Presentation is loading. Please wait.

Presentation is loading. Please wait.

Die voorbeeld van Abraham

Similar presentations


Presentation on theme: "Die voorbeeld van Abraham"— Presentation transcript:

1 Die voorbeeld van Abraham
Romeine 4:1-5 en Die voorbeeld van Abraham 4 Wat moet ons nou sê was die geval met ons stamvader Abraham? 2As Abraham op grond van sy dade vrygespreek is, dan het hy ’n rede gehad om te roem. Maar nie by God nie! 3Wat sê die Skrif? “Abraham het in God geglo, en God het hom vrygespreek.” 4’n Arbeider se loon word nie vir hom as ’n guns gegee nie, maar as iets wat hom toekom. 5Maar die mens wat nie op wetsonderhouding staatmaak nie, maar wat glo in Hom wat die goddelose vryspreek, hy kry die vryspraak deur sy geloof. 13Die sonde was al in die wêreld nog voordat die wet van Moses gegee is, maar sonde word nie toegereken as daar nie ’n wet is nie. 14Nietemin het die dood heerskappy gevoer van Adam af tot by Moses, ook oor mense wat nie gesondig het op dieselfde manier as dié waarop Adam oortree het nie. Daar is ooreenkoms tussen Adam en Hom wat sou kom, 15maar met die genadegawe is dit anders as met die oortreding. Deur die oortreding van een mens het baie gesterf, maar die genade van God en die gawe wat deur die genade van die een Mens, Jesus Christus, gekom het, is veel oorvloediger aan baie geskenk. 16En met die gawe van God is dit anders as met die sonde van die een mens. Op die oortreding van die een mens het die oordeel gevolg en dit het tot veroordeling gelei, maar op die baie oortredings het die genadegawe gevolg en dit het tot vryspraak gelei. 17Deur die oortreding van die een mens het die dood begin heerskappy voer deur hierdie een mens, maar deur die Een, Jesus Christus, is veel meer bereik: dié wat die oorvloed van genade en die vryspraak as gawe ontvang het, sal lewe en heerskappy voer.

2 Ingenooi deur God Ons raak bewus van ons diepste behoeftes, vrae en vrese en gee ons oor aan God

3 Ons betree God se wêreld en gaan in God se vrede in
Ingaan in God se tyd Ons betree God se wêreld en gaan in God se vrede in

4 Familie-oomblik ’n Mens kry mos slotte wat met verskillende sleutels werk, maar een daarvan is ’n loper wat al die slotte oopsluit. Dit sal goed wees as jy 10 slotte kan kry wat so werk (die 10 slotte stel dan die 10 gebooie voor) en hang dit voor die kansel op. Gooi die sleutels deurmekaar. Vra iemand om te kyk of hulle die 10 slotte kan oopsluit. Hulle behoort baie te sukkel, aangesien die sleutels deurmekaar is. Wys na ’n rukkie dan vir hulle die loper wat al die slotte maklik kan oopsluit. Rom 4 sê die “vryspraak”, dit wat die slotte kan oopsluit om jou vry te maak, is vir party soos die tien gebooie, wat almal probeer nakom, maar nie regkry nie. Maar dan is daar een ding wat alles oopsluit, of in die woorde van Romeine 4, wat jou vry maak. En daardie een ding is geloof. Deel vir die kinders dan die papier ‘Geloof-sleutel’ uit. Hulle kan dit inkleur en uitknip om in hulle kamers te gaan opplak. Om die kinders uit te daag om te glo, kan jy die beeld gebruik dat alle sleutels wat gebruik word, vingerafdrukke op het. En die belangrikste vraag is of húlle vingerafdruk wel op so ’n sleutel is. Jy kan selfs vir die kinders waterverf gee, sodat hulle hulle eie vingerafdrukke op ’n papier sleutel kan maak.

5

6 Ons luister dieper na die Woord en ontmoet God
Luister na God se Woord Ons luister dieper na die Woord en ontmoet God

7 Abraham, stamvader van alle gelowiges
Inleiding In die perikoop – wat ons baie gefragmenteer hanteer - gebruik Paulus vir Abraham as ’n voorbeeld van iemand wat deur God vrygespreek is, omdat hy geglo het, en nie omdat hy die wet onderhou het nie. Abraham het immers voor die ontvangs van die wet deur Moses reeds as ’n gelowige geleef. Nog meer – selfs voor sy eie besnydenis, het God hom regverdig verklaar. Geloof en die ontvangs van God se vryspraak is dus nie afhanklik van die wet of die besnydenis nie. Anders gestel: nie-Jode word ook deur God vrygespreek op grond van hulle geloof. Die keuse van Abraham is ’n briljante een aangesien hy ’n sleutelfiguur in die Joodse geskiedenis was (vers 1).[1] Die Jode het beweer dat Abraham op grond van sy gehoorsaamheid, dit wil sê op grond van sy dade, deur God vrygespreek is. In dié geval sou Abraham rede tot roem voor God en die mense gehad het (vers 2). Paulus haal egter vir Gen. 15:6 aan om dit duidelik te maak dat Abraham geen rede tot roem gehad het nie, aangesien hy op grond van sy geloof vrygespreek is (vers 3). God se vryspraak van hom was dus uit vrye guns alleen! Daarom was dit nie ’n verdienste of loon nie, maar genade (vers 4).  Vers 1-5 Wat wil Paulus in terme van vers 1 oor Abraham se rol as stamvader van alle gelowiges sê? Letterlik vra die vers wat Abraham, as die voorvader van gelowiges na aanleiding van die vlees, verkry het (OAV - Wat sal ons dan sê, het Abraham, ons vader na die vlees, verkry?). Het hy ontdek dat slegs sy nageslag na aanleiding van die vlees gered is? Is met ander woorde slegs die fisiese nageslag van Abraham – die Jode – gered?  Paulus se antwoord hierop is ongetwyfeld “nee”. Hy voer naamlik eerder aan dat Abraham ons voorvader na aanleiding van sy geloof was. Vir hom is Abraham die vader van alle gelowiges, omdat hy deur God op grond van sy geloof regverdig verklaar is, en nie omdat hy besny was of die wet onderhou het nie. Beide sou immers na sy regverdigverklaring kom. Abraham is nie deur wetsonderhouding of selfs die verbondsteken – die besnydenis – gered nie. Die besnydenis was bloot ’n seël van Abraham se vryspraak, omdat hy geglo het. Dit gaan nie oor die teken (die besnydenis) nie, maar oor Abraham se geloof (vers 11). Om die rede is Abraham die vader van onbesnede gelowiges (vers 11), sowel as van besnede gelowiges (vers 12). In navolging van Abraham kan alle gelowiges (Jode en nie-Jode) daarom vryspraak ontvang deur hulle geloof in God en nie deur wetsonderhouding nie. Vers 13-17 Die implikasie van Paulus se argument is dat God se belofte aan Abraham dat hy die wêreld as besitting sal ontvang, nie op grond van wetsonderhouding gegee is nie, maar op grond van die feit dat hy deur die geloof vrygespreek is (vers 13). Die belangrike in die verse is dat daar vir Paulus net een manier is om God se belofte te ontvang (deur geloof) en nie twee (wetsonderhouding en geloof) nie. Die twee staan trouens vir hom loodreg teenoor mekaar. Jy kan nie glo en vertrou dat God jou sal red en dan probeer om jouself te red nie. Deur jouself deur wetsonderhouding te probeer red, maak jy dit immers duidelik dat jy nie werklik glo dat God jou sal vryspreek uit genade nie. Paulus maak dit verder duidelik dat daar nie een heilsweg vir Jode (wetsonderhouding) en ’n ander vir nie-Jode (geloof in Christus) is nie. Die enigste weg na God is dié van geloof. God beoefen nie ’n soort geestelike apartheid nie. Die hemel het nie een ingang vir Jode en ’n ander een vir nie-Jode nie. Daar is slegs een manier om by God uit te kom – geloof in Jesus. Daarom spel Paulus dit uit dat Abraham uit die geloof gelewe het, toe hy op God se beloftes vertrou het. Selfs toe hy as iemand wat reeds gedaan was en wat te oud was om kinders te kon hê, geglo het dat God die onmoontlike kan doen (vers 19). Dis nogal treffend dat Paulus dus argumenteer dat God die Jode en die nie-Jode presies dieselfde hanteer. So verseker Paulus dat nie-Jode nie tweederangse gelowiges (begenadigdes teenoor die Jode as verdienstelikes n.a.v. hulle onderhouding van die wet) in die kerk sou wees nie. [1] Terloops dit is interessant dat, anders as wat ’n mens sou verwag van ’n ex-Fariseër, Paulus meer van Abraham maak as van Moses in sy briewe.

8 Luister na mekaar God maak ons ’n luisterende gemeenskap en praat ook deur ander mense met ons

9 Luister na ander en die tye
Ons stel onsself oop om God van onverwagse kante af te hoor

10 Luister weer na God se Woord
Ons fokus op die Gees se beweging in ons hart en gedagtes

11 Abraham, ’n ‘fool for God’
Vandag se Bybel gedeelte handel oor Abraham, een van die vroeëre “fools for God.” Abraham is 75 jaar oud wanneer God hom roep; en dan moet hy nóg 20 jaar of wat wag op die belofte dat hy die vader van baie sal wees.

12 “I have learned that faith is having the patience to wait, knowing that all things will be done in God's time. I only wished I owned one of God's watches.” Die komediant Kathy Buckley sê iewers heel pittig, “I have learned that faith is having the patience to wait, knowing that all things will be done in God's time. I only wished I owned one of God's watches.” Ek dink ou Abraham het ook so gewens.

13 1. Geloof is ’n kwessie van vertroue!

14 Abraham en Sara se ‘verkoop-teen-datum’ was lankal verby
Hoe glo ’n 75 jarige ’n belofte dat hy die vader van baie gaan wees? Hy het nog nie eens ’n kind nie. Sy sogenaamde “verkoop-teen-datum” is lankal verby. Om nie eens te praat van sy vrou Sara nie. Geen wonder hy en Sara lag as daar amper 20 jaar later vir hulle vertel word dat Isak oppad is nie! Wie van ons sou nie daarvoor gelag het nie...

15 “In one column are the gifts for the baby: pureed foods, a bib, gum ointment, a walker.
In the other column are the gifts for the mother-to-be, Sarah: pureed foods, a bib, gum ointment, a walker.” Martha Bolton in haar boek A Funny Thing Happened on My Way Through the Bible, probeer haar indink hoe so “a stork party” uitnodiging vir 90 jarige Sara sou gelyk het: “In one column are the gifts for the baby: pureed foods, a bib, gum ointment, a walker. In the other column are the gifts for the mother-to-be, Sarah: pureed foods, a bib, gum ointment, a walker.”

16 Om te glo, is om te vertrou dat Hy die onmoontlike kan doen
Om te glo, is om te vertrou dat Hy die onmoontlike kan doen! Voor jy dit nie glo nie, glo jy nog glad nie! Die Bybel vertel ons nie al hierdie klein detail nie, net hierdie belangrike detail dat nadat hulle hulle lag gesluk het, hulle God se belofte geglo het, ten spyte van die oënskynlike onmoontlikheid daarvan. Maar om te glo, is om te vertrou dat Hy die onmoontlike kan doen! Voor jy dit nie glo nie, glo jy nog glad nie!

17 Geloof is die vermoë om God te vertrou met dit wat jy nie kan sien nie.
’n Rooibok kan spring tot ’n hoogte van oor die 3 meter. Tog kan ’n rooibok in die dieretuin aangehou word agter ’n 1 meter hoë muur. Hierdie diere sal nie spring as hulle nie kan sien waar hulle voete sal land nie! Geloof is die vermoë om God te vertrou met dit wat jy nie kan sien nie.

18 Hoop is ’n ontwerpers handsak wat vertel dat nuwe lewe vir jou en my beskikbaar is!
Jane McAdams vertel van haar 69 jarige ma, op wie die Groot Depressie van die 1930’s ’n diep indruk gelaat het. Sy was baie spaarsamig. Die enigste stukkie oordadigheid wat sy haarself geoorloof het, was ’n valletjies nagrok wat sy gebêre het, “vir eendag as ek hospitaal toe moet gaan”. Die dag het toe ook gekom... en die simptome het gedui op ernstige kanker en haar vooruitsigte om dit te oorleef, het nie goed gelyk nie... McAdams het vir haar ma se verjaarsdag vir haar ’n nuwe nagrok gekoop, omdat die oue al oud en geel was. Sy het gedink: “Alhoewel daar geen hoop was nie, kan Ma ten minste mooi lyk!” McAdams vertel hoe haar ma die geskenk bekyk het en toe gesê het: “Sal jy dit asseblief omruil? Ek wil dit nie hê nie.” Toe het sy na ’n advertensie van ’n duur ontwerpers handsak gewys en gesê: “Dit is eintlik wat ek wil hê.” Adams vertel: “My reaksie was een van totale ongeloof... vir wat wil my ma ’n duur handsak hê! Met ’n skok het ek egter besef dat my ma my eintlik oor haar siekte uitgevra het: Hoe lank dink ek gaan sy nog leef. Sy het eintlik daarmee gesê dat as ek glo dat sy tot die somer gaan leef, sy sal. Ek het die nagklere omgeruil en die handsak gekoop!” Dit was baie jare gelede. Die handsakkie is al lankal verweer en weggegooi en volgende week vlieg ek vir haar 83ste verjaarsdag (14 jaar later) na haar toe. My geskenk aan haar? Die duurste ontwerpers handsak wat jy kan kry. Sy sal dit goed kan gebruik.” Hoop werk so. Hoop is ’n geskenk wat God aan ons gee. Nie ’n nagrok wat die dood aankondig nie, maar ’n ontwerpers handsak wat vertel dat nuwe lewe vir jou en my beskikbaar is! Abraham het God se beloftes vertrou en was nie teleurgestel nie!

19 2. Dis God se genade wat jou vryspreek en nie jou geloof nie!
Daar is ’n tweede element aan geloof 2. Dis God se genade wat jou vryspreek en nie jou geloof nie!

20 God se genade het Abraham vrygespreek
Abraham was nie die groot vader van die geloof omdat hy die letter van die wet onderhou het nie, maar omdat hy sy lewe in geloof geleef het. God se genade het hom vrygespreek! Het jy al ooit sulke genade belewe?

21 Die Stein-gesin, van Joodse afkoms, het tydens die vervolging van die Jode, aan huis van ’n Franse huisgesin, geskuil. Hulle was groot vriende van die Joodse gesin en het reeds drie jaar so vir hulle gesorg sodat dit nooit eens vir die Steins nodig was om dit buite die huis te waag nie. Maar op ’n dag gebeur dit wat almal so gevrees het. Die Nazi’s het van die Steins te hore gekom, hulle gevange geneem en na ’n konsentrasiekamp weggestuur. Die Steins was vreesbevange en het besef dat hulle lewens nou op die spel is. En so vertrek die trein na Duitsland waar die gevreesde konsentrasiekampe op hulle wag. Buite het dit al hoe donker geword en die trein het voortgesnel. Meteens ruk die trein tot stilstand ….sonder rede! Die mense was vreesbevange en het aan mekaar vasgeklou. Buitekant het iemand hard geskree. Meteens word die trein se deure oopgeruk en flitsligte verlig die donkerte binne die wa. Toe gebeur daar iets wat onverstaanbaar is: iemand beveel hulle in Frans om uit die trein te klim! Verdwaas klim die Jode na buite net om te sien hoe al die Nazi soldate gevange gehou word deur ’n klomp Switserse soldate. Die Steins en al die ander Jode was meteens vry … hulle was op veilige grond … nie in Duitsland nie, nee in Switserland. Daar het die Steins gewoon tot na die oorlog verby is, voordat hulle dit gewaag het om terug te keer na Frankryk. Die gebeurtenis wat daardie nag gebeur het, het die Steins egter nie vergeet nie. Hulle het dadelik begin navraag doen oor wat moontlik kon gebeur het en word toe beloon met hierdie ongelooflike verhaal wat ek nou aan jou gaan vertel: Die Franse weerstandsbeweging het besef dat die trein op sy pad na Duitsland iewers baie naby aan die Switserse grens sou beweeg. As hulle die trein net tot binne Switserland kon kry, sou die Jode veilig wees. Hulle enigste hoop was om die trein van koers af te dwing deur die spore by die treinwisselaarspunt te verander. Maar dit was egter soos hulle vermoed het, baie swaar bewaak, en hulle het besef hulle getalle was nie opgewasse teen diè van die Nazi’s nie. Een van die Franse vegters het gesê hy kan aan ’n plan dink en sonder om vir die ander daarvan te vertel het hy die digte bosse in verdwyn. Hulle het angstig op hom bly wag en toe dit tyd was vir die trein om daardie belangrike plek oor te steek, het hulle moed opgegee, want van die man was daar nog geen teken nie. Teleurgesteld dat hulle hul enigste kans verspeel het om die Jode te help, het hulle huiswaarts gekeer, seker van die feit dat hulle vriend deur die Nazi’s gevang is.

22 Stilletjies het hulle met die spoor terug gestap en op ’n gruwelike fonds tussen die spore afgekom… en onmiddellik besef wat hul vriend se plan was. Hy het tussen die spoorstawe gaan lê en so die kruispunt spoor met sy arms en bene in posisie gedruk en so gehou sodat die trein weg van die dood, op die spoor van die lewe geplaas kon word! In die proses het hy gesterf maar honderde kon bly lewe. Die Steins het toe onderneem dat hulle hierdie merkwaardige daad van hierdie onbekende man aan die hele wêreld sou oorvertel! Jesus het presies dieselfde gedoen as hierdie man. Hy het ons gehelp om van die spoor van die dood weg te draai en op die spoor van die lewe te klim, sodat ons by die hemel en ons Ewige tuiste sou uitkom. Maar in die proses het hy Sy lewe opgeoffer ….sodat ons kan lewe! Dis genade! As jy uit genade leef, laat jy toe dat Christus die kritiese verskil in jou lewe maak! Dis wat Lydenstyd ons leer... sola fide, sola gratia !

23 Fokus op wat God nou doen
Ons fokus op wat God nou doen en waarheen God ons lewe rig

24 Flam-liedere kan gratis afgelaai word vanaf www. flam. co. za
Flam-liedere kan gratis afgelaai word vanaf . Hierdie liedere mag net geprojekteer en gekopieer word, indien u gemeente oor die nodige CCLI-lisensies beskik. F91 U Genade Vir My Is Genoeg (RUBRIEK: Kontemporêr – Dankbaarheid / Lydenstyd / Opstanding) Oorspronklike titel: Uw genade is mij genoeg Teks en Musiek: Marcel Zimmer Afrikaanse vertaling: Faani Engelbrecht © 1998 Celmar Music Sien hoe Jesus daar loop in Jerusalem, met ’n kruis op Sy rug en ’n doringkroon. Hoor hoe die menigte skreeu en roep: “Kruisig Hom!” – so betaal Hy die sondeloon. Sien die Lam aan die kruis daar op Golgota: God wat mens word en ly, die vernedering. Sien die liefde vir ons in Sy oë staan, toe Hy roep: “Dit is volbring!” Ja, ek dank U vir U genade, o Heer, U het die kruis gedra. U bewys U genade aan my telkens weer en is meer as wat ek kan vra. In die ryk van die dood het Hy neergedaal. Ja, uit liefde vir ons wat ons nie verstaan. Maar die steen van die graf is nou weggehaal - Jesus leef, Hy het opgestaan! En nou kom ek tot U met vrymoedigheid; met ontsag en respek, kniel ek voor U neer. U is Koning en God tot in ewigheid U is Jesus die hoogste Heer. U genade’s vir my genoeg!

25 Ons besluit op ’n gepaste reaksie op wat God gegee/ gedoen/ gesê het
Antwoord met ons lewe Ons besluit op ’n gepaste reaksie op wat God gegee/ gedoen/ gesê het

26 Nuut op die rak Prys: R69.95 Die Kerkorde van die NG Kerk Bestel by:
Met reglemente, kerkordelike riglyne en funksionele besluite soos vasgestel deur die Algemene Sinode in Junie 2007 Bestel by: Prys: R69.95


Download ppt "Die voorbeeld van Abraham"

Similar presentations


Ads by Google