Presentation is loading. Please wait.

Presentation is loading. Please wait.

Matteus 2:1-12 PowerPoint agtergrond

Similar presentations


Presentation on theme: "Matteus 2:1-12 PowerPoint agtergrond"— Presentation transcript:

1 Matteus 2:1-12 PowerPoint agtergrond
Opsie 1: Epiphany, Bishop's Frome: Stained glass in the church at Bishop's Frome, Herefordshire, depicting the adoration of the magi at the Epihpany. "On entering the house, they saw the child with Mary his mother; and they knelt and paid him homage. Then opening their treasure chests they offered him gifts of gold, frankincense and myrrh." (Matthew's Gospel, ch 2 v 11). Die foto is die eiendom van Steve Day en geneem iewers gedurende Kopiereg gereël deur Creative Commons en laat plasing en redigering toe. Dit is beskikbaar by Opsie 2: The adoration of the Magi, datum onbekend, vermoedelik die werk van Joseph Highmore (1692‑1780). Grafiet, ink en waterverf op papier. Kopiereg onbekend maar bestaan waarskynlik nie weens die datering. Dit is beskikbaar by Opsie 3: Adore the King of Kings, eiendom van Lawrence OP en foto geneem op 13 Desember 2009 met ‘n Canon EOS 450D. Kopiereg gereël deur Creative Commons en laat plasing toe. Dit is beskikbaar by

2 Matteus 2:1-12 Opsie 2: The adoration of the Magi, datum onbekend, vermoedelik die werk van Joseph Highmore (1692‑1780). Grafiet, ink en waterverf op papier. Kopiereg onbekend maar bestaan waarskynlik nie weens die datering. Dit is beskikbaar by

3 Matteus 2:1-12 Opsie 3: Adore the King of Kings, eiendom van Lawrence OP en foto geneem op 13 Desember 2009 met ‘n Canon EOS 450D. Kopiereg gereël deur Creative Commons en laat plasing toe. Dit is beskikbaar by

4 God nooi ons uit en ons kom tot rus
Toetrede Lied 353 Die Heiland is gebore VONKK 23 Jesus, U is die lig in ons lewe Votum (Jesaja 60:1-6) 60 Kom, Jerusalem, laat skyn jou lig! Vir jou het die lig gekom, die magtige teenwoordigheid van die Here het vir jou lig gebring. 2Daar is donkerte oor die aarde, duisternis oor die nasies, maar oor jou gee die Here lig, oor jou verskyn sy magtige teenwoordigheid. 3Nasies kom na jou lig toe en konings na die glans van die nuwe dag wat vir jou aangebreek het. 4Kyk rondom jou, kyk, hulle kom almal bymekaar, hulle kom na jou toe: jou seuns kom van ver af, jou dogters word met liefde gebring. 5Jy sal dit sien en van vreugde straal, jy sal bewe van blydskap, want die rykdom van die see word joune, die skatte van die nasies kom in jou besit. 6Jou land sal vol kamele wees, jong kamele uit Midian en Efa. Almal wat uit Skeba kom, bring goud en wierook en verkondig die lof van die Here. Seëngroet Liewe gemeente, genade en vrede van God de Vader wat op die eerste dag gesê het: “Laat daar lig wees.” Genade en vrede van Jesus die Seun wat as Lig mens op aarde geword het. En genade en vrede van die Heilige Gees wat ook ons hart en verstand verlig. Amen (Uit: Wepener, Cas Soos ’n Blom na die Son Draai. Bybel-Media, Wellington.) Lofsang Lied 340 Kom ons loof die Jesuskind Flam 113 Here Jesus, U Skyn Oor Almal Litanie Voorganger: Laat ons tot die Here bid Gemeente: Heer, wees ons genadig. V: Laat ons op grond van die geheimenis van die Woord wat mens geword het, tot die Here bid. V: Laat ons op grond van die nederige geboorte van die Koning van lig in die stal van Betlehem, tot die Here bid. V: Laat ons op grond van die heerlike verskyning van die Koning van heerlikheid aan die herders en sterrekykers tot die Here bid. V: Laat ons tot die Here bid vir die vrede en verlossing wat sy geboorte bring. V: Laat ons tot die Here bid vir eenheid onder alle mense in wie hy ’n welbehae het. G: Sing Lied 247 Heer, wees ons genadig of Flam 69 Was My Skoon of VONKK 11 Here, Wees Ons Genadig V: Help ons, red ons, troos ons, bewaar ons, Woord wat mens geword en onder ons kom woon het. G: Amen (Uit: Handleiding vir die Erediens. Bybel-Media, Wellington) Loflied Lied 330 Die volk wat in die donker wandel Flam 126 Jesus, Lig in die duisternis Doopherinnering (Voorganger gaan staan by doopvont met hand in water) Voorganger: Die Here jou God beveel jou vandag om volgens sy voorskrifte en bepalings te leef en hulle te gehoorsaam. Jy moet dit doen met hart en siel. Gemeente: Ons sal die Here ons God dien, ons sal na hom luister. V: Die Here verklaar vandag opnuut dat jy sy eiendomsvolk is soos hy jou beloof het en sê dat jy al sy gebooie moet gehoorsaam. V: Die Here verklaar vandag dat jy ’n volk sal wees wat aan die Here jou God gewy sal wees soos hy beloof het. Geloofsbelydenis Toewysingslied Lied 376 Wyses het u ster gesien VONKK 30 Al die donker is nooit net donker

5 God praat met ons en ons luister
Gebed Lied 374 ‘n Ster het in die ooste Skriflesing Matteus 2:1-12 Familie-oomblik Preek

6 Matteus 2:1-12 Fokusteks: Matteus 2:1-12 Besoek uit die ooste
2 Jesus is in Betlehem in Judea gebore tydens die regering van koning Herodes. Na Jesus se geboorte het daar sterrekykers uit die ooste in Jerusalem aangekom 2en gevra: “Waar is Hy wat as koning van die Jode gebore is? Ons het sy ster sien opkom en ons het gekom om aan Hom hulde te bewys.” 3Toe koning Herodes hiervan hoor, was hy, en die hele Jerusalem saam met hom, hewig ontsteld. 4Hy het toe die priesterhoofde en die skrifgeleerdes van die volk bymekaar geroep en hulle uitgevra oor waar die Christus gebore sou word. 5Hulle het hom geantwoord: “In Betlehem in Judea, want so is dit deur ’n profeet geskrywe: 6En jy, Betlehem, gebied van Juda, jy is beslis nie die kleinste onder die leiers van Juda nie. Uit jou sal ’n leier voortkom wat vir my volk Israel ’n herder sal wees.” c 7Daarna het Herodes die sterrekykers in die geheim ontbied en noukeurig by hulle vasgestel wanneer die ster verskyn het. 8Hy het hulle na Betlehem toe gestuur met die woorde: “Gaan doen noukeurig ondersoek na die Kindjie, en as julle Hom kry, laat my weet, sodat ek ook aan Hom hulde kan gaan bewys.” 9Nadat hulle die koning aangehoor het, het hulle vertrek; en kyk, die ster wat hulle sien opkom het, het hulle gelei totdat dit gaan staan het bo die plek waar die Kindjie was. 10Toe hulle die ster sien, was hulle baie bly. 11Hulle het in die huis ingegaan en die Kindjie saam met Maria, sy moeder, gesien, en hulle het gekniel en aan Hom hulde bewys. Daarna het hulle hulle reissakke oopgemaak en vir Hom geskenke uitgehaal: goud, wierook en mirre. 12En omdat God hulle in ’n droom gewaarsku het om nie na Herodes toe terug te gaan nie, het hulle met ’n ander pad na hulle land toe teruggegaan. c Vgl. Miga 5:1

7 Familie-oomblik Familie-oomblik
Kry ’n groepie tieners om tydens dankoffers ’n stukkie bordkryt en die volgende verduideliking op papier aan elke gesin/huis uit te deel: “Kom ons as huis neem deel aan ’n wonderlike ou tradisie van Epifanie. Met hierdie stukkie bordkryt gaan ons die volgende bo ons voordeur skrywe: 20 + C + M + B Die 20 en 14 verteenwoordig ons jaartelling jaar gelede het die Christuskind gekom en Hy woon steeds onder ons! Die C, M en B staan, volgens oorlewering, vir die name van die drie wyse manne (Caspar, Melchior en Balthasar), maar dit staan ook vir die Latynse Christus mansionem benedicat, wat beteken Christus seën hierdie huis! As ons hierdie teken sien onthou ons op ons lewensreis dat ons altyd op soek moet wees na die Kind van Kersfees en dat ’n mens Hom veral op onverwagse plekke en by onverwagse mense vind. Ons onthou ook dat Hy altyd deel is van ons alledaagse lewe. Wanneer ons dit as gesin vandag saam bo ons deur gaan skryf, bid ons hierdie gebed: “Here Jesus, mag almal wat in hierdie jaar ons huis binnekom vind dat U tussen ons en in ons leef; mag ons U soek en dien in almal wat ons ontmoet. Amen. Julle kan ook ‘n “Chalking the Door” in die erediens doen. By is ‘n verduideliking daarvan, asook ‘n gebed wat jy kan gebruik. Jy kan ook die legende van Ouma Befana vertel. Dit is ‘n bekende Italiaanse legende wat gewoonlik in Italië op Epifanie vertel word. Ouma Befana was ‘n befoeterde tannie wat alleen gebly het en dag in en dag uit gevee het. Wanneer die wyse manne by haar huis verby kom, word sy genooi om saam die Baba Koning te gaan besoek. Sy bak eers heerlike koek, koekies en lekkers om vir die Koning te vat en vee eers weer alles uit. Gevolglik is sy te laat om die Baba Koning te besoek. Maar tot vandag toe, elke Epifanie, besoek sy kinders en gee vir hulle lekkers, koekies en koek. Jy kan Tomie dePaola se pragtige oorvertelling van die legende vir R80 bestel by As dit nie betyds gaan wees nie, kan jy solank ‘n powerpoint daarvan (met die storie in Afrikaans) aflaai by

8 Alice... Alice, die karakter in die vertelling Alice’s Adventures in Wonderland, vra op ’n stadium by ’n vurk in die pad vir ’n ander karakter watter pad sy moet neem. Op sy vraag waarheen sy op pad is, antwoord sy dat sy nie weet nie. Hy reageer dan met die opmerking dat dit dan nie saak maak nie. Soos Alice is ons ook op pad iewers heen. Party van ons het die nuwe jaar ingestrompel, ander het dit met onsekerheid of ’n klomp bagasie op die rug binnegestap en nog ander is doelgerig op pad. Aan die begin van ’n nuwe jaar is ons op pad die jaar in al weet ons nie wat dit gaan inhou nie.

9 Volg ʼn ster Volg 'n ster Die besoekers wat uit die ooste in Jerusalem aangekom het, het nie geweet waarheen hulle reis hulle sou neem nie. Hulle het wel geglo dat hulle agter ’n ster aan trek wat deur God gerig word om hulle by die nuwe koning van die mense in Judea uit te bring. Uiteindelik het hulle gedoen wat hulle wou: hulle het voor die kleine koning gekniel en aan hom geskenke gegee. Aan die einde van ons teks is hulle weer op pad; nou huis toe. Hulle volg egter ’n roete wat hulle nie self sou kies nie. Hulle is eintlik ongehoorsaam aan ’n direkte opdrag van die koning, omdat hulle ag slaan op wat hulle glo God vir hulle gesê het: “Moenie na Herodes toe teruggaan nie.”

10 Teen magtiges se wense Teen magtiges se wense
Wanneer “op pad-mense” God se leiding volg, sal hulle soms in situasies wees waar hulle teen magtige mense se wense moet ingaan. Herodes die Grote het sy mag gebruik. Ook godsdienstige leiers van sy dag het gespring wanneer hy sy vingers klap. Hy het nie geskroom om blatant te lieg nie. “Ek wil doen net soos wat julle wil doen,” sê hy aan die besoekers ; “Laat weet my waar die nuwe koning gebore is sodat ek ook aan hom kan gaan hulde bring.” Nadat hulle by Jesus was het hulle geweet hulle moet kies vir gehoorsaamheid aan God se leiding eerder as die opdrag van ’n magtige man wat deur die Romeinse owerheid aangestel is.

11 Die ware koning? Die ware koning?
Die besoekers se vraag oor waar die koning van die Jode gebore is, lei tot ’n nuwe vraag: “Wie ís die ware koning oor Judea?” Die magtige regeerder Herodes of die brose baba Jesus? Die vreemdelinge in Judea was by ’n kruispad tussen die sogenaamde Romeinse Vredesryk en God se koninkryk. Ook Herodes sou ’n keuse oor die nuus wat die besoekers saamgedra het, moes maak. Hy was goed ingelig sodat hy die nuus wat gebring is met die verwagtinge rondom “die Christus” kon verbind. Die wyses soek die een na wie hulle gelei word. Herodes vertolk die tekste. Die destydse “kerkleiers” gee goddelike sanksie aan die koning se siening. Soos Herodes, tree hulle anders as die wyses op. Die politieke en die godsdienstige leiers gebruik taal wat Jesus eer, maar dit bly by woorde. Hulle belydenisse gaan nie in beweging saam met die vreemdelinge agter God aan nie.

12 Uitdaging Uitdaging Matteus wil ons uitdaag. God is in ons wêreld teenwoordig en aktief. Net soos by Jesus se geboorte, is God hier en nou by ons teenwoordig en betrokke. Waarheen jy vanjaar ook al op pad is kan jy glo: God is reeds daar en daar besig. Ons kan ook glo dat God ons sal lei na waar Hy alreeds is. Matteus daag ons uit om in beweging te kom. Herodes raadpleeg en konsulteer, maar versit nie ’n voet om saam met die besoekers op weg agter God aan te gaan nie. Moenie die voorbeeld van Herodes, die priesterhoofde en skrifgeleerdes navolg nie, sê Matteus vir die vroeë gelowiges. Hierdie gelowiges was besig om hulleself ná die verwoesting van Jerusalem en die tempel wat Herodes klaar gebou het, te reoriënteer. In hulle op pad-wees kon hulle nie meer by die tempel offers bring, om God se wil en leiding bid, of na die verkondiging van sy Woord luister nie. Kort ná die viering van die Paasfees – wanneer hierdie teks in die vroeë Christen-byeenkomste voorgelees is – het hulle gehoor hulle het nie ’n tempel en offerstelsel nodig nie. Hulle hoef nie ’n tempel te bou en ’n kultus te vestig nie. Soos God die besoekers uit die ooste gelei het, het Hy die gelowiges ook gelei tot waar hulle nou in Antiogië is. God is daar waar Jesus is, sê Matteus. Hy is die nuwe Moses, die nuwe Dawid, die nuwe tempel, sê Matteus. Gaan sonder vrees terug na julle huise toe.

13 Implikasies van God se teenwoordigheid
God se teenwoordigheid in en deur Jesus het persoonlike en politieke implikasies vir plaaslike en breër kontekste. Om Christen te wees is ’n keuse teen mag. Dis ’n keuse teen godsdiensgebruike en geloofsgewoontes wat ons nie in beweging bring om God te vertrou en sy leiding te volg nie. Om Christen te wees plaas ons aan die kant van die brose Jesus. God lei ons na Jesus toe. En ook verder. Mag jou op pad-wees, geseënd wees.

14 God stuur ons om te leef God stuur ons om te leef Gebed Dankoffer
Slotsang Lied 372 Hoe glansryk blind die Môrester Flam 393 Ons Is Die Herders Seën Respons Lied 372 vers 2 refrein: “Christus Jesus, Lig en Lewe, hoor my lied en hoor my bee: O bestraal my pad met vrede!”

15 Volgende erediens: Matteus 3:13-17 Volgende erediens Matteus 3:13-17
Familie-oomblik en Liturgie: Rethie van Niekerk Powerpoint: Wicus Wait Preekriglyn: Danie Mouton Prosesbestuur en ekstra stof: Chris van Wyk

16


Download ppt "Matteus 2:1-12 PowerPoint agtergrond"

Similar presentations


Ads by Google