Presentation is loading. Please wait.

Presentation is loading. Please wait.

Kolossense 3:1-4.

Similar presentations


Presentation on theme: "Kolossense 3:1-4."— Presentation transcript:

1 Kolossense 3:1-4

2 God nooi ons uit en ons kom tot rus
Toetrede: Begin met ‘n video soos hierdie: OF Wys hierdie video van die opstandingsverhaal terwyl iemand Johannes 20:1-20 lees - (As jy van die sandkuns hou, maar nie ‘n video wil koop nie, kan jy ‘n gratis FLV-program gebruik om hierdie video af te laai – dit fokus minder sterk op die opstanding, maar kan steeds ‘n goeie intro wees: ) Flam 168 As ek opstaan in die oggend (Hy leef) Aanvangswoord Voorganger: Die Heer het opgestaan! Gemeente: Die Heer het waarlik opgestaan! V: Die Heer het opgestaan! G: Die Heer het waarlik opgestaan! V: Moenie skrik nie: Julle soek Jesus van Nasaret. Waarom soek julle die Lewende by die dooies? Hy is uit die dood opgewek. G: Die Heer het opgestaan! V: As Christus nie opgewek is nie, Is ons prediking sonder inhoud en ons Geloof ook sonder inhoud. V: Die dood is vernietig. Die oorwinning is behaal. Die koninskap oor die wêreld behoort Aan ons Here en aan sy Gesalfde En Hy sal as koning heers tot in alle ewigheid. V: Aan hom wat op die troon sit, En aan die Lam, Behoort die lof en die eer Die heerlikheid en die krag, Tot in alle ewigheid! Flam 237 Hy Leef VONKK 75 Halleluja! Die Heer Het Opgestaan! Geloofsbelydenis (Uit Leesrooster vir Lidmate 2004) Reël dat lidmate beurtelings die volgende simbole inbring en in die liturgiese ruimte plaas: Kleed (laken), brood, beker en groot wit kers * Die kleed word geplaas Voorganger: Die kleed herinner ons aan die kleed waarin Jesus se liggaam toegedraai is. Op daardie Paasmôre was dit eenkant opgerol en die graf was leeg. Saam juig ons: Gemeente: Christus het opgestaan! Hy het waarlik opgestaan! * Die brood word geplaas V: Die brood herinner ons daaraan dat Jesus daardie aand van sy opstanding saam met twee van sy volgelinge op die pad na Emmaus geloop het. Toe hulle die brood saam breek, het hulle herken dat Hy die opgestane Here was. Saam juig ons: G: Christus het opgestaan! * Die beker word geplaas V: Die wyn is vir ons die teken dat sy bloed vir ons gestort is tot ‘n volkome versoening vir al ons sondes. Saam juig ons: * Die groot wit kers word aangesteek V: Die kers word aangesteek om ons te herinner dat die duisternis die Lig nie kon uitdoof nie. Christus is die lig vir die wêreld. Saam juig ons: V: Moenie skrik nie, Jesus is nie by die dooies nie; God het Hom uit die dood opgewek. Saam juig ons: V: As Christus nie opgewek is nie, is die prediking sonder inhoud en ons geloof niks en leeg. Saam juig ons: V: As ons net vir hierdie lewe op Christus hoop, is ons die bejammerenswaardigste van alle mense. Saam juig ons: V: Dood, waar is jou oorwinning; dood, waar is jou angel? Saam juig ons: V: Die heerskappy oor die hele wêreld behoort aan ons Here en sy Gesalfde en Hy sal as Koning heers tot in ewigheid. Saam juig ons: Flam 207 U Het U Heerlikheid, O Heer God nooi ons uit en ons kom tot rus

3 Familie-oomblik God praat met ons en ons luister Familie-oomblik
Bring ‘n lekker groot, hol paaseier. Vra vir die kinders wat binne-in die eier is. Wanneer hulle antwoord dat die eier leeg is, vra hoekom dit leeg is? Vertel die verhaal van Jesus se opstanding. Verduidelik dat Jesus se graf leeg was – Jesus is dood, maar het uit die dood opgestaan. Breek die eier oop en gee vir elkeen ‘n stukkie. Opsie 2: Vertel die pragtige storie van ‘n seuntjie in die klas wat nie so skerp soos sy maatjies was nie, maar tog die beste illustrasie van lewe skool toe gebring het. Die opdrag aan die kinders juis in die Paastyd was om ‘n illustrasie van lewe klas toe te bring. Een het opgedaag met ‘n bossie veldblomme, nog een het selfs haar dragtige klein hondjie skool toe gebring met die vooruitsig van baba hondjies as simbool van lewe. Ons hoofkarakter het toe ‘n leë vuurhoutjiedosie gewys, vir hom die simbool van lewe ahv die graf wat leeg was en getuienis was dat Jesus lewe! (Uit Parables for Preachers). Familie-oomblik

4 Kolossense 3:1-4 Julle is saam met Christus uit die dood opgewek
3 Aangesien julle saam met Christus uit die dood opgewek is, moet julle strewe na die dinge daarbo waar Christus is, waar Hy aan die regterhand van God sit. 2Rig julle gedagtes op die dinge wat daarbo is, nie op die dinge wat op die aarde is nie, 3want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God. 4Wanneer Christus, wat julle lewe is, by sy wederkoms verskyn, sal julle ook saam met Hom verskyn en in sy heerlikheid deel. Die Bybel : Nuwe Vertaling. 1998, c1983 (electronic ed.) (Col 3:1-4). Bybelgenootskap van Suid-Afrika: Cape Town, South Africa Kolossense 3:1-4

5 PowerPoint agtergrond
Paasfees is diė Christelike fees van die jaar- Christus het uit die dood opgestaan. Die foto van die trap (vanuit die donker na die lig) wil die opstanding simboliseer. This photo was taken on May 7, 2006 in Dubai, AE, using a Sony DSC-P200. Creative Commons-licensed content

6 Awakenings Preekriglyn
'n Aantal jaar gelede het die film Awakenings gedraai wat die verhaal vertel het van 'n dokter se navorsing oor en werk met post-enkefalitis pasiënte. As gevolg van hulle siekte is dié mense heeltemal afgesluit van die wêreld rondom hulle, in dié sin dat hulle oënskynlik enige vermoë om te kan kommunikeer of om enige reaksie te toon op enige iets wat rondom hulle gebeur, verloor het. Mettertyd het die dokter egter die verbasende ontdekking gedoen dat daar by hulle tog definitiewe tekens van breinfunksie teenwoordig was. Deur sy navorsing het hy op 'n middel afgekom wat die potensiaal gehad het om hulle vanuit die tronk van doodsheid te bevry. By wyse van 'n eksperiment is dit aan 'n pasiënt, Leonard, wat toe reeds vir 30 jaar in die 'koma' was, toegedien. Die volgende oggend toe die verpleegpersoneel by Leonard kom, het hulle die verstommende ontdekking gedoen dat hy na 30 jaar weer 'wakker' geword het. 'n Mens kan vir jouself beswaarlik die vreugde voorstel. Na 'n paar dae het dit egter geblyk dat die middel alleen vir 'n beperkte tyd werk. Leonard het gou weer in sy doodslaap verval. Na 'n volgende toediening van die middel het hy vir 'n kort tydjie wakker geword; om daarna maar weer weg te raak. Vandaar die naam 'awakenings'. (Beskrywing ontleen aan ’n preekskets deur Ockert Meyer.) Die beperkte werking van die mediese hulp kan ook met geloof vergelyk word. Vanuit hierdie wêreld se verwysingsraamwerk kan verligting van doodsheid en hooploosheid net tydelik verkry word. Kort oomblikke van optimisme of die opvlam van verbygaande hoop kan die leegheid wegneem. Dan is dit weer sulke tyd. Ons teks wil ons lewens radikaal omkeer. Dit gee vir ons ’n ingrypende, lewensveranderende nuwe raamwerk waaruit ons die hele lewe anders begin leef. ’n Lelike raam om ’n skildery laat die skildery glad nie tot sy reg kom nie. ’n Pragtige, gepaste raam laat selfs ’n briljante skildery nog beter vertoon. In Kolossense 3 help Paulus ons om die raam te verstaan wat die opstanding van Christus om ons lewens plaas. Hy wys hoedat verkeerde rame, verkeerde uitkykpunte op die lewe, ons lewens vernietig. En hy gee vir ons die regte raam, die regte oriëntasiepunt, om die lewe vanuit ons lewe met Christus te sien. Vanuit die regte raam gesien, verstaan en beleef ons die Christus-awakening wat ons lewens radikaal omkeer. Permanent. Awakenings

7 Lewensveranderende feite
Kolossense 3 raam ons lewens op ’n nuwe manier deur drie lewensveranderende feite uit te lig. Hierdie feite wil die vastheid en sekerheid van ons verlossing beklemtoon. Dit wil sê wat God deur Christus aan en vir ons gedoen het. Die gee die raamwerk van waaruit ons die lewe vreugdevol kan verstaan en ten volle kan lééf. Feit een: Ons is saam met Christus uit die dood opgewek Paulus verwys na Christus se opstanding uit die dood as ’n feit. Dit hét gebeur, dit is afgehandel. Hierdie feit is ook op ons, wat in Christus glo, en aan Hom verbind is van toepassing. Ons hét saam met Christus die dood oorwin, ons is saam met Christus uit die dood opgewek. Ons hoef nie daaraan te werk om hopelik eendag uit die dood op te staan nie. Al leef ons hier nog duskant die dood: in Christus het ons reeds deel gekry aan die opstanding uit die dood. Dis Paasfees. Ons vier vandag die feit van Christus se opstanding uit die dood. Van hierdie feit is daar baie getuies. Hierdie feit het ’n dramatiese impak ons ons lewens. Paulus sê ons vier terselfdertyd ons eie opstanding uit die dood, met Christus. Feit twee: Ons het gesterwe, en ons lewe is saam met Christus verborge in God Dat ons saam met Christus opgewek is, beteken dat ons saam met Christus gesterwe het. Die ou lewe, die sondige lewe, het nie meer ’n houvas op ons nie. Ons is dood – in Christus – vir hierdie wêreld. Die ou raamwerke het hulle greep op ons verloor. Ons is dood daarvoor. Die doodbestaan het nie langer mag oor ons nie. Goeie Vrydag is in Christus ook ons dood, al lewe ons nog op aarde. Paassondag is in Christus ook ons opstanding, al is ons nog op hierdie aarde. God het hierdie gawe aan ons geskenk. Daarom is ons lewe saam met Christus verborge in God. Christus sit nou aan die regterhand van God. Hy hou ons lewe daar in veilige bewaring. Ons het nou reeds die ewige lewe, en dit is vas en veilig in die bank. Ons lewe is weggebêre saam met Christus by God. Ons lewe is in Christus onwankelbaar, vas en seker, geborge. Feit drie: Christus sal in heerlikheid by sy wederkoms verskyn, en ons saam met Hom Wanneer Christus, wat ons lewe is, by sy wederkoms verskyn, sal ons ook saam met Hom verskyn en in sy heerlikheid deel. Johan Botha skryf (Preekstudies 2011): Dit is ’n feit, Christus kom weer! Al word Hy nie tans as Heerser erken nie, al ignoreer of verwerp die wêreld Hom nou, is sy herverskyning seker. Ons as gelowiges se lewe is verbind aan sy wederkoms. Ons geloof in Hom sal bevestig word. Ons sal saam met Hom verskyn en in sy heerlikheid, oorwinning, heerskappy en koningskap deel, as ons erfenis saam met Hom. Die feit dat ons met Christus in sy heerlikheid sal verskyn, is ons troos, belofte en motivering vir ’n lewe wat nou hier saak maak. ( Konklusie: Hierdie drie lewensveranderende feite gee vir ons ’n nuwe raamwerk waarbinne ons oor ons lewens dink. Dit skets die permanente, ewige awakening wat ons in Christus ontvang, en in terme waarvan ons nou die lewe bedink. Kan ek dit weer sê: hierdie is feite. Dit is nie ’n mog’t troffe, hoop-vir-die-beste, poginkie tot geloofsoptimisme nie. Christus het dit vir ons, in ons en aan ons gedoen. Hy het ons lewe onherroeplik verander. Dis ’n feit soos ’n koei! Lewensveranderende feite

8 Lewensveranderende opdragte
Vanuit hierdie lewensveranderende feite leer Paulus ons nou nuut lewe. Opdrag een: strewe na die dinge daarbo waar Christus is Strewe beteken dat mens jou wil oriënteer aan Christus wat nou aan die regterhand van God regeer. Ons moet voortdurend, sê Paulus, daarna streef om ons lewens deur Christus te laat rig. “Daarbo”, die dinge “daarbo waar Christus is” moenie in ’n ruimtelike sin verstaan word nie. Paulus sê nie ons moet onsself los dink van die wêreld en wegvlug na ’n geestelike wêreld nie. Hy bedoel nie ons moet hierdie wêreld vermy nie. “Daarbo” wil sê ons moet die regerende Christus bedink. Ons moet ons lewens laat rig en laat beheer deur die dinge wat Christus ons geleer het en dit wat Hy steeds self verteenwoordig. Sê nou maar iemand vra jou wie jy is? Jou antwoord, sê Paulus, moet met Christus te doen hê. Die diepste aspek van jou identiteit is dat jy aan Christus behoort, en dat jy leef vanuit die fokus op Christus. Christus se storie is my storie. Ek het gesterwe saam met Christus, en is opgewek saam met Christus. My lewe is in Christus veilig weggebêre by God. Ek sal in Christus se heerlikheid deel, en ek leef vanuit ’n fokus op Christus. My fokus op Christus trek my nie weg uit die wêreld nie, maar stuur my na die wêreld toe om Christus daar te gaan verteenwoordig. Vanuit my fokus op Christus, word ek ’n Christus vir die mense en die wêreld rondom my. Dit is wat die beteken om te strewe na die dinge daarbo waar Christus is. Opdrag twee: Rig julle gedagtes op die dinge wat daarbo is, nie op die dinge wat op die aarde is nie Opdrag twee is in ’n sekere sin ’n sinoniem vir opdrag een. Weer is dit belangrik dat ons die opdrag nie as ’n les in wêreldvermyding moet verstaan nie. Paulus gee opdrag dat ons ons daaglikse lewe nie in aardse terme moet verstaan nie. Ek rig my lewe nie meer in volgens aardse voordeel, aardse heil, geluk en selfhandhawing nie. Ek hoef myself nie te vind, myself nie te bevorder, myself nie die sentrum van my lewe te maak om geluk te vind nie. Ek leef volgens Christus en wat Christus vir, aan en in my gedoen het. Die raamwerk van waaruit ek my lewe verstaan, is die hemelse raamwerk van Christus. Ek definieer my lewe anders, nie volgens die maatstawwe van hierdie wêreld nie, maar volgens die hemelse maatstawwe van Christus. Lewensveranderende opdragte

9 Paassondag word ʼn lewensstyl
Paassondag word ’n lewensstyl Natuurlik is die nuwe lewe as geskenk, en die nuwe lewensstyl, as opdrag, nie net iets wat een dag van die jaar, op Paassondag, relevant is nie. Die lewe gefokus op die verhoogde Christus is bedoel vir elke dag van die jaar. Ons bedink Christus elke dag, en ons leef Christus elke dag. Ons is vry Mense wat lewe uit die dood saam met Christus en die opstanding saam met Christus; mense wat die verhoogde, regerende Christus bedink, is vry. Daar is niks op hierdie aarde wat die laaste woord oor ons lewens sê nie. Selfs wanneer dinge gebeur wat ons keel laat toetrek, en ons met angs vul, kan ons weet: ons is vry. Christus het ons vry gemaak. Daarom kan ons vry lewe. 'n Mens kan dit vergelyk, skryf Ockert Meyer, met iemand wat in 'n vreemde stad verdwaal het. Die meeste van ons sal waarskynlik iets van hierdie ervaring kan herken. Aanvanklik kry 'n mens so 'n gevoel van 'n onrustigheid oor die gebrek aan bekende bakens en dan die paniek as jy besef dat jy geen idee het waar jy jouself bevind nie en hoe om daar uit te kom nie. Die verligting wat 'n mens ervaar as jy dan iets sien wat bekend is en waaraan jy jouself kan oriënteer is iets wat amper fisies oor jou spoel. In die vreemde, en dikwels bevreemdende wêreld, in ons vrees en paniek is daar een bekende baken: die verhoogde Jesus Christus, die Een in Wie ons lewe by God verborge is. Dis ons oriëntasiepunt. Dit ons baken. Dit dui die pad en die weg uit aan. Dit is die gesig van hoop, die teken van God. Die teken van hoop te midde van hierdie lewe en die teken van God se trou, óók op hierdie aarde. Paassondag word ʼn lewensstyl

10 God stuur ons om te leef God stuur ons om te leef
Laat die kinders vir die hele gemeente paaseiers uitdeel FLAM 91 Vonkk 5 God stuur ons om te leef

11 Volgende erediens: Psalm 16

12


Download ppt "Kolossense 3:1-4."

Similar presentations


Ads by Google