Presentation is loading. Please wait.

Presentation is loading. Please wait.

Praktiese Christenskap

Similar presentations


Presentation on theme: "Praktiese Christenskap"— Presentation transcript:

1 Praktiese Christenskap
HOE KAN ONS ONS GELOOF ELKE DAG UITLEWE? NGK LAMBTON

2 Hoe behoort ons ons Christenskap daagliks uit te lewe?
Christus het self vir ons leidrade gegee: “Jy moet die Here jou God liefhê …. En die tweede (gebod) wat hiermee gelyk staan: jy moet jou naaste liefhê soos jouself…(Mat 22:37-40) Want Ek het honger gehad en julle het my te ete gegee …(Mat 25:31-46)

3 Opdragte van Christus Toe het Hy vir almal gesê: “ As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, elke dag sy kruis dra en My volg, … (Lukas 9:23)

4 Jesus het ook al die wette en opdragte van God in twee Groot Gebooie opgesom.

5 Mat 22:37-40. 37 Jesus antwoord hom: “‘Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel’ en met jou hele verstand. 38 Dit is die grootste en die eerste gebod. 39 En die tweede, wat hiermee gelyk staan, is: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’ 40 In hierdie twee gebooie is die hele wet en die profete saamgevat.”

6 Die Groot Gebooie reguleer ons verhouding met God en met ander mense

7 Jesus se klem op mense wat minder bevoorreg as ons is kom duidelik na vore in Mat 25:31-46 waar Hy grafies vertel (amper soos ‘n videosnit) wat op die Oordeelsdag gaan gebeur wanneer alle mense (ons ingesluit) voor Hom as Regter gaan staan. Met die beeld wat Jesus skets laat Hy geen onduidelikheid oor wat Hy bedoel met liefde en diens aan minderbevoorregte mense nie:

8 31 “Wanneer die Seun van die mens in majesteit kom en al die engele saam met Hom, sal Hy op sy koninklike troon gaan sit. 32 Al die volke sal voor Hom bymekaar gebring word, en Hy sal die mense van mekaar skei soos ’n wagter die skape van die bokke skei. 33 Die skape sal Hy regs en die bokke links van Hom laat staan. 34 “Dan sal die Koning vir dié aan sy regterkant sê: ‘Kom, julle wat deur my Vader geseën is! Die koninkryk is van die skepping van die wêreld af vir julle voorberei. Neem dit as erfenis in besit,

9 35 want Ek was honger, en julle het My iets gegee om te eet; Ek was dors, en julle het My iets gegee om te drink; Ek was ’n vreemdeling, en julle het My gehuisves; 36 Ek was sonder klere, en julle het vir My klere gegee; siek, en julle het My verpleeg; in die tronk, en julle het My besoek.’ 37 Dan sal dié wat die wil van God gedoen het, Hom vra: ‘Here, wanneer het ons U honger gesien en U gevoed, of dors en U iets gegee om te drink?

10 38 En wanneer het ons U ’n vreemdeling gesien en U gehuisves, of sonder klere, en vir U klere gegee? 39 Wanneer het ons U siek gesien of in die tronk en U besoek?’ 40 En die Koning sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen.’ 41 “Dan sal die Koning vir dié aan sy linkerkant sê: ‘Gaan weg van My af, julle vervloektes! Gaan na die ewige vuur wat vir die duiwel en sy engele voorberei is,

11 42 want Ek was honger, en julle het My niks gegee om te eet nie; Ek was dors, en julle het My niks gegee om te drink nie; 43 Ek was ’n vreemdeling, en julle het My nie gehuisves nie; sonder klere, en julle het My nie klere gegee nie; siek en in die tronk, en julle het My nie versorg nie.’ 44 Dan sal hulle ook antwoord: ‘Here, wanneer het ons U honger of dors of ’n vreemdeling of sonder klere of siek of in die tronk gesien en U nie gehelp nie?’

12 45 En Hy sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van hierdie geringstes nie gedoen het nie, het julle dit aan My ook nie gedoen nie.’ 46 En hierdie mense sal die ewige straf ontvang, maar dié wat die wil van God gedoen het, die ewige lewe.”

13 Dorstiges Hongeres Vreemdelinge Sonder Klere Siekes Gevangenes
Watter “minder bevooregtes” of “geringes” is op Jesus se hart? __________________ Dorstiges Hongeres Vreemdelinge Sonder Klere Siekes Gevangenes

14 “geringes” geminag is –
In verse maak Jesus dit duidelik dat waar waar sulke “geringes” geminag is – Hy dit beskou dat die minagters ___________ self geminag het. Jesus

15 Hy brei die opdrag verder uit:
27 Egte en suiwer godsdiens voor God die Vader is om weeskinders en weduwees in hulle moeilike omstandighede by te staan en om jou skoon te hou van die besmetting van die wêreld. (Jak 1:27)

16 En verduidelik die konsep van “naaste” verder in Lukas 10:29-37
29 Maar die wetgeleerde wou homself handhaaf en vra vir Jesus: En wie is my naaste? 30 Jesus gaan toe nader daarop in deur te sê: Toe 'n man eenmaal op pad was van Jerusalem af na Jerigo toe, het rowers hom aangeval. Hulle het hom kaal uitgetrek en hom geslaan dat hy halfdood bly lê, en toe padgegee.

17 31 Dit gebeur toe dat daar 'n priester met daardie pad langs kom, en toe hy hom sien, gaan hy ver langs verby. 32 Net so het daar ook 'n Leviet by die plek gekom, en toe hy hom sien, gaan hy ook ver langs verby. 33 Maar 'n Samaritaan wat op reis was, het op hom afgekom, en toe hy hom sien, het hy hom innig jammer gekry. 34 Hy het na hom toe gegaan, sy wonde met olie en wyn behandel en hulle verbind. Toe het hy hom op sy rydier gehelp en hom na 'n herberg toe geneem en hom daar verder versorg.

18 35 Die volgende dag haal hy twee muntstukke uit en gee dit aan die eienaar van die herberg en sê: "Sorg vir hom, en as jy meer onkoste met hom het, sal ek jou betaal wanneer ek hierlangs terugkom." 36 Wie van hierdie drie is volgens jou die naaste van hom wat onder die rowers verval het? 37 Die wetgeleerde antwoord: Die man wat aan hom medelye bewys het. Toe sê Jesus vir hom: Gaan maak jy ook so.

19 Die tweede groot gebod is die kern van die Kerk se opdrag na die wêreld!

20 Die Groot Opdrag aan elke Christen
19 Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. (Mat 28)

21 Wie is die arbeiders? Waar is die veld met die oes?
En ná hierdie dinge het die Here weer sewentig ander aangestel en hulle twee-twee voor Hom uit gestuur na elke stad en plek waar Hy sou kom. (2) Hy sê toe vir hulle: die oes is wel groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here van die oes dat Hy arbeiders in sy oes sal uitstuur. (Luk 10:1-2) Wie is die arbeiders? Waar is die veld met die oes? As jy nie die antwoorde hierop (a) persoonlik en (b) presies weet nie, hoe sal jy die Groot Opdrag kan uitvoer?

22 Die Groot Vraag Hoe lyk jy vandag as jy jou teen Christus se opdragte spieël? Jy mag sê: My lang ure …. My probleme… Wat van die pastoor en leierskap – ek gee bydrae en hulle doen …

23 Voer u die Groot Opdrag uit?
Of dink jy dit is nie op jou van toepassing nie? Of gee jy geld vir sending en was dan jou hande in onskuld? Of bekommer jy jouself somtyds daaroor en vra, Here, wat kan ek doen?

24 Feite oor tradisionele evangelisasiemetodes
Ongeveer 4% van die mense in die gemiddelde gemeente het die gawe van evangelisasie (en by baie is die gawe latent).

25 Verder wys hedendaagse inligting oor mense wat tot bekering kom (duisende elke dag oor die hele wêreld) dat ongeveer 4% van die mense wat tot bekering kom dit doen as gevolg van direkte evangelisasiemetodes. Meeste mense % - kom tot bekering as gevolg van ‘n verhouding of ‘n reeks verhoudinge en interaksies met gewone Christene.

26 Verder blyk dit dat baie van die 75-90% deur omtrent 18 mikrobesluite beweeg op hul pad vanaf anti-Christen tot volle dissipel. En gewone Christene wat hulle teekom help hulle om antwoorde op hul vrae te kry.

27 Dit is soos Slangetjies en Leertjies:
Wat ons as Christene tussen nie-Christene doen mag hulle die leertjie ophelp of met die slangetjie afdruk!

28 Hierdie navorsing bevestig die verskriklike belangrikheid van ons gedrag as Christene in ons alledaagse lewe!

29 Waar is ons sendingveld?
Omtrent 10% van die mense wat sê hulle is Christene kom ooit kerk toe. Wat beteken dit vir Suid-Afrika?

30 Die oes Hoe lyk Suid-Afrika?
SA % Christene 79,8 Ander gelowe 3,8 Geen geloof nie 15 Geen inligting 1,4 Totaal 100

31 Hoewel ongeveer 79% Suid-Afrikaners in die 2001 sensus gestateer het dat hulle aan een of ander Christen denominasie behoort, kom ongeveer 3-10% van hulle ooit gereeld in ‘n kerkgebou en is ongeveer 10%-20% van die kerkgangers werklik aktief as Christene in hul gemeente!

32 Wat ook al jou teologiese standpunt is omtrent ewige redding en om na jou dood hemel toe te gaan – die Bybel is duidelik daaroor dat iemand wie se lewe nie sy geloof reflekteer nie, in gevaar staan om ewige reddig te mis. Lidmaatskap van ‘n kerk of sekere denominasie gaan jou nie red nie!

33 Dit is so dat talle Christene hul geloof uitleef sonder om ooit kerk toe te gaan. Talle ander, wat nie veel in die kerk doen nie, is wel buite die kerk betrokke en doen individueel of deur buite-kerklike organisasies (Christelik of sekulêre) baie goeie dade. Ons dink egter nie dat die Suid-Afrikaanse ongekerkte Christene 10% (‘n hoë skatting) kan oorskrei nie.

34 Die 10% gereelde kerkgangers en 10% aktiewe ongekerktes gee ons ‘n totaal van 20% Suid-Afrikaanse Christene wat Jesus as Verlosser en Koning mag ken. Die 20% is waarskynlik ‘n oorskatting, wat presies is wat ons wil doen om die drastiese situasie te illustreer! Die 20% korreleer wel goed met die 19,3% skatting van geredde Christene in SA in die 2001 uitgawe van Operation World – wat op ‘n totaal ander manier bereken word.

35 Ander gelowe saam is net ongeveer 4% van die mense in Suid-Afrika.
Die grootste ander groep is die wat geen godsdiens het nie, nl. 15%.

36 Jy sal saamstem dat daar dus drie hoofgroepe mense in Suid-Afrika is wat vir Christus bereik moet word (die oes): Die wat in naam Christene is maar nie hul geloof uitlewe nie (omtrent 60% van die bevolking) Die wat vals gelowe aanhang (4%) Die ateïste (15%)

37 Met ander woorde Amper 8 uit elke 10 mense rondom ons is geestelik verlore en het Jesus Christus as Verlosser nodig! Praat van ‘n nasionale krisis! Die oes in Suid-Afrika is gewis groot!

38 Wie gaan hulle bereik en hoe?

39 Predikante? Ouderlinge/leierskap? Kleingroepleiers? Die Sending/evangelisasie Aksie? Diensgroepe? Dus … omtrent 10% van kerkgaande lidmate

40 Wat sê die Here? 11 En Hy het gegee sommige as apostels, ander as profete, ander as evangeliste, ander as herders en leraars,12 om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, tot opbouing van die liggaam van Christus (Ef 4)

41 Jy IS voltyds in die bediening!
Wat jy ook al doen en as jy ouer as tien is en jonger as 100 behoort jy aktief in dienswerk vir God te wees!

42 Selfevaluering! Ons gaan eendag rekenskap gee van dit wat ons gedoen het, ja selfs van elke ligsinnige woord Die rekenskap gaan onder andere gaan oor hoe ons Jesus se opdragte uitgevoer het! Evalueer: gaan jou werke soos kaf verbrand word of soos goud wees? (1 Kor 3:12-15)

43 Wat kan ons ander doen? Baie van julle sê nou: Ek is OK. Wel en ek sê mag God jou seën vir die wonderlike dinge wat jy in Sy Naam doen. Jy is egter omtrent 10% van die lidmate van jou gemeente! Dink dus hoe jy hulle kan help! Wat van die 90% met “minder” talente, baie omstandighede en min geleenthede?

44 Dink bietjie aan jou gemeente!

45 Werk jou gemeente na binne of buite?
Alles wat julle reeds doen is goed – maar baie mense werk net na binne in die kerk – die kerk werk nie na die gemeenskap daar buite nie. Beoordeel self julle diensgroepe: Beradingsentrum, Finansies, Admin, Kommunikasie, Eiendomme, Kinderkerk, Gemeentetoerusting, Musiek, Armsorg, Jeug, Klank/videos/DVD’s, Vroue Aksie, Gasvryheid, Siekebesoek en Gebed

46 Wat is jou persepsie van ‘n gemeente?
Watter een van hierdie beelde beskryf oor die algemeen ons kerkbelewing in die Gereformeerde Kerk die beste? Vliegdekskip? Plesierboot?

47 Op ‘n vliegdek skip: Word die soldate opgelei en dan vir oorlog uitgestuur Is daar sisteme om die vyand te herken, op te spoor en te beveg Is daar ‘n bevelvoerder wat verwag dat sy soldate sal doen wat dit ookal verg: selfs sterf Is die wat op die skip agterbly die ondersteunings-korps vir hulle wat veg Het almal dieselfde oorhoofse doel in gedagte: wen die oorlog ten alle koste

48 Op ‘n plesierboot: Is almal erg begaan oor hulle eie gemak Is daar sisteme om die passasiers se behoeftes te leer ken en te dien Is daar ‘n bevelvoerder wat net verwag dat die passasiers sal opdaag en reiskoste sal betaal; hy en die bemanning doen die res Is die bemanning van die skip begaan oor die passasiers se uiteenlopende behoeftes Het almal dieselfde oorhoofse doel in gedagte: die passasiers se plesier en dat hulle by die oorkoepelende reëls hou.

49 God se visie? Wat dink u is God se visie vir Sy Kerk – ‘n oorlogskip of ‘n plesierboot? Interngefokus of missionêr? Maar hoe kan ons iets doen?

50 Stel jou voor ‘n kerk waar…
Elke gelowige hom/haarself sien as ‘n dienaar van Jesus in ALLE WERKPLEKKE – op kantoor, in die fabriek, in die winkelsentrum, by die fliek Waar elkeen sy geloof in die markplek ingedra, die pad aangewys deur Jesus self Werkplekdienaars word toegerus op Sondae en werk dan vir die koninkryk Maandag tot Saterdag Prediking fokus spesifiek uitwaarts, en beklemtoon dat ALLE werk ‘n roeping van God is; ‘n geleentheid om Hom 24/7 te dien Elke Christen ‘n nuwe daaglikse fokus het, om te lewe volgens Bybelse beginsels, maar meer: om sy onmiddellike omgewing te transformeer

51 L-10-T is so ‘n antwoord! Jesus het vir sy Kerk ‘n radikale nuwe manier (twee duisend jaar gelede) gegee waarmee almal in die Kerk betrokke kan wees in bedieningswerk. Ons noem dit Lukas 10 transformasie.

52 Lukas 10: 1-9 1 Daarna het die Here twee en sewentig ander aangewys en hulle twee-twee voor Hom uit gestuur na elke dorp en plek waarheen Hy van plan was om te gaan. 2 Hy het vir hulle gesê: “Die oes is groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here aan wie die oes behoort, om arbeiders uit te stuur vir sy oes. 3 Gaan nou! Maar onthou: Ek stuur julle soos lammers tussen wolwe in.

53 4 “Moenie ’n beurs of ’n reissak of skoene saamdra nie, en moenie langs die pad met groetery tyd verkwis nie. 5 As julle in ’n huis kom, moet julle eerste woorde wees: ‘Vrede vir hierdie huis 6 As daar iemand woon vir wie die vrede bestem is, sal die vrede op hom bly; so nie, sal dit na julle toe terugkom.

54 7 Moenie van een huis na die ander trek nie, maar bly in dieselfde huis, eet en drink wat hulle voorhande het, want die arbeider is geregtig op sy loon. 8 As julle in ’n dorp kom en hulle ontvang julle, eet dan wat hulle vir julle voorsit. 9 Maak die siekes daar gesond en sê vir die mense: ’Vir julle is die koninkryk van God baie naby!’

55 Ons het uit bogenoemde opdrag van Jesus 4 stappe gehaal om vir die gewone Christen vandag ‘n riglyn te gee om Jesus Christus na buite in sy gemeenskap te volg. Terselfdertyd gaan jy begin om meeste van Sy opdragte uit te voer!

56 Die Stappe is: Vra die Here se seën of vrede waar jy gaan
Bou verhoudings/Samesyn (“fellowship”) Bevredig behoeftes (die nood wat mense het) Vertel van Jesus

57 Twee kriteria vir L-10-T Elkeen ouer as 12 en jonger as 100 moet dit kan doen (en ons het L-10-T vir voor- en laerskoolleerlinge ook!). Jy moet kan L-10-T daar waar jy in jou normale lewe van Maandag tot Saterdag (en Sondae ook) rondbeweeg! Jy hoef nie spesiale byeenkomste by te woon om te kan L-10-T nie.

58 Kwalifikasies? Jy moet met alles in jou Jesus wil liefhê en ‘n lewe wil lewe wat Sy hart sal verbly!

59 Begin dadelik L-10-T! As jy vandag hier weggaan moet jy probeer om die L-10-T stappe te begin doen!

60 Kom ons kyk nou wat sê mense wat reeds L-10-T
Hierdie 10 minute video is beskikbaar op ons bekendstellings DVD.

61 Lukas 10 transformasie (L-10-T)
Stap 1: Vra God se seën (bid Sy vrede of liefde toe) op elke plek en sy mense Doen dit by enige plek en vir die mense aldaar waar jy normaalweg gedurende die week beweeg: Jou werkplek Jou koopplek Jou uiteetplek Jou speelplek Ens

62 Dar is niks wonderlikers as die Here se seën nie!
Lees Deut 28:1-14 En ons vra dit nie vir onsself nie – maar vir almal wat ons elke dag ontmoet! Maar dit is ook nie altyd maklik nie …

63 Mat 5:43-48 43 “Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘Jou naaste moet jy liefhê en jou vyand moet jy haat.’ 44 Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle vyande liefhê, en julle moet bid vir dié wat vir julle vervolg, 45 sodat julle kinders kan wees van julle Vader in die hemel. Hy laat immers sy son opkom oor slegtes en goeies, en Hy laat reën oor dié wat reg doen en oor dié wat verkeerd doen.

64 46 As julle net dié liefhet wat vir julle liefhet, watter loon kan julle dan nog verwag? Maak die tollenaars nie ook maar net so nie? 47 En as julle net julle broers groet, wat doen julle meer as ander? Maak die heidene nie ook maar net so nie? 48 “Wees julle dan volmaak soos julle hemelse Vader volmaak is.”

65 In L-10-T leer ons dus ook om te vergewe
Ons mag nie onvergewensgesind wees nie – kyk na die Onse Vader!

66 Mat 6:12, 14-15 12 en vergeef ons ons oortredings soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree; “As julle ander mense hulle oortredings vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. 15 Maar as julle ander mense nie vergewe nie, sal julle Vader julle ook nie julle oortredings vergewe nie.”

67 Vergiffenis is ‘n proses
Begin nou, maar gaan in detail deur stap 1 in die L-10-T Opleidingsgids om dit behoorlik te doen!

68 Hierdie eerste stap van L-10-T is ‘n uitdrukking van die Tweede Groot Gebod, want die grootste geskenk wat jy iemand kan toebid is die HERE se seën, aanraking of vrede – vir vriend en vyand!

69 L-10-T Stap 2: Gesellige samesyn/ Bou Verhoudings
In Stap 2 kyk ons na die mense rondom ons, waar ons werk, studeer, koop of speel met die oë van ‘n evangelis: “Het hulle Jesus in hul lewens nodig?” “Dra hulle die vrugte van die Heilige Gees?” “Is hulle openlik Christelik, maar hul gedrag vertel ‘n ander storie.” Probeer om verhoudings met hulle te bou. Kuier, eet en drink gesellig - samesyn! Die doel is om deur die mense om u vertrou te word as ‘n gewone mens Natuurlik moet u nie enige waardes in die slag laat bly nie Vertel van Christus maar moenie woorde gebruik nie!

70 Kyk ook na jouself! Is daar enigiets in jou gedrag waar jy in verskillende kringe beweeg wat mense wat die Here nie ken nie van Hom sal afsit as hulle weet jy is ‘n Christen! Onthou die slangetjies en leertjies! Jy is ‘n evangelis of jy nou wil of nie – die vraag is of jy mense wegdryf of nadertrek!

71 L-10-T Stap 3 Luister na enige behoefte wat daar is – klein en groot!
Dit is in die kern van die diaken se werk!! Maar nou doen elkeen daaraan mee!

72 As jy van so ‘n behoefte hoor, kan jy dan, op ‘n aangewese tyd, die persoon help deur fisies (bv deur geld te gee) of emosioneel (bv deur te vertroos, te luister of net daar te wees) die persoon te ondersteun en/of vir die persoon en die situasie te bid – en daardeur Sy Groot Helpende Hand in die situasie in te bring.

73 Lees Jak 2:15-16 15 Sê nou daar is 'n broer of 'n suster wat nie klere het nie en dag vir dag honger ly,16 en sê nou een van julle sou vir hulle sê: Mag dit met julle goed gaan; gaan trek julle warm aan en eet genoeg, maar julle gee nie vir hulle wat hulle nodig het om van te lewe nie, wat help dit dan?

74  Jy kan sag of met ‘n vriend bid (almal kan dít doen!)
Daar is drie vlakke van gebed in Stap 3 :  Jy kan sag of met ‘n vriend bid (almal kan dít doen!)  Jy kan die persoon vra of jy vir die behoefte vir hom/haar kan bid. Indien die antwoord positief is kan jy ‘n eenvoudige gebed vir die persoon doen, gewoonlik weg van ander mense af.  Jy kan ‘n persoon vra of daar ‘n sekere behoefte is waarvoor jy vir hulle kan bid (meeste mense het een of ander behoefte, al is dit net vir die vrede of seën van God).

75 Wanneer jy vir mense in die openbaar bid (vlak 2 en 3 gebed), doen dit met groot sensitiwiteit en sonder ophaal.

76 Lees Mat 6:5 5 Verder, as julle bid, moet julle nie soos die skynheiliges wees nie. Hulle hou daarvan om in die sinagoges en op die straathoeke te staan en bid sodat die mense hulle kan sien. Dit verseker Ek julle: Hulle het hulle beloning klaar weg.

77 Die wonderlike daarvan om vir ‘n behoefte te bid is dat meeste mense - Christen, Moslem, Hindoe, “New Ager” of ateïs – altyd ja sal sê vir gebed! As die persoon nee sou sê? Wel dan sê jy OK – draai weg en bid in elk geval saggies vir die situasie en natuurlik ook vir die nood wat deur die ”nee” uitgeroep word!

78 Wanneer jy Stap 3 vlak 3 gebed doen (waar jy iemand vra of daar iets is wat jy voor kan bid) sal jy gewoonlik vind dat mense onmiddellik reageer asof hulle vir jou vraag gewag het.

79 Partymaal aarsel mense – dit is gewoonlik omdat die probleem persoonlik is.
Dus, as jy sien iemand aarsel – dan sê jy vir hulle dat hulle nie vir jou hoef te sê wat dit is as dit persoonlik is nie. As dit persoonlik is sal hulle dan vir jou so sê en jy kan bid want die Here weet wat die probleem is.

80 As die persoon sê dit is nie persoonlik nie en steeds aarsel – dan is dit omdat hulle nie op daardie oomblik aan iets kan dink nie. Dan vra jy of die persoon sal omgee as jy vir die Here se seën of vrede op hom/haar lewe mag bid – die reaksie is gewoonlik ‘n onmiddellike “ja”.

81 Doen dit! BID NOU VIR ‘N MAAT SE BEHOEFTE!

82 L-10-T kan uitgebrei word na organisasies toe!
Ons het tot dusver na L-10-T in ‘n een-tot-een verhouding gekyk. Dit is ook moontlik om L-10-T in een-tot-groep, groep-tot-groep en groep-tot-individu verhouding te doen. Voorbeelde: Ma’s wat met ‘n lokale munisipaliteit of skool L-10-T. Besigheid wat spesifieke behoeftige studente deur universiteit L-10-T ‘n Gemeente wat ‘n behoeftige gemeente L-10-T

83 Jy weet nie waarheen jou L-10-Tery mag lei nie!
Gelei deur die Heilige Gees kan individue organisasies soos skole, besighede, regeringsdepartemente, hospitale, en polisiekantore nader en met hulle en hul mense L-10-T. Party van die kragtigste voorbeelde van L-10-T tot op datum het gebeur wanneer individue vir organisasies en hul mense begin omgee het!

84 Stel jou voor wat die effek op jou stad, dorp of streek sal wees as Christene kan begin saamwerk sodat elke huis of besigheid voor gebid word op ‘n daaglikse basis; dat die inwoners/werknemers/eienaars weet dat daar vir hulle gebid word en deur wie; en dat hulle mag deelneem deur gebedsversoeke deur te gee. Dit is moontlik!

85 L-10-T Stap 4 Vertel die Goeie Nuus
As enigiemand u vra oor u geloof of hoekom u doen wat u doen - vertel! As u dit reeds doen en/of die gawe van evangelisasie besit – dan kan u natuurlik spontaan vertel Andersins – NET as iemand u vra of die Heilige Gees u beveel

86 En … VAT VYF! VAT VYF is ‘n toepassing van L-10-T binne stap 4 op ongeredde mense of teruggevalle Christene

87 Gebedsevangelisasie Vat Vyf is ‘n Gebedsevangelisasie -strategie wat jy mag gebruik om effektief te bid vir mense, wie die Here op jou hart lê, wie Sy seën en verlossing in hul lewens nodig het.

88 Vat Vyf Eerste van Vyf: Lys vyf name van mense wie u weet Christus nie ken nie of wie teruggevalle Christene is of wie God se seën in hul lewens nodig het.

89 Tweede van Vyf Bid vir elkeen van hierdie persone vir een minuut elke dag, vir hulle verlossing of terugkeer na God en enige ander behoefte wat hulle mag hê.

90 Bid vir Vyf Lewensareas
Ligaam - gesondheid, beskerming, krag Werksplek - werk, inkomste, sekuriteit Emosies -vreugde, vrede, hoop, liefde Sosiaal -huwelike, familie verhoudings, vriende, bure Geestelik -verlossing, geloof, genade, barmhartigheid, geestelike groei

91 Spesifieke gebed rondom bekeringsvrae
Wanneer U vir die redding van mense bid, kan U ook vir God vra dat deur die werking van die Heilige Gees hulle hulself die volgende vrae sal afvra: Wie kan ek vertrou? Wat is my doel in die lewe? Wanneer sal ek vry wees van my laste? Waarheen gaan ek na die dood? Waarom haat ek God?/Waarom hardloop ek weg van Hom? Hoe moet ek my probleme hanteer? Waar sal ek veilig wees?/Wie kan my beskerm?

92 Derde van Vyf Gee om vir jou vyf mense deur Stap 3 van L-10-T spesifiek op hulle toe te pas deur hulle te help in hul nood en hul laste te dra by elke moontlike geleentheid.

93 Vierde van Vyf Wees gereed om die goeie nuus van Jesus se verlossing vir hulle met hulle te deel, volgens L-10-T Stap 4.

94 Vyfde van Vyf Volhard in gebed vir die mense op jou lys tot hulle Christus ontmoet, of ten minste vir een jaar. As dit familie is moenie ophou nie.

95 Is dit te veel gevra? “en pas op dat niemand in die genade van God veragter (of mis) nie;” (Heb 12:15a, my onderstreepte woorde)

96 DIE NUWE “ARBEIDER IN DIE OES”…
ALLE CHRISTENE IN DIE WERKPLEK!!

97 DIE VERLORENES EN BEHOEFTIGES
L-10-T PREDIKANTE EN KERKRAAD DIE KERK IN DIE WERKPLEK/MARKPLEK SEëNINGE BOU VERHOUDINGS HELP EN BID VERTEL DIE VERLORENES EN BEHOEFTIGES

98 L-10-T DIE DRIE-ENIGE GOD JOU VRIENDE JOU WERKPLEK JOU BINNEKAMER
JOU KOOPPLEK L-10-T JOU GESIN JOU SPEELPLEK JOU GEMEENTE JOU FAMILIE

99 Die Effek? Wat is nou eintlik die effek van L-10-T?

100 En as julle terugkom…. 17 Die twee en sewentig het vol blydskap teruggekom en gesê: “Here, selfs die bose geeste onderwerp hulle aan ons by die hoor van u Naam.” 18 Toe sê Hy vir hulle: “Ek het die Satan soos ’n weerligstraal uit die hemel sien val. (Lukas 10)

101 Moenie grootkop kry nie!
19 Kyk, ek gee aan julle die mag om op slange en skerpioene te trap, en oor al die krag van die vyand; en niks sal julle ooit skade doen nie. 20 Maar moenie daaroor bly wees dat die geeste aan julle onderworpe is nie, maar wees bly dat julle name in die hemel opgeskrywe is. (Lukas 10)

102 En in dieselfde uur … 21 By daardie selfde geleentheid het Jesus deur die Heilige Gees dit uitgejubel: “Ek prys U, Vader, Here van hemel en aarde, dat U hierdie dinge vir slim en geleerde mense verberg het en dit aan eenvoudiges bekend gemaak het. Ja, Vader, so was dit u genadige bedoeling. (Lukas 10)

103 Vandag kom hulle steeds terug …
Oral in die Suid-Afrika en oor die hele wêreld waar mense begin L-10-T kom hulle steeds terug met blydskap oor die wonderdade van God. U sal dit ook beleef!

104 Jesus het gesê: Volg My: kry nou betekenis
U gaan daagliks waar u gaan begin om in Sy teenwoordigheid te wandel. U kan met Hom praat in stiltetyd oor wat gebeur en Hy sal U vertel. Jesus se gebooie gaan baie meer betekenis vir u kry.

105 Maar … dit moet ‘n lewenswyse word!
Daarom moet daar gereelde terugvoer en aanmoediging wees – L-10-T moet deel van die DNA van die gemeente of organisasie word!

106 Die belangrikheid van daaglikse of minstens weeklikse terugvoer
Probeer ALTYD ‘n plek of persoon kry waar jy kan kom terugrapporteer oor wat met jou week se L-10-T gebeur het! Net soos die dissipels van ouds het ons nodig om te kan vertel en om aangemoedig te word en ook andere aan te moedig.

107 Waar? Dit kan gebeur in die Christelike vereniging in jou skool of op jou kampus of by jou werk. Andersins in die gesin, by ‘n vriend of onderwyser, in jou kleingroep, by die Sondagskool of op Sondae by jou gemeente. Jy kan ook ‘n kuberplek soos Google Groups vir die doel gebruik.

108 Hoekom is gereelde terugvoer nodig?
Help ons onthou Help ons om nie lui te word en te stop nie Help ons om die nuwe lewenswyse te internaliseer Motiveer ons as ons hoor hoe andere vertel wat gebeur het;

109 Motiveer ons om meer te doen – om selfs hardop vir mense in nood te bid of kragtiger te wees in ons vertel van Jesus vir andere. Help om mense te bemoedig wat ‘n “Nee” ondervind het. Bemoedig ons om aan te hou en meer mense deur L-10-T te bereik.

110 Kry nou ‘n maat (“Buddy”)!
Jesus het die dissipels twee-twee uitgestuur. Jy kan vandag iemand kies/vra om jou ”buddy” te wees en jy sal syne/hare wees. Julle verbintenis is om mekaar te help om L-10-T ‘n lewenswyse te maak.

111 Jy MOET verantwoordelikheid aanvaar om êrens by ‘n gereelde terugvoersessie in te skakel en ‘n “buddy” te hê! Dit is noodsaaklik vir hierdie nuwe lewenswyse van jou met God!

112 L-10-T is net die begin… U kan die Bybelse beginsels van u werkplek meer doelgerig leer en begin uitleef. U kan bv ‘n werkplekbediening begin By die werk By die skool

113 Wat is werkplekbediening?
Werksplek bediening is ‘n spesifieke fokus daarop om mense toe te rus sodat elkeen sy/haar spesifieke werk in elke sfeer van die samelewing sal beleef as ‘n heilige roeping van die Here. So here’s what I want you to do, God helping you: Take your everyday, ordinary life and place it before God as an offering. Don’t become so well adjusted to your culture that you fit into it without even thinking. Instead, fix your attention on God. You’ll be changed from the inside out. Romans 12:1,2 (The Message)

114 L-10-T is die rots waarop ons kan bou
BYBELSE BEGINSELS E I ENAAR BESIGHEIDSLEIER WERKNEMER BEJAARDE X X X X STUDENT L-10-T

115 Voorbeelde As werknemer: Jou pos as ‘n roeping Werk soos vir Christus
Uitmuntendheid Eties Werklike beloning van God Biddend – werk in/met Sy Teenwoordigheid

116 As Besigheidsleier/Eienaar
Werknemer Plus: Die Christen as leier: ‘n Dienskneg ‘n Voorbeeld Aan wie behoort jou besigheid werklik? Wat is dan jou taak? Skoei jou besigheidsbeleid daarop

117 Waar eindig dit? L-10-T is die begin … die einde is God se unieke roeping op U lewe! En eendag díe woorde: Mooi so goeie en getroue dienskneg! Oor weinig was jy getrou – oor veel sal Ek jou aanstel.

118 Om nie net hoop te gee nie, maar …
Hoop te DOEN!!!

119 God se Vermenigvuldiging!
Nou kan ALMAL die Groot Opdrag uitvoer! Dink net! Meeste van jou gemeente se lidmate en hoërskoolleerlinge beweeg van Maandag tot Saterdag uit en bring God se teenwoordigheid oral waar hulle gaan! Jy, en jou gemeente het nou ….

120 THE CHALLENGE ‘n Uitdaging

121 Jy kan môre begin! Onthou hoef niks meer spesiaals te doen as die 4 stappe nie. Jy moet BINNE 4 DAE begin! Onthou jy kan sag bid as jy nie reg is om hard te bid nie. Julle kinders kan dit ook begin doen – beslis julle hoërskoolleerlinge! Julle kan die hele kerk mobiliseer om te L-10-T! Onthou almal moet kan terugkom en vertel!

122 Om môre te begin moet jy vandag …
Lukas 10:1-37 – ja tot by die barmhartige Samaritaan weer gaan lees. Bid die Here van die sending om jou te help om te begin L-10-T! e

123 Hoe doen ons dit in ‘n gemeente?
Bekendstelling Leierskapopleiding Kleingroep/diensgroep/wykopleiding Res van die gemeente

124 Waarom opleiding vir L-10-T?
Ons wil hê almal moet L-10-T! Ons moet mense help om deur weerstand tot verandering te breek! L-10-T moet ‘n lewenswyse word!

125 Toerusting Daar is opleiding vir: Ons is daar vir julle! Grootmense
Jeug Opleiers Ons is daar vir julle! Ons help baie keer vir elke gemeente om ‘n spesifieke implementeringsplan uit te werk. Sien ons kontakinligting

126 Hoe word die opleiding aangebied
Die opleidingskursus word die beste oor 12 ure aangebied. Dit kan in 8 weeklikse1,5 ure sessies gedoen word of 6 weeklikse 2 uur sessies Of enige ander kombinasie wat vir julle gemeente of organisasie sal werk!

127 Materiaal vir Opleiers
L-10-T Opleiers PowerPoint Die L-10-T Inligtingsgids en L-10-T Opleiersgids (Item D) L-10-T Opleidingsgids (Item B) L-10-T Opleidings PowerPoint L-10-T Bekendstellings DVD (with How To) bevat 10 minute L-10-T video met 30 minute “How to” aanbieding – alles in Engels (Item A) L-10-T Training DVDs – hierdie is 4 opleidings DVDs (in Engels) wat saam met die Engelse of Afrikaanse opleidingsgids gebruik kan word vir groep of individuele studie. (Item C)

128 Kontak Inligting W Joubert – 082 650 5684
Fax: Jerigo Mure Witwatersrand kantoor Lenthia of Genevieve – (8:00 – 16:00 weeksdae) Kyk gereeld vir nuwe materiaal op hierdie webtuiste!


Download ppt "Praktiese Christenskap"

Similar presentations


Ads by Google