Download presentation
Presentation is loading. Please wait.
1
Die vrug van die vryspraak
Romeine 5:1-11 Hierdie teks het om die een of ander rede ook op die 3de Sondag van Lydenstyd (24 Februarie 2008) aan die orde gekom. Indien jy dit nie toe gebruik het nie, sou jy ook na daardie week se aanbieding kon kyk. Die vrug van die vryspraak 5 God het ons dan nou vrygespreek deurdat ons glo. Daarom is daar nou vrede tussen ons en God deur ons Here Jesus Christus. 2Deur Hom het ons in die geloof ook die vrye toegang verkry tot hierdie genade waarin ons nou vasstaan. En ons verheug ons ook in die hoop om deel te hê aan die heerlikheid van God. 3Dit is egter nie al nie. Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, 4en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop; 5en dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het. 6Toe ons nog magteloos was, het Christus immers reeds op die bestemde tyd vir goddeloses gesterwe. 7’n Mens gee tog nie sommer jou lewe prys nie, selfs nie vir ’n regverdige nie. Ja tog, vir ’n goeie mens sal iemand miskien nog die moed hê om te sterwe. 8Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was. 9Aangesien ons nou vrygespreek is op grond van sy versoeningsdood, staan dit soveel vaster dat ons deur Hom ook van die straf van God gered sal word. 10Aangesien ons, toe ons nog vyande was, deur die dood van sy Seun met God versoen is, staan dit soveel vaster dat ons, noudat ons versoen is, deur die lewe van sy Seun gered sal word. 11Maar dit is nie al nie. Ons verheug ons ook in God deur ons Here Jesus Christus, deur wie ons nou die versoening ontvang het.
2
Ingenooi deur God Ons raak bewus van ons diepste behoeftes, vrae en vrese en gee ons oor aan God
3
’n Pa is iets wat ’n ma die kinders mee bangmaak!
Definisie van ’n pa: ’n Pa is iets wat ’n ma die kinders mee bangmaak! Dis vandag Vadersdag. Definisie van ’n pa: ’n Pa is iets wat ’n ma die kinders mee bangmaak!
4
Vertaal maar self hierdie humoristiese storie:
The Reverend Bob Stamps is a delightful man with a good sense of humor. He is also as bald as a cue ball. One night Bob and his wife decided to go out to dinner. So they hired a babysitter to take care of their little children. While they were gone, the babysitter got interested in a television program and wasn't watching the children very carefully. Their little boy Peter, got into his father's electric shaver and shaved a big landing strip right down the middle of his head. When Bob came home, he was furious. He said, “Peter! I told you never to play with my shaver. Now you are going to get a spanking that you will never forget!” He was just about to administer that spanking when Peter looked up at him and said, “Wait until you see sister!” Bob said that he and his wife were horrified when they went into the next room and saw their little four-year-old daughter with all of the hair shaved off of her head. She looked like a skinned rabbit. Now Bob was really furious. He grabbed Peter and said, “Now you are really going to get it.” Just as he lifted his hand and started to bring it down, Peter looked up at him with tears in his eyes and said, “But Daddy! We were just trying to look like you!” There was one little boy who didn't get a spanking that night. Instead he got a hug.
5
Wanneer is die beste tyd om ’n boom te plant? 20 jaar gelede!
Wanneer is die tweede beste tyd? Vandag! Op die Vadersdag het die meeste pa’s maar verwyte. Wens hulle hulle kon dit anders gedoen het. Lees die volgende gedig, nie om iemand te “shame” nie, maar eerder om op te bou, want soos die Sjinese sê: Wanneer is die beste tyd om ’n boom te plant? 20 jaar gelede! Wanneer is die tweede beste tyd om ’n boom te plant? NOU! Dis nooit te laat om te begin nie…
6
If I had my child to raise all over again, I'd build self-esteem first
and the house later. I'd finger-paint more, and point the finger less. I would do less correcting and more connecting. I'd take my eyes off my watch and watch with my eyes. If I had my child to raise all over again, I'd build self-esteem first and the house later. I'd finger-paint more, and point the finger less. I would do less correcting and more connecting. I'd take my eyes off my watch and watch with my eyes. (Vervolg volgende skyfie)
7
I would care to know less and know to care more.
I'd take more hikes and fly more kites. I'd stop playing serious and seriously play. I'd do more hugging and less tugging. I would be firm less often and affirm much more. I'd model less about the love of power and model more the power of love I would care to know less and know to care more. I'd take more hikes and fly more kites. I'd stop playing serious and seriously play. I'd do more hugging and less tugging. I would be firm less often and affirm much more. I'd model less about the love of power and model more the power of love.
8
Ons betree God se wêreld en gaan in God se vrede in
Ingaan in God se tyd Ons betree God se wêreld en gaan in God se vrede in
9
’n Paar jaar gelede het daar iets vreesliks op ons skoolgrond gebeur
’n Paar jaar gelede het daar iets vreesliks op ons skoolgrond gebeur. Een pouse in my graad 4 jaar, het ek en ’n paar pelle lekker rof gespeel en mekaar later begin jaag. Die “heilige” blomtuintjie by die ingang het in die hitte van die stryd deurgeloop. Ons drie was gereeld in die moeilikheid (ons was seker maar soos ’n bende) maar dié keer was ons moeilikheid groter as wat ons wou hê. Elke kind in ons skool het geweet hierdie tuintjie was die trots van die skool – in die besonder die skoolhoof. Alhoewel ons na pouse dood onskuldig probeer lyk het, het almal geweet dis ons. Net na pouse het die verskriklike aankondiging gekom. Die hoof se stem het oor die interkom weergalm en een vir een het hy al drie van ons se name uitgeroep en beveel om kantoor toe te kom. In daardie stadium het die wonderlikste ding gebeur: ons klasonderwyser het die meneer geantwoord met woorde wat ek nooit sal vergeet nie. “Meneer ek wil baie graag eers self met die seuns hieroor praat. Kan ek hulle asseblief môre vir Meneer stuur?” het haar bewerige stem geklink. Al wat Juffrou vir ons gesê het, was dat sy ons al drie die middag 4-uur by die skool wou hê. Toe ons daar aankom, was daar die mooiste blombakkies en saailinge. In 30 minute het ons drie saam met ons juffrou eintlik ’n wonderlike tyd gehad en die “heilige- tuintjie” was weer mooier as ooit. Die volgende dag het die juffrou ons drie net na klasopening na die hoof se kantoor gestuur. Ons angs was steeds hoog, maar met groot verbasing het ons die hoof streng, maar sonder emosie beleef. Hy het iets gesê soos: “Hoe kan ek nog kwaad wees as dit nou mooier is as wat dit was?” Ons het nooit vir ons Juffrou gevra waar sy die blommetjies gekry nie.
10
Ons luister dieper na die Woord en ontmoet God
Luister na God se Woord Ons luister dieper na die Woord en ontmoet God
11
Om ’n blye sekerheid te hê
Romeine 5:1-11 – om ’n Blye sekerheid te hê Soos met byna alle perikope van Romeine kan ’n mens in die gedeelte in verskeie gedetaileerde argumente vasval. Ek aanvaar egter dat julle steeds nie ’n kommentaar oor die gedeelte wil skryf nie, maar eerder net die argumentasie stap-vir-stap wil volg, met enkele opmerkings waar toepaslik. Ek gaan daarom net probeer om Paulus se hoofgedagtes deur te gee (’n kommentaar soos Moo s’n wy 25 bladsye aan die paar verse...) Inleiding Die perikoop begin die tweede hoofdeel van Paulus se betoog in Romeine. Waar die mens se skuldig-wees voor God en ons verlossing daaruit aan die orde was in die eerste deel (1:18–4:25), handel hoofstukke 5 tot 8 oor die gevolge van God se vryspraak vir gelowiges. Hoe moet ons as vrygespreektes met ander woorde dink, glo en handel? 1. Paulus begin deur ons daaraan te herinner dat ons deur ons geloof geregverdig is deur God. Let op die NAV praat in vers 1 van “vrygespreek” in plaas van “regverdig” verklaar. Daar is ’n uitvoerige teologiese debat oor hoe om dikaioo te interpreteer (beteken dit bv. “vryspraak” of “regverdig verklaar”). Vrygespreek kan naamlik impliseer dat jy as skuldige net vrygelaat is sonder om gevonnis te word (en dus nog ’n skuldige is), terwyl regverdig verklaar beteken dat jy deur ’n uitspraak van skuldige daadwerklik verander is in ’n onskuldige persoon, sodat as jy weer verhoor sou word, jy dan as werklike onskuldige sou opdaag. Dis soos om getroud verklaar te word. Jy word deur die woorde ’n getroude persoon. Regverdig verklaar het met ander woorde vir my ’n dieper betekenis as vrygespreek. God het ons nie net vrygespreek sonder om ons stand voor Hom te verander nie. Sy vryspraak het naamlik ons stand voor Hom verander – van sondaars na Sy kinders. 2. Omdat ons regverdig verklaar is, is daar nou vrede tussen ons en God (vers 1). Let op hoedat daar twee keer na die rol van Jesus verwys word in vers 1 en 2. Daar is daarom ’n reuse verskil tussen om te bely dat ons geloof ons gered het en om te bely dat ons geloof in Jesus ons gered het. Geloof per se is immers kragteloos. Dit word ’n krag tot redding vanweë die Persoon op wie dit gerig is. 3. Omdat ons vrede met God het, het ons nou vrye toegang tot God se heerlikheid en Sy genade (vers 2). Ons het nou die vaste hoop om die heerlikheid, wat God vir ons bestem het, te ontvang. Let op, ons gaan dus nie net die oorspronklike heerlikheid wat die mens deur sy sonde verloor het terug ontvang nie, maar eerder die nog groter toekomsheerlikheid wat God vir ons bestem het, ontvang. 4. Omdat ons die hoop het op die heerlikheid wat God vir ons bestem het, kan ons anders oor swaarkry dink (vers 3-4). Met behulp van ’n ketting-betoog wys Paulus daarop dat swaarkry vir Christene eerder meer hoop gee as wat dit hoop van hulle steel! Swaarkry hou dus geen bedreiging vir ons geloof of hoop in nie. Soos glas onder druk net sterker word, sal dit ons geloof ook net versterk. 5. God gee vir ons goeie gronde vir ons hoop. Vir gelowiges is God se hoop meer as ’n vae wens. Ons het gronde vir ons geloof. Die eerste grond is die feit dat God sy Heilige Gees aan ons gegee het (vers 5). Hierdeur het God reeds ’n begin gemaak met die proses waardeur ons in Sy heerlikheid sal deel. Tweedens herinner Paulus sy lesers daaraan dat Christus vir hulle gesterf het toe hulle nog goddeloses (vers 6), sondaars (vers 8) en vyande van God (vers 10) was. Vir Paulus (met ’n tipiese “soveel te meer”- redenasie) is dit glashelder dat God se genade vir ons nou soveel vaster moet wees, noudat ons met God versoen is. Sal God nie nog meer vir Sy kinders doen as wat Hy vir sondaars gedoen het nie? Paulus herhaal die belangrike gedagte twee keer (vers 9 en 10). 6. Daarom het ons ’n blye sekerheid in God en Jesus Christus deur wie bogenoemde versoening geskied het. Die woord “verheug” (vers 2, 3, 11) word in die OAV met “roem” vertaal. Die onderliggende Griekse woord kan egter beide betekenisse dra en dui in die gedeelte waarskynlik op ’n vaste versekering waaroor ’n mens bly is. Daarom kan dit as “‘n blye sekerheid” vertaal word.
12
Luister na mekaar God maak ons ’n luisterende gemeenskap en praat ook deur ander mense met ons
13
“Alhoewel my sondes swart soos die nag is, kan ek dit waag om voor God te verskyn, omdat ek sy Seun vertrou, wat my geregverdig het” Martin Luther “Alhoewel my sondes swart soos die nag is, kan ek dit waag om voor God te verskyn, omdat ek sy Seun vertrou, wat my geregverdig het” (Martin Luther).
14
“Wat is regverdiging? Dit is die verklaarde doel van God om daardie sondaars wat glo in Jesus Christus, te beskou en te behandel asof hulle nie gesondig het nie” Albert Barnes “Wat is regverdiging? Dit is die verklaarde doel van God om daardie sondaars wat glo in Jesus Christus, te beskou en te behandel asof hulle nie gesondig het nie” (Albert Barnes).
15
Luister na ander en die tye
Ons stel onsself oop om God van onverwagse kante af te hoor
16
Luister weer na God se Woord
Ons fokus op die Gees se beweging in ons hart en gedagtes
17
Die mensdom het net genoeg godsdiens om mekaar te haat, nie genoeg om mekaar te lief te hê nie.
Ons lewe in uitdagende, tawwe tye, waar dit voel asof Jonathan Swift dit reg gehad het, toe hy lank terug geskryf het - die mensdom het net genoeg godsdiens om mekaar te haat, nie genoeg om mekaar lief te hê nie. Daarom is dit altyd goed om in hierdie tye goeie nuus van Romeine 5 te hoor!
18
Dit laat dink my aan hierdie storie:
’n Man stap by ’n restaurant in en ’n kelnerin stap na die man om sy bestelling te neem. Sy het duidelik nie sover ’n goeie dag gehad nie en blaf na die man se kant toe: “Wat wil jy hê?” “ ’n Hardgekookte eier, roosterbrood en ’n gawe woord!” Nie lank daarna nie plak sy die eier en roosterbrood voor hom neer. Sy loop weg, maar hy roep haar terug: “Waar is my gawe woord?” Sy het nadergekom en gefluister: “Moenie die eier eet nie!”
19
Ons is vergewe! Ons is geliefd! Ons is ’n Iemand!
Hier kom ons goeie nuus: Ons is vergewe! Ons is geliefd! Ons is ’n Iemand!
20
John R. Aurelio in sy boek, Colors
John R. Aurelio in sy boek, Colors!, vertel hierdie storie wat die Romeine teks pragtige saamvat - liefde en vergifnis van God: Op die sesde dag het God vir Vader Adam en Moeder Eva geskep. Op die sewende dag, terwyl God gerus het, het hulle vir Hom gevra of hulle vir hom iets spesiaal sal gee om hulle hier-wees te vier! God het toe in Sy skatkis rond gekrap en ’n heilige muntstuk uitgehaal. Op die muntstuk het geskryf gestaan: LIEFDE. Op die agtste dag het Vader Adam en Moeder Eva gesondig. Terwyl hulle die tuin van Eden verlaat het, het hulle vir God gevra vir die versekering dat Hy hulle nie sal vergeet en afskryf nie. “Maar julle het mos die muntstuk!” “Maar die muntstuk sê LIEFDE. Ons het die liefde verloor. Hoe sal ons dit ooit weer vind?” “Draai dit om!” sê God Op die ander kant van die muntstuk het gestaan: “VERGIFNIS.” Daar is geen liefde sonder vergifnis en geen vergifnis sonder liefde nie. Dit is twee kante van dieselfde muntstuk!
21
Jesus sien eers jou beeld van God raak en dan die sonde!
Maar hierdie Romeine teks gee ons nog goeie nuus. Wat is die mooiste geskenk wat jy vir God kan gee op hierdie Vadersdag, maar eintlik elke dag? Om na ander mense te kyk soos Hy na hulle kyk. Toe ons nog sondaars was, het God Sy liefde vir ons gewys deur Jesus ( vs 8). Jesus sien eers jou beeld van God raak en dan die sonde! Daarom het Hy met mans en vroue met twyfelagtige reputasies geëet en gekuier. Nou het die Gees ook daardie soort liefde vir ons gegee (vs 5)
22
Een middag in New York city, sou ’n baie beroemde operaster - ek dink dit was Pavarott - in die Metropolitan Operahuis optree in die hoofrol in ’n baie bekende opera. Die vertoning was uitverkoop. Maar net voor die gordyn sou opgaan, is ’n teleurstellende aankondiging gemaak. Die beroemde tenoor het skielik siek geword en sy plaasvervanger (“understudy”) – ’n onbekende tenoor - sou in sy plek optree. Die opera het begin met die bekende eerste aria en gewoonlik is die sing daarvan gevolg deur die gehoor se oorverdowerende applous. Hierdie keer was die gehoor doodstil. Toe het iets dramaties gebeur. ’n Klein seuntjie, in ’n opera“boks” naby aan die verhoog, het opgestaan en met die plaasvervanger tenoor gepraat. In ’n helder kinder stemmetjie wat deur almal in die operahuis gehoor is: “Pappa, jy is wonderlik!” Toe, skielik het almal entoestiasties hande geklap terwyl trane ook in die proses afgevee is! “ Dis al wat God van ons vra. Kyk na ander mense soos Hy na hulle kyk.
23
“We are God's children. God created us in his own image and made us to be like Him. He loves us for who we are - not for what we can do. We are human beings, not human doings. Therefore, on this Father's Day we can rejoice and celebrate the fact that we have a loving and forgiving Father in heaven.” Daarom, soos iemand gesê het: “We are God's children. God created us in his own image and made us to be like Him. He loves us for who we are - not for what we can do. We are human beings, not human doings. Therefore, on this Father's Day we can rejoice and celebrate the fact that we have a loving and forgiving Father in heaven.”
24
Fokus op wat God nou doen
Ons fokus op wat God nou doen en waarheen God ons lewe rig
25
Ons besluit op ’n gepaste reaksie op wat God gegee/ gedoen/ gesê het
Antwoord met ons lewe Ons besluit op ’n gepaste reaksie op wat God gegee/ gedoen/ gesê het
26
U mag slegs hierdie lied vertoon of kopieer indien u oor die nodige CCLI-lisensies beskik. Alle Flam-liedere is gratis beskikbaar by Flam 94: U’s my Vader Teks en Musiek: Zander van der Westhuizen Opgeneem op ‘Roeping Lof’ Ek soek na U. Ek roep na U. Ek wil U ken – U's my Vader, U's my Heer. Ek wag op U. Ek ken u Naam. Ek wil U loof. Ek kom sit by U voete. Ek kom lê in U arms. Ek hou U vas met als in my, want U's die Een wat verstaan. U's die Een wat verstaan.
27
Waar was God? Prys: R49.95 Andries Cilliers
10-Week-Bybelstudie oor hoe om as gelowige in ’n wêreld vol misdaad te (oor)leef Bestel by:
Similar presentations
© 2025 SlidePlayer.com. Inc.
All rights reserved.