Presentation is loading. Please wait.

Presentation is loading. Please wait.

Romeine 7:15-25 Romeine 7:15-25 15Ek begryp self nie wat ek doen nie, want wat ek wil doen, dit doen ek nie, maar wat ek haat, juis dit doen ek. 16Dat.

Similar presentations


Presentation on theme: "Romeine 7:15-25 Romeine 7:15-25 15Ek begryp self nie wat ek doen nie, want wat ek wil doen, dit doen ek nie, maar wat ek haat, juis dit doen ek. 16Dat."— Presentation transcript:

1 Romeine 7:15-25 Romeine 7:15-25 15Ek begryp self nie wat ek doen nie, want wat ek wil doen, dit doen ek nie, maar wat ek haat, juis dit doen ek. 16Dat ek nie wil doen wat ek doen nie, beteken dat ek toegee dat die wet goed is. 17Maar nou is dit nie meer ek wat dit doen nie, maar die sonde wat in my woon. 18Ek weet immers dat die goeie nie in my woon nie, nie in my sondige aard nie. Daar is by my wel die wil om die goeie te doen, maar ek doen dit nie. 19Die goeie wat ek wil doen, doen ek nie, maar die slegte wat ek nie wil doen nie, dit doen ek. 20En as ek nou doen wat ek nie wil doen nie, dan is dit nie meer ek wat dit doen nie, maar die sonde wat in my woon. 21So vind ek dan hierdie wet in my: ek wil die goeie doen, maar al wat ek doen, is die slegte. 22Diep in my wese vind ek vreugde in die wet van God, 23maar ek vind in my doen en late ’n ander wet, wat stryd voer teen die wet van my gees. Dit maak my ’n gevangene van die wet van die sonde wat in my doen en late aan die werk is. 24Ek, ellendige mens! Wie sal my van hierdie doods bestaan verlos? 25Aan God die dank! Hy doen dit deur Jesus Christus ons Here. So is dit dus met my gesteld: met my gees dien ek die wet van God, maar in my doen en late die wet van die sonde.

2 Ingenooi deur God Ons raak bewus van ons diepste behoeftes, vrae en vrese en gee ons oor aan God

3 “She instructed me to be kind, because everyone you’ll ever meet, is fighting a hard battle.”
Hierdie drie kort skote kan ons help om ’n bietjie lig te werp op Rom 7: In sy boek Chronicles, Volume One, vertel Bob Dylan van ’n belangrike les wat sy ouma vir hom geleer het: “She instructed me to be kind, because everyone you’ll ever meet, is fighting a hard battle.”

4 “Veels geluk!” “Hou aan beweeg!”
By ’n gradeplegtigheid het studente hulle diplomas ontvang van die kanselier wat hulle hande geskud het en met harde stem gesê het: “Veels geluk!” En dan ’n sagter, maar ferm stem het hy vir elke gegradueerde gesê: “Hou aan beweeg!” Dis ook God se woorde aan ons “Veels geluk, maar hou aan beweeg...”

5 Randy Frazee skryf in sy boek Making Room for Life (2003, 82) “In golf, the swing you take over and over again becomes a part of your muscle memory — your muscle performs the swing without conscious thought. By the way we live, we teach our children to establish either a bad swing or a good swing into their muscle-memory approach to life.” Lewe jy deur die Gees of deur die sonde?

6 Ons betree God se wêreld en gaan in God se vrede in
Ingaan in God se tyd Ons betree God se wêreld en gaan in God se vrede in

7 Telefoontjie Laat die kinders in ’n halfmaan sit en sê dan dat julle ‘Telefoontjie’ gaan speel. Fluister in die eerste kind se oor: “Wat ek wil doen, dit doen ek nie, maar wat ek haat, juis dit doen ek” (Rom 7:15) en vra die kinders om die frase in mekaar se oor te fluister. Hulle moet probeer om die frase net so te herhaal, maar moet sê presies wat hulle hoor. Kyk hoe hulle die frase verander na die einde van die ry. Herhaal dan die frase weer aan almal. Beklemtoon dat dit moeilik is om nie iets op te mors terwyl jy dit so aangee nie. Mense mors baie dinge op terwyl hulle saam speel, werk en gesels – selfs al probeer hulle hul bes. Wys dit uit dat Paulus baie gefrustreerd was met sy eie foute en dat hy op ’n ander plek in die brief aan die Romeine vra “Wie sal my red?” Vind uit of die kinders weet Wie hulle sal verlos/red van hulle foute en sonde. Verseker hulle dat Jesus gekom het om ons te red van die dinge wat ons opgemors het. Daarom moet ons vir Jesus vra om altyd by ons te wees as ons speel en werk en gesels.

8 In vers 24 sê Paulus dat die wet van die sonde wat teen die wet van die Gees stry van ons gevangenis maak. Maar dit beteken nie dat ons in ’n tronk is met vier mure rondom ons nie. Nee, die wet van God maak ons nie so vas dat ons glad nie kan beweeg nie. Inteendeel dit maak ons juis vry. Die probleem is egter dat dit wat ons nie mag doen nie, vir ons so aantreklik raak, dat dit later al is wat ons wil doen. Die “tronk” van verleiding het baie keer net een muur of een tralie deur. Dis soos ’n hond wat ’n kat wil jaag. As die hond die kat deur die traliedeur sien, wil hy met alles wat hy het deur daardie tralies kom. Hy sal blaf en krap en huil, selfs al is daar baie keer ander uitgange van die huis wat oopstaan. Maar omdat die kat juis aan daardie kant van die huis verbyloop, wil die hond net daardeur en voel hy soos ’n gevangene. Later raak honde mos heel mal en sal hulle alles doen net om deur te kom. Al wat dan nodig is, is dat die baas van die hond hom wegroep van die tralies deur byvoorbeeld vir hom kos te gee of hom te vryf en liefde te wys. Net so kom Jesus en vat ons aandag weg van die fokus op die versoeking .

9 Ons luister dieper na die Woord en ontmoet God
Luister na God se Woord Ons luister dieper na die Woord en ontmoet God

10 Ons luister dieper na die Woord en ontmoet God
Die gedeelte is seker van die mees betwiste gedeeltes in die Romeine brief (kyk maar na die lys wat Cranfield gee vir hoe dit gelees kan word). Die meeste uitleggers lees die gedeelte as ’n blik op Paulus se innerlike stryd teen die sonde. Ek gee egter hier Ben Witherington (in sy Paul's Narrative Thought World) se argument weer wat dit op ’n ander manier lees. Volgens hom is die gedeelte belangrik omdat dit ons verstaan van die “normale” Christelike lewe bepaal. Hy wys daarom eers daarop dat in 7:5-6 Paulus ’n kontras tref tussen hoe ons eers in die vlees was en hoe ons nou in Christus leef. Kortom, ons is van die wet en die vlees bevry (vers 23). Daarom voer Witherington aan dat Paulus nie in die daaropvolgende verse praat van iemand wat steeds onder die mag van die vlees lewe nie. Verder is dit opvallend dat Paulus van die verlede tyd in vers 7 tot 13 na die teenwoordige tyd in vers 14 tot 25 verander. Daarom is sy argument dat Paulus hier vir Adam aan die woord stel in vers 7 tot 13 en vir die wat nog in Adam is (d.w.s. ongelowiges) in vers 14 tot 25. In beide gevalle is die “ek” dus nie Paulus as verteenwoordiger van alle Christene nie. Die “ek” is eerder Paulus wat retories as ’n Christen eers soos Adam praat en dan soos die wat steeds leef asof hulle in hom is. In vers 7-13 verduidelik “Adam” dus wat met hom gebeur het toe hy aan die versoeking toegegee het en in vers 14 tot 25 praat hy oor hoe sy nageslag sy erfenis voortgesit het. Witherington vra die vraag of ons glo dat ons verlossing ons net bewus gemaak het van ons sonde (maar nie vry om dit te weerstaan nie) en of dit ons volkome vry gemaak het om nuut te lewe. Gebruik ons nie Rom 7 net om ons sondes te regverdig nie? Vir hom verteenwoordig Rom 8 en nie Rom 7 nie, die normale lewe van ’n Christen. Ons is nie perfek of sondeloos nie, maar ons kan protesteer en breek met sonde.

11 Luister na mekaar God maak ons ’n luisterende gemeenskap en praat ook deur ander mense met ons

12 The Message The Message vertaal dit so:
What I don't understand about myself is that I decide one way, but then I act another, doing things I absolutely despise. So if I can't be trusted to figure out what is best for myself and then do it, it becomes obvious that God's command is necessary. But I need something more! For if I know the law but still can't keep it, and if the power of sin within me keeps sabotaging my best intentions, I obviously need help! I realize that I don't have what it takes. I can will it, but I can't do it. I decide to do good, but I don't really do it; I decide not to do bad, but then I do it anyway. My decisions, such as they are, don't result in actions. Something has gone wrong deep within me and gets the better of me every time. It happens so regularly that it's predictable. The moment I decide to do good, sin is there to trip me up. I truly delight in God's commands, but it's pretty obvious that not all of me joins in that delight. Parts of me covertly rebel, and just when I least expect it, they take charge. I've tried everything and nothing helps. I'm at the end of my rope. Is there no one who can do anything for me? Isn't that the real question? The answer, thank God, is that Jesus Christ can and does. He acted to set things right in this life of contradictions where I want to serve God with all my heart and mind, but am pulled by the influence of sin to do something totally different.

13 Luister na ander en die tye
Ons stel onsself oop om God van onverwagse kante af te hoor

14 Luister weer na God se Woord
Ons fokus op die Gees se beweging in ons hart en gedagtes

15 Daar is ’n klassieke storie wat hierdie gedeelte van Paulus volmaak vasvang. Robert Louis Stephenson se The Strange Case of Dr. Jekyll and Mr. Hyde. Dit gaan oor die gerespekteerde dr Jekyll wat ’n middel ontdek wat sy persoonlikheid verander en van hom ’n ander persoon maak. Deur sy uitvinding geskok en tog ook gefassineer, gee hy toe aan die versoeking om in die nag Mnr Hyde te word, wat allerlei misdade pleeg - selfs moord. Gedurende die dag is hy die sagmoedige dr Jekyll en in die nag is hy ’n moordenaar en ’n gewelddadige skurk. So gaan dit ’n tyd lank aan, totdat hy een oggend wakker word en tot sy ontsteltenis bemerk dat hy mnr Hyde se hand behou het. Eers was dit moeilik om Mnr Hyde se persoonlikheid aan te neem, maar gaandeweg was dit al moeiliker om weer terug te keer na die goedhartige dr Jekyll! Hy het al meer besef dat hy besig was om beheer te verloor oor sy goeie self en dat die slegter self die oorhand begin kry. Toe hy later verplig was om ’n keuse te maak, het hy besluit om eerder dr Jekyll te bly. Ongelukkig het die geneigdheid tot misdaad in hom so sterk geword dat dit by hom die oorhand gekry en hom uiteindelik vernietig het. Toe iemand vir Stevenson vra waar hy die model vir sy hoofkarakter gekry het, het hy geantwoord: “I found it in my nature.” Hy het eerstehands belewe wat Paulus bely: die goeie wat ek wil doen, doen ek nie, maar die slegte wat ek nie wil doen nie, dit doen ek.”( vs19) Ek wil die goeie doen, maar al wat ek doen is die slegte.

16 “Wat ook al ons is, ons is nie wat ons behoort te wees nie”
Augustinus Soos Augustinus geskryf het: “Wat ook al ons is, ons is nie wat ons behoort te wees nie!”

17 “Man was made at the end of the week, when God was tired.”
Mark Twain Of soos Mark Twain tong in die kies vertel: “Man was made at the end of the week, when God was tired.”

18 “Nature, Mr. Allnut, is what we are put in this world to rise above.”
Hoe gemaak met die Mr/Mrs Hyde in ons lewe? Uit die klassieke rolprent, die African Queen kom hierdie diep stuk dialoog: Charlie Allnut (Humphrey Bogart), die skeepskaptein van die African Queen, sê: “A man takes a drop [of gin] too much once in a while, it’s only human nature.” Rose Sayer (Katharine Hepburn), sy passasier, antwoord: “Nature, Mr. Allnut, is what we are put in this world to rise above.”

19 JMH ’n Predikant vertel dat hy ’n boek by ’n kennis geleen het. Terwyl hy dit gelees het, was sy belangstelling geprikkel deur die onderstreepte gedeeltes, met die letters JMH in die kantlyn geskryf. Hy het toe vir die kennis gevra wat dit beteken. Die onderstreepte gedeeltes was dit waarmee hy saamgestem het en JMH het gestaan vir “Ja, maar hoe?” “Nature, Mr. Allnut, is what we are put in this world to rise above.” Ja, maar hoe? Hoe “styg ons bo ons natuur uit?” Vers 25 gee die oplossing: Aan God die dank! Hy doen dit deur Jesus Christus ons Here.

20 Human nature… Miskien kan hierdie aanhaling uit een van Kathleen Norris se boeke ons help: “These days, when someone commits an atrocity, we tend to sigh and say, “That's human nature.” But our attitude would seem wrong-headed to the desert monks, who understood human beings to be part of the creation that God called good, special in that they are made in the image of God. Sin is an aberration, not natural for us at all. This is why Gregory of Nyssa speaks so often of “returning to the grace of that image what was established in you from the beginning.” Gregory saw it as our lifelong task to find out what part of the divine image God has chosen to reveal in us ... We can best do this by realistically determining how God has made us - what our primary faults and temptations are, as well as our gifts - not that we might better “know ourselves,” or in modern parlance, “feel good about ourselves,” but in order that we might become instruments of divine grace for other people, and eventually return to God.”

21 Nuwe lewe is moontlik omdat Jesus deur Sy Gees in ons woon!
Dis wonderlik om te weet dat Jesus altyd die beeld van God in jou raaksien. Die mens is eers as beeld van God geskep en daarna het mense gesondig! Daarom het Hy ons kom verlos, sodat ons weer beeld van God kan wees!

22 ’n Musikant wat moet dink aan die meganika, is nie gereed vir ’n openbare optrede nie.”
Fritz Kreisler, die beroemde violis, het dit so gestel: “Ek het nie ’n idee wat my vingers doen terwyl ek speel nie. Ek konsentreer op die musiek wat ek in my kop hoor en probeer so naby aan dit kom as wat ek kan! Ek dink glad nie aan die meganika van alles nie. Jy kan sê dat ’n musikant wat moet dink aan die meganika, nie gereed is vir ’n openbare optrede nie.”

23 Lewe soos Jesus geleef het!
JMH ? Ek dink dit is wat Paulus besig is om te probeer sê. Die violis se vingers sal foute maak, net soos ons foute sal maak terwyl ons lewe. Maar terwyl die Gees in ons lewe, sal Hy daarna streef om ons al meer te laat lyk soos die beeld van Christus...dis die musiek wat daar in ons kop speel: “Die wat in Jesus bly, moet self ook lewe soos Jesus gelewe het. (1 Joh 2:6) JMH?(Ja, maar hoe?)

24 Miskien help nog ’n storie ons...
In Jack London se klassieke storie, WHITE FANG, is White Fang half-hond, half-wolf. Nadat hy in die wildernis geleef het, word hy mak gemaak en leer hy om tussen mense te lewe! White Fang was egter mal oor hoenders! Op keer het hy in ’n hoenderhok gevaar en 50 henne doodgemaak. Sy baas, Weeden Scott, het met hom geraas en hom toe weer in die hoenderhok ingeneem. Hy het vir White Fang reg in die middel van die hoenderhok laat sit. Dit was ’n groot toets! Toe White Fang sy gunsteling kos sien, was sy natuurlike instink om te gaan vir ’n sappige hoendertjie! Maar hy was onmiddellik in sy spore gestop deur sy baas se stem! Hulle het vir ’n tyd lank in die hoenderhok gebly. Elke keer as White Fang na ’n hoender wou hap, het sy baas se stem hom gekeer. So het hy geleer wat sy baas wou hê en so het hy geleer om hoenders te ignoreer. Weeden Scott se pa het geredeneer dat jy nie ’n “hoender doodmaker” kan genees nie, maar Weeden het sy pa uitgedaag en so het hulle vir White Fang die hele middag in die hoenderhok toegesluit! Luister as Jack London self hierdie toneel beskryf: “Locked in the chicken yard and there deserted by the master, White Fang lay down and went to sleep. Once he got up and walked over to the trough for a drink of water. The chickens he calmly ignored. So far as he was concerned they did not exist. At four o'clock he executed a running jump, gained the roof of the chicken house, and leaped to the ground outside, whence he sauntered gravely to the house.” Toe voeg Jack London hierdie woorde: “He had learned the law.”

25 Wees Gees-beheers, Christus-gesentreerd en God-gefokus!
Watter wet was dit? Die wet van gehoorsaamheid - hy het gemaak soos sy baas sê! In Hoofstuk 8:2 kom sê Paulus “Die wet van die Gees wat aan jou in Christus die lewe gee, het jou vrygemaak van die wet sonde en dood!” Wees Gees-beheers, Christus-gesentreerd en God-gefokus!

26 “… all the places where the gravy soaks in and grace shines through.”
Garrison Keillor maak in sy “The Meaning of Life” hierdie belangrike punt: “To know and to serve God, of course, is why we're here, a clear truth, that, like the nose on your face, is near at hand and easily discernible but can make you dizzy if you try to focus on it hard. But a little faith will see you through. What else will do except faith in such a cynical, corrupt time? When the country goes temporarily to the dogs, cats must learn to be circumspect, walk on fences, sleep in trees, and have faith that all this woofing is not the last word. What is the last word, then? Gentleness is everywhere in daily life, a sign that faith rules through ordinary things: through cooking and small talk, through storytelling, making love, fishing, tending animals and sweet corn and flowers, through sports, music and books, raising kids - all the places where the gravy soaks in and grace shines through.”

27 Fokus op wat God nou doen
Ons fokus op wat God nou doen en waarheen God ons lewe rig

28 Ons besluit op ’n gepaste reaksie op wat God gegee/ gedoen/ gesê het
Antwoord met ons lewe Ons besluit op ’n gepaste reaksie op wat God gegee/ gedoen/ gesê het

29 Jy sou ook hierdie prent as agtergrond kon gebruik, indien jy die boodskap effens ligter wil maak.

30 Waar was God? Prys: R49.95 Andries Cilliers
10-Week-Bybelstudie oor hoe om as gelowige in ’n wêreld vol misdaad te (oor)leef Bestel by:


Download ppt "Romeine 7:15-25 Romeine 7:15-25 15Ek begryp self nie wat ek doen nie, want wat ek wil doen, dit doen ek nie, maar wat ek haat, juis dit doen ek. 16Dat."

Similar presentations


Ads by Google