Download presentation
Presentation is loading. Please wait.
1
Jeremia 1:4-10 PowerPoint agtergrond
Titel: Analogous Portrait of Mother Theresa, die eiendom van Nadine Bean. Die foto is geneem op 5 Oktober Kopiereg word gereël deur Creative Commons en laat slegs plasing toe. Die oorspronklike is geknip met Picasa III. Dit is beskikbaar by aDWj2y-fwEXz-pxsFa-7b797-aDYKBw-5k63fT-a4pZwU-d6hpFL-2AkDzy-au7jsV-a6snAi- 3LehZY-a4nmmc-djSdDi-qgMFyR-a4mNFc-vNnxxh-hTtR3f-aMBdUn-8N4rBG-aMAN9B- 7j8sfk-fq8h4w-8N1nuM-aMAJXk-a4pDDb-a4mP9t-fpT32F-aMAC7e-aEDQS6-7UDYR1- 3E47nj-a4n5nT-a4n9pc-89ZXxm-GYAVr-aF5C4q-kpGVJg-a6v6Ls-hK6N1L-egsQpJ- oWqhP6-8Mxvds-94oQgu-7uaYYs-fPkcPX-2Y1BBa-94kN4x-swT4 Opsie 2 na aanleiding van Jeremia 1... 4Die woord van die Here het tot my gekom: 5Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; voordat jy gebore is, het Ek jou aan My gewy en jou as profeet vir die nasies aangestel. Titel: watsonette 21 weeks, die eiendom van Tess Watson. Die foto is geneem op 22 Desember 2011 met ‘n Apple Iphone 4. Kopiereg word gereël deur Creative Commons en laat plasing sowel as redigering toe. Dit is beskikbaar by DHeHZ-brUrpE-pcXmt-jP51G-NwAEH-NwADr-5YiUt-qpnUuf-NwAGn-Nw8K9-4qvF8i- bkywU-4qzKCy-4i6zK6-NwAJ8-Nw8Gf-Nw7WN-NwAni-NwACV-4qzKBd-Nw8HQ- Nw8LS-4qvF9r-QoHSg-NwANa-apU7N-Nw8NL-NwALk-7UwKh5-4FZxhd-NwAJr- bt18xh-GMPpa-ryRXKU-4FZxvu-kS7WzS-75kztw-9w9LY9-apU7o-apU6V-ecDCuy- 6MKB2i-3LE96i-2beSDa-7CNAi-2bji4y-ktnLh6-2bePSB-2bjm9Y
2
Jeremia 1:4-10 PowerPoint agtergrond
Opsie 2 na aanleiding van Jeremia 1... 4Die woord van die Here het tot my gekom: 5Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; voordat jy gebore is, het Ek jou aan My gewy en jou as profeet vir die nasies aangestel. Titel: watsonette 21 weeks, die eiendom van Tess Watson. Die foto is geneem op 22 Desember 2011 met ‘n Apple Iphone 4. Kopiereg word gereël deur Creative Commons en laat plasing sowel as redigering toe. Dit is beskikbaar by DHeHZ-brUrpE-pcXmt-jP51G-NwAEH-NwADr-5YiUt-qpnUuf-NwAGn-Nw8K9-4qvF8i- bkywU-4qzKCy-4i6zK6-NwAJ8-Nw8Gf-Nw7WN-NwAni-NwACV-4qzKBd-Nw8HQ- Nw8LS-4qvF9r-QoHSg-NwANa-apU7N-Nw8NL-NwALk-7UwKh5-4FZxhd-NwAJr- bt18xh-GMPpa-ryRXKU-4FZxvu-kS7WzS-75kztw-9w9LY9-apU7o-apU6V-ecDCuy- 6MKB2i-3LE96i-2beSDa-7CNAi-2bji4y-ktnLh6-2bePSB-2bjm9Y Jeremia 1:4-10
3
God nooi ons uit en ons kom tot rus
Aanvangswoord Vandag se evangelie-teks gaan oor Sabbat. John van de Laar skryf in sy boek “The Hour The Hour That Changes Everything – How worship forms us into the people God wants us to be”: ‘n Beduidende deel van die beoefening van Sabbats-rus is om onsself te belyn met God se ritme. Soos wat ritme ‘n musiekstuk organiseer volgens spoed en patroon, organiseer Sabbat ons lewens volgens God se tyd – God se tempo en patroon. Dis meer as om net ‘n blaaskans te neem of bietjie te rus voordat ons met nuwe energie terugspring in ons besige lewens. Sabbat is om die betekenis van oomblike in tyd te erken. Dit is om God se tempo en patroon vir ons, ons gemeenskap en ons wêreld te te leer ken en om in pas te kom met hierdie ewige ritme. (A significant part of the practice of Sabbath is aligning ourselves with God’s rhythm. As rhythm organises a piece of music in time according to speed and pattern, so Sabbath organises our lives according to God’s sense of time – God’s tempo and pattern. This is more than simply giving ourselves a breather, or allowing ourselves time to rest so that we can launch back into our busyness with renewed vigour. Sabbath is about learning to recognise the significance of moments in time. It is about learning to recognise God’s tempo and pattern for us, our community and our world, and it is about matching our pace with these eternal rhythms.) Dink na oor die afgelope week: waar het jy God se hand gesien? Waar het jy God se hand mis gekyk? Lied (sonder aankondiging): Flam 3 Aan U Voete, Heer of VONKK 127 By God Is Ek Tevrede Lied 178 Dona nobis pacem of die refrein van Jeugsangbundel 29: “Kom na my toe | Almal wat moeg en oorlaai is | Kom na my toe | Ek gee rus” | Toe ek opstaan en, nog verward | my hand in Syne lê | Kry die lewe sin | En vind ek rus in Hom Seëngroet Jesus sê (Matt 11:28-30): 8“Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. 29Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed. 30My juk is sag en my las is lig.” Lofsang Lied 164 Ons is almal hier tesaam en/of Lied 209 Heer, meet my hele hart Geloofsbelydenis Lied 264 Hoe heerlik is die Jesus-naam!
4
God praat met ons en ons luister
Voorbereiding om die Woord te hoor Lied 541 Ons bring aan U, Heer Jesus Gebed Skriflesing Reël vooraf met ‘n tiener om die skriflesing te doen. Jeremia 1:4-10 Familie-oomblik Preek
5
Jeremia 1:4-10 Fokusteks: Jeremia 1:4-10 Die tyd van sy optrede
1 Die woorde van Jeremia. Hy was 'n seun van Gilkija en 'n priester uit Anatot in Benjamin. 2Die woord van die Here het tot hom gekom tydens die regering van koning Josia van Juda, seun van Amon. Dit was in die dertiende regeringsjaar van Josia. 3Daarna het die woord van die Here tot Jeremia gekom tydens die regering van koning Jojakim van Juda, seun van Josia, en telkens tot die einde van die elfde regeringsjaar van koning Sedekia van Juda, seun van Josia. In die vyfde maand van daardie jaar is die inwoners van Jerusalem in ballingskap weggevoer. Jeremia word tot profeet geroep 4Die woord van die Here het tot my gekom: 5Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; voordat jy gebore is, het Ek jou aan My gewy en jou as profeet vir die nasies aangestel. 6"Ag, Here my God," het ek geantwoord, "ek kan nie goed praat nie, ek is nog te jonk." 7Toe sê die Here vir my: Jy moenie sê: "Ek is te jonk" nie. Jy moet gaan na wie toe Ek jou ook al stuur, en alles wat Ek jou beveel om te sê, moet jy sê. 8Moenie vir hulle bang wees nie, want Ek is by jou, Ek sal jou red. Dit is wat die Here gesê het. 9Hy het sy hand uitgesteek, my mond aangeraak en vir my gesê: Ek het nou my woorde in jou mond gelê. 10Kyk, Ek stel jou vandag aan oor nasies en oor koninkryke om af te breek en uit te roei, om te vernietig en plat te slaan, te bou en te vestig. 11Die woord van die Here het tot my gekom: Wat sien jy, Jeremia? Ek het geantwoord: "Ek sien 'n amandeltak." 12Die Here het geantwoord: Jy het reg gesien. Ek staan gereed a om te doen wat Ek gesê het. 13Die woord van die Here het 'n tweede keer tot my gekom: Wat sien jy? Ek het geantwoord: "Ek sien 'n kokende pot in die noorde en dit kantel oor hiernatoe." 14Toe sê die Here vir my: Van die noorde af gaan Ek 'n ramp stuur oor almal wat in hierdie land woon. 15Ek gaan alle volke, alle koninkryke van die noorde af roep, sê die Here. Hulle konings sal elkeen sy troon kom oprig voor die poorte van Jerusalem, by die mure rondom die stad en by al die stede van Juda. 16Ek sal die mense van Juda straf vir al hulle sondes: hulle het My verlaat, vir ander gode offers gebring en voor hulle eie handewerk in verering gebuig. 17Maak klaar, staan op, sê vir hulle alles wat Ek jou beveel. Moenie vir hulle skrik nie, want dan verpletter Ek jou voor hulle oë. 18Ek maak jou vandag 'n vestingstad, 'n ysterpilaar, 'n bronsmuur sodat jy staande kan bly teen die hele land, teen die koningshuis van Juda en al sy amptenare, teen sy priesters en teen die bevolking. 19Hulle sal teen jou veg maar hulle sal jou nie oorweldig nie, want Ek is by jou, sê die Here, a Die Hebreeuse woord vir "amandeltak" herinner aan die woord vir "gereed staan".
6
Familie-oomblik Familie-oomblik
As jy hou van “object lessons”, kan jy ‘n ballon gebruik om Jeremia te verteenwoordig. Hy was eers soos ‘n afgeblaasde ballon, onseker van homself. geen selfvertroue, onseker wat om te sê. Beklemtoon dat dit nie vir God saak gemaak het dat Jeremia jonk en onervare was nie. Dit is God self wat vir Jeremia alles gee wat hy nodig het om die werk te doen. Jeremia word soos ‘n opgeblaasste ballon, gevul met God se Gees. Of gebruik die storie van Miss Hazeltine’s Home for Shy and Fearful Cats deur Alicia Potter (beskikbaar by iTunes). Jeremia voel onseker en bang, maar God sê vir hom om nie bang te wees nie: God is altyd by hom, so hy kan maar dapper wees en praat. Die katte in Miss Hazeltine’s Tehuis vir Skaam en Bang Katte voel ook nie dapper nie – hulle is skaam en bang. Maar Miss Hazeltine sorg vir hulle en leer hulle om nie bang te wees nie, maar dapper. Krummel is die bangste van al die katte, maar wanneer Miss Hazeltine val, lei Krummel die ander katte om vir Miss Hazeltine te red. Jeremia was dapper omdat God by hom is en hom bemoedig. Ons is ook soms bang, maar kan dapper wees wanneer God ons roep, want God ken ons al lankal en sal ons die moed gee om te doen wat God vra. (Die boek is ook beskikbaar by Loot.co.za. As jy dit bestel het, maar dit nie betyds gaan wees nie, kontak vir Rethie by dan maak ons ‘n ander plan).
7
Moeder Theresa Preekriglyn
[Nota: Lees vir die doeleindes van hierdie preek ook verse 1:17-19 as deel van die Skriflesing.] Moeder Theresa het meer kere gevoel God het haar verlaat. Dit het reeds vroeg in haar lewe gebeur. Só het sy die strate van Calcutta plat geloop om 'n huis of gebou te soek waar sy haar bediening kon begin. Sy kon aanvanklik geen plek kry nie. Op 'n dag skryf sy in haar dagboek: "Ek het die hele dag straat op en straat af geloop. My voete is seer, en ek kon niks vind nie. Die hele dag deur het die groot Versoeker my vertel: 'Los dit alles, gaan terug na die klooster waarvandaan jy kom'." Sy het gewonder waar God is, en of haar roeping eg is. Sy het egter vasgebyt, bly soek en uiteindelik die regte plek gevind. Daarna het sy volhard in haar roeping en weerstand en twyfel oorkom. Vandag voed haar bediening jaarliks meer as 500,000 mense, behandel meer as 90,000 melaatses en onderrig minstens 20,000 kinders. Moeder Theresa het lewenslank geworstel met twyfel en aanvegting. Tog het sy die pad met God bly stap, beleef hoe die Here haar versterk, en veel vrug op haar arbeid gesien. God se roeping het haar gedra.
8
Wat roeping is Wat roeping is
Wat beteken dit wanneer ons sê dat iemand deur God geroep is? Vir die meeste mense sê die woordjie waarskynlik dat sekere mense spesiaal deur God gekies word. Hulle moet op die een of ander manier sy boodskap verkondig of sy werk op aarde doen. Daarom sal ons maklik sê dominees en sendelinge is geroepenes van God. Dink ook aan Moeder Teresa. As daar nou 'n beroep is waar mense daarvan moet kan getuig dat God hulle persoonlik die taak opgelê het, dan is dit juis dié van dominee of sendeling. Vergelyk dit met ander beroepe. Natuurlik is ander beroepe ook nodig of selfs noodsaaklik (dink aan dokters en kinderoppassers, ekonome en bouers, banktellers en mense agter kasregisters, om enkeles te noem), maar by hierdie beroepe hoef God, dink ons dikwels, darem nie so eerstehands betrokke te wees nie. Keuring hiervoor is nie so streng en spesifiek nie. Ons wil amper sê enigiemand wat belangstel of potensiaal toon mag aansoek doen of hulself aanmeld. Ons moet in Bybelse lig egter wyer dink oor roeping.
9
Roeping wyer verstaan Roeping wyer verstaan
Daar skort egter iets groot met so 'n verstaan van roeping, asof 'n dominee se werk meer 'n roeping is as dié van 'n ma, of 'n sendeling God beter dien as 'n kleremaker. Veral Gereformeerde mense sien eintlik alles wat ons doen in die lig van God se roeping. Waarom? Volgens Genesis is die eerste persone wat in die Bybel deur God geroep is (Adam en Eva), die belangrike taak van tuiniers en wildbewaarders opgelê. Dit was volgens Genesis aanvanklik die mens se heel belangrikste roeping. Volgende het God 'n bouer nodig gehad. Noag se praktiese vernuf het 'n nuwe begin na die vloed moontlik gemaak. Dink aan die voorbeeld in die Nuwe Testament waar Jesus vissermanne roep om Hom te volg. Hulle is in die eerste plek jong volwassenes wat nie onder die vername rabbi's studeer het nie. En wanneer hulle Hom vra wat hulle moet gaan doen, is sy antwoord eintlik heel voor die hand liggend: "Julle is vissermanne. Gaan voort met julle ambag. Doen dit net 'n bietjie anders. Ek roep julle om vissers van mense te wees." Terwyl Marta dit gesien het as haar roeping om kos aan te dra en vloere te vee, het Maria geroepe gevoel om te luister en te leer. Een persoon se beroep of gebied van toewyding is nie meer van 'n roeping as 'n ander persoon s'n nie. God kan mense in 'n gewone betrekking roep en gebruik.
10
Van taak na roeping Van taak na roeping
Mens moet egter versigtig wees om te sê enige werk is outomaties jou roeping. Geen mens se beroep is noodwendig hulle roeping nie. Ons kan eers van roeping praat wanneer God met ons gepraat het oor wie ons is en waar Hy ons wil gebruik. Eers dan word jou beroep of jou daaglikse taak jou roeping. En mag hierdie roeping van tyd tot tyd verskuif. Dink byvoorbeeld aan Dawid wat eers geroep is om soldaat te wees sodat hy Goliat kon verslaan. Later is Hy geroep om die koning van die volk te wees. Roeping het dus met 'n mandaat van God te doen. Dit is God wat die inisiatief neem en 'n bepaalde taak aan ons opdra. Dan word ons dagtaak, of ander take, ons roeping. Dan ontdek ons dat ons almal sendelinge, dit wil sê God se gestuurdes, is of kan wees. Soms lei geestelike leiers, mense wat voorheen kon sê hulle is geroep, aan uitbranding – of gaan soos moeder Theresa deur 'n geestelike krisis. Dan kan 'n dominee of sendeling daarmee worstel dat sy/haar roeping net 'n gewone werk geword het. Geestelike groei is dan om hierdie krisis te oorkom en weer God se roeping te herken en te omhels.
11
Jeremia as voorbeeld Jeremia as voorbeeld
Kom ons kyk na Jeremia se roeping. Dit is een voorbeeld uit baie roepingsverhale in die Skrifte. Let eerstens op dat God die inisiatief neem om Jeremia te roep. Lank voordat Jeremia sou kon antwoord, selfs voordat hy in die baarmoeder gevorm is, vertel God dat Hy hom toe reeds intiem geken het en dat Hy hom toe al aan Hom gewy het, hom toe al gekies het om eendag 'n profeet te wees. God het Jeremia gekies en reeds 'n roeping vir hom gehad toe hy nog nie eens gevorm was nie. Alhoewel Jeremia deel was van die volk van God en hy binne die priesterlike lyn gebore is, met die gedagte dat hy 'n priester sou word, het hy op die stadium toe God met hom kom praat het waarskynlik nog nie kon getuig van 'n persoonlike verhouding met hierdie God nie. "Ag, Here God," antwoord Jeremia. Mens hoor sommer die sug in sy stem nog voordat hy verskonings begin inryg. En dis opmerklik dat hy nie hier op 'n persoonlike vlak met God praat as "sy/my God" nie (soos die NAV verkeerdelik vertaal), maar hy spreek God eerder vanuit 'n afstand aan: "Ag, Here God." Dit blyk dus dat Jeremia geweet het van God as gevolg van sy agtergrond en sy familiegeskiedenis, maar dat hy God nog nie persoonlik geken het nie (al het God hom al voor sy bestaan geken).
12
Verskonings Verskonings
Daarna begin die verskonings soos in die meeste roepingsverhale in die Bybel. Die redes wat Jeremia aanvoer is heel legitiem: "Ek kan regtig nie goed praat nie, ek is nog te jonk." Dit is onseker hoe oud Jeremia was toe die Here met hom gepraat het. Hy word beskryf as 'n seun. Vermoedelik was hy 'n tiener, beslis jonger as 20 jaar oud. Binne sy kultuur was hy inderdaad te jonk om as profeet te begin werk. Maar die Here wil niks daarvan hoor nie. Hy steur Hom nie aan die toelatingsvereistes van die kultuur wanneer Hy Jeremia roep nie. Hy roep Hom ten spyte van die feit dat Jeremia nie werklik kwalifiseer nie. Dalk juis daarom? Wanneer ons oor ons eie lewe en ons eie roeping dink, kan dit dikwels gebeur dat dinge vir ons te groot lyk. Of ons is te bang om ons goddelike mandaat uit te voer. Dalk voel ons te jonk, te onkundig, te onbekwaam, met vrees vir verwerping gevul. Dan daag die groot Versoeker, soos Moeder Teresa die Satan noem, ook nog op en bevestig ons gevoelens van onbekwaamheid.
13
God dra Jeremia God dra Jeremia
Ons moet leer om van onsself weg te kyk en God raak te sien. Ons moet optree met die vertroue dat God wat ons roep, ons ook bemagtig om ons roeping uit te voer. Die Here verseker Jeremia in vers 8 dat hy - ongeag sy tekortkominge - nie bang moet wees vir die mense onder wie hy moet gaan profeteer nie. Die Here gee Jeremia sy versekering: "Ek is by jou om jou uit te haal, om jou te red." Jeremia vertel aangrypend verder: "[Die Here] het sy hand uitgesteek, my mond aangeraak en vir my gesê: Kyk! Ek het nou my woorde in jou mond gelê." Die Here se woorde in Jeremia se mond . . . Dalk is dit die rede hoekom Jeremia se roeping hom nie soos 'n handskoen gepas het nie? Soms is die gevaar daar dat as ons te gekwalifiseerd is, te selfversekerd ons beroepe beoefen, dat ons dan die roeping uit die beroep verloor. Dat ons eie kennis en ons eie stem en ons eie ervaring so hard praat dat ons nie meer hoor hoedat God roep nie, dat ons nie meer sy stem kan hoor sodat dit sy woorde is wat in ons mond gelê word nie, want ons is te gemaklik met ons eie woorde.
14
Moeilike woorde Moeilike woorde
Die Here herinner Jeremia hier dat hy bloot die mond, die spreekbuis moet wees, maar dat dit die Here se woorde moet wees wat gespreek word. Hierdie woorde wat Jeremia aan die volk moet oordra was nie strelende liefdeswoorde nie. Jeremia is 'n moeilike taak opgelê, selfs vir 'n ervare orator. Hy moes twee keer meer slegte nuus as goeie nuus aankondig (10). Hy moes 'n doemprofeet wees! Wie wil nou so 'n roeping hê! Veral in 'n tyd waar daar soveel valse profete was wat goeie nuus verkondig het en aan wie se lippe die volk veel eerder sou hang as aan dié van 'n doemprofeet wat nog nat agter die ore is en nie eens weet hoe om in die openbaar te praat nie. Die Here se roeping is nie altyd "lekker" nie. Dit is nie noodwendig aangename werk nie.
15
Roeping is dringend Roeping is dringend
Die Here vryf die erns van Jeremia se taak nog dieper in deur hom dadelik op te roep om klaar te maak en op te staan en alles vir die volk te gaan sê wat Hy hom beveel. En wat meer is, Jeremia word aangesê om nie toe te laat dat die mense teenoor wie hy moet profeteer hom angstig maak nie. Indien hy gaan bang raak vir hulle en nie sy roeping gaan nakom nie, sal God hom goeie rede gee om wel angstig te wees. God sal dalk net besluit om van Jeremia se angs en onwilligheid 'n voorbeeld te maak voor die oë van al die mense . . . Om geroepe te wees, is nie maklik nie.
16
God is ernstig oor roeping
Ons teks sê ook duidelik as die Here 'n mens eers geroep het, aanvaar Hy nie sommer nee vir 'n antwoord nie. Ons sien dit hier in Jeremia se roepingsverhaal. God onderstreep die erns van sy roeping. Ook Jona se verhaal herinner ons aan God se erns wanneer Hy mense roep. Toe die Here vir Jona roep het hy sy sak gepak en gevlug, weg van die Here af. Of so het hy gedink. Maar toe hy met 'n skip verder vlug, het die Here 'n storm oor die see laat losbars. Jona is oorboord gegooi, 'n vis het hom ingesluk en na drie dae eers uitgespoeg. Jona het weer dieselfde roeping van die Here af gekry. Maar hierdie keer het hy besluit dit is veiliger om gehoorsaam te wees. Vir Jona was die ergste van alles dat die Here toe sy oordeel (wat Jona oor Nineve moes aankondig) teruggetrek het omdat die volk hulle bekeer het. So, Jona se profesie – wat hy in die eerste plek nie eens wou gaan verkondig nie – het ook nooit in vervulling gegaan nie. Jona was baie kwaad vir die Here. Om te leef binne die roeping wat die Here op 'n mens lê, waarborg nie 'n maklike lewe nie. Dit is dikwels nie 'n reguit pad net omdat dit die regte pad vir jou is nie. Dis soms 'n swaar pad, met baie opdraandes en slaggate. Soos in Jeremia se geval (Dink ook hier aan Maria met die swaard deur haar siel). Juis omdat dit dan nie meer jou eie pad is nie maar die Here s'n, waarborg Hy jou dat jy nie alleen is nie. Die Here het Jeremia in hierdie woorde van sy teenwoordigheid verseker (17-19): "Ek maak jou vandag 'n vestingstad, 'n ysterpilaar, 'n bronsmuur sodat jy staande kan bly midde die baie moeilike roeping wat ek op jou lê . . . [Die mense] sal teen jou veg maar hulle sal jou nie wen nie, want Ek is by jou om jou te red (uit te haal)."
17
Toepassing Toepassing
Ons teks nooi ons uit om onsself voor die Here oop te stel oor ons lewe en ons roeping. Hoewel die Here onaangekondig by soveel mense opdaag en hulle roep, is daar ook ruimte om self doelgerig met die Here in gesprek te tree oor sy roeping vir ons. Dit is 'n gebedsaak. Wat wil die Here hê moet ons doen? Wat is God se roeping vir ons lewe en vir die verskillende rolle waarin ons ons bevind? Ons moet daaroor met God praat. Dikwels beleef ons ons dag as sleuragtig, dalk veral die werk wat ons doen. Hoe sal dinge verander as ons God se roeping binne ons werkkring begin soek? Wat sal gebeur as ons die verhoudings waarbinne ons staan in die lig van God se roeping begin herbedink? Wat kan God met ons vermag deur die groepe, gesinne, werkkringe, sosiale omgewings waarbinne ons geplaas is? Wat sê die Here vir ons wanneer ons daaroor bid? Baie van ons beleef dat die Here ons roep om sekere dinge te doen, maar ons weerstaan dit. Ons tree doelbewus weg van God se wil vir ons lewe. Dikwels is ons verskonings so eg: ons is te jonk, te oud, te besig, te arm, te oorlaai met verantwoordelikhede, te onmagtig. Mens kan dikwels baie redes kry waarom ander eintlik eerder die dinge behoort te doen waartoe die Here ons roep. Die Here maak ons bewus van take en uitdagings, maar dan projekteer ons dit op ander en meen hulle behoort dit eintlik te doen. Roeping deur God vra dat jy self verantwoordelik moet neem om die take uit te voer wat die Here aan jou opdra. Jy kan natuurlik ook bid vir vennote wat jou kan help. God se roeping kan te groot wees vir een mens. Vir Moeder Teresa was dit beslis so. Moses het ook vir Aäron nodig gehad. Jou eie rol en verantwoordelikheid kan jy egter nie ontken nie. Hoewel God se roeping groot mag wees, word dit altyd vergesel met God se beloftes. Ons kan dit ook vandag hoor. Die Here is by ons. Die Here werk deur ons. Die Here lê sy woorde en sy dade in ons mond. Die Here vul ons en maak ons lewe sinvol. God het ons geken nog voor ons gebore is. Hy het ons aanmekaargeweef, sê die Psalmdigter. Die uitvoering van God se roeping vir ons lewe het daarom alles met ons lewensvervulling en die belewing van sin in ons lewens te doen. Dieselfde God wat Jeremia geken, gevorm, geheilig en gekies het, het dit ook met ons gedoen vir die roeping wat Hy vir ons het.
18
God stuur ons om te leef God stuur ons om te leef Wet/Skuldbelydenis
[sluit aan by die laaste deel van die preek – die twee kan ook gekombineer word] Ek het nou net gesê dat ons onsself kan oopstel voor die Here oor ons roeping. Neem nou ‘n paar oomblikke om met God daaroor te praat: Wat wil die Here hê moet jy doen? Wat is God se roeping vir jou lewe en vir die verskillende rolle waarin jy jou bevind? [tyd vir stil gebed] Hoe sal dinge verander as jy God se roeping binne jou werkkring begin soek? Wat sal gebeur as jy die verhoudings waarbinne jy staan in die lig van God se roeping begin herbedink? Wat kan God met jou vermag deur die groepe, gesinne, werkkringe, sosiale omgewings waarbinne jy geplaas is? [tyd vir stil nadenke] Baie van ons beleef dat die Here ons roep om sekere dinge te doen, maar ons weerstaan dit. Ons tree doelbewus weg van God se wil vir ons lewe. Dikwels is ons verskonings so eg: ons is te jonk, te oud, te besig, te arm, te oorlaai met verantwoordelikhede, te onmagtig. Wat jou verskonings, die redes wat jy aanbied hoekom jy nié gehoorsaam is nie? [tyd vir stil nadenke] Verbintenis Lied 270 vers 3: Maak ons oë oop, o Heer, vir dié wat u Woord onbeer. Raak on onrein lippe aan dat ons in u diens kan staan. Ontferm U, Heer. Of F406 (ook slotsang) laaste refrein: Hier staan ek voor U, net soos Jesaja. Raak my nou aan met u heilige vuur, sodat ek oral u liefde kan uitdra. Hier is ek, Heer, U kan my stuur! Genadeverkondiging/Bemoediging Hoewel God se roeping groot mag wees, word dit altyd vergesel met God se beloftes. Ons kan dit ook vandag hoor. Die Here is by ons. Die Here werk deur ons. Die Here lê sy woorde en sy dade in ons mond. Die Here vul ons en maak ons lewe sinvol. God het ons geken nog voor ons gebore is. Hy het ons aanmekaargeweef, sê die Psalmdigter. Die uitvoering van God se roeping vir ons lewe het daarom alles met ons lewensvervulling en die belewing van sin in ons lewens te doen. Dieselfde God wat Jeremia geken, gevorm, geheilig en gekies het, het dit ook met ons gedoen vir die roeping wat Hy vir ons het. Gebed Dankoffer Slotsang Lied 437 O Leidsman, Gees van waarheid F406. Ek Wil Kom Stil Word [bekend] of F292. Heer Laat My Skyn Respons VONKK 58 Ons Vind Ons Krag In Die Here of Of F406 laaste refrein: Hier staan ek voor U, net soos Jesaja. Raak my nou aan met u heilige vuur, sodat ek oral u liefde kan uitdra. Hier is ek, Heer, U kan my stuur! of Lied 437 laaste reël of laaste vier reëls
19
Volgende erediens: Lukas 14:1, 7-14 Volgende erediens Lukas 14:1, 7-14
Familie-oomblik en Liturgie: Rethie van Niekerk Powerpoint: Wicus Wait Preekriglyn: Danie Mouton Proses en ekstra stof: Chris van Wyk
Similar presentations
© 2025 SlidePlayer.com. Inc.
All rights reserved.