Download presentation
Presentation is loading. Please wait.
Published byLieven de Haan Modified over 6 years ago
1
Matteus 2:1-12 Oorsig Epifanie beteken verskyning. Dit verwys na God wat in Jesus Christus verskyn het. In hierdie tyd word daar veral aandag geskenk aan die besoek van die sterrekykers, die doop van Jesus en sy eerste wonderwerk. In al drie gebeurtenisse word Jesus se Godheid en sy koningsheerskappy sigbaar. Die klem val deurentyd op dit wat Jesus hier op aarde geleer en gedoen het. Reg van die begin af is die motief van lig gebruik om uitdrukking te gee aan Jesus se koms na die aarde. Hy is die Lig vir die wêreld en as Lig skyn Hy in die duisternis en die duisternis kan dit nie uitdoof nie. Later noem Jesus ook sy dissipels die lig vir die wêreld en gee daarmee aan hulle die verantwoordelikheid om as sy volgelinge te gaan lewe. Ander tekste Jesaja 60:1-6; Psalm 72:1-14; Efesiërs 3:1-12 Fokusteks: Matteus 2:1-12 Besoek uit die ooste 2 Jesus is in Betlehem in Judea gebore tydens die regering van koning Herodes. Na Jesus se geboorte het daar sterrekykers uit die ooste in Jerusalem aangekom 2en gevra: “Waar is Hy wat as koning van die Jode gebore is? Ons het sy ster sien opkom en ons het gekom om aan Hom hulde te bewys.” 3Toe koning Herodes hiervan hoor, was hy, en die hele Jerusalem saam met hom, hewig ontsteld. 4Hy het toe die priesterhoofde en die skrifgeleerdes van die volk bymekaar geroep en hulle uitgevra oor waar die Christus gebore sou word. 5Hulle het hom geantwoord: “In Betlehem in Judea, want so is dit deur ’n profeet geskrywe: 6En jy, Betlehem, gebied van Juda, jy is beslis nie die kleinste onder die leiers van Juda nie. Uit jou sal ’n leier voortkom wat vir my volk Israel ’n herder sal wees.” c 7Daarna het Herodes die sterrekykers in die geheim ontbied en noukeurig by hulle vasgestel wanneer die ster verskyn het. 8Hy het hulle na Betlehem toe gestuur met die woorde: “Gaan doen noukeurig ondersoek na die Kindjie, en as julle Hom kry, laat my weet, sodat ek ook aan Hom hulde kan gaan bewys.” 9Nadat hulle die koning aangehoor het, het hulle vertrek; en kyk, die ster wat hulle sien opkom het, het hulle gelei totdat dit gaan staan het bo die plek waar die Kindjie was. 10Toe hulle die ster sien, was hulle baie bly. 11Hulle het in die huis ingegaan en die Kindjie saam met Maria, sy moeder, gesien, en hulle het gekniel en aan Hom hulde bewys. Daarna het hulle hulle reissakke oopgemaak en vir Hom geskenke uitgehaal: goud, wierook en mirre. 12En omdat God hulle in ’n droom gewaarsku het om nie na Herodes toe terug te gaan nie, het hulle met ’n ander pad na hulle land toe teruggegaan. Vorige riglyne Daar is net een vorige riglyn beskikbaar (Epifanie 1 Januarie 2006): Matteus 02_1-12.doc Eksegetiese opmerkings Vir eksegetiese en kontekstuele aantekeninge kan die Leesrooster vir , gepubliseer deur Bybel-Media, geraadpleeg word. Die preekskets maak ruimskoots gebruik van ’n besondere preek deur Walter Brueggemann, op die web beskikbaar by Erediens Tema Op reis tussen Jerusalem en Betlehem c Vgl. Miga 5:1 Die Bybel : Nuwe Vertaling. Cape Town, South Africa : Bybelgenootskap van Suid-Afrika, 1998, c1983, S. Mt 2:1
2
PowerPoint Die sketse van ‘n stad in die Midde-Ooste en die wyse manne is deur Alida Bothma ( Sy verkoop die sketse vir ‘n donasie (minimum R150) om fondse in te samel vir sendingwerk. Jy kan haar kontak by ;
3
God nooi ons uit en ons kom tot rus
Liturgie Vir liturgiese riglyne kan die Leesrooster vir , gepubliseer deur Bybel-Media, geraadpleeg word – daar is o.a. baie goeie responsoriese bewegings. Epifanie Ons is eintlik nog in Kerstyd. Kerstyd is van 26 Desember tot 5 Januarie. 6 Januarie is Epifaniefees. “Epifanie beteken verskyning. Dit verwys na God wat in Jesus Christus verskyn het. In hierdie tyd word daar veral aandag geskenk aan die besoek van die sterrekykers, die doop van Jesus en sy eerste wonderwerk. In al drie gebeurtenisse word Jesus se Godheid en sy koningsheerskappy sigbaar. Die klem val deurentyd op dit wat Jesus hier op aarde geleer en gedoen het. Reg van die begin af is die motief van lig gebruik om uitdrukking te gee aan Jesus se koms na die aarde. Hy is die Lig vir die wêreld en as Lig skyn Hy in die duisternis en die duisternis kan dit nie uitdoof nie. Later noem Jesus ook sy dissipels die lig vir die wêreld en gee daarmee aan hulle die verantwoordelikheid om as sy volgelinge te gaan lewe.”(Leesrooster vir , BM) Die kleur vir Epifanie is wit. Simbole sluit in drie krone, wyse manne, geskenke en ‘n helder ster. Votum Gebruik Jesaja 60:1-2 as votum. Toewyding As jy die toewyding nie op Kersdag gebruik het nie, kan jy dit vandag goed gebruik: Reël mense om goud, wierook (probeer van die wierook kry wat in kerke gebruik word) en mirre (te koop as ‘n aromatiese olie – gewoonlik by winkels wat alternatiewe gesondheidsmiddels aanhou) in te bring. (Die verskillende bewegings kan met liedere afgewissel word.) Liturg: Die wyse manne het by Herodus gekom en gevra: Waar is hy was as koning van die Jode gebore is? Ons het sy ster sien opkom en ons het gekom om aan hom hulde te bewys. En nadat hulle hom gevind het, het hulle gekniel en aan hom hulde bewys. Daarna het hulle hul reissakke oopgemaak en vir hom geskenke uitgehaal: goud, wierook en mirre. Liturg: Kom ons bewys nou ook ons hulde aan hom: Die Here God sal hom die troon van sy voorvader Dawid gee, en hy sal as koning oor die nageslag van Jokob heers tot in ewigheid. Aan sy koningskap is sal daar geen einde wees nie (Luk 1:32-33). Ons bring die goud as simbool daarvan dat ons ons lewens vir u gee. [Iemand bring die goud – ‘n geskenk vir ‘n koning – in.] Gemeente: U is ons Koning, Vredevors, Heerser vir ewig! Liturg: In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God. Hy was reeds in die begin by God. Alles het deur hom tot stand gekom: ja, nie ‘n enkele ding wat bestaan, het sonder hom tot stand gekom nie. In hom was daar lewe, en dié lewe was die lig vir die mense. (Joh 1:1-4) Ons bring die wierook as simbool daarvan dat ons ons lewens vir u gee. [Iemand bring die wierook in – ‘n geskenk vir ‘n priester.] Gemeente: U is ons God, Magtig en Ewig, die Een wat lewe gee. Liturg: Sy sal ‘n seun in die wêreld bring, en jy moet hom Jesus noem, want dit is hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos. (Matt 1:21) Ons bring die mirre as simbool daarvan dat ons ons lewens vir u gee. [Iemand bring die mirre in – ‘n middel genees- en reinigingsmiddel wat ook gebruik is om lyke te versorg.] Gemeente: U is ons verlosser, dié Een deur wie se dood ons kan lewe.
4
Liedere Ons sing steeds Kersliedere: Flam Kersliedere: F103. Kersfees Is ‘n Vreugdefees F216. Heilig, Heilig, Heilig, Heer F319. Want 'n Kind Is Vir Ons Gebore (Immanuel) F320. Halleluja F323. Goeie Nuus Vonkk Kersliedere Vonkk 29 Lank, lank terug in Bethlehem Vonkk 65 Eer aan God in die hoogste! Vonkk 97 Christus, lank reeds verwag Ander Flam liedere: F126. Jesus, Lig in die duisternis F113. Here Jesus, U Skyn Oor Almal
5
God praat met ons en ons luister
6
Familie-oomblik Vertel die verhaal van “The Camel who found Christmas”. Bestel die boek by (As jy die boek bestel het, maar dit nie betyds by jou gaan wees nie, kan jy solank die illustrasies kry by – 2.6 MB.) Die storie handel oor drie wyse manne wat hul kamele vol bagasie laai, gereed om met ‘n reis te begin. Wanneer dit tyd is om te gaan, maak die kleinste kameeltjie se ma hom wakker. “Dis tyd om te gaan. Dis Kersfees. Ons gaan daardie ster in die lug volg om ‘n koning te ontmoet.” “Watter koning?” wil die klein kameeltjie weet. “Die belangrikste koning in die wêreld. Jesus, die Seun van God,” antwoord Mamma Kameel. Die klein kameeltjie is baie bekommerd. Hy is nie groot genoeg nie. Hoekom sal ‘n koning hom wil ontmoet? Al verseker sy ma hom dat almal groot genoeg is om Koning Jesus te ontmoet, bly hy maar bekommerd. “Sê-nou die koning woon in ‘n groot, blink paleis? Hoe kan ek daarheen gaan? ‘n Koninklike paleis is nie ‘n plek vir ‘n kameeltjie soos ek nie. Ek is nie belangrik genoeg nie!” Weereens troos Mamma Kameel hom: “Almal is belangrik genoeg om vir Koning Jesus te ontmoet.” Terwyl hulle stadig in die sand stap, het die klein kameeltjie weer bang geraak. Sê nou die koning se vriende is ryk en mooi, met pragtige klere en duur juwele. Hulle sal niks met ‘n kameeltjie soos ek te doen wil hê nie. Ek is nie mooi genoeg nie!” Mamma Kameel verduidelik glimlaggend dat almal mooi genoeg is om Koning Jesus te ontmoet. Toe, ewe skielik, roep een van die wyse manne: “Stop!” Mamma Kameel het opgekyk. Hoog bo hul koppe het die ster stil gehang. Die klein kameeltjie het versigtig in die skaduwees rondgeloer. In plaas van ‘n groot paleis, het hulle voor ‘n ou, vuil stal gestaan. En toe die klein kameeltjie inloer, was daar nie mooi, ryk besoekers nie, maar net ‘n paar skaapwagters. “Ek verstaan nie” het hy gefrons. “Waar is Koning Jesus?” Mamma Kameel se gesig het gestraal van opgewondenheid. “Daar” het sy gefluister, “net daar.” En daar, vas aan die slaap tussen ‘n hoop stowwerige strooi, het die kleinste pasgebore babatjie gelê. Die klein kameeltjie was baie verbaas. “Hoe kan dit die Koning wees? Hy is dan so klein!” “Presies”, het Mamma Kameel geknik. “Klein genoeg om ‘n klein bruin kameeltjie soos jy te verwelkom. Koning Jesus is nie in ‘n paleis gebore nie. Hy is gebore sodat enigiemand naby aan hom kan wees - Hy is nie gebore om soos ‘n koning te leef nie. Hy is gebore om vir ons die pad na God te wys.” Terwyl die kameeltjie nader aan die klein babatjie gekruip het, het hy gelag: “Dan is dit waar! Enigiemand kan vir Koning Jesus ontmoet, Want Koning Jesus wil ALMAL ontmoet!”
7
Preekriglyn Prins William is op 21 Junie 1982 in die St Mary’s Hospitaal in Londen, Engeland gebore. Hy was die eersgebore van die Prins en Prinses van Wallis, Charles en Diana, en die derde kleinkind van Koningin Elizabeth II en Prins Philip, die Hertog van Edinburgh. Op 4 Augustus 1982 doop die aartsbiskop van Canterbury, Robert Runcie, hom in die musiekkamer van die Buckingham Paleis. Aangesien hy gebore is in die manlike afstammingslyn van die monarg, en as seun van die Prins van Wallis, die troonopvolger, staan William bekend as Sy Koninklike Hoogheid, Prins William van Wallis. Sy ouers noem hom egter Wombat of Wills. William is weer in die nuus. Hy trou in 2011 met Kate Middleton. Dis goeie nuus. Die manlike geslagslinie van Windsor lyk veilig. Koninklike geboortes bevestig die voortgang van die koninklike lyn. Dit is goeie nuus, want dit stabiliseer die monargie. Die koning kan rustig slaap, daar is ’n opvolger.
8
Jesus se koninklike geboorte
Jesus se geboorte was slegte nuus vir die koning. Koning Herodes en die hele koninklike huishouding is hewig ontsteld wanneer die sterrekykers vra: Waar is Hy wat as Koning van die Jode gebore is? (2:2). Die koning gooi onmiddellik die staatsmasjinerie in die hoogste rat. Die priesterhoofde en skrifgeleerdes kom verduidelik waar die Christus gebore sou word. Skielik is daar ’n alternatief vir sy koninklike posisie. Herodes is gedisoriënteerd en bedreig. Antwoorde moet gevind word.
9
Herodes Herodes Koning Herodes die Grote was koning was van Judea, Idumea en Samaria. Hy was die seun van Antipater en het ongeveer 37 jaar in Judea, Idumea en Samaria regeer. Jesus is in die laaste jaar van sy regering gebore. Hy was met tien vroue getroud en het etlike kinders gehad. Herodus het in ongeveer 40 v.C. van die Romeinse owerheid die titel “koning van Judea” ontvang. Herodus was ’n Idumeër en dus nie van Joodse koninklike agtergrond nie. Hy is in die verkeerde afstammingslyn gebore, en was bloot koning by grasie van die Romeinse onderdrukkers na wie se pype hy gedans het. Herodus vrees dat die geboorte van Jesus, die koning van die Jode, sy eie heerskappy sou bedreig.
10
Jerusalem en Jesaja 60 Jerusalem en Jesaja 60
Waarom belê Herodus ’n konferensie met Ou Testamentiese skrifkenners wanneer die sterrekykers opdaag? Walter Brueggemann, moderne Ou Testamentikus van formaat, verduidelik: Herodus kom hom op ’n Skrifteks beroep waarin die heerlikheid van Jerusalem besing is: Jesaja 60. Jesaja 60 was ’n trooswoord aan die Jode nadat Jerusalem in die sesde eeu v.C. met die ballingskap verwoes is. Die Jode wat 70 jaar later teruggekeer het, moes ’n toekoms in ’n kompeterende wêreldekonomie skep uit die ruïnes van ’n verwoeste stad. Jesaja 60 voorspel dat konings en rykdom na Jerusalem sal kom. Die rykdom van die see en die skatte van die nasies sal aan Jerusalem gegee word. Jong kamele sal die land vul, en almal wat uit Skeba (die ooste) kom sal goud en wierook bring. Dalk het die sterrekykers uit die Ooste Jesaja 60 geken. Wanneer hulle die sterretekens sien, weet hulle om die Koning in Jerusalem te gaan soek. Hulle kom met kamele, en hulle weet om goud, wierook en mirre (’n rare spesery) volgens Jesaja 60 as geskenke te bring. Herodus het Jesaja 60 geken. Die nuus van ’n koninklike geboorte ontstel hom. Die ou orde word bedreig. Die stabiliteit van Jerusalem en die heersende elite is in die weegskaal.
11
Verkeerde teks Verkeerde teks
“Wat is die storie met kamele en goud, wierook en mirre,” wil Herodus by die skrifgeleerdes weet. “Vertel my van Jesaja 60!” Die geleerdes, sê Brueggemann, het nie veel van ’n keuse nie: “Koning, jy het die verkeerde teks beet. Die wyse manne daar buite gebruik ook die verkeerde teks. Jesaja 60 mislei julle want dit voorspel Jerusalem sal groei en met groot stedelike rykdom bloei, en herstel word as die sentrum van die wêreldwye ekonomie. Dié teks skep ’n scenario waar die stedelike elite en koninklike maghebbers kan voortgaan om mag en prestige te versamel. Vir gewone mense verander niks. Herodes, sê Brueggemann, hou niks van die praatjies nie. Hy wil weet of hulle ’n beter teks het. Die akademici is benoud oor wat nou kom. Met angs en bewing – sê hulle die regte teks is Miga 5: En jy, Betlehem, gebied van Juda, jy is beslis nie die kleinste onder die leiers van Juda nie. Uit jou sal ’n leier voortkom wat vir my volk Israel ’n herder sal wees.” Miga 5 verteenwoordig die stem van hoop vir die toekoms. Hoop dat die ekonomiese supermoondhede, die politieke maghebbers, die toringblokke van banke, die stedelike politieke magspeletjies nie die laaste woord sal spreek nie. Uit Betlehem-Efrata, klein onder die families in Israel, sal daar een kom wat as Herder regeer. Hy sal ware heil bring, nie deur politieke ambisie nie, maar deur goed te doen aan gewone mense, en deur vir hulle ’n toekoms te gee. Weer Brueggemann: Herod tells the Eastern intellectuals the truth, and the rest is history. They head for Bethlehem, a rural place, dusty, unnoticed and unpretentious. It is, however, the proper milieu for the birth of the One who will offer an alternative to the arrogant learning of intellectuals and the arrogant power of urban rulers.
12
Jesus se geboorte ontwortel ons almal
Herodus het skielik ’n nuwe werklikheid waarmee hy rekening moes hou. Op sy sluwe manier probeer hy die wyse manne inspan om die koning te identifiseer, sodat hy Hom kan doodmaak. Sy eie belange mag nie skade ly nie. Jesus het hierdie effek op alle mense. Tot vandag toe. Wanneer ons die betekenis van sy geboorte bedink, vra dit van ons almal ’n heroriëntasie aan die goddelike kompas. Niks minder nie as ons eie bekering is op die spel. Jesus, die baba sonder getuigskrifte, daag ons uit om na te dink waarop ons ons lewens bou. Hoe lewe ons: vir onsself en ons belange, of gerig op God se werk deur Jesus. Is dit ons koers?
13
Sterrekykers verander van koers
Een: Die sterrekykers verander van koers Die sterrekykers was akademici van formaat. Hulle wysheid het gebou op eeue van kundige bestudering van sterre en natuurverskynsels. Hulle verteenwoordig die beste wat die Ooste kon oplewer in terme van kennis en waarneming. Hulle mis die teiken met 14 kilometer, die 14 kilometer tussen Jerusalem en Betlehem. Van die wyse manne vra dit om af te sien van hul kennis en insigte, en weg te draai van Jerusalem na Betlehem toe. Dis ’n stowwerige, slaperige dorpie sonder enige universiteit of aanspraak op geleerdheid. Hulle offer hulle kennis op om hulde aan die regte Koning te bring. Hulle loop die risiko om hul bestaande godsdienstige oortuigings in te boet en hul lewens te heroriënteer aan ’n baba sonder getuigskrifte. Die wyse manne bring die koningsgeskenke aan hierdie Kindjie: goud, wierook en mirre. Hulle gaan reguit terug huis toe, met ’n ander pad, ’n nuwe koers. In Betlehem, wat letterlik “huis van brood” beteken, het hulle die Brood van die Lewe ontmoet. Niks is meer dieselfde nie.
14
Buitestanders herken Jesus Twee: Buitestanders herken Jesus
Merkwaardig genoeg, is dit buitestanders wat Jesus herken en hulde aan hom bring. Die binnekring bring geen eerbetoon nie. Die Joodse akademici laat spat nie Betlehem toe nie. Hulle het die teks, maar nie die verwagting nie. Hulle het kennis sonder aanbidding. Hulle verstaan die Skrifopenbaring, maar dit beweeg hulle nie tot lofprysing nie. Die buitestanders doen dit. Vir gemeentes het dit geweldige implikasies. Ons is in ons gemeente so dikwels so besig met ons eie belange. Ons noem dit die werke van die Here, maar eintlik is dit ons eie voorkeure en maniere van doen wat op die spel is. Ons kan dikwels net met afkeur na mense buite die kerk kyk. Die eintlike rede waarom baie van hulle nie saam met ons in die kerk is nie, ontglip ons. Ons het onaantreklik, dalk afstootlik geword, want ons skep ’n kerk na ons eie beeld en gelykenis. Die weerlose baba in die krip gee vir ons ’n sleutel om kerk-wees te verstaan. Anthony Robinson, bekende gemeente-kenner, skryf onlangs: “Let’s get less organized!” Dalk moet ons regtig minder organiseer en net meer weerloos as gelowiges in die wêreld leef. Minder doen en meer wees. Dalk moet ons minder aspireer in Jerusalem se rigting, en meer leef in Betlehem se rigting. Ons moet leer om te gee, soos die wyse manne, eerder as om te versamel. Ons moet ons kennis minder gebruik om onsself te bevestig, en meer – soos die wyse manne – om op ’n reis te gaan wat ons kennis en oortuigings mag relativeer, destabiliseer en verander. Ons eie belange moet vervang word met verwondering oor die brose God in die krip. Dalk het ons dan minder om formeel te doen, en meer gesigte wat gloei van die heerlikheid van God wat ons aanskou het. Dalk moet ons op reis gaan? Die 14 kilometer tussen Jerusalem en Betlehem aflê?
15
Boosheid is ‘n werklikheid
Drie: Boosheid is ’n werklikheid Ons is as Christene is dikwels so idealisties. Ons glo alles sal regkom as ons planne net uitwerk. Die gevaar is dat mens boosheid miskyk. Boosheid is ’n werklikheid. Herodus die Grote probeer die sterrekykers mislei om uit te vind waar die Koning is. Sy planne werk nie uit nie. Later in die hoofstuk word vertel hoe alle seuntjies jonger as 2 jaar in Betlehem uitgemoor word. Die magte in die wêreld, of dit politieke, ekonomiese, godsdienstige of kerklike magte is, laat hulle nie maklik destabiliseer nie. Wie koers hou na Jesus toe, mag seerkry. Mag ly en sterf. Hierdie teks sny alle moralisering by die wortel af. Die keuse of die ster van Betlehem te volg, om te wandel in die lig van Jesus, het ’n prys. Die duisternis haat dié lig. Langs die pad ontdek mens hoe die duisternis ook in jouself woon. Daar is ’n deel van jou wat die lig haat. Daar is weerstand teen die sterf aan jouself en die navolg van Jesus. Voortdurende kompromieë doen hulleself as oplossings aan die hand. Boosheid is ’n werklikheid in elkeen van ons. Boosheid word nie met mag en geweld beveg nie. Die Kindjie in die krip het met sy broosheid en sy eindelike dood aan die kruis die bose oorwin. Liefde, broosheid, selfoorgawe is die wapens wat die poorte van die hel laat val.
16
Onafhanklik & self- versorgend? Vier: Onafhanklik en selfversorgend?
Ons teks onderstreep dat self-versorgendheid en onafhanklikheid die dood in die pot is. Weer Walter Brueggemann: Our task is to let the vulnerability of Micah 2 disrupt the self-congratulation of Isaiah 60. Most of us are looking in the wrong place. We are off by nine miles. We are now invited to travel those hard, demanding miles away from self-sufficiency. Epiphany is a good time to take the journey…. The way beyond is not about security and prosperity but about vulnerability, neighborliness, generosity, a modest future with spears turned into pruning hooks and swords into plowshares. The wise men, and the eager nations ready for an alternative, made the trip. It would be ironic if the "outsiders" among us made that move and we who are God’s own people resisted. Imagine a fourteen-kilometre trip and a very different way home.
17
Waar word jy vanjaar gebore?
Die teks daag ons uit om ’n nuwe geboorteplek te kies. Dalk hang mense koninklikes so aan omdat hulle met koninklike geboortes wil assosieer? Dalk wil jy ook in Kensington, Londense rykmansbuurt, gebore wees? Wil jy ook prins of prinses sus of so wees? In Buckingham bly? Wie wil nou gebore word in Langa, Danville, Sharpeville, Triomf, Sophiatown, Boipatong, Klipplaat of Distrik 6? Wie wil nou gebore word in Betlehem, op Golgota, of in Nasaret? Ons teks daag jou uit om vanjaar vir jou ’n nuwe geboorteplek te kies. Met wie gaan jy assosieer? Onder wie se nood gaan jy jou skouer plaas? Betlehem of Jerusalem?
18
God stuur ons om te leef God stuur ons om te leef
Met die verwysing na plek in die preek – en die fokus op Jesus se heerskappy in Epifanie – is hierdie ‘n goeie geleentheid om vir spesifieke plekke te bid.
19
Bid vir Zimbabwe. (Foto deur IRIN photos by flickr.com)
Bid vir hulpverlening, wyse leierskap en ‘n einde aan onreg. Bid vir almal wat swaar kry en gebuk gaan onder armoede, vir almal wat onderdrukking beleef. Besoek vir inligting, video’s, ens.
20
Bid vir die Midde-Ooste
Vir 'n verandering van hart vir Israel rondom settlements. Bid dat hulle nie meer in die Wes Bank sal bou nie. Vir die Palestyne vir wysheid oor om druk toe te pas. Bid vir vrede sonder geweld. Vir Fatah en Hamas om tot 'n ooreenkoms te kom. Vir die politieke situasie in Egipte. Bid vir wysheid hoe om die land tot demokrasie en regverdigheid teenoor al sy mense te lei, spesifiek Christene en armes.
21
Bid vir spesifieke areas in jul gemeenskap
Areas waar geweld hoog is Plakkerskampe en ander areas van armoede Spesifieke hulpverleningsorganisasies Stel ‘n groot kaart in die liturgiese ruimte op (hetsy van die wêreld of van jul dorp/stad). Gee vir mense goue sterretjies. Laat hulle dit op dié deel van die kaart kom plak waarmee hulle wil vereenselwig / waarvoor hulle wil bid.
22
Volgende erediens: Jesaja 42:1-9 Volgende erediens Jesaja 42:1-9
Danie Mouton Rethie van Niekerk Chris van Wyk
Similar presentations
© 2025 SlidePlayer.com. Inc.
All rights reserved.