Download presentation
Presentation is loading. Please wait.
1
.
4
.
5
Hierdie is ‘n mededeling ….
6
Wys my ietsie deur Jahshua se oë…..
7
Kyk na hulle…..vêr weg nè?
8
Hoe begryp jy, as jy self nog altyd naby was…..
9
Ek kan nie asem kry nie!
10
Vir hulle is die hele lewe soos jou laaste week was…..verstaan jy?
11
Ek kry steeds nie asem nie, ek sink!
12
Nou is U te vêr om te help, ek kan nie nader kom nie…..
13
Ek roep Jahweh, ek roep Here, ek roep Vader……maar U bly vêr!
14
Vêr, nader, naaste, intiem….pappie!
15
Was dit net my verbeelding? Was ek voorbarig? Waar het ek daaraan gekom?
16
- Vêr – Wie is dit? ”Nie geweet so iets bestaan nie…”
17
Exo 3:13 Hierop het Moses tot God gespreek: Maar as ek by die kinders van Israel kom en aan hulle sê: Die God van julle vaders het my na julle gestuur, en hulle my vra: Hoe is sy naam? --wat moet ek hulle antwoord? Exo 3:14 En God sê vir Moses: EK IS WAT EK IS. Ook sê Hy: So moet jy die kinders van Israel antwoord: EK IS het my na julle gestuur. Exo 3:15 Toe sê God verder vir Moses: Dit moet jy aan die kinders van Israel meedeel: JAHWEH, die God van julle vaders, die God van Abraham, die God van Isak en die God van Jakob, het my na julle gestuur. Dit is my Naam vir ewig, en dit is my gedenknaam van geslag tot geslag.
18
- Nader – Ontmoet die Koning! ”Wees gegroet U hoogheid…..”
19
Exo 19:10 Verder het JAHWEH aan Moses gesê: Gaan na die volk en heilig hulle vandag en môre, en laat hulle hul klere was Exo 19:11 en hulle gereed hou teen die derde dag. Want op die derde dag sal JAHWEH voor die oë van die hele volk op die berg Sinai afdaal. Exo 19:12 Ook moet jy vir die volk 'n grens rondom aanwys en sê: Pas op dat julle nie op die berg klim of sy voet aanraak nie. Elkeen wat die berg aanraak, moet sekerlik gedood word. Exo 19:13 Geen hand mag hom aanraak nie; maar hy moet sekerlik gestenig of sekerlik met 'n pyl geskiet word; of dit 'n dier of 'n mens is--hy mag nie lewe nie. As die ramshoring lang geluide blaas, mag hulle op die berg klim. Exo 19:14 Toe het Moses van die berg af na die volk gegaan en die volk geheilig, en hulle het hul klere gewas. Exo 19:15 En hy het aan die volk gesê: Hou julle klaar teen die derde dag; moenie naby die vrou kom nie. Exo 19:16 En op die derde dag toe dit môre word, was daar donderslae en blitse en 'n swaar wolk op die berg en die geluid van 'n baie sterk basuin, sodat die hele volk wat in die laer was, gebeef het. Exo 19:17 Daarop het Moses die volk uit die laer gelei om God te ontmoet, en hulle het gaan staan by die voet van die berg. Exo 19:18 En die hele berg Sinai het gerook, omdat JAHWEH in 'n vuur daarop neergedaal het. En sy rook het opgetrek soos die rook van 'n oond, en die hele berg het vreeslik gebewe. Exo 19:19 Toe die geluid van die basuin sterker en sterker word, het Moses gespreek, en God het hom telkens hardop geantwoord. Exo 19:20 Terwyl JAHWEH op die berg Sinai neerdaal, op die top van die berg, het JAHWEH Moses na die top van die berg geroep, en Moses het opgeklim. Exo 19:21 En JAHWEH het vir Moses gesê: Klim af, waarsku die volk, dat hulle nie na JAHWEH toe deurbreek om te sien en baie van hulle dan val nie. Exo 19:22 En ook die priesters wat naby JAHWEH kom, moet hulleself heilig, sodat JAHWEH nie teen hulle losbreek nie. Exo 19:23 Toe het Moses JAHWEH geantwoord: Die volk kan nie op die berg Sinai klim nie, want U het ons self gewaarsku en gesê: Baken die berg af en heilig dit. Exo 19:24 Daarop sê JAHWEH vir hom: Gaan heen, klim af. Dan moet jy, en Aäron saam met jou, opklim; maar die priesters en die volk mag nie deurbreek om na JAHWEH toe op te klim nie, sodat Hy nie teen hulle losbreek nie. Exo 19:25 En Moses het na die volk toe afgeklim en hulle dit aangesê.
20
Exo 33:1 Verder het JAHWEH met Moses gespreek: Gaan heen, trek hiervandaan op, jy en die volk wat jy uit Egipteland laat optrek het, na die land wat Ek met 'n eed aan Abraham, Isak en Jakob beloof het, met die woorde: Aan jou nageslag sal Ek dit gee; Exo 33:2 en Ek sal 'n engel voor jou uit stuur--en die Kanaäniete, Amoriete, Hetiete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete verdrywe-- Exo 33:3 na 'n land wat oorloop van melk en heuning; want Ek sal in jou midde nie optrek nie, omdat jy 'n hardnekkige volk is; anders sal jy op die weg verteer word. Exo 33:4 Toe die volk hierdie onheilspellende woord hoor, het hulle getreur; en niemand het sy versiersels aangesit nie. Exo 33:5 JAHWEH het naamlik met Moses gespreek: Sê aan die kinders van Israel: Julle is 'n hardnekkige volk; as Ek vir een oomblik in jou midde sou optrek, sou Ek jou vernietig. Maar haal nou jou versiersels van jou af, dan sal Ek weet wat Ek met jou moet doen. Exo 33:6 Toe het die kinders van Israel hulleself beroof van hul versiersels, van die berg Horeb af. Exo 33:7 En Moses het elke keer 'n tent geneem en dit vir hom buitekant die laer opgeslaan, ver van die laer af; en hy het dit genoem die tent van samekoms. En elkeen wat JAHWEH wou raadpleeg, het uitgegaan na die tent van samekoms wat buitekant die laer was. Exo 33:8 En as Moses uitgaan na die tent, staan die hele volk op en gaan elkeen aan die ingang van sy tent staan. Dan kyk hulle Moses agterna tot hy in die tent ingegaan het. Exo 33:9 En as Moses in die tent ingaan, kom die wolkkolom af en gaan by die ingang van die tent staan, en dan spreek Hy met Moses. Exo 33:10 En as die hele volk die wolkkolom sien staan by die ingang van die tent, staan die hele volk op en buig, elkeen aan die ingang van sy tent.
21
Exo 33:11 Dan spreek JAHWEH met Moses van aangesig tot aangesig soos 'n man met sy vriend spreek. Daarna gaan hy na die laer terug; maar sy dienaar Josua, 'n jongman, die seun van Nun, het hom nie uit die tent verwyder nie. Exo 33:12 Toe het Moses met JAHWEH gespreek: U sê nou wel aan my: Ek moet hierdie volk laat optrek, maar U laat my nie weet wie U saam met my sal stuur nie, hoewel U gesê het: Ek ken jou by die naam, en jy het ook genade in my oë gevind. Exo 33:13 As ek dan nou genade in u oë gevind het, maak my dan tog u weë bekend, dat ek U kan ken; sodat ek genade in u oë kan vind. En bedink tog dat hierdie nasie u volk is. Exo 33:14 En Hy antwoord: Moet Ek self meegaan om jou die rusplek te verskaf? Exo 33:15 Toe sê hy vir Hom: As U nie self meegaan nie, laat ons dan nie hiervandaan optrek nie. Exo 33:16 Want waaraan sou dan bekend word dat ek genade in u oë gevind het, ek en u volk? Is dit nie daaraan dat U met ons saamtrek nie? So sal ons, ek en u volk, onderskeie wees van elke volk wat op die aarde is. Exo 33:17 Toe sê JAHWEH aan Moses: Ook hierdie versoek wat jy uitgespreek het, daaraan sal Ek voldoen; want jy het genade gevind in my oë, en Ek ken jou by die naam. Exo 33:18 Daarop vra hy: Laat my tog u heerlikheid sien. Exo 33:19 Maar Hy antwoord: Ek sal al my majesteit by jou laat verbygaan en voor jou die Naam van JAHWEH uitroep; maar Ek sal genadig wees vir wie Ek genadig wil wees, en My ontferm oor wie Ek My wil ontferm. Exo 33:20 Verder het Hy gesê: Jy kan my aangesig nie sien nie, want geen mens kan My sien en bly lewe nie. Exo 33:21 Ook het JAHWEH gesê: Kyk, hier is 'n plek by My waar jy op die rots kan gaan staan. Exo 33:22 En as my heerlikheid verbygaan, sal Ek jou in die skeur van die rots stel en jou met my hand oordek totdat Ek verbygegaan het. Exo 33:23 En as Ek my hand wegneem, sal jy My van agter sien; maar my aangesig kan nie gesien word nie.
22
- Naaste – Hy is jou pa. “Ek groet U my Vader…. Koning.”
23
Jer 3:17 In dié tyd sal hulle Jerusalem noem die troon van JAHWEH; en al die nasies sal daarheen saamkom vanweë die Naam van JAHWEH in Jerusalem; en hulle sal nie meer wandel na die verharding van hul bose hart nie. Jer 3:18 In dié dae sal die huis van Juda gaan na die huis van Israel, en hulle sal saam uit die Noordland kom in die land wat Ek aan julle vaders as erfenis gegee het. Jer 3:19 Ék het wel gedink: o Hoe gaan Ek jou met seuns gelykstel en aan jou gee 'n kosbare land, 'n allersierlikste erfenis van die nasies! Ook het Ek gedink: Jy sal My noem: My Vader! en jy sal van My nie afvallig word nie. Jer 3:20 Maar soos 'n vrou troueloos skei van haar minnaar, so het julle troueloos teen My gehandel, o huis van Israel, spreek JAHWEH. Jer 3:21 'n Stem is gehoor op die kaal heuwels, smekende geween van die kinders van Israel, omdat hulle hul weg verdraai het, JAHWEH hulle God vergeet het. Jer 3:22 Keer terug, o afkerige kinders; Ek sal julle afkerighede genees. Hier is ons, ons kom na U toe, want U is JAHWEH onse God.
24
Jes 63:14 Soos vee wat aftrek in die laagte, het die Gees van JAHWEH hulle na die rus gelei. Só het U u volk gelei, om vir U 'n heerlike Naam te maak. Jes 63:15 Kyk van die hemel neer en aanskou uit u heilige en heerlike woning! Waar is u ywer en u magtige dade? Die ontroering van u binneste en u barmhartighede het hulle jeens my ingehou. Jes 63:16 Want U is ons Vader! Want Abraham weet van ons nie, en Israel ken ons nie. U, o HERE, is ons Vader; ons Verlosser is van ouds af u Naam. Jes 63:17 HERE, waarom laat U ons wegdwaal van u weë? Waarom verhard U ons hart, sodat ons U nie vrees nie? Keer terug ter wille van u knegte, die stamme van u erfdeel! Jes 63:18 U heilige volk het dit vir 'n kort rukkie besit; ons teëstanders het u heiligdom vertrap. Jes 63:19 Ons het geword soos hulle oor wie U nie van ouds af geheers het nie, oor wie u Naam nie uitgeroep is nie.
25
- Intiem – Laat almal uitgaan, sluit die deure, ek wil met jou praat
- Intiem – Laat almal uitgaan, sluit die deure, ek wil met jou praat! “Pappa?”
26
Mar 14:35 En toe Hy 'n bietjie verder gegaan het, val Hy op die grond en bid dat, as dit moontlik was, dié uur by Hom sou verbygaan. Mar 14:36 En Hy sê: Abba, (Vader), alle dinge is vir U moontlik; neem hierdie beker van My weg; nogtans nie wat Ek wil nie, maar wat U wil. Mar 14:37 En Hy kom en vind hulle aan die slaap en sê vir Petrus: Simon, slaap jy? Was jy nie in staat om een uur te waak nie? Mar 14:38 Waak en bid, dat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is wel gewillig, maar die vlees is swak. Mar 14:39 Hy gaan toe weer weg en bid dieselfde woorde.
27
Of Chaldee origin [H2]; father (as a vocative): - Abba.
pat-ayr' Apparently a primary word; a “father” (literally or figuratively, near or more remote): - father, parent. Related Words for : pater - dad, dada, daddy, pa, papa G5 Αββαa ab-bah' Of Chaldee origin [H2]; father (as a vocative): - Abba.
28
Mat 6:6 Maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer, sluit jou deur en bid jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde. Mat 6:7 En as julle bid, gebruik nie 'n ydele herhaling van woorde soos die heidene nie, want hulle dink dat hulle deur hul baie woorde verhoor sal word. Mat 6:8 Moet dan nie soos hulle word nie, want jul Vader weet wat julle nodig het voordat julle Hom vra. Mat 6:9 Só moet julle dan bid: Onse Vader (pater – abba) wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; Mat 6:10 laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; Mat 6:11 gee ons vandag ons daaglikse brood; Mat 6:12 en vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe; Mat 6:13 en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen. Mat 6:25 Daarom sê Ek vir julle: Moenie julle kwel oor jul lewe--wat julle sal eet en wat julle sal drink nie; of oor jul liggaam--wat julle sal aantrek nie. Is die lewe nie meer as die voedsel en die liggaam as die klere nie? Mat 6:26 Kyk na die voëls van die hemel; hulle saai nie en hulle maai nie en hulle bring nie bymekaar in skure nie, en tog voed julle hemelse Vader hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie?
29
Rom 8:14 Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God. Rom 8:15 Want julle het nie ontvang 'n gees van slawerny om weer te vrees nie, maar julle het ontvang die Gees van aanneming tot kinders, deur wie ons roep: Abba, Vader! Rom 8:16 Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is; Rom 8:17 en as ons kinders is, dan ook erfgename, erfgename van God en mede erfgename van Christus (dus broers & susters), as ons naamlik saam met Hom ly, sodat ons ook saam met Hom verheerlik kan word. Gal 4:4 Maar toe die volheid van die tyd gekom het, het God sy Seun uitgestuur, gebore uit 'n vrou, gebore onder die wet, Gal 4:5 om die wat onder die wet was, los te koop, sodat ons die aanneming tot kinders kan ontvang. Gal 4:6 En omdat julle kinders is, het God die Gees van sy Seun in julle harte uitgestuur, en Hy roep: Abba, Vader! Gal 4:7 Daarom is jy nie meer dienskneg nie, maar kind; en as jy kind is, dan ook erfgenaam van God deur Christus.
30
Psa 103:12 So ver as die ooste verwyderd is van die weste, so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons. Psa 103:13 Soos 'n vader (pater-pappa) hom ontferm oor die kinders, so ontferm JAHWEH Hom oor die wat Hom vrees. Psa 103:14 Want Hy, Hy weet watter maaksel ons is, gedagtig dat ons stof is. Psa 103:15 Die mens-soos die gras is sy dae; soos 'n blom van die veld, so bloei hy. Psa 103:16 As die wind daaroor gaan, is dit nie meer nie en sy plek ken hom nie meer nie.
31
‘n Goddelike begeerte van ouds af…om weer een te wees met Sy naasbestaandes, Sy kinders.
Adam my seun Ek stuur jou my Gees – noem my pappa Ontmoet Jahshua jou broer Israel – noem my Jahweh, jou man (koning) Abraham - Ek is jou vriend Noag - Ek roep jou uit
32
Wat het my bygebly?
33
As mens jou lewe lank reeds binne beskermde grense, naby aan jou God lewe, kan jy nie die angs en wanhoop van mense begryp wat daarbuite lewe nie.
34
Die alleenheid wat ‘n mens beleef as hy weg is van Jahweh se sy is genoeg rede om hom oor te gee aan wat die wêreld ook al bied om die pynlike steke van leegheid te verdoof. Soos dit met enige verdowing werk – hoe langer jy op verdowing is, hoe meer moet jy gebruik om die pyn stil te maak.
35
Dat ons mense vervreemd geraak het van hul “Pappa” en Hom net ken as ’n algemene, onpersoonlike God en HERE is ’n eensame en hartseer toestand – hul smag almal om die liefde en geborgenheid van ’n pappa te ervaar. As hul maar net ’n voorbeeld gehad het van wat ’n pappa is sou hulle kon begryp wat die tekort in hul lewe is!
36
As Jahshua ons kom wys het in die vlees hoe om “kind” te wees, dan is dit die rol van elke aardse pappa om sy kind te wys hoe ons hemelse pappa se liefde en sorg werk – demonstratief.
37
Hoeveel kinders ken jy wat ’n pappa het wat beskikbaar is vir hulle, in liefde dissiplineer, leer en rigting aandui, versorg, beskerm – in kort ’n goeie voorbeeld van Vader is? Geen wonder die nuwe geslag word groot sonder gods-bewustheid of behoefte. Hulle moes reeds groot word sonder ’n pappa, so waar sal hul nou die korrekte versugting na hul hemelse “Pappa” kry.
38
Om Jahweh te ken by die naam is ‘n voorreg....
maar om te roep “Abba” (pappa) plaas my intiem by Hom – in Sy liefdevolle arms soos ’n kindjie by sy aardse pappie.
39
Mens kan jare lank bestaan en Hom ken by Sy naam, maar dit kos persoonlike aanvegting voor mens agterkom wat Hy ons geskenk het deur die HG naamlik ’n intieme nabyheid – die tipe verhouding wat ’n liefdevolle pappa met sy kindjie het.
40
Die skokkende waarheid
Luk 1:16 En hy sal baie van die kinders van Israel bekeer (herverenig met) tot die Here hulle God. Luk 1:17 En hy sal voor Hom uit gaan in die gees en die krag van Elía, om die harte van die vaders terug te bring tot die kinders en die ongehoorsames tot die gesindheid van die regverdiges, om vir die Here 'n toegeruste volk te berei. Soos Jahshua ons in die vlees gewys het van kind wees….. ….wys ‘n pappa sy kind die beeld van ‘n onsienbare Vader – in die vlees…
41
Luk 17:1 En Hy het vir sy dissipels gesê: Dit is onvermydelik dat die struikelblokke kom, maar wee hom deur wie hulle kom. Luk 17:2 Dit is beter vir hom as 'n meulsteen aan sy nek gehang en hy in die see gegooi word, as dat hy (pa) een van hierdie kleintjies sou laat struikel.
42
Amen
Similar presentations
© 2025 SlidePlayer.com. Inc.
All rights reserved.