Presentation is loading. Please wait.

Presentation is loading. Please wait.

Gaan na skyfie 13 om die agtergrond te verstaan.

Similar presentations


Presentation on theme: "Gaan na skyfie 13 om die agtergrond te verstaan."— Presentation transcript:

1 Gaan na skyfie 13 om die agtergrond te verstaan.
Jesaja 55:1-9

2 Ingenooi deur God Ons raak bewus van ons diepste behoeftes, vrae en vrese en gee ons oor aan God

3 Op die CD, “Jannie du Toit sing van Geloof, Hoop en liefde” (snit #12) is daar ’n pragtige toonsetting van Jesaja 55:1. Laat almal hul oë toemaak, terwyl jy die lied speel. Lees dit daarna en nooi mense in Sy teenwoordigheid in. “Laat almal wat dors het, hier na die water toe kom. Ook dié wat nie geld het nie, kan kom. Kom koop en kom eet. Julle hoef selfs nie eens geld te hê nie. Kom kry wyn en melk verniet. Waarom betaal julle vir iets wat julle nie krag kan gee nie? Waarom span julle julleself in vir iets wat julle nie versadig kan maak nie? Luister baie goed na My sodat julle iets kan inkry wat goed is vir julle. Luister na wat Ek sê, sodat julle voedsame kos kan inkry.” (Die Boodskap).

4 Ons betree God se wêreld en gaan in God se vrede in
Ingaan in God se tyd Ons betree God se wêreld en gaan in God se vrede in

5 Die beste dinge in die lewe…
Familie-oomblik: Neem ’n bord vol tuisgebakte koekies, maak dit met foelie toe, sodat die kinders nie kan sien wat in die bord is nie. Begin dan deur te sê dat daar baie lekker en mooi dinge in die lewe is wat baie duur is: soos motors, huise, juwele, opleiding by ’n tersiêre instansie. Vra dan vir hulle of hulle iets lekker kan noem wat nie vreeslik duur is nie. Help hulle om ’n lysie van sulke dinge te maak. Wys uit dat daar sommige items is wat dalk goedkoper is, maar wat selfs beter is as sommige duurder items. Neem die bord vol koekies as voorbeeld. Hulle smaak beslis beter as die duurder winkel koekies. God nooi ons, wat geen geld het nie, om te kom koop en te eet! Lees Jes. 55:1-2. Beklemtoon die feit dat God baie dinge vir ons gee wat geen geld kos nie. Dinge soos liefde, vergifnis, krag, hulp en leiding. Beklemtoon veral dat God wil hê dat ons op hierdie dinge moet fokus – die goedkoper, beter dinge in die lewe – in plaas van die duur items wat ons so begeer. Daar is niks beter as die gratis gawes van God nie. As jy wil, kan jy dan vir elke kind ’n tuisgebakte koekie gee.

6 Ons luister dieper na die Woord en ontmoet God
Luister na God se Woord Ons luister dieper na die Woord en ontmoet God

7 God smous met genade God smous met genade
Inleiding: Die hoofstuk is die slot van Jesaja (die sg. "Deutro-Jesaja"). Soos wat dit met ’n troos boodskap begin het (40:1–11) eindig die boek met ’n kragtige oproep om te leef in ’n ware verbondsverhouding met God. Die begin en einde van Deutro-Jesaja is baie nou met mekaar verweef. Temas soos vergifnis (40:2; 55:7); Eksodus (40:3, 4; 55:12); die Here se bekendmaking (40:5; 55:5); en die krag van God se Woord (40:8; 55:10–11) koppel die begin en slot van die boek direk aan mekaar.[1] Uitleg Met ’n uitroep van הוֹי (hôy - ’n byna onvertaalbare uitroep, wat ook die aankoms van ’n begrafnisstoet aangedui het) roep God soos ’n straatverkoper of water-verkoper Sy volk om by Hom gratis genade te kom ontvang. Aan die uitsiglose ballinge wat niks het nie, rig God ’n ongelooflike uitnodiging: Kom, almal wat dors is, kom na die water toe en Kom, koop sonder geld en sonder om te betaal, wyn en melk.

8 God gee nie afskeep partytjies nie
God gee nie afskeep partytjies (feeste) nie. Water, brood, melk en heuning en alles wat goed is (waarskynlik lekkernye in vet gebraai), ja, die beste wat daar is, is gratis vir almal – ook die armes – by Sy fees beskikbaar (vers 2). Nog meer, God belowe om hulle dieper honger en dors te stil. Wie na God luister, sal lewe. Letterlik verklaar vers 3 dat hulle siel sal lewe! By die fees moet hulle egter meer doen as net eet. Hulle moet luister (vers 2-3), want God wil Sy verbond herstel. Hy wil hulle bederf soos Hy met Sy verbondstrou aan Dawid gedoen het (d.w.s. as הַסְדֵי דָו as ’n objektiewe genitief vertaal word. As dit as ’n subjektiewe genitief vertaal word, dui dit op die trou van Dawid). Die klag dat God Sy verbond vergeet het en Sy rug op hulle gedraai het, is verkeerd – God gaan Sy verbond vir ewig laat geld. Dawid self sal as ’n getuie optree (vers 4) van wat God gedoen het. Sy koningshuis sal herstel word deurdat Hy sal heers oor ander. Die koning van die ballinge sal nou ander hiet en gebied (vers 4)

9 God se gastelys is wyer as wat Israel ooit kon droom
Israel moet egter besef dat God se gastelys wyer is as wat hulle kan droom. Nasies sal na Jerusalem (vers 5) toe stroom ten einde die Here te leer ken. Hulle sal nie onwillig kom nie, maar met vreugde aangehardloop kom. Vers 5 is ’n moeilike vers aangesien dit in die tweede persoon manlik enkelvoud is wat dit onduidelik maak of dit aan Darius (Watts)[2] of Jerusalem gerig is (Baltzer & Machinist). Ek kies vir laasgenoemde opsie. Israel sal sodoende deel word van God se universele verlossingsplan. Wanneer God Sy volk in eer herstel, sal die wêreld Hom ken as die enigste Verlosser. In die hede moet hulle (die skare – weer 3de persoon meervoud) na God soek (vers 6) – letterlik na Sy wil vra, oor Hom uitvra. Die om na die Here te vra, het in Priesterlike kontekste gedui op die opgaan na die tempel om tot die Here te offer (vgl. Deut 12:5) en in Profetiese kontekste om geregtigheid te beoefen (vgl. Jes. 9:12). Die wonder is dat God Homself laat vind. Hy kan aanbid en gedien word! Die goddeloses (waarskynlik diegene wat die terugkeer uit die ballingskap teengestaan het) wat nie daarvolgens handel nie (vers 7-9), moet besef dat hulle nie God se plek kan inneem nie. In 'n latere tyd sou Jesus met die koms van God se koninkryk (Mark 15; Matt 4:17) daarop aanspraak maak dat die profete van Hom getuig het (Mark 1:2; Luk 4:17–21). Hy sal kla oor Jerusalem se onvermoë om te glo in Hom en die profete (Matt 23:37–39). Hy sou ook van die feesmaal waarna almal uitgenooi is, maar waarna Israel nie wou gaan nie, praat (Matt 22:1–14; Luk 14:15–24). Die kerk sou die uitnodiging reg oor die wêreld verkondig (Hand 10:34–35, 43; 11:38). [1]Baltzer, K., & Machinist, P Deutero-Isaiah : A commentary on Isaiah Hermeneia--a critical and historical commentary on the Bible (464). Fortress Press: Minneapolis [2]Watts, J. D. W Word Biblical Commentary : Isaiah Word Biblical Commentary. Vol. 25 (246). Word, Incorporated: Dallas

10 Luister na mekaar God maak ons ’n luisterende gemeenskap en praat ook deur ander mense met ons

11 Luister na ander en die tye
Ons stel onsself oop om God van onverwagse kante af te hoor

12 Ons kan God nie verstaan nie
Ons het ’n behoefte om God te verstaan, maar Jesaja 55 wil ons herinner dat ‘verstaan’ nie die hooffokus van ons verhouding met God is nie, maar eerder verwondering en aanbidding. Die volgende verhaal illustreer dit:

13 Juan Monroy, ’n Christen joernalis in Madrid, Spanje, was onder van die joernaliste wat deur die Spaanse regering gekies is om ’n onderhoud te voer met die Amerikaanse ruimtereisiger, James Irwin, wat op toer deur Europa was, na die Apollo 15 sending na die maan. Monroy het die ruimtereisiger gevra: “Hoe het jy gevoel toe jy uit die ruimtetuig klim en jou voete die oppervlak van die maan raak?” En tot Monroy se uiterste verbasing antwoord Irwin: “It was one of the most profoundly disillusioning moments of my life.” Monroy het egter aangehou: “Hoe kan dit so ’n teleurstelling wees om op die maan te staan?” Irwin het verduidelik: “My hele lewe lank nog is ek deur die romantiek en die misterie van die maan betower. Ek het liefdesliedere onder die maan gesing. Ek het die poësie gelees van digters wat met die maan gepla was. Ek het my geliefde in die maanlig omhels. Ek het in verwondering opgekyk na die Melkweg. Maar op daardie dag, toe my voete die maan raak, het ek afgebuig en niks anders as twee hande vol grys stof opgetel nie. Ek kan nie die verlies beskryf wat ek daardie dag ervaar het toe die romantiek en die misterie van die maan van my af weggeskeur is nie. Daar sal nooit weer vir my ’n maan in die lig wees nie. “

14 “When we come to the place that we think we comprehend and can explain the Almighty, there will be no more God in our heavens.” Monroy het verder opgemerk: “When we come to the place that we think we comprehend and can explain the Almighty, there will be no more God in our heavens.” (Die oomblik as ons dink ons kan die Almagtige verstaan en uitlê, op daardie oomblik sal daar geen God meer in die hemel oor wees nie.)

15 Luister weer na God se Woord
Ons fokus op die Gees se beweging in ons hart en gedagtes

16 Fokus op wat God nou doen
Ons fokus op wat God nou doen en waarheen God ons lewe rig

17 They pretty much behave themselves according to cultural criteria.
“They blend right in. They don't rock the boat. They learn their lessons well. They pretty much behave themselves according to cultural criteria. Wie wil genormaliseer word? Dit voel dat die enigste manier om vandag in te pas, is om uit te staan! Maar volgens baie mense is daar tog ’n groep wat nog steeds normaal wil wees. Soos iemand gesê het (vertaal self): “They blend right in. They don't rock the boat. They learn their lessons well. They pretty much behave themselves according to cultural criteria”.

18 Who are these normalized people? Christians.
They play it safe. Who are these normalized people? Christians. We show up at church on Sunday. “They play it safe. Who are these normalized people? Christians. We show up at church on Sunday.”

19 We work hard at respectable jobs.
We have made an art form of wild rice. We mow our lawns, and wash our cars, and plant some flowers. “We work hard at respectable jobs. We have made an art form of wild rice. We mow our lawns, and wash our cars, and plant some flowers”.

20 We vote and volunteer. We have done a great job at normalizing Christian behavior, at creating a normalized church. This is all fine and good. Except for one thing. “We vote and volunteer. We have done a great job at normalizing Christian behavior, at creating a normalized church. This is all fine and good. Except for one thing.”

21 God isn't normal. God refuses to be normalized.
We worship an extreme God. A wild God. An unpredictable God.” “God isn't normal. God refuses to be normalized. We worship an extreme God. A wild God. An unpredictable God.” God herinner weer vir Israel in vs. 8,9 dat Elke keer as jy dink jy weet wat God dink... dink weer. Elke keer as jy glo jou visie van die Goddelike plan is duidelik... vryf jou oë! Elke keer wanneer jy oortuig is dat die hele waarheid geopenbaar is... gaan terug om nog te grawe. God doen nie dinge normaal nie. God speel nie volgens die menslike reëls nie. God werk nie volgens menslike beperkings nie. God vergewe wanneer ons nie kan nie. God het lief wanneer ons nie kan nie. God gee wanneer ons dolleeg is. God herstel wanneer ons stukkend is God loop oor wanneer ons selfgerig is. God belowe wanneer ons nie wil commit nie. Dis die Jesus-storie.

22 Ons besluit op ’n gepaste reaksie op wat God gegee/ gedoen/ gesê het
Antwoord met ons lewe Ons besluit op ’n gepaste reaksie op wat God gegee/ gedoen/ gesê het

23 te vergewe, wanneer jy voel jy wil veroordeel.
Hy stel ons instaat om: te vergewe, wanneer jy voel jy wil veroordeel. te aanvaar, wanneer jy voel om skuld te gee. Jesaja se vraag word vandag nog steeds aan ons gevra: “Waarom betaal julle vir iets wat nie brood is nie, waarom werk julle vir iets wat nie kan versadig nie?” ( vs. 2) Normale dinge gaan nooit ons geestelike verlange en dors stil nie. Dis hoekom God so anders is - so buite die normale is! Daarom verwag Hy van ons, Sy kinders, om nie normaal op te tree nie, maar stel Hy ons in staat om: Te vergewe, wanneer jy voel jy wil veroordeel. Te aanvaar, wanneer jy voel om skuld te gee.

24 lief te hê wanneer jy voel om te haat,
om te gee as jy voel jy wil onttrek, terug te keer as jy voel jy wil weghardloop. Lief te hê wanneer jy voel om te haat. Om te gee as jy voel jy wil onttrek. Terug te keer as jy voel jy wil weghardloop.

25 Why be normal? Om kind van God te wees, beteken om wild, anders en buite die boks te lewe. Moet onder geen omstandighede ooit probeer om normaal te wees nie, want so sal jy nooit ’n lewe in oorvloed kan hê nie.

26 Jesus-dissipels is gesond, maar nie normaal nie!

27 Kom ek verduidelik eers die “gesond”-deel:
Kelte het destyds hulle liggame geverf en net in hulle Adams pakkies oorlog toe gegaan - miskien verduidelik dit hoekom die Romeine nooit die Kelte kon oorwin nie! Hulle wou hulle nie regtig vang nie!!! (Besluit maar self of jy die prentjie tydens die erediens in jou gemeente kan gebruik). Dit wil nie sê ons moet ook kaal loop nie, maar ons moet beslis die moed en vryheid hê om onsself te wees. Ons moet onsself toelaat om die unieke individue te word wat God bedoel het ons moet wees - PSALM 139:14 “FEARFULLY AND WONDERFULLY MADE! (NIV) Wees jouself! Daar is niemand soos jy nie - God is mal oor jou – God-self het jou gemaak!

28 God dink jy is 100! Onthou altyd sosiologie se “looking glass” (spieël) beginsel - jy word wat die belangrikste persoon in jou lewe van jou dink. Wat sou gebeur as jy in die spieël sou kyk en sien wat God sien? Hy dink jy is 100! As jy daaruit leef, is jy gesond!

29 Moenie iets voorgee wat jy nie is nie!
Nou, die tweede deel - “nie normaal nie”! Hou op om te wees wat ander mense wil hê jy moet wees en hou op “worry” wat ander mense dink! Beskaafde mense meet ander mense deur dit wat hulle besit en aantrek. Abnormale gelowiges/dissipels - leef asof hulle kaal is voor God en hulle medemens. Hulle het niks om weg te steek nie en hulle mors nie hulle energie deur voor te gee dat hulle iemand is wat hulle nie is nie!! Nie konformeer nie - moenie insmelt nie, maar transformeer om jou unieke self te wees - ons is gemaak om uit te staan, daarom dra Christene vrugte buite seisoen!! Ons verras mense met ons sagte oë - ons kyk met God se oë na ander!

30 Christene het die lewe lief
en lewe die liefde Christene het die lewe lief en lewe die liefde!!


Download ppt "Gaan na skyfie 13 om die agtergrond te verstaan."

Similar presentations


Ads by Google