Presentation is loading. Please wait.

Presentation is loading. Please wait.

Thumela – Elmé Barnard.

Similar presentations


Presentation on theme: "Thumela – Elmé Barnard."— Presentation transcript:

1 Thumela – Elmé Barnard

2 Elmé Barnard Vanaf 1980 het die Departement van Nasionale Onderwys ‘n landswye kompetisie vir Afrikaanse gedigte by skole aangebied. Die beste gedigte is gepubliseer in Poort. Elmé Barnard se gedig,Thumela is in 1983 in die bundel Poort gepubliseer.

3 Thumela – Elmé Barnard tot siens meneer het jy geskree en vir oulaas gemaak ernstig na ‘n kennisgewingbord met hordes sportaankondigings en lyste eksamenroosters Wat jou nie meer kon raak gestaar jou boeksak toe met ‘n wilde tol die lug ingeskiet en ‘n geskiedenisboek gepos sodat die blaaie verward oor die verlate skoolvierkant saai terwyl jy laggend om ‘n hoek verdwyn gemaak geskok het meneer weggedraai maar ek het bly wonder Of dit vir jou dan niks beteken

4 Die skoolverlater maak of hy ernstig is
Thumela – Elmé Barnard Herhaling van ee-assonansie Om weg te stuur(Xhosa); om te groet laaste keer tot siens meneer het jy geskree en vir oulaas gemaak ernstig na ‘n kennisgewingbord met hordes sportaankondigings en lyste eksamenroosters Wat jou nie meer kon raak gestaar Die “jy” het nie mooi gegroet nie Die skoolverlater maak of hy ernstig is meervoude Dit is nie meer deel van die kind se ervaring nie

5 en ‘n geskiedenisboek gepos sodat die blaaie verward
Reaksie van die jy – aangesprokene = hoërskoolseun jou boeksak toe met ‘n wilde tol die lug ingeskiet en ‘n geskiedenisboek gepos sodat die blaaie verward oor die verlate skoolvierkant saai Staan alleen in versreël: beklemtoon seun se reaksie Beklemtoon d.m.v. inkeping Daar is niemand nie

6 Vrye vers: geen leestekens of vaste rymskema nie
reaksie van die leerder terwyl jy laggend om ‘n hoek verdwyn gemaak geskok het meneer weggedraai maar ek het bly wonder Of dit vir jou dan niks beteken Alliterasie – onderwyser gee ook voor Onderwyser se reaksie Spreker wat die meneer en die kind se gedrag dophou Spreker se gedagtes wending Vrye vers: geen leestekens of vaste rymskema nie Enjambement kom voor

7 Woordverklarings Thumela (isiXosa): stuur dit weg! send it away!
tot siens meneer het jy geskree en vir oulaas gemaak ernstig na ‘n kennisgewingbord met hordes sportaankondigings Thumela (isiXosa): stuur dit weg! send it away! gemaak ernstig: gee voor om ernstig te wees pretending to be serious vir oulaas: vir die laaste maal do something for the very last time kennisgewingbord notice bord hordes: ‘n groot, deurmekaar klomp many, lots of sportaankondigings: inligting oor sportaangeleenthede sport announcements

8 wat jou nie meer kon raak Doesn’t concern you anymore
en lyste eksamenroosters Wat jou nie meer kon raak gestaar 9 jou boeksak toe 10 met ‘n wilde tol die lug ingeskiet eksamenroosters exam timetables wat jou nie meer kon raak Doesn’t concern you anymore gestaar gazed, stared boeksak schoolbag met ‘n wilde tol with a wild spin through the air die lug ingeskiet shot into the air

9 geskiedenisboek gepos threw a history book
12 en ‘n geskiedenisboek gepos 13 sodat die blaaie verward 15 oor die verlate skoolvierkant saai 16 terwyl jy laggend geskiedenisboek gepos threw a history book blaaie pages verward untidy, tangled verlate desolate saai scatter laggend laughing

10 disappear around a corner
17 om ‘n hoek verdwyn 18 gemaak geskok 19 het meneer weggedraai 20 maar ek het bly wonder 21 Of dit vir jou dan niks beteken om ‘n hoek verdwyn disappear around a corner gemaak geskok … weggedraai pretending to be shocked … turned away maar ek het bly wonder but I kept wondering Of dit vir jou dan niks beteken Does this mean nothing to you

11 Bespreking Die gedig handel oor die laaste skooldag van graad 12’s wat die skool verlaat om die grootmenswêreld te betree. Die gedig beskryf hoe die persoon sy blydskap nie kan keer nie. Dit is waarskynlik ‘n seun, want net ‘n seun sal sy boeksak “met ‘n wilde tol” die lug “inskiet” en een van sy boeke met geweld oor die skool se vierkant weggooi. Dit is tipies van ‘n jongmens wat nog nie sy emosies kan beheer nie. Hy groet die onderwyser nie rustig nie, maar skree “tot siens”. Hy kyk “gemaak ernstig” na die “kennisgewingbord” en gooi daarna sy boeksak in die lug. Die onderwyser is al gewoond aan hierdie gedrag en maak asof hy geskok is, maar draai om, om voor te gee dat hy die kind ook nie sal mis nie.

12 Die persoon wat alles sien gebeur is omgekrap, want vir haar het dit wat sy op skool geleer het, meer beteken. Thumela beteken : stuur, oordra, wegstuur of versend – dit verwys waarskynlik na die dag dat die skool die jongmense oordra aan die grootmenswêreld. Die gedig kan in drie dele verdeel word: Deel 1: Beskryf die skoolverlater se optrede Deel 2: Handel oor die onderwyser se reaksie Deel 3: Ons kry die spreker se gedagtes

13 Titel Thumela is die isiXosa woord wat beteken “om weg te stuur” of geloof. Die onderwyser laat die leerder gaan om sy eie pad te loop. Die verteller voer ‘n denkbeeldige gesprek met die leerder en die onderwyser “gemaak”. Beide die onderwyser en die leerling gee voor. Hulle is nie regtig nie. Meervoude Word gebruik om die baie aankondigings en lyste eksamenroosters te beklemtoon. Nou maak dit nie meer saak nie, want hy gaan nie meer deel daarvan wees nie.

14 Assonansie Bind die gedig saam deur die gebruik van die lang “a” in woorde soos: oulaas; gemaak Personifikasie Die geskiedenisboek se blaaie is verward. “n Menslike gevoel, word aan die blaaie gegee. Daar vind ‘n “verdieping” plaas in die laaste drie versreëls waar die spreker wonder oor die “gemaak ernstig” en “gemaak geskok” van die leerder en die onderwyser en of die opvoeding en al die geleenthede dan werklik niks beteken het nie.

15 Vrae en antwoorde 1. Met wie word daar gepraat in hierdie gedig? Wie word in die gedig aangespreek? skoolverlater/hoërskoolleerder 2. Watter woord sê vir ons dat dit die laaste keer was wat die leerder iets gedoen het? “oulaas” 3. Waarom kyk die leerder “gemaak ernstig” na die kennisgewingbord? Hy maak asof hy nog belange by skoolaktiwiteite het. 4. Gee een woord uit die gedig wat vir ons aandui watter tyd van die jaar dit is. eksamenroosters 5. Waarom dink jy het die leerder sy boeksak in die lug gegooi? Hy was bly hy is klaar met skool.

16 6. Ons kan sê dat “geskiedenisboek” betekenisvol is in die gedig
6. Ons kan sê dat “geskiedenisboek” betekenisvol is in die gedig. Waarna kan dit hier verwys? Skool is nou geskiedenis. 7. Wat word bedoel met “sodat die blaaie/verward/oor die verlate skoolvierkant saai” in versreëls 13 tot 15? Die blaaie verwys ook na die kind se gevoelens wat as verward beskryf kan word. 8. Waarom verdwyn die leerder “laggend” om die hoek? Hy is bly om klaar te wees met skool . 9. Ons kan sê dat die onderwyser en die leerder toneel speel: albei gee iets voor. Verduidelik die stelling en haal woorde uit die gedig aan om jou antwoord te motiveer. gemaak ernstig: Die leerder maak asof hy ernstig is oor die skool se aktiwiteite gemaak geskok: Die onderwyser maak asof hy geskok is oor die leerder se gedrag.

17 10. Hoe sluit die titel aan by die inhoud van die gedig?
Thumela beteken groet. Die kind is veronderstel om die onderwyser te gaan groet. 11. Wie , dink jy, is die waarnemer wat die gebeure beskryf? Dit kan ’n ander onderwyser wees. “Ek-spreker”; mede-leerder Haal die woord aan wat sê dat die seun vir die laaste keer na die kennisgewingbord kyk. “oulaas” Watter een versreël sê dat die seun nie meer deel van die skoolaktiwiteite is nie? “wat jou nie meer kon raak” 14. Watter woord beskryf hoe die seun sy tas vinnig en hoog in die lug ingooi? “ingeskiet” 15. Sê in jou eie woorde wat met die geskiedenisboek se los bladsye gebeur. Dit het in die skoolvierkant rondgewaai.

18 16. Hoe reageer die seun op die gooi van die geskiedenisboek
16. Hoe reageer die seun op die gooi van die geskiedenisboek? Haal een woord as antwoord aan. Hy lag daaroor. 17. Is die volgende stelling waar of onwaar? Motiveer jou antwoord. Daar is nog baie kinders op die skoolterrein. onwaar – die skool is “verlate” 18. Waarom dink jy staan die woorde “gestaar” en “verward” albei alleen as ‘n versreël? beklemtoon die emosies wat hier betrokke is 19. Watter soort beeldspreek is ”sodat die blaaie/verward/oor die verlate skoolvierkant saai”? personifikasie 20. Watter reaksie toon die onderwyser op die gooi van die geskiedenisboek? Noem twee dinge. Hy maak asof dit hom nie raak nie; draai om.

19 21. Watter woord wys dat daar nou ‘n verandering of wending in die gedig kom? (Die fokus verskuif met hierdie woord na die spreker) “maar” 22. Wie wonder nou oor die seun en die onderwyser se reaksies? Die “ek”; die spreker 23. Omskryf wat jy dink die ”dit” in “of dit vir jou” beteken. al die waardes en lewenswaarhede wat die onderwysers vir die leerder geleer het. 24 Watter soort vers word in die gedig gebruik? vrye vers

20 2. D 3. B 4. E 5. A 25. Waarmee maak die digter die gedig klankryk?
alliterasie 26. Wat is die tema van die gedig? Kinders voltooi hul skoolloopbaan en besef nie hoe belangrike tyd dit in hul lewens is nie/Hulle behoort dankbaar te wees teenoor onderwysers. Pas die woord/frase/sinsdeel in KOLOM B by die stellings in KOLOM A. 1. F 2. D 3. B 4. E 5. A 28. Kies die korrekte woord: Die leerder gooi die geskiedenisboek, want hy/sy voel: verlig; opgewonde; gefrustreerd; gelukkig; haatdraend. 29. Van watter TWEE opeenvolgende woorde lei ons af dat die spreker steeds nie oor alles seker is nie? “bly wonder”


Download ppt "Thumela – Elmé Barnard."

Similar presentations


Ads by Google