Presentation is loading. Please wait.

Presentation is loading. Please wait.

Vakbonde Die Ekonomie:.

Similar presentations


Presentation on theme: "Vakbonde Die Ekonomie:."— Presentation transcript:

1 vakbonde Die Ekonomie:

2 KONSEP VAN VAKBONDE: Wat is ’n Vakbond?
Vakbond is ʼn georganiseerde vereniging van werkers uit ʼn spesifieke ambag of beroep en word gevorm om die regte van werkers te beskerm. ʼn Vakbond werk op die konsep van eenheid is mag. ʼn Groep mense wat saamwerk het meer gesag en bedingingsmag as wanneer individue op hul eie optree. Vakbonde onderhandel namens hul lede om werkgewers te oorreed om na hul griewe te luister en werkers beter te behandel.

3 Onderhandelinge behels in die algemeen twee aangeleenthede:
Lone → onderhandeling is vir ʼn “bestaanbare loon” wat ʼn raming is van wat ʼn werker moet verdien om ʼn gemiddelde gesin te onderhou. Werksomstandighede → werksure per dag, week of maand, verlof en fisiese werksomgewing.

4 Werkers kan aansluit by vakbonde wat hul bedryf verteenwoordig.
Vakbonde is die skakel tussen werknemers en werkgewers en die regering. Die vakbonde werk names werknemers om te verseker dat die regering se wetgewing aan die werknemers regte verleen.

5

6

7 Rol van die regering: Die Regering het ʼn verantwoordelikheid om die regte van alle individue te besekerm. Die regering het wetgewing ontwikkel wat die verhouding tussen werknemers en werkgewers kontroleer. Wet op Basiese Diensvoorwaardes Wet op Arbeidsverhoudinge Wet op Gelyke Indiensneming Wet op Beroepsveiligheid en Gesondheid Handves van Menseregte

8 Regte van werknemers: Die reg.... om te werk om jou werk te kies
op ʼn veilige, higiëniese en gerieflike werksplek op werk wat vrylik gekies en aanvaar kan word op ʼn billike vergoeding vir ʼn beperkte aantal ure per dag te werk en betaalde vakansiedae te hê om gelyk en billik deur werkgewer behandel te word.

9 Het jy geweet? Die drie vernaamste vakbondfederasies in Suid-Afrika is die Congress of South African Trade Unions (Cosatu), die Federasies van Unies van Suid-Afrika (FEDUSA) en die National Council of Trade Unions (NACTU). Federasies van werkgewersorganisasies sluit Besigheidseenheid Suid-Afrika (Busa) en die Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel en Nywerheid (SAKKN) in.

10

11 Historiese ontwikkeling van vakbonde:

12 Die 1ste staking en vroeë arbeidswetgewing:
Die 1ste opgetekende arbeidstaking het gedruende die 29ste jaar van Farao Ramses III se regering, in die 12de eeu v.C plaasgevind.

13 1850’s: Staking deur dokwerkers in Port Elizabeth en Oos-Londen.

14

15

16 1911: Die regering verbied die deelname van swart werkers aan stakings. Dit was die begin van dekades lange diskriminasie teen swart werkers in Suid-Afrika.

17 Die tydperk tot 1979: Die 1ste vakbonde is in die jare 1700 in Europa gevestig, gedurende die Industriële Revolusie (in Europa). Baie mense het na dorpe en stede getrek om in fabrieke te werk. Die mense van die werkersklas het in swak toestande gewoon en gewerk en oorbevolking en wanvoeding was algemeen. Jong kinders is gedwing om in fabrieke te werk en is dikwels geslaan deur hul werkgewers.

18 Werkers het gou begin om hulself te organiseer om hul werkgewers teen te staan en om beter werksomstandighede te eis. Die vroeë vorme van vakbonde is oral verban tot en met die middel van die 1800’s.

19

20

21 1800’s: Ontdekking van goud en diamante in Suid-Afrika.
Baie ambagsmanne uit die buiteland, veral Brittanje, hier kom werk. Hulle was vertroud met die vakbondbeweging in Brittanje. Bring vakbondbeweging na Suid-Afrika. Vakbonde het dus gedurende die 1880’s in Suid-Afrika ontstaan. Die vakbonde was aanvanklik amper net vir wit mynwerkers. Swart werkers het eers baie later by vakbonde betrokke geraak. Die 1ste swart vakbond is amptelik in 1917 gestig.

22

23 1922: Die Randrebellie (groot staking van 20 000 wit mynwerkers) in Suid-Afrika het uitgebreek. Wit mynwerkers geprotesteer het teen mynmaatskappye wat Chinese werkers ingevoer het om op die myne te werk. Geglo die werkers sou hulle vervang, want hulle was bereid om teen laer lone te werk. Na die gebeurtenis het baie swart mynwerkers ook by vakbonde aangesluit.

24 Ingevolge die land se wette van daardie tyd moes vakbonde vir wit en swart mynwerkers apart wees.
Die vakbonde vir swart mynwerkers was wettig, maar kan nie geregistreer word nie. Dit het beteken dat swart minderjariges glad nie verteenwoordig is nie.

25

26

27

28

29 1924: Die regering neem 1ste Nywerheidskonsiliasiewet aan.
Word later Wet op Arbeids-verhoudinge. Swart werkers was uitgesluit. Baie Kleurling- en Indiërnywerheidswerkers was in staat om by Blanke vakbonde aan te sluit.

30 1930’s: Paar vakbonde span saam om die nie-rassige Suid-Afrikaanse Raad op Handel en Arbeid (SATLC) te vorm.

31 1940’s: 1946: 1948: Toename in vakbondberywighede en stakings.
Baie groot staking van meer as swart mynwerkers oor lae lone en swak toestande van hostelle waar trekarbeiders moes woon. 1948: SATLC ontbind. Nasionale Party kom aan bewind. Verbied swart werkersvakbonde. Stel apartheidsbeleid in. Geen swart mense mag formele politieke mag hê nie. Mag nie vakbonde as politieke stem gebruik nie.

32 1953: Regering stel nog ‘n wet in: Alle stakings deur swart werkers is onwettig. 1955: South African Congress of Trade Unions (SACTU) is gestig. Speel aktiewe rol saam met die African National Congress (ANC) in die stryd teen diskriminasie. Aktivisme duur voort. Mobiliseer wyd-ondersteunende veldtog – “national pound a day demand”.

33 1960’s: Politieke organsiasies en vakbonde word sterk onderdruk.
Vakbond aktiviste: geteister, gearresteer, gemartel of vermoor. Vakbonde hou aan politieke byeenkomste reël.

34 1973: Grootste staking ooit. Durban plaasgevind.
Werkers van die tekstiel- en myn-industrie ingesluit. Teen lae lone geveg. Staking lei tot Wysigingswet op Swart Arbeidsverhoudinge. Voorsien gelyke verteenwoordiging van werkers en werkgewers gedurende onderhandelinge. Wet voorkom uitbuiting en sorg vir werkers se regte. Werkers word ook toegelaat om hul ontevredenheid d.m.v. onderhandeling en stakings te kenne te gee. Begin van nasionale Vakbondbeweging.

35 1980’s: Vakbonde skakel met omliggende gemeenskappe.
Begin deelneem aan gemeenskaps-worstelinge teen: Hoë huur Nie-verteenwoordigende plaaslike rade Arpartheidswette Lei tot stigting van gemeenskapsorganisasies: Jeug- Student- Vroue-strukture Die strukture smelt saam met die Verenigde Demokratiese Front (UDF) – 1983 gevorm – om apartheid te beveg.

36 1970’s – 1980’s: 1982: 1987: 1989: Nuwe vakbonde kom tot stand.
Nasionale Unie van Mynwerkers (NUM) 1987: Suid-Afrikaanse Munisipale Werkersunie (SAMWU) 1989: Suid-Afrikaanse Klere- en Tekstielwerkersunie (SACTWU)


Download ppt "Vakbonde Die Ekonomie:."

Similar presentations


Ads by Google