Presentation is loading. Please wait.

Presentation is loading. Please wait.

Matteus 13:1-9; Matteus 13:1-9, 18-23

Similar presentations


Presentation on theme: "Matteus 13:1-9; Matteus 13:1-9, 18-23"— Presentation transcript:

1 Matteus 13:1-9; 18-23 Matteus 13:1-9, 18-23
Die gelykenis van die saaier (Mark 4:1–9; Luk 8:4–8) 13 Dieselfde dag het Jesus van die huis af gegaan en by die see gaan sit. 2’n Groot menigte het so om Hom saamgedrom dat Hy in ’n skuit geklim en daarin gaan sit het, maar die mense het almal op die strand bly staan. Hy het hulle baie dinge in gelykenisse vertel en onder andere gesê: 3”’n Saaier het eendag gaan saai. Met die saai het ’n deel van die saad op die pad geval, en 4die voëls het gekom en dit opgepik. 5’n Ander deel daarvan het op klipbanke geval, waar daar nie baie grond was nie, en dit het gou opgekom omdat die grond nie diep was nie. 6Maar toe die son warm word, is dit verskroei, en omdat dit nie wortel geskiet het nie, het dit verdroog. 7’n Ander deel het tussen die onkruid geval, en die onkruid het opgekom en dit laat verstik. 8Die ander saad het in goeie grond geval en ’n oes gelewer, party honderdvoudig, ander sestigvoudig en ander dertigvoudig. 9”Wie ore het, moet luister!” Jesus verklaar die gelykenis van die saaier (Mark 4:13–20; Luk 8:11–15) 18”Luister julle dan na wat die gelykenis van die saaier beteken: 19Die Bose kom by elkeen wat die woord van die koninkryk hoor maar dit nie verstaan nie, en vat dan weg wat in sy hart gesaai is. Dit is hy by wie daar op die pad gesaai is. 20Die man weer by wie daar op die klipbanke gesaai is, is hy wat die woord hoor en dit dadelik met blydskap aanneem. 21Hy laat dit egter nie by hom wortel skiet nie, en hy hou nie lank uit nie. As hy ter wille van die woord verdruk en vervolg word, word hy gou afvallig. 22Die man by wie daar tussen die onkruid gesaai is, is hy wat die woord hoor, maar die bekommernis van die lewe en die verleidelikheid van rykdom verstik die woord, en dit bly sonder vrug. 23Die man by wie daar op goeie grond gesaai is, is hy wat die woord hoor en dit verstaan. Hy dra inderdaad vrug en lewer ’n oes: soms honderdvoudig, soms sestigvoudig, soms dertigvoudig.”

2 Ingenooi deur God Ons raak bewus van ons diepste behoeftes, vrae en vrese en gee ons oor aan God

3 “When a ritual reaches our hearts and speaks a message to our souls,
it enriches the soil necessary for faith…” “None of us can survive in a life that is empty of ritual. We need special markings and moments to help us define the parameters of our lives and the passing of our days. To this end, all of us create rituals that help guide us forward and bring us back again to life’s significant stuff. Some rituals are practiced so often they become ingrained habits... When a ritual reaches our hearts and speaks a message to our souls, it enriches the soil necessary for faith... (Anoniem)

4 Wat is die gewoontes en rituele wat jou lewens grond verryk?
When I came home at the end of the day, my wife used to announce, “Boys, your dad's home!” She would act like it was a big deal for me to be home. One afternoon she didn't hear me come in. After a long pause, one of my teenage boys called out, “Judy! Your husband's home!”' Now that my sons are gone, she tells the dog when I arrive, “Bandit! It's Bob!” We laugh about it, but I still like it. Wat is die gewoontes/rituele wat jou lewens grond verryk?

5 Ons betree God se wêreld en gaan in God se vrede in
Ingaan in God se tyd Ons betree God se wêreld en gaan in God se vrede in

6 Vra vir die kinders wie van hulle al boontjies in watte laat ontkiem het. (Die foto is eintlik van mosterd saadjies wat in watte ontkiem het). Almal wat in kleuterskole was of is, sou dit al die een of ander tyd moes doen. Dit sou goed wees as jy ook ’n paar boontjies in watte kon laat ontkiem om vir die kinders te wys. Benodighede: Boontjies wat vir ’n week in ’n botteltjie met water lê Boontjies wat in droeë watte is Boontjies wat in nat watte was, maar wat nou hard gevries is Boontjies wat in nat watte teen kamer-temperatuur is, maar nog net ’n paar uur daarin is. Vra vir die kinders wat ’n mens moet doen om saad te laat ontkiem? Daar is 4 goed nodig: Lug Vog Warmte Tyd Die eerste groep boontjies sal net geswel wees en niks ontkiem het nie - hulle sal net mooi gereed wees vir boontjiesop! Die 2de groep sal nog net soos die oorspronklikes lyk, want daar is nie vog nie. Die 3de groep sal ook niks verander nie, want daar is nie warmte nie. Die 4de groep sal ook nog niks verander het nie - alles is reg, maar dit vat tyd. Die saad van die woord het ook die 4 goed nodig: Lug – nie versmoor deur die dorings van die sonde nie. Vog – die klipbanke Warmte – die pad Tyd – dit bly ’n reis (journey), ’n wedloop, later word daar vertel van die boer wat nie weet wat is onkruid of koring nie, en dat daar die gevaar is dat koring saam met die onkruid uitgetrek kan word. Dan sê Jesus dat dit gelos moet word, gee dit tyd, en met oestyd sal die Vader die onkruid bymekaar maak en in bondels verbrand. Laat die kinders daaroor praat waar die 4 noodsaaklikhede vandaan kom. Ek dink al 4 kry ons in die familie van God.

7 Alternatiewelik Props: Seeds, a tray, a brick (or large rock), clay (or children's Play-dough) and some rich soil. Place the empty tray in front. Hold up the seeds. What do I have here?. We are going to plant these seeds. I brought this tray to plant our seeds in but I need something to put in the tray so we can plant them... here we go. Put the brick in the tray. Now we pour a few seeds right there and we are ready to grow! Look at the tray and then look at the children. Is there anything else we need? (Dirt) Dirt? What's wrong with the brick? You can grow seeds in a brick. What's wrong with a brick? (Too hard) Knock on the brick a few times with your knuckles. It is a little hard. We need something soft? Take the brick out of the tray and put in the clay. Let me smash this down a little bit and pour in the seeds, then I will mix it up a little -- your mixing should produce a misshaped lump of clay with seeds sticking out -- and now we are ready to grow these seeds. Boy, I don't know what I'd do without you all! Again, pause and look at the tray and then look at the children. Is there anything else we need? Dirt? There you go again with the dirt thing. What's wrong with the clay? (Response) Ok, we will use the dirt. Take out the clay and pour in the dirt. There's the dirt and now I will pour in the seeds, mix it up a little bit, and now we are ready to grow! Look at the tray and then the children. I think you’re right. I think the seeds will grow better here in the dirt. Application: You know something I know some people who are like that brick. Their hearts are hard and nothing can grow in them. They never say I am sorry or forgive me. They seldom try to do nice things for other people. I know some people who are also like the clay. Their hearts are soft but not soft enough. Their hearts are kind of lumpy. They might try and be nice but it doesn't last for very long and they don’t really mean it. And some people have hearts that are like this dirt; soft good-hearted people who are always trying to help others and want to do God's will. Let’s Pray: Father, help us to be soft, good-hearted people. We want the seeds of Your kingdom to grow in us so that we can be Your children. Amen.

8 Ons luister dieper na die Woord en ontmoet God
Luister na God se Woord Ons luister dieper na die Woord en ontmoet God

9 Matteus 13:1-9

10 Luister na mekaar God maak ons ’n luisterende gemeenskap en praat ook deur ander mense met ons

11 The Message The Message
At about that same time Jesus left the house and sat on the beach. In no time at all a crowd gathered along the shoreline, forcing him to get into a boat. Using the boat as a pulpit, he addressed his congregation, telling stories. “What do you make of this? A farmer planted seed. As he scattered the seed, some of it fell on the road, and birds ate it. Some fell in the gravel; it sprouted quickly but didn't put down roots, so when the sun came up it withered just as quickly. Some fell in the weeds; as it came up, it was strangled by the weeds. Some fell on good earth, and produced a harvest beyond his wildest dreams. “Are you listening to this? Really listening?” “Study this story of the farmer planting seed. When anyone hears news of the kingdom and doesn't take it in, it just remains on the surface, and so the Evil One comes along and plucks it right out of that person's heart. This is the seed the farmer scatters on the road. “The seed cast in the gravel--this is the person who hears and instantly responds with enthusiasm. But there is no soil of character, and so when the emotions wear off and some difficulty arrives, there is nothing to show for it. “The seed cast in the weeds is the person who hears the kingdom news, but weeds of worry and illusions about getting more and wanting everything under the sun strangle what was heard, and nothing comes of it. “The seed cast on good earth is the person who hears and takes in the News, and then produces a harvest beyond his wildest dreams.”

12 Luister na ander en die tye
Ons stel onsself oop om God van onverwagse kante af te hoor

13 Luister weer na God se Woord
Hierdie oorbekende en oopgeprikte gelykenis kan van verskillende hoeke benader word. Ons fokus op die Gees se beweging in ons hart en gedagtes

14 Die Saaier  Kom ons fokus eers op stories wat die een kant van die gelykenis verlig - die saaiers.

15 Saai die saad… Op ’n lentedag het ’n “naweek tuinier” vir ’n vriend uit ’n ander dorp pakkies saadjies gewys wat hy deur die pos ontvang het. Die reënboog gekleurde pakkies het groot, sappige, smaaklike groente van elke soort belowe. “Dit sal verseker my beste tuin ooit wees!” het die naweek tuinier gespog! Later die somer het dieselfde vriend weer kom kuier. “Hoe gaan dit met jou tuin?” “Ek is jammer om te sê, maar dit het nie goed gegaan nie!” antwoord hy. “Dis ’n jammerte”, simpatiseer hy, “wat is die probleem? Swak grond? Pes? Droë weer?” Die tuinier het sy kop geskud. “Was die saadjies ’n probleem?” vra die vriend verder. “Ja, ek dink die saad was die probleem.” het die tuinier geantwoord. “Jy sien, ek het nooit gekom by die punt waar ek die saadjies kon plant nie!” Om die saad te saai, is altyd ‘Stap een’, want anders is daar geen oes nie. Saai, maar onthou God laat groei - Paulus leer dit vir ons in 1 Kor 3.

16 …maar los die groei in God se hande
Verder lewe ons in tye waar alles vol kits dinge is - kitskoffie, kitsbanke, ens. Daarom verwag mense ook dikwels vinnige, kits oplossings. Maar in die natuur het God vir ons ’n groot lewens wenk gegee: daar is geen haas in die natuur se groei nie...dit vat lank voordat die akker ’n groot akkerboom word... soms vat dit lank voordat die saad ook in ’n mens se lewe ontkiem. Daarom, saai met geduld en met hoop, want ons kan niks maak groei nie - los die groei en die oes in die hande van God…

17 Daar is ’n ou Inheemse Amerikaanse storie van ’n buidelrot (opossum) wat die groei van ’n saad fyn dopgehou het! Eendag het die buidelrot sy goeie vriend, die wasbeer (racoon), by sy huis naby die rivier kom besoek. Die buidelrot was in verwondering oor die wasbeer se wonderlike tuin en het hom gevra of hy ook so ’n tuin sou kon groei. “Ja”, het die antwoord gekom, “maar dis harde werk.” Die buidelrot het belowe om hard te werk en is daar weg met ’n klomp saadjies. By die huis het hy met gelag en gesing die saadjies dadelik geplant. Hy het daarna gewas, geëet en gaan slaap. Die volgende môre het hy uit die bed gespring om sy nuwe tuin te sien! Niks! Die grond het niks anders gelyk as wat hy dit die vorige aand gelos het nie! Briesend kwaad het die buidelrot op sy saadjies geskreeu: “Groei, saadjies, groei!” terwyl hy eers die grond geslaan en daarna met sy pote daarop gespring het! Nog steeds het niks gebeur nie. Gou-gou het ’n groot skare van die woud se diere daar vergader om te sien waaroor al die geraas gaan. Wasbeer was ook daar. “Wat vang jy aan, buidelrot?” het wasbeer gevra. “Die kabaal wat jy opgeskop het, het die hele woud wakker gemaak!” Die buidelrot het gekla dat hy geen tuin het nie. Daarom het hy na elke saadjie gegaan en dit beveel om te groei! Toe die diere buidelrot hieroor begin spot, het hy net harder geskreeu! Toe het wasbeer weer rustig tussenbeide gekom: “Wag ’n bietjie, buidelrot. Jy kan nie die saadjies maak groei nie. Jy kan seker maak hulle kry water en son en dan kan jy kyk hoe hulle groei. Die lewe is in die saadjies, nie in jou nie!” Terwyl hierdie waarheid by hom insink, het buidelrot opgehou skreeu. Hy het begin om vir sy saadjies om te gee, hulle water te gee, die onkruid uit te haal. Op sekere dae, as hy seker was niemand hou hom dop nie, het hy nog steeds so ’n bietjie op die saadjies geskreeu. Toe op ’n wonderlike oggend het buidelrot opgemerk dat sy tuin vol groen spruite was en ’n paar dae daarna was sy tuin vol blomme. Met opgewondenheid en trots het hy na wasbeer gehardloop. “Kom kyk na die wonderwerk van my tuin.” Wasbeer is toe saam en het na buidelrot se tuin gaan kyk. Toe het hy vir buidelrot gesê: “Sien jy nou, my goeie ou buidelrot, al wat jy moes doen, was om te kyk hoe die saadjies hulle werk doen.” Terwyl hy sy vriend se wyse woorde van ’n tyd terug onthou: “Ja, maar dis harde werk om te kyk na ’n saadjie wat groei.” Doug Murren in sy boek Churches That Heal: Becoming a Church That Mends Broken Hearts and Restores Shattered Lives reageer dan op hierdie storie as volg: “There's a lesson there for all of us. Sometimes, as Christians and church leaders, we work too hard and take ourselves too seriously instead of simply planting people in the proper environment and letting them grow.” Mense is saaiers, nie groeiers nie!

18 Ons saai die saad, maar ons weet nooit wat die resultate sal wees nie
Verder, wanneer ons die saad saai, weet ons nooit wat die resultaat gaan wees nie. Daar is die storie van William Barclay… (daar is verseker in julle gemeente ook mense met sulke aangrypende stories... miskien kan jy na die storie vra of daar mense is wat sulke stories wil deel. Of miskien kan jy vooraf sulke stories soek en dit in die plek van Barclay se storie vertel): William Barclay vertel van ’n predikant-vriend in wie se gemeente daar ’n eensame ou man was, met die naam Thomas. Hy het sy vriende oorleef en niemand het hom regtig meer goed geken nie. Toe Thomas doodgaan, het hierdie vriend van Barclay besluit om na Thomas se begrafnis te gaan, want hy het gewonder of iemand anders daar sou wees. Ten minste sou hy daar wees. Hy was toe reg. Dit was ’n aaklige, stormagtige dag en niemand was by die begrafnis nie. Toe hulle by die begraafplaas kom, het daar ’n soldaat gestaan en wag. Hy kon nie sy rang agterkom nie, want hy het ’n reënjas aangehad. Die soldaat het by die graf gaan staan, toe alles verby was, hy het vorentoe gestap en op aandag gekom en gesalueer - die eer wat ’n koninklike toekom! Toe die vriend van Barclay daar wegloop saam met die soldaat, waai die wind sy reënjas oop en hy sien die soldaat is ’n brigadier – ’n baie hoë rang. Die brigadier het vir Barclay se vriend gesê: “Jy sal seker wonder wat doen ek hier. Jare gelede was Thomas my Sondagskoolonderwyser. Ek was maar ’n wilde lat. Hy het nooit geweet wat hy vir my beteken het nie, maar alles wat ek vandag is en het, het ek te danke aan Thomas se onvoorwaardelike liefde en insette in my lewe. Vandag het ek hom kom eer vir wat hy vir my beteken het.” Thomas het nie toe geweet watter invloed sy saaiery sou hê nie. Geen prediker, onderwyser, ouer, vriend weet ooit nie. Dis ons taak om die saad te saai en res in God se hande te los!

19 Die hoorders Kom ons fokus nou op die hoorders.
Jesus herinner die saaiers dat daar altyd vier reaksies op die “saai van die Woord” is: Ek het dit nie gekry nie. Ek het dit gekry, maar dis nie vir my nie. Ek het dit. Ek wil dit hê, maar ek’s nou te besig. Ek het dit. Ek wil dit hê, dank die Here daarvoor.

20 1. Ek het dit nie gekry nie 1. Ek het dit nie gekry nie

21 “Ons vind altyd wat ons verwag om te vind”
Alan Bean was die leier van die Apollo XIII en die vierde man wat op die maan geloop het. ’n Vriend het hom gevra oor die geestelike kant van ruimtereis - die vriend het gesê: “Ek het gehoor dat van die ruimtevaarders die teenwoordigheid van God ervaar het. Was dit ’n algemene ervaring? Alan Bean was vir ’n oomblik stil en het toe geantwoord: “Sommige het, ander nie. Ruimte is in hierdie opsig nie anders as hier op aarde nie. Ons vind altyd wat ons verwag om te vind.” Alan Bean was reg. Ons vind altyd wat ons verwag om te vind. Sommige mense vind nooit vir God nie, want hulle soek Hom nie!

22 2. Ek het dit gekry, maar dis nie vir my nie

23 Ja, maar… Eric Berne het jare terug ’n blitsverkoper geskryf, Games People Play. Daarin beskryf hy ’n belangrike sielkundige speletjie. “Ja, maar.” ’n Voorbeeld van so ’n speletjie sal so lyk: “My man slaan my.” “Los hom dan.” “Ja, maar ek het hom lief.” “Dan moet jy hom oorreed om hulp te kry.” “Ja, maar hy sal nooit gaan nie.” “Dan moet jy dreig om hom te verlaat.” “Ja, maar hy sal my net meer slaan.” Dan gee die persoon wat die oplossings gee, moed op. Berne stel die volgende voor, om dinge om te draai: Die slagoffer kla: “My man slaan my.” Die probleem-oplosser sê: “Dis regtig hartseer. Maar wat beplan jy om daaraan te doen?” Die “ja, maar” speletjie word gespeel deur die mense wat die woord gekry het, maar niks daaraan gaan doen nie. “Ja, maar dis nie vir my nie!”

24 3. Ek het dit. Ek wil dit hê, maar ek’s nou te besig

25 “There's a difference between interest and commitment
“There's a difference between interest and commitment. When you are interested in doing something, you do it only when it is convenient. When you are committed to something, you accept no excuses.” Baie van ons se lewens is so oorlaai dat ons nie uitkom by dit wat saak maak nie. In sy boek, The One Minute Manager, skryf Ken Blanchard “There's a difference between interest and commitment. When you are interested in doing something, you do it only when it is convenient. When you are committed to something, you accept no excuses.”

26 4. Ek het dit. Ek wil dit hê. Dank die Here daarvoor.

27 Ek dink Nike se leuse som hierdie groep mense die beste op: “Just do it!”

28 Jy kan nooit sê waar die saad sal val en waar dit gaan wortel skiet en groei nie
Fred Craddock vertel ’n storie van ’n tyd toe hy ’n oproep gekry het van ’n vrou wie se pa oorlede is. Sy was ’n tiener in ’n gemeente waar hy twintig jaar vantevore die predikant was. Hy het daardie tyd vir homself gesê as daar iemand is wat niks van sy boodskappe gehoor het nie, was dit die vrou! Sy was altyd aan die giggel met haar vriende op die gallery, besig om briefies vir die seuns te stuur en om die afkondigings blaadjies vol te teken. Maar toe haar pa sterf, het sy haar predikant uit haar jeugjare, Fred Craddock, gebel. Sy het vir hom oor die telefoon gesê: “Ek weet nie of jy my kan onthou nie.” (O, JA, EK KAN JOU GOED ONTHOU!-het dit deur Craddock se gedagtes geflits) “Toe my pa dood gegaan het, het ek gehuil en gehuil en gehuil. Ek het nie geweet wat om te doen nie. Toe onthou ek iets wat jy in een van jou preke gesê het...” En Fred Craddock was verstom. Het sy iets onthou wat hy in sy preke gesê het? Dit was vir Craddock genoeg bewys dat jy nooit kan sê waar die saad sal val en waar dit gaan wortel skiet en groei nie... “Ek wou net vir jou dankie sê.” het die vrou afgesluit.

29 Watter soort grond is ek en jy?
Mense reageer op verskillende maniere op die Woord. Die vraag is: wat se soort grond is jy en ek?

30 Fokus op wat God nou doen
Ons fokus op wat God nou doen en waarheen God ons lewe rig

31 Ons besluit op ’n gepaste reaksie op wat God gegee/ gedoen/ gesê het
Antwoord met ons lewe Ons besluit op ’n gepaste reaksie op wat God gegee/ gedoen/ gesê het

32


Download ppt "Matteus 13:1-9; Matteus 13:1-9, 18-23"

Similar presentations


Ads by Google