Presentation is loading. Please wait.

Presentation is loading. Please wait.

Efesiërs 3:14-21 PowerPoint agtergrond

Similar presentations


Presentation on theme: "Efesiërs 3:14-21 PowerPoint agtergrond"— Presentation transcript:

1 Efesiërs 3:14-21 PowerPoint agtergrond
Paulus se wens vir Efesiërs behels oa… 18Mag julle in staat wees om saam met al die gelowiges te begryp hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde van Christus strek. Eugene Peterson bewoord dit in sy parafrase, The Message (MSG), soos volg: 14-19My response is to get down on my knees before the Father, this magnificent Father who parcels out all heaven and earth. I ask him to strengthen you by his Spirit—not a brute strength but a glorious inner strength—that Christ will live in you as you open the door and invite him in. And I ask him that with both feet planted firmly on love, you'll be able to take in with all followers of Jesus the extravagant dimensions of Christ's love. Reach out and experience the breadth! Test its length! Plumb the depths! Rise to the heights! Live full lives, full in the fullness of God. Die powerpoint agtergrond vra vir ‘n abstrakte beeld wat iets baie groot en vêr en diep en hoog wil illustreer. Ons kies vir ‘n foto van ‘n sonnestelsel (NGC 3982) geneem deur Hubble se teleskoop. Ek heg die storie aan soos verskaf by die foto. NASA image release October 19, 2010 Hubble Sees Pinwheel of Star Birth Though the universe is chock full of spiral-shaped galaxies, no two look exactly the same. This face-on spiral galaxy, called NGC 3982, is striking for its rich tapestry of star birth, along with its winding arms. The arms are lined with pink star-forming regions of glowing hydrogen, newborn blue star clusters, and obscuring dust lanes that provide the raw material for future generations of stars. The bright nucleus is home to an older population of stars, which grow ever more densely packed toward the center. NGC 3982 is located about 68 million light-years away in the constellation Ursa Major. The galaxy spans about 30,000 light-years, one-third of the size of our Milky Way galaxy. This color image is composed of exposures taken by the Hubble Space Telescope's Wide Field Planetary Camera 2 (WFPC2), the Advanced Camera for Surveys (ACS), and the Wide Field Camera 3 (WFC3). The observations were taken between March 2000 and August The rich color range comes from the fact that the galaxy was photographed invisible and near-infrared light. Also used was a filter that isolates hydrogen emission that emanates from bright star-forming regions dotting the spiral arms. The Hubble Space Telescope is a project of international cooperation between NASA and the European Space Agency. NASA's Goddard Space Flight Center manages the telescope. The Space Telescope Science Institute (STScI) conducts Hubble science operations. STScI is operated for NASA by the Association of Universities for Research in Astronomy, Inc. in Washington, D.C. Credit: NASA, ESA, and the Hubble Heritage Team (STScI/AURA) Acknowledgment: A. Riess (STScI) This photo was taken on October 15, 2010 and is available at Copyright through Creative Commons allow that you are free: to Share — to copy, distribute and transmit the work; to Remix — to adapt the work and to make commercial use of the work under the following conditions: Attribution — You must attribute the work in the manner specified by the author or licensor (but not in any way that suggests that they endorse you or your use of the work). Vir gebruik as Powerpoint agtergrond is die oorspronklike slegs geknip mbv Picasa 3. Efesiërs 3:14-21

2 God nooi ons uit en ons kom tot rus
Lied 157 Here Jesus ons is saam vs 1,2 Aanvangswoord 20Aan Hom wat deur sy krag wat in ons werk, magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink, 21aan Hom kom die eer toe, in die kerk, deur ons verbondenheid met Christus Jesus, deur al die geslagte heen tot in alle ewigheid. (Efes 3) Seëngroet Aan almal in wat aan God behoort en in Christus Jesus glo. 2Genade en vrede vir julle van God ons Vader en die Here Jesus Christus! (Uit Efesiërs 1:1-2) Lied 475 Allerhoogste Hemelvader vs 1,2 Verootmoediging Laat Romeine 12:9-19 dien as ‘n spieël waarin ons ons tekortkominge en sonde kan raaksien… Riglyne vir die Christelike lewe 9Die liefde moet opreg wees. Verafsku wat sleg is en hou vas aan wat goed is. 10Betoon hartlike broederliefde teenoor mekaar; bewys eerbied teenoor mekaar en wees mekaar daarin tot voorbeeld. 11Moenie in julle toewyding verslap nie, bly altyd geesdriftig, dien die Here. 12Verbly julle in die hoop; staan vas in verdrukking; volhard in gebed. 13Help die medegelowiges in hulle nood en lê julle toe op gasvryheid. 14Seën julle vervolgers, ja, seën hulle, moet hulle nie vervloek nie. 15Wees bly saam met dié wat bly is en treur saam met dié wat treur. 16Wees eensgesind onder mekaar. Moenie hooghartig wees nie, maar skaar julle by die nederiges. Moenie eiewys wees nie. 17Moenie kwaad met kwaad vergeld nie. Wees goedgesind teenoor alle mense. 18As dit moontlik is, sover dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense. 19Moenie self wraak neem nie, geliefdes, maar laat dit oor aan die oordeel van God. Daar staan immers geskrywe: “Dit is mý reg om te straf; Ék sal vergeld,” sê die Here. Gebed om sonde vergifnis Vergewe ons, Here God, ons opsetlike sondes, en dié van versuim; die sonde van ons jeug, én van ons ryper jare; die sonde van ons gedagtes, en van ons liggaam; ons geheime en ons blatante sondes; dié wat ons uit onkunde of uit ongeërgdheid doen, én dié wat ons vooruit bedink en beplan. Vergewe ons, Here, die sonde wat ons doen om onsself te bevoordeel of om ander mense te plesier; die sonde waarvan ons weet en wat ons onthou, maar ook dié wat ons vergeet het; die sonde wat ons van ander probeer wegsteek, en van onsself; en dié waardeur ons ander tot sonde verlei het. Vergewe hulle ook, o God. Vergewe ons almal ter wille van Hom wat vir ons sonde gesterf, en opgestaan het sodat ons vrygespreek kan word, en wat nou aan U regterhand sit om vir altyd vir ons in te tree -Jesus Christus, ons Here. (John Wesley, ), uit “Wat Here is en lewend maak” van Dirkie Smit, 2001:49. Lied 245 Ek wat vergifnis Heer ontvang het 1,2,3 Die geloofsbelydenis na die prediking kan ook hier gebruik word. God nooi ons uit en ons kom tot rus

3 God praat met ons en ons luister
Epiklese Lees Lied 253 “U het die brood gebreek” vs 1,2 as ‘n gebed Skriflesing Efesiërs 3:14-21 Prediking God praat met ons en ons luister

4 Familie-oomblik Familie-oomblik
Die taal kan ‘n hindernis wees vir kleiner kinders. Probeer om die gebed in terme wat aan kinders bekend is, te vertaal. Bv – dat die gebed van Paulus ooreenkom met die wense wat ons vir ander gee op Kersfees- of verjaarsdagkaartjies. Ons wil graag hê dat hulle seën en liefde sal ervaar. Fokus ook op die feit dat God vir ons lief is, al wen ons nie alles waaraan ons deelneem nie. Dit bou ’n selfvertroue wat op God se guns gebaseer is, en nie net op eie prestasies nie. Hierdie vertaling is uit die Nuwe Testament vir kinders deur Stephan Joubert, Jan van der Watt en Hennie Stander (1999) Paulus bid vir die Gemeente in die Stad Efese 14–17 Ek gaan op my knieë en bid tot God om Hom vir alles dankie te sê. God is die Vader van elke mens. Dit maak nie saak of die mens hier op die aarde is en of hy al klaar in die hemel is nie. Ek bid dat die Heilige Gees* julle sal sterk maak en dat Jesus in julle hart sal woon. Ek bid ook dat julle vir God en ander mense sal liefhê. 18–19 Jesus het julle baie lief. Ek wens so dat julle dit darem so ’n bietjie kan verstaan. Maar ek weet geen mens kan regtig verstaan hoe baie Jesus ons liefhet nie. Mag God ook Koning wees van julle hele lewe. Daar mag regtig nie ’n stukkie van julle lewe wees waar God nie Koning is nie. 20–21 Laat ons hele gemeente* vir God dankie sê dat ons kinders van Jesus mag wees. Laat alle mense vir altyd vir God dankie sê vir alles wat Hy vir ons doen. Ja, God kan selfs baie meer doen as wat ons kan droom. Alternatief: Om ondergenoemde vers uit ons fokusteks te illustreer kan kinders vorentoe geroep word om te kyk wie die hoogste kan spring. Maak vooraf in die kerk teen ‘n plat muur merkers met papier en wondergom vanaf 1,8m elke 10cm tot so 2,8m of 3m. Kyk wie kan met 1 hand die hoogste merker raak in ‘n sprong. 18Mag julle in staat wees om saam met al die gelowiges te begryp hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde van Christus strek. (Efesiërs 3) Ons kan die sprong redelik akkuraat meet, maar die omvang van die liefde van Christus is onmeetbaar- vandaar dat Paulus bid dat die Efesiërs enigsins sal begryp hoe wyd en ver en hoog en diep Christus se liefde strek. Familie-oomblik

5 Efesiërs 3:14-21 Fokusteks: Efesiërs 3:14-21
Die gebed van Paulus vir die Efesiërs 14Daarom kniel ek in gebed voor die Vader 15aan wie die hele gemeenskap van gelowiges in die hemel en op die aarde sy bestaan te danke het. 16Ek bid dat Hy deur sy Gees uit die rykdom van sy heerlikheid aan julle die krag sal gee om innerlik sterk te word, 17dat Christus deur die geloof in julle harte sal woon en dat julle in die liefde gewortel en gegrondves sal wees. 18Mag julle in staat wees om saam met al die gelowiges te begryp hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde van Christus strek. 19Mag julle sy liefde ken, liefde wat ons verstand te bowe gaan, en mag julle heeltemal vervul word met die volheid van God. 20Aan Hom wat deur sy krag wat in ons werk, magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink, 21aan Hom kom die eer toe, in die kerk, deur ons verbondenheid met Christus Jesus, deur al die geslagte heen tot in alle ewigheid. Amen. Efesiërs 3:14-21

6 God het groot hande Tema Leef vanuit 'n Godsbelewenis
Preekriglyn: God het groot hande 'n Seuntjie stap saam met sy ma kafee toe. Die eienaar, 'n dierbare man, besluit om vir die seuntjie lekkers te gee. Hy steek sy hand in 'n groot glasbottel met sagte lekkers en hou 'n handvol na die seuntjie toe uit. "Kry vir jou, ou maat." Die seuntjie is normaalweg uitgaande en glad nie skaam nie. Nou deins hy egter bietjie terug, onseker of hy die lekkers moet vat. Die oom gooi dit in 'n papiersakkie en gee vir hom aan. Met 'n groot glimlag gryp hy die sak lekkers vas. Op pad terug vra sy ma: "Hoekom wou jy eers nie die lekkers vat nie?" "Die oom se hand is soveel keer groter as myne," sê die seuntjie, "die meeste lekkers sou op die grond val!„ God gee oneindig baie Efesiërs 1 tot 3 beskryf die kerk van die Here as resultaat van die geweldige groot gawes wat God gee. Die bestaan van die gemeenskap van gelowiges, van ons geloof, van ons verborgenheid in Christus, en van ons deel hê aan die genadegawes van God, is die vrug van God se oorvloedige gawes. Mens voel oorweldig by die groot gawes wat God gee: Die hele gemeenskap van gelowiges in die hemel en op die aarde het sy bestaan aan God die Vader te danke (15); Hy gee krag uit die rykdom van sy heerlikheid (16) Hy gee Christus, wie se liefde van geweldige omvang is (18) Sy liefde gaan alle verstand te bowe (19) Die kerk as sy liggaam word heeltemal vervul met die volheid van God (19) Hy is in staat om baie meer te doen as wat ons bid of dink (20) Mens deins eintlik terug by die aanhoor hiervan. Daar is niks vanselfsprekend aan die groot gawes wat ons ontvang nie. Dit is die wonderlikste, grootste geskenk denkbaar. God het groot hande. God het groot hande

7 Die vrug van God drie-enig se werk
Die kerk as vrug van God se werk is God se instrument in die wêreld. Die kerk is die manier waarop God in die wêreld aanwesig is om meer en meer mense na Hom te trek, en hulle as versoende gemeenskap saam te bind - aan Hom en aan mekaar. Die Heilige Goddelike Familie - Vader, Seun en Heilige Gees - noi mense deur die verkondiging van die evangelie in verbondenheid met Jesus Christus in nuwe geloofsgemeenskap in (3:6) sodat hulle deel kan kry aan die wonderlike gawes wat die ruimhartige God belowe het. Daarom beskryf Paulus die kerk as 'n familie. Dit is wat die woord gemeenskap (patria) in vers 14 beteken. God skep hierdie familie. Paulus se gebed is dank aan Vader, Seun en Heilige Gees vir hierdie handelinge en gawes. Sy gebed is dat die kerk ten volle sal ervaar en begryp wat dit beteken om so deur God oorlaai te word. Die hele gebed veronderstel die werk van die drie-enige God. Die dinamika van ons verlossing, die wyse waarop dit mense insluit in nuwe gemeenskap, kan net die werk wees van 'n relasionele, verhoudingsgedrewe Familie wat aan mense die onbeskryflike voorreg gee om deel te word van die Familie van God. Daarom: kniel hy in gebed voor die Vader (14), en; bid dat die Gees die gelowiges innerlik sal versterk (16), en vra dat Christus deur geloof in ons harte woon en sy liefde die wortel en fondament sal word waaruit ons lewe (18). 'n Mens snap die roeping en die identiteit van die kerk baie moeilik as jy nie kliek dat die kerk gebore is uit die werk van die Goddelike Familie van Vader, Seun en Heilige Gees nie. Ons is die vrug van die lewende God se werk, voor Wie se aangesig ons lewe. Ons God is 'n sosiale God wat mense immer oor grense insluit in gemeenskap. Altyddeur word mense wat tans nie deel is van die familie van God nie saam met ons deel van die volk van God, lede van die liggaam van Christus, en kry hulle saam met ons deel aan wat God belowe het (3:6). Die vrug van God drie-enig se werk

8 Onthou ons geboortemoment
Die kerk moet haar geboortemoment voortdurend onthou om op koers te bly. Ons kom voort uit die werk van God die Vader, in en deur die lewe, sterwe, opstanding en hemelvaart van ons Here Jesus Christus, deur die kragtige werk van die Heilige Gees. Dit stempel ons identiteit en rig ons roeping. Ons leef in die voortgaande dinamika en werk van hierdie God wat sy kerk steeds gebruik om hierdie skeppingsdoel uit te leef. In baie mense se gemoed ontstaan verwarring oor die kerk as ons uitsig op ons geboortemoment verloor. Mense mag dink: die kerk is gebore uit 'n morele kode en moet bloot 'n stel morele waardes afdwing of bemark; die kerk is geroep om die bekende omgewing, die status quo, te beskerm en te bewaar; die kerk is bloot daar om sy lede te versorg; die kerk is bloot 'n geestelike vulstasie vir mense wat reeds deel is daarvan; die kerk is niks meer as kerklik-institusionele strukture nie; die kerk funksioneer net wanneer eredienste of formele kerklike programme en kommissie-vergaderings gebeur; die kerk is 'n warm lewensgemeenskap - vir sy lede. Ons kan 'n lang lys van misverstande maak. Hoewel daar waarheidsmomente in hierdie misverstande mag steek, mis die dit kragtige dinamika van die leweskeppende God wat 'n greep op mense se lewens kry, met sy volheid in hulle woon, en die wêreld deur hulle vernuwe en genees onderweg na die volle inhoud van die beloftes wat God vir hulle weggelê het. Onthou ons geboortemoment

9 Hoe God Sy kerk bemagtig
Hoe God God se kerk bemagtig God skep God se kerk en is deur God se kerk aanwesig in die wêreld. Hoe bemagtig God die kerk om vanuit gemeenskap met God as lewensveranderende gemeenskap in die wêreld te lewe? God gee krag God bekragtig eerstens God se kerk (16). Deur die werk van die Heilige Gees word die kerk innerlik versterk om God se wil te doen. Die wil, begeerte, moed en deursettingsvermoë om God se wil te doen, kom van God. Ons word deur Paulus se voorbeeld aangemoedig om voortdurend te bid vir hierdie krag. God gee geloof Christus kry deur geloof 'n woonplek in ons harte, sodat Christus deur ons geken en uitgestraal word. Hierdie inwoning van Christus is iets waarvoor ons moet bid en wat ons as gawe moet omhels. God gee liefde Ons word ook geleer om te bid vir die liefde van God in ons, sodat ons in die liefde gewortel en gegrondves sal wees. Hy bid vir 'n ervaring van hierdie liefde, dat ons dit nie net met ons verstand sal begryp nie, maar met ons hele wese sal ervaar. Sy gebed is dat die volheid van God in ons sal lewe, dat ons daarmee vervul sal word. Hoe God Sy kerk bemagtig

10 Leef vanuit 'n Godsbelewenis
Om ons roeping as kerk kan nie uit eie krag vervul word nie. Ons het nodig om God te beleef. Ons het nodig om God se oorvloedige gawes te beleef. Ons het nodig om God se liefde te beleef. Tony Campolo vertel dat hy elke oggend wanneer hy wakker word bid vir 'n Godservaring. Hy bid om te beleef dat die Here hom liefhet. Van kop tot tone liefhet. Hy bid dat die Here hom deur die dag die ervaring sal gee dat God met hom is en hom vervul. Hy bid dat die Here hom sal gebruik. Dit het sy lewe verander. Sy gemeente bid elke dag hierdie gebed. Dit het sy gemeente verander. Leef vanuit 'n Godsbelewenis

11 God stuur ons om te leef Gebed Geloofsbelydenis
Geloofsbelydenis Die volgende seleksie uit die Belydenis van Belhar kan as geloofsbelydenis gebruik word. Plaas dit op die dataprojektor of gee dit in gedrukte vorm vir elke lidmaat sodat ons ons geloof saam hardop kan bely: “Ons glo in die drie-enige God, Vader, Seun en Heilige Gees wat deur sy Woord en Gees sy Kerk versamel, beskerm en versorg van die begin van die wêreld af tot die einde toe. Ons glo aan een heilige algemene Christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges, geroepe uit die ganse menslike geslag. Ons glo dat God Homself geopenbaar het as die Een wat geregtigheid en ware vrede onder mense wil bring; dat Hy in ’n wêreld vol onreg en vyandskap op besondere wyse die God van die noodlydende, die arme en die veronregte is en dat Hy sy kerk roep om Hom hierin na te volg; dat Hy aan verdruktes reg laat geskied en brood aan die hongeriges gee; dat Hy die gevangenes bevry en blindes laat sien; dat Hy die wat bedruk is ondersteun, die vreemdelinge beskerm en weeskinders en weduwees help en die pad vir die goddelose versper; dat vir Hom reine en onbesmette godsdiens is om die wese en die weduwees in hulle verdrukking te besoek; dat Hy sy volk wil leer om goed te doen en die reg te soek.” (Uit Bybelmedia se Preekriglyne en Liturgiese Voorstelle vir , liturgiese voorstel by 29 Julie 2012.) Wegsending Lied 478 Op vaste fondamente vs 1,2,3,4 Seën 18Mag julle in staat wees om saam met al die gelowiges te begryp hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde van Christus strek. 19Mag julle sy liefde ken, liefde wat ons verstand te bowe gaan, en mag julle heeltemal vervul word met die volheid van God. Amen (Efes 3) Musikale Amen Lied 312/313/314/315/ God stuur ons om te leef

12 Volgende erediens: Eksodus 16:2-4, 9-15
Familie-oomblik, liturgie en Powerpoint: Wicus Wait Preekriglyn: Danie Mouton Prosesbestuur en ekstra stof: Chris van Wyk

13


Download ppt "Efesiërs 3:14-21 PowerPoint agtergrond"

Similar presentations


Ads by Google