Download presentation
Presentation is loading. Please wait.
1
Inkomste en Uitgawes Onderwerp 7 Wat gaan ons leer? • persoonlike inkomste • persoonlike uitgawes • tipes persoonlike inkomste • persoonlike Staat van Netto Waarde • tipes inkomste wat besighede ontvang • tipes uitgawes wat besighede het • spaargeld en beleggings in besigheid
2
1. Persoonlike inkomste - ’n individu se totale jaarlikse verdienste uit alle bronne. a) Tipes persoonlike inkomste - kontantvloei uit werk (salarisse, lone) - kontantvloei uit kapitaal (rente) - kontantvloei uit grond (huurgeld)
3
2. Persoonlike uitgawes = al die kostes wat ’n mens in jou daaglikse lewe aangaan. akkommodasie nutsdienste voedsel reiskostes klerasie mediese uitgawes premies vir huis, motor en lewensversekering vermaak rente op skuld
4
3. Persoonlike Staat van Netto Waarde
- Jou netto waarde is jou finansiële waarde op enige gegewe tydstip. - ’n Staat van Netto Waarde is ’n staat van jou finansiële waarde op ’n spesifieke tydstip. (Balansstaat) - netto waarde = totale bates – totale laste - Uitgawes verlaag netto waarde. - Inkomste verhoog netto waarde. - Surplus = wanneer die inkomste meer is as die uitgawes. - Tekort = wanneer die uitgawes meer is as die inkomste.
5
a) Hoe om ‘n persoonlike Staat van Netto Waarde op te stel.
Stap 1: Kry jou rekords bymekaar Stap 2: Maak ‘n lys en tel die totale waarde van jou bates (bedryfsbates en nie-bedryfsbates) bymekaar. Stap 3: Maak ‘n lys en tel die totale waarde van jou laste (bedryfslaste en langtermynlaste) bymekaar. Stap 4: Trek jou laste af van jou bates om netto waarde te bereken. Stap 5: Bepaal of jou netto waarde ‘n surplus of ‘n tekort is.
6
4. Inkomste, uitgawes, spaargeld en beleggings in besighede
a) Tipes inkomste wat besighede ontvang Besighede ontvang inkomste uit bronne soos die volgende: • die verkoop van goedere • die verkoop van dienste • rente • huurgeld • tantième • dividende Tantième = betalings aan ‘n besigheid vir die reg om intellektuele eiendom te gebruik.
7
i) Dividende - Die bedrae wat besighede aan hulle aandeelhouers betaal as deel van die winste wat daardie besigheid gemaak het. - aandeelhouers: individue of besighede wat aandele in ’n besigheid gekoop het. - aandele: gedeeltes van ’n besigheid wat aandeelhouers koop om vir die besigheid kapitaal te verskaf om te begin en om te funksioneer.
8
b) Tipes besigheidsuitgawes
- Die uitgawes wat besighede aangaan om in bedryf te bly. kapitaaluitgawes salarisse en lone die huur of koop van ’n perseel toerusting grondstowwe kantoortoerusting belasting
9
c) Spaargeld en beleggings in besighede Spaargeld en beleggings in besighede help om meer inkomste vir besighede te genereer as gevolg van die rente wat hulle verdien. - Spaargeld wat hulle in noodgevalle kan gebruik. - ’n Besigheid se spaargeld moet: • soveel as moontlik rente verdien sodat jou geld vir jou kan werk. • toeganklik wees wanneer jy dit nodig het.
10
- Rekeningtipes verskil volgens: • die grootte van jou besigheid • hoeveel geld jy eenkant wil hou as spaargeld van die besigheid • hoe vinnig jy toegang tot jou spaargeld wil kry - ‘n Besigheidspaarrekening is ‘n nuttige manier om hulle persoonlike spaargeld apart te hou van hulle besigheid se spaargeld.
11
i) Beleggings - behels dat iets gekoop word en om een of ander soort finansiële opbrengs op daardie voorwerp of produk te kry wanneer jy dit verkoop. ’n finansiële produk ’n fisiese voorwerp - effektetrust: ’n soort belegging waarin ’n beleggings- maatskappy of bank baie mense of besighede se klein deposito’s neem en dit saamvoeg om dit as een groot bedrag in ’n trust te belê.
12
- Beleggings neem gewoonlik oor tyd toe in waarde
- Beleggings neem gewoonlik oor tyd toe in waarde. - Die inkomste wat besighede uit beleggings en spaargeld verdien, kom van rente.
Similar presentations
© 2025 SlidePlayer.com. Inc.
All rights reserved.