Presentation is loading. Please wait.

Presentation is loading. Please wait.

Psalm 96 PowerPoint agtergrond Agtergond 1

Similar presentations


Presentation on theme: "Psalm 96 PowerPoint agtergrond Agtergond 1"— Presentation transcript:

1 Psalm 96 PowerPoint agtergrond Agtergond 1
Om by die tema “Laat hemel en aarde juig” aan te sluit is gekies vir foto van mense in lofprysing en aanbidding- hierdie spesifieke geleentheid was ‘n Hillsong konsert. Die titel is Hillsong Concert at Northridge Church, Plymouth Michigan, geneem op 27 Julie 2010 en beskikbaar by (Eeindom van Bill Van Loo en geneem met ‘n Canon EOS REBEL T1i. Kopiereg (Creative Commons) laat toe: You are free to Share — to copy, distribute and transmit the work and to Remix — to adapt the work provided you attribute the work in the manner specified by the author or licensor (but not in any way that suggests that they endorse you or your use of the work). Noncommercial — You may not use this work for commercial purposes. Agtergrond 2 As alternatief kan ‘n abstrakte voorstelling van die Jesus geboorte gebruik word: Nativity, eiendom van Stephen Downes. “December 29, This nativity scene can be viewed at Notre Dame de Grace. We saw it again on our walk today.” Die foto is beskikbaar by Beide foto’s is ietwat aangepas met Picasa 3. Psalm 96

2 Agtergrond 2 As alternatief kan ‘n abstrakte voorstelling van die Jesus geboorte gebruik word: Nativity, eiendom van Stephen Downes. December 29, This nativity scene can be viewed at Notre Dame de Grace. We saw it again on our walk today.” Die foto is beskikbaar by Kopiereg (Creative Commons) laat toe: You are free to Share — to copy, distribute and transmit the work and to Remix — to adapt the work provided you attribute the work in the manner specified by the author or licensor (but not in any way that suggests that they endorse you or your use of the work). Noncommercial — You may not use this work for commercial purposes. Psalm 96

3 God nooi ons uit en ons kom tot rus
Votum Liturg: Verwelkom almal en wens hulle ‘n geseënde Kersfees toe. Dan: Ons steek die Christuskers aan om ons te herinner dat die Lig vir die wêreld op daardie eerste Kersnag gebore is. Gemeente: Die volk wat in donkerte geleef het, het ‘n groot lig gesien; oor dié wat in die donker land was, het ‘n lig geskyn. Liturg: Vir ons is ‘n Seun gegee. Hy sal heers, en hy sal genoem word: Gemeente: Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors. Liturg: Sy heerskappy sal uitbrei, en hy sal vir altyd vrede en voorspoed bring. Hy sal op die troon van Dawid sit en oor sy koninkryk regeer. Hy sal dié koninkryk vestig en ins stand hou deur reg en geregtigheid, van nou af en vir altyd. Gemeente: Amen (n.a.v. Jesaja 9:5-6) Adventkers Die Christuskers word aangesteek terwyl die gemeente sing: Lied 345 Kom alle getroues of Flam 103 Kersfees is ‘n Vreugdefees ( Seëngroet Genade en vrede vir julle van God, wat gekom het, weer kom en elke dag in ons lewens kom. Lofsang Lied 351 Kom, verwonder julle, mense of Vonkk 147 Ons bring aan U die lof en eer ( of Flam 144 God is liefde ( Skriflesing Titus 2:11-14 Lied 344 O die goeie tyding, o die blye tyding of Vonkk 91 Die kleine dorpie Bethlehem ( of Flam 319 Want ‘n kind is vir ons gegee ( Lukas 2:1-4 Lied 357 ‘n Kindjie is gebore Vonkk 39 Lank lank terug in Bethlehem ( of Flam 323 Goeie Nuus ( Lukas 2:8-14 Lied 364 Herders op die ope velde of Vonkk 97 Christus lank reeds verwag ( of Flam 367 Hoor Jy Die Eng’le (Sing Halleluja) ( God nooi ons uit en ons kom tot rus

4 God praat met ons en ons luister
Gebed Liefdevolle God en Hemelvader, Immanuel, Ons dank U dat U God met ons is en dat U u Seun gestuur het om onder ons te woon en ons na die ware lewe te lei. Gee dat die hoop, die vrede, die vreugde en die liefde waarvan ons in die tyd van Advent gehoor het, ’n volle werklikheid in ons sal wees – ook nou waar ons U aanbid en dien. Deur Jesus Christus ons Here – nou en vir ewig. Amen (Uit Handleiding vir die Erediens, BybelMedia) Skriflesing Psalm 96 God praat met ons en ons luister

5 Familie-oomblik Familie-oomblik
Vertel die storie van “J is for Jesus: The sweetest story ever told” deur Crystal Bowman. Jy kan die boek vir R69 beste by Kalahari.com: Dit is in rym geskryf, hier is ‘n los Afrikaanse oorvertelling daarvan: Een dag, was die wêreld toe onder die sneeu. Al die mense het in die middel van die dorpie bymekaar gekom, want daar was iets nuuts by die lekkergoedwinkel - iets wat niemand nog ooit vantevore gesien het nie. Die lekkergoedmaker was opgewonde om sy nuwe Kersfeeslekker vir almal te wys. Hy het ‘n rooi en wit pepermentstokkie op gehou dat almal kan sien – al die kinders wou daaraan lek! “Ek het hierdie lekker gemaak”, het hy verduidelik. Ek het dit gemaak sodat dit soos ‘n letter “J” lyk. J staan vir Jesus, God se Seun wat aarde toe gekom het, en Kersfees is wanneer ons sy geboorte onthou. Maar wanneer jy die lekker omdraai, om die letter onderstebo te hou, dan lyk dit soos ‘n skaapwagter se staf. Skaapwagters was die eerste wat die Goeie Nuus gehoor het. Terwyl die skaapwagters hul skape in die nag opgepas het, was die lug ewe skielik verlig met ‘n helder hemelse lig. Engele het verskyn en begin sing: “Ere aan God in die hoogste hemel…” En daar in die dorpie waar Jesus gebore is, het die skaapwagters hom gevind, lekker warm toegewikkel in doeke in ‘n stal. Die skaapwagters se harte was vol verwondering en vreugde en hulle het gekniel langs die baba seuntjie. Ek het strepies op die lekker gesit, het die lekkergoedmaker gesê , om te onthou dat Jesus ons sonde weggewas het. Hy het aan die kruis gesterf, sy bloed het gevloei. Daarom is daar rooi strepies. Die wit van die lekker is daar om ons te herinner dat ons vergewe is, ons is so wit soos sneeu. Jesus is gebore om ons van ons sonde te verlos, om ons heilig en skoon te maak aan die binnekant. Ek wou hierdie storie met julle deel, het die lekkergoedmaker gesê, sodat Jesus ook julle verlosser kan wees. Vertel asb. hierdie storie vir almal en sê vir God dankie vir die geskenk van sy Seun! (As jy die boek bestel het, maar dit nie betyds gaan kry nie, kan jy vroegtydig ‘n vriendelike e-pos stuur aan Gee vir al die kinders “Candy Canes”. Candy Cane beskikbaar by Familie-oomblik

6 Psalm 96 Fokusteks: Psalm 96 Die Here kom om oor die aarde te heers
96 Sing ’n nuwe lied tot eer van die Here, sing tot eer van die Here, almal op aarde! 2Sing tot eer van die Here, prys sy Naam, verkondig elke dag sy reddingsdade! 3Vertel die nasies van sy mag, al die volke van sy magtige dade. 4Die Here is groot, al die lof kom Hom toe, ontsagwekkend is Hy bo alle gode. 5Al die gode van die volke is niks: dit is die Here wat die hemele gemaak het. 6Majesteit en luister straal van Hom uit, krag en glans vul sy heiligdom. 7Prys die Here, alle volke, prys die Here om sy eer en mag! 8Prys die Here om die eer van sy Naam! Kom na sy voorhowe toe, bring vir Hom offers! 9Buig voor die Here by sy heilige verskyning; betoon eerbied aan Hom, almal op aarde. 10Verkondig onder die nasies: “Die Here regeer; die wêreld staan vas, dit wankel nie; die Here sal die volke regverdig oordeel.” 11Die hemele moet bly wees en die aarde moet juig, die see en alles daarin moet druis, 12die veld en alles daarop moet jubel, al die bome in die bos moet hulle verheug 13voor die Here, want Hy kom, Hy kom om oor die aarde te heers. Hy sal oor die wêreld heers met regverdigheid, oor die volke met billikheid. Psalm 96

7 “Joy to the world...” Preekriglyn
Kersdag is in die volste sin van die woord 'n dag van vreugde. God raak die wêreld aan. God bring hoop en genesing. God breek 'n toekoms vir God se wêreld oop. Isaac Watts se Kerksgesang uit 1719 (gebaseer op Psalm 98) beskryf ons vreugde: Joy to the World, the Lord is come! Let earth receive her King; Let every heart prepare Him room, and Heaven and nature sing and Heaven, and Heaven, and nature sing. Joy to the World, the Saviour reigns! Let men their songs employ; While fields and floods, rocks, hills and plains, repeat the sounding joy, repeat, the sounding joy. He rules the world with truth and grace, and makes the nations prove, the glories of His righteousness, and wonders of His love, and wonders, wonders, of His love.” “Joy to the world...”

8 Die volume word oopgedraai
Kersdag is inderdaad ’n dag van vreugde. “Heaven and nature sing.” Psalm 96 vuur hierdie vreugde aan. Psalm 96 roep alle mense op aarde, alle volke, sy hele skepping – hemel, aarde, veld en see – op om te sing, te verkondig, te vertel, te aanbid! “Sing, sing, sing,” hoor ons in die eerste twee verse. “Prys, prys, prys, prys,” hoor ons in vers 1, 7 en 8. Die hele toon van die psalm is vreugde, blydskap en eer aan God. Dis asof die volume stadig maar seker oopgedraai word. Eers is dit die mense wat moet sing. Dan word die skepping deel van die koor. Alles moet sing! Die hele skepping is die teater van God se glorie (Calvyn). Overduin het opgemerk dat ’n erediens en die prediking soms ’n hopelose ervaring kan wees, maar as ons ’n psalm gesing het, was dit die moeite werd. Die volume word oopgedraai

9 Die rede vir die lofsang?
Waarom sal ons lofsang? Hoekom moet ons vandag hierdie psalm sing? Wat is die redes vir hierdie lofsang? Die antwoord word in die hart van hierdie psalm aangetref: “Die Here regeer; die wêreld staan vas, dit wankel nie; die Here sal die volke regverdig oordeel . . . want Hy kom, Hy kom om oor die aarde te heers. Hy sal oor die wêreld heers met regverdigheid, oor die volke met billikheid” (10, 13). Hierdie verse benadruk twee groot gedagtes: Een: 'n Nuwe lied Wanneer ’n koning in die Ou Nabye-Ooste gekroon is, is daar dikwels ’n nuwe lied geskep (1). Miskien was hierdie psalm só ’n lied. Dit was ’n groot affêre. Ons kan doodgewoon dink aan 60 jaar gelede toe koningin Elisabeth gekroon is. Spesiale musiek is gekomponeer. Hierdie jaar was daar groot feesvierings om dit te herdenk. Alles is in herinnering geroep . Dis asof sy weer as koningin gekroon is. Ons weet nie wat die agtergrond van die psalm is nie, maar dis duidelik dat iets gebeur het wat die koningskap van die Here bevestig het. Hy word bely as die Een wat alles geskep het. Hy word bely as Een wat bo al die gode is. Die gode is niks. Hy alleen is die Skepper, maar ook die Verlosser, want dit word keer op keer gesê dat Hy reddingsdade en magtige dade verrig het (3). Anders as ander konings met ’n groot gevolg, word Hy omring met al die luister en heerlikheid. Hy is ontsagwekkend bo alle gode. Twee: Onreg reggestel Die verwagting van Israel was altyd dat die Here sou ingryp en die reg sou herstel. Op die dag van oordeel sal Hy die goddelose oordeel en die regverdige herstel. Die geskiedenis van Israel is vol onreg. Konings het hulle mag misbruik en die weerlose mense nie goed behandel nie. Die ware koning (sien Ps 72) was iemand wat reg en geregtigheid sou herstel en sou toesien dat die reg van weerlose mense gehandhaaf word. In een van die groot profesieë wat dikwels met Kersfees in verband gebring word, sê Israel: “Sy heerskappy sal uitbrei, en Hy sal vir altyd vrede en voorspoed bring. Hy sal op die troon van Dawid sit en oor sy koninkryk regeer. Hy sal dié koninkryk vestig en in stand hou deur reg en geregtigheid, van nou af en vir altyd. Daarvoor sal die onverdeelde trou van die Here die Almagtige sorg” (Jes 9:6). Die psalmdigter sê dat hierdie God nou koning is! Die rede vir die lofsang?

10 “Waar” gemaak in Jesus Waar gemaak in Jesus
Kersfees sing ook oor hierdie groot gebeurtenisse, omdat dit in Jesus waar geword het. Twee punte is belangrik: Een: God het nie vergeet nie Die Skepperkoning het nie sy skepping vergeet nie. Die Nuwe Testament verwys telkens na Jesus as die een deur wie God alles geskep het (Joh 1:3; Kol 1:15, 16; Heb 1:2). In Jesus het God se kragtige dade en heerlikheid sigbaar geword. Johannes sê: “Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid” (Joh 1:14). God het die wêreld nie prysgegee nie. Dit staan vas en sal nie wankel nie, want in Jesus sien ons God se trou. Twee: Skepper en Verlosser is een Die Skepper en Verlosser is een. Kersfees vier die koms van God na die wêreld egter onder die teendeel. Die heerlikheid en majesteit van God kom in die vorm van ’n mens. Dis teen alle verwagting in. Jesus se koms word nie met trompetgeskal in ’n troonsaal aangekondig nie, maar aan herders deur ’n koor uit die hemel, op die oop velde van sy skepping, onder die sterrehemel (Luk 2:14). Wyse manne ontdek dit wanneer die skepping deur middel van ’n ster vir hulle die pad na die koning in die krip wys (Matt 2). “Heaven and nature sing . . .” In Jesus breek die heerskappy van God dus op ’n vreemde manier deur. Die Een deur Wie God alles gemaak het, word ’n mens. In Jesus sien ons sprankies van God se heerlikheid wanneer Hy die waardes van die hemel hier op aarde kom vestig. Sy omgang met mense getuig van regverdigheid en billikheid. Hy vestig God se koningsheerskappy deur sy gesag oor die natuur, siekte, lyding, sonde en dood. Tog is dit nie universeel sigbaar nie. Jesus is God se koningskap wat ons nou vier, maar eers later werklik in volle gestalte sal sien. “Waar” gemaak in Jesus

11 Sigbare heerskappy? Hoe sigbaar is God se heerskappy?
Een van die grootste probleme wat ons op Kersfees met die sing van hierdie psalm het, is dat sy koningsheerskappy nie so sigbaar is nie. Daar is ander gode wat mense se gedagtes en lewe in beslag neem. Daar is ander magte wat aanspraak daarop maak dat hulle in beheer is. Daar is pyn, lyding, siekte, sonde en dood. Die stukkende skepping, stukkende verhoudings, siekte, lyding, kan hier benadruk word (sien onder “Konteks”). Baie mense vier hierdie Kersfees die eerste keer sonder ’n geliefde. Baie mense het nie die moed om bly te wees en God te prys nie. Ons vier die koms van koning Jesus met hartseer, omdat ons die gebrokenheid van die skepping sien. Ons verlossing is alreeds waar, maar ons deel nog nie ten volle in die vrug daarvan nie. Sigbare heerskappy?

12 Hoop is gepas Hoop is gepas
Israel het hierdie psalm met hoop gesing. Ja, hulle het die dade van God in die verlede in herinnering geroep, maar die vyande het nie verdwyn nie. Die onreg was onder hulle neuse. Die volke rondom hulle het steeds ander gode aanbid. Hoe kan ons hoop hê in so ’n gebroke wêreld? Op hierdie vraag verskaf die psalm twee antwoorde: Een: Al was ek nie daar nie Daar is ’n ou “Negro Spiritual” met die titel “Were you there”? Dit vra of ons daar was toe Jesus gekruisig, gesterf en begrawe is. Dieselfde vraag kan ten opsigte van Jesus se geboorte gevra word. Was ons daar toe die Koning mens geword het? Ons pragtige lied antwoord: "Al was ek nie daar nie, ek weet dit is waar...." Ek was nie daar nie. Nee, maar tog ook, ja. Wanneer die geloofsgemeenskap op Kersdag saamkom en juig en sing, word ons deel van die gebeurtenis! Dis hier waar ons hoop lewend gehou word. Dis hier waar ons vir mekaar sê dat Jesus Koning is. Dis hier waar ons mekaar herinner dat God nie sy skepping vergeet het nie, maar kom red het. Sy magtige dade word in herinnering geroep. Dis hier waar ons ons verwonder in die heerlikheid van God wat vol genade en waarheid onder ons kom woon het. Dis hier waar ons mekaar herinner dat alles reg is, al lyk alles verkeerd. Ons vier Kersfees asof dit die eerste keer is. Hy het in ’n wêreld waar baie ander gode aanbid, sy heerskappy van reg en billikheid kom vestig. Die een wat die hemel bewoon het, het gekom. Hy het hier, tussen ons, kom woon. Dis ook hier waar ons vir mekaar sê dat alles wat ons in Jesus se geboorte vier, finaal vervul sal word wanneer die koning weer sal kom. Ons leef dus in hoop wanneer ons saamkom. Wanneer die Koning weer kom, sal ons saam met die stemme in die hemel uitroep: “Die koningskap oor die wêreld behoort aan ons Here en sy Gesalfde, en Hy sal as koning heers tot in alle ewigheid. Nou het ons God die redding gebring, nou is sy mag en koningskap hier, en die gesag van sy Gesalfde” (Op 11:15; 12:10). Saam met alle gelowiges sal ons ’n “nuwe lied” voor God se troon sing (Op 5:9; 14:3). Ons hoop word dus in stand gehou wanneer ons die lofsange saam met ander gelowiges sing en wanneer ons mekaar aanmoedig om te “leef in die verwagting van ’n nuwe hemel en 'n nuwe aarde wat God belowe het en waar die wil van God sal heers” (2 Pet 3:13). Twee: Verkondig elke dag Een van die belangrikste aksente in Psalm 96 word in vier eenvoudige woorde van hierdie psalm aangetref. Hierdie drie woorde is “verkondig elke dag” (2). Sien ook “verkondig onder die nasies” (10) en “vertel.” Die mense van die aarde moet hoor van sy koningskap. Kersfees belig die missionêre God, sê Lamparter: “Is dit nie die heilige plig van die volk van God om hierdie wonderlike God aan die oningewydes bekend te maak nie?” MacDonald vra tereg: “As ons regtig die grootheid en goedheid van die Here waardeer, sal ons nie wil hê dat ander ook sy Naam moet grootmaak nie?” Die kerk, sê Petrus, is geroep om die verlossingsdade te verkondig van Hom wat ons uit die duisternis na die lig oorgebring het (1 Pet 2:9). Ons moet dit nie net op Kersfees, Paasfees en Pinksterfees doen nie. Dit moet elke dag gebeur! Ons moet dit verkondig en oorvertel. In dieselfde asem moet ons ook sê dat die aanbiddingsgemeenskap dit met integriteit moet doen. Wanneer ons saamkom op Kersdag en verkondig dat ons Heer koning is, moet ons ook die beeld van hierdie Koning uitstraal. As ons Koning met regverdigheid en billikheid opgetree het, word die liggaam van Christus hierdie soort gemeenskap. Elkeen wat dus na die kerk luister en kyk, moet hoop kry. Hoop is gepas

13 Opnuut hoopvol Opnuut hoopvol
Dirkie Smit skryf: “Elke Kersfees weer lê dié bondel hoop opnuut in die krip, dié stuk God-met-ons, dié stuk belofte, dié stuk nuutheid en lewe en toekoms en moontlikheid. Elke Kersfees weer is dié Kind mooi vir alle oë-wat-kan-hoop, wat-die-Onsienlike-kan-sien. Daarom troos dié blye tyding elke Kersfees weer op siekbeddens, in eensame kamers, in arm buurte, in bange harte. En elke Kersfees weer word ons genooi om daarvolgens te handel – téén alle sigbare ellende in, téén gruwelike misdaad en sinlose geweld, téén swaarkry, siekte en die dood.” Opnuut hoopvol

14 God stuur ons om te leef God stuur ons om te leef Gebed
Ons loof u Naam, o Here, ons wil vrolik juig; met harp en lier getuig, met snare sing u ere. U goedheid laat ons lewe. ons oggendlied wil sing, ons aandlied hulde bring. U trouheid loof ons, Here. Ons juig oor U, o Here – hoe groot is al u werk, u dade onbeperk, u denke so oneindig. (n.a.v. Vonkk 20) Amen Lofsang Lied 201 Lofsing die Heer, buig voor hom neer (Afrikaans van Watts se lied waarna in die preek verwys word.) Seën Liturg (L): Mag die God van die engele wat Christus se geboorte aangekondig het, vreugde in julle harte bring op hierdie dag en vir altyd. Gemeente (G): Amen. L: Mag die God van liefde wat sy enigste Seun vir ons gegee het, julle lewe met liefde en vrede vul. G: Amen. L: Mag Immanuel, God met ons, met julle wees in alles wat julle doen, totdat Hy julle in sy ewige koninkryk laat ingaan. V: Die almagtige God, Vader, Seun en Heilige Gees, seën julle, nou en vir ewig. (Uit Handleiding vir die Erediens, BybelMedia) Respons Lied 348 Stille nag, heilige nag! God stuur ons om te leef

15 Volgende erediens: Psalm 148
Familie-oomblik en Liturgie: Rethie van Niekerk Powerpoint: Wicus Wait Preek: Annes Nel (geredigeer deur Danie Mouton) Prosesbestuur: Chris van Wyk

16


Download ppt "Psalm 96 PowerPoint agtergrond Agtergond 1"

Similar presentations


Ads by Google