Presentation is loading. Please wait.

Presentation is loading. Please wait.

Voorganger: Here ons bring vanoggend onsself en ons hartseer wêreld na U toe. Ons kom bekla ons en ons samelewing se lot. Ons lê ons sorge en angs,

Similar presentations


Presentation on theme: "Voorganger: Here ons bring vanoggend onsself en ons hartseer wêreld na U toe. Ons kom bekla ons en ons samelewing se lot. Ons lê ons sorge en angs,"— Presentation transcript:

1

2

3 Voorganger: Here ons bring vanoggend onsself en ons hartseer wêreld na U toe. Ons kom bekla ons en ons samelewing se lot. Ons lê ons sorge en angs, ons verdriet, ons weersin en verslaenheid voor U neer. U ken ons werklikheid vol onreg en pyn beter as ons self. U weet van al die diep traumas wat ons samelewing daagliks beleef. U hoor hoe ons daaroor sug en kla, dikwels kwaad en opstandig. Soms sonder uitsig en hoop. Wes-en-Suid-Kaap Sinode 2015

4 Here, ons Here, wees ons genadig!
Sinodegangers: Here, ons Here, wees ons genadig! Wes-en-Suid-Kaap Sinode 2015

5 Voorganger: O Here, soos die profeet Habakuk in Israel se uur van nood, roep ons na U: "Hoe lank moet ons om hulp roep voordat U hoor, Here, moet ons by U kla oor geweld voordat U red? Waarom laat U ons die onreg sien wat gedoen word, waarom kyk U toe as daar soveel ellende is? Oral rondom ons is daar onderdrukking en geweld en daar word getwis en gebaklei. Die wet het nie meer krag nie. Slegte mense het die oorhand oor die goeies, en so word die reg verkrag." Wes-en-Suid-Kaap Sinode 2015

6 Here, ons Here, Ontferm U oor ons!
Sinodegangers: Here, ons Here, Ontferm U oor ons! Wes-en-Suid-Kaap Sinode 2015

7 Voorganger: Hoor tog ons geweeklag Here en gee aan ons bekering en genesing. Soos u volk van ouds saam met u kneg Nehemia, buig ons voor U aangesig. Ons doen belydenis van ons eie en ons voorouers se sonde. En soos hulle destyds bid ons vandag dat U aan u eie gemeente opnuut u genade, u liefde en geregtigheid sal gee. Doen dit ook rondom ons aan ons samelewing en wêreld, om Jesus wil. Wes-en-Suid-Kaap Sinode 2015

8 Here, wees ons almal genadig!
Sinodegangers: Here, wees ons almal genadig! Wes-en-Suid-Kaap Sinode 2015

9 Voorganger: Here, ons Here, praat vandag duidelik met ons, gee vir ons ore om u stem te hoor, harte wat u evangelie glo en lewens wat duidelik sal getuig van u heerskappy en liefde oor alles en almal. Wes-en-Suid-Kaap Sinode 2015

10 Here, ontferm U oor ons. Here hoor ons as ons
Sinodegangers: Here, ontferm U oor ons. Here hoor ons as ons tot U roep! Wes-en-Suid-Kaap Sinode 2015

11 GETUIENIS

12 Joernaaltyd: Dink na oor wat skeefloop in jou gemeenskap, wat jou kwaad maak, moedeloos, bekommer en laat sleg slaap?

13 Joernaaltyd Skryf ‘n persoonlike gebed in jou joernaal en praat daaroor met die persoon langs jou.

14 Prof Piet Naudé Wes-en-Suid-Kaap Sinode 2015

15 Die NG Kerk se getuienis in ‘n tyd soos hierdie…
5 Mei 2015

16

17 Wie lees die tekens van die tye en wat sien hulle?
Die sosiale beperkinge van die NGK om te “sien” wat gaan aan Die institusionele beperking van ‘n denominasionale kerk Die teologiese beperkinge van NGK : wat lê anderkant Piëtisme, sendingbeleid, en Kuyperianisme?

18 Wat gaan aan in SA? Sosiaal-ekonomiese aanwysers
Armoede: 18.77m (35.9%) mense in relatiewe armoede (R1 450 – R5 170) 10.2m (20.2%) leef in uiterse armoede (onder “Food Poverty Line”) Werkloosheid: Bereken tussen 25.5% en 35.6% met hoogste syfer van 51.8% in jaar Proporsie van 65.8% wat meer as een jaar werkloos is Ongelykheid : Gini co-effficient 0.62, medies, onderwys, behuising Trae groei: afwaarts aangepas na 2% vir 2015

19 Globale ongelykheid = HDI
UN Human Development Index (HDI)

20

21

22 Aanwysers uit die onderwys

23 Public education landscape
Public schools Independent schools 1 399 FET Colleges 50 Universities 24 Highly inefficient and not globally competitive School: 21.9% throughput grades 1- 12 WEF competitiveness : 133/142 general educ and 141/142 for Maths & Science Universities: 33.1% minimum qualification time R&D Declined from 1.1% (1990) of GNP to 0.7% (2010)

24 Nutritional and social base of education
17.5% (3.2m children) malnutrition/hunger - Bill or Rights 28(1)c) Only 32% live with both parents Children suffer under crime, violence, political strife Social grants for 16m people & feeding schemes

25 School infrastructure
714 - no electricity 1069 – no water pit toilets – inadequate computers – lack stocked science laboratories “Education is the mightiest tool to change the world”

26

27 Aanwysers uit die politiek
Stabiele, maar jong demokrasie ‘n Herskikking rondom waardes en na nuwe formasies na “links” Rassisme/xenofobie/anti-en post-kolonialisme Vraag na ‘n “capable, developmental state”

28

29 What social patterns emerged from 2014 general elections?
The role of social class (EFF: 1.1m votes; DA gets 84.44% of foreign votes) The role of the young, born-free generation (only 66% registration plus low turn-out) The role urbanization (Tswane:50.96% and JHB: 53.63% plus CT) and rural areas (EC and KZN)

30 Social patterns… The role of race (DA growth ito Coloured and Indian votes, and got just over 85% of white votes) The role of corruption (determined by class, race, rural = “chieftain”) The role of faith-based politics (ACDP = 2 seats only) ANC + EFF = 69% - constitutional changes?

31

32 Aanwysers uit die kerklike omgewing…

33 Kerklike aanwysers Groei in Pentekostalistiese kerke/bewegings: sowel AIC’s en talle ander konfigurasies Groei in fundamentalisme (sg. a-polities, maar ook hoogs aktief) ‘n Nuwe publieke profiel aan godsdiens (post-sekularisties) wat deurspeel in finansiële en politieke domein

34 Aanwysers uit die “tydsgees”
Modern: Individuele besluitneming (en nie “op gesag” nie) Lae lojaliteit teenoor instellings Gekommodifiseer: Alles gereduseer tot ekonomiese terme: “ROI” Intense materialisme en fokus op liggaamlikheid (Olimpiese ideaal) Ge-network/virtueel: Inligtingsryk, “immediacy”, visueel, ervaringsmatig

35 Teologiese vertrekpunte vir die getuienis van die kerk: Lukas-Handelinge
“Jesus het Hom na sy lyding lewend vertoon… en Hy is opgeneem terwyl hulle dit sien” (“op derde dag weer opgestaan het uit die dood, en opgevaar het na die hemel” (Hand 1:1-3, 9; Ef 1:19 – “…sodat julle kan weet wat die uitnemende grootheid is van sy krag vir ons wat glo”)

36 Teologiese vertrekpunte vir die getuienis van die kerk: Lukas-Handelinge
Julle sal met die Heilige Gees gedoop word…, en julle sal krag ontvang wanneer die HG oor julle kom…” (1:5,8) Hy het met hulle gepraat oor die dinge van die koninkryk van God (1:3) (nie die koninkryk vir Israel nie, v6 ) HK 49: ”soek deur die krag van die Gees na wat daar bo is, en nie wat op die aarde is nie”)

37 Wat is die inhoud van die kerk se getuienis?
Die evangelie van Jesus Christus soos vervat in die hele Skrifgetuienis Die boek Handelinge bevat lang toesprake (Petrus, Stephanus, Fillipus, Apollos, Paulus) wat niks anders is nie as aktuele uitleg van die Skrifte vanaf die skepping, deur die wet en die profete, tot op Jesus Christus en die gebeure met Pinkster en daarna “Hy was ‘n begaafde spreker met ‘n deeglike kennis van die Skrif. Hy het in die leer van die Here onderrig ontvang en het met groot geesdrif gepraat en aan ander noukeurig alles oor Jesus geleer… (Apollos: Hd 18:24-5)

38 Watter vorme neem ons getuienis nog aan?
In die alledaagse voorbeeld van die diverse plaaslike gemeente wat saam bid, sing, leer, broodbreek en omgee vir mekaar (Hand 2:41-47) Instelling van die diakenamp om vir Griekse weduwees te sorg (Hand 6) en hulpfonds van Antiogie vir Jsalem (Hd 11) en ons moet hard werk “sodat ons die armes kan help” (Hd 20) Deurbreking van (godsdienstig gedrewe) sosiale en etniese grense Petrus en Kornelius in Hd 10: “Waarlik, ek begryp dat God nie onderskeid maak nie…. Die HG as gawe aan mense wat nie Jode is nie”…- inklusiewe en egaliserende gemeenskap (Gal 3 :28, 29)

39 Vorme van getuienis… Geografies-uitbreidende sendingreise
Genesings (Hd 3 = tempelpoort, 9 Eneas & Tabita, 14 man in Listre…) Teenwoordig (met “opstandige gees”) op die markplein van idees by die leemte van mense wat God soek (Hand 17)

40 Hoe weet ons wat om wanneer te doen?
Julle sal krag ontvang … en in daardie uur sal dit vir julle gegee word

41

42 Wat is die “resultate” van die kerk se multi-getuienis?
Oproerigheid (oral! – omdat heersende mag/idees uitgedaag word) Lyding: Tronkstraf en selfs dood (Stefanus, Jakobus) Ander lag (oor die opstanding) (Hd 17:32) Wegstuur om dalk later weer te praat Sommige wat hoor/sien en bekeer (“toe hulle die woorde hoor…” & “die Here het Lydia vir Paulus se woorde ontvanklik gemaak”, Hd 16)

43 NGK verbintenis 2007 God Drie-Enig is aan die werk.
Niemand kan dit keer nie. Selfs deur ons werk God. Ons verwonder ons hieroor…

44 Julle sal krag ontvang…

45 GETUIENIS

46 Wat het jy gehoor. - Wat het jou geroer. - Wat het met jou geresoneer
Wat het jy gehoor? - Wat het jou geroer? - Wat het met jou geresoneer? - Wat het jou ontstel? Wes-en-Suid-Kaap Sinode 2015

47 GETUIENIS

48 Paneelbespreking: Piet Naude Donald Katts Braam Hanekom
Wes-en-Suid-Kaap Sinode 2015

49 GETUIENIS

50 Here, U het op ‘n donkie gery en in vrede gekom, Uself verneder en vir ons gegee. Ons bely ons gebrek aan nederigheid. Wes-en-Suid-Kaap Sinode 2015

51 Soos wat U Jerusalem binnegery het, het die skare “Loof Hom
Soos wat U Jerusalem binnegery het, het die skare “Loof Hom!” uitgeroep. Op Goeie Vrydag het hulle geskreeu:  “Kruisig Hom!” Ons bely dat ons lof dikwels leeg is. Wes-en-Suid-Kaap Sinode 2015

52 Ons sing “Loof Hom”, maar roep ook: “Kruisig Hom
Ons sing “Loof Hom”, maar roep ook: “Kruisig Hom!” Soos wat die skare hulle palmtakke voor U gelê het, het U nie eer en glorie op Uself geneem nie. Ons bely dat ons aanvaar wil word en dikwels die maklike pad wil vat. Wes-en-Suid-Kaap Sinode 2015

53 Ons bly nie altyd getrou aan U wil vir ons nie
Ons bly nie altyd getrou aan U wil vir ons nie. Vergeef ons, Here, en help ons, om U te volg op die pad van gehoorsaamheid. Amen. Wes-en-Suid-Kaap Sinode 2015


Download ppt "Voorganger: Here ons bring vanoggend onsself en ons hartseer wêreld na U toe. Ons kom bekla ons en ons samelewing se lot. Ons lê ons sorge en angs,"

Similar presentations


Ads by Google