Download presentation
Presentation is loading. Please wait.
1
Spreuke 8:22-31
2
Ingenooi deur God Ons raak bewus van ons diepste behoeftes, vrae en vrese en gee ons oor aan God
3
Ons betree God se wêreld en gaan in God se vrede in
Ingaan in God se tyd Ons betree God se wêreld en gaan in God se vrede in
4
Familie-oomblik In Spreuke 8 neem God ons na die skepping om ons iets van sy wysheid te leer. Druk ’n paar van die teksverse vir die kinders op papier uit, maar in ’n baie klein font (onleesbaar met die blote oog). Het jy ‘n vergrootglas nodig om dit te kan lees? Gee dan vir van hulle ’n vergrootglas en laat hulle die tekste hardop lees. Die laaste sin wat hulle moet lees kan ’n grappie wees of die belofte van iets lekkers wat iewers in die kerkgebou weggesteek is.
5
Ons luister dieper na die Woord en ontmoet God
Luister na God se Woord Ons luister dieper na die Woord en ontmoet God
6
Om teen wysheid te handel is om teen die Skepping en Skepper in te gaan
Spreuke 8:22-31 – Lank, lank gelede... Agtergrond. In Spreuke word wysheid gepersonifiseer as 'n vrou wat self kan praat en onderrig gee. Hierdie is een van dié tekste en dit funksioneer as ’n teenpool vir gedeeltes waarin die versoeking om van die Here se weg af te dwaal weer gepersonifiseer word as ’n listige vrou (vgl. Spr 7). Alle vrouens is helaas dus nie die inkarnasie van wysheid nie... of die lustigheid nie! Spreuke 8:4-31 vorm ’n duidelike eenheid (vgl. die verwysing na die "kinders van die mens" in vers 4 en 31 wat dit omraam), waarin die belangrikheid en reikwydte van wysheid trapsgewys uitgebrei word. Eers van die mens en sy eie lewenswyse (vers 5-11), dan na die samelewing, politiek en ekonomie (vers 12-22) voordat die rol van wysheid in die hele skepping aan die orde kom (vers 22-31). Laasgenoemde is ons fokusteks. 8:22–26 - In die gedeelte het ons amper ’n skeppingslied (vgl. vers 22) Dit bestaan uit ’n ketting met temporele skakels wat aanmekaar geryg word - voor, voor, voor (vers 25-26) en dan - toe, toe, toe – vers 27–29) wat die rol van wysheid ten opsigte van die skepping uitklaar. Wysheid was vir God so belangrik gewees dat God haar nog voor die skepping gemaak het. Sy is daarom die eersteling van die skepping (vers 22) en is daarom die oudste. Sy was selfs voor die stof gemaak (vers 26 letterlik vertaal). Dit het twee implikasies: Eerstens dra alles - waters, berge, vlaktes, wolke en ander skeppingswerke - as’t ware die tekens van die wysheid as die eersteling van die skepping. Dit verklaar waarom wysheid gefundeer is op die idee van ’n skeppingsorde in die OT. Tweedens is wysheid as God se eerste skepping ouer en belangriker as enigiets anders. Dit het vir die antieke Jode beteken dat wysheid die eerbiedwaardigste is van alles, want hoe ouer, het hulle gedink, hoe belangriker is iemand, omdat hy of sy meer lewensondervinding as jonger mense het. Senior burgers was daarom altyd gesiene mense gewees in die Bybelse tyd. Kortom wysheid was baie belangrik gewees. Dit was niks anders as die kuns om volgens God se skeppingsbedoeling te leef nie. As die wysheid as't ware in die skepping ingeweef is, sal net 'n dwaas teen die riglyne van wysheid optree. Om teen wysheid te handel is om teen die Skepping en Skepper in te gaan.
7
“Wysheid was vir God soos ’n lieflingskind
“Wysheid was vir God soos ’n lieflingskind. Dag vir dag het Hy haar geniet. Soos ’n blye huppelende kind het die wysheid die hele aarde vol gespeel. Op ’n dag het die wysheid met Adam se kinders kennis gemaak. Tot vandag toe geniet sy hierdie vrolike verhouding met sy nageslag.” 8:27–31 Nie alleen is wysheid ouer as die skepping nie, maar het dit ook ’n rol gespeel in die skepping. Sy het gesien hoe God die wêreld orden in ’n hemel daarbo, ’n aarde daaronder en waters daar rondom (d.w.s. die antieke kosmologie van aarde, onderwêreld en hemelkoepel). Wysheid het ook in ’n wedersydse verhouding met God gestaan wat vir beide vreugde verskaf het (vers 30-31). Ernst Conradie skryf treffend in die preek studie oor vers 30-31: “Die gedeelte word afgesluit met ’n netjiese chiasme (30b-31) met ’n ab-ba struktuur en wat letterlik soos volg vertaal kan word: "Ek het (Jahweh) uitbundige vreugde (Heb sh'sh') gebring elke dag; spelend, vrolik gewees (Heb shgq) voor sy aangesig die hele tyd, spelend vrolik gewees (Heb. shgq) in Jahwe se bewoonde aarde en (die bron van) my vreugde (Heb sh'sh') was (in) die mense kinders.” Die toonaard is duidelik: dit is wysheid wat dit moontlik maak dat Jahwe vreugde kan vind in die skepping, insluitend in die mens. Die vreugde is nie net die intellektuele vreugde van ’n kunstenaar of ’n ambagsman in die resultaat van sy handewerk nie. Dit is die vreugde van ’n moeder in die een wat sy in die lewe gebring het.” Wie dus met die wysheid en die skepping te doen het, sal dieselfde vreugde beleef as wat God beleef het toe Hy die wêreld geskep het. Hierdie is 'n besondere mooi gedagte - hoor hoe vertaal die Boodskap vers 30 – “Wysheid was vir God soos ’n lieflingskind. Dag vir dag het Hy haar geniet. Soos ’n blye huppelende kind het die wysheid die hele aarde vol gespeel. Op ’n dag het die wysheid met Adam se kinders kennis gemaak. Tot vandag toe geniet sy hierdie vrolike verhouding met sy nageslag.” Verder sal almal wat met wysheid leef aan God vreugde verskaf! Om God te dien is ook nie ’n swaar straf nie, maar ’n vreugde!
8
And the path to that goodness is found in Wisdom.”
“Her laughter is an invitation to people to enjoy creation by participation in its goodness. And the path to that goodness is found in Wisdom.” "Her laughter is an invitation to people to enjoy creation by participation in its goodness. And the path to that goodness is found in Wisdom.[1]" Die hoofstuk word hier afgesluit met ’n oproep wat weer die hoorders daarvan as "kinders" aanspreek. Elkeen wat die wysheid aanneem word geseën (vgl. Ps. 1:1). In teenstelling met die slegte vrou, wie se uitnodiging tot die hoorder daarvan se ondergang lei (7:27), ontvang die wat die wysheid aanneem, die lewe self (vgl. 4:4, 13, 22). [1]Garrett, D. A. 2001, c1993. Proverbs, Ecclesiastes, Song of songs. The New American Commentary. Vol. 14 (110). Broadman & Holman Publishers: Nashville
9
Luister na mekaar God maak ons ’n luisterende gemeenskap en praat ook deur ander mense met ons
10
We are called to learn the truth,
tell the truth, live the truth. James W. Sire We are called to learn the truth, tell the truth, live the truth. -- James W. Sire
11
God’s gift of wisdom makes us more humble, more joyful, more godly, more quick-sighted as to His will, more resolute in the doing of it. J. I. Packer God’s gift of wisdom makes us more humble, more joyful, more godly, more quick-sighted as to His will, more resolute in the doing of it. J I Packer
12
Wysheid is nader as ons kniel Wysheid begin as ons kniel
as wanneer ons vlieg Wysheid begin as ons kniel voor God! William Wordsworth Wysheid is nader as ons kniel as wanneer ons vlieg Wysheid begin as ons kniel voor God! - William Wordsworth
13
Luister na ander en die tye
Ons stel onsself oop om God van onverwagse kante af te hoor
14
en nie weet dat hy nie weet nie – hy is dwaas; ignoreer hom.
Hy wat nie weet nie en nie weet dat hy nie weet nie – hy is dwaas; ignoreer hom. en weet dat hy nie weet nie – hy is onervare; leer hom. Hy wat weet en nie weet dat hy weet nie – hy is aan die slaap; maak hom wakker. Hy wat weet en weet dat hy weet omdat hy weet waar die Bron van wysheid is – hy is wys; volg hom. – ’n Arabiese spreuk Hy wat nie weet nie en nie weet dat hy nie weet nie – hy is dwaas; ignoreer hom. Hy wat nie weet nie en weet dat hy nie weet nie – hy is onervare; leer hom. Hy wat weet en nie weet dat hy weet nie – hy is aan die slaap; maak hom wakker. Hy wat weet en weet dat hy weet omdat hy weet waar die Bron van wysheid is – hy is wys; volg hom. – ’n Arabiese spreuk
15
Luister weer na God se Woord
Ons fokus op die Gees se beweging in ons hart en gedagtes
16
Alberic the Wise “Dit is baie beter om te soek na iets wat ek dalk nooit in die lewe sal hê nie as om te vind wat ek nie regtig wil hê nie.” Daar is die wonderlike kinderstorie Alberic the Wise, geskryf deur Norton Juster: Alberic was ’n jongman in ’n dorpie. Eendag kom ’n bejaarde man in dié dorpie aan. Hy vertel vir Alberic wyse verhale van verafgeleë plekke. Alberic besluit toe om self na hierdie ver plekke te reis. Hy kom op ’n dag aan by ’n stad bekend vir brandskilderkuns. Oortuig dat skoonheid die ware doel van wysheid is, bekwaam hy hom toe nie te suksesvol in brandskilderkuns nie. Alberic is daar weg en dink: “Skoonheid is nie alles nie; bruikbaarheid is wysheid.” Toe bekwaam hy hom elders as ’n minder suksesvolle bouer. “Bruikbaarheid is nie alles nie; kreatiwiteit is die ware doel van wysheid.” Toe word hy in ’n ander stad ’n minder suksesvolle goudsmid. Só het Alberic van plek na plek gegaan, maar die wysheid het hom, volgens Alberic, bly ontwyk. Toe hy al oud was, kom hy op ’n dag by ’n stad aan. Die mense daar kon nie genoeg van sy wyse verhale kry nie. Selfs die koning was beïndruk. Hy het vir Alberic blyplek in die kasteel gegee en ook die titel ‘Alberic, die Wyse’. Maar wat ook al mense oor sy wysheid kwytgeraak het, Alberic self het nie gedink hy is wys nie. Hy het onvergenoegd geraak. Tot almal se verbasing het hy op ’n dag weer vertrek na ’n nuwe onbekende plek. Alberic het besef: “Dit is baie beter om te soek na iets wat ek dalk nooit in die lewe sal hê nie as om te vind wat ek nie regtig wil hê nie.” Ons almal is soekers na wysheid, soos Alberic.
17
In jou soeke na wysheid is jy wys;
deur jou te verbeel dat jy dit reeds bereik het, is jy dwaas. Rabbi Ben-Azailank het gesê: In jou soeke na wysheid is jy wys; deur jou te verbeel dat jy dit reeds bereik het, is jy dwaas.
18
Wysheid is brood vir jou lewensreis
Wysheid is nie iets wat jy besit of ’n bestemming wat jy uiteindelik bereik nie. Nee, dit is eerder brood vir jou lewensreis of ’n metgesel vir jou pelgrimsreis. Wysheid is die Bybelse term vir ’n op-die-aarde-net-soos-in-die-hemel-lewe. Dit is die kuns om in enige situasie te leef soos God jou gemaak het om te leef.
19
Fokus op wat God nou doen
Ons fokus op wat God nou doen en waarheen God ons lewe rig
20
Ons besluit op ’n gepaste reaksie op wat God gegee/ gedoen/ gesê het
Antwoord met ons lewe Ons besluit op ’n gepaste reaksie op wat God gegee/ gedoen/ gesê het
21
Wysheid, skoonheid of oneindige rykdom?
’n Engel verskyn aan die dekaan by ‘n fakulteitsvergadering van ’n universiteit. Hy vertel vir die dekaan dat die Here Hom wil beloon vir sy onselfsugtige en voorbeeldige gedrag, maar hy mag net een van hierdie drie geskenke kies - oneindige rykdom, wysheid of skoonheid. Sonder om te huiwer, kies die dekaan natuurlik wysheid. “Jy het dit!” sê die engel en verdwyn in ’n wolk van rook en blitse! Nou kyk almal op die vergadering na die dekaan, wat daar sit met hierdie helder stralekrans om sy kop! Na ‘n lang stilte, fluister die een kollega langs hom: “Sê iets dieps!” Die dekaan kyk na almal en sê: “Ek moes die geld geneem het.”
22
Kies die wysheid! Hierdie vers beklemtoon dat as jy wysheid kies, wat ontstaan by ’n verhouding met die Here, kies jy die beste. Jy kry die lewe en terselfdertyd maak jy God se hart bly! Maar as jy dit nie kies nie, speel jy as te ware op die stoep van die dood (vs36). Speel liewers op die stoep van die lewe... Die keuse lê in jou hande…
23
Genade verniet oor my uitgegiet Ek skuld U al my dae oor en oor
Genade verniet FLAM 139 Genade verniet oor my uitgegiet Ek skuld U al my dae oor en oor F139 is ’n belydenis dat die mens se wysheid niks beteken nie, dit is God se wysheid, sy beloftes, sy genade wat vir ons nuwe lewe gee. Teks en Musiek: Mynhardt van Pletzen (Addisionele teks Elsabé Viviers) © 2005 Mastermax Publishing (Opgeneem op Roeping: Lof Flam, Vol II) Genade verniet Oor my uitgegiet. Ek skuld U al my dae oor en oor My wysheid my wins Help my net mooi niks Ek smag na U en U alleen My hart, Jesus, sing Deur die koudste nag Deur die langste dag Elke oomblik sal ek onthou Van u trou, o Heer In my tyd van seer Was u liefde om my gevou U liefde in my lewe Gaan my verstand te bowe Geen ander belofte As dit wat U belowe
24
My wysheid my wins Help my net mooi niks Ek smag na U en U alleen My hart Jesus sing
25
Elke oomblik sal ek onthou
Deur die koudste nag Deur die langste dag Elke oomblik sal ek onthou van U trou, o Heer, In my tyd van seer was U liefde om my gevou
26
gaan my verstand te bowe
U liefde in my lewe gaan my verstand te bowe Geen ander belofte as dit wat U belowe
Similar presentations
© 2025 SlidePlayer.com. Inc.
All rights reserved.