Presentation is loading. Please wait.

Presentation is loading. Please wait.

Romeine 5:12-21 NB! Ons kies vir vers 12-21( 12-19 sonder 20, 21 is onvolledig) 12 Verder nog dít: Deur een mens het die sonde in die wêreld gekom en.

Similar presentations


Presentation on theme: "Romeine 5:12-21 NB! Ons kies vir vers 12-21( 12-19 sonder 20, 21 is onvolledig) 12 Verder nog dít: Deur een mens het die sonde in die wêreld gekom en."— Presentation transcript:

1 Romeine 5:12-21 NB! Ons kies vir vers 12-21( sonder 20, 21 is onvolledig) 12 Verder nog dít: Deur een mens het die sonde in die wêreld gekom en deur die sonde die dood, en so het die dood tot al die mense deurgedring, omdat almal gesondig het Die sonde was al in die wêreld nog voordat die wet van Moses gegee is, maar sonde word nie toegereken as daar nie ’n wet is nie Nietemin het die dood heerskappy gevoer van Adam af tot by Moses, ook oor mense wat nie gesondig het op dieselfde manier as dié waarop Adam oortree het nie. Daar is ooreenkoms tussen Adam en Hom wat sou kom, 15 maar met die genadegawe is dit anders as met die oortreding. Deur die oortreding van een mens het baie gesterf, maar die genade van God en die gawe wat deur die genade van die een Mens, Jesus Christus, gekom het, is veel oorvloediger aan baie geskenk En met die gawe van God is dit anders as met die sonde van die een mens. Op die oortreding van die een mens het die oordeel gevolg en dit het tot veroordeling gelei, maar op die baie oortredings het die genadegawe gevolg en dit het tot vryspraak gelei Deur die oortreding van die een mens het die dood begin heerskappy voer deur hierdie een mens, maar deur die Een, Jesus Christus, is veel meer bereik: dié wat die oorvloed van genade en die vryspraak as gawe ontvang het, sal lewe en heerskappy voer Soos een oortreding gelei het tot veroordeling vir alle mense, so het een daad van gehoorsaamheid dus ook gelei tot vryspraak en lewe vir almal Soos baie deur die ongehoorsaamheid van een mens sondaars geword het, so ook sal baie deur die gehoorsaamheid van die een Mens vrygespreek word Die wet het bygekom om die oortredinge nog meer te maak; en hoe meer die sonde geword het, hoe oorvloediger het die genade geword. 21 Die doel was dat, soos die sonde deur die dood heerskappy gevoer het, die genade deur die vryspraak ook heerskappy kan voer en tot die ewige lewe kan lei deur Jesus Christus ons Here.

2 Ingenooi deur God Ons raak bewus van ons diepste behoeftes, vrae en vrese en gee ons oor aan God

3 “It is sometimes said that there are three ways to get something done:
First, do it yourself. Second, hire someone to do it. Third, forbid your kids to do it.” In die lig van die Romeine teks klink die volgende nogal baie waar: “It is sometimes said that there are three ways to get something done. First, do it yourself. Second, hire someone to do it. Third, forbid your kids to do it.” Klink nogal soos ons storie saam met God... moenie daarvan eet nie ... toe eet ons daarvan.

4 Ons betree God se wêreld en gaan in God se vrede in
Ingaan in God se tyd Ons betree God se wêreld en gaan in God se vrede in

5 Krappe en Kraaie Alternatief 1
Speel met die kinders “Krappe en Kraaie”. Speel so twee of drie keer en kyk wie gevang word. Die span met die meeste kinders wen mos. Stop eers die speletjie na so 3 keer se “kkkrrappe” of “kkkrraaie” en verander dan die reëls soos volg: Nou hoef die een span net een te vang en dan verloor die hele span van die een wat gevang word. (Die kinders behoort baie teleurgesteld te wees as hulle verloor en sal ook tien teen een voel dat dit baie onregverdig is dat hulle verloor het, net omdat een gevang is). Verduidelik dan vir die kinders van Adam en die feit dat deur net een persoon die sonde in die wêreld gekom het. Speel nou weer “Krappe en Kraaie”. Hierdie keer is die reëls soos aan die begin, elkeen vir homself. Nadat een gevang is, sê dat die een wat gevang is nie nou na die ander span toe oorgaan nie, maar dat s/hy iets by jou moet kom haal. Gee dan vir die een wat gevang is ’n pak lekkers (soos Fizzers of so iets) om vir elke kind wat gespeel het te gee. Verduidelik dan dat net soos die sonde deur een mens gekom het, net so kom die genade van God ook deur Een Mens, die Here Jesus, na ons toe.

6 Romeine 5:13 en 14 Alternatief 2
Plaas ’n klomp voorwerpe op die kansel neer (bal, skerp mes, kaktus, ens.) As hulle kon kies, watter item sou hulle in die lug op wou gooi en vang? Wette en reëls is nie regtig hier nodig nie, ons weet dit sal nie ’n goeie idee wees om met ’n kaktus-plantjie so te speel nie. Vergelyk vers 13 en 14 van Rom 5. (13 Die sonde was al in die wêreld nog voordat die wet van Moses gegee is, maar sonde word nie toegereken as daar nie ’n wet is nie Nietemin het die dood heerskappy gevoer van Adam af tot by Moses, ook oor mense wat nie gesondig het op dieselfde manier as dié waarop Adam oortree het nie.)

7 Ons luister dieper na die Woord en ontmoet God
Luister na God se Woord Ons luister dieper na die Woord en ontmoet God

8 Romeine 5:12-21 In Rom. 5 behandel Paulus drie redes waarom gelowiges seker kan wees van God se genade vir hulle. Eerstens het Hy die Heilige Gees aan ons gegee (vers 5) as bewys dat die genade van God ons onvervreembare eiendom is. Tweedens het Christus vir ons sondes gesterf toe ons nog vyande van God was (vers 6 tot 11). In vers 12 tot 21 gee Paulus ’n derde rede – die gevolge van Christus se dood vir ons. Paulus illustreer dit deur die gevolge van die optrede van Adam en Christus onderskeidelik met mekaar te vergelyk. Ons is naamlik almal teenwoordig in Adam by die sondeval, en as gelowiges in Christus aan die kruis verteenwoordig.  Die vloei van die gedeelte is as volg: (1) Paulus begin deur op die band tussen sonde en dood te wys. Deur een (Adam) se optrede het beide ’n houvas op die mens verkry. Die sonde het as skaduwee die dood oor die wêreld gebring (vers 12). Sonde en dood is dus ten nouste aan mekaar verbind en tesame regeer hulle oor die gevalle mensdom. Nie een van die twee was deel van God se plan nie. (2) Dan klaar Paulus die verband tussen wet, straf en dood op (vers 13–14). Hy maak dit duidelik dat die afwesigheid van die wet nie beteken het dat daar geen sonde was in die tyd nie. Sonde is ook ’n universele probleem – dit raak nie net die Jode nie. Sonde is egter nie op dieselfde wyse toegereken (oftewel getel) aan die wat nie die wet gehad het nie. Sonde neem proporsioneel toe soos wat ’n mens kennis van God se wil deur die wet ontvang en nog steeds willens daarteen sondig. As ’n tiener bv. nie gesê word om tien-uur by die huis te wees nie, bestaan die reël nie om oortree te word nie. Dit kan hom of haar daarom nie toegereken word as hulle na tien tuiskom nie. Daar is egter ander gevalle waar iets sonde is, al het jy nie die wet nie. Of iemand vir jou dit sê of nie is die doodmaak van ’n ander verkeerd in God se oë. Daarom word ook die sonde van die mensheid tussen Adam en Moses nie ongestraf gelaat nie, al het hulle nie op dieselfde manier gesondig as Adam wat ’n spesifieke gebod van God oortree het nie. Die een doen naamlik die verkeerde (maak iemand dood), terwyl iemand met die wet die verkeerde doen én direk ongehoorsaam is aan God self. Laasgenoemde word dus anders getel of toegereken as eersgenoemde. (3) Hierop word die lot van die ou mens in Adam met dié van die nuwe mensheid in Christus vergelyk (vers 15–19). Waar sy analise van die mens se nood nie van ’n Joodse een verskil nie, verskil sy antwoord daarop (Jesus) wel. Die analogie tussen Jesus en Adam word vyf keer deurgetrek. Die eerste Adam het deur sy oortreding (vers ) en ongehoorsaamheid (vers 19) sy mense in die dood (vers 15 & 17), oordeel en veroordeling (vers 16 & 18) en in die sonde (vers 19) gestort. Die tweede Adam (Jesus) het deur Sy daad van gehoorsaamheid (vers 18–19) vir Sy mense genade en die genadegawe van God (vers ), vryspraak (vers ), lewe (vers 17-18) en heerskappy (vers 17) gebring. Die belangrikste is dat wat Christus gedoen het, altyd meer (vers 17) en oorvloediger (vers 15, 20) is as wat Adam gedoen het. Veel eerder as wat die ou mens in sy verbondenheid aan Adam in die sonde en dood gestort is, ontvang die nuwe mens in sy verbondenheid aan Jesus Christus die vryspraak en die ewige lewe. Die volgende tabel uit die Bybellenium vat die verskille bondig saam: Adam se resultate Christus se resultate straf (5:9) redding (5:9) sonde (5:12, 15, 21) genade (5:16, 17, 20) dood (5:12, 16, 21) ewige lewe (5:17, 21) veroordeling (5:18) vryspraak (5:18) vyandskap (5:10) versoening (5:10) ongehoorsaamheid (5:19)   

9 Luister na mekaar God maak ons ’n luisterende gemeenskap en praat ook deur ander mense met ons

10 Luister na ander en die tye
Ons stel onsself oop om God van onverwagse kante af te hoor

11 “It costs a man just as much or even more trouble to go to hell as to enter heaven.”
Soren Kierkegaard. “It costs a man just as much or even more trouble to go to hell as to enter heaven.” Soren Kierkegaard.

12 Luister weer na God se Woord
Ons fokus op die Gees se beweging in ons hart en gedagtes

13 Word jou lewe gekenmerk deur oorvloed (abundance) of deur ’n skaarste (scarcity)?
Het genade al jou lewe verander? Leef jy uit die oorvloed genade ontvang? Word jou lewe gekenmerk deur oorvloed (abundance) of deur ’n skaarste (scarcity)?

14 ’n Baie versigtige man Miskien sal daar eendag getuig word van ons soos van die man: “ Hy was ’n baie versigtige man, hy het nooit gespeel of pret gehad het nie, hy het nooit gelag of gedroom of ’n mooi meisie gesoen nie. Toe hy doodgaan, het hulle gesê, is versekering nie uitbetaal. Want aangesien hy nooit geleef het nie, het hulle geëis, het hy daarom nooit doodgegaan nie”.

15 “Het jy ooit regtig geleef?”
Of soos die Romeinse soldaat wat by Julius Caesar gekom het om vir die Keiser te vra of hy mag selfmoord pleeg. Hierdie soldaat was ’n mismoedige figuur sonder enige lewensenergie. Die Keiser het hom aangekyk en gesê: “Man, het jy ooit regtig geleef?”

16 Is jy deel van die Adam-familie…
Dis die vraag waarmee Paulus ons konfronteer: Is ek en jy nog deel van Adam se familie of is ons ten volle deel van Christus se familie? Daar hang ’n doods reuk oor die Adam-familie. As jy nog aan hierdie familie behoort, is jy ’n ter dood veroordeelde. Jy is ’n lyk wat ’n doods reuk saam met jou sleep in alles wat jy doen en sê. Is dit nie hoekom van ons huwelike, familie verhoudings en baie ander verhoudinge halfdood is nie? Jy kan nie waarlik leef nie, want die sonde maak jou dood vir alles en almal!

17 … of deel van Christus se familie?
Maar Paulus vertel van ’n ander familie - Christus s’n. Oor hierdie familie hang daar nie ’n doods reuk nie, oor hulle hang die vars, veranderende reuk van God se genade. Hierdie genade is veel groter en meer as die sonde. Dit omdat Jesus aan ’n kruis vir ons gesterf het en ’n nuwe begin gegee het...

18 Dis soos hierdie lugverfrisser blikkie[1], dit neem die onaangename huis reuke weg en vul die huis met ’n nuwe aangename verfrissende geur. [1] As jy ’n regte blikkie lugverfrisser gaan gebruik, SOEK asb. die soort wat minder na toilet ruik!

19 God se genade neem die doods reuk van sonde uit jou lewe
Dit is die kern van die evangelie. As die Here in jou lewe inkom, werk God se genade soos die blikkie lugverfrisser - dit neem die onaangename doods reuk van sonde weg uit jou lewe en vervang dit met ’n nuwe, vars veranderde geur wat die doods reuk oorneem en verwyder.

20 “Uit Sy oorvloed het ons almal genade op genade ontvang.”
Johannes 1:16 Hierdie genade kan jy nie opgebruik nie. Johannes 1:16 “Uit Sy oorvloed het ons almal genade op genade ontvang.”

21 “But sin didn't, and doesn't, have a chance in competition with the aggressive forgiveness we call grace. When it's sin versus grace, grace wins hands down.” The Message Of soos Rom 5:20 dit stel: hoe meer die sonde geword het, hoe oorvloediger het die genade geword” of soos die Message dit stel: “But sin didn't, and doesn't, have a chance in competition with the aggressive forgiveness we call grace. When it's sin versus grace, grace wins hands down.”

22 As familielede van Christus is ons ’n bietjie soos die seuntjie in die volgende storie:
Jannie was ’n vierjarige seuntjie met onblusbare geesdrif vir die lewe en ’n yslike liefde vir sy pa. Eendag sien Jannie hoe sy pa koekies en ander lekkernye voor die TV sit en eet. Hy dink toe by homself: Pappa hou mos daarvan om ’n glas koue melk saam met sy eetgoed te drink. Ek gaan vir hom ’n glas melk ingooi en bring! Hy hardloop kombuis toe, trek ’n stoel nader, klim bo-op en maak die kasdeur oop. Hy pluk ’n glas uit met al die handigheid van ’n lomp vierjarige seuntjie. In die proses stamp hy twee ander glase uit die kas en dié spat aan flenters op die teëlvloer. Met die glas in die hand spring hy van die stoel af en hardloop na die yskas. Hy kry die melk raakgevat, maar die skink in die glas geskied ook met ’n vierjarige se akkuraatheid. Die glas melk wat hy toe vir sy pa aandra, het ’n bietjie melk bevat, maar daar was heelwat meer op die vloer. Gillend van entoesiasme storm hy op sy pa af: “Pappa, ek het vir jou ’n verrassing: Jou favourite!” In sy opgewondenheid sien hy egter nie die hond langs sy pa se stoel raak nie en slaan neer. Die melk skiet oor die skoon mat, die verbaasde hond en sy alles-behalwe-opgewonde pa. En ’n derde glas byt in die stof. Deur trane van skok en teleurstelling en vrees oor wat Pa nóú gaan doen, kyk hy op. Toe sy pa dié gesiggie sien, beleef hy ’n goddelike oomblik. Hy besef onmiddellik wat sy seun wou doen. Toe sluk hy sy irritasie en steek sy nat arms uit: “Kom hier, Boeta,” sê hy: “Daardie bietjie melk in my mond was heerlik. Nou gaan ons vir my nog ’n glas melk haal – vir jou ook een.”

23 “’n Gelowige is nie iemand wat beter is as ander nie; hy of sy verstaan en ervaar net die goedheid van God beter.” Thomas Merton Daarom moet Thomas Merton se woorde altyd in ons geheue bank bêre: “’n Heilige/gelowige is nie iemand wat beter is as ander nie; hy of sy verstaan en ervaar net die goedheid van God beter.”

24 Genade biljoenêrs Uit hierdie gedeeltes is dit duidelik dat ek en jy wat ’n volgeling/dissipels van Jesus is, skatryk is. Jy is ’n genade biljoenêr. Johannes 1:16 sê jy het genade op genade ontvang. Romeine 5:20 sê dat jou baie sonde (onttrekkings uit jou hemelse bankrekening) die genade net oorvloediger gemaak het (reuse deposito's in jou hemelse rekening). Tel jou seëninge (genade) wat jy elke dag van die Here ontvang. Dié tel proses sal jou hart bly maak omdat jy daardeur sal besef hoe skatryk jy regtig is – ’n ware genade biljoenêr!

25 Leef met ’n oorvloed mentaliteit !
Dit sal maak dat jy dadelik met ’n oorvloed mentaliteit begin lewe. Dit beoefen jy deur die goeie te doen - genade-uitdeler te wees…omdat Christus se kruis jou daartoe oproep, want Sy kruis is soos ’n kraan waar ons die oorvloed genade net uitloop.

26 Daar was ’n boer wat elke jaar ’n blou lint-toekenning gekry het as die beste koringprodusent. Sy koring was van hoogstaande gehalte. Een jaar het ’n landbou verslaggewer ’n onderhoud met hierdie boer gevoer en iets verstommends by hom geleer. Die verslaggewer het ontdek dat die boer sy koringsaad met sy bure deel. Hy was so oorbluf dat hy dadelik gevra het: “Hoe kan jy jou beste koringsaad met jou bure deel as hulle ook elke jaar vir hierdie kompetisie inskryf?” “Meneer,” het die boer rustig geantwoord, “het jy nie geweet dat die wind die stuifmeel van die ryp wordende koring optel en dit van veld tot veld dra nie? As my bure ondergemiddelde of swak koring sou produseer, sou die kruisbestuiwing my koring se kwaliteit stelselmatig verlaag. As ek dus goeie koring wil produseer, moet ek my bure help om ook goeie koring te verbou.”

27 Hoe meer jy weggee, hoe meer het jy!
Dankbare mense glo dus in oorvloed en nie in suinigheid nie. Hoe meer jy weggee, hoe meer het jy. Maar as jy opgaar, mag jy dalkies alles verloor. Amper soos die man wat besluit het om nie sy koei vir ’n week te melk nie, sodat hy genoeg melk kon hê as sy familie kom kuier. Hy het uitgewerk dat hy teen die Vrydag vyf emmers behoort te kan melk. Toe hy egter die koei die Vrydag melk, was daar byna geen melk nie! Die koei se melk het opgedroog!

28 “People with an Abundance Mentality believe that there is plenty for everyone.”
Stephen Covey “People with an Abundance Mentality believe that there is plenty for everyone.” (Stephen Covey)

29 Watter reuk hang oor jou lewe en jou verhoudings?
Dankbare mense wat met ’n oorvloed mentaliteit leef, leef net soos God! Hy oorlaai ons met Sy genade - gee ons ’n vars nuwe begin nes ons ook in ons verhoudings moet maak, ja daar waar ons leef en beweeg! Watter reuk en geur hang oor jou lewe en jou verhoudings?

30 Fokus op wat God nou doen
Ons fokus op wat God nou doen en waarheen God ons lewe rig

31 Ons besluit op ’n gepaste reaksie op wat God gegee/ gedoen/ gesê het
Antwoord met ons lewe Ons besluit op ’n gepaste reaksie op wat God gegee/ gedoen/ gesê het

32 Leef ’n lewe van oorvloed
In plaas daarvan om, soos baie gelowiges doen, te vas van alles wat lekker is, het ons ’n voorstel vir hierdie Lydenstyd: Leef ’n lewe van oorvloed (abundance)! Dit beteken nie dat jy nie ook kan vas nie, maar die beginsel is dat jy net afknyp van dit wat jy het, sodat jy dit aan ander kan uitdeel. Nooi byvoorbeeld mense vir ete en deel met hulle die genade waarvan Romeine 5 praat. Ons sal egter in die laaste week van Lydenstyd ‘n vas-voorstel maak.

33 Nuut op die rak Prys: R69.95 Die Kerkorde van die NG Kerk Bestel by:
Met reglemente, kerkordelike riglyne en funksionele besluite soos vasgestel deur die Algemene Sinode in Junie 2007 Bestel by: Prys: R69.95


Download ppt "Romeine 5:12-21 NB! Ons kies vir vers 12-21( 12-19 sonder 20, 21 is onvolledig) 12 Verder nog dít: Deur een mens het die sonde in die wêreld gekom en."

Similar presentations


Ads by Google