in die teks kursief getik of as jy met die hand skryf, onderstreep). Die afkorting verwys na et alii – en daar word dus nie 'n punt na et geplaas nie. Al die medewerkers word in die bronnelys genoem. Teks: Volgens Meyer et al. (1973:74) is fotosintese ... Bronnelys: MEYER, B.S., ANDERSON, D.P., BOHNING, R.H. & FRATANNA, D.G. 1973. Introduction to plant physiology. New York: Van Nostrand. 565 p.

BOEKE - Publikasiedatum, Titel, Uitgawe Datum van publikasie: Dit is die datum van die uitgawe soos dit in die publikasie aangedui word – gewoonlik op die keersy van die titelbladsy. Slegs die jongste datum moet aangegee word.   Titel: Die volledige titel word gegee soos dit op die titelbladsy van die publikasie verskyn. Net die eerste letter van die eerste woord of name van persone, plekke of instansies en Duitse selfstandige naamwoorde begin met hoofletters. Titels van boeke word nie onderstreep nie. ‘n Subtitel word van die hooftitel geskei deur ‘n dubbelpunt: Voorbeeld in bronnelys: MORRIS, C. 1988. Psychology: an introduction. New York: Wiley. 299 p. Uitgawe: Die eerste uitgawe word nie vermeld nie en ook nie daaropvolgende herdrukke nie. Vermelding van uitgawes kan soos volg afgekort word (let op interpunksie): 2nd ed. (Engels) 3rd ed. 4th ed. 2de dr./uitg. (Afrikaans) 2. Aufl. (Duits) JOHNSON, R.C. & MEDINNUS, G.R. 1974. Child psychology: behavior and development. 3rd ed. New York: Wiley. 562 p.

BOEKE - Plek van publikasie Gee die plek van uitgawe of publikasie in die taal van die bron. Meld slegs die eerste plek (stad) - nie die land of staat nie. Die naam van ‘n staat in die Verenigde State van Amerika word gegee nadat die stad vermeld is, bv. . Boston, Mass. vir Massachusetts – indien dit voorkom op die titelbladsy van die boek. Bv. JONES, S. 1990. Sociology. Boston, Mass.: Houghton Mifflin. 250 p.  Let op die twee maniere waarop state afgekort kan word: die “tradisionele” manier, bv. Calif. vir California, en die twee letter afkorting CA (poskode). Kies een formaat en hou daarby  Alabama.................................Ala./AL Montana…………………………………….. Mont/MT. Alaska.....................................Ak./AK Nebraska..........................................Nebr./NE Arizona...................................Ariz./AZ Nevada.............................................Nev./NV Arkansas................................Ark./AR New Hampshire...............................N.H./NH California................................Calif./CA New Jersey.......................................N.J./NJ Colorado.................................Colo./CO New Mexico......................................N.Mex./NM Connecticut............................Conn./CT New York..........................................N.Y./NY Delaware................................Del./DE North Carolina..................................N.C./NC Distr. of Columbia.................. D.C./DC North Dakota...................................N.D./ND Florida................................... .Fla./FL Ohio..................................................Oh./OH Georgia...................................Ga./GA Oklahoma.........................................Okla./OK Hawaii.....................................Hi./HI Oregon..............................................Oreg./OR Idaho................................... ...Id./ID Pennsylvania................................ ....Pa./PA Illinois......................................Ill./IL Rhode Island.....................................R.I./RI Indiana....................................Ind./IN South Carolina..................................S.C./SC Iowa........................................Ia./IA South Dakota....................................S.D./SD Kansas................................. ..Kans./KS Tennessee........................................Tenn./TN Kentucky.................................Ky./KY Texas................................................Tex./TX Louisiana.............................. ..La./LA Utah..................................................Ut./UT Maine......................................Me./ME Vermont............................................Vt./VT Maryland................................Md./MD Virginia..............................................Va./VA Massachusetts.................... ...Mass./MA Washington......................................Wash./WA Michigan.................................Mich./MI West Virginia....................................W.Va./WV Minnesota...............................Minn./MN Wisconsin........................................ .Wis./WI Mississippi..............................Miss./MS Wyoming...........................................Wyo./WY Missouri..................................Mo./MO

BOEKE - Uitgewer; Paginering van Boek ‘n Dubbelpunt, met ‘n spasie na die dubbelpunt, skei die plek van publikasie en uitgewer, byvoorbeeld New York: Wiley. As die outeur en uitgewer dieselfde persoon of instelling is, word die naam van die uitgewer weggelaat Voorletters word gewoonlik weggelaat, bv. J.L. Van Schaik word Van Schaik. Woorde wat onnodig is vir doeleindes van identifikasie kan weggelaat word, bv. and Co., and Sons., bv Butterworth-Heineman (ipv Butterworth-Heineman Ltd.) Houghton Mifflin (ipv Houghton Mifflin Co) Irwin (ipv Richard D. Irwin) McGraw-Hill (ipv McGraw-Hill Book Company) Penguin (ipv Penguin Books Ltd) Prentice-Hall Sage (ipv Sage Publications) Wiley (ipv John Wiley & Sons, Inc.) Wilson (ipv H.W. Wilson Company)   Aantal bladsye van ‘n boek ‘n Beter indruk word geskep as die totale aantal paginas aangedui word. Indien die bladsye wel aangedui word, moet dit konsekwent gedoen word vir elke boek wat in die bronnelys genoem word. Voeg ‘n spasie in tussen die nommers en die p. Bv. Bronnelys: GARDNER, E.K. & SHELTON, B. 1967. The intensive therapy unit and the nurse. London: Faber and Faber. 162 p.

Hoofstuk in ‘n versamelwerk (Is gewoonlik boeke met ‘n redakteur/editor) 'n Versamelwerk bestaan uit ‘n aantal hoofstukke wat elk deur ‘n ander outeur geskryf is. Wanneer 'n redakteur die verskillende hoofstukke en "versamel en saamstel" en dit saamvoeg in 'n boek, word dit 'n versamelwerk genoem. Wanneer ‘n hoofstuk in hierdie versamelwerk aangehaal word, moet die outeur van die hoofstuk as die outeur van die bron gegee word. Teks: "Generally speaking, dedicated gymnasts are an interesting, if not odd lot of highly involved, somewhat self-centered, and at times, masochistic individuals, who would be a psychiatrist's delight!" (Massimo, 1970:31.) Bronnelys: MASSIMO, J.L. 1970. Psychology and the gymnast. (In George, G., ed. The magic of gymnasts. Santa Monica, Calif.: Sundby Publications. p. 31-33.) MASSIMO = die outeur van die HOOFSTUK. Psychology and the gymnast = die titel van die HOOFSTUK. GEORGE = die redakteur van die BOEK/VERSAMELWERK. The magic of gymnasts = die titel van die die BOEK/VERSAMELWERK. p. 31-33 = die begin- en eindbladsye van die HOOFSTUK. • Die afkortings ed. (eds.)/ red. (reds.) word vir ‘n redakteur of samesteller gebruik, afhangende van die taal van die bron. • Ed. of eds./red. (reds.) word voorafgegaan deur ‘n komma, en kursief getik of as jy met die hand skryf, onderstreep.

Proefskrifte & Verhandelinge Teks: Du Plessis (1986:5) het navorsing gedoen insake die ... Bronnelys: DU PLESSIS, J. 1986. Stability of emulsions in parenthetical nutritional mixtures. Johannesburg: RAU. (Verhandeling - M.Sc.) 150 p. Gebruik die terme Skripsie, Verhandeling, Proefskrif, Tesis ens. soos wat dit in die geskrif genoem word. • Die volgende afkortings kan gebruik word: M.A. of MA, LL.M.of LLM, D.B.A. of DBA, M.Sc. of MSc, D.Phil of DPhil. Volgens die 2002-uitgawe van die Afrikaanse woordelys en spelreëls is punte opsioneel by afkortings van grade. • Erkende afkortings van Suid-Afrikaanse universiteite, bv. PU vir CHO, RAU en UPE kan volgens die Afrikaanse woordelys en spelreëls met of sonder punte getik word.

Sekondêre bronne Die gebruik van sekondêre bronne word oor die algemeen nie as wetenskaplik aanvaarbaar beskou nie en moet beperk word tot absoluut onbekombare bronne. Let daarop dat slegs die bron wat gebruik is, in die bronnelys opgeneem word. In wetenskaplike literatuurstudie is daar ‘n duidelike onderskeid tussen primêre en sekondêre bronne. Primêre bronne is bronne wat oorspronklike inligting oor ‘n onderwerp verskaf, terwyl sekondêre bronne tweedehandse inligting verskaf. Vir wetenskaplike verslae word aanbeveel dat primêre bronne en so min moontlik sekondêre bronne gebruik word. Voorbeeld: ‘n Outeur wil oor Freud se siening van psigoanalise skryf. In plaas van Freud se eie werke te lees, gebruik hy die werk van ander outeurs, soos Smith, Jones en White, wat ook oor Freud se siening van psigoanalise geskryf het. Hierdie boeke is dan sekondêre bronne. Teks: Butterfield (soos aangehaal deur Johnson, 1974:133) beweer ... Bronnelys: JOHNSON, R.C. 1974. Child psychology: behavior and development. 3rd ed. New York: Wiley. 562 p.

Tydskrifartikels Die volgende word vir tydskrifartikels vereis: outeur(s), publikasiedatum, titel van die artikel, titel van die tydskrif, jaargang/volume, nommer van die volume, die begin- en eindbladsye van die artikel en die dag, maand of kwartaalaanduiding van die bepaalde tydskrifnommer. Bronnelys: RABBI, J. 1995. Drinking among college students. Journal of alcohol and drug education, 40(3):52-64, May. In geval van ‘n dag en maand, word dit só verantwoord: WALKER, J.A.S. 1995. The origins of the Cold War in United States history textbooks. Journal of American history, 54(10):7-11, 12 Oct. Slegs die tydskriftitel word kursief getik ,of, as jy met die hand skryf, onderstreep. Die maand kan afgekort word en moet in die taal van die tydskrif gegee word: Afkortings vir maande: Jan. – Januarie/January Jun. – Junie/June Okt. - Oktober Feb. – Februarie/February Jul. – Julie/July Oct. - October Mrt. – Maart Aug. – Augustus/August Nov. - November Mar. – March Sep. – September Des. – Desember Apr. – April Dec. – December Mei /May Titel van die tydskrif Moenie afkortings gebruik nie aangesien dit verwarrend kan wees. Slegs die eerste letter van die eerste woord en eiename sowel as Duitse selfstandige naamwoorde word met hoofletters getik. As jy met die hand skryf, onderstreep die naam van die tydskrif OF tik dit kursief: Journal of industrial psychology / Journal of industrial psychology Journal of the American Psychological Society / Journal of the American Psychological Society (hoofletters vir die naam van die vereniging) Journal of Australian history / Journal of Australian history.

Staatspublikasies - Departemente Teks: Die produksie van die platinumgroepmetale het onveranderd gebly (Departement van Mineraal- en Energiesake, 1995:14). Bronnelys: DEPARTEMENT van Mineraal- en Energiesake kyk SUID-AFRIKA. Departement van Mineraal en Energiesake. SUID-AFRIKA. Departement van Mineraal en Energiesake. 1995. Jaarverslag. Pretoria: Staatsdrukker. 64 p.

Staatspublikasies - Wette Indien daar na ‘n hele paar wette verwys word, kan daar in die bronnelys een "kyk" verwysing gemaak word (soos by die volgende voorbeeld) en dan word die volledige gegewens by “Suid-Afrika …” verskaf. Teks: Die Atoomkorporasie is deur die Wet op Kernenergie (92/1982) ingestel. Bronnelys: WETTE kyk SUID-AFRIKA. SUID-AFRIKA. 1982. Wet op Kernenergie 92 van 1982. Pretoria: Staatsdrukker.

Elektroniese Inligtingsbronne • Probeer om die verwysings na hierdie tipe inligting so goed moontlik in te pas by die aanbevole Harvard-styl. Dit geld veral die gebruik van ‘n outeur (persoon of instansie) aangesien dit teksverwysings vergemaklik. • Een van die funksies van ‘n bronnelys is om aan die leser die volledige bibliografiese besonderhede te verskaf van die bronne wat deur die navorser gebruik is. Dit is daarom noodsaaklik dat voldoende akkurate inligting gegee word om die bron weer op te spoor. Daarom word die BRON sowel as die ‘ADRES’ aangedui en soms ook die datum van gebruik. • Die taal van die bron word gebruik om die databasis en datum waarop dit gebruik is aan te dui.

Elektroniese bibliografiese databasisse: opsommings van Tydskrifartikels Hierdie soort databasisse VERWYS na bronne soos tydskrifartikels, proefskrifte of ander materiaal. Sommige databasisse bevat opsommings (“abstracts”) van tydskrifartikels, navorsingsverslae, proefskrifte ens. Hierdie opsommings bevat soms nuttige oorsigte en dit is meestal aanvaarbaar om hierdie tipe inligting in wetenskaplike geskrifte te gebruik, met dien verstande dat die indruk nie geskep word dat die oorspronklike bron geraadpleeg is nie. Dit bly egter sekondêre inligting en indien moontlik moet die oorspronklike bron geraadpleeg word. Studente moet toestemming van hulle dosent, studieleier of promotor verkry om hierdie tipe inligting te gebruik. Formaat: OUTEUR. Jaar. Titel. Ander toepaslike inligting (byvoorbeeld die titel en ander besonderhede van ‘n tydskrif). Opsomming in: genoeg inligting om dit in die databasis op te spoor. Teks: Dit blyk dat die nuutste navorsing ... (Theron & Papendorp, 1996). Bronnelys: THERON, J.J. & PAPENDORP, D.H. 1996. Siektes van peroksisome: ‘n oorsig. Suid-Afrikaanse tydskrif vir geneeskunde, 86(6):685-690, Jun. Opsomming in MEDLINE.

Elektroniese volteksdatabasisse: tydskrifartikels Indien die artikel in HTML-formaat is, en in "Full text" uitgedruk word, kan die aantal bladsye verskil van die gedrukte formaat, en daar is ook nie bladsynommers om in die teks aan te haal nie. Daarom moet u die bron waaruit u dit bekom het, en die datum waarop u dit gebruik het, aandui. ► EBSCOHost Web is die verskaffer van ’n aantal databasisse. Gebruik die naam van die databasis self bv. Academic Search Premier / Medline…), in u verwysing en nie dié van die verskaffer nie. ’n Artikel, in HTML-formaat van ’n volteksdatabasis waarvan EBSCOHost die verskaffer is, kan soos volg aangehaal word: Bronnelys: DE WIT, H.E.D. & NTULI, R.M. 1995. Die onderrig van funksies in ‘n kommunikatiewe aanpak: metodologiese probleme. South African journal of African languages, 15(3):108, 6 Aug. Beskikbaar: MLA. Datum van gebruik: 5 Okt. 2005. As ‘n volteksartikel in PDF-formaat is, is die bladsynommers beskikbaar en moet dit in die teks en die bronnelys aangedui word. Die artikel verskil nie van die gedrukte formaat nie, en daarom het u nie nodig om die datum waarop u dit gebruik het, aan te dui nie. ’n Volteksartikel in PDF-formaat, vanaf ‘n Web-databasis, soos ScienceDirect of SAePublications, kan soos volg aangehaal word: Bronnelys: VAN DER WALT, B.J. 2003. Is vigs die oordeel van God oor ons ongehoorsaamheid? ‘n Prinsipiële besinning. Woord en daad, 44(388):6-8. Beskikbaar: SAePublications.

Elektroniese volteksdatabasisse: e-boeke Geen adres word benodig nie, die naam van die databasis is genoegsaam (bv. NetLibrary) Indien die elektroniese formaat nie verskil van die gedrukte bron nie, is dit nie nodig om die datum van gebruik aan te dui nie. Indien die elektroniese formaat wel verskil van die gedrukte formaat moet die datum van gebruik aangedui word. Bronnelys: ROBERTSON, J., ROSS, A.M. & BURGOYNE, L.A. 2002. DNA in forensic science: theory, techniques and applications. New York: Routledge. Available: NetLibrary. Paginering is nie beskikbaar nie: TOTIUS. 1915. Trekkerswee. Met tekeninge van J.H. Pierneef. Kaapstad: Tafelberg. Beskikbaar: Project Gutenberg. Datum van gebruik: 18 Nov. 2005.

Elektroniese volteksdatabasisse - Staatspublikasies Geen adres word benodig nie, die naam van die databasis is genoegsaam. Indien die elektroniese formaat nie verskil van die gedrukte bron nie, is dit nie nodig om die datum van gebruik aan te dui nie. Indien die elektroniese formaat wel verskil van die gedrukte formaat moet die datum van gebruik aangedui word. Bronnelys: SOUTH AFRICA. 2004. Income Tax Act 58 of 1962. Available: Butterworths LexisNexis. Wanneer die paginering nie aangedui is nie: SOUTH AFRICA. 2005. Draft discussion document on agricultural biotechnology. (Notice no. 1591 of 2005.) Government gazette, 27936: 26 Aug. Available: Sabinet Online. Government Gazette. Date of access: 24 Nov. 2005.

Internet (World Wide Web) dokumente Formaat: OUTEUR. Jaar waarin die inligting geskep of hersien is. Titel. Adres/URL Datum waarop inligting gevind is. Teks: In sy inhuldigingsrede het president Mandela (1994) gesê: “Let there be justice for all. Let there be peace for all.” Bronnelys: MANDELA, N. 1994. Statement of the president of the ANC, Nelson Mandela, at his inauguration as president of the Republic of South Africa, Union Buildings, Pretoria, May 10 1994. http://www.anc.org.za:80/ancdocs/speeches/inaugta.html Date of access: 10 Oct. 1996.   Wees bedag op die Britse of Amerikaanse spelling van woorde soos labour of labor … (Open Text Corporation, 1997). OPEN TEXT CORPORATION. 1997. Hints for better results. http://index.opentext.net/main/tips.html Date of access: 2 Dec. 1998.

Elektroniese tydskrifte op die Internet Indien die tydskrifartikel nie van ‘n elektroniese databasis (bv ScienceDirect) bekom is nie maar op die Internet gekry is word die verwysing gegee net soos in die geval van gedrukte tydskrifte PLUS ‘n aanduiding dat dit ‘n elektroniese tydskrif is deur die adres en datum van gebruik te verskaf. Die datum van gebruik is belangrik omdat die artikel of tydskrif van die Internet verwyder kan word. Formaat: OUTEUR. Jaar van publikasie van die artikel. Titel van die artikel. Titel van die tydskrif, volume (nommer): bladsye (as dit aangedui word). URL Datum van gebruik. Bronnelys: NUNES, J.M.B. & FOWELL, S.P. 1996. Hypermedia as an experiential learning tool: a theoretical model. Information research, 2(1). http://www.shef.ac.uk/~is/lecturer/ircont.html Date of access: 14 Oct. 1998. Moenie enige interpunksie na die adres gebruik nie – dit kan verwarrend wees. Gebruik egter ‘n punt om die einde van die verwysing aan te dui.

Elektroniese boeke op die Internet Elektroniese boeke op die Internet (e-boeke): Die adres of URL en datum van gebruik moet verskaf word. Bronnelys: FREUD, S. 1999. Interpretation of dreams. 3rd ed. Oxford: Oxford University Press. http://www/psychwww.com/books/interp/toc.htm Date of access: 6 Sep. 2005.   E-Tesis: VENTER, H.V. 2004. Die begeleiding van gesinne in die plaaslike kerk binne die konteks van die postmodernisme: ‘n prakties-teologiese benadering. Potchefstroom: NWU. Potchefstroomkampus. (Verhandeling – M.Th.) http://fpb-Inx1.puk.ac.za/search Datum van gebruik: 30 Nov. 2005.