Presentation is loading. Please wait.

Presentation is loading. Please wait.

Vincent Oliphant Vincent Oliphant het grootgeword

Similar presentations


Presentation on theme: "Vincent Oliphant Vincent Oliphant het grootgeword"— Presentation transcript:

1 Vincent Oliphant Vincent Oliphant het grootgeword
en skoolgegaan in die Oos-Kaap. Hy het hom bekwaam as ‘n wiskunde en fisika onderwyser en na ‘n paar jaar in die onderwys, is hy dosent in Port Elizabeth. Sy debuutbundel, Bloed vloei in stilte, verskyn in 1983 en dit bevat gevoelige liefdesverse wat in vrye vers geskryf is. In sy tweede bundel wat verskyn, Die sagte vlees, verskyn daar verskeie gedigte met ‘n politieke strekking, maar met ‘n rustige aanslag en gebalanseerde houding oor die komplekse aard van die samelewing waarin hy hom bevind.

2 Woorde – Vincent Oliphant
1 my woorde het nie die krag 2 om bose magte tot ‘n val te bring nie 3 my woorde kan bloot sing 4 my woorde is nie ‘n dak 5 om onder te skuil nie 6 my woorde is swak 7 my woorde kan nie keer 8 dat ons die kromme note haal nie 9 my woorde is kaal 10 glo tog

3 11 my woorde het nie die byt
12 van koeëls en grofgeskut nie 13 nee 14 my woorde kan bloot bid 15 en pleit 16 en wens 17 medeburgers van die lewe 18 dat ons van grense sal vergeet 19 en bloot mens sal wees 20 en medemens

4 Woorde – Vincent Oliphant
Ek-spreker; persoonlike gevoel 1 my woorde het nie die krag 2 om bose magte tot ‘n val te bring nie 3 my woorde kan bloot sing 4 my woorde is nie ‘n dak 5 om onder te skuil nie my woorde is swak 7 my woorde kan nie keer 8 dat ons die kromme note haal nie 9 my woorde is kaal 10 glo tog Spreker se woorde is doodgewone woorde Spreker se woorde is opreg en eerlik; geen veskuilde agendas nie Hy wil heelmaak met sy woorde; hy wil nie destruktief wees nie. Swakheid van woorde word weer bevestig Geen leestekens en kleinletters kan dui op eenvoudige woorde, eerlike woorde uit die hart. Vrye vers: geen rympatroon nie. Spreker distansieer hom van die negatiewe. Spreker is positief oor die toekoms Plasing van “glo” funksioneel. Spreker is hoopvol Strofes met 3 versreëls word tersine genoem

5 Hierdie is politieke gedig met’n positiewe boodskap: ons kan in harmonie met ons medemens saamleef as ons mooi kommunikeer 11 my woorde het nie die byt 12 van koeëls en grofgeskut nie 13 nee 14 my woorde kan bloot bid 15 en pleit 16 en wens 17 medeburgers van die lewe 18 dat ons van grense sal vergeet 19 en bloot mens sal wees 20 en medemens Alleenplasing: so wys spreker dat hy nie wil baklei nie. Herhaling van “en” = polisindeton Grense soos: tale, rasse, kulture, gelowe, geslag, ensovoorts. Slegs /net: sonder enige bybedoelings Wees goed, praat mooi met ander sonder om seer te wil maak

6 Woordverklarings bose magte evil powers tot ‘n val bring
demolish; destroy skuil hide swak weak kromme note haal with great effort kaal bare byt to bite;hurt grofgeskut big guns; cannon; heavy artillery bloot merely pleit plea grense barriers medeburgers citizens medemens fellow men

7 Bespreking Titel Woorde dui op die waarde en die nut van die poësie. In die tyd toe hierdie gedig geskryf is, is Oliphant se werk as kontroversieel beskou omdat dit oor persoonlike temas soos die liefde, dood en eensaamheid gehandel het, terwyl die heersende styl toe protespoësie was. Tema In hierdie gedig distansieer die spreker hom van die struggle wat in die werk van ander digters oorheers. Dit dra ‘n positiewe gesindheid oor die toekoms en dit is daarom een van die min Afrikaanse gedigte, wat ‘n protesgedig genoem kan word, wat ‘n positiewe boodskap uitdra.

8 Die digter probeer doelbewus nie baklei in hierdie gedig nie
Die digter probeer doelbewus nie baklei in hierdie gedig nie. Sy woorde is doodnormale woorde (“het nie die byt/van koeëls en grofgeskut nie”). Sy woorde is ook nie so sterk soos ‘n dak waaronder jy kan skuil nie. Hierdie is ‘n vrye vers (geen rympatroon nie) Gedurende die apartheidsjare (struggle-jare) is daar beledigings van beide kante in Suid-Afrika gebruik. In hierdie gedig wil die spreker sê dat hy nie aandeel daaraan wil hê nie. (“my woorde kan bloot sing”). Hy wil vir die leser vertel dat die verlede nou verby is, al is dit hoe moeilik om dit te vergeet. Mense moet van “grense ... vergeet” (versreël 18) en almal moet saam leef in vrede.

9 Die spreker, wat ‘n digter is, “pleit” en “smeek” dat alle medeburgers in harmonie sal
saamleef. Die herhaling van “my woorde” dra klem dat hierdie ‘n persoonlike gedig is. Hy gebruik ‘n figuurlike beeld van “kaalheid”: “my woorde is kaal” om sy manier van skryf uit te beeld; sy woorde is nie vol onnodige beelde nie. Die voegwoord “en” word herhaal tussen “bid”; “pleit” en “wens”. Dit is ‘n voorbeeld van polisindeton. Dit is duidelik dat hierdie digter/spreker positief ingestel is en dat hy met sy woorde wil heelmaak en hy wil nie destruktief optree nie – “om bose magte tot ‘n val te bring nie.” Hierdie gedig kan beskou word as ‘n politieke gedig, maar dit is een van die min wat in Afrikaans geskryf is en nog steeds ‘n positiewe boodskap oor die toekoms oordra.

10 Vrae en antwoorde 1. In strofe 1 sê die spreker: “my woorde het nie die krag om bose magte tot ‘n val te bring nie.” Wat word daarmee bedoel? Die spreker se woorde is nie sterk genoeg om die wêreld te red nie. 2. Wat wil die spreker in versreël 3 vir ons sê as hy sê: “my woorde kan bloot sing”? Sy woorde kan net sing(van vrede) 3. Wat word bedoel met “die kromme note haal” in versreël 8? Sy woorde kan nie keer dat die mensdom verkeerde dinge doen nie. 4. Die eerste drie strofes bestaan elk uit drie versreëls. Wat noem ons so ‘n strofe? tersine

11 5. Watter ooreenkoms met betrekking tot die inhoud, kry ons in die eerste drie strofes?
Blote woorde is swak. In al die strofes kry ons ‘n negatiewe siening van die spreker se woorde: hy noem die dinge wat sy woorde nie kan doen nie. Skryf die dinge puntsgewys neer. a) sy woorde het nie krag nie b) sy woorde is nie ‘n dak nie c) sy woorde is kaal

12 7. In strofe 4 word daar drie dinge genoem wat sy woorde wel kan doen
7. In strofe 4 word daar drie dinge genoem wat sy woorde wel kan doen. Wat is dit? bid, pleit en wens. 8. Wat noem ons die verskynsel in “bloot bid/ en pleit/ en wens” (versreëls 14 tot 16) waar die voegwoord “en” herhaal word? polisindeton 9. Wat is die funksie hiervan in die gedig? beklemtoon dit wat sy woorde wel kan doen 10. “(My) woorde” word aan die begin van die eerste drie strofes herhaal. Wat is die funksie hiervan? Woorde word beklemtoon. Woorde het eintlik baie krag. Woorde kan mense opbou of afbreek.

13 11. Waarvoor “bid”; “pleit”; en “wens” die spreker se woorde
11. Waarvoor “bid”; “pleit”; en “wens” die spreker se woorde? Mense moet in harmonie/vrede saamleef. 12. Op watter manier word die woord “medemens” beklemtoon? staan aan die einde van die gedig 13. Drie van die volgende antwoorde voltooi die sin KORREK. Watter antwoord is NIE korrek NIE? Omkring net die letter. Uit die titel kan ons aflei dat die gedig nie oor _________sal gaan nie. C prente 14. Met wie praat die spreker in versreëls 14 – 20? Hy praat met sy medeburgers. 15. Skryf die spreker se DRIE wense neer. mense moet van grense vergeet; hul moet mens wees( in liefde optree as mens); mense moet hul medemense in ag neem.

14 16. Ná watter EEN woord verander die spreker se woorde na positiewe stellings? “nee” 17. Pas die betekenis van die idioom/uitdrukking in Kolom B by die idioom/uitdrukking in KOLOM B. Skryf net die letters neer. 1. Iets is uit die bose H 2. ’n Regering tot sy val bring F 3. Iemand op sy knieë bring M 4. ’n Laer noot sing K 5. Jy het ’n dak bo jou kop D 6. Iemand ’n skuilplek bied B 7. ’n Saak swak stel I 8. Kromme note haal E 9. Jou iets op die hals haal C 10. Met kaal hande A 11. Iets het ‘n byt L 12. Grofgeskut G 13. Die slaankrag van ‘n leër J

15 18. Kolom A Antw 1. my woorde het nie die krag B 2
18. Kolom A Antw 1. my woorde het nie die krag B 2. my woorde kan bloot sing D 3. my woorde is nie ’n dak nie A 4. my woorde is swak E 5. my woorde kan nie keer/dat ons die kromme note haal nie C 6. my woorde is kaal G 7. my woorde het nie die byt/ van koeëls en grofgeskut nie F 19. Gee woorde met min of meer dieselfde betekenis uit strofe 1 en 2 van die volgende woorde: 19.1 gesag magte 19.2 kwaai/slegte bose 19.3 mense in posisies van gesag magte 19.4 om ondergang te veroorsaak tot ‘n val te bring 19.5 “beskerming” dak 19.6 om vertroos te word skuil

16 20. Watter DRIE dinge, sê die spreker, kan sy/haar woorde doen
20. Watter DRIE dinge, sê die spreker, kan sy/haar woorde doen? Gee DRIE aparte woorde. bid pleit wens 21. Watter DRIE tegnieke gebruik die spreker om sy/haar gedagtes te laat vloei? enjambement, min leestekens; korter versreëls


Download ppt "Vincent Oliphant Vincent Oliphant het grootgeword"

Similar presentations


Ads by Google