Download presentation
Presentation is loading. Please wait.
2
Die deurlopende PP-agtergrond
Die deurlopende PP-agtergrond (die PowerPoint Background Image) “Ek kan nie vir jou vertel wat die wind is nie, maar ek weet wel hoe om ’n seil op te hys.” Die vraag van die seuntjie oor die wind, is die deurlopende PP-tema hierdie week. As jy “down and out” is, hys net jou seile en die Gees van God sal uit jou stormwater kry - dis die belofte van Jesus se kruis. Die deurlopende PP-agtergrond
3
God versamel ons en ons is bly
Teks Psalm 22 (Soos altyd stel ons voor dat jy die Psalm as ’n geheel hanteer. Ons gee vir jou genoeg “stuff”. Jy kan self besluit wat jy gaan gebruik...)
4
Psalm 22 Psalm 22 U het my gebed verhoor
22 Vir die koorleier: op die wysie van “Die wildsbok van die daeraad”. ’n Psalm van Dawid. 2My God, my God, waarom het U my verlaat en bly U ver as ek om hulp roep? 3My God, ek roep bedags en U antwoord nie, ook snags, maar ek kry geen rus nie. 4U is tog die Heilige wat woon waar die lofsange van Israel weerklink! 5Op U het ons voorvaders vertrou. Hulle het vertrou en U het hulle gered. 6Hulle het na U om hulp geroep en hulle is bevry; op U het hulle vertrou en hulle is nie beskaam nie. 7Maar ek is ’n wurm, nie ’n mens nie. Ek word deur die mense bespot en deur die volk verag. 8Almal wat my sien, spot my, hulle steek vir my tong uit en knik met voldoening die kop en sê: 9”Laat dit aan die Here oor! Laat Hy hom red, laat Hy hom bevry as Hy dan so baie van hom hou.” 10U het my die eerste lewenslig laat sien, my veilig laat rus aan die bors van my moeder. 11Van my geboorte af is ek onder u sorg, van die begin van my lewe af is U my God. 12Moet tog nie so ver van my af weg bly nie, want die nood is naby en daar is niemand wat help nie. 13’n Wreedaardige klomp mense het my omsingel, soos beeste uit Basan staan hulle my toe. 14Soos verskeurende, brullende leeus storm hulle met oop bekke op my af. 15Ek is soos uitgestorte water, al my bene het uitmekaar geval, my hart het soos was geword, dit smelt weg in my. 16Ek is so min werd soos ’n potskerf, my tong kleef aan my verhemelte, U laat lê my asof ek dood is. 17Soos honde omsingel hulle my, die bende misdadigers sak op my toe, hulle bind my hande en voete vas. 18Al wat been in my is, kan ek tel; hulle kyk na my met leedvermaak. 19Hulle verdeel my klere onder mekaar en trek lootjies oor my mantel. 20En U, Here- moet tog nie so ver bly nie, Bron van my krag, help my tog gou! 21Red my van die swaard, my kosbare lewe uit die mag van die honde. 22Red my uit die bek van die leeu en tussen die horings van die wilde beeste uit. U het my gebed verhoor! 23Ek sal tot eer van u Naam getuig in die gemeente, U in die volle vergadering prys. 24Julle wat die Here dien, prys Hom! Vereer Hom, nageslag van Jakob! Betoon Hom eerbied, nageslag van Israel! 25Die nood van die hulpelose het Hy nie verontagsaam en gering geskat nie, Hom daarvan nie teruggetrek nie, maar die hulpgeroep na Hom het Hy gehoor. 26My loflied in die volle vergadering kom van Hom af, my geloftes sal ek nakom voor die mense wat Hom dien. 27By dié offermaaltyd sal die armes genoeg hê om te eet, en sal dié wat na die wil van die Here vra, Hom prys. Mag hulle lank en gelukkig lewe. 28Mense oor die hele wêreld sal die Here erken en hulle tot Hom bekeer. Alle volke sal Hom as koning erken, 29want die koningskap behoort aan die Here; Hy heers oor die volke. 30Al die rykes van die wêreld sal ook aan dié maaltyd deelneem en Hom as koning erken, ja, alle mense, sterflik en verganklik, sal voor Hom kniel. 31Die nageslag sal Hom dien, en hulle sal van die Here vertel aan die volgende geslag. 32Dié sal dan aan die volk wat nog gebore moet word van hierdie verlossingsdaad getuig: die Here het dit gedoen.
5
God versamel ons en ons is bly
Ons fokus op God Ons fokus op God
6
Is God ‘gone’? Is God “gone”? Lees Psalm 22:1-6
7
“Eli, eli, lema sabagtani?”
Jesus het hierdie eerste vers van Psalm 22 aan die kruis uitgeroep: “Eli, eli, lema sabagtani?” Verskriklike woorde... almal het Hom verlaat, selfs Sy Pa...
8
“God verlaat Jesus? Geen mens kan dit ooit verstaan nie!”
Marten Luther: “God verlaat Jesus? Geen mens kan dit ooit verstaan nie!” Ek het iewers gelees dat Maarten Luther, die kerkhervormer, nooit oor hierdie gedeelte wou preek nie. Hy kon nooit die “mystery” van hierdie vers, wat een van Jesus se kruiswoorde was, verstaan nie. Sy vrou, Katherina, het later vertel hoe Luther ’n hele dag in sy studeerkamer met hierdie teks geworstel het. Sy het gehoor hoe hy heen en weer in sy studeerkamer gestap het en hoe hy oor en oor hierdie stelling gemaak het: “God verlaat Jesus? Geen mens kan dit ooit verstaan nie!”
9
God is 24/7 by ons! Hoe waar! Wie van ons kan dit regtig verstaan? Dit bly ’n “mystery”! Maar die punt van hierdie teks is dat nadat Jesus dit aan die kruis uitgeroep het, jy dalk mag voel of jy afgesny is van God - dat Hy “gone” is - maar daar is ’n verskil tussen wat jy dink en voel en wat regtig is. Maak nie saak hoe donker dit rondom jou is nie, God is 24/7 by jou - daarvoor het Jesus aan die kruis gesorg!
10
God versamel ons en ons is bly
Familie-oomblik Familie-oomblik
11
Vertel stories van hoop
Die enigste hoop wat daar vir Dawid in die eerste gedeelte van die Psalm is, voordat die omstandighede vir hom verander vanaf vers 22c, is te sien in vers 5-6. Die stories van die voorvaders. Stories van vertroue en van gebede wat verhoor is en hoop wat nie beskaam nie. Baie keer gaan dit met jou baie sleg en jy kan glad nie hoop vind in jouself nie. Dis daarom baie belangrik om die stories van ander mense se lewens te hê. Vertel daarom nou vir jou kind ’n eenvoudige storie van ’n gebeurtenis/tyd in jou lewe waar dit met jou swaar gegaan het en jy na die Here om hulp geroep het en Hy jou gered het uit die swaarkry... Vers 23 sê dat ons van die Here moet getuig en Sy naam loof in die volle vergadering. Vra daarom vir enige kind om die storie wat hulle ouers/grootouers vir hulle vertel het hardop in die gemeente te vertel en so gehoor te gee aan vers 23. Jy kan dit oorweeg om die tweede deel van die familie-moment aan die einde van die diens te doen - nadat jy die hele Psalm hanteer het.
12
God versamel ons en ons is bly
Loflied Loflied
13
www.flam.co.za F253. U Is My Helper (RUBRIEK: Flammikidz – Toewyding)
Teks en Musiek: Retief Burger © Urial Publishing / Weaver (Opgeneem op Luidkidz) U goedheid en liefde, Vader, staan steeds deur al die jare U sal my nooit vergeet nie nooit verlaat nie Wie kan dan teen my wees as Christus vir my is? U is my Helper, wie sal ek vrees? U sal altyd daar wees Altyd daar wees Ek sal nie vrees, ek sal nie vrees Ek sal vir niemand bang wees nie
14
God praat met ons Luister na die Woord
15
Psalm22 - As die Here swyg - Psalm 22:1-15 – As die Here swyg
Psalm 22:1-21 is ’n klaagpsalm (wat weliswaar deur danksegging gevolg word in verse 22 tot 31 nadat die digter in vers 21 uitroep dat die Here hom wel gehoor het) waardeur Dawid nie alleen oor sy omstandighede kla nie, maar ook spesifiek omdat God niks daaraan doen nie. In vers 2 tot 4 kla die digter (Dawid volgens die aanhef) dat die Here wie Hy aanbid (let op die klem van die dubbele herhaling van “my God”) hom verlaat het deurdat Hy hom nie in sy nood gehelp het toe hy om hulp geroep het nie. Die herhaling “my God, my God” beklemtoon die persoonlike aard van sy lyding, asook die dringende hulpgeroep en die vashou aan God se verbondsbeloftes deur Dawid. In vers 3 word beklemtoon hoedat Dawid aanhoudend en herhaaldelik (bedags en snags) geroep het tot God en geen antwoord van Hom ontvang het nie. Met die intense woorde het Dawid die Godsverduistering wat talle gelowiges al ervaar het, treffend verwoord. Vir Dawid is dit onverstaanbaar dat die Heilige God hom nie antwoord nie (vers 4). Dawid se “waarom?” is dan ook die vraag waarmee byna elke gelowige al tot God genader het. Dit sou dan ook Jesus se sterwens woorde word aan die kruis (Matt. 27:46). Wat Dawid se geloof nóg verder beproef, is dat toe sy voorvaders op die Here vertrou het, het Hy ag geslaan op hulle geroep (vers 5). Sy ervaring van God verskil dus drasties van dié van sy voorvaders. Drie keer word in verse 5 tot 6 daarna verwys dat vertroue in die verlede tot verlossing gelei het. Waarom gebeur dit egter nie nou nie? Dit was tog die wese van God se verbond met Israel – hulle moet alleen op Hom vertrou en Hy sou vir hulle sorg. En as God onveranderlik is, wat is fout met hom? Dawid beleef daarom dat hy maar ’n wurm is – ’n voorwerp van bespotting en veragting. Hy het sy ganse menswaardigheid verloor. Mense lag vir hom en tart hom omdat hy ondanks sy ellende nog aan die Here vashou. Waar Dawid se probleem met God in die swye van God gelê het (vers 3a), het sy probleem met sy naaste in hulle woorde gelê. Hulle het hom getart oor hoe hy kon glo dat die Here kwansuis baie van hom hou (vers 9)? In vers getuig Dawid egter waarom hy glo dat die Here vir hom lief is: God het hom sy eerste lewenslig laat sien. God was van sy geboorte af by sy lewe betrokke. Juis dit maak die nood nog meer konkreet. Daarom kan Dawid net getuig: van die begin van my lewe af was u my God! In die Psalm wil Dawid se geloof in God dus net nie sterf nie... Dawid se persoonlike ervaring van God (en die getuienis van ander hoedat God in die verlede hulle gebede verhoor het), en die wete dat daar niemand anders is wat sou kon help nie (vers 12) laat hom telkens opnuut tot God roep. Let op dat hy nie soseer net vir bevryding of verlossing, genesing of guns vra in vers 12 nie, maar eerder dat Here by hom teenwoordig moes wees (nie so ver van hom af staan nie). Om die Here se teenwoordigheid te beleef, is vir Dawid dus net so belangrik as dat die Here hom sal help. Is dit waar van ons, of soek ons die hulp van die Here sonder dat Hy in ons lewens teenwoordig moet wees? In vers 13 tot 14 beskryf hy die nood wat hy ervaar met ’n paar beelde: Sy vyande is soos beeste uit Basan (wat oënskynlik die grootste beeste in die area gelewer het – vgl. Amos 4:1) en soos verskeurende, brullende leeus wat op hom afstorm. Sy vyande is dus vir Dawid soos diere wat hom wil vertrap en verskeur. Hyself is soos uitgestorte water – vir altyd verlore! Dit voel vir hom of hy uitmekaar val – sy bene val uitmekaar en sy hart smelt soos was (vers 15). Hy is omsingel deur sy vyande. [] Bronne Van Uchelen, NA Psalmen 1 Craigie, P C Psalms 1-50 Kraus, H Psalms 1-59 Bybel Verklaar Bybellenium
16
Luister weer na die Woord
God praat met ons Ons luister Luister weer na die Woord Luister weer na die Woord
17
Welkom in die wêreld van wurms!
Lees Psalm 22:7-11
18
Lewis Carroll, die skrywer van Alice in Wonderland en ander kinderstories, het iewers geskryf van ’n slot wat altyd rondgehardloop het op soek na iets. Uiteindelik het ’n nuuskierige iemand gevra: “Wat is die probleem?” En die slot het gesê: “Ek soek na iemand wat my kan oopsluit!” Hoeveel keer staar ons dieselfde probleem in die oë as Lewis Carroll se slot? Mense en situasies laat jou soos ’n wurm voel. Dawid praat in Psalm 22 oor mense wat hom deel van die wurm-wêreld gemaak het. Maar in hierdie Psalm word die manier hoe mense jou hanteer en jou “toesluit” in wurm-wêreld gestel teenoor hoe God ons hanteer en “oopsluit”. Hoe God oor ons voel, maak al die verskil.
19
Ons is NIE wurms nie! Ons is kinders van God!
Aan die kruis het mense vir Jesus soos ’n wurm behandel, maar nou is dit God se sleutel om jou oop te sluit en oop te hou as jy soos ’n wurm voel. Dit is die herinnering dat Hy van lankal af vir jou sorg (vs 10,11). Ons is nie wurms nie, maar kinders van God!
20
“You are a child of God; your playing small doesn't serve the world.”
Dis Marianne Williamson wat in lyn hiermee gesê het: “You are a child of God; your playing small doesn't serve the world.”
21
Mark 15:24 “Toe kruisig hulle Hom en verdeel sy klere onder mekaar deur te loot oor wat elkeen moet kry.” Voorste sitplek Lees Psalm 22: 12-22 (Dis interessant om te weet dat Jesus nie net hierdie Psalm aanhaal aan die kruis nie, maar ook is dié Psalm se vers 19 waargemaak in Jesus se lewe daar aan die kruis. (Lees Markus 15:24)
22
Al skuif jy ook na die voorste sitplek, God is steeds die bestuurder
Ek het gelees van ’n 13 jarige seun wat geskryf het oor sy oorgang van kind na jongmens. Hy het geskryf: “Sekuriteit is om op die agtersitplek van die motor te slaap as jy ’n klein kind is... jy hoef oor niks te “worry”. Jou ma en pa is in die voorste sitplekke en hulle doen al die “ worrying”... As jy groter word... is dit verby en jy skuif voorste sitplek toe.” Daar deel die lewe sy klappe uit, maar gelukkig weet ons en Psalm 22 (en die res van die Bybel) bevestig dit, dat ons nie in die bestuurder se sitplek is nie. God is!
23
“Seun, Ek kan nie vir jou vertel wat die wind is nie, maar ek weet wel hoe om ‘n seil op te hys.”
Onthou die volgende beeld: ’n Klein seuntjie het by die hawe gestaan en gekyk hoe die onsigbare wind die seilbote aandryf. “Wat is die wind?” het hy vir ’n visserman gevra. Hy het vriendelik geantwoord: “Seun, ek kan nie vir jou vertel wat die wind is nie, maar ek weet wel hoe om ’n seil op te hys.” As jy “down and out” is, hys net jou seile en die Gees van God sal jou uit jou stormwater kry - dis die belofte van Jesus se kruis. Elke –(minus) in jou lewe verander Hy in ’n †( plus)!
24
“Wie?” in plaas van “Waarom?”
“Wie” i.p.v. “Waarom”! Lees Psalm 22:23-32 ’n Klompie jare gelede het ’n voornemende sendeling, Glenn Chambers, op ’n vliegtuig geklim vir Quito, Ecuador, waar hy sy bediening in ’n sending uitsaaistasie sou begin het. Maar hy het nooit daar aangekom nie. Die vliegtuig waarin hy gery het, het in ’n bergpiek vasgevlieg. Later is daar vertel dat voor hy uit Miami lughawe vertrek het, wou Glen vir sy ma ’n brief skryf. Al wat hy vir skryfpapier kon kry, was ’n advertensie papier met hierdie enkele woord daarop: “WHY?” Rondom dit het hy ’n briefie vir haar geskryf waarin hy vir haar gesê het dat hy vir haar lief is… Na sy dood het die brief by die huis aangekom en toe sy die koevert oopmaak, het sy die stuk papier uitgehaal en vasgekyk in die woord: “WHY?”. Dis presies wat Psalm 22 ook wou weet. Dis wat ons ook wil weet as dinge in ons lewe skeefloop. Wat Psalm 22 vir ons leer, is dat die antwoord op die pyne van die lewe nie ’n “Waarom” is nie, maar ’n “Wie”! God sê “Hier is Ek! Ek is altyd by jou! Ek hoor jou gebed en sal jou altyd help.”
25
FLAM-bladmusiek kan afgelaai word by www.flam.co.za
Lied FLAM-bladmusiek kan afgelaai word by By kan jy na demonstrasie-snitte luister van die bladmusiek. Sommige liedere is ook aflaaibaar in mp3-formaat.
26
www.flam.co.za F317 “Altyd by my”
Nog ’n lied wat ons daaraan herinner dat die Here ons nooit sal verlaat nie: (RUBRIEK: Flammikidz - Geloof & Vertroue) F317. Altyd By My Oorspronklik: Heer, U Bent Altijd Bij Mij © 1998 Celmar Music Afr Vert.: Marcel en Lydia Zimmer & Jan de Wet Teks en Musiek: Marcel Zimmer 1. Here U sien en ken my. U weet waarheen ek gaan. En U ken my gedagtes; U ken my sit en staan. Die woorde van my mond, o Heer, Ek weet dat U daar is En waar ek ook al heen mag gaan, Ja dit ken U gewis. Refrein: En U is by my en langs my U hou U hande om my. Here U’s altyd by my. en rondom my Elke dag Want in die moederskoot 2. Here U sien en ken my Het U vir my gevorm Dat U my lewe lei Ek dank U vir die wonderwerk U is oneindig groot U is altyd by my En wat ook sal gebeur, ek weet,
27
Omdat ons lank vooruit werk aan die PP, kry ons dikwels nader aan die Sondag nog waardevolle idees en voorstelle. Ons het egter geen manier om jou te laat weet as ons nie jou e-posadres het nie. Indien jy op ons e-poslys wil wees, stuur vir ons ’n e-pos na met die woord ‘Nous E-poslys’ in die ‘Subject’-lyn. Jy kan ook aansluit by ons Facebook-groep ‘Nous – Common sense wysheid’ of volg ons op Twitter @NousWisdom.
28
Volgende week: Mark 10:35-45 Volgende week: Markus 10:35-45
Similar presentations
© 2025 SlidePlayer.com. Inc.
All rights reserved.