Presentation is loading. Please wait.

Presentation is loading. Please wait.

Rekordhouding en Prestasie Toetsing

Similar presentations


Presentation on theme: "Rekordhouding en Prestasie Toetsing"— Presentation transcript:

1 Rekordhouding en Prestasie Toetsing

2 DOELGERIGTE SELEKSIE EN PRESTASIE TOETSING AS DEEL VAN RASSTANDAARDE
Ons moet weet wat ons wil bereik! Selekteer dan vir die volgende: Uiters vrugbare skape. Goeie moeders wat hul lammers grootmaak sonder enige probleme. Viriele ramme met uitstekende dek vermoë. Lammers met ’n uitslag massa van 14-25kg (afhangend van die omgewing waarin geboer word). Dit moet van die ma af voor 5 maande geskied. Gemiddelde gradering van A2-A3 moet behaal word teen bogenoemde massas.

3 VIR LAE KOSTE EN GESONDHEID
N.B. Toets jaarliks alle ramme vir Brucella Ovis. Doen ‘n kliniese ondersoek van alle teelorgane. Speen skaap so ver as moontlik van dosering vir inwendige parasiete. Selekteer vir trop instink Doen bosluis tellings en seleksie daarvoor. Geen skeer. Geen sny van sterte. Minimale inenting en dip. ’N MAKLIKE BESTUUR SKAAP IN ALLE OPSIGTE! GEEN BYVOEDING!!

4 REGISTRASIE EN LIDMAATSKAP
ALLE TELERS WORD VOLLE LEDE VAN DIE GENOOTSKAP MAAR WORD DIE VOLGENDE KEUSES GEBIED TIPE A LEDE Verkoop kudde ramme en ooie alleenlik. Kan ook op genootskaps veilings verkoop. Kan deelneem aan tentoonstellings Geen rekordhouding nodig. Geen prestasie toetsing Geen uitvoere toegelaat Mag nie deelneem aan veldram veilings nie. TIPE B LEDE Verkoop aangetekende stoet ramme en ooie. Kan op alle veilings verkoop. Volle rekordhouding op die ‘Shepherd’ program of per hand. Sluit aan by LNR. Verpligte prestasie toetsing. Mag diere, embrios en saad uitvoer. Kan deelneem aan tentoonstellings TIPE C LEDE Al die voordele van Tipe B Lede Verkoop aangetekende, geregistreerde diere. Volle rekordhouding op die ‘Shepherd’ program of per hand. Sluit aan by LNR en Stamboek Verpligte prestasie toetsing.

5 METODES VAN IDENTIFIKASIE
CC: Voorvoegsel IDENTIFIKASIE VAN SKAAP Tatoeër of oorplaat voor lam 1 week oud is. Tatoeër of oor kode merk voor speen. Duidelike tatoeër sal voldoende wees vir lewens lange identifikasie. Sou oor-plaatjies gebruik word moet diere ook getatoeër word aangesien plaatjies kan verloor. 7: Jaartal(2007) 010: Volg nom. 5: Jaartal (2005) 098:Volg nommer CR: Voorvoegsel

6 Voorbeeld # 198 Voorbeeld # 222
10 300 100 1 5 L R 50 200 400 30 3 Voorbeeld # 198 Voorbeeld # 222

7 BENODIGDHEDE VIR REKORD HOUDING
Shepherd program kan afgelaai word by: Maak jou eie: Parings boek met datum in, datum uit Geboorte kennisgewings boek Dra boonste informasie oor na Shepherd program (1) na ramme uit ooie gehaal is (2) Na al die lammers binne twee maande gebore is. (3) Na 100 dae gewigte geneem is. (4) Na 270 dae gewigte geneem is. Onthou dat die waarde en akkuraatheid van jou data afhang van die akkuraatheid van die syfers wat jy vaslê. Onthou dat slegs lammers gebore binne 2 maande met mekaar as een groep vergelyk kan word. Ooi nommer Ram Nommer Lam no. Geboorte Datum Geslag Moer Vaar Gewig 100 dae Gewig 270 dae Opmerking.

8 TIPE B en C TELERS - REKORD HOUDING
Identifiseer die lamtyd met ‘n kode bv. 07H (2007 Herfs). Dit sal insluit alle lammers wat binne 2 maande in die herfs van 2007 gebore word. Parings tyd moet dus nooit langer as 2 maande wees nie. Sou dit wel gebeur moet ‘n aparte groep geïdentifiseer word met ‘n nuwe lamtyd kode (bv: 07 H2) wat weer met mekaar vergelyk kan word. Dek tyd: Maak paringslys in parings boek met paring. Dra alle parings informasie oor na Shepherd as ramme uitgehaal word. Met lam tyd binne eerste week: Moet alle lammers geïdentifiseer word Gee oorplaatjies of tatoeër. Vul alle inligting in die lam boek in.

9 TIPE B en C TELERS - REKORD HOUDING
3. Na lam tyd Dra alle inligting vanaf lam boek oor na “SHEPHERD” program. Dae na lam geboorte: Weeg alle lammers in groepe van 90 dae oud tot 110 dae oud. Teken aan in geboorte kennisgewingboek met datum waarop geweeg was. Gaan identifikasie van lammers na en korrigeer alle onduidelike nommers. Indien lammers net plaatjies het moet almal nou getatoëer word.

10 TIPE B en C TELERS - REKORD HOUDING
5. Na alle lammers vir 100 dae geweeg is: Dra alle inligting vir 100 dae gewigte oor na “SHEPHERD” program Maak seker dat alle lammers korrekte speenstatus kry as van die meerlinge dood is. Sou ooie in verskillende troppe geloop het met verskillende weidings omstandighede moet lammers geïdentifiseer word met korrekte omgewing. BV.(veld – lande) Met dieselfde weidings omstandighede maar met verskillende weidings kwaliteit as gevolg van reënbuie of desmeer, vul in bestuurs groepe wat dieselfde was. BV. ( bestuurs groep 1 of 2) Vir 270 dae gewigte doen die selfde.

11 STUUR AAN DIE LNR INDIEN NIE MET SHEPHERD GEWERK WORD NIE.
I.D. van elke lam Datum van geboorte Geboorte status (enkeling / tweeling) Geslag Vader Moeder 100 Dae weeg datum 100 Dae gewig Speenstatus as meerling lam dood is voor speen Deel lammers in: Omgewings groepe Bestuurs groepe

12 STUUR AAN DIE LNR AS MET SHEPHERD GEWERK WORD
Na seker gemaak is dat alle inligting korrek is rakende die vorige skyfie kies die opsie: Skep lêer vir Intergis stelsel Speen en stuur

13 270 DAE ID van elke lam 270 Dae weeg datum 270 Dae gewig Deel lammers in: Omgewings groep En bestuurs groep

14 STUUR AAN DIE LNR AS MET SHEPHERD GEWERK WORD
Na seker gemaak is dat alle inligting korrek is rakende die vorige skyfie kies die opsie: Skep lêer vir Intergis stelsel Naspeen en stuur

15 STUUR AAN… ADRES A.R.C Animal Improvement Institute Private Bag X 529
Grootfontein Agricultural College Middelburg E.C 5900 Olivia Maritz Tel (0)

16 GENOOTSKAP KONTAK BESONDERHEDE
Vir kursusse, navrae of enige hulp kontak: Sonja Wasserman Tel: (0) Faks: +27 (0) Webblad: E-pos: POS ADRES Posbus 1060 Bloemfontein 9300

17 SLEUTEL TOT PRESTASIE GEGEWENS
1ste lam: Dit is haar ouderdom in dae tot eerste lam ILP: Dit is die ooi se interlam periode in dae OPI. AFWYKING: Dit is die waarde wat gebruik moet word om ooie vir reproduksie te selekteer. Ooie wat in dieselfde seisoen gebore is word saam gegroepeer en met mekaar vergelyk.Van hierdie ooie word die Totale Gewig lammers gespeen (enkeling tweeling en drielinge almal saam) bereken. Die beste (en ook die swakste) ooie in elke ouderdomsgroep word met die OPI-AFW geïdentifiseer. n Waarde van 0 word as die gemiddeld aanvaar .‘n OPI-AFW van 6 beteken dat daardie ooi se OPI 6% bokant die gemiddelde OPI van alle ooie in haar ouderdomsgroep was. OPI Index: Hierdie is dieselfde as OPI AFWYKING maar die keer word die ooi se produksie gegee as ‘n indeks in vergelyking met ander ooie van haar ouderdoms groep. 100 is die gemiddeld en dan bokant of onderkant dui die persentasie bo of onder gemiddeld. ML Ind Die waarde word gebruik om te sien hoe ooie hulle lammers grootmaak Dit is die gemiddelde indeks van al die ooi se lammers. In hierdie geval word die lammers se gewig gekorrigeer slegs vir ouderdom en geslag maar nie vir meerlinge nie dus sal ooie met baie meerlinge altyd n laer indeks hê.

18 GROWTH PERFORMANCE - RAM

19 GROWTH PERFORMANCE - EWE

20 VAAR OPSOMMING

21 OOI PRODUKTIWITEIT

22 B L U P Beste Liniêre Onbevooroordeelde Vooruitskatting
Ons mees akkurate vorm van seleksie. Baie meer akkuraat as net prestasie toetsing

23 Verwagte Resultate SPEEN INDEKS: Dit gee jou die vermoë van die skaap om te kan groei vanaf geboorte tot speen ouderdom van 100 dae. Dit vergelyk die lam met die res van die lammers in sy groep en 100 is altyd die gemiddeld. NA SPEEN IND: Dit gee jou die vermoë van die skaap om te kan groei vanaf speen tot ‘n ouderdom van 12 maande in vergelyking tot die res van die lammers in sy groep. 100 is altyd die gemiddeld. BLUP waarde en verwagte resultate: Die BLUP waarde is baie meer akkuraat as die indeks waarde en dus sal u baie vinniger vordering maak as u meer waarde heg aan die BLUP syfer as die individuele skaap se indeks. SPEEN DIR: Maak jou skape swaarder met direkte groei tot op speen ouderdom. Bepaal die groei vermoë van die dier tot op speen ouderdom SPEEN MAT: Sal veroorsaak dat jou ooie meer melk het en lammers in die algemeen goed versorg. Die ooi se vermoë om die lam se groei te beïnvloed tot op speen ouderdom NA SPEEN DIR: Sal jou skape swaarder maak met die lam se eie vermoë om te kan groei van speen tot 12 maande.

24 KEN DUS U OMSTANDIGHEDE OM DIE REGTE SKAAP TE SELEKTEER !
…Verwagte Resultate GLS: Die skaap se vermoë om meerlinge te kry, om vroeg te lam en gereeld te lam. REW : JOU RAND SENT WAARDE: Hierdie is ‘n kombinasie waarde. Dit is ‘n relatiewe ekonomiese waarde wat die speen, naspeen en reproduksie teelwaardes in n eknomiese waarde kombineer. Nageslag van ‘n ram met ‘n waarde van R6.44 se inkomste per KVE. Behoort R3.22 hoër te wees as ‘n ram van R Sou jy produksie wou verhoog deur verhoogde inset koste moet u self bereken of dit die moeite werd is. In die geval waar ‘n stoet onder totaal natuurlike toestande bestuur word met baie lae inset koste met geen lekke of byvoeding nie, kan die R/c waarde gebruik word vir baie akkurate seleksie. AKK : Die akkuraatheid % van ‘n teelwaarde. Hoe meer bruikbare inligting, hoe hoër die akkuraatheid. Daar kan na BLUP waardes begin kyk word met n akkuraatheid van meer as 45% Dit is onsettend belangrik vir u om ‘n Meatmaster te selekteeer wat by u toestande sal aanpas byvoorbeeld: Sou u boer onder baie gunstige toestande sal dit tot u voordeel wees om skaap te selekteer met baie goeie vrugbaarheid en sodoende u R/c waarde verhoog. Sou u aan die anderkant onder baie moeilike toestande met die ras wil boer sou dit beter wees om enkelinge te selekteer van ooie wat hulle baie goed grootmaak aangesien tweelinge nie sal kan oorleef. Op die manier sou u weer u R/c waarde kan verhoog. KEN DUS U OMSTANDIGHEDE OM DIE REGTE SKAAP TE SELEKTEER !

25 Explanation of Codes: / Verduideliking van kodes
Die werklike waarde word gegee, gevolg deur ‘n kode om u te help om vinnig te kan identifiseer in watter kategorie die skaap val * Best 10% - Excellent / Uitstekend + Best 40% - Very Good / Baie Goed = Average of the group – Good / Goed - Bottom 40% - Acceptable / Aanvaarbaar X Weakest / Swakste - 10% Lot Sheep Number Speen W Dir W Matr R/c no Skaap Nommer Index Sp Direk Sp Mat 73 CRC 106 1.65 * 0.1 + 5.19 74 CRC 99 1.19 -0.7 - 0.61 = 75 CRC 103 1.08 0.48 4.11 12 CRC -0.42 0.09 -0.73

26 SELEKSIE VIR MEER GELD - VIER EIENSKAPPE WORD GEBRUIK

27 KATALOGUS VOORBEELD

28 DIREKTE GROEI - TIPE

29 DIREKTE GROEI - TIPE

30 MATERNALE GROEI - TIPE

31 MATERNALE GROEI TIPE

32 OOI CRC 3172 – STERK MATERNAAL

33 Direkte Groei- CRC Maternale groei

34 CRC Maternaal CRC 7417 – Groei Direk

35 CRC 7224 – Groei Direk CRC Maternaal

36 CRC Maternaal CRC Direk

37 GENETIC TRENDS OF THE MEATMASTER.

38 BEGIN MET PRESTASIE TOETSING
GROEI – SPEEN DIREK BEGIN MET PRESTASIE TOETSING BEGIN MET BLUP

39 BEGIN MET PRESTASIE TOETSING
GROEI – NASPEEN DIREK BEGIN MET PRESTASIE TOETSING BEGIN MET BLUP

40 SPEEN – GROEI MATERNAAL

41 Die vermoë om meer lammers te produseer.
TWW Die vermoë om meer lammers te produseer. BEGIN MET BLUP BEGIN MET PRESTASIE TOETSING

42 BEGIN MET PRESTASIE TOETSING
RAND EN SENT BEGIN MET PRESTASIE TOETSING BEGIN MET BLUP

43 SELEKSIE METODES Weet wat jy nodig het om die wins van jou stoet te verbeter. As jy 5 skape benodig, kies die 10 bestes met jou oog, daarna gebruik jy slegs die prestasie syfers om die beste 5 te kies. Jy kan ook die beste 10 op syfers uithaal en dan jou oog gebruik om 5 te selekteer. Kudde boere kan gerus die nat droog metode gebruik om hul ooi troppe te selekteer.

44 ONTHOU DIE VOLGENDE Moet nooit individue in ‘n groep wat met mekaar vergelyk moet word anders behandel nie. Met Meatmasters sal voeding jou altyd forseer om vir die verkeerde skaap te selekteer vir ekstensiewe toestande. Skaap geselekteer onder moeilike omstandighede teel ook altyd die beste onder goeie toestande. Maar die beste gevoerde skaap doen nooit die beste onder swaar omstandighede nie. Die akkuraatheid van jou data sal die sukses van jou seleksie beïnvloed. Dit is nie die hand en oog metode OF prestasie toetsing nie. Die wyse gebruik van albei verseker sukses.

45 MOOI IS NIE NOODWENDIG GOED NIE

46 WYSHEID !! ONTHOU: Wysheid is om kennis reg te gebruik dus:
M E E T O M T E W E E T KOOP PRESTASIE GETOETSTE VELD- AANGEPASTE SKAPE EN MAAK MEER GELD OF KOOP MOOI VET GEVOERDE SKAPE EN DRA SELF DIE GEVOLGE.


Download ppt "Rekordhouding en Prestasie Toetsing"

Similar presentations


Ads by Google