Presentation is loading. Please wait.

Presentation is loading. Please wait.

Want alles wat tevore geskrywe is, is tot ons lering tevore geskrywe, sodat ons deur lydsaamheid en bemoediging van die Skrifte hoop kan hê. Vooraf: Toestand.

Similar presentations


Presentation on theme: "Want alles wat tevore geskrywe is, is tot ons lering tevore geskrywe, sodat ons deur lydsaamheid en bemoediging van die Skrifte hoop kan hê. Vooraf: Toestand."— Presentation transcript:

1 Want alles wat tevore geskrywe is, is tot ons lering tevore geskrywe, sodat ons deur lydsaamheid en bemoediging van die Skrifte hoop kan hê. Vooraf: Toestand in Israel Was bedreig deur buurvolke Maar het ’n leier gehad wat hulle na JHWH gelei het Dit het goed gegaan JHWH het hulle wonderbaarlik verlos in oorlog teen buurvolke Maar toe word die leier oud, en stel sy twee seuns aan in sy plek Een se naam: JHWH is sy God, ander: Aanbidder van JHWH Hulle stel net in hulle eie beurs belang Die reg word verdraai en die volk word afvallig van JHWH Filistyne se bedreiging neem weer toe (sien dit geestelik!) Die Filistyne rig vestings op / stasioneer garnisoene oral in die land – beheer Israel Ook in Gibea van God (Heuwel van Elohiem) (1 Sam 10:5) Hulle pas wapenbeheer toe (ystersmede) – slegs Filistyne het wapens (1 Sam 13:19-21) Israeliete raak ook ekonomies onder druk, want vir baie aktiwiteite is hulle afhanklik van die Filistynse smede (ploeg, dors, hout kap, grond voorberei, snoei, osse aanjaag, ...) Die volk roep om uitkoms, verlang na ’n leier om hulle uit te lei. Romeine 15:4

2 Dan: Een mens se krisis te midde van die groter krisis
Kleinste stam, onbelangrike familie Darem vermoënd MAAR dan raak sy donkie-merries weg! Groot skade. Hy stuur sy seun + dienaar om te gaan soek Soek vir 3 dae – padkos en geld op. Wat is jou eie private krisis of swaarkry, te midde van die groter krisis? Dis nie die krisis se oplossing wat bepalend is nie. Dis ’n geleentheid waar God jou afsonder om met jou te kan werk. Deut 8:2 En jy moet dink aan die hele pad waarlangs Jahwe jou God jou nou veertig jaar lank in die woestyn gelei het tot jou verootmoediging en beproewing, om te weet wat in jou hart is, of jy sy gebooie sal hou of nie. (ook Abraham se offer van Isak - na ‘n reis van 3 dae.) Saul kom nou op die plek waar JHWH hom wil hê: ontmoet Samuel. Kyk hoe val dinge in plek toe Saul op die regte plek is: Die donkies gaan intussen „vanself” huis toe. Saul se dienaar het klaar (’n klein hoeveelheid) geld gereed (kwart sikkel = 2.5g silwer) JHWH het klaar ’n dag vooruit vir Samuel laat weet Saul gaan kom Daar is klaar ’n fees gereël, en Saul en sy dienaar is eregaste Samuel het klaar die boud vir ’n maaltyd uitgehou Hulle het slaapplek vir die nag Die volgende dag word Saul weer verder gestuur. Maar nie voordat die volgende 4 dinge gebeur nie:

3 A. Salwing Terwyl hulle by die einde van die stad afdaal, sê Samuel vir Saul: Beveel die dienaar dat hy voor ons uit verder gaan - en hy het verder gegaan - maar staan jy eers stil, dat ek jou die woord van God kan laat hoor. En Samuel het die kruik met olie geneem en dit op sy hoof uitgegiet en hom gesoen en gesê: Het Jahwe jou nie gesalf as vors oor sy erfdeel nie? 1 Samuel 9-10 9:27-10:1 Terwyl hulle by die einde van die stad afdaal, sê Samuel vir Saul: Beveel die dienaar dat hy voor ons uit verder gaan - en hy het verder gegaan - maar staan jy eers stil, dat ek jou die woord van God kan laat hoor. En Samuel het die kruik met olie geneem en dit op sy hoof uitgegiet en hom gesoen en gesê: Het Jahwe jou nie gesalf as vors oor sy erfdeel nie? Saul word gesalf – sonder getuies Salwing: belangrik tussen God en gesalfde. Jy bewys dit deur jou dade daarna. 1 Samuel 9: :1

4 B. Drie tekens Die esels is gevind. Jou vader is besorg en vra: Wat kan ek vir my seun doen? En hulle sal jou twee brode gee; dit moet jy aanneem. Die Gees van Jahwe sal oor jou vaardig word, sodat jy saam met hulle sal profeteer en in ’n ander mens verander word. 1Sa 10:2 As jy vandag van my af weggaan, sal jy by die graf van Ragel, op die grens van Benjamin in Selsag, twee manne aantref wat vir jou sal sê: Die esels wat jy gaan soek het, is gevind. En kyk, jou vader het die saak van die esels laat vaar en is besorg oor julle en vra: Wat kan ek vir my seun doen? Probleem opgelos. Ondersteuningsnetwerk (?) 1Sa 10:3 Gaan jy dan vandaar verder en kom by die terpentynboom van Tabor, dan sal drie manne jou daar kry wat na God, na Bet-el opgaan: een dra drie bokkies, en een dra drie broodjies, en een dra ‘n sak wyn. 1Sa 10:4 En hulle sal jou na die welstand vra en sal jou twee brode gee; dit moet jy dan uit hulle hand aanneem. Padkos. Praktiese benodigdhede. 1Sa 10:5 Daarna sal jy kom by Gíbea van God waar die wagposte van die Filistyne is; en net soos jy daar die stad inkom, sal jy ‘n groep profete ontmoet wat van die hoogte afkom, en voor hulle uit harpe en tamboeryne en fluite en siters, terwyl hulle self profeteer. 1Sa 10:6 En die Gees van Jahwe sal oor jou vaardig word, sodat jy saam met hulle sal profeteer en in ‘n ander mens verander word. ‘n Ander mens. Geestelike benodigdhede. 1 Samuel 10:2-6

5 1 Samuel 10:7-8 C. Wat om te doen
En as hierdie tekens vir jou uitkom, doen dan wat jou hand vind om te doen, want God is met jou. En jy moet voor my uit na Gilgal afgaan, en kyk, ek sal na jou afkom om brandoffers te offer, om dankoffers te slag; sewe dae lank moet jy wag, totdat ek by jou kom en jou bekend maak wat jy moet doen. 1 Samuel 10:7-8 En as hierdie tekens vir jou uitkom, doen dan wat jou hand vind om te doen, want God is met jou. En jy moet voor my uit na Gilgal afgaan, en kyk, ek sal na jou afkom om brandoffers te offer, om dankoffers te slag; sewe dae lank moet jy wag, totdat ek by jou kom en jou bekend maak wat jy moet doen. Wag = aktiewe wag. Nie sit en niksdoen nie. Saul (die gesalfde!!) was besig om beeste op te pas, toe die oproep kom om die stad Jabes te verlos van die Ammoniete. Die Gees word vaardig oor hom en hy tree soos ‘n leier op. 1 Sam 11:5-7 1 Samuel 10:7-8

6 1 Samuel 10:9 D. Kern (hart) van die storie
En net toe hy sy skouer draai om van Samuel af weg te gaan, het God sy hart verander, en al hierdie tekens het op dié dag uitgekom. 1 Samuel 10:9 En net toe hy sy skouer draai om van Samuel af weg te gaan, het God sy hart verander, en al hierdie tekens het op dié dag uitgekom. Eers het sy hart verander, TOE is die tekens bevestig. Nie anders om nie! Dit is nodig dat nie net nie verstand nie, maar veel meer nog die hart verander word! Dit is met die harte wat ons glo (Luk 24:25, Rom 10:9-10) en geestelike waarhede verstaan (Mat 13:15, Joh 12:40, Act 28:27) 1 Samuel 10:9

7 ’n Ander hart 5 Mei 2013 “Winning hearts and minds”
John Adams (VSA): Amerikaanse rewolusie 1818 – rewolusie is reeds in harte gewen voor eerste skoot geskiet is. Britte: Maleisiese krisis Lyndon B. Johnson (VSA): Viëtnam-oorlog MAAR ek sê Mens kan met die verstand die wet onderhou (halfuur-huwelik) of met die hart (nie eens na ‘n vrou kyk in begeerte nie) Daar is ‘n nuwe, sagte, rein hart nodig wat ontvanklik is vir die Heilige Gees, En wat verander kan word na sy wil. 5 Mei 2013

8 Vrae Kan so ’n verandering ongedaan gemaak word?
Hoekom is die regte hart nodig? Hoe bewaar ek my hart? Kan iemand self sy hart verander? Latere geskiedenis van Saul... Baie meer Skrif beskikbaar as wat aangehaal is

9 1 Samuel 28:5-7 Toe Saul die leër van die Filistyne sien, het hy bevrees geword, en sy hart het baie gebewe. En Saul het Jahwe geraadpleeg, maar Jahwe het hom nie geantwoord nie - nie deur drome en nie deur die Urim en nie deur die profete nie. En Saul sê aan sy dienaars: Soek julle vir my ’n vrou wat ’n dodebesweerster is, dat ek … haar raadpleeg. 1 Konings 11:4 En in die tyd van Salomo se ouderdom het sy vroue sy hart verlei agter ander gode aan... 1) Kan so ’n verandering ongedaan gemaak word? JA Saul (en ander) maak hulle hartsverandering tot niet. 1. Saul vertrou nie op Jahwe nie 2. Verleiding 3. Mense kan ook self hulle harte verhard teen Jahwe: Heb 3:7 Daarom, soos die Heilige Gees spreek: Vandag as julle sy stem hoor, Heb 3:8 verhard julle harte nie soos in die verbittering, in die dag van die versoeking in die woestyn nie,

10 Spreuke 4:21. bewaar [my woorde] binne-in jou hart
Spreuke 4: bewaar [my woorde] binne-in jou hart. Want hulle is die lewe vir die wat hulle vind, en ’n genesing vir hulle hele liggaam. Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorspronge van die lewe. Jakobus 5:8 ... versterk julle harte, want die wederkoms van die Heer is naby. Hebreërs 3:12 Sorg ... dat daar nie miskien in een van julle ’n bose en ongelowige hart is deurdat hy van die lewende God afvallig word nie. 2) Hoekom is die regte hart nodig? Die oorspronge van die ewige lewe is uit die hart - mits die hart met die regte dinge vol is - en dit bewaak word!

11 Esegiël 36: Dan sal Ek skoon water op julle giet, sodat julle rein kan word; van al jul onreinhede en van al jul drekgode sal Ek julle reinig. En Ek sal julle ’n nuwe hart gee en ’n nuwe gees in jul binneste gee; en Ek sal die hart van klip [harde hart] uit julle vlees wegneem en julle ’n hart van vlees gee. En Ek sal my Gees in jul binneste [die sagte hart] gee en sal maak dat julle in my insettinge wandel en my verordeninge onderhou en doen. 2.b) Hoekom is die regte hart nodig? (VERVOLG) Progressie: Reinig van sonde Nuwe hart – sagte hart Gee Gees in daardie hart, skryf Wette op daardie hart

12 Jeremia 17:7-10 Geseënd is die man wat op Jahwe vertrou
Jeremia 17:7-10 Geseënd is die man wat op Jahwe vertrou... Want hy sal wees soos ’n boom wat by die water geplant is en sy wortels uitskiet by die stroom en nie vrees as daar hitte kom nie, maar sy blad bly groen; en in ’n jaar van droogte is hy nie besorg nie en hou nie op om vrugte te dra nie. Bedrieglik is die hart bo alle dinge, ja, verdorwe is dit; wie kan dit ken? Ek, Jahwe, deursoek die hart, toets die niere, om aan elkeen te gee na sy weë, volgens die vrug van sy handelinge. 3) Hoe bewaar ek my hart? Vertrou Jahwe (jou hart bedrieg jou maklik om nie te vertrou, op iets anders te vertrou) Vul jou hart met sy Woord. Laat Hom toe om dit te toets en reg te stel.

13 Filippense 4:6-7 Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God [dus: vertrou op Jahwe]. En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne [“minds”] bewaar in Die Gesalfde Jahsua. 3.b) Hoe bewaar ek my hart? (VERVOLG) Paulus skryf naastenby dieselfde aan die Filippense

14 Psalm 51:12 Skep vir my ’n rein hart, o God, en gee opnuut in die binneste van my ’n vaste gees. Psalm 119:36 Neig my hart tot u getuienisse en nie tot winsbejag nie. Psa 139:23-14 Deurgrond my, o God, en ken my hart; toets my en ken my gedagtes; en kyk of daar by my ’n weg is van smart, en lei my op die ewige weg! 4) Kan iemand self sy hart verander? Dit lyk nie so nie... Maar hy kan JHWH vra om dit te verander, en oop te wees daarvoor.

15 Amen


Download ppt "Want alles wat tevore geskrywe is, is tot ons lering tevore geskrywe, sodat ons deur lydsaamheid en bemoediging van die Skrifte hoop kan hê. Vooraf: Toestand."

Similar presentations


Ads by Google